Piketberger junie 2014

Page 20

20

Wat sê die reg?

Avanti by ADV

Avanti Rani Ludick Foto verskaf

Avanti Rani Ludick, ʼn boorling van Piketberg het haar skoolloopbaan voltooi in 2007 te Steynville Sekondêr. Sy het haar LLB-graad by die Universiteit WesKaap verwerf in Maart 2012 en is tans besig met haar praktiese opleiding by Abdurahman de Villiers Prokureurs. Sy is reeds twee maande werksaam daar as ‘n klerk en hoop om ʼn aanwins te wees.

Services Offered HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / petsitting as well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326 or heikeoelbuttel@gmail.com

Te Huur Stoor Te Huur 47m² Koopkrag en Alarm R1 200,00 Skakel Riaan 084 624 0963 Gemeubileerde Woonstelle Te Huur 1 en 2 slaapkamers Kort– en langtermyn. Skakel Riaan 084 624 0963

Te Koop Roomkleurige lang gordyne en vier bane ougoud dekoratiewe “drops” met ringe, deel van materiaal. R50 per item. Kontak 083 654 3170

Heerlike Beesbiltong te koop R150,00 per kg (net hoeveelhede van een kilogram en meer)

Suiwer Beesmaalvleis te koop R50,00 per kg

Huweliksbedelings

Christelle de Villiers

Om te trou is nie perde koop nie! Dit is belangrik dat elke paartjie behoorlik ingelig is aangaande wat kan gebeur deur die ontbinding van ʼn huwelik hetsy deur skei of die dood. Hieronder volg ʼn kort omskrywing van huweliksbedelings:

1. Binne gemeenskap van goed Die regsgevolge van so ʼn huwelik is dat albei van die gades mede-eienaars word van alles wat hulle voor die huwelik besit het en self s dit wat hulle tydens die huwelik verkry het. Dit verwys ook na al die skulde wat voor die huwelik aangegaan was. 2. Buite gem eenskap van goed Die regsgevolge van so ʼn huwelik is dat elke gade sy of haar eie boedelbates besit en beheer sonder inmenging of beheer deur die ander gade (wat joune is, is joune en wat myne is, is myne). Dit verwys na alles wat die gades voor die huwelik besit het en selfs dit wat hulle binne die huwelik gaan bekom. Aanbeveling: As beide die gades bv. besigheidseienaars is of in gevestigde prof essionele beroepe staan. As gades ouer is (bv. tweede huwelik). As een van die gades bv. ʼn f amilieplaas besit. 3. Buite gem eenskap van goed met Aanwasbedeling Die regsgevolge van so ʼn huwelik is dat by aanvang van die huwelik die gades steeds af sonderlik hul eie boedels bestuur, maar met die ontbinding van so ʼn huwelik kry die gades die reg om in die aanwas van die ander gade se boedel te deel. Met ander woorde alles voor huweliksluiting geld die “myne is myne, joune is joune” beginsel. Na die huweliksluiting kan elke party steeds onaf hanklik handeldryf , maar by ontbinding verander die beginsel na “dis alles ons s’n”. Daar word dus gedeel in mekaar se bates. Aanbeveling: Dit is die mees gewilde en tensy redes bestaan om buite gemeenskap van goedere te trou is die aanwas die beste.

Slootgrawer Te Huur 5 ton

Billike Tariewe

(net hoeveelhede van een kilogram en meer)

Skakel Pienaar Bosman

Kontak N Louw 083 441 4032

Landlyn 022 914 5010 Selnr 084 846 4783


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.