
1 minute read
Upington College Teen Upington Lions Krieket 2023 Liga
Upington Lions het Saterdag 21

Advertisement
Januarie 2023 in hulle 1ste wedstryd van die ZFMT20 liga vir 2023 gespeel teen Upington College. Dit was 'n mooi bewolkte oggend vir krieket met paar druppels wat by tye geval het.
Upington Lions wen die loot en besluit om 1ste te boul en verdwerk te doen. Die wedstryd was verseker nie die begin wat Upington Lions in die ZFMT20 liga sou wou gehad het nie, met verbroude vang kanse en swak veldwerk kon Upington Lions nie vir College beperk tot 'n lae totaal nie en teken College 158/5 aan in 20 beurte. Boulers wat goed gedoen het en paaltjies kon kry was Marius Goussard 2 beurte5 lopies - 2 paaltjies,Chris Voges 4 beurte - 33 lopies - 2 paaltjies, Rohan Malan 2 beurte - 28 loipes - 1 paaltjie ,Jaco Beukes 4 beurte - 16 lopies - 0 paaltjies en SJ Becker 4 beurte - 27 lopies - 0 Paaltjies.

Na die breuk het Uington LIons gaan kolf, Jaco Beukes 23(17) & AdeelAzam 15 (19) open die beurt. Upington Lions begin die lopie afslaan goed en was na 5 beurte 33/1 maar dan na het die bus se wiele afgeval en dit nooit gelyk of Upington Lions dit gaan maak nie. Enigste ander kolwer wat die manne in die veld biejtie kon rondjaag wasAnthony Grobler 19* (18) nie uit nie. Upington Lions kon slegs 100/10 aanteken in 17.2 beurte en verloor ongelukkig met 58 lopies.
Dit is nie die begin wat Upington Lions wou hê nie, maar soos die mense se, Upington Lions gaan le nooit en baklei tot die einde. Dit was die 1ste wedstryd van die liga en daar is nog 7 oor, ons sal sterket en beter terug kom.
Dit was soos altyd tussen die 2 klubs 'n baie lekker wedstryd gewees. Die naweek 28 Januarie 2023 ry ons uit om teen Kenhardt in Kenhardt te speel en Keimoes Tigers in Keimoes.
Upington Lions Krieket Klub se beste kolwers:

1.Jaco Beukes 23(17)
2.Anthony Grobler 19(18) *
3.AdeelAzam 15 (19)
Upington Lions Krieket Klub se beste boulers:

1.Marius Goussard 2 beurte - 5 lopies - 2 paaltjies