Laerskool Tini Vorster

Page 1

Waar elke gesiggie tel! @ 011 814 6470/1 ls�nivorster@telkomsa.net Tini Vorster www.ls�nivorster.co.za Joubertstraat 15, Nigel Laerskool Tini Vorster

Om u kind na ‘n skool te stuur, is ‘n belangrike besluit wat geneem moet word.

• Sal hulle hom/haar met sensitiwiteit blootstel aan die wêreld daarbuite?

• Sal hulle sy/haar potensiaal raaksien en daardie potensiaal ten volle laat ontwikkel?

• Sal hulle hom/haar saam met u as ouers toerus om eendag ‘n positiewe, gebalanseerde en nuttige individu in die samelewing te kan wees?

Ons skool gaan voortbou op dit wat u kind by geboorte as toerusting ontvang het en wat hy reeds geleer het onder leiding van u, sy ouers. Deur middel van die onderwys leer die kind himself/haarself ken en ontdek hy/sy talente wat hy/sy in diens van sy/haar Skepper en sy/haar medemens moet gebruik.

Hier by Laerskool Tini Vorster gaan ons, na die beste van ons vermoë, u kind die geleentheid gee om u en sy/haar verwagtinge ‘n werklikheid te maak.

Ons kinders is ‘n kosbare vreugde, deur God self aan ons toevertrou.

Dit is derhalwe vir ons ‘n voorreg om die gemeenskap te dien met dit wat by Laerskool Tini Vorster aangebied word.

Dit is vir ons aangenaam om u en u kind by

Laerskool Tini Vorster, welkom te heet!

Ontmoet ons WENSPAN!

Mnr. Johan Louwrens Skoolhoof Mnr. Victor Kalp Adjunkhoof Juffrou Marika Menegin Gr 1T Juffrou Deolize Fouché Gr 1L Juffrou Carly Ackerman Gr 1V Juffrou Hetta Meyer Grondslagfase Juffrou Nadine Fourie Waarnemende Intersenfase HOD Mnr. Willie v.d Walt Intersenfase HOD

Wat bied Laerskool Tini

Vorster my kind?

Algemeen

• Sentraal geleë en maklik bereikbaar vir ouers en kinders in Nigel en omgewing.

• Toegewyde personeelkorps.

• Persoonlike aandag aan elke leerling se prestasie en probleme.

• Vriendskappe word oor jare tussen ons leerlinge, ouers en personeel opgebou.

TOP Akademie

• ‘n Uitstekende akademiese grondslag word gelê.

• Remediërende onderrig geniet spesiale aandag.

• ‘n Klas word toegewy aan leerders met Spesiale Onderwys Behoeftes.

• Rekenaarsentrum.

• Mediasentrum.

• Robotics.

Kultuur en Sport

• Voldoende fasiliteite en uitsonderlike afrigting.

Valke Rugby

in
lewe!
Gee u kind ‘n voorsprong
die
Kore Praatkoor Revue Skaak Redenaars Rugby Mini Netbal Hokkie Atletiek Landloop Slagorkes Krieket Jukskei Tennis
Krieket
Mini Hokkie Mini

Aansoekprosedures en inskrywing

Skoolplig

Volgens wet is kinders skoolpligtig in die jaar waarin hulle sewe word.

Gr.1’tjies van 2024 se geboortejaar sal dus 2017 wees.

Dokumentasie verlang met inskrywing

Identiteitsdokument van ouers (gesertifiseer)

Volledig voltooide inskrywingsvorm

Immuniseringsertifikaat

Geboortesertifikaat (gesertifiseer)

Water en ligte rek

Afskrif van die huurkontrak en verhuurder se water en ligte rek en Id. (As u huur)

Skool kan nie dokumente Saterdag ontvang nie. Ouers moet die dokumente tydens registrasie “inscan”.

Skoolgelde: Huidiglik in 2023:

Gesin met 2/meer kinders: (Gr.R uitgesluit)

R 1657 per maand vir 11 maande

Totale onderriggeld: R 18 227 perjaar (per gesin)

Gr.1 leerders ontvang ‘n spoggerige Vossiehemp met die betaling van hul eerste maand se skoolfonds!

Gesin met een kind: (Gr.R uitgesluit)

R 1015 per maand vir 11 maande

Totale onderriggeld: R 11 165 perjaar (per kind)

• Skoolgelde word saam met oudste leerder gestuur.

• Kleingeld en kwitansie sal volgende dag teruggestuur word.

• Inbetalings kan by skoolkantoor of elektronies gemaak word.

• Kaart fasiliteite is beskikbaar by Finansiële kantoor.

• U sal maandeliks ‘n rekeningstaat ontvang.

• Indien enige probleme of navrae mag opduik, is u welkom om ons administratiewe kantoor te skakel.

Skoolgelde vir 2024 sal met die begrotingsvergadering in November vasgestel word.

SKOOL BANKBESONDERHEDE

ABSA bank

Rekeningnommer: 01009330786

Takkode: 632 005

Verwysing: U kind se naam en van of staatnommer. VOSSIES

Remax ondersteun Vossies!!

wees!

Gr.1 leerders - Algemene inligting

Eerste skooldag:

U kind ontvang die volgende:

 Prospektus - bevat alle inligting in verband met ons skool. Dit word ook as brieweboek tussen ouers en onderwyser gebruik.

 Eerste skooldag foto - word van elke nuwe Gr.1 Vossie geneem. Dit sal te koop aangebied word.

Gr.1 Benodighede vir die jaar:

• Inkleurpotlode (30 Potlode pakkie) (Castell / Steadler)

• ‘n Goeie gehalte rondepunt skêr

• Liniaal,30cm

• Skerpmaker

• Uitveër

• 10x HB driehoekige potlode

• 12x HB Potlode

• Pritt

• Stoelsakkie

• Springtou

• 6x A5 48bl. 17mm spikkel skrif

• 1x A4 72bl. 17mm spikkel skrif

• 1x A4 72. Bl. Blanko skrif

• 4x Plastiek leers

• 1x rooi

• 1x blou

• 1x pienk

• 1x groen

Legkaart (minimum 35 stukke; maksimum 60 stukke)

2 Houers snesies

07:40 - 13:00 (Grondslagfase)

Verdaging

U kind mag slegs vir die eerste week om 13:00 by hul klas afgehaal word.

Vanaf die tweede week moet u asseblief by die volgende hek wag:

Hek 3: Hoof-ingang van ons skool

GEEN ouer mag die skoolgrond voor 13:00 betree nie. Dit is ter wille van die veiligheid van ons kinders.

Maak asb. seker dat u kind weet by watter hek hy/sy moet uitgaan. Dit is traumaties vir ‘n kleinding as hy/sy onseker voel en nie weet waarheen om te gaan nie. Opvoeders vergesel die leerders na die betrokke hek waar hulle dan die verkeersoorgang veilig sal oorsteek.

Leerders wat aan buitemuurse skool-aktiwiteite deelneem, moet ook eers in die wagklas wag en sal om 13:00 verskoon word om te gaan verklee.

Om veiligheidsredes mag geen kind alleen by ‘n hek sit en wag n ie.

Gr.1 leerders
Algemene inligting (vervolg)
-
-
Skooltye
Gr.1

Gr.1 leerders - Algemene inligting (vervolg)

Huiswerk in Graad 1

Huiswerk word progressief aan leerders verskaf en sluit die volgende in:

• Versameling van prente oor spesifieke onderwerpe

• Bewegingsoefeninge.

• Knip- en inkleuraktiwiteite

• Syferkundigheid.

• Woord- en sinvaardighede

• Leesopdragte

• Wiskunde bewerkings.

Huiswerk word op ‘n weeklikse basis, gefotostateerde in ‘n huiswerklêer aan die leerders gegee. Dit is gerig op afgehandelde werk en geen nuwe werk word as huiswerk gegee nie.

Dit is in u kind se eie belang dat opdragte uitgevoer sal word en ‘n gevoel van verantwoordelikheid en selfstandigheid word hiermee by die kind gekweek. Dit is dus belangrik dat ‘n vaste roetine gevolg word.

Huiswerkopdragte behoort u kind nie langer as 30 minute te neem om te voltooi nie.

Die eerste paar weke in Graad 1.

Met die aanvang van Graad 1 volg die leerders ‘n diagnostiese program en word daar aandag gegee aan:

• Waarneming ten opsigte van kleur, vorm en gebeure.

• Taalontwikkeling.

• Ouditiewe en visuele ontwikkeling.

• Herkenning van vorms en syfers.

• Handvaardigheid, knip, plak en inkleur.

Geleidelik word daar tussendeur begin met formele onderrig. Leerders moet asseblief kaalvoet skool toe kom, aangesien die diagnostiese program grootmotoriese aktiwiteite en atletiek insluit. U kind sal deurlopend waargeneem word en u sal ‘n verslag ontvang rakende u kind se vordering.

Ons sien uit daarna om u kleinding as ‘n nuwe Vossie te verwelkom en vertrou dat ons ‘n gelukkige verbintenis met u as ouers sal hê.

Wees verseker: In Vossieland maak elke Vossie saak!

Laerskool Tini Vorster In ‘n neutedop!

Akademie

Hoë akademiese standaarde word nagestreef. By Laerskool Tini Vorster word elke leerling as ‘n individu beskou en word alles moontlik gedoen om elke leerder sy/haar volle potensiaal te laat bereik.

Kultuur

Ons skool is bekend vir uitstaande kulturele aktiwiteite.

Benewens puik junior- en seniorkore, ‘n slagorkes, junior praatkoor, asook junior- en senior revuegroepe, bied ons skool ook redenaars, Vossiekultuur, Vossie Christen Jeug vereniging en skaak aan.

Mediasentrum

‘n Volledig toegeruste mediasentrum is tot beskikking van al ons Vossies! Multimedia-programme word onder andere aangewend tot ondersteuning van die sentrum.

Massadeelname

Geleenthede tot massadeelname word op verskeie terreine geskep. Ons jaarlikse Vossie-kaskenades, Stap-en-Trap, Straatmyl, Entrepreneursdag en gereelde opvoerings is van die genotvolle geleenthede waaraan ons Vossies kan deelneem.

Hul versamel hiermee die nodige Vossiebalkie-punte om sodoende hul Vossiebalkies te kan ontvang.

Sekuriteit

Ons skool se fasiliteite word beskerm deur doeltreffende sekuriteitsomheining en toegangsbeheer. Kringtelevisie kamers is in alle klasse, op stoepe asook by alle ingange geïnstalleer.

Sport

Die amptelike sportsoorte waarin leerders afrigting ontvang en meeding is atletiek, rugby, netbal, krieket, tennis, jukskei, mini-krieket, mini-netbal, landloop en mini-hokkie.

In al hierdie sportsoorte neem ons skool in die ligas vir Laerskole, met sukses deel.

Ons skool se amptelike sportbeleid bepaal dat die klem geplaas word op massadeelname en betrokkenheid van skoliere, waardeur ‘n verskeidenheid sosiale- en sportvaardighede aangeleer word. Die aanleer van liggaamlike koördinasievaardighede binne spanverband, met beklemtoning van goeie, gesonde sportmansgees, vorm ‘n belangrike grondslag.

Die wenmotief is nie oorheersend nie, ofskoon hard gewerk word om sukses te behaal.

‘n Belangrike aspek van afrigting is die aankweek van vermoëns om sportdruk positief te verwerk.

glo ons dat die gebalanseerde benadering uiteindelik daartoe bydra dat ons besondere gebalanseerde individue aan die samelewing lewer.

Naskoolsentrum (Privaat)

Ten einde werkende ouers te akkomodeer, is daar naskoolsentrum fasiliteite by die skool beskikbaar. Ons junior leerders ontvang daagliks ‘n koeldrank, ‘n vrug en voltooi hul tuiswerk onder bekwame volwasse toesig. Tye strek van 13:50 - 17:15.

Kontakbesonderhede:

Gr.1-3 - Deone Erasmus 084 800 6054

Gr.4-7- Leneace Kalp 072 526 4156 - Franki 066 223 8654

Naskoolfooie - Kontak asb. Persone direk vir bedrae

Januarie - November

Desember

Oop - Vakansies

Gesluit - Openbare vakansiedae en Desembermaand

(Fooie vir 2024 sal bepaal word.)

Laerskool Tini Vorster In ‘n neutedop!

Gr.R klasse

Drie goed toegeruste Gr.R klasse word deur Laerskool Tini Vorster bedryf. Voorskoolse kleuters kwalifiseer vir toelating, die jaar waarin hulle ses jaar oud word. Kontak gerus die administratiewe kantoor vir meer inligting.

Speelgroepies

Besige Bytjies

Speelgroepie

Gr. RRR (3-4jaar)

Halfdag: 07:00 - 14:00

Voldag: 07:00 - 17:15

Kontak:

Grieta Nienaber

074 186 8447

Vossiebalkie-punte

Wikkelwurms

speelgroepie

Gr. RRR en RR Halfdag

07:00- 13:00

Kontak:

Natasha de Jager 084 209 6501

Babbelbekkies speelgroepie

Gr. RR (4-5 jaar)

Halfdag: 07:00 - 13:00

Voldag: 07:00 - 17:15

Kontak: Heidi Pretorius 073 753 5628

By Laerskool Tini Vorster het ons ‘n Vossiebalkie-stelsel om die leerders aan te moedig tot deelname, hetsy in goeie dissipline, skoolbywoning, kultuur, sport of dienslewering.

Aan elke aktiwiteit word ‘n punt toegeken wat na afhandeling van die aktiwiteit deur die aktiwiteitshoof aan hulle toegeken word. Die puntevereistes vir elke balkie is as volg:

Wit balkie:

Ligblou balkie:

Donkerblou balkie:

Silwer balkie:

Goue balkie:

Silwer lapbalkie:

Goue lapbalkie:

Ster:

Dissipline balkie:

Totaal van 300 punte

Totaal van 900 punte

Totaal van 1500 punte

Totaal van 2100 punte

Totaal van 2700 punte

Totaal van 3500 punte

Totaal van 4300 punte

Totaal van 5300 punte

As leerder vir die volle Kwartaal nie in die dissipline lêer geteken het nie, kry leerder balkie.

Die goue lapbalkie of ster kan dus in uitsonderlike gevalle toegeken/verwerf word.

Oueraande

Die ontwikkeling van leerlinge op skool hang in ‘n hoë mate af van die daadwerklike belangstelling van ouers in die vordering van hul kinders. Kontak tussen die ouers en opvoeders is dus belangrik.

Die doel van oueraande is;

• Om ouer en opvoeder die geleentheid te bied om mekaar in belang van die kind te ontmoet.

• Om aan die ouer inligting te verskaf i.v.m. die opvoedings- en onderwysprogram.

Daar word minstens een oueraand per kwartaal gehou.

Ouers van leerders wat swak of onder hul vermoë presteer, sal deur die voogonderwyser genooi word om die skool te besoek. Besondere probleemgevalle sal dan na die skoolhoof verwys word. Ouers is welkom om opvoeders insake hul kinders te spreek. Opvoeders spreek egter geen ouers in skooltyd alvorens hulle nie by die kantoor aangemeld het nie.

Kommunikasie

Doeltreffende kommunikasie tussen skool en ouerhuis is van die grootste belang. Van tyd tot tyd ontvang die oudste of enigste leerders omsendbriewe wat die ouers moet teken as bewys dat hul wel die brief ontvang en gelees het. Elke leerder word voorsien van ‘n omsendbrieflêer wat vir hierdie doel gebruik word en asseblief mooi opgepas moet word.

Kwartaalliks verskyn daar ‘n uitgawe van ons skoolkoerantjie, die Ditjies en Datjies, waarin ouers op hoogte gehou word van die jongste nuus, suksesse en prestasies van leerders, asook gebeure in Vossieland.

Snoepwinkel

Ons skool beskik oor ‘n snoepwinkel wat snoeperye en allerlei eetgoed verkoop. Kospakkies is daagliks te koop. Vooraf-bestelling sal u kind se kospakkie verseker. Kospakkies vir na-uurse sportbyeenkomste is ook op bestelling beskikbaar. Dit is egter belangrik dat u steeds ‘n broodjie en vrug en ‘n botteltjie water skool toe moet stuur. U moet asb. genoeg toebroodjies vir eerste en tweede pouse inpak.

Vir die kleingoed (veral die eerste paar weke) is dit ‘n baie lang dag!

Kleredrag

Skooldrag dien as beskerming en versiering, maar ook as maatstaf om die draer te identifiseer.

Eenvormige skooldrag bevorder ook selfdissipline, skep ‘n samehorigheidsgevoel en kweek ‘n trots aan vir dit wat jou eie is.

As almal dieselfde skooldrag dra is daar nie so ‘n groot onderskeid tussen bevoorregte en minder bevoorregte kinders nie.

1. SKOOLKLEURE: Hemelsblou en wit met ‘n vlootblou(navy) agtergrond.

2. MERK VAN KLERE: Alle kledingstukke moet, om navrae na verlore goedere uit te skakel, gemerk word. Ongemerkte klere sal nie deur die personeel gesoek word nie.

3. VERSKAFFERS: Selworth’s in Hendrik Verwoerdstraat 14, Nigel en Bombay Bazaar is die amptelike leweransiers van ons skooldrag.

4. SKOOLSWEETPAKKE: mag nie saam met of in die plek van gewone skooldrag gedra word nie. dit is alleenlik vir sportbyeenkomste bedoel. Dit is te koop by die skool.

5. INFORMELE SKOOLDRAG: Winter: is ‘n blou lang denim met ‘n blou Vossiehemp en ‘n skooltrui of ‘n informele warmbaadjie met skoolwapen. Geen geskeurde denims is toelaatbaar nie. Klub of spandrag is nie toelaatbaar nie. Slegs tekkies word gedra. Geen stewels(“boots”) is toelaatbaar nie.

Somer: Lang of knie- denim of Vossie kortbroek met tekkies, plat sandale of kaalvoete. Indien ‘n kamisool gedra word moet dit koningsblou of wit wees. Leerders dra die dag wat hul verjaar, hul informele drag.

6. NUWE LEERLINGE: Word toegelaat om die erkende skooldrag van sy/haar vorige skool te dra, om vermorsing te voorkom.

7. SOMERSDRAG: (Oktober tot April)

Dogters: Vlootblou skoolrok. Kort wit sokkies sonder frilletjies of valletjies. Swart skoolskoene met skoenveters of gespe. Geen groot gespes word toegelaat nie. Hemelblou of wit haarstrik, lint, balletjies, knippies of haarband . Vlootblou kleurbaadjie met wapen op sak of ‘n blou skooloortrektrui.

8. WINTERSDRAG: (Mei tot September)

Dogters: Vlootblou skoolrok. Skooltrui en/of kleurbaadjie. Donkerblou skoolbroekiekouse (“tights”). Geen sykouse word toegelaat nie. swart skoolskoene met skoenveters en gespe. Geen groot gespes word toegelaat nie.

Seuns: Wit hemp met skooldas. Grys Langbroek. Vlootblou skoolkouse. Swart skoolskoene met skoenveters of gespe. Geen groot gespes word toegelaat nie. Kleurbaadjie en/of skooltrui.

Serpe mag gedra word, vlootblou of wit en nie langer as 100cm nie.

GEEN leerling mag ‘n “Dri-mac”dra nie.

9. Vrydag mag leerlinge in Nasionale of Provinsiale drag wat leerling self verwerf het skool toe kom. Indien net ‘n baadjie moet skooldrag saam gedra word.

10.Erekleure wapen en lapbalkies kan slegs op skoolkleurbaadjies gedra word.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.