Potchefstroom Herald 29 Junie

Page 5

29 Junie 2012

Luiperd trek inbreker vas

Die foto wys hoe aggresief die tornado die afgelope naweek was. Foto: Hettie Steyn/Volksblad. Die vakansiehuis waarin Jean Coetzee Saterdagaand dood is toe ’n tornado die gebied getref het. Foto: Wolfram Zwecker/Beeld.

Tornado eis g’n Puk-student

Abrie Bronkhorst Die jongman wat die afgelope naweek tydens ’n tornado gesterf het, was nie ’n NWU-Pukstudent soos wat in dagblaaie berig is nie. Jean Coetzee (22) van Alberton was wel saam met ’n groep vriende waaronder studente was. “Jean was nie eens ’n student nie,” het sy ma, me. Colleen Coetzee, aan die Herald gesê. Jean is Saterdag dood in een van talle tornado’s wat die naweek die Oos- en Noordoos-Vrystaat getref het. “Hulle het my van die toneel af gebel en

5

Potchefstroom Herald

gesê hy is kritiek, maar stabiel en dat hulle my op hoogte sal hou.” Maar kort daarna het sy egter ’n oproep gekry dat Jean oorlede is. Coetzee het twee weke gelede ook haar man, Jacques, aan die dood afgestaan. Jean was saam met sowat 14 vriende op ’n naweekuitstappie by die Vaaldam by Oranjeville toe ’n tornado die grasdak-chalet waarin hul tuisgegaan, getref het. Die uitslae van die geregtelike doodsondersoek is nog nie voltooi nie, maar volgens sy ma het hy glo aan kopbeserings beswyk.

Abrie Bronkhorst Nóg ’n Luiperd was verlede jaar die slagoffer van ’n huisroof. Maar die wakker optrede van dié getroude man het gesorg dat ten minste een huisrower se draadjie kortgeknip is. Voormalige Luiperdrugbyspeler, Edrich Linde, het in Desember verlede jaar ’n inbreker goed laat verstaan dat hy met die verkeerde luiperd mors en hom in hul vriendin se huis platgetrek toe hy wou ontsnap het. Die verdagte is, te danke aan Edrich of Draad, soos hy alombekend is, se flink optrede in hegtenis geneem. Die beskuldigde het weer op Woensdag 20 Junie in die landdroshof van Potchefstroom verskyn. Dié voorval het op Saterdag 17 Desember tussen 02:00 en 02:30 in Kolgansstraat in Potchefstroom gebeur. Draad en sy vrou, Lizeré, was by ’n vriendin se huis toe Lizeré wakker word van ’n flitslig in haar gesig. “Ek het eers gedink dis my vriendin, Juanita Els, in wie se huis ons geslaap het, wat met die flits gelig het. Ek het toe gevra of sy okay is en om die flitslig af te skakel,” sê Lizeré. Die persoon het egter nie geantwoord nie en die flitslig het net nader aan haar gekom. Dis toe wat sy besef iets is nie pluis nie. “Ek was in skok en het nie geweet wat om te doen nie.” Sy het haar oë toegemaak. “Toe ek my oë weer oopmaak, was hy by my.” Die huisrower het tot by haar

gekom, oorgeleun tot teen haar gesig en met sy vinger op sy mond deur sy tande vir haar gesis om stil te bly. “Daarna het hy my trouring probeer afhaal, maar ek het my hand weggeruk en vir Draad geskree dat hier iemand in die huis is.” Draad het opgespring en dadelik die rower agterna gesit. In die kombuis het hy die rower soos ’n rugbyspeler van formaat platgetrek. “Ek het agterna gehardloop en toe ek in die kombuis kom, is hy besig om met die rower te stoei.” Die rower het glo ’n groot yster uitgepluk om Draad aan te val, maar Lizeré kon daarin slaag om dit uit sy hand te gryp. Daarna wou die rower ’n vurk gryp, maar Lizeré het die rower weereens ontwapen. Juanita, wat in haar kamer gebly het, het intussen die paniekknoppie gedruk. Draad kon egter daarin slaag om die oorhand oor die rower te kry en het hom in ’n greep vasgehou totdat Mooirivier Beskermingsdienste opgedaag het. “Ons het die rower vir ander wapens deursoek, maar niks gekry nie.” Goedere wat gesteel is, is onder andere ’n plasma-televisie, hoëtroustel, luidsprekers, DVD-speler, Playstation, juwele en ’n skootrekenaar. Die inbreker was vermoedelik nie alleen nie en sy makers kon daarin slaag om te ontsnap. Lede van Mooirivier Beskerming het glo ’n swart BMW sien wegjaag toe hulle na die toneel gejaag het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.