6 minute read

piketberg mediese sentrum

Next Article
Nuus uit Rwanda…

Nuus uit Rwanda…

Tel: 022 913 1146

Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395

Advertisement

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Thys ontvang Annelie se Nier

Annelie Venter skryf…

Smitte sê tot siens

Op 8 Februarie 2022 het ek vir my man, Thys, my linkernier geskenk. Daar was by my nooit enige twyfel dat ek dit wou doen nie. Ek het hom ontmoet toe ek 24 was, nadat ek self amper dood is van ‘n gewas in my rugmurg, en ek wil saam met hom oud word. Daar was soveel mense wat vir ons gebid het en daarvoor wil ek baie dankie sê. In besonder my Leeskringgroepie en ons Auroragemeente, en al Piketberg se meelewende mense, vriende en familie. René Van der Westhuizen het ons ook gehelp met kinesiologie om ons voor te berei. Die nier het onmiddellik gewerk en die dokters was verwonderd oor hoe vinnig Thys herstel het. Ek kan geen nagevolge agterkom nie, behalwe dat ek die eerste paar weke baie moeg was en kort-kort moes rus. Thys het nie lank gevat voor hy weer volstoom begin werk het nie. Dit maak ‘n reuseverskil in ons kwaliteit van lewe om nie meer twee ure op ‘n dag te verloor met dialise nie. Hy moet elke dag van sy lewe immuun onderdrukkers neem om te keer dat die nier verwerp word, so dit bring uitdagings in die vorm van virusse en bakterieë wat hom teiken. Die eerste vyf maande was hy ongelooflik gesond, maar einde Augustus moes hy twee weke in die hospitaal deurbring met ‘n virus wat vir hom dodelik kon wees. Ons is dankbaar dat hy nou weer beter is. Hy moet gereeld bloed laat toets sodat die dokter sy medikasie dosis kan verfyn dat hy nog steeds self teen virusse kan veg sonder om die nier te verwerp. Ons seun, Jaco en Fralise het mooi na ons omgesien in die eerste weke. Toe Jaco my op 11 Februarie by die hospitaal kom haal, merk hy op dat ons die sirkel nou voltooi het. Presies 31 jaar gelede op die dag het ons hom in Middelburg by die hospitaal gaan haal. God se tyd is perfek. Thys se broer, Jan en vrou, Rina het ons op die plaas bygestaan totdat Thys weer self kon aangaan. Ons is oneindig dankbaar.

Piketberg Dieresorg

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, Nekbandjies, leibande en katmandjies welkom.

Ek kyk op na die berg. Waar sal my hulp vandaan kom. My hulp kom van die Here. Ons woon 33 jaar teen die berg. As ons agter ons huis staan, moet ons opkyk. As ons elke aand die dag in donkerte groet, was ons laaste kyk, die kruis. Die Berg was ons lewe lank nog vir ons ons vaste punt. Die Kruis die simbool van God in ons lewe. Dit gee sin en betekenis aan wie ons is, waarvandaan ons kom en waarheen ons op pad is. Op 21 Januarie 1989 kry ons ‘n oproep van ds Frekie van Niekerk wat sê dat die Here die kerkraad gelei het om ons na Piketberg te beroep. Dit was die begin van ‘n nuwe hoofstuk waarna ons lank uitgesien het in ons lewe en waarvoor die Here ons op ‘n baie besondere manier voorberei het. Ons was reeds 7 jaar getroud en ons oudste, Lizaan, was 3 jaar oud. Ons het ‘n paar draaie geloop en berge geklim wat ons seker gemaak het van ons roeping. Van dag een af in Piketberg het ons mense se warm omgeeliefde ervaar. Mense wat ons met oop arms ontvang het, ons in ons jonkheid en geen ervaring aanvaar het en mense vir wie ons ongelooflik lief geraak het. Dit was ‘n groot voorreg om saam met die regop mense van hierdie skuinsdorp, te bid, te luister, te werk en dankie te sê. Alle eer aan die Here. Dankie dat ons ons huis se deure kon oopgooi en julle ons oorlaai het met julle liefde, julle vriendskap en julle gebede, want daar was ook vir ons moeilike tye waar ander se gebede ons gedra het. Dankie dat julle ons vertrou het met julle vreugde en hartseer en dat ons saam met julle en die Here daardie pakkie kon dra. Ons staan nou voor ‘n nuwe seisoen. Ons gaan nie maklik weg nie, Ons juig nie daaroor nie, maar ons omarm die wete dat daar vir ons ‘n nuwe opwindende fase voorlê, waarna ons baie uitsien. Piketberg is in ons lewe ingeweef. Ons kinders het hulle wortels en vlerke hier gekry en hulle is altwee vandag op ‘n goeie plek in hulle lewens. Dankie dat ons as mede-Piketbergers die Here saam met julle kon dien. Dit was ‘n wonderlike en asemrowende reis. Ons lekkerste lekker sal wees as julle vir ons kom kuier waar ons ookal is. Ons huis se deur sal steeds oop wees. Ons gebed vir Piketberg is dat die HERE vir julle goed sal wees en vir julle sal sorg Dat Hy julle sal seën en julle sal beskerm. Dat Hy julle altyd in sy sig sal hou en julle sal oorlaai met sy liefde. Dat Hy ook julle gebede sal verhoor en aan julle vrede gee. Soli Deo Gloria. Aan God al die eer.

Johan en Marlien (082 928 5198 & 072 308 6464).

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Piketberg Dieresorg NPC

Piketberg dieresorg sê dankie aan die volgende mense en instansies: Diegene wat gehelp het om diere van behoeftige eienaars van kos en mediese dienste te voorsien. Ruim donasies van oraloor die land maak dat Piketberg Dieresorg tot op datum alle rekeninge kan betaal. Pleegouers wat bereid was om hawelose diere in te neem en te versorg totdat daar vir hulle liefdevolle huise gevind is. Wonderlike aanneemouers wat aan die geredde diere permanente huise verskaf het en gereeld foto's en video's stuur. Amal wat ons fondsinsamelingsprojekte ondersteun en wat vir ons fondsinsamelingsgeleenthede reël. Almal wat ons facebook blad PIKETBERG DIERESORG NPC deel. Almal wat tweedehandse ware skenk by Hoofstraat 60. Weskus CVC wat reeds vir 5 jaar elke maand Piketberg toe kom om diere te steriliseer en inentings en gesondheidsdienste teen 'n spesiale tarief aan te bied. Almal wat donasies op Katinka se welsynsrekening inbetaal. Piket-Bo-Berg Plaasmark en Desert Rose Plaasmark vir gratis staanplek/stalletjie en vir julle vriendelike verwelkoming elke keer. Swartland DBV vir die uitsorteer van onhanteerbare situasies. Bergrivier Munisipaliteit vir die twee lokale by die gemeenskapsaal wat maandeliks gratis beskikbaar is. Gedurende 2022 is 75 teefhonde, 25 reunhonde, 70 wyfiekatte en 35 mannetjieskatte by die kliniek gesteriliseer en 193 inentings is ook daar gedoen. Dankie aan Piketberg Dierehospitaal vir verdere sterilisasies, vir die behandeling van siek en beseerde diere en ook vir die toetse op katte vir Feline Aids en Leukemia. Op 14 Desember is die laaste kliniek van die jaar, wanneer 7 teefhonde en 1 reunhond gesteriliseer word en opvolg inentings gedoen word.

GESEËNDE KERSFEES.

Lea in finals of Packaging competition

A third-year Visual Communication Design student, Lea de Vries was selected as a finalist in the Graphic Design section of the IPSA Student Gold Pack competition. Lea chose to redesign the Woolworths flavoured Tuna range, which is packaged in sachets. “I did some research and came to the conclusion that the tuna sold in Woolworths, is caught using only one specific method known as Pole and Line. This method is the most sustainable way of catching tuna, as tuna is caught one at a time and if some other species is caught, it can be thrown back while still alive and unharmed. She said this leads to less bycatch and a more sustainable form of fishing in general.“

Spyker Chambers

14 September 1947

7 November 2022

Na 30 jaar se verbintenis aan Piketberg Hoërskool, eers as Wiskunde onderwyser by die Laerskoolafdeling (1979-1996) en daarna as sportorganiseerder en "gaan-vra-vir-oom-Spyker"- beampte (1997-2009), gee Spyker en Ansa die dapper tree Oos-Kaap toe om in Sterkstroom te gaan skoolhou vir 3 jaar en 3 maande. In 2013 betrek hulle weer hulle tuiste in Piketberg en waardeer alles van vooraf - hulle eie mense, hulle eie klimaat, hulle eie taal. Spyker is 'n dankbare mens en oor sy dankbaarheid vir God se oorvloedige genade en Ansa se liefdevolle versorging, het hy, veral tydens sy siekte in sy laaste lewensjaar, onverpoos getuig. Oor sy drie dogters, Tinette, Fransa en Ruanda se oop hande en harte en ondersteuning, het dié man se sagte hart sommer verkrummel. Spyker en Ansa, wat mekaar op Uniondale se personeel ontmoet het en in 1972 getrou het, het onlangs, op 8 Oktober, hulle 50ste huweliksherdenking gevier. Baie kinders sal staaltjies uit Spyker se Wiskundeklas kan vertel, oor hulle streng meneer, wat die rottang en die plathand goed ingelê het, vir talle 'n liefde vir Wiskunde gekweek het en teenoor diegene wat nie die aanleg gehad het nie, simpatiekgesind was. Oor rugbyafrigting vir O/11-seuns, was Spyker passievol. Ook daar het die latjie gepraat. Voor sy eerste oefening met so 'n spannetjie seuns, was sy woorde: "Nou vergeet julle alles wat julle sover van rugby geleer het, nou sal ek julle leer!" Nodeloos om te sê, die manne het gehoor. Spyker Chambers, Piketberg gaan jou baie mis. Ons koester die mooiste herinneringe aan 'n gesinsman, sportman, kerk- en gemeenkapsmens - hardwerkend en betroubaar, sy lewe lank.

This article is from: