3 minute read

Oos-Vrystaat juweel weer gewild

Next Article
Uit die Woord

Uit die Woord

Oos-Vrystaat

juweel weer gewild

Advertisement

So tussen die stomende lokomotiewe ontmoet ons vir Gert Nienaber wat in beheer is van die spoorlyn, trokke en lokomotiewe by Sandstone Estate. Na ons vorige besoek vyf jaar gelede gaan loer ons weer by hulle in om te hoor hoe die Covid-19 grendeltyd hul bedrywighede en besoekersgetalle daar beïnvloed het.

Die Estate is ‘n internasionaal bekende bewaringsjuweel wat spog met van werkende antieke trekkers en weermagtoe rusting tot stoomlokomotiewe wat da teer vanaf 1895. Met kersietyd word die gewilde Cherry Steam Festival deur honderde besoe kers vanuit Gauteng en die Vrystaat bygewoon.

Mariette Palmer is in beheer van die besoekers aan die Es tate en sê dat hierdie ‘n besige tyd is. “Verlede jaar kon ons weens die grendeltyd nie die Steam Festival aanbied nie, maar hierdie jaar is besprekings reeds vroeg gedoen. Die kam peer terrein, wat 100 mense kan huisves, is vol bespreek en dan het ons nog chalets waar 32 mense kan oornag.” Gert laat letterlik die wiele rol en sy liefde vir die lokomotiewe kom van jongs af. Sy oupa was ‘n stasiemeester en hy het as kind tot laat in die aand by die stasie gespeel. Later word hy ‘n p Gert Nienaber is al vanaf 2015 verantwoordelik om die trokke, lokomotiewe en spoorlyn by Sandstone in stand te hou. Alle onder dele vir die lokomotiewe wat vanaf 1895 dateer, word self by Sandstone

Estate vervaardig.

t Sandstone Estate is net buite Ficksburg geleë en bied verskeie feeste aan. Dit is ook gewild as ‘n trou”venue”. Die chalets kan 32 mense akkommodeer en die kampterrein tot 100 besoekers.

stoker en toe ‘n stoomloko mo tiefdrywer en -entoesias. “Ek is sedert 2015 hier werksaam en is verantwoordelik vir die 100 trein trokke, 33 lokomotiewe en 28 km spoorlyn wat onderhou moet word.”

Gert vertel dat die goedere trokke hoofsaaklik vir die skiet van rolprente en fotosessies ge bruik word. “Ons laai ou trek kers of weermagvoertuie op die trokke en dit dien dan as rek wisiete. Verder word die pas sasierstrokke gebruik vir toeriste en troues.”

Sandstone Estate het in 1995 sy bestaan gekry toe Wilfred Moll, ‘n veteraantrekker versa me laar, die plaas Hoekfontein gekoop het. Behalwe die mu seum, wat ‘n verstommende versameling van verskeie trek kers, weermagvoertuie en loko motiewe huisves, word ‘n ak tiewe boerdery tegelykertyd op 3 100 hektaar droëland bedryf.

Mariëtte verduidelik dat be soekers op staproetes of op be geleide toere deur die mu seum kan gaan, asook op ‘n ossewarit op ‘n wa wat deur Afrikaner beeste getrek word. Weermag voertuie soos die Ratel en Cass pir word ook ingespan om besoekers te vervoer. Oor lang na weke en met geleenthede soos die Cherry Steam Festival bedien ‘n klein restaurant ligte maaltye. Die amptelike Kersiefees word vanjaar nie weer in Ficksburg aangebied nie, maar privaat kersieplase bied hul eie feeste aan. Gert sê dat die Cherry Steam Festival al sedert 2004 be staan en elke jaar, behalwe verlede jaar, baie goed onder steun is deur besoekers van heinde en vêr. Die swak toe stand van toegangspaaie raak egter ‘n ernstige probleem, wat toeristegetalle negatief affekteer.

Mariëtte verduidelik dat veral oorsese besoekersgetalle weens Covid-19 drasties afgeneem het. “Hulle sien nie kans vir die twee weke se isolasie nie. “Ons hoop dat die inentings gaan help om die toerismebedryf weer aan die gang te kry.”

Sandstone Estate bly een van die interessantste museums en is definitief ‘n besoek werd wan neer jy weer in die Ficksburgomgewing is. Daar is werklik soveel om te sien dat dit vir elke belangstelling voorsiening maak...en wanneer laas het jy die geleentheid gehad om met ‘n egte stoomtrein te ry?

u Mariëtte Palmar is verantwoordelik vir die besoekers en vertrou dat die toerismebedryf na die pandemie weer op dreef sal kom. Sy staan hier by van die weermagtoerusting wat alles in ‘n werkende toestand is.

This article is from: