1 minute read

SPAR se drie Tops

Shameel Davids, Washiela Goliath en Handré Geldenhuys met hulle sertifikate vir die Supervisor Development Programme. The Spar Academy of Learning het pas drie topstudente opgelewer in die Supervisor Development Programme wat van Februarie tot November 2022 deurloop is. Uit 'n klas van 22 studente uit 6 verskillende Sparwinkels, het Superspar Boland op Piketberg se studente bo die ander uitgetroon. Washiela Goliath is as topstudent aangewys met 98% en Shameel Davids 96% en Handré Geldenhuys 93%. Onder mentorskap van Philip Jankielsohn het Washiela, Shameel en Handré twee dae per maand klas geloop by Spar Hoofkantoor in Kaapstad en teruggekom met take om te voltooi. Na elke teoretiese sessie per maand moes hulle terugvoer gee aan die leierspan. Die praktiese deel van die kursus is gedoen by Zeevenwacht Superspar en Vangate Superspar in Athlone. Wat die kursus verder baie sinvol maak, is dat hulle deur die jaar op plaaslike vlak aan bykans 150 kollegas en nuwelinge hulle kennis kon oordra. Washiela, Shameel en Handré bedank Superspar Boland vir die geleentheid om gedurende die jaar nie net in hulle beroepstaak te groei en te verbeter nie, maar ook as mens te ontwikkel. Hulle is gemotiveerd en sien kans vir nuwe uitdagings.

Advertisement

VLV Potpourri Afsluiting

VLV Piketbergtak se afsluitingsfunksie is gekenmerk deur 'n genotvolle potpourri saamkuier oggend in die biblioteeksaal. Gesondheidsaamroeper, Carin Rossouw, gee gesondheidswenke vir die groot dae wat voorlê. Kuns&Kultuursaamroeper, Sarie Louw, deel maklike kaartjie idees vir geskenke. Leefstylsaamroeper, Ilse Hanekom, vertel en gee resepte vir 'n vinnige en maklike roomkaas/maaskaas. Delina Fox, Landbousaamroeper, verskaf inligting rondom die vals Olyfboom, boom van die jaar 2023. Die boom is uitgeloot vir 'n prys. Vier lede ontvang Jaarkentekens: Christa Burger en Carin Rossouw 45 jaar, Marlize Rossouw 15 jaar en Alta Vos 20 jaar.

Afwesig: Petro Vercuiel 20 jaar en Christa Myburgh 10 jaar. Trippe Trappe se kleuters sing Kersliedjies en vermaak die gaste met hulle oulike kershoedjies en bewegings. Baie dankie aan al die juffrouens. 2022 is op 'n hoë noot afgesluit met heerlike eetgoed. Baie dankie aan elke lid se bydrae gedurende die jaar. Hou die Febuarie-uitgawe dop vir die nuwe 2023 VLV-program. Baie dankie aan al die borge vir die nuwe VLV-Jaarboek. Jul betrokkenheid by VLV word opreg waardeer. ‘n Geseënde Kersfees met Jesus liefde word vir elkeen toegewens. Geniet die skoolvakansie en reis veilig. Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665.

Pools-New Renovations Decking

Pool Re-Lining Building/Renovations

Pool Maintenance Maintenance

Pimps/solar

Painting

Paving Tiling

Ponds and water features Plumbing

Jacuzzi’s Ceilings