2
www.potchefstroomherald.co.za
Potchefstroom Herald
24 November 2016
Water stroom ure uit gebarste pyp Dustin Wetdewich ‘n Gebarste pyp het veroorsaak dat duisende liter water in Paryslaan afgeloop het. Volgens inwoners in die omgewing is die lekkasie al Dinsdagoggend (22 November) omstreeks 06:00 aan die munisipaliteit gerapporteer. Toe die Herald teen omstreeks 14:00 daar was, was die pyp steeds nie herstel nie. Die watertoevoer in die omgewing was ook nie afgesny nie en die gevolg was dat water vir langer as sewe ure gelek en in die pad afgeloop het. Inwoners is veral beswaard omdat waterbeperkings steeds in Potchefstroom geld en die munisipaliteit inwoners in Februarie gewaarsku het dat hulle beboet sal word indien daar nie by die beperkings
gehou word nie. Volgens Fienie Jacobs, wat reg voor die gebarste pyp woon, het die grond onder die plaveisel op die sypaadjie al begin wegspoel. “Dit is gevaarlik, maar elke keer as ons die munisipaliteit skakel, sê hulle hulle is bewus van die probleem, maar dat dit nie ‘n noodgeval is nie.” Mooirivier Beskerming het van vroeg af op die toneel gestaan om seker te maak dat die area veilig is waar die grond weggespoel is. Die Herald het verskeie oproepe ontvang van ontstoke inwoners wat al die munisipaliteit geskakel het. Een inwoner het gevra hoe die munisipaliteit hom wil beboet as hulle so lank neem om sulke groot lekkasies reg te maak. Volgens Chris Landsberg, DA Koukusleier, Tlokwe (NW405), is die raad se water en elektriese verspreidingsverliese vir die 2015/2016 jaar om en by R45 miljoen.
“Die raad het nie genoeg personeel om die talle lekkasies te herstel wanneer dit ontstaan nie. Daar gaan nie ‘n dag verby sonder nuwe waterlekkasies nie. Die loodgieters moes gister twee ander hooflynlekke herstel voordat hulle kon aandag gee aan Paryslaan,” het Landsberg gesê. Volgens hom is munisipaliteite verplig om 8% van hulle bedryfsbegroting te gebruik vir onderhoud van infrastruktuur. “Potchefstroom/Tlokwe haal nie naasteby dié syfer nie. “Ons weet ook nie wat die situasie in Ventersdorp is nie,” sê hy. Teen druktyd het die munisipaliteit nie reageer op die Herald se versoek op kommentaar nie. Fienie Jacobsz staan enkeldiep in die water wat voor haar huis verbystroom. Foto: Marianke Saayman
Verstopte pyp laat riool in Smitstraat afstroom Dustin Wetdewich Riool wat Dinsdagoggend in Smitstraat afgestroom het, is glo deur ‘n verstopte pyp veroorsaak.
∙Boerseep 250g – R25 ∙Boerseep Gel 500ml – R25 ∙Boerseep Gel Refill – R20 Ons kan ook Boerseep geur. Vir bestellings of navrae:
Skakel Jaco 071-132-6307
Die drukking in die lyn het veroor- week is wat die riool so opstoot. saak dat riool in nabygeleë erwe in“Elke keer maak hulle die lyn reg, vloei. Mense het onder meer rou hoen- maar ‘n paar dae later is dit net weer derstukke tussen die riool gevind. dieselfde storie,” het ’n inwoner gesê. Wyksraadslid Die riool het vanaf Johan Zerwick Smitstraat tot in Kocken die DA het gestraat afgestroom waar eis dat die munidit in ’n stormwatersipaliteit onderdrein ingeloop het. Wasoek moet instel ter wat in ’n stormwavan waar hierdie terdrein inloop, loop afval vandaan uiteindelik in die Mooikom. Volgens ’n rivier. “Mense is al keelverklaring van vol vir die stank en die Zerwick was Die riool het uit 'n mangat gespuit. Foto: riool. Dit sal nie daar destyds Dustin Wetdewich vreemd wees as mense ook hoenderafsiek word hiervan nie,” val gevind wat in die Wasgoedspruit ge- het Zerwick in ’n verklaring gesê. loop het. Navrae in dié verband is aan die muInwoners in die area het gesê dat dit nisipaliteit gestuur, maar teen druktyd nou reeds die derde keer sedert verlede is geen reaksie ontvang nie.
Join in the fun!
Help celebrate our 1st birthday Saturday 26 November Take a picture @ our photo booth 09:30 – 11:00 & stand a chance to win a photo shoot. {photo shoot = Cakesmash @ Studio 295}
Enjoy a free doughnut at the photo booth.
25 NOV 2016 ONLY AT DEEGHUYS Potchefstroom Limited to 2 deals per customer. Offer valid while stocks lasy. No pre-orders. No deliverires
018 290 5598 potchefstroom@deeghuys.co.za