3 minute read

Nuus uit Rwanda…

deur Alta Nelson

Snippertjies

Advertisement

...is mos wat oorbly wanneer ‘n klein kindjie ’n skêr in die hande kry en my berig van die maand is ook so iets...stukkies stories. Ek stuur die ander dag vir Shadrack om iets te gaan koop en ek gee hom die korrekte bedrag geld. Toe hy terugkom, is hy baie ontsteld, want die man by die winkel vertel vir hom dis te min geld. Hy vertel my hy het vir die man gesê “I read the money when my boss lady give it to me and it was right.” Lang storie kort, die man het van die geld in sy sak gedruk sonder dat Shadrack dit gesien het, maar dit toe uitgehaal toe hy noem dat hy die geld ge-“read” het toe ek dit gegee het en dit was korrek. Hier word geld nie ge-“count” nie, maar ge -“read”. So gebeur daar ’n rukkie gelede ’n ongeluk naby aan waar ons woon toe ’n taxi te vinnig gery het op die grondpad en van die pad af gery het. Geen insittendes is beseer nie, maar twee voetgangers is oorlede en ’n derde een se arms en bene op talle plekke gebreek. Ek en Shadrack bespreek die ongeluk en hy bevestig dat die taxi steeds op sy wiele was en geen passasiers beseer of dood is nie, maar twee mense wat “on leg” was, is oorlede. Nadat ek die ander dag water gekoop het in die mooiste bloukleur glasbottel, besluit ek dit moet ’n blompot raak. Ek maak toe ’n plan om die skroefdraad gedeelte toe te maak en draai hemp (’n soort goiingrige tou wat ek van SA af gebring het) om dit en plak twee rytjies “bling”, wat ek van Piketberg Home Express af gebring het, aan die onderkant waar die tou stop. Hy wou weet waar koop ek die mooi blompot aangesien hier waar ons woon nie sulke goed te koop is nie. Ek vertel hom toe dat dit ‘n waterbottel is wat ek so gemaak het. Ek moes toe hoor “You think double.” Dieselfde met die skildery waarmee ek besig is. Sy kommentaar was, “You know too much.” Nou ja, hier moes ek al baie planne maak en doen ek dinge wat ek nie in SA sou doen nie soos tamatiesous en ‘n stukkie foelie wat al gebruik is om die bruin watervlekke van die motorfiets se “rims” af te kry, want hier is nie ’n Midas om skoonmaakmiddels te gaan koop nie. Shadrack se kommentaar: “How do you know?” Volgens hom kan een mens nie so baie weet en doen nie. (Dit werk en laat die aluminium skitterblink.) Aangesien dit die laaste berig vir die jaar is, mag julle almal se sterretjies skitter hierdie Kersgety.

20 Jaar gelede - Desember 2002

Redakteur: Pierre Steenkamp

Mede-Redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen

Advertensiebestuurder: Deon van Dyk

24 bladsye Donasie R1

Rubrieke: Ons Lesers skryf; Uit Jannie se Pen

Voorblad: Tweelinge vir Afrika in Piketberg: Olga en Olivia Samuels afgeneem op hulle dertiende verjaarsdag. Vyf lesersbriewe getuig van Piketberg se liefde en hartlikheid.

FNB borg Rolbal opedag.

Lions maak katarak operasies moontlik.

Izandla en Die Berg Vrugteverwerking sluit 'n werksooreenkoms vir Intaba produkte.

48 Tweelinge by Boland SPAR se Tweelingmakietie

Piet Booysen volg Pepé Meijer op as nuwe hoof by PPC De Hoek.

PPC De Hoek se Senior Bestuurspan laat sny hulle hare kort nadat 2001 se finansiële rekord oortref is. Dr Radie Kotzé open die Privaat afdeling van die Radie Kotzé hospitaal.

Die Andersons en die De Beers is reeds vir 46 jaar vriende waarvan hulle reeds 44 jaar op Piketberg woon.

Winnie Grobbelaar en Hannah Langeveldt vier 60 jaar se vriendskap, eers op die plaas Koringkloof, Eendekuil en later Piketberg.

Laerskoolleiers is Avril Claassen en Eldin Marcus vir Steynville Primêre Skool en Hanno Burger en Anize Truter vir PHS.

SPS se Dux is Cynthia Benjamin en Dux vir PHS is Liezl Joubert.

Gawie en Mirrie Mouton is 50 jaar getroud en Johan en Rita Bruwer is pas getroud.

1992-PHS Matrieks hou reünie.

Boland Tennis slaan Kishou teen SWD. Ben Olivier en Lize-Anne Mouton van Laerskool Eendekuil is in die USSO-Bolandspan.

Advertensies:

Wen R10 000 by Boland SPAR.

Krapkaartkompetisie by Foto First. Koop 4 films @ R59,99.

Nederberg Hotel bied Bel-en-Bestel etes en aansitetes aan.

Soetkysie Sentrum bied gehaltedienste onder een dak.

Geskenkbewyse beskikbaar by L en L Surf Fashions.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com