3 minute read

Oor die grensdraad

Grensdraad

gedagtes en nog meer

Advertisement

Francois Seymore Redakteur

Die donker Covid-19-wolke is weer besig om bo Suid-Afrika te versamel. ‘Die nuwe variant, Omikrom wat, einde November geïdentifiseer is, kan vinnig versprei en muteer. Die positiewe gevalle en dode tal styg ge leidelik en daar word reeds be spiegel oor ‘n strenger grendel tyd iewers oor die fees tydperk. Die drank industrie is hoogs bekommerd en die toe risme bedryf verkeer op ‘n mes punt.

Die sukkelende ekonomie het onlangs eers opwaartse mo men tum gekry, gedryf deur die landbou- en mynbousektore, maar ‘n nuwe grendeltyd gaan weereens honderde duisende werksgeleenthede in gevaar stel. Europa en Amerika is reeds vasgevang in ‘n vierde Covidvlaag en beperkinge word tans met gepaardgaande beto gings, ingestel

Die afgelope jaar se gebeure het baie vreugde, hartseer en veranderinge meegebring. Werks wyses is vir altyd verander en selfs die wyse waarop mense aankope doen sal nooit weer dieselfde wees nie. Wie sou kon dink dat telers ‘n spogbul kan aankoop sonder om eers die veiling by te woon, of dat ‘n boervrou kombuisitems met die druk van ‘n knoppie uit Jo hannesburg kan bestel?

Baie het hul werk en inkomste verloor, vele het familie en vrien de aan die dood afgestaan en sommige het vreugdevolle oomblikke met die geboorte van ‘n kind of twee mense se huweliksbevestiging beleef emosionele laagte- en hoogte punte in een kort jaar.

Ons het weer wyd gery om by ons produsente te gaan kuier en hul verhale aan ons lesers te bring. Die eerste afdraai is na die skilderagtige Drakens berge naby Barkly-Oos waar ons na die tweede oudste Sussex-stoet in die land gaan kyk en Geoff Orpen neem ons so ‘n bietjie terug in die geskiedenis van Avoca, die plaas en die stoet.

Ons besoek na vyf jaar weer een van die juwele van die Oos-Vrystaat waar die Sand stone-museum met antieke trekkers, militêre voertuie en loko motiewe gereedgemaak word vir die Cherry Steam Festival wat jaarliks saam met die Ker siefees aangebied word. Ons het gaan verneem hoe die Covid-19 grendelregulasies hul be drywighede daar beïnvloed het.

‘n Agt-en-twintigjarige jong vrou van Kroonstad boer heeltemal op haar eie met vleis- en wol merino’s. Ons gaan gesels met haar oor al haar uitdagings en hoe sy hulle oorkom. Op haar jong ouderdom is Trudine Leonard gereed vir die toekoms en het vele drome wat haar tot sukses gaan aanspoor.

Die droogte in die Oos-Kaap is effens verlig met die afgelope tyd se goeie reëns, maar die natuurlike veld gaan nog baie lank neem om te herstel. Ons het in Aberdeen en omgewing met ‘n paar boere gaan gesels oor hoe hulle die droogte kon oorkom en die hulp wat nog steeds benodig word om hul diere te voed.

Igna Kotze gee ouers raad om hul kinders te help om die verlies van ‘n oupa of ouma te hanteer. Ons was teenwoordig by die be kendstelling van die nuwe Fendt-trekkerreeks. OVK se top verskaffers het toeken nings ont vang en 192 spe lers het aan OVK se jaarlikse gholf dag deel geneem terwyl .

Dedré Nel gee raad aan die boere uit die hospitaalbed waar sy na ‘n operasie herstel en ons wens haar alle sterkte toe. Op die vrou af gaan kuier in Ficks burg en gesels met Michelle Britz wat volledige maaltye in haar kombuis vir haar kliënte voor berei.

Die meeste boere se saad vir die somergewasse is reeds in die grond en aan die groei terwyl ander besig is om koring te stroop. Dit is ‘n besige tyd op die plaas en ons is almal baie dankbaar vir die goeie neerslae oor ‘n wye gedeelte van die OVK bedieningsgebied.

Indien jy en jou gesin die geleentheid kry om ‘n bietjie vitamien “See” te kry, dalk iewers by vriende en familie gaan kuier of net heerlik by die huis gaan bly, maak hierdie feesgety ‘n besondere een. Ek weet dit klink afgesaag, maar ons moet elke spesiale oomblik laat tel, want ons weet nie hoeveel geleenthede ons nog gaan hê om tyd saam deur te bring nie. Wees lief vir die om jou, hou hulle veilig en bly op jou knieë. Ons gaan krag en baie genade nodig hê vir die jaar wat voorlê. Tot volgende keer.