Newsletter August 2019

Page 1

ORANJE KWILTERSGILDE

ORANJE QUILTERS’ GUILD

Sedert 1989

Since 1989

NUUSBRIEF N E W S L E T T E R

AUGUSTUS/AUGUST 2019


OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

2

Augustus/August 2019


UIT DIE VOORSITTER SE PEN... So vinnig soos wat 2019 op ons neergedaal het en verby snel, net so vinnig is 30 jaar verby. Dit voel soos nou die dag dat ek lid van Oranje Kwiltersgilde geword het. En al het ek baie kwilte gemaak, weggegee en beleef, kan ek nie glo 30 jaar is so vinnig verby nie! Maar, wat 'n heerlike reis was dit nie; ‘n reis van kreatief wees en leer. Ek weet ek is baie bevoorreg om dit alles te kon beleef. Dit laat my ook besef: Leef, leer en doen nou! Leef in die oomblik! As jy weer sien, is dit verby … Geniet elke kwilt wat jy maak. Bring jou tyd en talente saam vergaderings toe. Kom deel met ons ander om so by mekaar te leer. Ons kan op dié manier baie inspirasie by mekaar kry vir die volgende 30 jaar. Hier by Oranje Kwiltersgilde gee ons vir mekaar en vir ander om. Ons deel patrone, idees en sakdoeke as die trane rol. Ons help ander deur vir hulle die middele te verskaf sodat hulle ook iets moois kan maak. Oranje kwilters is omgee mense. Gelukkig is die winter nog nie verby nie. So, elkeen kan nog snoesig onder 'n kwilt sit wat klaar gemaak moet word. Net soos die 30 jaar verby gesnel het, so vinnig is my huidige termyn as voorsitter teen die einde van die jaar verby. Julle moet dink wie gaan volgende voor vat. BAIE GELUK ORANJE KWILTERSGILDE. Oor 30 jaar het jy jou merk gelaat. Mag die Gilde nog lank bestaan. We must always change, renew, rejuvenate ourselves; otherwise we harden. - Johan Wolfgang von Goethe

Mariëtte 082 337 3699 mariette2912@gmail.com OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

3

Augustus/August 2019


BESTUUR 2019

Augustus is vroue-maand. In werklikheid, nee, net 9 Augustus is Nasionale Vrouedag, maar ons geniet sommer hierdie hele kwartaal die lekkerte en bederf van vrouwees. In die uitgawe gesels Nuusbrief met Charlotte Naudé van die Stukkies groepie wat, saam met Aletta Ellis, in Bethulie kom aftree het en vir haar ‘n ruim nuwe wêreld geskep het. Ons skryf oor “groen”, die kleur van hoop. Staaltjies oor die Navratil Wesies en die mossie uit die Anglo-Boere Oorlog kleur ons prentjie verder in.

Voorsitter: Mariëtte Venter 082 337 3699 Ondervoorsitter: Marianne le Roux 082 826 2128 Sekretaresse: Christa Gouws 083 542 5709 Tesourier: Riana Nel 082 562 2776 SAQG Verteenwoordiger: Annelize Keevé 082 499 2361 Skouverteenwoordiger: Iessie Steenberg 082 705 5279 Reisende Uitstalling: Iessie Steenberg 082 705 5279 Nuusbrief: Elsa de Wet 083 630 9586 Sosiale Media (Facebook; OQG Blog): Wilna Geel 084 462 1212 Mediaverteenwoordiger: Nelia Venter 082 460 6326 Fotograaf: Lynette Eloff 083 973 8161 Koffiemandjie: Ansie Combrinck 082 855 8112

GROEPLEIDSTERS

Baie sterkte aan die spanne vir die volgende rondte!

Goedharte: Du Maurier Weis 083 407 1545 Gouedrade: Marie Coetzee 083 448 6921 Langenhovenparkies: Ansie Combrinck 082 855 8112 Needles & Pins: Nelia Venter 082 460 6326 Quiltmakers: Lynette Eloff 083 973 8161 Rotary Cutters: Wilna Geel 084 462 1212 Sterre: Iessie Steenberg 082 705 5279 Stukkie-vir-Stukkie: Christa Gouws 083 542 5709 Tolbosse: Mariëtte Venter 082 337 3699 Uile: Sonja Stroebel 082 460 7956

Nuusbriefredaktrise

Hierdie Nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is ‘n nie-winsgewende publikasie. Dit is nie ons bedoeling om enige kopiereg te skend of te oorskry nie.

Nuusbrief gee terugvoer oor die uitreik en deel graag die patroon van Johanna se Tafelloper. Die Rotary Cutters het die patroon probeer en beoog om hulle wenners by die vergadering te kom wys. Soos oudergewoonte deel ons graag die Groepienuus met al ons lesers. Daar is terugvoer en foto’s oor Kwiltedoor.

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

4

Augustus/August 2019


ARTIKEL

Die lewe is ‘n keuse ... IN GESPREK MET CHARLOTTE NAUDÉ Haar boodskap was kort. Hi Elsa can we meet at Watchmakers just after 2 Dit was 13:43 toe ek onder die boom, in sy winterkleed, langs die gastehuis stilhou. Ek word vriendelik ontvang en maak my knus tuis voor die singende kaggelvuur. Net na 2 omraam die houtkosyn van die voordeur ‘n glimlaggende vrou wat met selfvertroue deur die kort gangetjie instap.

Charlotte Naudé Elsa: Charlotte, julle het van Johannesburg na Bethulie verhuis. Hoe het dit gebeur? Charlotte: Dit was in 2006 toe my dogter die oggend by ‘n bushalte met ‘n mes gesteek was dat ons die besluit geneem het. Ons is plattelandse mense. Ek het gesê ek wil gaan woon waar mense nog mense is. Almal het my gesê dat jy sulke plekke net in die Vrystaat nog kry. Ek en Aletta het die langpad aangepak en van dorpie tot dorpie gery. Op Bethulie was die kerkie in die mark, maar ons het ons hart op ‘n sandsteenopstal in die Ficksburg distrik verloor. Met die diensleweringsonluste daar, het ons besef dat veiligheid ‘n hoër prioriteit moet wees. Vir ‘n tweede keer het ons die langpad gevat en weer op Bethulie ‘n draai kom maak. Daar was drie partye wat die kerkie wou koop – ons, Patrick Mynhardt en sy vennoot en die Engelsman op die dorp. Maar kerkie koop is nie perde koop nie! Charlotte: Daar is talle besluitnemers; dit vat tyd; dit het ons 4 jaar gevat! Patrick, die Boytjie van Bethulie het die beste kans gestaan, maar hy is laat in 2007 oorlede en toe was dit ons en die Engelsman. Vrae moes beantwoord word vanaf Bethulie, na Aliwal tot in Bloemfontein. Ons is gevra om Bloem toe te kom vir onderhoude. Toe die Engelsman aan die Sinode te kenne gee dat hy die kerkie in ‘n kroeg wil omskep – O, Come All Ye Faithful – is die koop op ons toegeslaan. Maar dit was eers in September 2015, nadat ek en Aletta albei vroeg afgetree het, dat ons hierheen verhuis het. Oop ruimtes is vir my baie goed! OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

5

Augustus/August 2019


Elsa: Jy sê julle is plattelandse mense van Mpumulanga. Kan jy ‘n bietjie verduidelik? Charlotte: Ja, ek en Aletta ken mekaar meer as 30 jaar. Ons mans het saam gewerk en ons het huisvriende geword. Ons het ons mans kort na mekaar verloor. Ek het ‘n seun en ‘n dogter. Aletta het twee dogters en ‘n seun. Toe die kinders verder wou gaan studeer, wou ons graag hê dat hulle uit die huis uit universiteit toe gaan. Ek kon ‘n werk by Hoofkantoor kry en dis toe dat ons Johannesburg toe verhuis het. Aletta Ellis

Charlotte se telefoon lui. Dit is Aletta. Sy werk by die hardewarewinkel maar kan gou vir ‘n paar minute wegglip om saam te kuier en Watchmakers se BarOne sjokoladekoek te geniet. Kort voor lank skuif sy ‘n stoel nader en ons begin kwiltwerk gesels.

Charlotte en Aletta se Gypsy Wife kwilt

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

6

Augustus/August 2019


Elsa: Ons ken julle as lede van die Stukkies groepie van die Oranje Kwiltersgilde. Dit het my so getref toe julle by die Februarie vergadering vertel het dat julle kussingslope opgesny het om ‘n kwilt klaar toe maak. Charlotte: O, dit was die Gypsy Wife kwilt! Op Bethulie is lap ‘n kwessie. Dit is nie soos in Johannesburg waar lap baie beskikbaar en goedkoop is nie. Ons moes ‘n plan maak. Hier is min winkels, nie eers ‘n bank nie en tot onlangs moes ons Springfontein toe ry om brandstof in te gooi. By ‘n plaaslike handelaar het ons tussen die polycottons ‘n paar 100% katoen kussingslope gevind. Waar anders kan jy ‘n half meter katoenlap vir 9.99 koop? Hy het katoenlakens ook. Dit werk baie goed vir agterkante; 2 meter by 2 meter vir 149 rand. Elsa: Hoe en wanneer het julle begin kwilt? Charlotte en Aletta vertel hoe hulle 7 jaar gelede deur ‘n vriendin beïnvloed is. Met Aletta se eerste kleinkind oppad, was sy begeesterd maar Charlotte was skepties. Skilder is haar groot liefde. Sy het met pottebakkery begin en toe glaswerk gedoen, maar kwiltwerk, nee. Dog, nie lank daarna nie was dit Charlotte se beurt om Ouma te word! Aanvanklik sluit hulle by ‘n groepie in Roodepoort aan en leer tradisionele patrone. Na 6 maande skuif hulle na ‘n ander groep en betree so die betowerende wêreld van innoverende kwiltwerk. Charlotte: Toe ons hiermee trek, was ons eerste vraag: “Waar gaan ons kwilt?” Spoedig het hulle Karien du Plessis van Karoo Quilting leer ken en by die Yadé Projek betrokke geraak. Karien het ‘n geleentheid gesien om ‘n verskil te maak. Onder haar leiding het byna 60 vroue van Bethulie en omgewing, tot so ver as Addo en Jeffreysbaai, begin stik. Hulle doel was om vir al 207 inwoners van die agt Yadé huise in Bloemfontein elk ‘n eie laslappiekwilt te maak. Skenkings van materiaal en watteersel, en selfs beskuit, het ingevloei; die vroue het hulle doelwit bereik. Maar Charlotte en Aletta wou nie heeltyd saamspeel met stroke aanmekaar stik nie. Hulle het Karien oortuig om ander patrone ook te maak. Hulle het patrone ontwerp en kortpaaie gevind en so die oog van Carina Lubbe op Smithfield gevang. Dit was toe Charlotte ‘n demonstrasie by die Patchjol aangebied het, dat hulle ons Christa Gouws van Stukkies ontmoet het. Elsa: Jy praat van demonstrasies en klasse, Gypsy Wife kwilte en kortpaaie; vertel meer. Charlotte: Ek het ‘n studio waar ons klasse aanbied. Die Gypsy Wife klas het ons al seker ses of sewe keer aangebied. Gypsy Wife is nie moeilik nie; dis tegniek. Ek het hierdie jaar ‘n Dear Jane vir ‘n ander dame klaargemaak en vir myself ‘n mini-Dear Jane gemaak. Ek wil dit graag by die volgende vergadering kom wys. Ook, hier is so baie ou mense op Bethulie. Ons het ‘n sosiale groepie begin wat een maal per week bymekaar kom om handwerk te doen en te kuier. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

7

Augustus/August 2019


Die Dear Jane kwilt wat Charlotte vir ‘n vriendin klaar gemaak het.

Baby dear Jane wat sy vir haarself gemaak het (Aansteker en potlood weerskante is vir skaal) Elsa: Hoe sal mense weet van julle klasse? Charlotte: Ek stuur gereeld ‘n nuusbrief uit om te vertel wat ons gedoen het en wat ons vorentoe beplan. Die klasse se datums is daarin. Mense kan my kontak. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

8

Augustus/August 2019


Aletta sit op die punt van haar stoel. Sy moet nou gaan al wil sy so graag nog kuier. Dan groet sy noodgedwonge. Ek en Charlotte begin gesels oor haar agtergrond, die 11 jaar by Winkelhaak Goudmyn, haar verhuising na Secunda en haar werk by die petrochemiese maatskappy. Sy vertel dat wetgewing op vakmanskapopleiding na 1994 gewysig is en hoedat dit talle werkloos gelaat het. Mense moes oorleef en voormalige vakmanne het in Barberton se tronk beland. Die petrochemiese maatskappy het die waarde van heropleiding van die vakman-gevangenes ingesien. Met haar belangstelling in volwasse onderrig en betrokkendheid by die Osizweni Adult Education Trust, was Charlotte die aangewese persoon om hierdie projek aan te pak.

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

9

Augustus/August 2019


Charlotte: Ek raak sommer hartseer. Dit was die kinders, die baie kinders in die tronk wat my die meeste geraak het. Tydens die hoogtepunt van die VIGS pandemie is vele kinders wees agtergelaat en bejaarde grootouers was te broos om hulleself te versorg. Vir baie kinders het die tronk hulle huis geword. Maar hierdie kinders was nooit geregisteer nie en het nie vir die Staat bestaan nie. Hulle was skoolpligtig maar die Staat kon nie verplig word om vir hulle onderwys te gee nie. Met behulp van bestuur en kollegas van die tronk het Charlotte begin om opgeleide medegevangenes te werf om hierdie rol te vervul. So suksesvol was haar onderneming dat hierdie plan landswyd uitgerol is. In 1999 is die gesogte Education Africa Award aan haar toegeken. Sy erken dit het vir haar die deure oopgemaak om na die petrochemiese maatskappy se Hoofkantoor in Johannesburg te skuif toe haar kinders verder wou studeer. Ons moet haas groet maar ek het een laaste vraag. Elsa: Jy is lief vir skilder en tuinwerk, maar wat hoor ek van katte? Charlotte: Ek teel met Sphynx katte; Aletta boer met Engelse Bulhonde. (Sy lag as sy verduidelik.) As jy eers ‘n Sphynx gehad het, sal jy nooit weer ‘n hond wil hê nie. Hulle lyfies is soos warm fluweel. As jy tyd het, gaan wys ek jou gou. Ek volg Charlotte na haar kerkhuis waar sy en Aletta saam met 21 katte, ‘n handvol honde en ‘n magdom diertjies van die veld bly. Sy gesels entoesiasties oor haar katte terwyl hulle sag teen my skuur. Elkeen is spesiaal; party uit Kanada, party uit die Oekraïne. Tussen dié eksotiese katte met lyfies soos warm fluweel speel twee plaaskatte. Sy wys my haar skilderye van die kinders in die tronk, haar nuwe skilderprojek wat sy oor die internet volg en haar miniatuurskilderye waarvan sy een met die snorbaardhaar van ‘n Persiese kat geskilder het. Die son het laag op die westerkim gehang toe ek my motor huiswaarts draai. Dit was asof die bande wil plak-plak aan die stof van die grondstraat uit protes om die towerkrag van die oomblik prys te gee. My gemoed is vol; my hart is sag en warm in my borskas. Ek sit terug in stilte terwyl die teerpad onder my verby gly. Jan FE Cilliers praat met my en ek antwoord hom gewyd: Stil, susters, híér gaan ‘n vrou verby, Daar’s maar één soos sy; bekyk haar goed.

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

10

Augustus/August 2019


ARTIKEL

GROEN DIE KLEUR VAN HOOP Die jongvrou stap huilend, treurend deur die kaal grysbruin appelboord agter die gesin se huis in die suide van Frankryk. Haar man het haar verlaat, haar minnaar het haar verstoot en nou is haar kinders weg. Hulle is haar trots, haar pragtige blondekop seuntjies vir wie sy soveel drome het. Sy draai haar mantel stywer om haar vas om bietjie warmte in haar lyf in te dwing. ‘n Maand later sien sy hulle foto! Die verhaal van die Navratil Wesies ontvou ...1 A dramatic divorce and scandal brought the young Michel and Edmond Navratil to the bow of the Titanic in 1912. They were accompanied on the voyage by their father, Michel Navratil Sr., who was still smarting from his recent separation from their mother, Marcelle Caretto. Marcelle had won custody of the children, but she had allowed them to visit Michel over the Easter holiday. Michel, believing that his wife’s infidelity made her an unsuitable guardian, decided to use that weekend to relocate with his children to the United States. He bought second-class tickets on the Titanic and boarded the doomed ship, introducing himself to fellow passengers as the widower Louis M. Hoffman, a man traveling with his sons, Lolo and Momon. On the night the Titanic struck the iceberg, Navratil was able to get the boys aboard a lifeboat — the very last lifeboat to leave the ship. Michel Jr., though only three at the time, remembered that just before placing him in the boat, his father gave him a final message: “My child, when your mother comes for you, as she surely will, tell her that I loved her dearly and still do. Tell her I expected her to follow us, so that we might all live happily together in the peace and freedom of the New World.” Those were Michel Navratil’s last words. Though he died in the disaster, his young sons survived. 1

https://allthatsinteresting.com/titanic-survivors

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

11

Augustus/August 2019


They spoke no English and might have been in serious trouble in New York, but a friendly French-speaking woman who also survived the wreck cared for them.

The publicity surrounding the Titanic’s sinking was what saved them: their photographs appeared in newspapers around the world. Their mother, home in France with no idea where her sons had disappeared to, spotted their photo in the morning paper. On May 16, more than a month after the ship sank, she reunited with her boys in New York, and all three returned to France. Vandag stap die jongvrou laggend, borrelend deur die appelboord agter die gesin se huis in die suide van Frankryk. Haar twee blondekop spruite speel om haar bene en hardloop vermaaklik vooruit. Sy glimlag as sy na die appelboord kyk. Nuwe bleekgroen blaartjies beur tussen die weelderige appelbloeisels deur. Om haar word alles groen. Lente het aangebreek – ‘n seisoen van nuwe lewe, hoop en vreugde. So het ‘n nuwe seisoen ook vir haar aangebreek. Groen is die kleur van harmonie, balans, groei en hoop. Wêreldwyd is groen die kleur van veiligheid, vernuwing en lewe. In Japan word groen as die kleur van ewige lewe beskou. In China beeld jadesteen deugsaamheid en skoonheid uit. In Portugal is groen die kleur van lente en hoop.

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

12

Augustus/August 2019


Hier aan die suidpunt van Afrika het ons ons eie mooi storie oor hoop. Op ’n koue wintersoggend agter die hoë draad van ‘n konsentrasiekamp, meer as ‘n honderd jaar gelede, soek Anette Marais troos en bemoedig uit die Bybel vir haar en haar medekampgenote. Die vorige nag het sy in haar gebede gesmeek dat haar God tog aan haar ‘n boodskap sal gee. Haar teks vir die oggend was Matteus 10:29 wat handel oor God se sorg vir die geringstes, spesifiek vir die mossies van die veld. Dit was terwyl sy daardie oggend dié woorde lees toe die onverwagse gebeur het. Uit die bloute het daar op daardie oomblik skielik ‘n vaal klein mossie op haar skouer kom sit. Almal teenwoordig was met verbasing en verwondering gevul. Hulle kon nie anders as om hierin ‘n teken van hoop te sien nie – die hoop dat God in hierdie uitsiglose situasie steeds by hulle sal wees en vir hulle sal sorg, net soos vir die klein mossies. In die maande wat gevolg het, het die mossie die simbool van hoop geword waaraan die vroue van die konsentrasiekamp in Bethulie vasgehou het. Die storie is aan Generaal Jan Smuts oorvertel en so het die teken van die mossie in 1923 op die land se kleinste muntstuk verskyn.

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

13

Augustus/August 2019


Johanna se Tafelloper In Stukkies se groepienuus van Februarie 2019 verskyn ‘n foto van ‘n pragtige tafelloper wat Johanna vir haar dogter in Duitsland gemaak het. Nuusbrief het gaan kers opsteek en deel graag die patroon met al ons lesers.

Johanna Engelbrecht en haar pragtige tafelloper Die patroon wat Nuusbrief plaas, lewer ‘n voltooide artikel van ongeveer 18" x 39" (46 cm by 100 cm). Deur meer of groter blokke of meer of wyer rantstroke te gebruik, kan die patroon maklik na behoefte aangepas word. Materiaalbenodigdhede (lapwydte 115 cm) • “Blommeste” – 0.75 m vir vierkante en rantstroke • Donker Kontras – 0.5 m vir vierkante, rantstroke en standaardwydte rantafwerking • Ligte Agtergrond – 0.25 m vir vierkante • Agterkant – 0.5 m Die patroon bestaan uit kombinasies van half-vierkant driehoeke. Sny 15 x 4" vierkante van Blommeste, 5 x 4" vierkante van Donker Kontras en 10 x 4" vierkante van Ligte Agtergrond. Bêre genoeg materiaal eenkant vir die rante en afwerking. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

14

Augustus/August 2019


Trek ‘n skuinslyn op die rugkant van die 15 Blommeste vierkante. Met regtekante na mekaar, speld die Blommeste vierkante vas aan elk van die 15 ander vierkante. Stik ¼" nate aan weerskante van die skuinslyn. Sny die vasgewerkte vierkante op die skuinslyn, vou oop en stryk nate in die rigting van die donkerste lap. Meet en sny (“square”) elke blok dat dit ‘n 3½" vierkant vorm. Daar is nou 20 x 3½" blokke met ‘n kombinasie van Blommeste en Ligte Agtergrond en 10 x 3½" blokke met ‘n kombinasie van Blommeste en Donker Kontras. Pak 3 rye van 10 blokke elk volgens die volgende diagram:

Vir die rante, sny 2" stroke van Donker Kontras en 4" stroke van Blommeste. Stik op elke lang sy eers die Donker Kontras stroke vas en dan op die kort sye ook. Volgende, stik op elke lang sy die Blommeste stroke vas en dan op die kort sye ook. Pak die kwiltvoorkant, watteersel en Agterkant in laaie, kwilt innoverend en werk af met standaardwydte rantafwerking.

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

15

Augustus/August 2019


UITREIKPROJEKTE

TWEEDE KWARTAAL : MES en Christelike Seemans-organisasie Baie dankie aan almal vir die wonderlike samewerking. Marie het baie moeite gedoen met die aankoop van kleiner items vir die Seemans-organisasie en die versending van die musse en ander artikels hanteer. Dit word opreg waardeer!

Opregte dank aan almal vir julle harde werk!

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

16

Augustus/August 2019


GROEPIENUUS Gouedrade Nuus Ons groep is so 15 “dames sterk” en ons kuier maandeliks saam. Dan word daar gesels, gewerk, bemoedig, raad en nuus uitgeruil en ja, verversings geniet! Oorwegend word daar aan kwiltprojekte gewerk. Rientjie het haar kwilt voltooi; Maggie het haar eerste kwilt klaar en is besig met die tweede een; Delene en Louisa werk aan tafellopers. Verskeie dames het koesterkussings gemaak en seemansmusse gebrei. Van ons dames bied ook vir die res van die groep klasse aan wat groter en kleiner projekte insluit. Voorbeelde is “Hidden Wells Quilt block”; “Disappearing Nine Patch block;” “Harte blok”; en die maak van ‘n veeldoelige sak – verskeie dames is hiermee besig.

Ester Jordaan se Hidden Wells kwilt

Ester se Disappearing Nine Patch kwilt OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

17

Augustus/August 2019


Kokkewiet Scholtz se tafelloper Behalwe vir kwilt- en ander handwerkaktiwiteite het van ons dames gereis. In Reunion het Bettie ‘n voorbeeld van ‘n besonderse kussing raakgeloop; Rina en gesin het Phuket in Thailand besoek en die mooi blou see geniet. Van die ander was in Mosselbaai, Oubaai, Vleesbaai en selfs tot in die Krugerwildtuin! Ander moes (vir eers) met Jan Tuisbly se karretjie ry totdat hulle beurt aanbreek. Ons groep se trots is Maggie Bekker wat op 10 Junie haar 2de Comrades Marathon voltooi het: ”jy is ‘n yster – of nee, ‘n langasem!”

Maggie Bekker se kwilt

Ons is ook trots op die driemanskap – in vandag se taal “drievrouskap!” – wat deurgedring het tot die volgende rondte van Kwiltedoor: Petro, Rientjie en Louisa…”julle is stêrre! En ons hou duim vas vir die volgende rondte.” Ons groepie is dit eens dat ons die beste groepleidster het wat jy kan kry. Dankie, Marie, vir al jou insette, hulp en raad en ook omdat jy jy is! OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

18

Augustus/August 2019


Louisa en Petro

Rientjie Daar is ook ‘n paar van ons dames wat deur ‘n moeilike tyd gaan. Vir julle en ander vir wie die lewe nie op die oomblik “‘n lied” is nie: “You can’t calm the storm, so stop trying What you can do is to calm yourself. The storm will pass.” Timber Hawkeye

Gouedrade-groete! OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

19

Augustus/August 2019


Nuus van die Langenhovenparkies Al die dames by Langenhovenparkies is volstoom aan die gang. Projekte waarmee aan die begin van jaar begin is, word klaargemaak. Sommiges is ook besig om aan hul UFO’s te werk. Ons drie kwiltedore, Lettie, Ritha en Lulu is deur na die volgende rondte. Lettie is egter oppad om vir haar kinders in Australië te gaan kuier. Flolinda Marais gaan as reserwe in haar plek waarneem. Lettie se hoender-muurbehangsel is klaar en sy het die pragtigste plekmatjies vir haar dogter gemaak om saam oorsee te neem. Annemarie van der Walt kuier tans by haar kinders in Washington en sy het ‘n pragtige kwilt van bome vir hulle gemaak om saam te neem. Kwiltgroete Ansie Combrinck

Lettie, Ritha en Lulu

IMPORTANT MEETING DATES 19 September 2019

Patchjol

12 October 2019

Spring Day

09 November 2019

General Meeting

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

20

Augustus/August 2019


Needles & Pins Liewe Laslapvriendinne Hulle sê as jy bewe gebruik jy energie en verbruik jy jou kilojoule inname, dus verbrand jy vet! So as jy koud kry, moenie kla nie, jou vetjies smelt weg. Die Bloemskou is verby en ons groepie het besonder goed gevaar. Dankie aan Nelia vir jou kunswerk, ons weet jy het die laaste twee weke amper deurnag gewerk. Doretha, jou mandala kwilt was ‘n wenner! En aan al ons ander Needles & Pins kwilters wat ‘n plekkie in die vertoonkas gevul het, julle is tops. Ons het met ons “gypsy’s wife” kwilt begin en dit is glad nie so maklik as wat dit lyk nie. Party van ons het klaar gestreepte agtergrond lap gebruik wat swart en wit is, en dit vertoon pragtig. Ander verkies weer om alles van afvalstukkies te maak. Party maak hul kwilte in ‘n spesifieke kleur en ander gaan bont! Hoop net almal gaan ‘n blok gereed hê vir ons eerste saamkuier in Junie, want die blikkie staan gereed vir die R50 boete vir die wat nie klaar is nie. Die eerste ronde van Kwiltedoor is verby. Ek kry in my posbus verlede week ‘n briefie van een van die kwiltedore, anoniem, met die opskrif:

‘n Dag in die lewe van ‘n kwiltedoor Ek word wakker in die middel van die nag. Ek weet daar is iets vreesliks wat wag. Die wekker wys dis 3 uur en my maag is naar. My hande is natgesweet en my lyf voel swaar. Ek staan op, gaan drink ‘n naarpilletjie en gaan kyk vir die soveelste keer of my kwiltsak reg gepak is – ekstra volgedraaide spoelletjies, pepermente, sneesdoekies, hoofpynpille, nuwe lem aan die cutter, my beste spelde in my selfgemaakte speldekussing en twee liniale (het spesiaal ‘n nuwe gekoop, niks in my sak moet afgeleef lyk nie). Erêns moes ek aan die slaap geraak het, want dis 6 uur. Hare gewas en met rollers in my kop word my klere uitgekies. Niks wil werk of pas nie! Naderhand vra my liefie of hy nie maar die bokse kan bring nie, want dit lyk of ek terugtrek na my ma toe soos al die klere voor die kas lê. Kwart voor agt is die kar gepak. Op my stuurwiel is nog ‘n nota

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

21

Augustus/August 2019


geplak van die vorige dag wat sê: onthou naaimasjien se kragdraad en dubbel “plug”. Dis 11 uur. Ek wat altyd so uitsien na die eetgoed by vergaderings, drink en eet niks. My hart voel swaar en my maag alweer naar. Ek gaan skuif my stoel reg en sorg dat my naaimasjien en sak met benodigdhede netjies uitgepak is. Patrone word uitgedeel. Ek beplan saam met my span. Die ander vriendinne moedig ons aan. T-hempies en hou-moed geskenkies word uitgedeel. ‘n Kalmte daal oor my neer. Tyd snel verby en die aftelling begin. Die beoordelaars doen hul ding en soos Saggeus van die Bybel moes ek ook ‘n vyeboom (stoel) klim om almal se handewerk te besigtig op die kerksaal se staaltafels. Almal se werk is so mooi, akkuraat gelas, mooi gekwilt en die kleure is pragtig. Maar iemand moes uitgestem word, en dit was toe ons span. Ek loop terug na my tafel en dink by myself, dit was nie so erg nie! Ek moet net volgende jaar wanneer ek weer terugkom onthou om tog vir my stoel ‘n sagte kussing saam te bring.

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

22

Augustus/August 2019


En op die positiewe noot, ‘n vinnige reseppie:

Neem ‘n langwerpige glasbak. Draai pienk worsies een vir een toe in ‘n pannekoek. Maak lasagnesous aan soos voorgeskryf op die pakkie en gooi dit oor. Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat worsies warm en kaas goudbruin is.

Doretha

Tot volgende keer. Lekker kwilt voor die kaggel! Needles & Pins groete

Estelle

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

Christine

23

Augustus/August 2019


Visit the Oranje Quilters’ Guild blog for more news and photos of enjoyable events!

https://oranjequilters.blogspot.com/

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

24

Augustus/August 2019


Rotary Cutters Wilna skryf: Die afgelope kwartaal het die Rotary Cutters elkeen ‘n tafelloper gemaak na aanleiding van Johanna Engelbrecht se pragtige patroon. Dit is weereens verstommend hoe elkeen se persoonlikheid deur hulle lap- en kleurkeuses verskil en hoe dieselfde patroon onder elkeen se hande ‘n eie karakter aanneem.

Van links na regs, tafellopers deur Rika, Frances en Marietjie Ons besluit nog uit verskeie opsies oor wat ons sal aanpak vir die res van 2019. Maar, dit blyk reeds ‘n produktiewe kwiltjaar te wees met sommer drie voltooide projekte, ‘n klompie nuwe idees en heelwat inspirerende leesstof tot nadenke.

Verder was almal geseën met goeie gesondheid en daar was geen leed in ons groepie nie – hiervoor is ons Onse Vader innig dankbaar.

Rika en Magda Aan ons lesers: Die patroon van Johanna se tafelloper is op bladsy 14. – Red. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

25

Augustus/August 2019


Gerda, Marietjie en Petro

Marietjie, Rika en Magda

Sonia, Nici en Margaret OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

26

Augustus/August 2019


Quiltmakers Lynette skryf: So is ons in die middel van die jaar! Die Quiltmakers is hard besig met die hartekwilt en die New York Beauty. Maar ons kwilt nie net nie, van ons dames is hard aan die brei en hekel. Quiltmakers se Sonia van Zyl is ook lid van die Bloemfonteinse breiklub. Hulle het as vrywilligers aan die jaarlikse projek Back to Back van die OVK deelgeneem. Vanjaar het die vroue ‘n kombers ten bate van liefdadigheid gebrei.

Sonia help om ‘n kombers vir liefdadigheid te brei Nici se projek om ‘n nuwe huis te bou vir een van haar student wie se huis afgebrand het, het ‘n baie goeie einde gehad. Die nuwe huis is klaar! Soos die student se ma, Griet Letsoara gesê het: “Ek het nou baie meer as wat ek verloor het.” OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

27

Augustus/August 2019


Sonia het nie net ouma geword nie; sy het sommer ook ‘n skoondogter ryker geword. Margaret het ‘n skoueroperasie ondergaan en dit het goed afgeloop. Christa se man was baie siek en moes tyd in die ICU spandeer. Dit gaan beter en hulle kon ‘n kort vakansie in Namibië deurbring. Sy kan nie oor die skoonheid van Namibië uitgepraat raak nie!

Ouma Sonia met die nuwe pienkvoet

Christa op reis in Namibië

Lynette, Nici en Michelle was by die Clarens Kwiltfees – wat ‘n ongelooflike spesiale ondervinding was dit nie! Die mense was almal besonder vriendelik en altyd bereid om te help, ongeag of dit ‘n “teacher” was of sommer een van die dames wat in die saal uitgestal het.

En natuurlik het ons lap en “gadgets” ge“shop” ...

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

28

Augustus/August 2019


Hartlike geluk aan die Quiltmakers, wenners van die Marianne le Roux Wisseltrofee vir die groep met die meeste inskrywings by Bloemskou 2019.

Groepe verantwoordelik vir ‘n Kwartaalvergadering gedurende 2019

Augustus Stukkies

November Sterre – Langenhovenparkies OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

29

Augustus/August 2019


Nuus van die Sterre Iessie skryf: O, die Sterre is vreeslik opgewonde oor die vordering van ons Double Wedding Ring kwilte. Ons hoop om elkeen ons kwilt aan die einde van die jaar te kom wys.

Ek vertel graag verder van die geskiedenis van hierdie kwilte. In die 30’s en 40’s het die kwilte meer algemeen geraak en tydskrifte het die patrone meer geredelik beskikbaar gestel deur publikasie daarvan. Die kwilt het romanse in die Depressie-era ingedra en baie van die oorskietmateriale kon in ‘n pragtige kwilt omskep word. Gedurende die Depressie het daar dikwels kwilte verskyn met ‘n 9-blok in die middel van die ring (soos in die foto bo [bron: internet]) – natuurlik omdat material duurder was. Hierdie kwilte was net vir spesiale geleenthede uitgesit. Sien volgende kwartaal die foto’s van ons groep se handewerk.

Mag jy vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. (Kol 1:10) OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

30

Augustus/August 2019


Die Sterre vier hulle suksesse!

Gerda Cronje-Vermeulen

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

31

Augustus/August 2019


Stukkie-vir-Stukkie Ons groepie probeer om een Saterdagmiddag per maand bymekaar te kom. Ria is besig om ‘n pragtige “Mongolian Star” in ougoud en navy met die hand te kwilt. Die “Beauty of Scraps”-idee het bygedra tot twee baie mooi kussings deur Margaret van Niekerk. Annatjie het ‘n pragtige voorkant vir ‘n drasak voltooi en het ook 18 pennesakkies vir kersgeskenke gemaak.

Annatjie se drasakvoorkant Margaret se kussings

Red. – In groot afwagting om Ria se kwilt te sien, het Nuusbrief op die internet gaan snuffel en op ‘n pragtige ontwerp deur Maggie Ball afgekom. Die tradisionele Mongolese Olzii motief met ‘n sierlike rant word dikwels op die deure van hulle huise geverf en simboliseer ‘n lang lewe en voorspoed. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

32

Augustus/August 2019


Aletta het haar pragtige Kerskwilt voltooi. “Christmas in July” geleentheid op Bethulie.

Toe hou hulle sommer ook ‘n

Aletta se Christmas-in-July kwilt Hartlike geluk aan Imke en Christoff Nel met die geboorte van klein Lieke.

Kleine Lieke saam met haar Kwilt Oumas! Die foto van Lieke is met die toestemming van haar ouers geplaas. – Red. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

33

Augustus/August 2019


Stukkies se Kwiltedore is veilig deur na die volgende rondte! Baie geluk aan Johanna Engelbrecht, Charlotte Naudé, Ina Beukes, en Annamarie Wessels (reserwe).

Johanna, Charlotte en Ina Dankie vir die aanmoediging en ondersteuning van die Stukkies-dames tydens die kompetisie. Aan die einde van die dag het Stukkies die ‘groot prys vir aanmoediging’ gewen. Sterkte met die volgende rondte – ons hou duim vas!

Gedurende Augustus gaan Ina en Christa die Nasionale Kwiltfees by Heronbridge in Four Ways bywoon. Stukkies-groete OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

34

Augustus/August 2019


Tolbosse Mariëtte skryf: Al sien julle ons nie so gereeld nie, is ons besig met mooi goed of kwilte maak. Ouma Lynette het vir haar kleindogter, Lené Fourie wat 10 jaar oud is, geleer om blokke te stik. Een van die dae bring ons dié kwilt vir "bring and brag"!

Lené se blokke wat sy by haar ouma Lynette gestik het

Dit is so fantasties dat hier jong kinders is wat meer van naaldwerk wil leer. Verder hekel Lynette sakke met ingewikkelde patrone. Ek dink sy tel nou die steke in haar slaap. Rina veg voort, sy lyk goed maar voel nie so goed nie. Elke chemo-sessie is maar 'n uitdaging. Sy waardeer steeds al die mooi van kwiltwerk, blomme en ander mooi goed. Ons bly bid vir haar herstel. Riané woeker met die lappe. Sy het 'n besonderse kanselkleed gemaak. Die kwilt vir haar broerskind is ook klaar. Hy kan nou lekker snoesig slaap. Sy bly besig met allerhande mooi goed. Mariëtte werk hard aan 'n krummelkwilt wat hopelik so oor 2 of 3 jaar klaar sal wees. Hierdie keer is die kwilt vir haar eie bed. Verder woeker sy met die kosse en ander lapprodukte. OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

35

Augustus/August 2019


RianĂŠ se kanselkleed

RianĂŠ by die kwilt wat sy vir haar broerskind gemaak het Tolbosse het hulle kant met die koesterkussings en heerlike nie-bederfbare kosse vir kankerkinders gebring. Ons Tolbosse se hande is altyd besig en die atmosfeer is positief. Groete

OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

36

Augustus/August 2019


Uile Sonja skryf: Die Uile was die afgelope 3 maande baie besig. Noelene van Dalen het ‘n kwilt klaargemaak wat sy net na Nasionale Kwiltdag begin het. Iessie het haar 3-D kwilt klaargemaak, terwyl Elsie, Noelene en Elrita nog aan hul 3-D kwilte werk. Adie het vir haar ‘n pragtige onderbaadjie gemaak en tannie Estie is besig om haar New York Beauty te kwilt. Ons moes afskeid neem van Lia wat na Nelspruit verhuis het. Sy het daar sommer gou by ‘n kwiltgroep ingeskakel. Lia, ons wens vir jou net die beste toe!

Noelene, Sujanie en Lia Die Bloemfontein Uile het een Saterdag by die Zastron Uile gaan kuier en ‘n heerlike wintersdag vol naaldwerk deurgebring. Ons het ook die vlytige tannies van die ouetehuis ontmoet wat so graag deelneem aan die Gilde se uitreike. Baie dankie aan die Zastronners wat so vriendelik was en hulle pragtige dorp vir ons gewys het. Die Uile wil ook dankie sê aan die Gilde vir al die geleenthede wat vir ons geskep word om te kwilt, uit te reik na ander en nuwe vriende te maak. Elke vergadering is vir ons ‘n hoogtepunt. Uile Groete aan almal OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

37

Augustus/August 2019


MariĂŤtte bedank Annelize, Iessie en Hanlie vir hulle bydraes tot die Seemansmusse projek

Adie dra haar onderbaadjie OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

Noelene met haar kwilt 38

Augustus/August 2019


DIE LAASTE WOORD Op 21 Julie 1969 stap Neil Armstrong en Buzz Aldrin op die eerste ruimtevaarders om hierdie unieke ervaring Elizabeth II van Brittanje het, net soos staatshoofde namens haar volk ‘n boodskap van gelukwense gestuur.

die maan. Hulle was te beleef. Koningin van 72 ander lande, Dit lees soos volg:

Additional Sudoku puzzles as well as the solution to these two puzzles can be found at the following web page: https://www.puzzles.ca/sudoku OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

39

Augustus/August 2019


ALGEMENE VERGADERING – MEI 2019

Die Here sal vir jou goed wees en vir jou sorg. Die Here sal jou raaksien en vir jou sy liefde gee. Die Here sal jou goedgesind wees en vir jou voorspoed gee. Numeri 6:24-26 NLV OKG Nuusbrief/OQG Newsletter

40

Augustus/August 2019


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.