3 minute read

OVK kondig rekordwinste tydens AJV aan

REKORDJAAR

OVK KONDIG REKORDWINSTE TYDENS AJV AAN

Advertisement

OVK het onlangs hul Algemene Jaarvergadering in Ladybrand gehou en die aandeelhouers kon weer sonder Covid-19 regulasies die vergadering bywoon. Die stygende insetkoste en die ineenstorting van die infrastruktuur is bespreek teen die agtergrond van ’n rekordwins wat behaal is.

“Die pandemie het die sukkelende Suid-Afrikaanse ekono mie hard getref. Die afgradering van SA se krediet gra de ring het ekonomiese herstel na die pandemie teen gewerk. Die verval van infrastruktuur skep ongelooflike uit dagings. Landbou maat skappye en georganiseerde land bou sal moet raad gee en wag hou oor fondse wat beskik baar gestel word om veral paaie te herstel. Waar die ver voer van graan in SuidAfrika hoofsaaklik op paaie plaas vind, is die belangrikheid van silo’s bevestig. In oestyd is die afhanklik heid van infra struktuurkapasiteit van so ’n aard dat die oes eers vir ’n tydperk geberg moet word. OVK het in die afge lope jaar wesenlike kapasiteitsuit brei ding by silo’s aange bring. Ons glo hierdeur word risiko ook vanaf die produsent verskuif.

Chris Bender, voorsitter van die OVK Groep se direksie, het in sy ope ningsrede gesê dit was ’n jaar van vele gebeur tenisse en veranderinge waartydens die land bouer moet funksioneer en nog steeds sukses behaal. “Die ou Afrikaan se gesegde van ‘in ’n oogwink’ het vir my ’n nuwe en relevante bete kenis gekry. Die geseg de is so beskrywend van hoe vinnig omgewings, situa sies en die alledaagse kan verander. Die besef van hoe vinnig dit ge beur, het vanjaar sterk na vore gekom. In so ’n ver an derende omgewing bly die uitdaging dat dit wat tans vasgelê word vir die toekoms, vrugte sal af werp en geleenthede skep. Groter uitdagings mag ook deur hedendaagse invloede geskep word. Chris Bender en Stéfan Oberholzer staan by Joey Evans, “Dakar Race” legende en motiveringspreker vir die dag.

Oom Chappie Ferreira en sy seun Robbie was van die aandeelhouers wat die vergadering bygewoon het. Oom Chappies was ’n direkteur van die Ladybrand Koöperasie van 1979 tot 1993 en direkteur en ondervoorsitter van OVK se direksie vanaf 1993 tot 1999.

“Hoofinsette in landbou is by prys vlakke wat die omvang van finan siering deur die dak laat skiet. Kuns mis pryse en die beskikbaarheid van voorraad is ’n probleem. Paniekaan kope word gedoen en die addisionele vraag na finansiering plaas druk op OVK se debiteureboek.

“Standvastigheid en stabiliteit bring in sulke tye normaliteit na die mark. Vir die aandeelhouers en kliënte van OVK bring hul ondersteuning van die maatskappy in sulke markomstandig hede standvastigheid. Dit gaan mee help dat suksesvol geproduseer kan word in die seisoen wat voorlê.”

Stéfan Oberholzer, besturende direk teur van die OVK Groep, het gesê dit was om verskeie redes ’n besondere jaar vir die OVK Groep. “Die afgelope jaar is ’n rekordomset en -wins behaal. Die regte aanstellings die afgelope tyd het meegebring dat van ons bedrywe wat gesukkel het, nou weer begin presteer.

Relatiewe goeie opbrengste en baie hoë produkpryse, wat ook die geval was ten opsigte van lewende hawe en vesel, het tot gevolg gehad dat die koopkrag van produsente wesenlik verbeter het. Die verbeterde koopkrag van ons produsente het veroorsaak dat die agterstalligheid van ons debiteure op rekordlae vlakke is. “Die OVK Groep het ’n wins van R282,47 miljoen voor belasting en voor R36,8 milj oen se lojaliteitskorting be haal, wat 29,96% beter is as die vorige jaar se R217,35 miljoen. Die OVK Groep se wins na belasting is 36,09% beter as die vorige jaar en dit is beslis iets om oor dank baar te wees.”

OVK het boere-aandeel houers in die 2021/22 finansiële jaar met R94 mil joen, in die vorm van divid ende en lojaliteits korting, vergoed. Dit is 44,6% meer as in 2020. Die lojaliteits voordeel het menige produsent ge help om die droogte te oorleef.

This article is from: