OVERdeBERG

Page 1

overdeberg2020@gmail.com

© OVERdeBERG Media (2021)

Jaargang 3 Uitgawe 105

In hierdie uitgawe...

Vrydag, 11 Maart 2022

Die waarde van taal in ‘n vreemde land

3

Skolenuus uit ons Overbergstreek

5

Schonberg, Schoonberg or Schoonenberg?

12

Lees binne...

Leeskring ‘ervaar’ Afrikaans Foto: Verskaf

Support small business

OVERdeBERG

1


2

Gesondheid is jou grootste rykdom

OVERdeBERG

Hoe lank gaan jy dan huis toe? Totdat jy weer heeltemal “bymekaar” is. Punt 3: Kry perspektief. Die Mayo kliniek sê jy kan daagliks jou patrone breek om huis toe te gaan. “Perspektief open die hekke van jou siel.” Dit gee ruimte vir kreatiwiteit. Jy kan die toekoms visualiseer. “Gebruik jou skat om jou doelwitte te bereik”. Soms moet jy iets byvoeg, soms moet jy iets verwyder. Punt 4: Nuwe perspektief op die lewe. Neem aksie. Dit is makliker om 'n bewegende voertuig van koers te verander as 'n stagnante een. Die aksies wat jy neem gee momentum. Afsluiting: Dr Pietersen se feite is gebaseer op 'n wetenskaplike basis tussen gesondheidskundiges. Syself spesialiseer in diabetes en gesondheidsgebaseerde onderwerpe. Sy sluit af met 'n frase uit Breyten Breytenbach se gedig:

Gesondheid is jou grootste rykdom! Daar moet harmonie en balans tussen jou liggaam, siel en gees wees. Hoe voed jy jou siel en gees om jou liggaam te dra en andersom? Die tema van is “Een lewe. Oorwin jou uitdagings.” Oorwin eerder as oorleef! Inspireer en bemagtig. Uitdagings gee hoop, maar probleme immobiliseer.

“Mag daar altyd 'n lig brand in jou huis Mag die paddas jou onthou Mag die appels aljaar soeter word en die druiwe prieel groener Mag jou vriende wyn saam bring vir die kuier Mag die huis wat jy betrek deurtrek bly van die geur van sederhout en malvablare Mag die walle van jou slote nie te gou inkalwe en ineen stort nie Sodat die water nog helderder daarin kan vloei Mag die sterre en die berg en die stilte Oor jou en jou gesin bly waak Nou en môre en môre se aand en elk van daardie dae se nag” Letty-Ann Möller

Getye/Tides Struisbaai: 9/3-15/3/2022

Punt 1: Leef in oorwinning. Fokus op hoop. Doen praktiese selfevaluasie. Mens is geneig om te fokus op dit waarin jy goed is. Uitdagings “tap jou energie.” Wat gemaak met langdurige angs? Wat gemaak met terugslae? Duik in! Kyk rond - sien die skatte om jou… jóú skatte wat jou help om jou angs te oorwin! Jou skatte is: • talente • vaardighede • passies • belangstellings Pas jou skatte toe om jou uitdagings te oorwin. Punt 2: Wanneer laas was jy by jou innerlike huis/tuiste/ daar waar jy veilig voel? Dis belangrik om gereeld huis toe te gaan. Omarm jou een lewe. Die Nederlanders sê “jy hardloop langs jouself” as jy nie in kontak is met jouself nie, ongelukkig is of depressief raak. “Jy moet in een stuk wees". Daar moet harmonie tussen jou liggaam, siel en gees wees om te oorwin. 2

Indien jy nuus of foto’s uit jou deel van die Overberg weekliks gepubliseer wil hê in volkleur en aanlyn, kan jy ons kontak by: overdeberg2020@gmail.com *Berigte in WORD-format * Foto’s in JPEG-, BMP- of PNG-formaat OVERdeBERG


OVERdeBERG

3

Die waarde van taal in ‘n vreemde land Marie van Zyl As jy die dag in ‘n vreemde land beland waarvan die kultuur, taal, godsdiens, mense, strate, kosse, als vreemd is dan weet jy jy staan voor ‘n groot uitdaging. Ek staan in Reguitstraat, Damskus, Sirië. As klein dogtertjie van 6 jaar oud, leer jy in die Sondagskool van Bethlehem, Nasaret, Jerusalem, Israel, Egipte en al die Bybelse lande. Op daardie ouderdom klink dit vir jou baie ver en soms het ek geglo dat dit nie meer bestaan nie, want dis darem te lank gelede. Ek het nooit kon dink dat ek Paulus, Judas en Ananias se stad sou besoek nie.

Dasmaskus is die oudste deurlopende stad in die wêreld. Die ou stad het 7 hekke (ingange) en is ook as ‘n Unesco Wêreld Erfinisgebied verklaar. Een van die hekke is vernoem na Paulus (so is dit aan my oorgedra) en dit is daar waar Paulus oor die muur in ‘n mandjie laat sak is om te ontsnap. As ‘n mens inkom by die Paulushek, is jy in Reguitstraat. Judas het in Reguitstraat gewoon en dit is waarheen Paulus (nadat die skille van sy oë afgeval het) in opdrag van die Here, moes gaan. Ananias, wat aan die oostekant van Reguistraat gewoon het, moes dan vir Paulus daar gaan ontmoet.

Een van die oudste Christenkerke is die Kerk van Ananias. Dit was eers sy huis, maar is later omskep in ‘n kerk. Dit is ook in hierdie kerk waar Paulus gedoop is. Die kerk is nie meer sigbaar van die straat af nie. Deur al die oorloë, het mense net die rommel gelyk gemaak en weer daarop gebou. Maar die Kerk van Ananias het behoue gebly. Deesdae gaan ‘n mens met trappies af om in die kerkgebou te kom. Dis ‘n pragtige klein kerkie van klip en pragtige hout kerkbanke. Dit is ook blykbaar nog in gebruik. Na die besoek aan die kerk en al die winkeltjies, ens. in Reguitstraat, het ek glad nie meer so vreemd gevoel nie, daar was tog iets waarmee ek kon identifiseer! Maar die taal was ‘n groot probleem. Arabies is die hooftaal met Engels en Frans heel laaste op die lys van tale. Vervolg op bladsy 4 OVERdeBERG

3


4

OVERdeBERG

Die waarde van taal in ‘n vreemde land Vervolg van bladsy 3 Ek het baie gou besef dat ek die taal moes begin aanleer, al kon ek darem net die belangrikste woorde leer om oor die weg te kom. Die heel eerste woorde wat ek in Arabies geleer het, was die geldeenheid en hoe dit werk. Ek wou darem net weet hoeveel die goed daar kos. Die kos is baie bekostigbaar en die mense eet ook baie gesond (hul eet baie groente en maak dit baie verskillend as ons gaar). Die volgende paar woorde was die rigting, die groet en wat ‘n skool in Arabies is.

Die ou Damaskus is opgedeel in souks (suqs) waar jy als moet soek wat jy nodig het. Jy kry dan ook ‘n goud souk, ‘n spesery souk, ‘n materiaal souk, ‘n seep souk, ens. So gebeur dit toe dat ek eendag kremetart benodig; hoekom en waarom weet ek tot vandag toe nie. Ek is toe na die spesery souk. Nadat ek nou al by heelwat speserywinkeltjies gevra het, beland ek toe by so ‘n baie klein winkeltjie, dis eintlik net ‘n gangetjie en daar is net plek vir een persoon. Ek vra toe in my beste Engels en my beste gebaretaal vir “Cream of Tartar”. Sodra hul die woord “cream” hoor dan verwys hul jou na ‘n ander winkel. Die man probeer toe in Arabies vir my verduidelik waar ek “cream” kan kry toe sê ek maar vir hom in Afrikaans: “Baie dankie, maar ek dink nie ek gaan hier regkom met kremetart nie”. Net toe ek by dié winkeltjie se deur uitstap, sê ‘n vrou vir my in Afrikaans: “Ek sien jy sukkel met die taal”. Ek juig, want hier, in ou Damaskus, is voorwaar iemand wat Afrikaans kan praat. Sy sê toe dat sy baie haastig is, maar as ek belangstel dan kan ons die aand na die Kerssangdiens gaan en daarna kan die kinders gaan hokkie speel. Sy krabbel toe baie vinnig haar telefoonnomeer op ‘n stukkie papier en sê dat ek haar moet skakel vir al die aanwysings en tye. En daar gaan ‘n hele nuwe wêreld vir my oop. Ek moet toe baie mense diê aand by die kerk en ons praat heerlik Engels. Die paar Arabiese woorde wat ek intussen baasgeraak het, het my toe baie handig te pas gekom. Ek moes eendag toe ook na ‘n vriendin se huis gaan. Die taxibestuurder kon net Arabies praat. Met net 3 Arabiese woorde, het hy my tot by my vriendin se huis geneem. En so bring die taal vreemdes bymekaar in ‘n vreemde land.

4

OVERdeBERG


OVERdeBERG

Skolenuus

5

Stuur gerus jou skool se nuus en foto’s aan ons vir weeklikse en volkleurpublikasie aanlyn. E-pos: overdeberg2020@gmail.com

Laerskool Bredasdorp se Daniel Fourie (Graad 6), het die afgelope naweek aan twee toernooie gaan deelneem in ‘n bitter warm Paarl. Die eerste toernooi was die Kavaliers Wilsontoernooi in Paarl op Saterdag, 26 Februarie, waar hy ‘n algehele 5de plek gekry het (1ste in die goue plaat), in die O/12A-groep. Op Sondag, 27 Februarie neem hy weer deel aan die WP Wilsontoernooi waar hy 3de gekom het in O/12A-groep. Foto: Laerskool Bredasdorp/FB

OVERdeBERG

So word daar heerlik toutrek afgerig by die Laerskool Buffeljagsrivier! Foto: Laerskool Buffeljagsrivier/FB

5


6

OVERdeBERG

Skolenuus

'n Baie trotse atletiekhoof van die Hoërskool Overberg saam met 5 Boland-atlete: Skye Goliath, Lorenzo Kroutz, Me Annamari Burger, Urlin Benjamin, Ashlee Wessels en Slade Jacobs. Foto: Hoërskool Overberg/FB

Die dogters by Hoërskool Overberg staan vir niks terug nie. Hulle floreer op die krieketveld en geniet ook die geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer. Onder leiding van Eleanore de Bruyn (afrigter) en Juffrou Monique Barnard, sien die dogters uit na ‘n baie blink kriekettoekoms. Foto’s: Hoërskool Overberg/FB

Baie geluk aan mnr. Pieter Burger met die aanstelling as die WKOD Departementshoof by Hoërskool Overberg met ingang van 1 April 2022. Foto: Hoërskool Overberg/FB

Hartlik geluk aan die volgende atlete van die Hoërskool Hermanus met hulle insluiting in die Bolandspan. Op die foto v.l.n.r. is dit Kayla Smith (800m), Stefan Stieger (800m), Chante Roux (3000m), Kelly Oelofse (Driesprong) en Karli-Mari Geldenhuys (Spiesgooi). Foto: Hoërskool Hermanus/FB Stuur gerus jou skool se nuus en foto’s aan ons vir weeklikse en volkleurpublikasie aanlyn. E-pos: overdeberg2020@gmail.com 6

OVERdeBERG


OVERdeBERG

7

Kombuiskuier

Turksvykonfyt Bestanddele: 1 kg turksvye 1 liter water 750 g suiker sap en skil van 1 suurlemoen 2 steranys Metode:

Skil die turksvye. Laat dit staan tot dit winddroog is. Dit is belangrik. Meng die water, suiker, steranys en suurlemoensap sap saam. Verhit dit stadig in ‘n kastrol tot al die suiker ge-smelt is. Roer gereeld om seker te maak dat die suiker gesmelt is. Kook die mengsel vir 20 tot 30 minute oor hoë hitte om ‘n stroop te vorm. Voeg die turksvye en suurlemoenskil stadig by die kokende stroopmengsel tot hulle deurskynend gekook is. Moenie te veel roer en lol met die turksvye nie, want jy wil nie hê dit moet breek nie. Roer stadig en versigtig. Sorg dat al die turksvye kans kry om goed in die stroop te swem. Bottel dadelik in gesteriliseerde flesse. Foto’s & resepte: RSG Resepte

Gevulde botterskorsie Bestanddele: 4 botterskorsies (in die lengte gehalveer) olie 1 ui (gekap) 4 knoffelhuisies (gekneus) 1 pakkie gesnyde sampioene 500 g gemaalde beesvleis 5 ml gemengde kruie 1 blikkie gekapte tamatie sout en peper na smaak Cheddarkaas (gerasper)

Metode: Verhit die oond tot 180°C. Braai die ui, sampioene en knoffel in olie tot gaar. Roer gereeld. Voeg die maalvleis en gemengde kruie by, en verbruin dit. Meng die tamatie goed deur. Geur met braaivleisspeserye. Skep die vleismengsel in die uitgeholde botterskorsie, en plaas dit op ‘n bakplaat. Strooi die gerasperde Cheddarkaas oor die hele botterskorsie. Bak dit vir ongeveer 40 – 45 minute tot botterskorsie sag is. OVERdeBERG

7


8

OVERdeBERG

Skolenuus

BD’s Rugby Gesinsaand

Hoërskool Bredasdorp se Fayanette Kruger het op die 6de Maart, in die Suid-Boland krieketspan teen NoordBoland gespeel. Suid-Boland kolf eerste en teken 102 lopies aan. Hulle haal Noord-Boland vir 61 lopies uit. Fayanette neem 1 paaltjie in 3 beurte vir 13 lopies. Foto: Hoërskool Bredasdorp/FB

BD's rugby se jaarlikse gesinsaand het plaasgevind op die 4de Maart en dit was 'n groot sukses. Corne Uys, oud-BD en huidiglik Paul Roos se Direkteur van Rugby, het opgetree as gasspreker en soos gewoonlik het hy weer oud en jonk se harte aangeraak. Corne het ook die oorhandiging van die afrigters se baadjies hanteer en dit was 'n groot voorreg vir die afrigters. ‘n Baie groot dankie aan Corne vir sy positiewe ingesteldheid teenoor die BD's. Jou lojaliteit is 'n ongelooflike voorbeeld vir ons afrigters en spelers. Foto’s: Hoërskool Bredasdorp/FB

Stuur gerus jou skool se nuus en foto’s aan ons vir weeklikse en volkleurpublikasie aanlyn. E-pos: overdeberg2020@gmail.com 8

Hoërskool Bredasdorp se 1ste span het verlede Saterdag teen Paul Roos Gimnasium te staan gekom. Die BD's het met 41-9 verloor. Brian Vermeulen het die 9 punte aangeteken. Foto’s: Hoërskool Bredasdorp/FB OVERdeBERG


OVERdeBERG

9

Skolenuus

Geluk aan al die Suid-Boland atlete van Laerskool Bredasdorp wat hierdie afgelope naweek by Dal Josaphat stadion in die Paarl deelgeneem het. Ons atlete het puik prestasies gelewer. Baie geluk aan Nicholis Fourie wat in gewigstoot 'n mooi afstand van 9.40 meter gestoot het. Hierdie prestasie het aan hom 'n 2de posisie (silwer medalje) by die byeenkoms opgelewer. Nicholis neem komende Saterdag, 12 Maart deel aan die WesKaap byeenkoms wat weer in die Paarl aangebied sal word. Foto: Laerskool Bredasdorp/FB

Gebeur daar iets in jou deel van die Overberg wat jy graag met ander wil deel? Stuur jou nuus en foto’s aan ons vir volkleur publikasie… weekliks en aanlyn. Kontak ons per e-pos by: overdeberg2020@gmail.com Alle berigte moet in WORD-formaat aangeheg word en foto’s in JPEG– of PNG–formaat.

Lekker toutrekkompetisie die afgelope naweek. Laerskool Buffeljagsrivier het uitstekend gevaar in die Overberg/Eden kompetisie en goue medaljes gewen in die volgende gewigsklasse: 230kg, 280kg, 320kg en 360kg. Foto: Laerskool Buffeljagsrivier/FB Stuur gerus jou skool se nuus en foto’s aan ons vir weeklikse en volkleurpublikasie aanlyn. E-pos: overdeberg2020@gmail.com OVERdeBERG

Zané Myburgh en Anzia Coetzee, beide graad 8leerders van Hoërskool Bredasdorp, het verlede naweek aan die 2022 Winelands Gromp Competion in die Strand deelgeneem. Zané het 'n 4de plek behaal en Anzia 'n 5de plek vanuit die groep van 7 dogters wat in die O/14 dogters-afdeling deelgeneem het. Foto: Hoërskool Bredasdorp/FB 9


10

OVERdeBERG

Bredasdorp Leeskring se uitstappie na die Welverdiend biblioteek Letty-Ann Möller Cari Lötter, van die Bredasdorp Leeskring het op 8 Maart 2022, soos ‘n ander leeskringlid dit stel, “ons in die oë gesit” met haar deeglike navorsing oor die onstaan van die Afrikaanse Taal. Die personeel van Welverdiend Biblioteek op Bredasdorp het ‘n aanskoulike uitstalling oor die onderwerp gemaak en teegoed reggesit in die lesinglokaal waar die Leeskring deur Me. Lötter toegespreek is. Wie sou kon raai dat Oom Lokomotief met die dood gedreig is omdat hy in Afrikaans geskryf het? Of dat Hertzog in 1960 gedreig het om te bedank as hoofleier van die Nasionale Party as hy gedwing sou word om Afrikaans te gebruik? Of dat die boere so verknog was aan die ou Hollandse Statebybel dat hulle vasgeskop het teen die vertaling van die Bybel in Afrikaans? Die eerste Afrikaanse Bybel het eers in 1933 verskyn?

V.l.n.r. is Godwyn Watermeyer, Lilian Newman en Diane Kabawa van Welverdiend biblioteek wat hulle deure oop gestel het vir die Leeskring. Hulle het die uitstalling saamgestel. Foto: Letty-Ann Möller

het die Kaapse Koi Koi reeds kontak gehad met NederCari het die basiese elemente van die eerste en tweede landse seemanne. (Daarom kon Harry die Strandloper Taalbeweging saamgevat en uitgewys dat die Geskiedenis destyds as tolk optree). van Afrikaans sterk verweef is met dié van Nederlands en dekades voor die vestiging van ‘n Nederlandse kolonie Vervolg op bladsy 11

10

OVERdeBERG


OVERdeBERG

11

WAS THE SCHONBERG, SCHOONBERG OR SCHOONENBERG LOST OFF AGULHAS IN NOVEMBER 1722? Continued from page 12 In a year or two, the prints will have to be replaced due to wear and tear and identified 'mistakes' will be corrected. This obvious indifference towards the correct spelling of this maritime loss, clearly shown between 1719 and 1735, was continued when in the early 1900’s the name of the “Struisbaai Winkel" was registered as SCHONBERG (the first Struisbaai business to have a shipwreck’s name). This is a spelling never found in the historical documents. Obviously, there can only be one correct name, so it is unfortunate that even this author continued this “tradition" when putting research to paper.

The correct spelling for the ship in question is debatable. Is it SCHONENBERG as registered in the Dutch Archives in The Hague? Under this name, she is recorded to have been built in 1717 for the Chamber of Amsterdam. Or has Dr. Malan got it right by using SCHOONENBERG, the spelling most used in the archival documents? Interestingly, although the same person made all the entries in the DAGREGISTERS of 1722 and 1723, he left us with a whole array of different spellings for the same ship. At one time, it was even spelt differently in the same paragraph: Schoonenberg and Schoonenbergh. With regard to this shipwreck, lying on the eastern side of Northumberland Point, spelling appears to be the least of her present historical problems. Grossly incorrect facts are sometimes put forward in abundance. For instance, in 2012 an Afrikaans publication made reference to the Schonenberg making no less than eight successful voyages to the East. In turn, the historical records show that she only made two return journeys to the East of which the last one was fatal. With inconsistent spelling and dubiously added or altered published 'facts' seeing the light, what is a fact is that, due to sloppy navigational errors and strong shoreward pushing currents, the Schonenberg/Schoonenberg, was lost in Struisbaai on the 20th November 1722 in lovely weather and the clearly lit sky of a full moon. Jimmy Herbert Retired lecturer: University of Stellenbosch (1977-2013) Writer & specialist in Maritime history & Archaeology OVERdeBERG

Bredasdorp Leeskring se uitstappie na die Welverdiend biblioteek Vervolg van bladsy 10 Die vroegste vorm van Afrikaans is eintlik beskou as ‘n tipe van Koi-Afrikaans, tipe van ‘n aanleerderstaal. Nog voor die begin van die 17de eeu het hulle hom al in die Kaap gebruik. “So dit wys net vir ‘n mens hoe oud is die taal eintlik”. Tussen 1800 en 1875 het verskillende varȉteite dan ook na vore gekom wat gepraat is ,nl. nog steeds suiwer Nederlands, Kaaps- Hollands, boere-Hollands of boereAfrikaans, plat Kaaps, Koi-Afrikaans, slawe-Afrikaans en vreemdeling-Afrikaans. Die spreker het verwys vna die ontstaan van die eerste taalbeweging (1875) – ‘n bewusmaking van die kulturele taal, Afrikaans en die tweede taalbeweging (1905) – die openlike stryd teen Nederlands, nie teen Engels nie. Die optimisme van die Afrikaanse digters en skrywers om die taal tot sy reg te kom en die weerstand uit die oorheersend proNederlandse amptenary was sodanig dat D.F. du Toit, die redakteur van die eerste Afrikaanse koerant, Die Patriot, onder ‘n skuilnaam, “Oom Lokomotief”, moes skryf. Die Patriot is die eerste keer op 15 Januarie 1876 gedruk. Die Huis Gideon Malherbe, nou ‘n taalmuseum, staan vandag nog in die Paarl en daar is ook ‘n taalmonument opgerig is wat die groei van Afrikaans en die invloede van tale soos oos-Asiatiese tale (Maleis), Europese- en Afrika-tale simboliseer. Me Lötter het verras met ‘n voorlesing uit Die Patriot (1876). Die eerste Afrikaanse grammatika boek is ook in 1876 deur S.J. du Toit gedruk. In 1905 het prof J.J. Marais na die aksie van die TAALGENOOTSKAP van Preller verwys as die kombuistaal. Op 3 November 1906 is die Afrikaanse Taalvereniging (ATV) gestig o.l.v. J.H.H. de Waal. Die Mondstuk van die ATV, “Ons Moedertaal”, was die voorloper van “Die Huisgenoot”. Op 18 September 1915 het die SuidAfrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die spelwyse van Afrikaans aanvaar. Die eerste woordelys en spelreëls verskyn in 1917. Die kerk was baie sterk gekant teen Afrikaans as kultuurtaal. In 1919 het die Stellenbosch se proffessore van die kweekskool egter aanvaar dat Afrikaans erkenning moes geniet – net soos Nederlands. So het ‘n mosie van die Kaapse sinode van die NG kerk waaarvolgens aanvaar is dat n Afrikaanse Bybelvertaling gedoen moes word weer eens ‘n heftige reaksie ontlok, maar in 1933 het die AFRIKAANSE BYBEL wel na vore getree. Die Afrikaanse Psalmboek in 1937 en die Afrikaanse Gesangeboek in 1944. Die koerante en tydskrifte was aanvanklik alles Nederlands. Met die koms van Afrikaans as kultuurtaal sou hulle langsamerhand van die toneel verdwyn en dan ook begin oorskakel na Afrikaans. Voorbeelde van Afrikaanse media: Ons Land, De Volkstem, die Verenigende Vriend, Die Weekblad, Die Unie, Die Burger, Die Huisgenoot en “Eer ons Moedertaal.” 11


12

OVERdeBERG

The History of the Overberg... above& below the waves WAS THE SCHONBERG, SCHOONBERG OR SCHOONENBERG LOST OFF AGULHAS IN NOVEMBER 1722?

First to appear on the shelves was Herbert, E.J. (2016), Resting in her light: SCHONENBERG 1722 & MEERMIN 1766, ASAP Autism cc, Somerset West, South Africa.

In the 2 Oceans Magazine of 12 June 2014, a Mr. Hein Dr. Jan Malan's book (2017), Die stranding van die VOCLourens wrote about his parents that used to run the skip Schoonenberg: Struisbaai 1722 was published the fol'Schonberg Winkel' since 1962. lowing year. For his book, Herbert decided on the spelling, SCHONENBERG. Another friend of this author, Kriek Bekker, said that he remembered them, as they were legends. They were The choice was based on the fact that in the ship maritime adored by all and fondly referred to as the 'SWEETIES". records, this spelling was used. Dr. Malan again chose the Many stories did the rounds of how the 'Sweeties' were spelling SCHOONENBERG as the name mostly used in the adored and about some of the many things both did for historical documents, court records and confessions. the community of the time. In 1986, when the late Oom Herklaas Wessels - a legendary historian of the Overberg - and this author were jointly working through the historical records (54 documents of 1719 to 1770s) of the Cape Archives, we found no less than 37 different spellings for the Dutch ship that was lost in Struis Bay. The spelling in the Resolutions of the Political Council alone ranged from Schoonenburg (in 1 document), Schoonenbergh (in 4 documents), Schonenbergh (in 3 documents), Schoonenberg (in 22 documents) to the proper spelling (according to maritime records), Schonenberg (24 documents). In his article Mr. Lourens complemented the new owners on the information boards that had just made their unexpected yet pleasant appearance outside the shop. The four billboards provided visitors with some fresh maritime history and archaeology facts regarding the 1722 period. Although mostly impressed with these four additional information contributors, Hein's gripe at the time was about the different spellings used for the Dutch shipwreck Schonenberg that was lost on Northumberland Point in November of 1722. Against this backBillboards outside the SCHONBERG “winkel” ground, he rightly posed the question, 'what ship was at Struisbaai wrecked in November of 1722 - Schonberg, Schoonberg or Schoonenberg?' and went on to ask, 'was there more In the DAGREGISTER of both 1722 and 1723, this lax apthan one such a wreck lost that day?' proach towards consistency in the spelling of the ship’s name is again apparent. The present SCHONBERG As the signboards have to date not yet been edited, re- “winkel” (the OK Grocer at Struisbaai), is in the capable vised or replaced, these two question might still be doing hands of Cerff Verster - a true son of the Overberg. Being the rounds from time to time when scrutinised by an in- born and bred in the Overberg, his knowledge of the area quisitive minded visitor. This author thought it wise to and its wild life, the sea and its fish, as well as the weather use the window of opportunity for an article in OVER- patterns and their significance to the area, is astonishing. deBERG to again address this issue. Cerff also has a deep cultured love and respect for Overberg history and its people. To the question, 'what ship was wrecked in November 1722 Schonberg, Schoonberg or Schoonenberg?' the It is against this background that some years ago, he comanswer is surprisingly none of them. missioned this author to make the costly four billboards presently on display. In reality, not one of the three different names, Schonberg, Schoonberg and Schoonenberg for the lost ship of It was always Cerff’s intention to expand on these displays that day is spelt correctly. Over the last few years, no less and their educational value. than two published books were dedicated to this ship and her history. Continued on page 11 12

OVERdeBERG


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.