Paarl Post 22 November 2012

Page 1

Paarl Post Voice of Drakenstein • Stem van Drakenstein

Donderdag, 22 November 2012

Prys: R5.50 | Volume 107

Brandslaggoffer sterf ‘n week ná brand bl. 2

Voorheen die Afrikaanse Patriot | Tel 021 870 4600 | SMS 32363 | www.paarlpost.com | Epos: edit@paarlpost

Talle vrae oor Boland­rugbybaas bl. 3

Bloedige moord by De Zoete Inval se stoorkamers bl. 4

Let’s Play Sportster 2012 aangewys bl. 28

WINDMEUL: ‘SOOS IETS UIT ’N HOLLYWOOD­FILM’

D agga­nes g evind Dagga­nes gevind FRANS LE ROUX

D

ie Paarl-polisie het ’n hoogs gesofistikeerde dagga-laboratorium ontdek toe hulle toegeslaan het op ’n spogplaas by Windmeul.

Kaptein Louise du Plessis staan hier by die 19 dagga­boompies wat onlangs op ’n plaas in Windmeul, Agter­Paarl gevind is.

FOTO’S: FRANS LE ROUX

Die polisie het inligting ontvang oor ongerymdhede op die plaas La Pierre teen die hange van Paarlberg. Hierdie plaas is eintlik bekend as ’n wingerd- en resiesperdstoetplaas. Toe die polisie op die plaas aangekom het, was die eienaars nie daar nie en moes die plaasbestuurder hulle vergesel tydens die ondersoek. Die plaas behoort na bewering aan ’n Hollandse burger. Gewapen met hul lasbrief, het die polisie begin om die perseel deeglik te ondersoek. Store en buitegeboue wat nie gesluit was nie, is deursoek. Twee deure binne een van die store was met groot slotte gesluit en die polisie moes dit oopknip. Wat die polisie agter die geslote deure ontdek het, het hulle asem weggeslaan. ’n Kwekery so gevorderd, dit laat jou dink aan iets uit ’n Hollywood-film! Binne die eerste vertrek is sakke gedroogde daggablare gevind wat gereed was vir verwerking en verspreiding. Die tweede vertrek is waar die polisie die eintlike hart van die kwekery gevind het. Volgens ’n bron was die laboratorium so gesofistikeer dat byna alles ten volle gemeganiseer was. Die vertrek is opgedeel in drie areas, naamlik die kwekery waar die plante gekweek is, ’n bewerkingsarea en ’n lessenaar waarvandaan sake noukeurig gekontroleer word. Die vertrek se mure is met silwer foelie toegeplak om optimale hitte vir die plante te verseker. Elk van die jong groeiende bome is netjies toegerus met sy eie temperatuur-regulerende lig. Die plante was in verskillende stadiums van groei en moes dus op spesifieke tye besproei word. Die besproeiingstelsel was outomaties en is beheer deur ’n skakelbord om te verseker dat elke daggaplant perfek groei. Spesiale

chemiese stowwe is met water gemeng om die groei van plante te bespoedig. Die polisie het ook genoem dat die daggakultivar onbekend was aan hulle, en deur ’n verdere ondersoek is vasgestel dat die daggasade ingevoer was. Beslag is gelê op so veel as vier verskillende soorte daggakultivars. Teen een van die mure binne die vertrek was ’n swart bord opgeplak waarop oestye, groei-fases en kultivars neergeskryf is. Die vertrek was so pynlik netjies dat die polisie nie een enkele daggapit op die vloer kon vind nie. Diegene na aan die ondersoek het gesê dat dit volgens hul medewete die mees gevorderde dwelm-laboratorium is wat tot dusver in dié omgewing oopgevlek is. Waaiers het verseker dat die reuk van die plantasie nie van ver af geruik kon word nie. Volgens plaaswerkers het die inwoners van die plaas gereeld dagga gebruik. Polisiewoordvoerder kapt. Louise du Plessis het gesê die verdagtes is nog nie amptelik aangekla nie en die saak word verder ondersoek. * A highly sophisticated dagga laboratory has been discovered on a farm in Windmeul.

La Pierre is die spogplaas in die Agter­ Paarl waar polisie onlangs ’n hoogs gevor­ derde dagga laboratorium ontdek het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.