4 minute read

Bek-en-klouseer bring uitdagings

KUDDEBESTUUR

BEK-ENKLOUSEER BRING UITDAGINGS

Advertisement

Beeste: Op dié stadium van die seisoen is winter weer ’n werklik heid. Dit is nou belangrik, indien nie reeds gedoen nie, om beeste te behandel teen inwendige sowel as uit wen dige parasiete. Dit word aanbeveel om ’n produk te gebruik wat effektief is teen die lewer- sowel as peervormige slak.

Laer speengewig, sowel as swak kondisietelling in koeie dui op die impak van die hoeveelheid reën op ons graskwaliteit (swak). In die lig hiervan is dit uiters be langrik dat die omskakeling van somer- na winterlek reeds gedoen moes gewees het.

Die koeie se kondisie moet ideaal wees om goeie melk en herbesetting in die komende kalf- en dekseisoen te verseker. Dit is ook belangrik om in aanmerking te neem dat die kwaliteit van besetting bepaal word deur die eiersel wat drie maande tevore gevorm is. Dit beteken byvoorbeeld dat jou koei se kondisie in Augustus bepalend gaan wees vir haar besetting in November.

Onthou dat geen ureumbevattende lekke op sojareste gegee kan word nie, aangesien dit tot ureumver gif tiging kan lei. Soja bevat ’n ensiem wat die omska keling van ureum na proteïen verhoed.

Gedurende die afgelope paar maande is hoër as normale reënvalsyfers aangeteken. Dit het bygedra tot talle uitdagings in die veebedryf. Om alles te kroon, toe word bek-en-klouseer weer opnuut ‘n probleem.

Dit is ’n goeie praktyk om koeie ’n maand voor kalftyd met ’n Clostridiale entstof te ent, wat dan goeie bies sal verse ker en sodoende die kalf teen siektes soos rooiderm, ens. sal beskerm.

Bulle moet vroegtydig getoets word vir die komende dek seisoen om genoegsame tyd te laat vir behandeling of vervanging van onvrugbare bulle of bulle met geslag siektes.

Skape: In die vorige uitgawe is haarwurm breedvoerig bespreek. In kort, stel vas of haarwurm steeds ’n probleem in die kudde is deur byvoorbeeld mismonsters te neem. Indien skape steeds nie skoon is nie, kan hulle weer gedoseer word. Aangesien goeie ryp reeds voorgekom het, behoort die skape nie weer besmet te word nie.

Bloutonginentings kan van Julie af gedoen word om te verseker dat daar genoegsame tyd is om al drie entings apart te kan toedien.

Vuilbek was en is tans steeds ’n probleem onder ons skape. Vuilbek is ’n virus; dus speel die immuunstelsel ’n belangrike rol in voorkoming sowel as genesing van die siekte. Sover was dit ’n moeilike skaapjaar. Dit het daartoe gelei dat ons skape se immuunstelsels nadelig geraak is en daarom is hulle meer vatbaar vir siektes soos vuilbek. Raadpleeg u veearts ten opsigte van behandeling.

Onthou, antibiotika genees nie virusse nie. in die geval van vuilbek kan antibiotika aanbeveel word, maar dit sal wees om sekondêre infeksie te voorkom as gevolg van die letsels wat voorkom met vuilbek. In ernstige uitbrekings kan u veearts ’n entstof spesifiek vir die plaas voorberei. Gee ook Multimin en vitamine om immuniteit te verbeter en so doende die dier se ligaam te help om die virus te veg.

Verder word oesreste nou benut. Pas diere geleidelik aan op soja- sowel as mieliereste. Wan neer van een land na ’n ander geskuif word, moet skape weer aangepas word. Die rede vir laasgenoemde is dat daar al vir ’n geruime tyd moontlik geen oorbly wende pitte op die land kon wees voor die verskuiwing nie en dan hou die groot hoeveelheid pitte op die nuwe land dieselfde gevaar in as wat aanvanklik die geval was.

Dit is ook belangrik om te weet dat voorkoming van suurpens op mielie reste verskil van voorkoming van opblaas op sojareste. Mielie- en sojareste verskil drasties en moet dienooreenkomstig benader word. Mielies is ’n hoë-energiebron, terwyl soja ’n hoëproteïenbron is. Verwys ook na die waarskuwing in verband met lek op sojareste wat onder beeste bespreek is.

Bek-en-klouseer Op die stadium is daar nie gevalle in ons area geïdentifiseer nie. Daar is egter steeds ’n risiko van besmetting, aangesien die oorsprong van die diere wat te koop aangebied word, nie altyd met sekerheid bepaal kan word nie.

Sekere voerkrale het maatreëls in plek om besmetting sover moontlik te voorkom. Ek doen ’n beroep op ons boere om hul samewerking in hierdie aangeleentheid te gee, want dit is tot ons almal se voordeel om te verhoed dat die siekte in ons voerkrale uit breek. Ons is almal afhanklik van die ekonomiese voordeel hiervan.

Indien beeste of skape ingekoop word, maak seker dit kom van ‘n be trou bare bron. Die siekte word geken merk deur letsels in die bekke en tussen die kloue. Die dier kan egter reeds die siekte onder lede hê en nog nie simptome wys nie. Dit is waarom dit belangrik is om bekend te wees met die oorsprong van beeste of skape wat ingekoop word en om seker te maak dat die diere van ’n be trou bare bron afkomstig is.

Mag dit ’n koue maar sonnige winter wees. Daarmee groet ek vir eers.

Dr Dedre Nel - Excelsior

This article is from: