DURBANVILLE
VDH Attorneys Free Wills, Administration of Deceased Estates, Civil, Divorce, Property Transactions, Evictions, Bail & Criminal / Debt Matters
www.vdhattorneys.co.za Bellville: 074 858 6152 Grassy Park: 076 503 6916 NM10014220-QK030625
Woensdag, 11 Junie 2025 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | Website: www.tygerburger.co.za
BEKROONDE PRODUKSIE BY KULTURA-FEES Die veelbekroonde produksie Kamphoer met Sandra Prinsloo is op Vrydag 20 Junie om 19:00 te sien by die Hoërskool Curro Durbanville se splinternuwe Kultura-fees. Die stuk is gegrond op Francois Smith se topverkoper-debuutroman en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman. Prinsloo vertolk die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) in ’n konsentrasiekamp beland waar sy deur twee Britse offisiere en ’n joiner wreedaardig verkrag en vir dood gelaat word. Sy oorleef die gruweldaad en reis gedurende die Eerste Wêreldoorlog na ʼn psigiatriese hospitaal in Engeland, waar haar paaie kruis met een van haar verkragters, waar hy as pasiënt aan bomskok ly. Met dié herontmoeting word Susan opnuut met die pyn en vernedering van haar verlede gekonfronteer. Dié kragtige drama het talle toekennings ingeryg na vyfster-resensies en uitverkoopte vertonings landwyd. Geen kinders onder 14 jaar word by vertonings toegelaat nie. Kaartjies kos R220 en is by Quicket beskikbaar.
TWEE BADISA-KOLLEGAS STERF ENKELE MAANDE NA MEKAAR
Durbanville in rou ESMÉ ERASMUS
D
ESME.ERASMUS@NOVUSMEDIA.CO.ZA
ie gemeenskap van Durbanville en omstreke is in rou gedompel nadat twee van sy grootste gemeenskapsleiers in een naweek in afsonderlike omstandighede gesterf het - eers Leon Erasmus, wyd gerespekteerde hoof van die Hoërskool Fairmont, verlede Vrydag na 'n lang stryd teen kanker, en toe Annemarie Bezuidenhout, 'n geliefde anker van die Badisa-welsynorganisasie, Sondag
FAIRMONT-SKOOLHOOF VERLOOR STRYD
na 'n kort siekte. Boodskappe van medelye het op Facebook vanuit alle oorde ingestroom. PASSIE EN VISIE Badisa het Sondag op sy Facebook-blad die heengaan van Bezuidenhout, direkteur van bemarking, fondswerwing en kommunikasie by Badisa se bestuursprogram, aangekondig. "Met groot hartseer deel ons die nuus van die afsterwe van ons
geliefde kollega en vriendin, Annemarie Bezuidenhout. Annemarie is op Sondag 8 Junie vreedsaam oorlede ná ’n kort siekte terwyl sy met jaarlikse verlof was. Sy was in haar laaste oomblikke omring deur dié vir wie sy lief is," lui die Facebookinskrywing. "Annemarie was meer as net ’n leier – sy was ’n lojale vriendin, ’n toegewyde voorvegter en ’n helder lig in ons organisasie. Haar pad met Badisa het in 1988
begin as maatskaplike werker by die Durbanville-kinderhuis (1 April 1988 tot 31 Julie 1991). “In 1998 het sy teruggekeer as bestuurder van die kinderhuis (1 Mei 1998 tot 31 Maart 2009), en sedert 2009 het sy haar passie en visie met oorgawe in die Badisabestuursprogram ingespan. Deur die jare het Annemarie nie net Badisa se handelsmerk help vorm en versterk nie, maar ook diep spore getrap in die stories wat sy vertel het en die verhoudings wat sy gebou het,” lui die inskrywing. NA BLADSY 2
BELOVED PRINCIPAL DIES AFTER LONG BATTLE WITH CANCER PAGE 4
IMPACT OF DIVORCE ON KIDS DISCUSSED AT BREAKFAST PAGE 9
BICYCLE LEAGUE A DEVELOPMENT PATHWAY PAGE 16