Piketberger November 2018

Page 1

1

Jaargang 25 Nr. 10 www.piketberg.com November 2018

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

PHS Hoofleiers 2019

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Troufoto’s...p4 Goud vir Schenkfontein...p5 Dankie Hennie...p6 Trippe Trappe Konsert...23 Unisa Klavier uitslae...p24 PHS Prysuitdeling...p26 Koshuisleiers...p28 Gimnastiek...p30 Jacques verteenwoordig SA...p30 Jasmin 5de SA….p31 PHS Sportprysuitdeling...p32

PHS se hoofleiers vir 2019 saam met skoolhoof, Quinton Engelbrecht is Anné Rheeder, onderhoofdogter, Janke van Schalkwyk, hoofdogter, Ravell Frans, hoofseun en Bosmann Rossouw, onderhoofseun. Regs is die hele Verteenwoordigende Raad van Leerders vir 2019. Foto’s: Rina Engelbrecht


2

Redaksioneel Enjoy!

Boetie en Rix is ons bure op Albertinia aan die bokant en op Gourits langsaan. Opregte, liewe mense. Hulle omgee ken geen perke nie, met hulle harte stap hulle ekstra myle. Boetie se laaste woord is dikwels "Enjoy!" (.....uitgespreek met 'n Afrikaanse "j"). Dit het 'n sêding in ons huis geword, veral kom dit goed te pas wanneer dinge dol gaan en alles gelyk gebeur. In plaas van kla en mor oor 'n vol dag met verpligtinge en twyfel of alles in plek is, is "Enjoy!" genoeg aanmoediging om op 'n nuwe en vars manier te kyk na uitdagings en geleenthede. Probeer dit gerus, dit werk. Die Piketberger is weer eens vol verhale van mense wat "Enjoy!" deur dinge aan te pak, deur te voer en 'n verskil te maak. Mense wat, soos Boetie en Rix, opreg en lief is en met hulle harte ekstra myle stap. Kyk ook na kinders wat met hulle talente woeker en dit uitstraal dat hulle "Enjoy!" Piketberg is voorwaar 'n bevoorregte gemeenskap.

Liefde Marietha

Einde September word Piketbergers verras met die onderstaande brief wat verskyn in Beeld en onlangs ook in Die Burger: Kobus en Lyndia Bredenkamp, Wes-Vrystaat skryf… Ons ma is verlede Donderdag inderhaas in Piketberg se Radie Kotze-hospitaal opgeneem en die dokter het nie baie hoop gehad nie. Ons het in die pad geval om by haar te wees en wat ‘n verrasing toe ons ná 20 uur daar kom! ‘n Ou gebou, maar in stand gehou. Vriendelike, behulpsame veiligheidsbeamptes, verpleegkundiges, skoonmakers en dokter. Die plek is skoon, Ma is goed versorg en gemaklik. Ons navrae en versoeke is professioneel, dog sagkens hanteer en beantwoord. Sy is op 26 September na ‘n gesondheidsorgsentrum oorgeplaas en ons kan net ons opregte dank aan die hospitaal en sy personeel oordra. Tien uit tien vir julle! Dank aan die Hemelse Vader dat daar sulke plekke en mense is waar ons siekes nog so menslik hanteer en versorg word.

In Memoriam

Briewe van ons lesers... Myrtle Steenkamp skryf… Hoe sê 'n mens totsiens na bykans 21 jaar, vir iets wat jou passie is en na aan die hart gelê het? Hennie, ons weet dit gaan 'n hartseer dag wees einde Oktober wanneer jy jou laaste Burger sal aflewer. Ons hier in dié omgewing, of deel van Piketberg, sê vir jou en Santie baie DANKIE vir jul getrouheid om, ongeag weersomstandighede of ure, dit gedoen het. Slaap nou laat soggens. Hennie Coetzee beëindig op 31 Oktober sy diens by Media 24 as organiseerder, verspreider en afleweraar van Die Burger en tydskrifte. Sien berig op p6. -Red. Corrie Windell skryf… Dankie aan elkeen wat op een of ander manier 'n bydrae gemaak het om my werk en aftrede by Superspar Boland aangenaam en spesiaal te maak. 'n Spesiale dankie aan Meneer en Mevrou Jankielsohn.

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en hulp uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

Brief loof Hospitaal

of sms 079 496 2719 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R120 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Francois Erik van Niekerk Vandag ses jaar weg van ons. Ons mis jou elke dag. Liefde Pappa, Mamma en Broer


3


4

Die Botese en Bothas Trou

Christel, dogter van Johan en Marlien Smit van Piketberg en Bernhard, seun van Ben en Elriëtte Botes van Pretoria is op 22 September deur die bruid se pa in die NG Kerk Piketberg in die huwelik bevestig. Die onthaal was by Laatson. Die twee woon in Durbanville. Bernhard is ‘n siviele ingenieur wat op die oomblik betrokke is by die opgradering van die N2 by Somerset-Wes en Christel hou skool by Hoërskool Brackenfell. Foto: Edó Mostert Photography

Hendrik Botha en Mariska Wolfaardt is op 13 Oktober in die huwelik bevestig by Het Vlock Casteel, Riebeek Kasteel. Die paartjie het mekaar op Piketberg ontmoet tydens Hendrik se hospitaaljaar by Radie Kotzé. Hendrik het sy eie praktyk in Porterville en Mariska is ‘n onderwyseres by Steynville Primêre Skool. Foto: Debbie Lourens

Piketberg Toerisme Komitee

TUISVERSORGING

Hannekie Geldenhuys 072 651 9695

Piketberg Toerisme se Komitee vir 2019 is agter Marié Ehlers (Piketberg Museum), Lelanie Botha (Kardoesie), Raadsheer Riaan de Vries (Bergrivier Munisipaliteit), Georgia Abrahams (Toerisme Beampte) en voor Yvette Odendaal (Bergrivier Toerisme Bestuurder), Liebré Jacobs (voorsitter) en Etienne van Rossum (onder-voorsitter). Afwesig Toni Carstens (@1926) en Danie Smit (Redelinghuys). Foto: Marietha Goosen


5

Goud vir Schenkfontein Die gesegdes, “harde werk word beloon” en “aanhouer wen” is beslis iets wat wynmaker van Schenkfontein kelder, Hendrik Hanekom, baie goed ken. Saam met die bemarker en jonger broer, Philip Hanekom, vorm die twee ‘n wonderlike duet wat die wiele geolie hou. Schenkfontein Chenin Blanc 2018 het uitstekend gevaar in die drie wynkompetisies waaraan die kelder vanjaar deelgeneem het. Dit wen ‘n goud by Vitis Vinifera, ‘n silwer by Michelango Internasionale wynkompetisie en ‘n silwer by Veritas. Die druiwe word op die plaas self verbou, die wyn in die kelder op die plaas gemaak en by bottelering op Piketberg gebottel. Waarlik ‘n trotse produk van ons dorp. Chenin is een van Suid-Afrika se oudste wynkultivars en is reeds in 1655 deur Jan van Riebeeck vanaf Frankryk na SuidAfrika ingevoer, om in die Kompanjiestuin te plant. Dit is ‘n gewilde wit wyn vir sy vrugtige smaak en vars neus. Verdere pryse vir die kelder is Schenkfontein Shiraz 2017 en Winkelshoek Hanepoot 2017, Weskus Sauvignon Blanc 2018, Weskus Sweet Rosé 2017, Weskus Pinotage 2017 en Weskus Natural Sweet 2017, wat ‘n goud wen by Vitis Vinifera, ‘n silwer vir Winkelshoek Hanepoot 2017 en ‘n goud vir Winkelshoek Cape Vintage 2015 by Michelango, ‘n silwer vir Schenkfontein Shiraz 2017 en Winkelshoek Hanepoot 2017 en ‘n brons vir Weskus Chenin Blanc 2018 by Veritas.

Vir die Seisoen van Vreugde Kersvoorraad : Vroeg November

Langstraat 59, Piketberg (Oorkant Agrimark)


6

Jack sê Dankie

Jack en Petra van Renen bedank alle oud-kliënte vir 23 jaar se lojale ondersteuning in die sleutelbedryf, die eerste 15 jaar in Voortrekkerstraat en die laaste agt jaar in Die Trek. Foto: Marietha Goosen

Alison Müller se Swemskool Een kursus 4 - 14 Desember Koste R360 vir 8 lesse Kontak Alison 073 229 2855

November is Movember

Dankie Hennie en Santie Na 21 jaar van vroeg opstaan om koerante en al wat 'n tydskrif is, te ontvang en af te lewer, is dit nou tyd vir Hennie Coetzee om af te tree. Media 24 het vir 21 jaar 'n gedugte span in Hennie en Santie gehad. Saamsaam het hulle die vroeë Somervarsheid van die oggendstond geniet, die verskillende voëls in die verskillende dele van die dorp as geselskap gehad, Hennie en Santie Coetzee maar ook WinFoto: Marietha Goosen terkoue en reën in vroeg oggend duisternis trotseer. Dis veral Hennie se kalm temperament, sy stiptelikheid en positiewe uitkyk op die lewe, wat hom 'n geliefde onder lesers maak. Deur die bank is ontvangers van Die Burger en tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Weg, Tuis, Landbouweekblad, Fair Lady, Finesse en Kuier, innig dankbaar en vol lof vir die Coetzees se deeglike diens oor baie jare. Hennie onthou met dankbaarheid hoe hulle in die beginjare lang ente met 'n rugsak gestap en haastig beweeg het en teruggehardloop het om die voertuig om die hoek te gaan kry, en soos die jare aangestap het, meer gery en minder gestap het. Noue ontkomings, veral in reënweer, sorg nou vir lekker lag......soos die keer toe die ruitveërs nie wou werk nie, die Ford Lazer in trurat luier in die inrit en aan die loop gaan, oor die straat, oor die oop veldjie, vas teen die boom, die keer toe die Bantambakkie se remme in Proteastraat onklaar raak en hulle teen Jacobus Liebenberg se muur tot stilstand kom, met beserings, die donkeroggend toe Hennie sy bril in Hannes Lambrechts se tuin verloor en hy huis toe moes gaan, sy ou bril gaan haal, weer terug...... by die Morrisons se huis die koerant neergooi, sy draai te vinnig maak op die gladde stoep, na iets gryp en die potplant omhels, die spreier by die Goosens net-net systap, maar op die klippaadjie gly en agteroor val...... Dit alles terwyl ek nog slaap en uitsien na my blokraaie en Suduko. Dankie, Hennie en Santie. -Red.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


7

Hennie Visser, Prof. Argitek, (Univ. v Pret.) Tel. 063 772 1482


8

Marieta Deel in 110 jaar

Leefstyl-vergadering vir VLV Op 11 Oktober het die VLV se Leefstyl-span onder die bekwame hande van Alida Walters vir ‘n heerlike, interessante VLV-oggend gesorg. Die teetafel was pragtig getooi en ‘n lus vir die oog. Droomland se boutiek-eienaar (B’Pretti Boutique), Belinda de Kock het ‘n uitstalling van haar items in die winkel gehad asook interessante wenke vir jou klerekas. Belinda het dames met ‘n praktiese demonstrasie gewys hoe om met een of twee basiese kleure broeke/rokkies ‘n hele paar nuwe uitrustings te skep. Die hoof-item vir die oggend was die demonstrasie deur Riëtte Strydom van Velddrif. Riëtte het sojabone/neute gebruik om heerlike sop, breyani, bobotie en lasagne sonder vleis te maak. Almal het heerlik geproe en nuwe resepte gekry om te probeer. Dit is ‘n baie gesonde opsie, spesifiek vir diabete en bevat ook baie proteïen. Hierdie produk word nou ook by Droomland in voorraad gehou. Afsluitingsvergadering: Piketberg VLV en Tuinbouklub - 7 November 2018 - Biblioteeksaal om 09h30 Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665

Franschhoek se ACVV-tak het onlangs hulle 110de bestaansjaar gevier. Marieta Nel van Piketberg, oudlid en -bestuurslid van die Franschhoek-tak, is na die vieringe genooi, wat die vorm van 'n ligte ete in die stadsaal aangeneem het. Op die foto is agter Nora Pie, Mari Joubert, Marianne van der Merwe, uitgetrede voorsitter, Marita Malherbe en voor Ena Lotter, Marita Nel en Wendy de Jongh wat erelede toekennings ontvang het. In absentia: Simon Malherbe, Carel Peppler, Maggie Kriek en Rykie Pheiffer. Foto verskaf

20 Jaar Gelede - November/Desember 1998 Voorblad: Lindsey Groenewald is nr 10 op die SA Tennis Ranglys vir O/12. Kollig op Sybil Eksteen. Boemelaarsete by Huis AJ Liebenberg. Piketberg Lions loods 'n veldtog, Operasie Brightsight. Volkskas verander na ABSA. Melanie Eksteen aangewys as "Mollige Model". Jolandi Rabe, oud PHS'er, en student by Stellenbosch Kollege, volg deeltyds die "International Toastmaster Speechcraft" en ontvang die trofee vir die beste bydrae gelewer. Christine Anthonissen, voormalige hoofmeisie by PHS, is gekies as primaria van Huis Magnolia in die Paarl. NG Kerk Nuus: Vrouediens Ringsprojek: Tafeldoeke vir Malawi. Vrouediens, VLV en ACVV hou afsluiting met Leana Lourens as gas. Aksie 2000+ is die visie wat einde van die eerste kwartaal 1999 bekendgemaak word. Ma's en Pa's met babas kan die erediens in die moederskamer volg met beeld en klank. Tydens die week van bejaardes, word Kleinplasie besoek. ACVV neem 16 kinders op 'n toer na Oudtshoorn. Piketberg Openbare Biblioteek bied 'n vakansieprogram aan.

Alida Walters saam met gassprekers Riëtte Strydom en Belinda de Kock (B’Pretti Boutique-eienaar). Foto: Nicoline Brown

Te Koop

Koedoebiltong @R250/kg Beesbiltong @R240/kg Koedoedroëwors @R220/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032


9

Van Kop tot Toon Getooi Ná drie jaar in die Kaap vir opleiding, is Dawida Voges terug in Piketberg, waar sy as kind alles van hare was en kap, by haar ma, Madelein, geleer het. Na skool het sy haar verder bekwaam in die harebedryf aan Dermatech in Table View. Onlangs het sy haar kwalifikasie in die versorging van naels en die mooimaak daarvan, soos pedikure, manikure, acrylic Madelein en Dawida Voges, ‘n gel en nail art, behaal aan dieselfde instanmooimaakspan by Salon sie. Van Oktober af is Madelein in Hoofstraat. Ma en Dogter 'n span by Salon Madelein in Hoofstraat, waar kliënte nou van kop tot toon getooi kan word. Foto verskaf.

Te Koop 1995 Sprite Super Sport Karavaan met eiland bed. Kontak David Steenkamp by Tel: 022 913 2121 Sel: 082 343 1843


10

Klub leer van Bonsai

Stap ‘n Bietjie by Org de Rac Die ACVV se Rus-'n-Bietjieklub glo daaraan om elke dag voluit te leef! Toe die geleentheid hom voordoen om nul, een, twee of drie kilometer by Org de Rac te gaan stap, het 'n stuk of 30 lede slaggereed opgedaag met tekkies, hoede, wandelstokke, sonskerm en muggie-afweerder. Danksy 'n skenking van Eric Havenga van De Berge, BoBerg, is elkeen voorsien van 'n bottel water. Deurgesnyde lemoene het vir verdere lafenis by stoppunte langs die pad gesorg.

Piketberg Blom- en Tuinbouklub besoek die plaas van Johan van Kraayenburg op die berg. Hy lewer ‘n leersame praatjie oor die kweek en manipulasie van Bonsaiboompies. Hy verduidelik die lang proses wat baie tyd en geduld verg. Op die foto is Elmien Uys, Joan en Johan van Kraayenburg en Vanessa Beautement. Foto: Moira van der Westhuizen Kom geniet saam met die Blom- en Tuinbouklub en VLV die afsluitingsvergadering in die Biblioteeksaal op 7 November.

Boesmanland, Vat my Hand

Christine Wasmuth geniet die stap.

Marina Grobbelaar en Ina Kotze deel lemoene uit.

Nadat almal veilig "ingeklok" het, is die tyd verwyl met koffie, tee, muffins en sap wat deur Shoprite geskenk is. Dié wat gelukkig was om Marna Bredenkamp se tuinvrae korrek te beantwoord, is beloon met 'n plant. Na 'n gratis ligte middagete, is almal verder bederf met 'n geskenksakkie droë perskes van Tweefontein Boerdery. Baie dankie aan Org de Rac vir die geleentheid om die natuurskoon tussen die wingerde en vanaf die stoep te kon beleef. PS: Is jy bó 60 jaar? Kom sluit aan by die Rus-'nBietjieklub - dis gróót pret! Skakel Elmarie by die ACVV-kantoor - 022 913 1525

Hierdie groep vroue het onlangs 'n daguitstappie na Boesmanland in Langebaan meegemaak. Een maal per jaar reël Dora Engelbrecht, op die foto, regs, met ME Smith, heel regs, wat hulle dan neem op interessante en genotvolle uitstappies. Foto: Martin Goosen

Die stappers klok in! Foto’s verskaf

Te Koop Krieketskoene Adidas Climacool Nr 11 Uitstekende toestand R300 Skakel 079 496 2719


11


12

Bloedskenkers 9 November Piketberg Museum Sien jou daar!

2019 se Bloedskenkdatums 04 Januarie 1 Maart 3 Mei 5 Julie 13 September 8 November

(Vrydae – 10:00-14:00)

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Op Reis saam met Anne…

deur Annetia Calitz

“Hola, todo el camino fuera de España” In my moedertaal sal die bogenoemde beteken, “Hallo, al die pad van Spanje.” Ja, lesers, welkom in Spanje. Ek wil begin deur te sê, ek dink werklik na hierdie toer kan ek as ‘n ryk dame beskou word, want ek kan met baie trots sê dat ek twee stukke grond in Spanje gekoop het. Ek het in Barcelona en Valencia met my fiets geval en kennis gemaak met Moeder Aarde. Afgesien van die fiets val, of moet ek eerder sê valle, wil ek net noem dit was my eerste toer wat ek op my eie moes doen, want al my vriendinne moes werk. Ek was baie skepties oor die hele idee, maar sommer vining was my hart gerus gestel toe ek sien dat ek die busdrywer ken van een van my vorige toere en dat ek ook bekend was met my toerleier. Sy was ook op een van my vorige toere. Vinnig het ek gemaklik gevoel en sommer dadelik nuwe vriende gemaak en was dit op die ou einde die BESTE toer ooit. Ons eerste stop is in Barcelona, die hoofstad van Spanje. Hier het ons die hele dag deurgebring en per fiets die bekende La Rambla straat aangepak en ook gaan inloer by die Casa Mila, Barcelona Cathedral, Arc de Triomph Barcelona en by die mooie Sagrada Familia. Volgende stop is in Valencia, hier het ons vir twee aande geslaap en het natuurlik ook die area gaan verken. Plekke wat uitgestaan het, was die bekende Bul ring en natuurlik ook die strand. In Valencia was ons baie aktief, buiten die ver fiets rit het ons ook die 207 trappe van die Valencia Cathedral na bo geklim en weer die 207 trappe na onder geklim, maar werklik die mooiste uitsig oor Valencia gehad. Ek het die wonderlike geleentheid gehad om mee te doen aan die wêreld bekende Tamatie-fees, wat jaarliks gehou word in Bunol-Spanje. Al wat ek kan sê is dat daar baie mense in een straat was met BAIE tamaties en ‘n wonderlike atmosfeer wat dit die beste ervaring nog gemaak het. Ek kan ook met baie trots sê dat ek die paal meer as vyf keer geklim het vir ‘n stuk ham - ‘n groot tradisie by die tamatiefees in Spanje. Sowaar sal ek nooit genoeg kan kry van die Spaanse tamaties, bulle, sokker, mosaïek en Paella nie, maar vir nou terug na realiteit. “Reizen stelt je in staat om zoveel verschillende versies van jezelf te worden”.


13


14


15 Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Die somer is hier en die warmte is ons voorland. Bergrivier Munisipaliteit gaan vanaf 1 November 2018 die waterbeperkings verslap vir inwoners. Meer inligting en besonderhede sal aan u deurgegee word oor die Raadsheer verslappings. Ons wil nog steeds ‘n Ray van Rooy beroep op inwoners doen om spaarsaam te wees met water omrede ons nie weet wat die volgende winter vir ons inhou nie. Ouers, neem ons aan die hand en verduidelik aan u kinders die noodsaaklikheid van water vir die mens. ‘n Groot bekommernis vir die munisipaliteit is die brandstigting van openbare oopruimtes en die Piketberg gholfbaan. Dit kos geld vir die belastingbetaler wanneer die brandweerwaens van Bergrivier en Distrikmunisipaliteit moet uitgaan om die brande te blus. Die rook kan ook groot skade veroorsaak vir inwoners met asma en landbouers kan ook verliese ly op hul koringlande. Kontak die munisipale kantoor of die SAPD oor enige brandstigting. ‘n Groot kopseer vir baie ouers is die beskikbaarheid van dwelms in ons gemeenskap. Hiermee wil ons ‘n beroep op u doen om saam te staan as gemeenskap om die euwel uit te roei. Die gevare van die dwelms is die verwoesting van lewens, vernietiging van families, dit veroorsaak lewerskade en veroorsaak ook jou dood. Verskeie huisinbrake word verbind met dwelmgebruik deur die misdadigers. U moet onthou dat die dwelmhandelaars geen genade betoon vir ons kinders en jeugdiges nie. Hulle raak stinkryk in ons gemeenskap terwyl families uitmekaar val. Rapporteer enige voorval van dwelmhandel aan die SAPD en kontak die burgemeesterskantoor of Departement van Sosiale Ontwikkeling by 022-9131156 oor persone met dwelmprobleme. Nog ‘n probleem wat sy kop oral uitsteek, is die rusverstoring oor naweke by die parkeerarea van LB Wernich Biblioteek, die parkeerarea by die Poskantoor en op die land oorkant Watsonia sportgronde. Elke naweek kry ons klagtes van harde musiek uit voertuie en gebruik van drank op hierdie areas. Dit lyk vieslik op naweke by genoemde plekke met stukkende drankbottels en ander lelike ‘dinge’. Ons is in gesprek met die SAPD vir strenger optrede oor naweke sodat skuldiges aan die pen kan ry. Ek sluit af met inligting oor die openbare ‘gym’ oorkant Rhinos rugbyveld. Die ‘gym’ is tans gesluit vir die publiek tot verdere kennisgewing. Ons is in die proses om mense opleiding te verskaf rondom die gebruik van elke apparaat. Die geriewe is opgerig vir die sportmense en inwoners wat hul liggaam beter wil versorg met oefeninge. Geen kinders onder 12 jaar gaan toegelaat word sonder volwasse sorg en hulle moet 1,4 meter lank wees. Ouers, dra die boodskap aan u kinders oor dat dit nie ‘n speelpark is nie, maar ’n plek waar ‘n mens aan jou liggaam kan werk. Alle toerusting gaan op u eie risiko gebruik word en sal gratis wees. Rapporteer enige vandalisme aan die munisipaliteit en neem eienaarskap van die plek, want dit is vir u daar opgerig.

Herwinning van Vullis VERminder HERgebruik HERwin

Hondesalon vir Piketberg Pets Pleasure Piketberg open 1 November amptelik sy deure, met die doel om ‘n “one stop” fasiliteit aan viervoet kinder eienaars te bied. Daar sal ‘n volledige toegeruste salon met goed opgeleide groomers beskikbaar wees. Verder sal voorsiening gemaak word vir ‘n baie groot verskeidenheid honde- en katkos, speelgoed, bandjies, bedjies en klere. Alles wat jou viervoet kind begeer. Leonie Heyns en Toni Carstens is die eienaars van die pragtige salon. Leonie het reeds in 2003 haar eerste salon geopen en besit tans ook twee ander salonne in Malmesbury en Riebeek Kasteel. U kan dus verseker wees van ‘n hoë kwaliteit diens. Dit is reeds vier jaar Toni se droom om ‘n salon te open en sy is baie opgewonde oor die nuwe vooruitsigte. Haar entoesiasme sal verseker dat u viervoet kinders altyd gepamperlang word. Pets Pleasure, Hoofstraat 26, Piketberg. 071 590 8064. Afsprake vir salon is noodsaaklik.

Jo-enne Fredericks, Toni Carstens en Carol Willemse.

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126


16

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1918 tot 2018 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Op die rakke van die Biblioteek... Die Taal Van Been

‘n Debuutroman deur Heilna du Plooy. Carolien du Plessis is ’n kunsdosent en kunstenaar wat haar tydelike pos by die universiteit weens “rasionalisasie” kwyt is. Haar liefde vir kuns en die akademie was die kruk waarmee sy jare lank van haar rol as onderdanige vrou en moeder kon ontvlug. Bespreking deur Skielik bevind sy haarself by ’n kruMadelie Burger ispad en moet sy besluite oor haar toekoms neem. Carolien het egter ’n geheim wat sy jare lank met niemand gedeel het nie. En haar verlede is stadig maar seker besig om haar in te haal. Die speurverhaal begin met ’n onbekende skedel wat op ’n televisieprogram vertoon word. Die leser word blootgestel aan die wetenskaplike werkwyse rondom die rekonstruksie van skedels. So kruis Carolien se pad met die joernalis Amanda Louw, wat dadelik ’n lekker nuusbrokkie ruik. Carolien en Amanda gaan op ’n speurtog om die identiteit van die onbekende skedel uit te vind. Mettertyd besef Carolien egter dat haar verlede moontlik ontbloot kan word. Die ontploffing by Marion se woonstel en die aantreklike man wat onverwags by die woonsteldeur sy verskyning maak, laat Carolien met meer vrae as antwoorde. Du Plooy hou die leser deurentyd aan die raai oor wat werklik die geskiedenis van die geheimsinnige skedel is. Wanneer Jean se pad met dié van Carolien kruis, word Carolien deel van ’n politieke spel wat haar lewe onherroeplik verander. Du Plooy as visuele kunstenaar, besit duidelik ’n deeglike kennis van kuns-teorie asook ’n aanvoeling vir die praktiese aspekte verbonde aan kuns. Die beskrywing van die tekenproses is heel insiggewend. Die leser kry opnuut respek vir die kunstenaarsberoep. Die roman se voorblad verdien vermelding. Daniël du Plessis se ontwerp met Du Plooy se tekening, het ’n kunswerk in eie reg geskep. Du Plooy se speurroman is in vele opsigte anders as dié van skrywers soos Deon Meyer en Bettina Wyngaard. Die Taal van Been is ’n geduldige speurverhaal waarin daar oor elke woord besin is binne die raamwerk van die intrige. Hier ontmoet aksie, spanning, poësie en taal mekaar op ’n gelyke speelveld. Die gevolg is ’n hoogs leesbare roman vir diegene wat die estetiese tesame met ’n lekker storie waardeer.

ACVV-Afsluiting 23 November

ALMAL is welkom om GRATIS tee en koffie te geniet op 23 November 2018, vanaf 8 - 10.30vm, op die grasperk en in die sitkamer van Huis AJ Liebenberg. Al die Tillies-gunstelinge soos pannekoek, koek, tert, quiche, brood, beskuit, koeksisters, kleinkoekies en vele meer sal weer te koop aangebied word. Moenie hierdie kans laat verbygaan sonder om vir oulaas in 2018 saam met vriende 'n "Tillies-kuier" te geniet nie!


17


18

Navrae: Jean Paterson l 083 208 6873


19

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


20

Geloofsbelydenis

Lidmate ontmoet Spokies By die NG Kerk word heeljaar gespook by die lidmate wat Belydenis van Geloof aflê. By ‘n gesellige tee is die spooktannies bekendgestel.

Annatjie Joubert en Ettiene Geldenhuys; Dewald van Deventer en Lynette Geldenhuys en Herold Truter en Dinette Lochner.

NG Kerk Citrusdal het op 21 Oktober lidmate voorgestel : Janika Malherbe (links), Alicia Louw (middel) en Tiaan Burger (links, voor) gaan op Piketberg skool. Hier is die Piketberg vriende by hulle wat gaan ondersteun het. Foto verskaf

Carina Brandt en Christa Myburgh; Marelize Myburgh en Adri van Zyl; Hanri van Zyl en Barbie Breunissen.

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Kristin Lochner en Juanita Joubert; Elize Visser en Julana Bindeman; Gretha Vlok en Elizna Visser; en Chené Brits en Marlien Smit.

022 913 1600 / 022 913 2075 Foto’s: Marietha Goosen


21


22


23

Trippe Trappe hou Konsert

Potpourri vol Pret

Met groot opwinding het ons Trippe Trappe maatjies gereed gemaak vir hulle jaarlikse konsert en gradeplegtigheid wat op 26 September plaasgevind het. Die tema was “‘n Aand in die speelgoedmuseum”. Die kleintjies het almal so mooi deelgeneem en elke oomblik saam met Lappop geniet. Baie dankie aan elke ouer vir julle ondersteuning en bydraes om van hierdie geleentheid so ‘n groot sukses te maak. Baie dankie ook aan die borge, Superspar Boland, Liebco Foods en Kaap Agri vir hulle ruim bydraes. Foto’s: Nessa Fotografie, Moorreesburg

Donderdag 8 November Vrouediens Afsluiting NG Kerksaal Kontak Reinet by 022 913 1750

Betrekking Aangebied

 

 

Op soek na 'n Afrikaanssprekende Au Pair meisie vir familie met 3 tieners en 2 katte in Dallas, Texas, VSA vanaf Mei 2019. Moet voldoen aan die volgende vereistes: Ouderdom 18-30 jaar oud Bestuur van huishouding, skoonmaak, hulp met tuiswerk en naskoolse aktiwiteite. In besit wees van ‘n bestuurderslisensie en ‘n paspoort Onderwys kwalifikasie Onderhoude gevoer te Monumentstraat 15, Piketberg op 21 en 22 November. Nicolette (Brink) Kotze, voorheen inwoner van Piketberg

Stuur asseblief aansoeke na SoeknAuPair@gmail.com


24

UNISA Klavier Eksamen

Unisa Klaviereksamenuitslae : Agter - Gerhard Brand 90% (Ererol), Dayle Julius 85% (Lof), Elsje Basson 73% (Eervolle vermelding), Nina Ellis 83% (Lof) en voor Annette Bruwer 75% (Eervolle vermelding), Komien van der Westhuizen en Cassidy Daniels 75% (Eervolle vermelding). Foto regs: Henco Kruger 76% (Eervolle vermelding) en Dries van der Westhuizen 85% (Lof). Voor is Annyda Janse 75% (Eervolle vermelding), Alison Müller en Mariska Botha 87% (Lof).

Musiekkonserte 6 November - Komien van der Westhuizen in die skoolsaal 8 November - Alison Müller by Huis AJ Liebenberg

Foto’s: Con-Li Halvorsen

DANKIE KAAP AGRI PAKMARK! KAAP AGRI PAKMARK het onlangs ‘n reuse skenking gemaak aan die PIKETBERG SKOENBOKS PROJEK. Die projek is reeds in sy 7e jaar, en reik uit na meer as 200 kinders onder ACVV en Badisa se pleegsorg. Daar word ook ingesamel vir behoeftige diere, en danksy Kaap Agri Pakmark se goedhartigheid, is daar ‘n hele paar vol dieremagies! Raak gerus betrokke by die projek - vir slegs R160 kan jy ‘n kind borg met skoolbehoeftes vir 2019. Dit maak soms ‘n verskil of ‘n kind skool toe gaan of nie! Enige skenkings is welkom!

Op die foto links is (agter) Beryl-Ann du Plessis (diereredder) en Marziant Bester en Shane Frans van Kaap Agri Pakmark. Voor is Elzanne Richter. Dankie ook aan Helena Kotze vir haar bydrae.

Kontak asb vir Elzanne Richter vir meer inligting by: info@allabouttravel.co.za / 0721302936


25


26

PHS se Prysuitdeling : Akademie

Dewald van Deventer ontvang die Akademiese Trofee - Gr 12 asook die PriceWaterhouseCooperstoekenning vir Beste prestasie in Rekeningkunde en Wiskunde - Gr 12.

Beste Prestasie Verbruikerstudie Prakties Gr 12, Carina Brandt.

Dux-leerder - Hoërskool, Anke Schreuder.

Zana Vorster, Gr 12, mees tweetalige leerder, Gr 10 12. Zana ontvang ook die Berenice Scheepers prys vir Beste Kreatiewe Skryfwerk - Hoërskool. Verder ontvang sy die Alison Müller Trofee vir Musiek vir Uitstaande prestasie : Unisa-eksamens.

Daniël Brand, links ontvang die Hannelize Coetzeetoekenning vir Beste RTT Prakties Gr 12.

Anette Bruwer - DuxPraktika Ambassadeursleerder - Laerskool en sy prys, Janke van Schalkwyk, ontvang ook die LaersGr 11 en ook die Rita Bruskool Akademie Trofee. wer Trofee vir beste presVerder ontvang sy die tasie in Lewenswetenskap Berenice Scheepers prys Gr 10 tot Gr 12. vir Beste Kreatiewe Skryfwerk - Laerskool.

Skoolhoofprys : Hoërskool Juan-Mari Rautenbach en Laerskool Chesné van Wyk. Foto links : Gerry Kuhn Wetenskap Aansporingsbeurs Beste prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskap Bosmann Rossouw, Gr 11.


27


28

Die Kasteel se Leiers

Die leiers van die seunskoshuis, Kasteel is Jaco Strydom, Joachim Mouton, Dirk Theart, Hoofseun, Jacquin Valentyn en Ruan Potgieter. Vir die eerste keer het die twee koshuise ook ‘n Laerskool leier. Zuan Wessels, regs, is die Laerskool leier in die koshuis vir 2019.

Huishulp Benodig Halfdag-pos (Piketberg). Geen rokers. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Huis Leliehof se Leiers

Huis Leliehof se leiers vir 2019 is Carli Rossouw, Henriétta Cloete, Alicia Louw, Hoofdogter, Shonnelee Klein en Rochelle Klaasen. Die Laerskool leier in die koshuis is Leoné Visagie, regs. Foto’s: Rina Engelbrecht

Kerssangdiens 25 November 19:30 NG Kerk Piketberg


29


30

Nasionale Kampioene

Die Wes-Kaap spanlede is: Agter: Christine Werle van der Merwe, Pamela Booys, Marelize Crous, Mílah Baard, Su-Marí Hanekom en middel: Alex Ince, Mizpah Potgieter, Leigh Wall, Cassidy Daniels, Lise Bruwer en voor: Phallen van Neel, Lana Boys en Tihani van Lill. Afwesig: Jade Wilson. Foto verskaf Die SA Gimnasiumspele, die grootste nasionale byeenkoms vir alle mededingende gimnastiekdissiplines, het vanaf 30 September tot 4 Oktober 2018 plaasgevind in die Stad Tshwane-Gauteng. 14 Gimnaste van REACH (Piketberg) het by die groot geleentheid nie net Wes-Kaap Ritmies verteenwoordig nie, maar ook Wes-Kaap Akrobaties, en uitstekend gevaar. Algehele plekke vir Ritmies: Nasionale Kampioene en trofee wenner vir hoogste algehele telling: Vrydans groep: Pamela Booys, Mílah Baard, Su-Mari Hanekom, Jade Wilson, Christine Werle van der Merwe en Mizpah Potgieter. Vlak 4: o/11 Alex Ince (32ste), o/13 Cassidy Daniels (35ste), o/15 Mizpah Potgieter (13de en brons medalje vir tou). Vlak 5: o/11 Lana Boys (8ste), Lise Bruwer (11de), o/15 Marelize Crous (27ste). Vlak 8: o/15 Pamela Booys (18de) Su-Marí Hanekom (24ste). Vlak 9: O/15 Mílah Baard (3de en brons medalje vir knuppels). Algehele plekke vir Akrobaties: Nasionale Kampioene: Vlak 4 Vrouepaar O/15: Marelize Crous/Mizpah Potgieter Vlak 5 Kombinasie o/14 Pamela Booys/Su-Marí Hanekom/Tihani van Lill. Vlak 4: Vrouepaar o/9: Tihani van Lill/Phallen van Neel (2de); o/11: Lize Bruwer/Leigh Wall (5de). Vlak 5: Vrouepaar o/14 Su-Marí Hanekom/Pamela Booys (4de); o/15 Mílah Baard/Jade Wilson (2de). Afrigter, Tina en die gimnaste wil graag ieder en elke borg, die publiek en ouers hartlik bedank vir hul onbaatsugtige bydraes hetsy dit tyd, finansiële ondersteuning of produk was. Ons is supertrotse Piketbergers!

Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Jacques verteenwoordig SA

Jacques Liebenberg, Anker trek heelagter aan die tou. Foto’s: Lynne Liebenberg Dit is enige toutrekker se droom om sy land te verteenwoordig in proteaklere. Jacques Liebenberg en sy span kon hierdie droom van hom in September 2018 ten volle uitleef nadat hulle die SA Toutrek kampioenskappe in Maart 2018 gewen het. Jacques Liebenberg, oud-skolier van PHS, tans ‘n Gr 11 leerling van HTS Drostdy, was deel van die o/19 Toutrek Protea span (destyds genoem Springbokspan). Hulle neem deel aan die Toutrek Wêreldkampioenskappe vanaf 18 tot 22 September in Kampsbaai teen top spanne soos Switserland (wat al jare die wêreldkampioene is), Chinese Taipei, Nederland en nog baie ander. Hulle behaal ‘n uitmuntende vierde plek. Dit was ‘n ongelooflike ervaring.

SSS Bedank Borge Steynville Sekondêre Skool wil graag die volgende instansies en mense bedank wat ‘n bydrae gelewer het om ons eerste Gholfdag wat gehou is op 29 September ‘n groot sukses te maak. Wees verseker dat u borg of donasie opreg waardeer word. PPC De Hoek; Standard Bank (Juandre Klaase); SAFPRO (PE); ASLA DEVCO; SUPERSPAR Boland; Winkelshoek; Universal Steel; Berg-rivier Munisipaliteit; Lucky Star (Elton); TFFGSA (Piketko); Namakwaland Plase; Dup Meubels; Piketberg Fuel; Liebco Foods; Build It; M & I Boekhandelaars; Pep Stores; Pikkewyn; Piketberg Linnehuis; De Jagers (Worcester); Piketberg Apteek; Piketberg Fisheries (Rooi Winkel); Piketberg Bazaar (Nur); Polisie Gholfklub; Jivante Perfumes; Dr D Esau; Dr V Morrison; Dr Sam Scheepers; Dr Jeremy Somers; Quinton Somers; Qunita Somers; Radcliff Julies; Clive Julies; Jacques Lambrechts en Herman van Zyl.


31

Jasmin 5de in SA - WOW

Die Van Dyk 5

Jasmin Millar, Gr 5leerder by PHS, het in die finaal van die nasionale Wow Spelfees ‘n vyfde plek behaal. Dit maak Jasmin, ‘n boorling van Eendekuil, ‘n fenomenale vyfde beste 11-jarige speller in Suid-Afrika. Foto’s links en onder: Rina Engelbrecht

AdMaths Meriete Deon en Alta van Dyk met hulle vyf PHS-kleinkinders wat pryse ontvang het: Jahnco, Van Dyk en Erasmus Mouton en Mathys en Alicia Louw. Foto’s verskaf Vyf jaar gelede toe al vyf kleinkinders by Laerskool Olifantsvallei presteer het. Meriete Toekennings - AdMaths gemiddeld hoër as 90% : Bosmann Rossouw, Ilanri van Rossum en Johan du Toit. Johan het ook PHS se Entrepreneurstoekenning ontvang vir 2018.

Jeugsaamtrek

Radikale Leesfees Helousie van Sittert, Gr8 en Annette Bruwer, Gr7 het aan die Radikale Leesfees finale ronde in Pretoria deelgeneem. Helouise het 3de plek in poësie behaal en Annette het 3de plek in prosa en 4de plek in poësie behaal. Foto: Rina Engelbrecht

BERGRIVIER OUTREACH Shammah Bediening in samewerking met die VCSV Diensjaarspan vir Christus het ‘n Jeugsaamtrek vir tieners gehou op 10 Oktober by Riviera Plaas, Piketberg. Dit was ‘n geseënde middag en ‘n wonderlike ondervinding vir elke tiener. Die boodskap vir die dag was Jes. 6:8. Hier is ek Here! Stuur my! Baie dankie aan die volgende skole wat deel daarvan kon wees: Hoërskool Piketberg, Hoërskool Graafwater, Steynville Sekondêr, Laerskool Redelinghuys en Karookop Primêr. Foto: Carin Coetzee

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

082 829 6918


32

PHS se Sportprysuitdeling

Sportman van die Jaar - Hoërskool, word gedeel tussen Mathys Louw en Keishan van Rooy. Sportvrou van die Jaar - Hoërskool, is Pamela Booys.

Johan Fourie, Springbok atleet, was die gasspreker by die Sportprysuitdeling. Saam met hom is een van sy SA atlete. Sportman en Sportvrou van die jaar - Laerskool, is Jacques Lambrechts en Jana Bruwer.

Netbal : Beste Spelers in die Hoërskool, Junior - Jo-Maree Gal en Senior - Marelize Myburgh. Beste Speler in die Laerskool Elsje Basson.

Krieket : Beste Senior krieketspeler - Hoërskool, Lorenzo Fouché.

Atletiek : Beste atleet Hoërskool Janke van Schalkwyk.

Rugby : Beste Speler in die Laerskool Jacques Loubser. Beste Spelers in die Hoërskool, Senior - Kobus Brand en Junior Jurgen Eigelaar.

Gholf : Beste Gholfspeler : Timothy Daniëls. Foto’s: Rina Engelbrecht

Tennis : Beste spelers - Laerskool Erasmus Mouton en Jana Bruwer, heel links en heel regs. Hoërskool Mathys Louw en Hanri van Zyl.

Die volgende Piketberger verskyn op 29 November 2018 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 20 November 2018 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


33


34

PHS Gholfdag Hoërskool Piketberg wil graag die volgende borge bedank wat hul gholfdag op Saterdag 13 Oktober ‘n groot sukses gemaak het: Agrisell; Adidas; Anderson Nel Prokureurs; Bella Vista; Bella Vita; Bonthuys Bicycles (Die Wielhuys); Breëvlei Boerdery; Buglers Post; Citrusdal Kelders; Copytype; Danie en Leandra Loubser; De Jagers; Die Huisvriend; Dirk van Schalkwyk; Dr Herold Truter - Bergrivier Dental; Drs Smit en Morrison; Droomland; Dunlop Zone Piketberg; Dup Meubels; Efficient; Fick Sementwerke; FMP IT Solutions Citrusdal; Fox Build it; Frikkie en Renielda Engelbrecht; Goedehoop Citrus; Groenvlei - Johan en Rita Bruwer; Hebron; Jacques en Miena Lambrechts; Jakkalskloof 4 x 4; Kaap Agri; Keya Skoonheidsalon; Kingsley Soft Drinks; Klein Tafelberg 4 x 4; Klem Coetzee; Lambrechts Bouers; Le Roux van Wyk Makelaars; Liebco Foods; Louw en Cronje; Malmesbury Toyota; MC Hanekom; Mengelmoeskardoes; Nexus; Nieuwedrift; Nulandis; Oregon & More; Oroagri; Overberg Agri; P & A Contractors; Paarl Sport; PC Tech; Perdeberg Motors Citrusdal; Perskepot Boutique; Petroport; Piekenierskloof Mountain Resort; Peertjies Liebenberg; Piket Clean; Piket Implemente; Piketberg Apteek; Piketberg Dierehospitaal; Piketberg Fisheries; PPC; Raimondi’s; RSA Makelaars; Salon Sanet; Scheppie Saus 4 x 4; Shoprite; Mountain Creek Spur; Stephan en Seun; Superspar Boland; TFFGSA; Van der Westhuizen Oogkundige; Willem Rossouw; Winkelshoek HR Solutions en Winkelshoek Wynkelders.

Foto’s: Rina Engelbrecht

MAAK ‘N VERSKIL IN ‘N KIND SE LEWE!

PIKETBERG SKOENBOKS PROJEK Vir slegs R160 kan jy ‘n kindjie borg met broodnodige skryfbehoeftes vir 2019. Tesame met ACVV en Badisa, het ons meer as 200 pleegkinders wat hulp benodig… jy kan ’n verskil maak! Kontak asb Elzanne Richter op 0721302936 vir inligting.


35

SUPERSPAR Boland het, danksy die ondersteuning van ons klante, die Unilever Sunlight Waspoeier kompetisie gewen! Daar is besluit om die prysgeld te verdeel en dat twee organisasies hierby sou baat. Daar het ‘n karnaval atmosfeer in die lug geheers toe die R50 000 oorhandig is aan Mother Pearl Kleuterskool en Huis AJ Liebenberg met R25 000 elk.


36

Gholfdag Steynville Sekondêr

Cadbury Ventersleepwa Kompetisie….die verrassing vir haak en pak kan dalk net vir jou wag! Piketberg Hoërskool Gholfdag


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.