
8 minute read
Verandering bring vooruitgang
Hoe vinnig het die mens - dom aangepas by mas - kers dra in publieke plek - ke, sanitering, Covid-regulasies, isolasie, inperking, sosiale afstand en Zoom? Winkelsen - trums lyk soos ’n film wat in Hollywood geskiet word, en dit is reeds ons nuwe normaal. EA Price reken in ’n toespraak dat die skoolsisteem gedurende bykans ’n honderd jaar min of geen veranderinge getoon het nie. Vergelyk motors en telefone van ’n honderd jaar gelede met vandag se modelle en jy staan verstom oor hoeveel dit aangepas en verbeter het. Sedert die paar maande vanaf Maart 2020 het daar ook in die onderwysstelsel meer verande - ringe plaasgevind as geduren - de die hele voorafgaande eeu. Geen wonder opvoeders is oor - weldig nie. Geen wonder ouers is oorweldig nie. Sommige kin - ders is oorweldig. Veran dering is nie altyd vir almal maklik en gemaklik nie, maar dis nie noodwendig net negatief en sleg nie. Op sosiale media verdoem soveel mense tans die onderwysstelsel. Hulle staar hul blind teen die agterstand wat die kinders op akademiese vlak beleef en hoeveel werk van die kurrikulum verlore gegaan het. Bekommernisse word uitge - spreek oor ’n ingeperkte en ver - korte kurrikulum om net deur die jaar te kom. Ja, daar is sekere uitdagings. Maar kom ons kyk ook ’n bietjie na die positiewe kant en die voor deel wat die verandering vir ouers, opvoeders en kinders meege - bring het. Ons kan ons onge - lukkigheid oor hierdie land en die bestuur daarvan luid keels op Facebook uitstort, of ure lank knor en grom oor hoe swak die onderwysstelsel be stuur word. Dit gee jou in elk ge val net plooie en jou nega tiwiteit spoel direk oor na jou kind! Ons gaan ’n bietjie kyk na waar ons gewen het met hierdie pande - Vordering is onmoontlik sonder verandering. Verandering, selfs al is dit positief, kom altyd met die klein bietjie ongemak van groei. In die laaste paar maande, waar bykans die hele wêreld die impak van Covid-19 gevoel en beleef het, was die mens se vermoë om te verander en aan te pas seker een van die aspekte wat my die meeste gefassineer het. Sommiges reken dat intelligensie gedefinieer kan word as die mens se vermoë om te kan aanpas.
mie en die onder wys in SuidAfrika.
Advertisement
Unieke persoonlikhede Elke ouerpaar sal kopknik en saamstem dat kinders elkeen oor ’n unieke persoonlikheid beskik. Kinders reageer verskil - lend op die veranderinge wat gepaard gegaan het met Covid-19. Sommiges is mal oor die feit dat hulle tuis kan leer en huiswerk doen, op ’n tyd en teen ’n ritme wat vir hulle pas. Baie kinders voel veilig om by Mamma, wat hulle goed ver - staan en ken, te leer. Ander kin - ders mis die struktuur en orde van skool. Hulle wil nie by Mam - ma leer nie, maar eerder by Juffrou. Daar is konflik tussen ouers en kinders oor skoolwerk en tuisonderrig. Dit is belangrik dat ouers bewus is van hierdie aspekte of selfs ’n persoonlik - heidsontleding by ’n profes - sionele persoon laat doen, om presies te weet wat vir jou kind makliker gaan wees. Sekere persoonlikhede en/of brein - domi nan sies is gemakliker met verandering en geniet soms die nuwe manier van dink en doen. Ander verkies die ritme en versekering van voorspel baar - heid en roetine. “Nie-boksie-tipe” kinders wat nie mal was oor die tradisionale skoolsisteem nie, was baie opgewonde oor die nuwe manier van onderrig gedurende die pandemie en “skool” was skielik baie lekker! Ouers het tyd gehad om hulle kinders se persoonlikhede en behoeftes beter te ken en te identifiseer.
Meer keuses Seker die grootste voordeel tans, is dat ouers en kinders besef het daar is baie meer opsies vir onderrig as net die tradisio - nele skoolsisteem. Aansoeke vir tuisonderrig het die afgelope tyd met rasse skrede toege -

neem. Baie ouers wat al lankal tuisonderrig oorweeg het, het nou aansoek gedoen daarvoor. Dis egter baie belangrik om jou huiswerk te doen indien julle tuisonderrig oorweeg.
Neem kennis dat.. l jy ’n instansie moet kies wat lei ding gaan gee, aangesien tuis onderrig vereis dat die ouer verantwoordelikheid neem van die kurrikulum en assesserings; l ouers seker moet wees dat dit volhoubaar is en dat tuison derrig juis daargestel is sodat ouers die kind moet onderrig en bestuur in terme van akade miese vordering; l jy jou kind by die
Departement van
Onderwys moet deregistreer en vir tuisonderrig moet registreer; l
l ’n goeie kosteberaming oor leermateriaal en addisionele kostes vir eksamens gedoen moet word; en seker gemaak moet word van akkreditasie en matrikulasievrystelling voordat julle die besluit neem.
Aanlynonderrig (afstands onder - rig of grendelleer) is die nuwe manier van leer waarby baie ouers en leerders aanklank gevind het. Die skool is verant - woor delik vir die kurrikulum, vak - inhoud en assesserings. Werk word op verskeie platforms aan ouers gekommunikeer. Ouers bestuur hierdie proses vanaf die huis. Tans funksioneer die meeste skole deur middel van gedeeltelike afstandsonderrig en gedeeltelike onderrig by die skool met 50% bywoning soos bepaal deur Angie Motshekga, Minister van Basiese Onderwys.
Kenners reken dat onderrig nog tot diep in 2021 op hierdie wyse sal voortgaan.
Daar is ook bespiegel dat veral plattelandse skole dit moet oorweeg om hierdie opsie per - manent aan ouers te bied. Op so ’n manier kan ouers kinders by die skool inskryf en skoolgeld betaal, wat beteken dat leer - dergetalle by die skool toeneem.
Daar word gereken dat dit ook vir plattelandse skole wat nie ’n koshuis het nie, die geleent - heid sal bied om leerders in die omgewing te akkommodeer deur minimum kontaktyd en by woning vir assesserings en formele evaluasies. Afstands - onderrig kan dus as ’n voltydse opsie deur skole aangebied word.
Maak afstandsonderrig sukses - vol deur: l seker te maak jy en jou kind weet op watter platform die werk deurgegee word; l vertroud te wees met die platform wat die skool kies om te gebruik; l seker te maak julle het genoeg data en internettoegang; l met jou kind te bespreek watter tye van die dag aan skoolwerk afgestaan gaan word; l steeds ’n roetine tuis te behou, wat skoolwerk, buite speel en skermtyd insluit; l te sorg dat jou kind ’n vaste, ingerigte area het waar hy skoolwerk kan doen; l
l

seker te maak jou kind het die nodige skryfbehoeftes en boeke; en nie agter te raak met werk nie! Elke dag se werk moet afgehandel word.
Buigsaamheid Onderwysers moes in ’n rekord - tyd kurrikulums aanpas sodat dit digitaal aangebied kan word. Hulle was geforseer om ander metodes te vind om vir leerders werk te verduidelik en toeganklik te maak. Zoom, en ander platforms, wat nog redelik onbekend was tot voor Covid19, het ’n algemene konsep in huishoudings geword. Kinders het op Zoom skoolonderrig, dansklasse, Wiskunde ekstra - klasse en, glo dit of nie, selfs kooroefening gehad!
Onder wysers het vinnig geleer om via lewendige opnames te verdui delik en klas te gee; hulle het geleer om tuisvideo’s te maak van sekere konsepte en ontdek hoe om ouers weer be - trokke te maak by die leer proses.
Hierdeur is ’n arsenaal van alternatiewe leermetodes opge - bou en was opvoeders ge - dwing om meer van tegnologie gebruik te maak as ooit tevore. Tegnologie is ons toekoms en baie onderwysers was baie skepties, of nie vaardig genoeg, om tegnologie tot die leerders se voordeel te gebruik vir onder - rig en leer nie. Die pandemie het egter ’n versnelling hierin tot gevolg gehad, omdat onderwysers genoodsaak was om leerders en ouers te lei en te ondersteun. Elke onderwyser verdien applous! Ons het julle nodig gehad en julle het gewys wat gedoen kan word!
Ouerbetrokkenheid Seker een van die grootste voor - dele van tuisonderrig en aanlyn - onderrig of grendelleer, is dat ouers direk betrokke geraak het by hul kinders se leerervarings. Daar was ’n vlaag van oproepe van ouers wat skielik bewus ge - raak het van hul kind wat sukkel met lees en spel, konsentrasie en stilsit of taakvoltooiing.
werk en leerwerk plaasvind en kon tyd spandeer om moontlike leer hin dernisse te identifiseer en om hulp aan te klop. Baie ouers het tydens die inperking bewus geword van hulle kinders se angsvlakke wat te hoog is weens die veranderinge of druk van skoolwerk.
Aanlynleer, veral vir jonger leer - ders, betrek ouers by die onder - rig proses en ouers is baie meer op hoogte van die inhoud en strekking van hul kinders se skool werk.
Indien ’n ouer besef dat daar uitdagings is met leer, is dit belangrik om dit te identi fiseer en ’n professionele per soon se hulp in te roep sodat dit hanteer kan word.
Kyk uit vir enige gedrag wat mag aandui dat jou kind onder druk verkeer: l vinnige emosionele buie l ’n kind wat baie stil is l ’n kind wat gou geïrriteerd raak l maagpyn l hardlywigheid l swak slaaproetine of ‘n kind wat sukkel om af te skakel l eetlus word aangetas of knibbel heeltyd l vermy oogkontak l kla van moegheid Ouers moes toesien dat huis -
Covid-19 het ons beslis laat voel soos ’n skilpad in sy dop. The world went turtle. Maar met verandering kom daar ook voor - uitgang.

p Igna Kotze het ‘n privaat Mind Moves® praktyk wat bewe ging gebruik om neuro-ontwikkelings agterstande aan te spreek. Sy is opgelei in spelterapie en het eers as onderwyseres haar kennis met kinders en ontwikkeling gevestig. Sy het `n na graadse kwalifikasie in Psigo- Opvoedkunde en kan gekontak word op igna.duplessis@mindmoves.co.za
