

Kampioen wil inspireer
LIZA-MAY PIETERS
Verlede jaar se Vrystaatse Sportster van die Jaar, Louzanne Coetzee, het glad nie verwag om met dié gesogte titel weg te stap nie
Vanjaar keer sy egter terug, nie as ’ n deelnemer nie, maar as gasspreker op dieselfde spoggeleentheid Coetzee, Bloemfontein se geliefde paralimpiese atleet, is in 2024 dubbeld vereer toe sy die Sportvrou van die Jaar- én die algehele Sportster van die Jaar-eerbewys ontvang het
Die gasvrou vir vanjaar se geleentheid is die voormalige Protea-netbalspeler Vanes-Mari du Toit Sy sal saam met Rethabile Moshounyane, ’ n plaaslike radio-aanbieder en student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), die verrigtinge lei
“Ek het verlede jaar glad nie my eerbewyse verwag nie Ek het buite met iemand gesels toe ek hoor my naam word aangekondig,” vertel Coetzee
“Dit was vir my ’ n groot verrassing” Coetzee, wat gesiggestremd is, het reeds wêreldwyd bekendheid verwerf Sy het ’ n silwermedalje in die T11-af-

Louzanne Coetzee en haar man,Jeandré
Badenhorst,op verlede jaar se Vrystaatse
Sportsterre-toekenningsaand Vanjaar is sy die gasspreker Foto:Mlungisi Louw
deling van die 1 500m-wedloop en ’ n bronsmedalje in die T12-marathon op die 2020 Paralimpiese Spele in Tokio gewen In 2024 het sy haar sukses voort-

gesit met nog ’ n bronsmedalje in die 1 500m op die Paralimpiese Spele in Parys
Sy is nou hard aan die oefen vir die Berlyn-marathon, wat in September plaasvind
Coetzee sê sy sien baie uit na die Sportsterre-aand, dié keer as inspirasie vir ander
Hou Novus Media se gemeenskapskoerante in die Vrystaat – BloemNuus, BloemExpress, Vista en VrystaatKroon – dop vir meer inligting oor vanjaar se benoemings
Die geleentheid word op Donderdag 9 Oktober aangebied en begin om 18:00 vir 18:30
Kaartjies kos R480 per persoon en R4 800 vir ’ n tafel van tien
Om bywoning te bespreek of meer inligting te kry kontak Ainslee Oosthuyen by 074 120 4450 of stuur e-pos na ainslee@spottedapple co za
Nuusaanbod bars aanlyn uit nate
Novus Media het NovaNews co za –’ n omvattende, nasionale nuusplatform met bydraes van 21 gemeenskapskoerante, waaronder VrystaatKroon –amptelik bekendgestel
Dié digitale nuussentrum lewer betroubare, diepgaande joernalistiek in Engels en Afrikaans Dit alles sonder betaalmure of versteekte koste
Die nuwe platform bied gebruikers maklike toegang deur enige webblaaier, met die opsie om ’ n ikoon op hul mobiele tuisblad by te voeg vir onmiddellike toegang tot brekende nuus, gemeenskapsnuusflitse en nasionale en internasionale dekking
Wat die platform uniek maak, is die hiper-plaaslike inhoud van 21 Novus Media-gemeenskapstitels wat in druk oor die Noord-, Oos- en Wes-Kaap, en oor die Vrystaat heen, versprei word BloemNuus, NoordkaapBulletin, Vista, Eikestadnuus, Paarl Post en PE Express is onder meer deel hiervan
Die afsonderlike webwerf van elke gemeenskapskoerant, soos reeds met vrystaatkroon co za, gee ’ n stem aan plaaslike gemeenskappe, terwyl hulle aansienlik groter gehore met uitgebreide nuusdekking betrek “NovaNews co za is ’ n eenstop-bestemming vir betroubare joernalistiek, wat alles dek van brekende nuus tot hiper-plaaslike gemeenskapstories, asook leefstyl-, skole- en sportnuus

Die platform beklemtoon sy verbintenis tot die lewering van outentieke, betroubare nuus op plaaslike en nasionale vlak,” sê Esmé Smit, hoofbestuurder van Novus Media
“Ons bied nuus waarop jy kan staatmaak – nuus wat nie vals is nie, nuus wat saak maak; naby aan die huis en divers, getrou aan ons reënboognasie en kultuur,” sê sy
Lise Beyers, nasionale digitale nuusredakteur vir Novus Media, sê sy is opgewonde oor die bekendstelling van dié baanbreker-media- platform
“Die unieke gemeenskapstemme van ons diverse land is vir te lank nie gehoor nie Daar is soveel stories wat in ons gemeenskappe versteek lê en NovaNews sal hierdie stories ’ n platform gee, tesame met die feit dat hulle ons lesers oor die land heen ingelig hou oor belangrike nasionale en internasionale nuus
“Hierdie baanbreker- digitale platform bring Novus Media se gemeenskapskoerante bymekaar en skep ’ n ongekende media-ekosisteem wat die outentieke stem van plaaslike gemeenskappe bewaar, terwyl dit nasionale en internasionale nuusdekking naatloos integreer”
Bekendstellingskompetisies
Novus Media bied twee kompetisies aan vir gebruikers wat hulle op die NovaNews-nuusbrief inteken en NovaNews op Facebook volg In die Soektog na die ster-kompetisie kan deelnemers een van vyf Pick n Pay-koopbewyse van R4 000 of ’ n luukse verblyf van twee nagte vir twee mense by The Boardwalk Hotel in Gqeberha wen, geldig vir ses maande Reiskoste is vir die wenner se eie sak
In die Nou waa is daai star-kompetisie is verskeie sterre in berigte op die novanews co za-tuisblad versteek
As jy ’ n ster vind, klik daarop en ’ n vorm sal verskyn sodat jy jou op die NovaNews-nuusbrief kan inteken Volg dan NovaNews op Facebook
Digitale vernuwing
Novus Media se verbintenis tot toeganklike digitale joernalistiek word deur ’ n vernuwende gebruiker-ervaring verteenwoordig Met vals nuus wat mediageloofwaardigheid uitdaag, beklemtoon novanews co za sy toewyding aan feitelike, bevestigde verslaggewing
Kompetisiebesonderhede is beskikbaar op novanews co za en betrokke sosialemediakanale
Stigterslid van koerant
vol,
ryke lewe gevier
MADLI GROBBELAAR
’ n Stigterslid van die destydse Vrystaat-koerant, nou VrystaatKroon, se lewe is onlangs gevier ná sy afsterwe in die ouderdom van 88 jaar
Charl van Rooyen is op 25 Junie in die Mediclinic Bethlehem aan hartversaking dood Hy het begin Junie ’ n pasaangeër ontvang
Van Rooyen is in 1937 in Lindley gebore, waar hy op sy familieplaas grootgeword het
Ná skool het hy landbou aan die Universiteit van Pretoria (UP) studeer
Sy loopbaan het by die destydse Wolraad in Stellenbosch begin, en in dié tyd het hy sy toekomstige vrou, Riana Willers, deur sy suster Ansie ontmoet Hulle het saam aan die Heidelbergse Onderwyskollege studeer
Van Rooyen en Riana is kort daarna getroud, waarna hulle na Bethlehem verhuis het en hy by Vleissentraal begin werk het
In sy tyd by Vleissentraal is Van Rooyen tot bestuurder van die stoetveeafdeling in Pretoria bevorder Hy het ook as afslaer by Roderick, Martin and Purdham gewerk Daarna is hy deur Yskor aangestel om ’ n landbouafdeling genaamd Ferroland Grondtrust te begin
As veekundige was hy oor die jare heen by verskeie telersgenootskappe betrokke en het hy as adviseur opgetree Hy was tot en met 2023 by die tuli-beestelersgenootskap betrokke Hy het later steeds saam met sy dogter Adria van Rooyen, ’ n grafiese kunsternaar, die Tuli Joernaal behartig
Van Rooyen was bekend vir sy dormerstoetery, genaamd Vanovis Dormers, waardeur hy ’ n groot bydrae tot die ontwikkeling van die ras gelewer het Hy het ook die Maluti Dormergroep help stig

Van Rooyen was een van die stigterslede van Vrystaat, wat in 1975 in Bethlehem die eerste keer die lig gesien het Dit was die eerste Afrikaanse koerant in die dorp Hy het saam met Petrus Pretorius, Julian Papenfus, dr Henri Brummer en Zach Coetzee die koerant op die been gebring Johan Nel van Pretoria is as die eerste redakteur aangestel
Ná vele uitdagings is Vrystaat op 7 Mei 1975 op ’ n spoggeleentheid in Bethlehem bekendgestel Die koerant het van hande verwissel totdat dit in 1999 aan Media24 verkoop is, en in Oktober 2024 is dit aan die Novus-groep verkoop
Benewens sy passie en liefde vir diere, beskryf Van Rooyen se familie hom as ’ n mense-mens In sy jonger dae was hy ’ n kranige tennisspeler en het hy sport geniet In die laaste tyd het hy rolbal gespeel Hy word oorleef deur Riana (80); drie dogters, Hannelie van Rooyen (55), Corlia Boshoff (53) en Adria van Rooyen (50); skoonseuns Jandré Boshoff en Andrew Hope; asook sy kleinkinders, Adré (27) en Beate Boshoff (23)
Van Rooyen se lewe is op 5 Julie om in die lapa van die Bergprag-aftreeoord in Bethlehem gevier
KOMMER KRING MET RIOOL-KRISIS UIT
MADLI GROBBELAAR
’n Dringende versoek vir onmiddellike optrede is aan die Moqhaka-munisipaliteit gerig rakende die ernstige riool-kwessie waarmee die gemeenskap van Viljoenskroon en Rammulotsi saamleef AfriForum het dit op 7 Julie gerig Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, het die munisipaliteit oop slote deur Rammulotsi gegrawe om rou riool sowat 3km van die rioolaanleg na die Vredefort-pad te herlei
“Dit het ’n negatiewe invloed op die omliggende mielieplase en veroorsaak ’n gesondheids- en omgewingsrisiko vir inwoners van die dorp”
Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor kinders wat daagliks deur die besoedelde gebied stap na die plaaslike padstal, waar ’n ondraaglike stank in die lug hang Dit word ook opgemerk dat die vleiland, wat ’n toevlugoord vir voëllewe was, nou feitlik dood is weens die rioolbesoedeling Pretorius sê hulle eis dat Moqhaka dit staak om riool in oop slote te herlei; asook dat ’n dringende inspeksie by, en opknapping van, die rioolaanleg uitgevoer word AfriForum versoek ook ’n omgewingsimpakstudie van die vleiland en omliggende landbougrond, ingryping om die kwesbares se gesondheid te beskerm en deursigtige kommunikasie oor regstellende maatreëls en tydlyne


Charl van Rooyen saam met sy vrou, Riana Foto: Verskaf

P esident lei el met



Op die Bethlehem-Rotary-klub se inhuldigingsgeleentheid is drie lede met die Paul Harris-eerbewys vereer,vir hul jare lange bydrae tot die organisasie en gemeenskap.Hulle is van links André Pieterse,Eduard Marais en Brian Jardine Foto:Verskaf
Sukses hier gekweek
Die Noord-Vrystaat spog omtrent met prys-wenners uit verskeie oorde en dit is heerlik om almal se suksesverhale te lees. Dit bied lekker positiewe nuus in die soms negatiewe wêreld
Eerstens is die Suid-Afrikaanse mampoerkonings hier reg onder ons neus
Willem en Hendrik Marais, onderskeidelik van Steynrus en Kroonstad, het ’ n groot indruk gelaat op vanjaar se nasionale kompetisie van die Kultuurstokersgilde wat in Pretoria aangebied is
Die pa-en-seun-duo se gunsteling-tydverdryf is om saam mampoer te stook en die proses tot die fynste te bemeester
Wat hulle inderdaad reggekry het Die hele proses om te stook en die vele fassette het hulle behoorlik onder die knie
Elke stooksel bied vir dié twee ’ n splinternuwe uitdaging wat hulle albei baie geniet, al is dit ’ n kuns wat bowenal geduld en deursettingsvermoë verg
Volgens die Marais’s is dit beslis gehaltetyd wat pa en seun saam deurbring, en dit is vir hulle heerlik om altyd iets nuuts die lig te laat sien
Hulle stook al sedert 2017 saam
Dan is daar ook ’ n boorling van Koppies, wat die direkteur en strategiese projekuitvoerder van die Netcare-hospitaalgroep is, wat ’ n baie gesogte internasionale eerbewlys in Londen ontvang het
Gerhard Weiss het ook verlede jaar ’ n prys in Londen ontvang vir die projek in verband met ’ n digitalisering-stelsel van gesondheidsrekords wat dokters in staat stel om pasiente se mediese inligting elektronies te bekom ’ n Groot hupstoot in die moderne en digitale wêreld
Dit is inderdaad heerlik om te lees hoe die plattelanders in ons eie streek groot pryse, nie net op nasionale nie, maar ook op internasionale-vlak, gaan haal


Vertoon nog bibberkoud voordat sneeu vir eers wegsmelt
wat om sy natuurskoon bekend is,is die R711-pad tussen Clarens en Fouriesburg.Die pad bied indrukwekkende rotsformasies,uitsigte op die Maluti-berge en asemrowende natuurtonele Verlede week is dié foto,waarop die Maluti-berg nog lig met sneeu bedek is,langs die R 711 geneem Foto: Juanita Steyn
Koue takel alles af, maar voed dankbaarheid
MADLI GROBBELAAR
Kyk, ek weet nie of dit nou die ouderdom is nie, maar vanjaar se winter voel ek aan die been kou
Dit is ’ n ongenaakbare koue, en is verseker erger as verlede jaar en selfs die jaar voor dit, oortuig ’ n mens jouself Die winter is hier en ons voel dit
Ek het altyd in my binneste gelag as mense sou sê dat die een of ander liggaamsdeel pyn weens die snerpende koue
Ons ken almal daardie familielid wat altyd sê die koue is op pad, want “ek voel dit in my heup of
skouer” Hoe is dit moontlik, het ek by myself gedink
Wel, dié winter is ek deel van die statistieke ’ n Ou been-en-enkelbesering het skielik begin pyn
Ek het eers gedink ek verbeel my toe my ou beserings aankondig die winter is hier
Ek trek toe maar die ou warmwatersakkie nader om die onstelde been en enkel tot bedaring te bring
Daardie selfde ongenaakbare koue wat die winters van my kinderjare ondraaglik gemaak het, is vanjaar híér
Dié winter het ek besluit ek dra sommer my japon bo-oor my klere wanneer ek sit en werk, want selfs die vingers is traag om die sleutelbord te tik
Sonder ’ n heenkome
Hoe bevoorreg ek is om met koue vingers ’ n storie in my huis, wat nou wel nie warm is nie, te kan sit en skryf
Diep dankbaar, al pyn die been, gaan skakel ek die ketel aan vir ’ n heerlike koppie tee Vrystaatse
Sielskos
Dit laat my terugdink aan my grootwordjare daar in die hartjie van die Noord-Kaap, daar waar die klippe in die somer swart bak as gevolg van uiterste hitte en alle waterpype in die winter tot vroegmiddag gevries is weens die snerpende koue
DR HANNES ELS
In Matteus 14:22-23 lees ons
Jesus se tyd met die Vader leer ons van lewe Vers 23 lees: Toe almal weg is, het Jesus alleen teen die berg opgeklim om te gaan bid Daar het Hy tot laat in die nag gebly Jesus het in alle dinge guns van die Vader na Hom ervaar, en Hy na ander Dit gebeur nie vanself nie Dit begin by die grootste en eerste wet (Matteus 22:38) vir lewe Dit is alleentyd met God
Daar was tyd in Jesus se lewe vir ander dinge, maar Hy het nooit toegelaat dat die tyd met God daardeur in gedrang kom nie Hy doen niks voordat Hy dit
nie eers met God bespreek het
nie Dit is ’ n erkenning daarvan dat geen oorvloed lewe buite God se seënende hand kan wees
nie: Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid (Lukas 5:16) Niks kan aanhou werk sonder onderhoud nie: motors word versien, huise word geverf, verhoudings vra vergewing en so meer Stiltetyd versterk ons verhouding met God; laat ons fokus op wat saak maak; help ons groei deur alle lewensfasette; en gee oortuiging om voluit te leef
Kry alleentyd met God voorkeur sodat jy die Heilige Gees se leiding hoor en gereed is vir enige gebeurlikheid selfs trauma?
Gebed
Vergewe my, Vader, dat ek dink lewe vind vanselfsprekend plaas Ek wil graag sinvol deur alle omstandighede leef Amen ■ Els is ’ n oudleraar van Kroonstad
Dan kom daar ’ n rondloperkat verby wat ek maar so skelmpies voer die arme ding lyk wees en honger, so ek sit maar vir hom veral met die winter ’ n bakkie met katpille uit
Terwyl ek so na die kat kyk wat gulsig die kos verslind, besef ek net weer hoeveel hawelose mense die ongenaakbare koue moet trotseer
26 JULIE
Die FAK hou ’n gholfdag by die Bethlehem-gholfklub Deelname kos R2 000 per vierbal en elke deelnemer kry halfweghuis-verversings en ’n konsertkaartjie ’n Putjie kan teen R1 000 geborg word Die formaat is “shotgun”, en spelers slaan om 11:00 af Bel Debbie-Anne Burger by 083 340 7550 of Thys Schoeman by 083 647 6935
Tafelronde 42 in Kroonstad hou ’n dansparty op die landbouskoolterrein in die dorp Bywoning kos R250 per persoon of R2 000 per tafel ’n Skaapkop- enhoender-ete sal bedien word Bel Marc Dalton by 076 627 7652 of CP Olckers by 079 696 1899
1 AUGUSTUS
Die NG kerk Kroonstad-Suid bied ’n aand-kermis aan: ’n kuiergeleentheid vir oud en jonk met n wye verskeidenheid vermaak en lekker eetgoed Verrigtinge begin om 17:00 op die kerk se terrein in Schonbornstraat, Suidrand
Ons het immers so baie om voor dankbaar te wees Die hawelose leef op genade, en ek wonder hoeveel pyn, nie net fisiek maar emosioneel, die mense op hul eie moet deurmaak Dan bid ek maar weer om dankie te sê; asook vir elke hawelose mens en dier wat op hul eie aangewese is En om jammer te sê dat ons so maklik kan kla
2 AUGUSTUS
Die AfriForum-jukskeidag word by Jukskeipark in Kroonstad aangebied Deelname kos R200 per span Dubbelspel- en spanwedstryde sal gespeel word Deelnemers moet hulle teen Maandag 28 Julie inskryf Skakel 074 650 4745 of 056 215 1595 met navrae
8 AUGUSTUS
’n Gholfdag ten bate van die DBV in Bethlehem word deur Railway Liquorland Bethlehem by die Clarens-gholfbaan aangebied Deelname kos R350 per speler Elke speler kry ’n halfweg-ete Rig navrae aan Marius Dreyer by 082 819 7882; om deelname te bespreek, bel Heinrich Dyer by 058 256 1270
18 TOT 22 AUGUSTUS

Die Kroonstad Eisteddfod vind plaas met deelname in onder meer dans en ballet, blommerangskikking en redenaars Inskrywing het reeds gesluit Vir inligting stuur e-pos na kroonstadeisteddfod@gmail com


T029679/2006 LOST OR DESTROYED DEED
Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer T029679 /2006 passed by Andrew Willemse, Identity Number 7512275062088 and Thea Willemse Identity Number 7703020084085 in favour of DEAN CHAPMAN MUMBY
I d e n t i t y N u m b e r 7412035042084 and Megan Ann Mumby, Identity Number 7605230054081, married in community of property to each other. in respect of REMAINING EXTENT OF ERF 401 HARRISMITH, DISTRICT HARRISMITH PROVINCE FREE STATE In Extent 800 (Eight Hundred) square metres. Held by Deed of Transfer No. T029679/2006 which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of required in of Bloemfontein weeks publication Dated this D APPLICANT ABIGAIL ABIGAIL Attorneys, Conveyan 0114854372

T1505/2015 LOST OR DESTROYED DEED
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a Certified Copy of Deed of Transfer Number T1505/2015 passed by Abdul Razzak Osman in favour of Mahommed Amir Haroon and Sana Amir Haroon who are married to each other in community of property in respect of:
ERF 1518 LADYBRAND, EXTENSION 17, DISTRICT LADYBRAND, PROVINCE FREE STATE IN EXTENT 849 (EIGHT HUNDRED AND FORTY NINE) Square metres HELD BY Deed of Transfer Number T1505/2015 which has been lost or destroyed.
All interested persons having obj tio to the issue

T6988/1994
Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die u i t r e i k i n g v a n ' n gesertifiseerde afskrif van Transportakte Nommer T6988/1994 gepasseer deur SOUTH AFRICAN HOUSING TRUST LIMITED, Registrasie nommer 860484606, ten gunste van MAOKENG CITY COUNCIL, ten aansien van sekere ERF 10165 MAOKENG DISTRIK KROONSTAD, PROVINSIE VRYSTAAT GROOT: 248 (TWEE H O N D E R D A G T E N VEERTIG) vierkante meter en verskeie ander erwe wat verlore geraak het of vernietig is.

H. VAN COLLER
IN THE ESTATE OF THE
LATE: HEIDI VAN COLLER
IDENTITY NUMBER: 710210
0037 08 1
DATE OF DEATH: Thursday, 01 February 2024 ADDRESS: 19 PAVER STREET REITZ AND SURVIVING SPOUSE:
M
GILIOMEE VAN COLLER
IDENTITY NUMBER: 680408 5006 08 7
ESTATE NUMBER:
004964/2024
Debtors and Creditors in the above estate are hereby requested to submit their claims and pay their debts to the undermentioned within a period of 30 days as from Friday, 18 JULY 2025.
THE MANAGER EFFICIENT BOARD OF EXECUTORS P O BOX 17

J. PIENAAR
KENNISGEWING IN DIE BOEDEL VAN WYLE

W.J.S. MEYER IN DIE BOEDEL VAN WYLE
SCHONBORN STRAAT 10 , KROONSTAD EN WIE
OORLEDE IS OP 27 MEI 2025
BOEDEL NOMMER: 4193/2025 KREDITEURE en DEBITEURE in bogemelde boedel word hiermee aangesê om binne 'n tydperk van DERTIG (30) DAE vanaf datum van publikasie hiervan hul eise teen die boedel in te stel en hulle skulde aan die boedel te betaal.
REZA DAY
Eksekuteur p/a REZA DAY INGELYF
HAMILTON GEBOU
Markstraat 27, Posbus 7067
KROONPARK 9502
Tel: (056) 11 000 48
identiteitsnommer 490907 5039 08 9, woonagtig te DIE PLAAS DOORNSPRUIT, DISTRIK KROONSTAD, PROVINSIE VRYSTAAT, Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul rekenings in te dien en hul rekenings te betaal by ondergetekende binne dertig dae gereken vanaf 18 JULIE 2025, BOEDELNOMMER: 4651/2025
G L HARTMAN(CHM186)
Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Presidentstaat 25 Posbus 26 Kroonstad Tel 056 2124275

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE 4205





Potchefstroom 2531
Tel: 018 297 8799
Email: sumaris@mmlaw.co.za
Ref: S. Schutte/MAT9987

BRANDHOF 9324
Verw: L VISSER/KA0106/368332



TRUST
KRAMER, WEIHMANN INC.
POSBUS 12322
BRANDHOF 9324
Verw: L VISSER/KA0118/370782




J.P. Van Den Berg In the Estate of Jacobus Petrus Van Den Berg with



Wednesday, 16 July 2025
Wêreldbyeenkoms in die vooruitsig
Skutdubbeldindiekol
MADLI GROBBELAAR
’n Jong skut van Bethlehem is deur die SuidAfrikaanse Praktieseskietvereniging (Sapsa) ingelig dat hy ’n tweede keer vanjaar vir ’n
nasionale skietspan gekies is
plek in die senior span losgeslaan
Hy het op 14 en 15
Junie aan die derde en laaste nasionale ronde vir keuring deelgeneem, waar hy die eerste plek in die produksie junior-afdeling (ouderdom 16 tot 18 jaar), eerste plek in die produksie-afdeling (18 tot 60 jaar) en ’ n tweede
Leibrandt word deur
Johnny Loupellis van die Frontier-skietklub in Stilfontein bygestaan en afgerig Intussen oefen hy feitlik daagliks op die Rolo-skietbaan buite Bethlehem vir die wêreldkampioenskap
Leibrandt sê sy liefde vir dié sportsoort het hy van sy oupa Kobus


Beïndruk met hokkiespel
’n Leerling aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem,Janri Viljoen,is as beste junior speler aangewys op vanjaar se Rhino-hokkieweek,waar sy die Noord-Vrystaatspan verteenwoordig het Die sportweek het van 8 Julie tot Saterdag in die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) se Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark plaasgevind Foto: Verskaf
