
10 minute read
Vroueboer se stoet bereik groot hoogtes
Ons plaaskuier dien ‘n dub bele doel. Die eer ste is om met Grietha, wat die eerste vrou is wat vier jaar gelede tot die Raad van die Vleismerino Genootskap verkies is, te gesels oor haar skaapboerdery en die tweede is om meer uit te vind oor die ontwikkeling van veekompo nen te deur boere in plaas van die tradisionele graanverbouing in Noordwes weens klimaats veran dering.
Grietha is van mening dat boere wat uitsluitlik graanver bouing doen, ‘n baie onsekere toekoms tegemoetgaan. Die droër westelike streek, wat tradi sioneel veegebied is, is besig om weens klimaatverandering na die ooste en noord-ooste van Noord-Wes te vergroot. “Ons is besig om stadig weg te beweeg van die kommersiële gewassekomponent en plant alreeds 100 hektaar mielies net vir kuilvoer.”
Advertisement
Grietha het in Petit grootgeword. Sy is in 1993 met Louis getroud en het plaas toe gekom. Die boerdery het toe uitsluitlik uit ‘n gewassekomponent bestaan. Na ‘n tydperk van kinders groot maak en deeltydse werk as ver teen woordiger, het sy in 2004 besluit om betrokke te raak op die plaas en het op Louis se aandrang besluit om met skape te boer.
“Oom Jan Hattingh, destyds ‘n bekende in die Simmentalergeledere, het ook sy stem by gevoeg en my oortuig. Hy het ‘n stoet gehad en ek koop toe
uGrietha staan by die kampies waarin die ooie en hul pasgebore lammers vir
‘n paar dae gehou word vir maklike hantering en identifisering. Sy gebruik net vroulike arbeiders in haar skaapboerdery.
Die stofpad tussen die lande deur eindig op ‘n werf wat ‘n voorbeeld van netheid is. Waens staan in ‘n ry soos tenks wat gereed maak vir oorlog. Drade en hekke staan soos soldate op parade en al wat die lug steur is die gebulk van beeste en die geblêr van skape. Dit is die prentjie van die werfopstal van Grietha en Louis van Rensburg, op die plaas Taaibospan net buite Sannieshof. Sy boer met skape en hy met Bonsmaras en graan.
my eerste 60 ooitjies by hom. Ek het niks geweet van skaap boerdery nie en dit was verskiklik moeilik. Ek het begin lees en navorsing doen en raad van oom Jan gevra. Daar was nie destyds groepe op WhatsApp of Facebook nie en dit het gevoel of ek op ‘n eensame eiland is.
“Dit was ‘n baie moeilike leer skool en ek is hoeveel keer gesê: Moenie opgee nie, al gaan dit hoe swaar. Met verloop van tyd het dit beter begin gaan en het ek ontdek dat die skaap boerdery my liefde en passie is. Dinge het in plek begin val maar ek het nog glad nie die moont likheid van ‘n stoet oor weeg nie.”
Grietha het nie om spesifieke redes op die Vleismerino as ras besluit nie, en was maar deur Oom Jan gelei. “Ek het aange hou ooie en ramme by hom koop en die stoet so uitgebrei. In hier die tydperk, so 10 jaar gelede, het ek ‘n versoek van die Indiese gemeenskap gekry om lang - s tert lammers groot te maak om deel te wees van hul ‘Eid al Fitr of Festival of Breaking the Fast’ aan die einde van Ramadan.” Volgens Grietha mag die lam glad nie geskend word nie. Daar mag nie ‘n plaatjie in sy oor gesit word nie en die oor mag nie geknip word nie. Die skrotum moet behou word en hy moet ‘n lang stert hê. “Ons het aan die begin so 30 per jaar voor sien en nou is dit al 150 lam mers.

“Ek het besluit om ‘n ordentlike ram by my kommersiële ooie te sit en koop toe by ‘n veiling in Viljoenskroon ‘n stoetram en twee stoetooie. Ek wou nog steeds nie met ‘n stoet begin nie, maar het met hulle geteel en daar het verskriklike mooi skape uit hulle gekom. Oom Jan raai my toe aan om ‘n stoet te registreer, waarvan ek niks geweet het nie. Ek moes toe eers weer leer waaroor ‘n stoet gaan en dit was die geboorte van Amulet Vleismerinostoet in 2009.
Die riglyne vir ‘n Vleismerinostoet bepaal nie hoeveel ramme en ooie in die stoet moet wees nie, en sy kon toe met haar drie stoetramme, twee stoetooie en kommersiële ooie begin. “Ek het later nog 29 ooie en ‘n ram gekoop en stadig die stoet begin uitbrei. Ek het toe vir my eerste keuringskursus gegaan en die nuutgevonde kennis ‘n tyd lank prakties toegepas.”
Ses jaar gelede gebeur toe iets wat Grietha se lewe verander het. “Oom Jan het my kom vra om sy hele stoet oor te neem. p Grietha en Louis van
Rensburg is stelselmatig besig om hul gewasse boerdery na ‘n veeboerdery om te skakel. Die werf is ‘n voorbeeld van Louis se netheid wat ook op ander dele van die plaas weerspieël word.
Ek het nagte wakker gelê om uit te werk hoe ek hierdie 363 ooie wat op my pad gekom het, moet hanteer en waar ek die geld sou kry om vir hulle te betaal. Ek kon hulle akkom mo deer, want daar was genoeg krale, waterbakke ens.
“Ek vra toe vir oom Jan hoe ek hom gaan betaal, en hy sê toe dat ek ‘n veiling gaan hou! Hy noem toe dat ek sy ramme, wat nou by my is, op die veiling moet aanbied. Hulle moet net
geklas en gekeur word, maar daar is ten minste 30 tot 35 ramme wat reg is vir ‘n veiling. Met ‘n groot bemarkingveldtog word aangekondig dat ek oom Jan se ramme onder my vaan del aanbied. My eerste pro duksieveiling met ‘n ander man se skape,” lag sy.
“Ek moes heelwat van veilings leer, maar dit was toe baie suk sesvol en alles is verkoop. Die Genootskap skryf daarna ‘n groot artikel in hul joernaal oor die oorname van die stoet. Oom Jan skryf toe ook daar hoe hy my dopgehou het, en dat die sukses wat ek met die kommersiële kudde bereik het, hom oortuig het om sy geliefde diere in my sorg te plaas.”
Grietha het hierdie jaar haar sesde produksieveiling aange bied en bo-gemiddelde pryse vir haar ramme behaal. Die hoogste prys wat vir ‘n ram be taal is, was R18 000, met 39 ramme teen gemiddeld R13 679, en 14 ooie wat ‘n gemiddeld van R3 942 behaal het.
“Ek het in 2017 die eerste ram wat ek self geteel het, terug gehou en op my eie ooie gebruik en hulle gee onge looflike teelmateriaal. Dit is vir my verskriklik lekker om te sien hoe hierdie ram wat ek geteel het, uit my bloedlyne uit, so suk sesvol is. Hierdie jaar kon ek drie van my eie ramme terug hou.”
Grietha glo daaraan dat die natuur sy eie gang moet gaan en KI of spons glad nie. “As jy eers die natuur uit ‘n dier uithaal, begin jy later ‘n pieperige skaap teel en jy haal haar moeder eienskappe uit haar uit. Jy sê eint lik vir ‘n ooi wat nie ‘n moe der wil wees nie, dat sy een sal wees! Ek lam ook nie in ‘n lam skuur nie, maar in kleiner hokkies
u Louis en Grietha van
Rensburg boer sedert 1993 op Taaibospan buite
Sannieshof. Sy boer al vir 16 jaar met Vleismerino’s en hy met Bonsmaras. Grietha is die eerste vrou wat op die Raad van die
Vleismerino Genootskap dien. in een van my kampe naby die huis om makliker te merk en te weeg vir rekorddoeleindes.”
Sy kry baie drielinge wat dan vir sewe tot agt dae in die hok kies bly tot die ooi goed met die lammers gebind het en hulle goed melk drink. Van daar word hulle in ‘n groter kamp saam met die ander ooie en lammers gesit. Sy het met die vorige lamseisoen 28 drie linge gehad uit 168 ooie met ‘n lampersentasie van 187%!
“‘n Boer in Noord‑Wes wat nie ‘n veevertakking het nie, gaan dit nie maak nie.” Grietha van Rensburg
Grietha paar die ramme en ooie vir 35 dae en as ‘n ooi nie ge vat het nie, sal na haar ge skiedenis gekyk word en as dit byvoorbeeld ‘n jong ooi is, kry sy weer ‘n kans. Solank haar kon disie op standaard is, sal sy die volgende keer maklik vat. Hulle lam in middel November en middel Mei en ouer ooie wat vir geen rede nie vat nie, sal nie weer gebruik word nie.
Sy gebruik slegs vroulike arbei ders om met die skape te werk. “Vandat ek met hulle werk, gaan dinge baie beter. My vrek tes is minder en hulle het net ‘n ander oog. As ‘n lam blêr omdat sy honger is sal hulle haar help, waar ‘n man heel moontlik net verby sal stap.“
Daar is geen natuurlike weiding nie, en hul voer bestaan hoofs aaklik uit kuilvoer vir beide die beeste en skape. Hulle het ook klein kampies met soet sorghum (“sugar graze”) beplant as addisionele weiding en laat die diere op mieliereste wei. Hulle werk ook nou saam met ‘n voe ding kundige om die korrekte kuil voermengsels op die regte sta diums aan die onderskeie diere te gee.
Grietha se korttermyndoelwit is om haar kudde na 16 jaar se ondervinding te vergroot. “Ek sal graag nog so 300 ooie wil byvoeg. Die infrastruktuur sal dit kan hanteer en daar is niks wat ons kan terughou nie. Ek en Louis is beide besig om ons kuddes uit te brei. Tans sny ons slegs 45 hektaar kuilvoer en dit hou ons deur die hele winter op die getalle wat ons het. Ons kan maklik 5 of 10 hektaar bysny.”
Die verandering in klimaat en weersomstandighede speel ‘n groot rol in hul besluit om die kuddes te vergroot. “Ons nor male reënval is tussen 350 en 400 mm per jaar. Gedurende die laaste ses jaar se droogtes was daar bitter min neerslae en ons hoogste reënval in die ses jaar was 168 mm. Dit maak gewasseboerdery feitlik on moont lik. Ons het verlede jaar te laat geplant en dit was ‘n fout. Die plantvenster is daar om ‘n rede en jy kan nie later as 20 Januarie plant nie. Die opbrengs regverdig nie die insetkoste nie.”

Hulle is besig om stelselmatig, soos die kontantvloei dit toelaat, minder kommersieel mielies en sonneblom te plant. Hulle het al 50 hektaar omgeskakel na Bloubuffelgras omdat dit baie goed in hul omgewing aard en as alternatief by die kuilvoer gevoeg kan word. “Die soet sorghum plant ons al jare en as dit onder die skape uitgroei met goeie reën, dan kuil ons dit ook.”
Hulle plant ook nou meerjarige silk sorghum (Jaffa) as ‘n eks periment in van die kampe aan. Die beplanning is om al die kampe met meerjarige weiding te beplant om meer koste-effek tief te wees. Die “sugar graze”
u Grietha hou die ooie wat lam, in een van die kampe naby die woonhuis. Sy verduidelik aan Marisa
Vorster (OVK Hoof kantoor) hoe hulle gereed maak vir die lamproses.
ryp dood en moet jaarliks her plant word. Hulle reënval laat hulle nie toe om lusern te plant nie, en dit moet aangekoop word as bestanddeel van die kuilvoer.
“Kos bly ‘n skaapboer se groot ste uitdaging. Hier kom baie mense wat raad oor skaap boerdery vra, en my eerste vraag is: Watter kos het jy of watter kos kan jy produseer? Dit is maklik om 200 ooie te koop, maar nie so maklik om hulle gesond te voer nie. Besluit eers oor jou kos en hoeveel jy moet inkoop, en dan oor die getalle,” verduidelik Grietha.
Volgens haar is hulle nou redelik teen ‘n droogte verskans. “Ons gaan nog steeds ons mielies plant en ons kuilvoer sny. Ons pas vogbestuur toe by die plant van die gewasse. Deur slegs ‘n stand van 12 000 mielies per hektaar te plant, kan ons klaar 1,8 ton oes met die reën wat ons gehad het. Ons plant ‘n lang groeier omdat dit jou ‘n bietjie meer speling gee om kuilvoer te sny terwyl jy die ander lande stroop.” Ons gesels verder in Grietha se kombuis en wat ‘n mens opval, is die passievolle wyse waarop sy oor hul boerdery gesels. Die skaapboerdery is haar fokus en sy is altyd bereid om haar kennis wat sy oor 16 jaar opgedoen het, met ander te deel. Dit is duidelik dat sy en Louis reeds oor hul toekoms besluit het, en nie weer hul lot aan die klimaat oorlaat nie. Dat boer dery prak tyke in Noord-Wes ver an der, is geen twyfel nie. Waar oor ons wel kan twyfel, of daar vervang ingslande vir gewasse in die oos te ontwikkel kan word. Voed sel sekerheid kan dalk oor twintig jaar nie meer gewaar borg word nie!

