14
www.potchefstroomherald.co.za
Potchefstroom Herald
2 Februarie 2017
NG Mooirivier vier dié naweek eeufees Lennie Gouws Dit was ’n tyd van politieke woelinge, toe nie net families daaroor geskeur het nie, maar ook kerke. So het die NG kerk, Potchefstroom Mooirivier tot stand gekom. Dit was 1914 en ’n groep lidmate het onder ’n wilgeboom in die agterplaas van ouderling WD Pretorius se huis op die hoek van Kerk- en Jeugdstraat besluit dit kan nie anders nie, hulle moet afstig. Wat hulle dwars in die krop gesteek het was dat ds. ML Fick, predikant van die NG kerk Potchefstroom van die preekstoel af sy steun vir die rebellie verkondig het. Die beswaardes het op 16 Februarie 1916 ’n versoekskrif vir afstigting, met 351 handtekeninge, aan die kommissie oorhandig. Die teenkant antwoord met ’n versoekskrif onderteken deur 500 mense wat die afstigting teenstaan. In April 1916 beveel die kommissie aan dat ’n medeleraar aangestel word, maar die beswaardes dring op afstigting aan. Die kommissie hou
voet by stuk en in Desember het die beswaardes £391 gewaarborg gekry vir die bou van ’n nuwe kerkgebou. ’n Vergadering van die ringskommissie op 1 Februarie 1917 toe stem in vir die stigting van ’n nuwe gemeente. Daar word op die naam “Mooirivier” besluit. Weens verwarring met die dorp Mooirivier in Natal en posstukke geadresseer aan die gemeente wat verlore raak, is in 1968 besluit om die naam te verander na “Potchefstroom Mooirivier”. Die kerk het ook, veral onder sy teenstanders, bekend gestaan as die “Tipperary-kerk” en die “SAP-kerk” en in die amper drie dekades wat ds. HR Barrish leraar was, was dit ook die “Barrish-kerk”. Die amptelike stigtingsdatum van die gemeente was 5 Februarie 1917. Die twee gemeentes het dieselfde gebied bedien totdat ’n finale gebiedsverdeling in die vyftigerjare gemaak is. Ds. Beyers Naudé, toe leraar van die Potchefstroom-gemeente, was instrumenteel hierin. Die eerste leraar van NGMooirivier was ds. AG Murray wat in Augustus 1917 bevestig is.
Die kerkgebou is ontwerp deur argi- en ‘n potjiekoskompetisie, boeretek Wynand Louw van die Paarl. Die musiek en boeresport, Saterdag 4 plaaslike argitek John William Gais- Februarie. Uitstallings van artikels ford het toesig oor die bouwerk gehou. van ongeveer 1917 is ook dié dag te Die hoeksteen is op 6 Julie 1918 deur sien. Saterdagaand: ’n orreluitvoegenl. Louis Botha, eerste minister van ring met ’n ligter aanslag. Feesdiens die Unie van SA gelê en die kerkgebou en nagmaal, Sondag 5 Februarie om is amptelik op 18 April 1919 in gebruik 09:00 gevolg deur ’n feestee in die geneem. Die boukoste het £18 000 be- saal. Dié oggend word ’n plaat om die loop. Die orrel van die gemeente is in Eeufees te gedenk, ook onthul. 1931 in gebruik geneem en word beskryf as een van die mooiste Engelse Romantiese orrels in Suid-Afrika. Die eerste orrelis was mev. MM van der Bent, terwyl proff. Henk Temmingh en Pieter de Villiers, albei bekende SuidAfrikaanse komponiste, orreliste in die gemeente was. Sedert sy stigting het die gemeente 18 leraars gehad. Die huidige leraars is ds. AP Horn, wat sedert 1997 verbonde is en ds. HJ Niemand, : Die ingebruikneming van die kerkgebou van NG wat in 2016 bevestig is. Mooirivier op 18 April 1919 was ’n grootse geleent Eeufees-naweek: gemeente- heid. Die foto is deur August D’Ange D’Astre ge konsert, Vrydag 3 Februarie neem (Foto: Potchefstroom Museum)
Laaste kans om jou graad-eentjie in te skryf Tyd hardloop uit, so skryf jul oulike graad eentjies in vir Potchefstroom Herald se Graad een-wedstryd. Jou kleinding staan ‘n kans dat die Herald sy of haar hele jaar se skoolfonds sal betaal - ‘n volle R5 000 en ‘n astronomiese prys ter waarde van R7 000 vir sy of haar skool! Al wat ouers moet doen, is om dadelik hul kind in sy of haar nuwe skoolklere aan te trek, ‘n digitale foto van hom of haar te neem en na maryke.vanheerden@media24.com te e-pos met die onderwerp “Gr1” asook in die e-pos jou kind se naam, van, skool en kontaknommer van jul as ouers te verskaf. Onthou dat jou foto ons voor of op 3 Februarie om 12:00 moet bereik om te kwalifiseer
Richard Pretorius ML Fick.
vir die kompetisie. Aangesien baie inskrywings verwag word, gaan alle inskrywings in ‘n Graad een-bylae
Nicolene Venter ML Fick.
Nelis Jacobs Mooirivier.
Leandri Badenhorst ML Fick.
Lize Giliomee Baillie Park.
Wihan Strydom Baillie Park.
Vikus Kock ML Fick.
Eleanor Roestorf Baillie Park.
Kamogelo Kok Promosa Primary.
in die Herald van 9 Februarie verskyn. Lesers, ouers en familie gaan dan ‘n geleentheid kry om vir die kleingoed van hul keuse te stem. Die graad een met die meeste stemme sal dan die prys wen van skoolgeld wat aan sy of haar skool betaal sal word, asook die prys aan sy of haar skool ter waarde van R7 000. Die wenner sal in die Herald van 16 Februarie aangekondig word. Dis ‘n prys wat nie te versmaai is nie, veral as mens in ag neem dat die meeste skole se jaarlikse skoolgeld etlike duisende rand beloop! So waarvoor wag jy, skud op en stuur jou kind se foto aan ons. Bepalings en voorwaardes geld.
Kealegoga Trom Presi dent Pretorius.
Annie Kriel ML Fick.
Gabriella Cilliers ML Fick.
Ettiene van Vuuren ML Fick.
Heino Tolmay ML Fick.
Elzani Janse van Rensburg Baillie Park.
Kayleigh Doyle Mooirivier.
Roné Spies Driefontein.
ChrisJan van Barkenhui zen Mooirivier.
Janco van Zyl ML Fick.