
3 minute read
STANDPUNT
- Deur Edward Smit
onderwys of selfs entrepreneurs verstaan en so gefokus is op hulle interne prosesse wat vanuit Gauteng en oorsee bestuur word, terwyl óns minerale en rykdom elke dag gemyn word. Woorde soos local preferential procurement, supplier development, enterprise development werk net op papier terwyl die soveelste ingevoerde maatskappy met hul nuwe bakkies spog en trokke ons paaie en mense in hulle maai ry
Advertisement
Ons plaaslike myne moet ophou om mooi verslae te skryf aan die tandlose DMR van hoeveel geld in plaaslike skole investeer was. Mynmaatskappye moet intens betrokke raak by die kurrikulum vanaf Graad R tot 12 met volhoubare programme om jongmense te lewer wat ‘n betekenisvolle bydrae kan en wil maak in Postmasburg waar myne bestuur word deur mense van elders wat glad nie belangstel in onderwys nie of nie eens die basiese beginsels van onderrig en leer verstaan nie. Die tyd is lankal ryp dat al die myne, groot en klein, moet ronde tafel sit met skoolhoofde en onderwysers en ‘n werkbare plan opstel vir onderwys, onderrig en leer en volhoubare sigbare ontwikkeling vir skole in Postmasburg. Elke myn hardloop in hul eie baan, maar hulle werknemers se kinders gaan elke dag skooltoe met swaar rugsakke terwyl miljarde jaarliks onder ons oë met mooi beloftes gesteel word. Dit is vanselfsprekend dat ‘n land se ekonomie op sy onderwysstelsel rus. Dit leer my kind al in die laerskool, maar in Postmasburg rus ons skole se ontwikkeling op ‘n rugsakkie, sonhoedjie, pamflette en beurse wat hoofsaaklik die myn voed om hulle boeke te laat klop terwyl die meerderheid skoolverlaters nie eens daarvoor kwalifiseer nie.
Die Noord-Kaap onderwys departement het met trots aangekondig dat hulle skole gereed is vir die 2023 akademiese jaar, maar hoe lyk die prentjie werklik in Postmasburg waar ons verlede jaar met ‘n koppie koffie en ‘n broodjie hande geklap het by ‘n Mining Indaba waar ons mense en plaaslike klein besighede weereens mislei was. Steeds wag die munisipaliteit en raad vir al die myne se SLP’s ,’n openbare dokument wat beskikbaar moet wees in die plaaslike biblioteke. oekom kan DMR nie die myne tot orde bring?
Ons jongmense het geslaag en baie geluk aan julle harde werk en opofferings. Maar wat gebeur nou verder in Postmasburg waar mynmaatskappye telkens beloftes maak van hoe hulle die dorp gaan ontwikkel en plaaslike klein besighede aan die hand sal neem? ’n Nuwe jaar en fase lê nou voor vir hierdie jongmense in Postmasburg waar ons opgewonde hande klap vir ‘n food parcel, cheap kombersies waterbotteljies en ‘n sonhoedjies.
My opregte dank en waardering aan die twee groot myne in Postmasburg wat die afgelope paar jare werklik sigbaar is in die breër Tsantsabane en enkele kontrakteursmaatskappye. Gaan terug na julle drawing boards en hoofkantore in Gauteng en maak skoolhoofde in 2023 intens betrokke by besluite wat hulle en hul leerders raak en kom terug met volhoubare planne wat werk (nie mobiele klaskamers) sodat ons skole uitvoerprodukte lewer wat alreeds vanaf die grondslagfase voorberei word vir ‘n veranderde wêreld en myndorp. Julle fokus is slegs op Graad 12 leerders en beurse wat julle sisteme voed, terwyl die basis van hierdie jongmense vernalaat word.
Ter afsluiting”Geluk aan julle jongmense wat geslaag het, maar die stelsel in sy geheel het julle alreeds in Graad 1 gefaal. Dis hartseer om te sien hoe my voormalige leerders op Facebook trots vertel dat hulle geslaag het en ek as onderwyser ‘n aandeel het in die verplettering van hul drome en ‘n voorstander was van ‘n stelsel wat grootliks bydrae tot werkloosheid in Suid-Afrika.
Aan Postmasburg se arrogante mynbestuurders wat ons gemeenskappe mos hof toe sleep, tandlose DMR en raadslede wat oor en weer stry in raadsvergaderings moet met nuwe oë kyk na Onderwys in Postmasburg. Ons is verby rugsakkies en food parcels wanneer die ou man op 18Julie verjaar, mooi speeches en press releases . Gee vir ons jongmense in Postmasburg hoop en iets om na uit te sien ná Graad 12, want nog ‘n groep jongmense gaan nou gefrustreerd tuis sit in ‘n dorp waar jy mos hof toe gevat word as jy die mynreuse aanvat wat glo hulle doen ons ‘n helse guns deur volhoubare projekte aan die agbare burgemeester te oorhandig wat uit Gauteng met ‘n ysterhand gedryf en gemanipuleer word en politicians en hul boeties wat agter baie kontrakte en aanstellings sit by myne in Postmasburg.Ja, selfs blindes sien dit raak.
Jou kind het sy matriek geslaag. Wat nou?
Hierdie stuk word ondersteun deur my grondwetlike reg tot Vryheid van spraak en uitdrukking. So, vat my hof toe!
