Paarl Post Voice of Drakenstein • Stem van Drakenstein
Donderdag, 25 April 2013
Prys: R5.70 | Volume 108
Voorheen die Afrikaanse Patriot | Tel 021 870 4600 | SMS 32363 | www.paarlpost.co.za | paarlpost.mobi
Woman dies after being burnt 2
Ernst van Dyk veilig tuis
2
Bulletjierugby skadelik?
3
RUSH IN THE WINELANDS: Jennifer Rush (seated right), one of music’s most enduring figures, has landed on South Af rican shores for the first time. On Sunday she visited Paarl and enjoyed a wine tast ing at Spice Route on the foothills of Paarl Mountain. With her are Radio KC 107.7 FM presenters (back) Lynden Jafta and Franklin Huizies, and Chantel Lamberts (seated next to Jennifer). Radio KC grabbed the opportunity to broadcast a short interview with Jennifer. She will per form two concerts in Cape Town on 26 and 27 April at the Cape Town Conven tion Centre. Fans will remember this dy namic performer with her potent voice for such memorable hits as Power of Love, Ring of Ice, Madonna’s Eyes and Flames of Paradise, Never say Never, Ave Maria and Tears in the Rain. Jennifer is currently working on a new album, but is keeping mum on the subject. Her last album, Now is the Hour, was released in 2010. Tickets are available from Computicket and range from R480 to R670. For more informa tion, visit www.computicket.co.za.
Cancer survivor still running strong 12
PHOTO: DEVIDEAN MOSES
TIENERMA DOOD: MOORDENAARS GESOEK
Rivierlyk uitgeken DEVIDEAN MOSES
D
ie halfnaakte liggaam van Rudene Counter (17) is verlede Maandag deur haar ma, Bettie Counter, uitgeken. Rudene se lyk is vroeër vandeesmaand langs die Palmietrivier in Klein Nederburg gevind. Sy is verskeie kere met ’n mes gesteek. Rudene laat ook haar drie-maande-oue babaseuntjie, Eli-Tylor, na. Seuns het tydens die skoolvakansie by die rivier gespeel toe hulle op die gru-vonds afgekom het. Volgens ooggetuies het Rudene ’n swart kortbroek aangehad en was haar onderlyf met blare bedek. Die polisie het bevestig dat Rudene verskeie meswonde aan haar bolyf gehad het, maar het gerugte ontken dat sy ook verkrag is. Bettie vertel sy het haar dogter laas op
1 April gesien. Rudene het R100 gevra om haar verjaardag die volgende dag te vier. “Ek het nie geld gehad om vir haar te gee nie en sy is na haar pa, Pieter Counter, in Smartie Town. En dit was die heel laaste keer wat ek my dogter lewend gesien het,” vertel sy. Volgens Bettie was dit niks vreemds as Rudene ’n week lank van die huis by Magnolia-woonstelle weggebly het nie. Maar toe haar dogter twee weke sonder ’n woord wegbly, het Bettie bekommerd geraak en haar by haar pa in Smartie Town gaan soek. “Ek het toe stories gehoor van die lyk wat by die rivier gevind is en gehoop en gebid dit sal nie my kind wees nie.” ’n Vriend het haar aangeraai om na die Paarl-Oos-polisiekantoor te gaan om navraag te doen. Van daar is sy na die lykshuis, waar sy die liggaam uitgeken het. Haar lewe is onherroeplik verander toe sy haar kind se lyk
moes identifiseer. “Dit was die seerste oomblik wat ek al in my leeftyd beleef het,” vertel die hartseer Bettie. Eli-Tylor is nou in haar sorg. “Rudene se droom was om weer haar skoolloopbaan volgende kwartaal by Charleston Hill Sekondêre Skool voort te sit. Geen simpatie moet met haar moordenaars getoon word nie, hulle het my kind leed aangedoen.” Ao. Cliffie Walters het gesê ’n moordsaak word ondersoek en enigiemand met inligting word gevra om sers. Ernest November by 021 877 5900 te bel.
Bettie Counter, ma van Rudene (17) wie se halfnaakte lyk langs die Palmietrivier in PaarlOos gevind is. Magnolia Primêre Skool en die gemeenskap het onlangs ’n kranslegging by die plek gehou waar haar lyk gevind is.