3 minute read

Dieregesondheid in die somermaande

Dr Dedré Nel, bekende veearts in die Excelsiordistrik, gaan oor die volgende paar uitgawes die produsente inlig oor algemene diere - gesondheid en waarvoor om op die uitkyk te wees.

In hierdie uitgawe behandel sy kortliks die belangrikste siektes wat ons die laaste paar maan - de gesien het, gevolg deur voorkoming van die siektes wat in die volgende paar maande mag voorkom. Maak seker jy mis nie hierdie reeks artikels nie!

Advertisement

Beeste Drie-dae-stywesiekte was vir ’n geruime tyd nie ’n werklike probleem nie, wat tot gevolg ge had het dat inenting teen die siekte agterweë gebly het, met ernstige gevolge vir die jaar 2020. Gedurende die herfsmaande het ons talle uit - brekings in ons kuddes gesien, gevolg deur grootskaalse ver - liese.

Dragtigheids persentasies van kuddes is ook negatief geraak a.g.v. resorpsies veroorsaak deur die koors, wat ’n newe-effek van die virus is. Inenting teen die vi - rus moet in die vroeë somer - maande gedoen word.

Verlammingsbosluis was die afgelope seisoen volop. Laas - ge noemde kom veral in die maande Februarie tot April voor, maar daar was steeds gevalle in Mei aangeteken. Die bosluis kom normaalweg in koppies en rante voor en die spesifieke kampe moet nie tydens die gevaartydperk benut word nie.

Normaalweg is die verlamming meer algemeen in kleinvee en

Dr Dedré Nel

kalwers, maar die afgelope jaar is daar baie gevalle van vol - was se beeste aangeteken. Behandeling behels kortisoon (nie geskik vir dragtige diere nie) en Vit B. Dit is uiters belang - rik om ook die bosluise van die dier te verwyder. Verlammings - bosluis kan verwar word met drie-dae-stywesiekte. Raad pleeg u veearts vir die korrekte diag - nose.

Anaplasmose, beter bekend as bosluisgalsiek, het weereens die afgelope winter ernstige uitbre - kings tot gevolg gehad. Die bos - luisladings in ons beeskud des was hoog tot diep in die winter. Dit is egter nie die oplossing om beeste absoluut bosluisvry te hou nie, aangesien natuurlike weerstand so verlore gaan, maar streng bosluisbeheer is steeds nodig om ernstige ver - liese te voorkom. Die beste be - heer maatreël is inenting teen die siekte. In die meeste kuddes maak ons gebruik van ’n een - malige inenting in ons vervan - gingsverse. Dit is ’n lewendige bloedentstof en kan nie aan dragtige diere toegedien word nie.

Longontsteking is ’n algemene siekte wat jaarliks in die winter - maande asook vroeë lente gesien word. Die hoofoorsake is koue en stof. Die siekte kan suksesvol voorkom en tot ’n mi - ni mum beperk word deur inenting.

Sponssiekte kom algemeen voor in kalwers van 6 - 8 maan - de; dus speenkalwers. Dit is belang rik om ’n goeie inentings - program in plek te hê om ern - stige verliese te voorkom.

Gifplante wat ’n gevaar inhou vir die komende maande is spesifiek tulp en inkbos. Beide plante is reeds groen vanaf Julie. Tulp is volop in Augustus, maar diere bekend met die plant eet dit nie sommer nie. Beeste vreet inkbos agter die groen aan.

Met die dekseisoen om die draai, is dit belangrik om bulle nou reeds vir vrugbaarheid asook geslagsiektes te toets.

Skape Weens die nat seisoen was haar wurm ’n ernstige probleem in ons skape die afgelope paar maande. Daar is hoë besmet - tings aangeteken tot Julie. In 2019 is die eerste haarwurm - gevalle reeds in Augustus aan - geteken. Dit is raadsaam om mismonsters op ’n gereelde basis te neem om onnodige vrektes aan haarwurm te vermy. Verder word aanbeveel dat mismonsters 10 dae na dose - ring geneem word, om te verseker dat die doserings - middel wel effektief was.

Orf, beter bekend as vuilbek, is tans ’n probleem in ons area. Dit is ’n virus en hoogs aan - steeklik. Met die benutting van mielie - reste gedurende hierdie tyd van die jaar kan verliese a.g.v. suurpens voorkom.

Dit is belang rik om skape ge - leidelik aan te pas op mielie - lande (laat wei aanvanklik vir kort periodes).

Skeertyd het ook vir die meeste van ons boere aangebreek. Spuit ’n middel vir die voorko - ming van brandsiek tydens skeer, aangesien die siekte deur knippers oorgedra kan word.

Onthou die inenting teen blou - tong moet binne die volgende drie maande geskied.

Hiermee wens ek elke boer ’n voorspoedige somer toe.

This article is from: