2013 november newsletter

Page 12

LIEF EN LEED Friendshipgroep: Maxie was in die hospitaal met longontsteking. Maureen was in hospitaal met hartversaking. Elaine het `n oog -operasie gehad. Rosebuddies: Annette Liebenberg gaan vir `n heupoperasie Linda Landman tree uit as lid en groepleidster. LHparkies: Thea se 11 jarige kleindogter, Jana Stemmet is gekies vir die Vrystaat Perdryspan. Baie geluk! Rotary Cutters: Rika van der Merwe het nog „n kleinkind ryker geraak. Hierdie keer „n dogtertjie in Australië. Elsa de Wet het vanjaar haar MBA graad aangepak. Marietjie van Rensburg het „n skoueroperasie ondergaan en sterk tans aan. Frances van Schalkwyk sien baie uit na die geboorte van kleindogter Frances (haar naamgenoot) die 1ste week van November. Needles & Pins: Elsa se seun trou die einde van die maand en Wessie het ‘n kleindogter Gabriella ryker geword. (Sy het ‘n pragtige kwilt gekry van haar ouma) Marianne se skoonpa en Anina se skoonma oorlede is. Christene se ma en Mercia se dogtertjie was in die hospitaal, maar gelukkig is hulle weer perdfris en gesond. Rafels: Alta Street se ma het ‘n klein operasie ondergaan, maar dit gaan goed, ons sê sterkte vir hul as gesin. Tannie Rina het ook gedurende die afgelope paar maande ‘n operasie ondergaan en dit gaan nou sommer baie goed met haar. Christa se dogter trou aan die einde van die jaar. Kwetter Kwilters: Marthie- Marie se dogter is deel van die koor van Oranje Meisieskool wat baie groot sukses behaal het in Bratislava - hulle was die wenners! Baie geluk!. Gouedrade: Linda het die 23ste Oktober haar 50ste verjaarssag gevier. Marie se jongste seun, Ruan, is as prefek gekies. Hy het ook ‘n goud en ‘n brons medalje tydens die skoleskiet SA’s verower en Christo (oudste) 5 goud en 1 silwer. Hy is ook aangewys as beste 0/16 skut en ook algeheel beste skut vir 2013. Charlene se pa sterk tans aan na hy geval en sy skouer gebreek het. Haar seun, Kevin, kry weer sy volle erekleure vir akademie. Anida se seun, Chris, was vir 2 weke in die hospitaal na hy sy vinger met ‘n petrolsaag gesny het. Rina sterk aan na ‘n nekoperasie. Petro en Ria se skoonsuster se kleinkind wat in Brits woon, is met bloedkanker gediagnoseer. Sy is 6 jaar oud. Is nou besig met haar tweede behandeling chemoterapie en doen goed. Maar die ou haartjies val nou uit en daar is min oor.

**********************

12


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.