Swartland Gazette E-edition - 22 April 2025

Page 1


Polisieman in rolstoel

Verlamde korthulp

’n Pleidooi vir finansiële hulp en bystand vir ’n geliefde polisieman van Moorreesburg, wie se lewe in 2023 weens verlamming onherroeplik verander het, doen tans die ronde.

Die passievolle en toegewyde Ahzerian Esterhuizen, beter bekend as Aziz (30), ’n 30-jarige polisieman wat vir tien jaar lank uitsonderlike diens aan die plaaslike gemeenskap van die Swartland gelewer het, staar sedert daardie donker dag op 26 Februarie 2023 ondenkbare uitdagings in die gesig, wat saam met ernstige beserings gekom het.

Aziz – oorspronklik van Mafikeng, Noordwes – het aan die Hoërskool Swartland matrikuleer. Hy het nog altyd ’n passie gehad om ander te help en ’n verskil te maak nadat hy as kind moes toekyk hoe ander jong mense se lewe daagliks deur dwelms verwoes word. Ná sy matriekjaar het hy Moorreesburg toe getrek.

’n Geleentheid by die plaaslike polisiekantoor het hom voorgedoen, wat Aziz met albei hande aangegryp het. Dit het hom uiteindelik die kans gegee om die verskil in ander se lewe te beteken.

aweek aan hulle hite van Besige Bytoca, Amy Mitchells, lle van links na regs.

“Aziz het van die eerste dag af gewys hy is anders,” vertel ’n kollega

“Sy energie, passie, die wyse waarop hy elke dag opgedaag het – dit was aansteeklik.”

“Hierdie [versoek] gaan nie oor geld nie – dit gaan oor hoop.”

Aziz is twee keer as Polisieman van die Jaar vir Moorreesburg aangewys Hy het sy roeping om ander te help met passie en toewyding uitgeleef totdat ’n motorongeluk hom tot stilstand geruk het.

Volgens die plaaslike inwoner Ghida Visser, was Aziz saam met drie ander lede van die polisie besig om ’n verdagte agterna te sit toe die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor het.

Die ongeluk het buite Malmesbury op die N7-snelweg se afrit na Bokomoweg gebeur Konst. Ntsika Phatel is in dié voorval dood. Aziz het op sy beurt ’n ernstige rugbesering (C4-ruggraat) opgedoen,wat hom van die skouers af verlam het.

Behalwe vir 24-uur-versorging en ondersteuning van familie, vriende en kollegas, het Aziz se dryfveer om steeds tot diens van ander te kan wees, sy geesdriftige geaardheid en sy deursettingsvermoë hom deur die afgelope twee jaar gekry.

Groot finansiële, mediese en fisieke uitdagings bly egter ’n daaglikse kopseer

NA BLADSY 2

VANAF BLADSY 1

Hoewel ’n eis teen die padongelukkefonds ingestel is en sy rugbesering aan ’n indiensbesering toegeskryf is, het geen vorm van uitbetaling intussen plaasgevind nie.

Aziz, wat tans in die Paarl saam met sy meisie woon, werk as administratiewe beampte by die Paarl-Oos-polisiekantoor, waar hy sy passie vir mense kan uitleef, maar wat ook noodsaaklik is om hom finansieël en fisiek te ondersteun

“Daarom is besluit om ’n geldinsameling namens hom te doen,” voeg Visser by. Sy oudkollegas wat die geldinsamelingsprojek ondersteun, spreek groot lof teenoor Aziz uit. “Hy het net ’n manier gehad om met mense te werk – ook met sy kollegas. Hy is die mees inspirerende konstabel nog!”

Volgens sers. Jantjie van Moorreesburg is dit maklik

om oor hom te praat. “Hy is passievol; hy het altyd ’n plan en is altyd gereed om te doen

Hy is ’n go-getter Daar is net iets aan hom wat sy kollegas altyd laat regop sit en laat glo het: Vandag gaan iets goed by die werk gebeur.”

Volgens Visser het hy altyd geweet wat hy uit elke dag wou hê en Aziz het alles met ’n glimlag gedoen. “Hy het nie net in ons gemeenskap gewerk nie –hy wás en ís deel daarvan.”

Aziz ontvang nie net daaglikse versorging nie, maar is afhanklik van hulp wat medikasie en fisioterapie insluit.

Visser vra in haar skrywe op sosiale media dat enige bystand en ondersteuning van groot waarde sal wees

“Hy was altyd daar vir ons Nou het hy ons hulp nodig.”

As deel van die geldinsamelingsprojek, word lootjies teen R100 per lootjie verkoop met ’n hele slaglam as prys, geborg deur die plaaslike inwoner Gerhard Koch.

Volgens haar is die projek begin om hulpmiddels beskikbaar te stel en ondersteuning te bied wat Aziz se lewe makliker en beter sal maak.

“Hierdie gaan nie net oor geld nie – dit gaan oor hoop. Dit gaan oor waardigheid en oor liefde en dankbaarheid. Kom ons wees daardie gemeenskap wat onthou, wat opdaag en wat teruggee.”

•Kontak Ghida Visser by 0730445552 of epos ghidavisser@

Civic leader murdered

Murphy Roberts

The assassination of South Afican National Civics Organisation (Sanco) leader Moses Matiso (32), who was gunned down on Monday 31 March, has left more questions than answers.

The social activist was shot and killed while cleaning his churchyard in Witsand. Police spokesperson Captain Lisa Munro confirmed two unknown men entered the premises and started shooting at Moses, before fleeing the scene on foot.

She said police responded to a complaint about a shooting at a church and on arrival, found the victim with gunshot wounds to the body. He was declared dead on the scene by medical personnel, Munro confirmed.

Matiso was seen as a young, energetic civic leader and a dedicated community leader

“On Monday 31 March he was brutally shot dead at his church, located on the corner of Mnga and Mnama Street, Witsand, Atlantis. This heinous act is believed to be linked to many criminal syndicates, which have been targeting him ever since he pledged to fight crime in our community.”

SA

paaie

Reports that the young leader had received death threats could not be confirmed by police. Munro confirmed that Matiso’s death was being investigated by the Taxi Crime Unit and no arrests have yet been made.

dié gevaarlikste

Suid-Afrika is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die gevaarlikste land ter wêreld om in te bestuur Volgens navorsing deur Zutobi, ’n aanlyn bestuurdersopleidinghulpbron, beklee Suid-Afrika die eerste plek op hierdie onbenydenswaardige ranglys

Ten spyte van ’n snelwegspoedperk van 120 km/h – soortgelyk aan veiliger lande soos Noorweë – sukkel Suid-Afrika met min sitplekgordelgebruik Slegs 31% van insittendes in die voorste sitplekke gespe vas, in vergelyking met Noorweë se 97,8%

Die faktore wat ontleed is, het ’n geraamde 24,5 padverkeersterftes per 100 000 van die bevolking aan die lig gebring

Suid-Afrika het ook die hoogste aantal alkoholverwante padverkeersterftes met ’n ontstellende 57,5%

Ná Suid-Afrika volg Thailand en die Verenigde State as die gevaarlikste lande, terwyl Noorweë, Ysland en Japan aangewys is as die veiligste lande om in te bestuur

PADONGELUKKE IN VAKANSIESEISOENE

Padsterftes in Suid-Afrika word dikwels met langer vakansies geassosieer Paasfees- en feesseisoenreise lei altyd tot ’n toename in sterftes Suid-Afrika se padgeweld is jaarliks ’n nasionale bekommernis

Beleidmakers en bedryfsleiers het onlangs ’n bespreking gedeel met die doel om oplossings vir dié probleem

te vind Mokebe Thulo, die uitvoerende hoof van Aware org, wat hierdie gesprek gelei het, het bestuurdergedrag sowel as die kwessie van voetgangers beklemtoon

“In verlede jaar se syfers is minstens 40% van padsterftes aan die einde van die jaar aan voetgangers toegeskryf,” het sy gesê

“Wat bestuurdergedrag betref, sluit dit bestuurders in wat onder die invloed van alkohol bestuur, bestuurdermoegheid, bestuurders wat nie die padreëls volg nie, bestuurders wat te vinnig ry en nie sitplekgordels dra nie en motors wat nie padwaardig is nie,” het Thulo bygevoeg Thulo het genoem dat die padveiligheidsprogram sedertdien daarin geslaag het om hierdie kwessies te verminder Die program, wat reeds in Gauteng geïmplementeer is, behels wetstoepassing, insluitend die Johannesburgse Metropolitaanse Polisie (JMPD) en die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC)

“Gauteng was een van die drie provinsies wat ’n afname ervaar het Ons sien dat meer wetstoepassing wat korrek toegepas word, groter sukses oplewer Dit sluit sigbaarheid en padblokkades in, sowel as bestuurders wat gekeur word,” het Thulo gesê

Die syfers beklemtoon kritieke kwessies vir die verbetering in padveiligheid en bestuurdergedrag in Suid-Afrika terwyl regeringsinisiatiewe poog om die situasie te verbeter

Konst. Ahzerian (Aziz) Esterhuizen (30) voor die ongeluk
Esterhuizen in sy rolstoel nadat ’n ernstige motorongeluk hom in 2023 verlam gelaat het
Sanco leader Moses Matiso (32) was gunned down on Monday 31 March, while mowing his churchyard’s lawn

André Terblanché die nuwe baas

André Terblanché is sedert 1April die nuwe bestuurder van die Breytenbach-sentrum in Wellington. Dié man van vele talente is ewe gemaklik in die kollig as sanger, akteur en stemkunstenaar en agter die skerms as tegniese koördineerder, produksie- of projekbestuurder en geleentheidsorganiseerder

Oor die geleentheid om die kultuursentrum se werksaamhede uit te bou, sê hy: “Ek wil bestaande projekte verder versterk in samewerking met die fasiliteerders en vrywilligers wat daarby betrokke is, gehalte- kreatiewe projekte ontwikkel rondom byvoorbeeld kore en kabaret en toesien dat die geriewe van so ’n aard is dat geen kreatiewe idee ooit ingeperk hoef te wees nie.”

Hy geniet dit om omgewings te help skep “waarin mense vry is om spontaan te wees en hulself uit te druk”

Sy droom is dat die Breytenbach-sentrum toenemend ’n plek word “waar mense beweeg word” – hetsy wanneer hulle persoonlik en intiem geraak word deur ’n ervaring gedurende ’n aktiwiteit of projek by die sentrum, wanneer hulle aangemoedig word om vir die

eerste keer tussen of voor mense te beweeg, of deur die skep van geleentheid waardeur mense andere kan help ontwikkel om binne verskeie dissiplines van die kunste te beweeg. Louis Duvenage, die voorsitter van die Breytenbach-sentrum se direksie, sê groot opgewondenheid heers oor Terblanché se aanstelling en die uitwerking wat hy op die sentrum as gemeenskapswye kultuursentrum sal hê

BEKENDEINKULTUURKRINGE

Hy reken dis ’n bonus dat Terblanché reeds ’n bekende in die kultuurkringe van die Boland is – onder meer deur sy betrokkenheid by die Woordfees, die Hugenote Hoërskool in Wellington se musiekblyspele, die Paarl Langtafel, Paarl Rotariër-konserte vir bejaardes, gesamentlike sanguitvoerings en ander plaaslike produksies.

Dié oud-leerder van Paarl Gimnasium se musiekwortels strek diep Hy het so te sê in sy grootouers se Paarlse musiekwinkel, Musik-Lood, grootgeword – waarvan hy self tussen 2016 en 2023 die eienaar was. Terblanché is getroud met Stella-Mari, ’n onderwyseres by die Laerskool Paarl Gimnasium Hulle het twee kinders –Andreas (2) en Stella Maria (vier maande)

Terblanché het dramakunde, en spesifiek fisieke teater, aan die Universiteit Stellenbosch studeer en in 2012 ook ’n BA Honneurs in drama- en teaterstudies ontvang, met ’n fokus op toegepaste teaterkunde. Hy het gedurende sy studentejare ook sang aan die Konservatorium geneem.

TITELROLGESPEEL

Hy was lid van die ensemble wat in 2023 twee Kanna-toekennings vir David Kramer se Ver in die Wêreld Kittie ontvang het. Vanjaar is hy as beste ondersteunende akteur in ’n musiek-

Hoërskoolredenaars genooi

Is jy altyd voor in die koor? Kan jy jou sê so koel soos ’n komkommer sê? Dan is die splinternuwe Nou praat jy!-redenaarskompetisie net vir jou bedoel

Die Hoërskool Curro Durbanville nooi hoërskole landswyd uit om hul mees gesoute span in te skryf vir die toonaangewende kompetisie-met-’n-kinkel: twee leerders moet saamspan en as ’n eenheid die toespraak aanbied. Die tema is “Afrikaans – ’n taal van kleure en klank” Dis heel gepas omdat Afrikaans vanjaar 100 jaar lank ’n amptelike taal is Die bekgeveg kan oorredend, vermaaklik of motiverend aangebied word en is oop vir Afrikaans Huistaalsprekers én Afrikaans Eerste Addisionele Taal-sprekers in ’n kategorie vir Juniors (gr. 8 en/ of 9) en Seniors (gr. 10 tot 12). Elke span het 5 tot 7 minute om ’n klip in die bos te gooi en die beoordelaars verwag ook ’n spontane wisselwerking tussen sprekers “Ons sien uit na ’n lekker geselstrant,” sê die Afrikaansonderwysers Joline de Klerk en Maritsa Smit.

“Ons hou duim vas dat spanne streekstaal en dialekte verhoog toe bring.”

Die wenners kan uitsien na stewige kontantpryse: die wenskole en wenners kry R10000 elk, naaswenners kry R6000 elk en derdeplekwenners kry R4000 elk.

Die kompetisie vind op 25 en 26 Junie by die Hoërskool Curro Durbanville plaas. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 24 April.

Inskrywingsvorms is aanlyn op die skool se webtuiste beskikbaar of stuur ’n e-pos aan Joline de Klerk by joline.d@ curro.co.za vir meer besonderhede.

Nou praat jy! is deel van die Hoërskool Curro Durbanville se nuwe Kultura-Fees wat van 20 tot 27 Junie by die skool aangebied word. Buiten produksies van kunstenaars soos Sandra Prinsloo, Marion Holm, Barry Hilton en Early B, gaan hoërskool-bands ook kans kry om die kitaar te slaan. Daar sal ook ’n Wynfees wees, met wynplase van die omgewing wat met hul wyne sal spog. Besoek Quicket.co.za vir kaartjies.

‘Human forever’ on dementia movie

Dementia is increasing and will double in the next 20 years. An award-winning documentary film on this topic, Human Forever, will be screened at the Minimax theatre in Paarl at 19:30 on Thursday 24 April.

A 24-year-old humanitarian activist, Teun Toebes, is on a mission to improve the quality of life of people living with dementia. In an adventurous three-year journey across four continents and through 11 countries, his documentary film Human Forever takes the viewer on a quest around the world in which he looks for answers for the future.

"We want to show a more nuanced picture of dementia, told by people with dementia themselves Because in a world where the talk is now mainly about loss, there is still a world to be won,” he commented.

Together with his good friend and filmmaker Jonathan de Jong, Toebes explores how dementia is dealt with in other countries and what we can learn from each other to make the future more

inclusive. “As the number of people with dementia doubles in the next 20 years, this quest is not a question, but a necessity,” he asserts.

Human Forever premiered at a G20 summit in October 2023. It is currently breaking records in the Netherlands and is the most-watched human interest documentary ever in cinemas there (70000+ cinemagoers) as well as in Belgium and Germany

Human Forever is now going global and has won multiple awards at international film festivals including Best Documentary, RIFF (India), Best Cinematographer, 4th Dimension Independent Film Festival (Indonesia), Best Documentary, Rising Sun International Film Festival (Japan), Best Documentary, BARCIFF (Spain) and Best Documentary, HEFFI (Finland). Visit https://human-forever com/ to watch the trailer.

Paarl Rotary will be presenting workshops for the next-of-kin of dementia patients in Paarl in May. For details, contact Rudy on 083 388 7085.

blyspel vir ’n Fleur de Cap-toekenning vir sy rol in Kittie benoem. Daarby het hy pas aan ’n huldigingskonsert vir Kramer deelgeneem.

Terblanché het reeds op verskeie kunstefeeste en in talle plaaslike teaters met bekendes in die bedryf, soos Joanie Combrinck, Jaco Bouwer, Johann Rademan, Albert Maritz, Hennie van Greunen en Juanita Swanepoel, saamgewerk. Sy CD André Terblanché: Pop Culture Bekeerdes, is in 2019 by die Breytenbach-sentrum bekendgestel.

Dié stemkunstenaar is tans op RSG te hoor as Neelsie in die radiodrama Sending van Ver en is ook later vanjaar in ’n M-Netreeks te sien. Hy het ook in Die Bolandse Moorde-televisiereekse gespeel.

VAARDIGINALLESINDIEKOLLIG

“In die proses van dramaklasse en op die verhoog wees het ek vroeg reeds agtergekom hoe lekker dit is om ’n produksie se klank en beligting uit te sorteer, die produksieskedules daarvan te hanteer en die persverklarings daaroor te skryf.

“Die fasiliteringsaspek van die uitvoerende kunste laat my in die bedryf bly,” vertel dié bedrewe vermaakbedryfvryskut, wat ook vaardig is met

geleentheidskoördinering, videoen klankredigering en stelontwerp.

“Kunstefasilitering – hetsy dit nou verband het met opleiding, die instandhouding van ’n fasiliteit of daarstelling van nuwe projekte – bied ook die geleentheid om direk kreatief te kan wees, deur byvoorbeeld te help skryf aan ’n teks, op te tree, ’n stel te bou of oorklankingswerk te doen.”

André was verlede jaar die Woordfees se tegniese bestuurder. Hy het die afgelope paar jaar ook van sy vaardighede aan ’n jonger geslag oorgedra deur sy betrokkenheid as stelontwerper van musiekblyspele by Hugenote Hoërskool in Wellington en as mentorbeoordelaar en ook landwye projekbestuurder van Curro Create-projekte.

Aangesien die bestuurspos by die sentrum slegs deeltyds is, sal hy as vryskut ’n voet in die bedryf behou Hy doen binnekort diens as produksie-bestuurder vir Pieter Toerien se Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat by The Theatre on the Bay in Kaapstad en die Montecasino-teater in Johannesburg. •Besoek breytenbachsentrum. co.za of stuur e-pos na andre@ breytenbachsentrum.co.za vir nog inligting.

Begin nou skryf aan jou jeugroman vir kompetisie

Wat moet jy doen om jou naam in dieselfde asem as Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Jan Vermeulen en Nanette van Rooyen genoem te kry?

Jy moet daai storie wat al só lank in jou kop broei, nou dadelik begin skryf – net dálk is jy die volgende wenner van LAPA se befaamde Jeugromankompetisie

Indien jy wonder of jy genoeg tyd het om ‘n goeie storie iewers te gaan uitsnuffel en neer te pen, moenie bekommer nie Jy het nog byna die res van die jaar tyd om seker te maak jy kom in aanmerking vir een van die fantastiese pryse ter waarde van R60 000

Die algehele wenner ontvang R30 000 vir die wenboek en die twee naaswenners ontvang elk R15 000

Selfs skrywers wat nie in die topdrie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word

LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om al daai wonderlike stories wat die wêreld vol lê, op te raap, neer te skryf en met ons en ons lesers te deel

Inskrywings sluit 30 November 2025 Besoek www lapa co za vir meer inligting Maak seker jy bestudeer die kompetisiereëls goed

Die prysgeld is as volg:

Prys vir merkwaardige jeugverhaal: R30 000

– Naaswenner: R15 000

– Naaswenner: R15 000

Stuur epos aan: lapacompetitions@penguinrandomhouse co za vir enige navrae

Die bekende Paarlse musiekman André Terblanche is pas as die bestuurder van die Breytenbach-sentrum in Wellington aangestel

Swartland exhibited at WTM Africa

Swartland Tourism proudly made its mark at World Travel Market Africa 2025, which was held at the Cape Town International Convention Centre (CTICC) from 9 to 11 April

Held under the dynamic theme #IgniteAfrica, the tourism expo enabled the region to showcase the uniqueness and diversity of towns such as Yzerfontein, Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Koringberg and the Riebeek Valley Its “Taste of Swartland” banner aimed at evoking the warm hospitality, creative spirit and rich cultural heritage to be found there

Visitors to the Swartland stand were treated to award-winning wines, locally produced olives and olive oils, and a variety of innovative artisan products, all proudly made in the region

With a strong focus on food, wine, art, culture, heritage and outdoor adventure, the Swartland team engaged with international tour operators and potential buyers seeking immersive, off-the-beaten path experiences

“Swartland is the home of hospitality,” visiting tour operator Ann Heyns, tourism manager at Swartland Tourism, summed the sentiment up

The stand drew the attention of high-profile guests, including Alderman James Vos, Mayco member for Economic Growth and Tourism, who visited with an Angolan delegation, and Dr Ivan Meyer, Western Cape MEC for Agriculture, Economic Development and Tourism, who showed great

Kry ID-kaart

by jou bank

the Swartland Tourism team

interest in the region’s offerings

These visits highlight the increasing recognition of the Swartland as a tourism destination of note

“WTM Africa continues to be a premier business-to-business platform for Africa’s travel industry,” read a statement from Swartland Tourism “The 2025 edition welcomed 5 752 tourism professionals, delegates from 99 countries, more than 10 505 pre-scheduled meetings and 126 conference sessions over three days ”

The tourism entity’s participation

reaffirmed the importance of telling authentic stories, creating lasting partnerships and promoting local travel experiences that resonate with international and domestic travellers alike

“As we reflect on our time at WTM Africa 2025, we are inspired by the opportunities and connections made,”

Heyns added. “We leave Cape Town energised and excited about welcoming more visitors to explore the hidden gems of the Swartland ” For more information about Swartland Tourism and to discover the heart of the Western Cape, visit www swartlandtourism co za

Weskusjag as Kaapjag se beste tak vereer

Alida Buckle

Paspoorthernuwings kan dalk later vanjaar aanlyn moontlik wees

In ’n belangrike stap gemik op die vaartbelyning en modernisering van burgerdienste, het die departement van binnelandse sake ’n baanbrekende inisiatief aangekondig wat Suid-Afrikaners sal toelaat om direk deur hul banktoepassings aansoek te doen om Slim-ID-kaarte en -paspoorte Hierdie digitale transformasie beloof om lang rye te verlig en toeganklikheid vir miljoene te verbeter

Die aankondiging, gemaak deur die minister van binnelandse sake, dr Leon Schreiber, het ’n samewerkingsooreenkoms tussen die departement, groot Suid-Afrikaanse banke, en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en ander regeringsagentskappe uiteengesit

Hierdie vennootskap beoog om bestaande digitale bankinfrastruktuur te benut om gerieflike en doeltreffende toegang tot noodsaaklike binnelandse sake-dienste te verskaf

Die departement van binnelandse sake het beklemtoon dat hierdie inisiatief deel is van ’n breër poging om sy dienste te digitaliseer en te moderniseer, wat doeltreffendheid verbeter en die potensiaal vir bedrog verminder

"Ons is daartoe verbind om aan Suid-Afrikaners gerieflike en veilige toegang tot noodsaaklike dienste te bied Hierdie vennootskap met die banksektor is ’n belangrike stap om daardie doel te bereik," het Schreiber gesê

Hoewel biometriese data-opname steeds persoonlike besoeke aan aangewese plekke sal vereis, insluitend geselekteerde banktakke wat oor die nodige toerusting beskik, sal die aanvanklike aansoekproses aansienlik vereenvoudig word, het die departement in ’n verklaring verduidelik Die departement het aangedui dat die uitrol van hierdie nuwe dienste in fases sal plaasvind, met verdere aankondigings in die komende maande

Die Kaapse Jagters- en Wildbewarings- vereniging (Kaapjag) het verlede naweek sy jaarlikse toekenningsaand gehou en uit sy 10 takke is die Weskustak as Tak van die Jaar aangewys.

’n Groep jagters wat bekommerd oor die bewaring van wild en die toegang tot jagplekke was, het Kaapjag in 1984 gestig

Sedertdien het die vereniging gegroei tot die tuiste van meer as 3600jagters en sportskuts.

Kaapjag is ook ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer No 60 van 2000 as ’n jag- en sportskiet- vereniging geakkrediteer en mag toegewyde jagters en sportskuts sertifiseer

Weskus-lede teenwoordig op Kaapjag se jaarvergadering in Heidelberg is, van links, David Cupido, Johan Esterhuyse, Hannes Esterhuyse, Christo Esterhuyse, Abri Basson, Marlene Basson en Stephan Esterhuyse Foto: Weskusjag

Die Boland-rugbyunie gaan weer ’n belangrike bydrae tot jeugontwikkeling in sport lewer wanneer hy sy jaarlikse Get Into Rugby-fees (GIR) op Saterdag 3Mei by die Boland-rugbystadion in Wellington aanbied

Sowat 120 leerders van 10 skole sal die geleentheid bywoon, terwyl ’n tweede fees, wat vir later in die jaar beplan word, al 25 skole, wat aan die GIR-program in die Boland deelneem, sal insluit.

Get Into Rugby is ’n program wat deur die Wêreldrugby-organisasie geskep is en deur SA Rugby as deel van sy ontwikkelingsroete in samewerking met sy lidunie, Boland-rugby, geïmplementeer word. Die doel van hierdie program is om die spel wêreldwyd te laat groei deur kinders in ’n veilige en inklusiewe omgewing aan rugby bekend te stel. Die Boland-rugbyunie is die afgelope twee jaar reeds ’n trotse lid van hierdie inisiatief, met ’n rekord van uitnemendheid en gemeenskapsbetrokkenheid.

“Hierdie fees gaan oor meer as net rugby – dit gaan daaroor om kinders van alle agtergronde – veral dié uit onderbevoorregte gemeenskappe – ’n kans te gee om te behoort, te groei en te droom,” het David Coert, die bestuurder van Get Into Rugby by Boland-rugby, gesê “Ons nooi die media en die hele gemeenskap om op die dag by ons aan te sluit om te sien hoe rugby as ’n instrument gebruik word om lewens te verander.”

Die dag se program begin om 08:30 met skoolregistrasies en ’n warm verwelkoming met tee en koffie. ’n Hoogtepunt sal die interaktiewe sessie tussen leerders en die Sanlam-Boland-Kavaliers en die Sanlam-Boland-vrouespelers wees, wat die kinders ’n eerstehandse ervaring met hul sporthelde bied Van 10:00 tot 13:10 verskuif die aksie na die veld, waar die spanne in ’n 7’s-formaat meeding, met twee gelyktydige wedstryde wat op verdeelde dele van die A-veld plaasvind. Bennie van Rooi, die president van die

Boland-rugbyunie, het die inisiatief se langtermynvisie beklemtoon: “Ons glo daaraan om die toekoms van rugby te bou deur vandag in ons jeug te belê Die Get Into Rugby-program skep geleenthede vir talent terwyl dit ook die waardes van dissipline, spanwerk en respek inskerp.” Sedert die implementering daarvan het die GIR-program in die Boland meer as 9000 leerders bereik, met 4394 wat in 2024 alleen deelgeneem het. Die Unie prioritiseer ook kapasiteitsbou, met meer as 25 aktiewe afrigters in die stelsel. Dit verseker nie net toegang nie, maar ook die volhoubaarheid van jeugontwikkeling in rugby Celly Peters, die hoof van rugbyontwikkeling by die Boland-rugbyunie, het gesê: “Dit is baie lonend om te sien hoe die program leerders en afrigters bemagtig Ons streef daarna om ’n ekostelsel te skep waar almal wat by die spel betrokke is, kan groei.”

Alderman James Vos,Mayco member for Economic Growth and Tourism,and Dr Ivan Meyer,Western Cape MEC for Agriculture,Economic Development and Tourism,received socks from
The team of Swartland Tourism at their stand during WTM Africa 2025

Talle skole in Winter-sportdag

Verskillende skole uit die omgewing het verlede Saterdag (12 April) aan die 22ste Wintersportdag van die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) deelgeneem. Dit was ’n reusesukses.

Omtrent 3 500 mense het die geleentheid bygewoon en ’n dag van rugby en netbal geniet

Willie Taylor, die skoolhoof, het die byeenkoms geopen en die sukses van só sportdag toegeskryf aan deelnemende skole, ouers, spelers en ondersteuners wat die streek se kinders die geleentheid gee om hul gunstelingsportsoort te kan beoefen

Altesaam 13 skole met 58 rugbyspanne en 72 netbalspanne, wat uit bykans 1 000 leerders bestaan het, het vanjaar deelgeneem Dit was ’n indrukwekkende vertoning deur skole van onder meer Vredendal, Riebeek-Kasteel, Paarl, Langebaan en Tulbagh

Die CPM o 8-, o 9- en o 10-

netbalspanne het al hul wedstryde gewen – ’n prestasie waarop die skool baie trots is

Die sukses van hierdie sport-

dag sou nie moontlik gewees het sonder die bydraes van borge uit die gemeenskap nie

Die skool het sy opregte dank

Van links staan Lionel Cicero (skoolhoof van Wesbank Sekondêr),Denver Walbrugh (kringbestuurder),Brene Simons (Veilige Skole: departement van onderwys),Zidane Williams (departement van onderwys),Anlerie Truter (direkteur van die Weskus-onderwysdistrik),Mary-Joan Swartz (onderwysspesialis),Michael Hendrickse (hoofverkiesingsbeampte in die Wes-Kaap) en Wellington Radu (streeksbestuurder van FuturElect)

OVK loods demokratiese skoleprogram

Die Wes-Kaapse onafhanklike verkiesingskommissie (OVK), in samewerking met die plaaslike departement van basiese onderwys in die Weskus-distrik, het onlangs as deel van die landwye School’s Democracy Programme (SDP) van die afgelope 10 jaar, die belangrikheid rondom registrasie as ’n kieser onder die jeug probeer tuis bring Die program is vanjaar amptelik 15 April by die Wesbank Sekondêre Skool in Malmesbury van stapel gestuur waar OVK-lede en die Wes-Kaapse departement van onderwys teenwoordig was. Volgens die OVK, is 18- en 19-jariges deel van die grootste getal ongeregistreerde kiesers. Die kommissie poog daarin om die jeug deur die programme te bemagtig met noodsaaklike inlig-

ting om op ’n betekenisvolle wyse aan verkiesingsprosesse deel te kan neem Van die grootste kwelpunte en uitdagings in die land is om die jong mense by die stembusse te kry. Die program fokus onder meer daarop om demokrasie te bevorder, maar ook om ’n kultuur van kiesers onder die jeug van vandag te kweek. Leerders van onder meer Wesbank, Schoonspruit Sekondêr, Illingelethu Sekondêr, Hoërskool Darling en Swartland is aangemoedig om te registreer sodat hulle as kiesers aan die volgende verkiesing kan deelneem Volgens Michael Hendrickse, hoofverkiesingsbeampte van die Wes-Kaap, is dit belangrik om ten minste te registreer al het die persoon nog nie besluit om te gaan stem nie.

teenoor Afgri, BVSA, Checkers, Citrusdal-kelders, FODB, Food Lovers’ Market, HCT Konsult, InteliGro, Nedbank, Rola Volks-

wagen Malmesbury, Rugga Roots, Shift Netball Academy, Swartland Investments en Malmesbury Toyota vir hul gewaardeerde ondersteuning uitgespreek

Die dag het nie net oor sport gegaan nie; daar was ook ’n verskeidenheid kosstalletjies uit die Swartland-streek met iets vir almal

Die CPM gee liefdadigheidsorganisasies die geleentheid om op die Sportdag hul geldsake te versterk en die VLV Malmesbury se pannekoek is elke jaar ’n wenner Leerders het lekker eetgoed soos die gewilde “chip twister” geniet, en tussen wedstryde het besoekers aan onder andere heerlike koffie, slaptjips, pizzas, boereworsrolle, bevrore jogurt en pasteitjies gesmul

Die Wintersportdag is gekenmerk deur uitstekende sportmanskap en ’n geleentheid vir die vorming van hegte vriendskappe tussen deelnemers geskep

Nominate a teacher now

Nominations for the 2025 National Teaching Awards are now open. The National Teaching Awards give everyone the opportunity to celebrate teaching excellence and to appreciate the outstanding work done particularly by teachers at public schools each year

All teachers, school governing bodies and district officials are invited to submit nominations to their principals or centre managers.

A minute with the nomination guide and relevant application will be sent to all schools, and details are also available on the WCED website.

This includes a step-by-step guide to completing the nomination form: https://www.westerncape.gov.za/education/national-teaching-awards

The categories for this year are: Excellence in Grade R Teaching

• Excellence in Primary School Teaching (Grades 1-7)

• Excellence in Primary School Leadership

• Excellence in Secondary School Teaching (Grades 8-12)

Nominations for the 2025 National Teaching Awards are now open

• Excellence in Secondary School Leadership Excellence in Special Needs Teach-

Excellence in Special Needs School Leadership

• Excellence in Teaching Mathematics (GET)

• Excellence in Teaching Mathematics (FET)

• Excellence in Teaching Natural Sciences

• Excellence in Teaching Physical Sciences

• Excellence in Teaching Life Skills (Grades 1-6)

• Excellence in Technology – Enhanced Teaching and Learning

• National Best Teacher Award

• Kader Asmal Lifetime Achievement Award

Nominations close on Friday 16 May. The Western Cape Provincial Awards will take place in August, and the 15 provincial winners in these categories will go on to be nominees for the national awards ceremony in October

CPM se o 9 netbalspan het al hul wedstryde gewen
CPM se o 13 span het hul harte uitgespeel Foto’s: Daniela Photography
CPM se o 8 rugbyspan in aksie

Sport

Puikkrieketjaargevier

Met die verowering van die 2024-’25 Promosie Wes 50 A-span-ligatitel, het die Darling-krieketklub die krieketseisoen met sy jaarlikse bekerprysuitdeling op 12 April in Langebaan en ’n gesinsdaggeleentheid afgesluit.

By die geleentheid het die bestuur sy opregte dank aan al die borge, naamlik Darling Romery, Darling Spar, Darling Vleismark, Elsana Quarry, Kirsten Vervoer, Lotto SA, Sibathathu-mynbou, Swartland-munisipaliteit en Virtigo Hulpbronne uitgespreek

Die eerstespan is aangewys as die Boland Promosie-Weskampioen Hierdie prestasie kom onder leiding van die afrigters Ernie Dietrich (hoofafrigter), Johnty Beukes (kragen fiksheidsafrigter) en Garth Edward du Preez Shelton Adams (voorsitter) het by die geleentheid ook sy opregte dank uitspreek teenoor die toeskouers, vennote (vroue en metgeselle) en spelers wat hierdie fantastiese klub deur sport laat uitstyg “ ’n Spesiale dank aan die voertuigbestuurders Ricky Ri-

cardo de Lilie, Deon Matthysen en Timo Matthysen wat ons spanne veilig na ons bestemmings en terug ná elke wegwedstryd besorg, het Adams bygevoeg

Die respek tussen die bestuur, spelers en afrigtingspan was duidelik sigbaar deur die seisoen en hul wedstryde en optrede op en van die veld, getuig daarvan.

Ten spyte van die lang seisoen in beide die 50-boulbeurt- en T20-wedstryde, is uitsonderlike vaardighede getoon – en dat die klub groei, veral nadat hy Hermanus in ’n wegwedstryd geklop het Behalwe die prestasie as die beste van die OosWeste, het Darling ook drie jong spelers vir die Boland Plattelandspan, Basil George, Sergio Rooms en Ernwill Afrika, en die spanbestuurder, Benito Hoop, opgelewer

Merkwaardige vertonings in wegwedstryde teen Wolseley en Tulbagh was kenmerkend met hul onwrikbare vasberadenheid om te presteer, maar in ’n tuiswedstryd teen Hopefield Wanderers was dinge net anders

Die T20-kragmeting teen Piketberg-krieketklub het almal laat vra juis wat gebeur het,

maar die antwoord sal altyd ’n fyn bewaarde Darling-krieketgeheim bly Darling het die seisoen op ’n hoë noot afgesluit toe hy spelers, borge en toeskouers erkening by die jaarlikse beker prysuitdeling vir hul uitsonderlike prestasies uitgesonder het Die voorsitterstoekenning is aan drie uitstaande ondersteuners oorhandig, naamlik Hingis Thomas, Caylin Hoogbaard en Anastacia Staci Arendse Klub-toekennings:A-span Meeste lopies – Abraham (Abe) Henkelman; Meeste paaltjies – Basil George; Beste kolwer – Abraham (Abe) Henkelman; Beste bouler – Basil George; Beste veldwerker – Ernwill Afrika; Mees gevorderde speler –Jeneston Andrews; Vonds van die seisoen –Fearnwill Solomons; T-20 speler van die seisoen – Abraham (Abe) Henkelman; speler van die seisoen – Basil George; en sportman van die seisoen – Fernin Hoogbaard

Die spesiale geleentheid is met ’n heerlike feesmaaltyd en musiek afgesluit Daarna het die manne en dames rustig tot laataand gekuier

Kavaliers gee Bulldogs ’n loesing

Die Sanlam-Boland-Kavaliers het met ’n indrukwekkende 52-3-oorwinning oor die Border Bulldogs in Oos-Londen in die sesde ronde van die SA Beker-kompetisie sy wenpas hervat. Die Kavaliers, wat sy vorige twee wedstryde verloor het, het sterk teruggebons om sy derde oorwinning van sy veldtog te behaal. Die span het drie drieë en een doelskop in die eerste helfte aangeteken, terwyl Border slegs met ’n strafdoel deur Maxwell Klaasen kon antwoord.

Ná rustyd het die Wellington-span die druk verhoog en nog ses drieë gedruk om sy oorwin-

ning te verseker.

Sydney Tobias was die uitblinker met twee breekdrieë uit die losgemaal, terwyl James Tedder en Ashlon Davids elk drie doelskoppe suksesvol deur die pale gestuur het.

Hierdie belangrike wegoorwinning het die Kavaliers tot in die vierde plek op die punteleer laat klim (nou met 20 punte – net twee agter die Toyota Cheetahs in die derde plek) Die Kavaliers deel tans ’n puntestand met beide die NovaVit Griffons en die Valke, maar beklee die vierde posisie op grond van hul punteverskil

Met slegs drie ligawedstryde voor die uitspeelwedstryde oor, is die Kavaliers steeds sterk in die wedloop om ’n plek in die Carling Curriebeker-premier-afdeling te verseker Die onoorwonne voorlopers, Suzuki Griquas en Airlink Pumas, is met 30punte elk boaan die punteleer. Die Kavaliers se volgende wedstryd is Saterdag 26 April teen die Leopards op sy tuisveld in Wellington. ’n Oorwinning in die wedstryd sal die span se kanse versterk om ’n plek in die halfeindstryd te verseker, wat outomaties kwalifisering vir die premier-afdeling beteken

Fernin Hoogbaard ontvang die toekeninng as Speler van die Seisoen by Shelton Adams Foto: Manfred Mentoor
Boland Kavaliers se veelsydige agterryspeler, James Tedder, is op die aanval Foto: Given Nathaniel

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Swartland Gazette E-edition - 22 April 2025 by Novus Media - Issuu