5 minute read

Nuus uit die wol- en bokhaarkantoor

VESELNUUS

NUUS UIT DIE WOL-EN BOKHAARKANTOOR

Advertisement

Die bedryf was tot dusver in 2022 goed op dreef, ten spyte van verdere uitdagings rakende probleme met uitvoer van wol en bokhaar. Dit is veroorsaak deur wêreldwye skeepsvraghouertekorte en vragskepe wat onwillig is om Suid-Afrikaanse hawens te besoek laasgenoemde aangedryf deur die geweldige globale vraag na skeepsvervoer wat natuurlik aan skeepsvrag vervoerbesighede die geleentheid bied om te fokus op die mees winsgewende roetes. Onbeholpenheid van owerhede en gebrek aan kapasiteit van plaaslike hawens het ook ’n bydrae gelewer.

Bek-en-klouseer 2022 oorheers die wolmark DIe hernude uitbreking van bek-en-klouseer aan die begin van April vanjaar, tesame met ’n onmiddellike verbod op uitvoere van onverwerkte wol en bokhaar na China het die herstel van markte en pryse gestrem. Die effek is hoofsaaklik in die wolbedryf gevoel, aangesien bokhaar meestal die land verlaat in verwerkte vorm, waarop daar geen beletsel in terme van uitvoer is nie. Die afgelope paar jaar voer China tot 80% van die SuidAfrikaanse wolproduksie in, alles in onverwerkte formaat aangesien daar feitlik geen prosessering van wol meer in Suid Afrika gedoen word nie. Alhoewel wol steeds uitgevoer kan word na Europa en ander bestemmings, het hierdie markte beperkte kapasiteit en kan hoog stens sowat 30% van die Suid-Afrikaanse aanbod van wol akkommodeer. Hierdie situasie plaas natuurlik

Die veselbedryf was die afgelope paar jaar blootgestel aan besondere uitdagings: ’n bek-enklouseeruitbreking in 2019, Covid-19 in 2020/21 met pryse van wol en bokhaar wat met ongeveer 50% getuimel het en weer bek-enklouseer in 2022 met die gepaard gaande verbod op uitvoere na China. In die geheel gesien het OVK Vesel hierdie struikelblokke heel goed oorkom. Markte het begin herstel in 2021, met veral bokhaar wat heeljaar uitstekend vertoon het.

Artikel verskaf deur die OVK Veselafdeling

plaaslike kopers van wol onder geweldige druk, aangesien hul inkomste wesenlik verminder het.

OVK is deeglik bewus van die bedreiging wat hierdie situasie vir die bedryf inhou en speel ’n aktiewe rol om die industrie te ondersteun. Dit word gedoen deur verskeie maatreëls wat die maatskappy ingestel het om die uitwerking te versag, soos byvoorbeeld: l verlengde betaalterme aan kopers van wol. Die normale praktyk was dat kopers die wol gekoop op veilings binne 5 werksdae moes betaal, maar OVK het hierdie terme verander na 20 werksdae (rentevry). l betaling aan produsente binne 5 werksdae, ten spyte van die feit dat betaling van die kopers eers drie weke later ontvang word. OVK is die enigste makelaar wat in staat is om sy produsente op hierdie wyse te ondersteun. l gratis stoorspasie aan kopers sedert 1 April en wat in stand gehou sal word tot die verbod opgehef word. l voorskotte aan produsente op alle vesel reeds gelewer tot 80% van die waarde van die vesel.

Hierdie toegewings wat gemaak is, kom natuurlik teen ’n groot koste. OVK neem egter verantwoordelikheid en leiding en wil daardeur ook sy lojaliteit teenoor sy kliënte asook die breër bedryf beklemtoon.

Ten tyde van die skrywe van hierdie artikel was die verbod op uitvoere na China steeds van krag, met geen amptelike aanduiding van beëindiging nie. Cape Wools speel na mens die industrie ’n leidende rol om druk op die owe r hede in Suid Afrika uit te oefen ten einde ’n spoedige oplossing te vind. Die huidige verbod is inderdaad eintlik totaal onnodig, aangesien ’n protokol tydens die vorige uitbreking in 2019 met die Chinese owerhede onder handel en in plek gestel is en dan ook sedertdien deur die bedryf in Suid Afrika in stand gehou is. Hierdie bestaande protokol is totaal deur Chinese owerhede geïgnoreer met die huidige uitbreking van bek-en-klouseer. Hopelik beteken die reedsbestaande protokol dat daar hierdie keer tot ’n vinniger oplossing gekom kan word as in 2019.

Sybokhaar volstoom vorentoe! Aan die sybokhaarkant sit OVK sy uitstekende prestasie van die afgelope jaar voort. Sedert die aanvang van die winterbok haar seisoen op 17 Augustus 2021 tot op hede (20/05/2022) is daar 12 bok- haar veilings gehou.

OVK behaal die volgende prestasies op hierdie veilings: l OVK gemiddelde prys klop die veilinggemiddeld op 11 van die 12 veilings. Gemiddelde markindikator oor 12 veilings = R407 per kg. OVK gemiddelde prys oor 12 veilings =

R431 per kg; l OVK behaal die beste “bin” prys op 11 van die 12 veilings met ’n gemiddeld van R756 per kg; l OVK behaal die beste produsentebaalprys op 4 veilings met ’n gemiddeld van R860 per kg.

Dit is duidelik dat OVK uitsonderlike waarde bied vir sy sybokhaar pro dusente, veral met verwysing na die ongeveer 40% groei in OVK se sybok haarlewerings oor die afgelope paar maande! Ander nuus - Tegniese velddiens beamptes Vroeg in Mei vanjaar het OVK ’n saamtrek vir al sy tegniese velddiens beamptes van dwarsoor die land gehou. Ook die lewendehawe afdeling was hierby betrek.

Daar is heerlik gekuier en verhoudinge gebou tussen die manne gedurende die saamtrek wat oor twee dae by die veselkantore in Port Elizabeth gehou is. Die doel van die saamtrek was egter nie net dat die manne (en vroue) spangees bou en mekaar beter leer ken nie, maar ook om kennis oor te dra en uit te ruil. Dit is gedoen deur verskeie sprekers wat die nuutste inligting en tendense bespreek het.

Vagmeesters Die hoogtepunt van die saamtrek was die aanwys van die heel eerste Vagmeesters in OVK as deel van die nuutgestigte Vagmeestersgilde.

’n Vagmeester is ’n tegniese veld diensbeampte wat reeds vir vyf jaar voltyds in diens by OVK is en ook aan streng keuringsvereistes volgens prestasiestandaarde voldoen. So ’n persoon is iemand van onberispelike inbors en ’n voorbeeld vir sy medevelddiensbeamptes, asook ’n leier op sy vakgebied en in sy gemeenskap. Slegs beamptes wat die uiters hoë prestasiestandaard behaal, kwalifiseer om benoem te word as ’n Vag meester, en moet werklik ’n vakman op sy gebied wees.

OVK Vesel gee graag erkenning aan die besondere bydrae en prestasie van die volgende beamptes wat aangewys is as Vagmeesters (uitgesluit die Hoofbestuurder Vesel) vlnr: Marnitz Fourie (Senior Tegniese Velddiensbeampte De Aar), Francois Viljoen (Senior Tegniese Velddiensbeampte Richmond), Stephan van der Westhuizen (Senior Tegniese Velddiensbeampte Bredasdorp), Jacques le Roux (Hoofbestuurder: Vesel), Jaco Saaiman (Senior Tegniese Velddiensbeampte Frankfort), Stephen Lumsden (Senior Tegniese Velddiensbeampte Burgersdorp), John Melville (Veselverkrygingbestuurder Noordstreek) en Frans Hugo (Veselverkrygingbestuurder Suid- en Wes-Kaap).

This article is from: