
14 minute read
Seleksiedoelwitte om winsgewindheid te verhoog
seleksiedoelwitte om winsgewendheid te verhoog: geskryf deur Wicus Jacobs
Toepassing van seleksiedoelwitte om die winsgewendheid van wolskaapboerdery te verhoog - ’n SuidVrystaat perspektief
Advertisement
Die effektiwiteit van teeltpro gramme steun swaar op die be stuur van die raakvlakke en vloei van inligting tussen (1) die oorhoofse strategiese plan van ’n wolskaapboerdery en (2) die tipe produksiestelsel waarop besluit is. Verder stel die fisiese, ekonomiese en maat skaplike omgewing die para meters waarbinne boerderye opereer (Kluyts, J.F., Neser, F.W.C., & Bradfield. M.J., 2003). Die strategiese doel van die wol skaap boerdery bepaal ook die struktuur van ’n teeltprogram. Djemali & Wrigley (2000), maar veral Hammond, K. (1991), in die formulering van die soge naamde “Modern Breeding Approach”, wys daarop dat ’n doelmatige teelbeleid die volgende aspekte in ag behoort te neem: l Strategiese beplanning van die betrokke wolskaap boer dery l Ekonomiese faktore wat bydra tot die winsge wend heid van wolskaap boerdery; l Beperkende faktore van die fisiese en sosio-ekonomiese omgewing waarbinne ge pro du seer word l Produksiestelsel waarop be sluit word l Keuse van toepaslike se leksiemaatstawwe en die fenotipiese en genetiese parameters wat geld l Ontwerp van ’n teelprogram waarbinne die “beste” diere geselekteer en gepaar kan word.
Die doel van hierdie artikel is om eerstens die ekonomiese dry wers wat die winsgewend heid van wolskaapboerdery in die Suid-Vrystaat bepaal, in volgorde van belangrikheid uiteen te sit. Tweedens word die toepassing van teeltdoel witte uiteengesit. Derdens word die aanwending van die Dohne Merino seleksie-indeks in die Suid-Vrystaat gestel. Vierdens word die toepaslike gebruik van genetiese korrelasies binne die Dohne Merinoras aangespreek.
Ekonomiese drywers wat bydra tot die winsgewend heid van wolskaapboerdery Die maksimering van wins moet volgens Kluyts, et al. (2003) die doel van enige teeltprogram wees. Daarom moet ’n goed geformuleerde teeltbeleid eien skappe ver beter wat ekonomies voor delig is. Beide die inkomsteen uitgawekant moet dus ver reken word. Die relatiewe oor erflikheid van die geïden tifi seerde eienskap het ’n bedui dende invloed op hoe vinnig teeltvordering sal plaas vind.
Die bruto marge (BM) van ‘n wolskaap boer dery Volgens Louw (2017) word die bruto marge (BM) van ’n wol skaap boerdery bereken deur die volgende vergely king: Bruto produksie waarde (BPW) min direk allokeerbare ver ander like koste (DAVK). Die BPW van ’n lewende hawe vertakking is die to tale waarde van pro duksie van lewende haweprodukte plus kapi taal verandering van die lewendehawevertakking. Die BM van ‘n vertakking is die vertak king se BPW minus die direk allokeer bare verander like koste (DAVK).
Bruto Marge (BM) per hektaar: Relatiewe bydrae van wol en vleis Vir die wolskaapprodusent in die Suid-Vrystaat is die enigste twee inkomstebronne wol en vleis. Tabel 1 toon die wol/vleis inkomsteverhouding van die wolskaapstudiegroep in die Dewetsdorpomgewing. Hierdie resultate (Tabel 1) bevestig dat die produksie van vleis die belangrikste drywer is wat direk bydra tot ‘n gunstige BM. Repro duksie lewer ’n direkte bydrae tot die produkinkomste (wol) sowel as tot die handels inkomste (vee- en vleisver han deling). Reproduksie (lam% en speen%) is noodwendig die groot ste drywer van vleispro duksie per ha. Die studiegroep resultate bevestig terselfdertyd dat die hoogste BM gerealiseer word deur wolskaapkuddes met ’n vleis/wol inkomste van 80/20%. Geyer, A. (2009) beves tig die belangrikheid van vleis produksie uit ’n wolskaap boer dery en beklemtoon dat vleis produksie grootliks bepaal word deur die lam% en speen%. Die BM resultate van 38 produ sente, wat aan 12 studiegroepe lands wyd, deelneem lei tot die ge volg trekking dat: l produsente met die hoogste vleis/wol inkomstev erhou ding (8090%) die hoogste BM realiseer en produsente met die laagste vleis/wol inkomsteverhouding (4050%) die laagste BM reali s eer; l daar ’n 134% verskil in BM is tussen produsente wat 8090% vleisinkomste hand haaf teenoor die met ’n 4050% inkomsteverhouding; l die lae vleis/wol inkomste ver houdinggroep (40-50%) die direkte gevolg is van lae reproduksie en/of bestuurs probleme (omge wings fak tore); en l alhoe wel prys altyd ’n bepalende faktor in die ekonomie van wolskaap boer dery is, reproduksie in direk die inkomste bepaal. (Geyer, A., 2009)
Die bevindinge oor die Dewets dorp Studiegroep strook groot liks met dié van Geyer, A. (2009) naamlik dat reproduksie die belangrikste drywer van BM is.
Bydrae van wol per hektaar. Volgens Geyer, A., (2014), dra wol ± 30% by tot die handelsin komste van die Suid- Afrikaanse wolskaapboer. Om die mede dingendheid van wol op die internasionale mark te verseker, moet die wolprodusent nie toegee ten opsigte van die wolkwaliteit nie. Analises uit die studiegroepe bewys dat goeie gehalte wol beter pryse realiseer. McMaster (2000) stel dit dat veseldikte die belangrikste prysbepaler van wol per kilo gram is. Deur veseldikte te verlaag word die eenheids waarde van wol ver hoog met gevolglike hoër pryspremies per kilogram en hoër BM’s. Geyer (2014) meld dat wolproduksie die risiko van wolskaap pro duksie verlaag omrede wol en vleis vir verskil lende markte geproduseer word. Produksie van die regte hoeveelheid kwaliteitwol is dus die tweede drywer van ’n gun stige BM vir die wolskaap pro dusent.
Bestuur en beheer van DAVK van die wolskaapbedryfstak Die wolskaapprodusent verkeer in ’n finansiële kosteknyptang. Insetpryse neem oor tyd vinni ger toe as produkpryse. Die druk op die produsent om voort durend meer produktief te pro duseer, word dus verhoog. Geyer, A. (2007) dui in sy analise van nege studiegroepe aan dat die grootste DAVK items veevoer (42%), dieregesondheid (22%) en losarbeid (13%) is. Die veranderlike kosteverhouding (VKV) gee ’n aanduiding van die produktiwiteit van aanwen ding van veranderlike kosteitems en word uitgedruk volgens veranderlike koste (DAVK) as ’n persentasie van BPW. VKV beloop gemiddeld 15,64% vir hierdie studiegroepe en verskaf ’n aanduiding van doelmatige
Wol Table 1: Produksieinkomsteverhouding in die DeWetsdorpdistrik
Wolskape Dohne Merino
Vleis Wol
42% 58%
Bron: Studiegroepresultate: Grootfontein Agri Ekonomiese Adviesdiens (2008). Wolskape Bron: Studiegroepresultate: Grootfontein Agri Ekonomiese Adviesdiens (2008). Wolskape Bron: Studiegroepresultate: Grootfontein Agri Ekonomiese Adviesdiens (2008). 28% Vleis
Tabel 2: Wolproduksie- en reproduksiedata van deelnemers aan die Dewetsdorp Studiegroep gedurende die 2008 finansiële jaar
Gem wolprod/skaap
3,54kg
Gem wolprys/kg
Lam %
Speen % R26,52
86,21%
81,61%
72% Dohne Merino
4,03kg
R34,95
109,14%
Table 3: DAVK, per kilogram wol geproduseer en die bruto marge per ha. van die Dewetsdorp Studiegroep gedurende die 2008 finansiële jaar.
R/pg: DAVK BM/ha
R26,08 R172,00
101,21% Dohne Merino
R34,87 R374,33
voorraadbeheer en kontrole. Dit dui ook aan of die bestuur stelsel, wat inligting rondom voe dings programme, dieregesond heid en ander produksiepro gramme prosesseer, voldoende is.
Teeltdoelwitte Teeltdoelwit 1. Optimalisering van vleisproduksie per hektaar Seleksie vir reproduksie Reproduksie word gedefinieer as ’n funksie van vrugbaarheid en fekunditeit (laag oorerflik 10% - 30%), goeie moedereien skappe en lamoorlewing (laag oorerflik 10 - 15%) vir die doel van hierdie artikel. Die oorerf likheid van reproduksie is relatief laag aangesien omgewingsfaktore en bestuur die grootste ïnvloed hierop het. Die oorerf likheid van konsepsie met eerste siklus (medium hoog ± 15 20%) en meerlinge (medium hoog ± 20 - 25%) kan gebruik word om vir hoër reproduksie te selekteer (Delport, G.J., 2018).
Seleksie vir gehardheid en aanpasbaarheid Seleksie vir gehardheid en aanpasbaarheid is waarskynlik die mees onderskatte oogmerk in wolskaapboerdery. Aange paste diere verlang minder insette (DAVK) en is bevorderlik vir die verhoging van repro duk sie. Binne die Dohne Merinoras word WPP% (wolpro duksiepotensiaal) as indikator van aanpasbaarheid gebruik. WPP% is die gemiddelde skoonvag massa van die kudde uitgedruk as ’n persentasie van gemid delde 12 maande lig gaams massa. ’n WPP% van tussen 4% en 6% word as optimaal beskou (McMaster, 2000). Kuddes wat binne ’n WPP% van 4 - 6% val, presteer beter met hoër BM’s (McMaster, 2000). Vagmassa is medium oorerflik (29%) Delport, et al (1994) en verhoging van wolproduksie wat verhoudelik tot vleisproduksie meer voer vereis, verlaag BM en aanpas baarheid.
Seleksie vir lamgroei Lamgroei is die resultaat van die genetiese groeivermoë van die lam (WD speen direk) plus die genetiese vermoë van die ooi om lam/mers goed groot te maak (WM speen mater naal). Die maternale bydrae van die ooi sluit melkproduksie en moederseienskappe in. Lam groei is laag tot medium oorerflik (10 - 20%).
Seleksiemaatstawwe vir repro duksie: l Skot alle ooie uit wat nie ’n lam speen nie l Selekteer ooie wat in hul eerste siklus bevrug raak l Selekteer ooie wat twee lammers, teen boge middelde indekse, speen l Selekteer teelramme, met ’n voldoende skrotumom trek l Selekteer teelramme uit moederlyne met boge middelde reproduksie l Selekteer ooie met die hoogste moontlike ooiproduktiwiteitsindeks (OPI) l Moniteer WPP% en hou dit
binne die optimum van 4 6% Selekteer vir vroegryp, mediumgrootte diere met goeie kondisie regdeur die jaar Gebruik ramme uit jou omgewing en verkieslik groepteeltskemas
BLUP as hulpmiddel om vleisproduksie per hektaar te optimaliseer l Gebruik die voorspelde teel waarde (VTW) vir persentasie lammers gespeen per ooi gelam, aangedui as totale gewig gespeen (TWW) om direk vir ’n hoër speen% te selekteer. l VTW vir WD (speen direk) en WM (speen maternaal) moet in kombinasie beoordeel word. Volgens
Olivier, JJ (2018) moet WM nie uitermate verhoog word nie omrede dit die ooi se vermoë om die kondisietelling wat nodig is vir herbesetting te bereik, mag benadeel. Melkbeeste is ’n goeie voorbeeld hiervan. Melkkoeie lewer baie melk maar raak moeilik herbeset. l Die hoë positiewe korrelasie tussen 12 maande liggaamsgewig (LM) en gewig met eerste paring asook herbesetting na eerste lamming en bereiking van die verlangde kondisietelling, onderstreep die belang van seleksie vir liggaamsgewig. Hoër liggaamsgewig impliseer egter ook hoër onderhoudbehoeftes en daar moet gewaak word teen te hoë liggaamsgewig onder Suid-Vrystaatse veldtoestande.
Teeltdoelwit 2. Optimalisering van wolproduksie per hektaar Gebruik ramme en ooie met VTW vir skoonvagmassa (SVM) wat sal verseker dat hul nage slag aan die verlangde WPP% voldoen. Wees versigtig om stoetramme net op Algemene Meriete (AM) op ranglyste te selekteer. Ramme met hoë VTW vir SVM maar lae VTW vir LM en WD is waarskynlik nie dié wat maksimaal gaan bydra tot hoër Optimale prys per kilogram wol Veseldikte is negatief gekorre leerd met die treksterkte van die wol. Dit is dus vanself spre kend dat wolprodusente in die Suid-Vrystaat, met sy onge naak bare winters en periodieke droog tes, nie moet konsentreer op uitermatige fyn wol nie.
Seleksiemaatstawwe: l Selekteer vir visuele wolken merke insluitend kwaliteit, stapel lengte witkleur en kort verweer de tip l Selekteer teelramme met ’n medium veseldikte wol
BLUP as hulpmiddel om wolopbrengs per hektaar te optimaliseer l Gebruik die VTW vir SVM en
VD om vir die verlangde wolhoeveelheid en mikron te selekteer.
Teeltdoelwit 3. Die bestuur en beheer van DAVK van die wolskaapbedryfstak Wolskaapprodusente moet die interaksie tussen genotipe en omge wingsfaktore (G x E) ver staan ten einde op die beste diereproduksiestelsel te kan besluit en daarna diere te selekteer wat optimaal in die stelsel produseer. Die verskille tus sen vaars, soverre dit die genetiese doeltreffendheid van hul nageslag betref om in verskillende omgewings te pres teer, word toegeskryf aan G x E interaksies. Genetiese evaluasie van vaars en hulle nageslag in een enkele omgewing, verskaf nie ’n klinkklare antwoord oor hoe dieselfde diere se nageslag in ander omgewings sal pre steer nie.
In intensiewe produksiestelsels sal die ideale genotipe die diere wees wat die meeste produksie lewer teen maksimum energieinsette. Binne intensiewe produk sie stelsels is siektebeheer ’n al hoe groter uitdaging. Meer insette is nodig om siektes te beheer en om aan voedings behoeftes te voldoen met ’n ge volglik hoër DAVK wat weer druk plaas op die BM. Om dieselfde BM as onder semiintensiewe toestande met ‘n speen% van 90% te bereik moet ’n speen% van minstens 120% in ’n meer intensiewe produk siestelsel gerealiseer word (Jacobs, W. (2019).
Onder semi-intensiewe produk sie stelsels, soos wat in die SuidVrystaat voorkom, sal die opti male genotipe die diere wees wat matige hoë produksie lewer teen ietwat beperkte energie insette (Rashid, M.M., Hoque, M.A., Huque, K.S. & Bhuiyan, A.K.F.H., 2016).
G x E interaksie word weerspieël in die DAVK wat grootliks die uitgawekant verteenwoordig in die berekening van BM. Vir ’n verbetering van die BM is dit noodsaaklik dat die DAVK beheer en bestuur word. Die goedkoopste manier om DAVK te verlaag is om op ’n gepaste produksiestelsel te besluit en dan vir aangepaste diere vir daar die produksiestelsel te selekteer. Die duurste manier is om produksie te koop vir onaan gepaste diere.
Seleksiemaatstaf: Gebruik die Veranderlike Kos te verhouding (VKV) om te bepaal of daar teen die opti male punt geproduseer word.
Seleksie-indeks vir individuele diere binne ’n kudde Volgens Kluyts, et al (2003) kan ’n seleksie-indeks (SI) vir elke dier binne ’n spesifieke kudde bereken word. Diere word dan volgens hul SI in rangorde ge plaas en geselekteer. Die for mule vir die berekening van die SI is: SI = genetiese(ko)-va rian sie x fenotipiese (ko)-variansie x REW x Eienskaps prestasie. Waar: SI = seleksie indeks; gene tiese (ko)-variansie dui op ge ne tiese korrelasies en oorerfl ikheid; fenotipiese (ko)-variansie dui op fenotipiese korrelasies en verskille; REW = Relatiewe ekonomiese waarde; en Eien skaps prestasie = meting op die dier, bv. speenper sentasie.
’n Tipiese wolskaapboerdery in die Suid Vrystaat se diere se seleksie-indeks (SI) behoort wegingsfaktore te hê wat die klem elke kenmerk as volg stel: Wolproduksie (WPP%) 30%, Speenpersentasie 30%, Speen gewig 30% en Veseldikte 10%. Genetiese korrelasies binne die Dohne Merinoras Bradfield, M., (2016) beskryf ’n genetiese korrelasie as die mate waartoe seleksie vir een eien skap die ander eienskappe beinvloed. Statisties kan dit tussen +1,00 en - 1,00 wissel.
Swanepoel, J.W., (2006) bevind dat die genetiese korrelasie tussen LM en SVM binne die Dohne Merinoras laag is (0,050 ± 0,026) en seleksie vir hoër LM, sal nie SVM noemenswaardig verhoog nie. Volgens Swane poel, (2006) is daar ook ’n lae genetiese korrelasie tussen LM en VD. Dit beteken dat VD nie grootliks benadeel sal word indien vir hoër LM geselekteer word nie. Swanepoel, (2006) rapporteer wel ’n positiewe genetiese korrelasie tussen VD en SVM (0,139 ±0,021). Dit beteken dat seleksie vir hoër SVM, sonder inagneming van VD, tot ’n effense toename in veseldikte sal lei.
Die direkte genetiese korrelasies tussen LM, SVM en VD is positief en seleksie vir groter, swaarder wolskape sal veseldikte en skoon vagmassa effens verhoog. Daarom moet gewaak word dat WPP%, en aanpasbaarheid daaronder ly nie.
Volgens Delport, (2018) is die positiewe korrelasie tussen groeitempo van lammers en 12 maande liggaamsgewig hoër as 90%. Dit veroorsaak dat seleksie vir lammers wat vinnig groei, die 12 maande liggaams gewig verhoog. Hoë volwasse liggaamsgewig mag indirek weer aanpasbaarheid en BM affekteer.
Die speen maternale kompo nent van groeitempo is laag oorerflik (moontlik < 5%) en ook laag gekorreleerd met LM, SVM en VD. Met akkurate teelt waarde-evaluasie mag dit egter die moeite werd wees om dit in ’n teeltdoelwit in te sluit (Delport, 2018).
SAMEVATTING Verandering kan net met ingrepe deur mense teweeg gebring word. Die verbetering in die bruto marge van wol skaapboerderye is dus grootliks
in die hande van die mense wat by die teeltbedryf betrokke is. Mense, soos hul kuddes, beskik oor die nodige vermoëns en prestasies. Anders as skape, beskik mense oor verstand en intelligensie. Betrokkenes by die teeltbedryf kan deur deeglike formulering en implementering van teeldoelwitte die prestasie van wolskaapkuddes aansienlik verbeter. Sodoende kan ‘n by drae gelewer word tot hoër individuele bruto marges en ‘n meer produktiewe nasionale wolskaapbedryf.
Lys van afkortings AM Algemene Meriete BLUP Beste Liniêre Onsydige Voorspelling BM Bruto Marge BPW Bruto Produksiewaarde DAVK Direk Allokeerbare Veranderlike Koste G x E Genotipe versus Omgewingsinteraksie SI Seleksie Indeks LG Liggaamsgewig OPI Ooi Produktiwiteitsindeks RSA Republiek van SuidAfrika SVM TWW VD VK VKV
VTW WPP%
WD WM Relatiewe Ekonomiese waarde Skoonvagmassa Totale Massa Gespeen Veseldikte Veranderlike Koste Veranderde Kosteverhouding Voorspelde Teelwaarde Wolproduksie potensiaal Persentasie Speen Direk Speen maternaal
Bronnelys Bradfield, M. Veeteelt : Benut ge no mika so in vleisbedryf. Land bou weekblad, Vrydag 13 Mei 2016, p.46. Delport, G.P. & Botha, A.F. A genetic evaluation of the Dohne Merino breed in South Africa. 1994. Delport, K. Persoonlike mede deling. 2018, Dohne Merino Handleiding, 2010. Djemali, M & Wrigley, J. Tailo ring genetic improvement to meet the overall livestock development objective. Proc. 7th Wrld. Cong. Genct. Appl. Livest. Prod., Montpellier, France. 2000. Dr. J van den Berg. Glen. 1995. Fourie, A.J. Intensivering van wolskape in perspektief.Dohne Merino Joernaal. 2015. Geyer, A. The role of meat production in the wool sheep industry. Merino SA. The official Journal. 2009. Geyer, A. Merino economic overview for the past decade (2003 – 2013). Merino SA. The official Journal. 2014. Geyer, A. ‘n Oorsig van die Merino Studiegroepresultate. Merino SA. Die amptelike Joernaal. 2007. Hammond, K. Performance recording from ratios to BLUP. 1991. Jacobs, C. Persoonlike mededeling. 2010. Jacobs, W. Persoonlike berekeninge. 2019. Kluyts, J.F., Neser, F.W.C., & Bradfield. M.J. Development of breeding objectives for beef cattle breeding: Derivation of economic values. 2003 Louw, A., van Zyl, J., Kirsten, J.F., Blignaut, C., Coetzee, G and Geyser, M. 2017. Finance and Farm Management. 6th edition. McMaster, J.C. Prestasie toetsing van kleinvee. 2000 Olivier, B. Persoonlike mededeling. 2018. Osterhoff, D.R., Verklarende lys van genetiese en statistiese terme vir veekunde. 1983. Rashid, M.M., Hoque, M.A., Huque, K.S., & Bhuiyan, A.K.F.H. Genotype x Environment Interactions in Growth Performance of Brahman Crossbred Cattle in Bangladesh. 2016. Statistieke SA (2017). Studiegroepresultate. Grootfontein Agri Ekonomiese Adviesdiens. 2008. Swanepoel, J.W. A genetic evaluation of the Dohne Merino breed in South Africa. 2006. Van Niekerk, M., Neser, F.W.C., & van Wyk, J.B. (Co)variance components for growth traits in the Nguni cattle breed. 2004. Williams, J.L., Lukaszewicz, M., Bertrand, J.K., & Misztal, I, 2012. Genotype by region and season interactions on weaning weight.