
6 minute read
Waterskade in die NoordWes-Vrystaat
WATERSKADE
WATERSKADE IN DIE NOORDWES-VRYSTAAT
Advertisement
Na ‘n paar minute se sandpad, wat soos ‘n halfuur gevoel het, hou ek stil by die opstal op die plaas Verdeling. Vir iemand wat nie gewoond is aan Noord wes-Vrystaatplase nie, kon ek my verkyk aan die grootte van die lande wat my omring. Dit laat die OosVrystaatlande, weens die hellings en kontoerwalle in vergelyking soos my ouma se blokkieskombers lyk. Hier is ek nou in die hart van die mielieproduksie wêreld! Kyk na die hoeveelheid silo’s in Wesselsbron, en jy besef hierdie boere weet hoe om mielies te plant!
Hendrik en Erika Bester boer saam met hul seun Gerdus en sy vrou Heléne met mielies, koring, grond bone en sojabone op Verdeling. Hendrik het in Excelsior op die plaas Wonderboom grootgeword en na sy studies in Meganiese Ingenieurswese aan die Technikon en weermagopleiding het hy in 1990 by sy pa op Wonderboom aangesluit en met gewasse en beeste geboer. In 1997 het sy skoonpa gevra dat hy na Verdeling in Wesselsbron kom om uit te help. Die tydsberekening was perfek, want Hendrik se broer het pas sy studies voltooi en het by sy pa aangesluit.
Hendrik het nooit sy verbintenis met Excelsior verbreek nie, en hou steeds Drakensbergers daar aan as ‘n vertakking van hul boerdery. “Die mite oor swart beeste se sensitiwiteit vir hitte is stadig besig om te verander, en dit is nie net meer rooi wat tel nie,” sê Hendrik met ‘n glimlag. Beskikbare weiding in Wesselsbron is skaars en dit is hoekom hy hulle in Excelsior hou.
Gerdus is in Winburg gebore en het in 2011 in Bothaville gematrikuleer. Hy het sy B Sc-graad voltooi en het na ‘n jaar in Amerika in 2017 by sy pa aangesluit. Hulle deel die verantwoordelikhede op die plaas en dit gee Gerdus ook die geleentheid om voorsitter van die Mooiveld Boerevereniging te wees.
Die bakkie stoei deur die dik sand en die sandpad loop so reguit soos ‘n liniaal tussen die mielielande deur. Ons ken nie hierdie tipe sandgrond nie, en ek dink so in die stilte – welkom in Wesselsbron. Terwyl ek so teen die sand sukkel is dit geen wonder die reënwater kon nêrens heen afloop nie. Ons het gaan uitvind hoeveel skade hierdie gebied weens die groot hoeveelheid reën gely het.

Hendrik verduidelik dat hulle vanjaar uit “selfverdediging” sonneblom geplant het omdat hulle nie betyds in die lande kon kom om ander gewasse te plant nie. “Ons het sonneblom op die gestroopte koring lande geplant waar die vog so ‘n bietjie minder was. Ons stand is hoog maar die koppe word nie baie groot nie. Sonneblom is ‘n laaste uitweg.”
Mielies maak 70% en grondbone 20% van die aanplantings uit en vanjaar verteenwoordig sojabone en sonne blom die verskil. “Ons beplan om volgende jaar meer sojabone te plant weens die nat grond, maar ek weet nie hoe volhoubaar dit gaan wees nie, so ons is maar redelik versigtig. Die soja vaar vanjaar baie goed op die nat versuiplande want dit hanteer vog beter as ander gewasse.”
Gerdus is meer positief oor die herstel van die gewasse na die maand se son en hitte-eenhede. Die groot hoeveelheid reën gaan bykans 60% skade meebring, waarvan 20% totale verliese sal wees. “Ons vertrou die sojabone gaan effens vergoed vir die swak mielieoes. ‘n Maand gelede het ons nie gedink sekere lande gaan ‘n ton oplewer nie, maar nou begin dit meer positief lyk, alhoewel dit nog steeds heelwat ondergemiddeld gaan wees,” sê Gerdus.
Hendrik noem dat die grondboontjies op die oog af baie mooi lyk tot jy een uit die grond trek. “Die eerste drag het baie skade gely. Dit wil egter voorkom of die tweede drag beter gaan ontwikkel, maar dit is nog steeds baie swakker as vorige jare. Ons oes gewoonlik tussen 3 en 4 ton peule, terwyl ons vanjaar gelukkig sal wees om 1 tot 1,2 ton te kry.” Hendrik het ‘n gat in die grond tussen die grond boontjies gegrawe en daar is nog steeds modder op ‘n diepte van 30 –40cm.
Erika boer reeds die afgelope 10 jaar op haar eie met ‘n kommersiële Vleismerinokudde op ‘n semiintensiewe basis. Weens die beperking aan beskikbare natuurlike weiding word die hoeveelheid ooie beperk en gebruik sy Hendrik se mieliereste vir wintervoeding. Hulle het addisionele gemengde weidingsgewasse aange plant om die natuurlike weiding aan te vul. Hendrik vertel trots dat haar lambesetting 97% is. “Ek lam in hokkies onder die stoor se afdak wanneer Hendrik sy implemente wegtrek, en dit gee my baie vreugde om met klein lammertjies te werk in plaas daarvan dat hulle daar in die veld lam,” vertel Erika met ‘n glimlag in Hendrik se rigting.

Een van die nagevolge van die groot hoeveelheid reën is dat die mielies se wortelgroei baie vlak is omdat dit nie nodig was om vogtigheid onder die grond te gaan soek nie. Dit veroorsaak dat hulle baie sensitief kan wees en in stres gaan as daar nie gunstige omstandighede heers nie.
Die Besters boer sedert 1997 op Verdeling in die Wesselsbron omgewing. Links staan Gerdus en sy vrou Heléne wat verlede jaar getroud is, Hendrik en Erika, Handré, wat internasionale handel studeer en Sakkie,wat 2 jaar in Amerika was en nou op die naburige plaas werksaam is.

Oor uitdagings wil Hendrik nie veel sê nie, behalwe sy bekommernis oor hoë insetkoste en die politiek. “Die uit sprake wat gemaak word pla my, maar ons het geen ander keuse as om voort te boer in geloof nie en uit te brei nie. Arbeid word ook ‘n pro bleem aangesien daar geen geskool de arbeid beskikbaar is nie, en jong mense is nêrens te sien nie.
“Hierdie ramptoestand waarin ons onsself nou bevind, behoort deur die regering hanteer te word en die boere is veron derstel om ondersteuning te kry. Die skade is nie eisbaar onder die oes versekering nie en vele boere se kontantvloei en balansstaat gaan hierdeur geaffekteer word. Die onver moë van die regering toon hulle werklike gebrek aan erns oor voedsel sekuriteit.”
Dit is ooglopend hoe groot die skade op Verdeling is en ons kan aanvaar dat die hele omgewing se produsente hulle in dieselfde situasie bevind. Teen oestyd sal die finale syfers bekend wees maar dat dit ‘n sandpad tot dan is, is duidelik. Die boere is weereens op hulself aangewese om die verliese te verwerk, net om in staat te wees om volgende seisoen weer te plant. Voedselsekerheid word beslis ernstig hier in Wesselsbron opgeneem! Die sojabone is vanjaar die enigste ligpunt vir Hendrik en Gerdus. Dit wil voorkom asof hulle die water en vogtigheid die beste verwerk het. Hendrik beplan selfs om volgende jaar meer sojabone te plant.

Dit is wat gebeur as jy die verkeerde vraag aan ‘n boer vra....hy sleep jou summier van sy plaas af! Dit het darem nie gebeur nie - Hendrik moes handgee om tussen die los sand van die plaas te kom.


HANDELSNUUS
NUWE TAK OPEN IN WESSELSBRON


Die nuwe tak se personeel is Marcus Swart (Stoorbestuurder), Chireen Rossouw (Senior Takassistent), Elzeri Smit ( Admin), Jaco Scholtz (Takbestuurder), Monica Van Vollenhoven (Kassier) en Dawid Marais (Assistent Takbestuurder) OVK het in November sy 53ste tak in Wesselsbron geopen. Dit sal die 52ste in die platteland wees, met net Port Elizabeth in ‘n metropool. Dit het die bedieningsgebied vergroot en dienslewering is ‘n prioriteit.
Jaco Scholtz (Takbestuurder) sê die reaksie van die boeregemeenskap is baie positief en hulle verwelkom OVK se teenwoordigheid asook die voordele wat dit die omgewing bied. Die verbrui ker put weereens voordeel uit gesonde kompetisie en Jaco is opgewonde oor die vooruitsigte van die tak.

