Swartland Gazette - E-Edition - 8 July 2025

Page 1


• Femtosecond-LASIK en LALEX

• Korneale Laser prosedure PRK

• Kontaklens-inplantings

• Refraktiewe katarakchirurgie

• Refraktiewe lens vervanging

• Retinale-chirurgie

• Makula-chirurgie

• Ooglid-chirugie

• Pterygium chirurgie

Fotograaf se lens

permanent

Cor Cronje, sedert die 1970’s ’n inwoner van Malmesbury en ’n bekende gesig agter die lens van sy kamera, is Woensdagaand (2 Julie) in die ouderdom van 77 jaar in die Mediclinic Cape Gate oorlede

Hy is Maandag 30 Junie in die hospitaal opgeneem nadat hy by sy huis geval en ’n kopbesering opgedoen het Hy het twee operasies ondergaan voordat hy in ’n koma verval het Hy is kort daarna dood Dié skoknuus het soos ’n veldbrand deur die streek versprei Cronje, gebore in Hermanus as die tweede jongste van 10 kinders, was alombekend as die vriendelike fotograaf van die Swartland wat sedert die gemeenskapskoerant die Swartland en Weskus Herald se dae byna by alle nuusgebeure, skoolbyeenkomste en ongelukstonele teenwoordig was Hy was ook ’n bekroonde trou- en geleentheidsfotograaf Cronje het ook goeie herinneringe as tegnikus by Telkom, waar hy 32 jaar in Malmesbury gewerk het, en graag staaltjies van sy tyd by die destydse kommunikasiereus gedeel Dit sluit ’n paar noue ontkominge en elektriese skokke in Hy het sy eerste kamera gekoop nadat hy ’n afleggingspakket aanvaar en saam met sy broer begin foto’s neem het Cronje was tot ná die Covid-19-pandemie nog as fotograaf by gemeenskapsnuus betrokke en het ná die Herald se naamsverandering onder meer by Die Tempo, Swartland Monitor, Swartland Gazette, Die Courant en Swartland Joernaal gewerk Izélle Fouché, redakteur van die Joernaal, sê hy het altyd die positiewe raakgesien, geglimlag en ’n grappie gehad om te vertel “Die glinster in sy oë as hy iets ondeund aangevang het, sal ek nooit vergeet nie Ek kan my nie ’n Malmesbury indink waar hy nie langs ’n rugbyveld staan of sy oggendstappie neem nie Sy ‘hallo my ou girl’ as ek hom gebel het, sal ek baie mis Hy was ’n rots, ’n steunpilaar en ’n inspirasie ”

Nóg ’n oud-kollega, Sarie Nell, is dit eens dat sy humor, omgee, vermoë om ’n situasie deur die lens vas te vang en lesers só te laat deel in dit wat in die Swartland gebeur, ’n konstante was “Soms was hy nie lus vir nóg ’n swem- of atletiekbyeenkoms in die hitte nie, en wie sou ons dan steeds jaar ná jaar langs dieselfde swembad en atletiekbaan aantref – dieselfde gentleman, kamera in die hand, glimlag op die lippe, reg met nog ’n grappie, nog ’n kamma-nabootsing van iemand wat ons ken ” Cronje het sy vrou, Susan, op ’n blinde afspraak ontmoet Hulle het in 1974 die knoop deurgehaak en verlede jaar hul 50ste huweliksherdenking gevier Sy skryf: “Bokkie, jou Poppie gaan jou baie mis Ons was

Man sterf onder wiele

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek ná die dood van ’n voetganger in Bokomoweg Die man is omstreeks 07:15 Vrydag (4 Julie) deur ’n vragmotor getref Nooddienste was reeds met die polisie se aankoms op die toneel Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, sers Henry du Randt, is die man op slag dood

Die slagoffer is later as Martin September (55), ’n inwoner van Wesbank, Malmesbury, uitgeken

September was volgens ’n ooggetuie op die toneel besig om ’n voertuig wat onklaar geraak het, saam met hom te stoot

Die oorledene het daarna op die draai op die hoek van Bokomoweg en Pieter Berghstraat gestaan toe hy deur die vragmotor getref is “’n Vragmotor het by Pieter Berghstraat uit Bokomoweg ingedraai September het blykbaar met die trefslag onder die voertuig se wiele beland Niemand is in hegtenis geneem nie, maar ’n saak van strafbare manslag word ondersoek,” het Du Randt bevestig

toe

51 jaar gelukkig getroud Ek sal altyd jou sagte omgeehart onthou en dat jy altyd as ’n steunpilaar daar was vir ons gesin My hart is leeg Die huis is stil sonder jou Ek huil oor alles wat ons gister saam gedoen en bereik het, wat ons elke dag beleef het en wat ons môre nie meer saam kan doen nie Jy was ’n wonderlike man vir my ” Sy vier kinders onthou hom as ’n ferm pa met streng reëls, maar een met ’n sagte hart “Hy het ons geleer om hard te werk en op ons eie voete te staan Hy het ons deur sy voorbeeld gelei om lief te wees vir die Here,” vertel sy dogter Burnese Jooste Hulle onthou ook sy grappies en hoe hy graag hul siele uitgetrek het Sy kinders beskryf hom as ’n trotse man wat hulle geleer het om nederig te bly en dit wat hulle het, te waardeer, hard te werk en altyd hul beste te gee “Dad, Papsie, ons pappa: Hoe sê ons dankie vir alles wat jy ons geleer en [vir ons] gedoen het? Pa het ons geleer om georganiseerd te lewe, om lief te wees vir kamp en om kos goeie koffie en rooiwyn te

Jaco eggo nou in

CharlotteLesch

Jaco Louw (49), ’n bekende inwoner van Malmesbury wat vandag (8 Julie) sy 50ste verjaardag sou vier, is Sondagaand 29 Junie omstreeks 18:30 in ’n motorfiets-botsing op die Klipheuwel-pad dood Twee motorvoertuie was by die voorval betrokke Sy ouers, Hugo en Nelia Louw, was na Namibië onderweg toe hulle die nuus van Jaco se dood ontvang Sy pa, beter bekend as Tappies Louw, het die volgende dag in ’n boodskap aan familie en vriende gesê hulle bedank die Hemelse Vader wat Jaco vir 50 jaar aan hulle geleen het Jaco, gebore en getoë in die Swartland, was volgens sy familie lief vir mense, om tyd saam met hulle deur te bring en ander te help “Ons het ’n oorvloed boodskappe ontvang van mense wat getuig van sy goedheid en omgee Hy het vriende gemaak waar hy gaan en sy roudiens is bygewoon en gestroom deur mense van alle uithoeke van die wêreld,” vertel sy suster Lorraine Simpson “Hy was voorwaar ’n mensemens wat jy wou ken Daar was altyd ’n glimlag op sy gesig, en sy passie vir die lewe was opmerkbaar Deel van sy lewenspassie was om sy liefde vir sy Skepper uit te leef en uit te dra aan ander en ’n verskil in die wêreld te probeer maak ” John Dürr, voorsitter van Malmesbury Agri, het dit goed in sy huldeblyk by die lewensvieringsdiens vasgevat met die simbool van ’n enkele koringkorrel, soos Jaco, wat soveel potensiaal het om te vermeerder en aan te hou vermeerder “In ’n gemeenskap kan omgee en belangstelling in mense soos ’n koringkorrel ’n positiewe impak maak, bly vermeerder en so ’n stukkie van die wereld verbeter Ons hoop Jaco se nagedagtenis sal mense bly inspireer om koringkorrels te bly en sal omgee vir ander ” Sy leuse vanuit sy gunstelingfliek, The Gladiator het boonop daarby aangesluit:

was nooit af nie ”

As een van die stigterslede van Malmesbury Veiligheid het sy insig en ervaring ’n groot rol gespeel in die organisasie se suksesvolle ontwikkeling Hy was ook aktief in ander strukture soos die Veediefstalgroep, waar sy waarskuwings “die maan is vol” gemis gaan word Van der Westhuijzen sê Jaco het met wysheid en vasberadenheid opgetree en nooit geskroom om besluite te neem nie Hy het vertroue ingeboesem waar dinge onseker was en leiding gebring waar verwarring geheers het Paul Wiehahn, ’n goeie vriend, vertel hoe hy die Sondagaand nog vir Jaco gewag het om te kom kuier, terwyl die nuus oor Bok Radio oor ’n motorfietsongeluk bekend gemaak is “Ek het hom gebel om te hoor of hy veilig is Ek was so verlig toe hy antwoord ”

Dit was toe nooit Jaco wat geantwoord het nie, maar ’n brandweerman op die ongelukstoneel wat aan Wiehahn die hartseer nuus moes breek “Ek is bly hy het nie pyn gehad nie,” voeg Wiehahn by Hy meen Jaco laat ’n groot leemte Jeremy Monk, nog ’n goeie vriend, sê hulle het mekaar gedurende ’n tydperk ontmoet waartydens albei deur moeilike tye gegaan het “Ons het vinnig bevriend geraak. He was my brother from another mother ” Volgens Monk het hulle dieselfde belangstellings gedeel en baie tye saam op die plaas, in hul viertrekvoertuie of in sy werkswinkel geniet Jaco was ook ’n kampliefhebber wat graag sy passie vir kamptoerusting met Monk gedeel het ’nGedenkdienstervieringvanJacoseleweis dieafgelopeVrydag(4Julie)indieSwartlandNG MoedergemeenteinMalmesburygehou.Hylaat sydogter,Kayla(16),sypa,Hugo,ma,Nelia,en tweejongersustersagter

Cor Cronje (77)
Jaco Louw (49)

Gholfstok-kophou eis tienerseun

Die 18-jarige Ashton Geswint van Kalbaskraal is verlede Sondagaand (29 Junie) in die Swartland-hospitaal dood nadat hy ’n noodlottige hou met ’n gholfstok teen die kop gekry het.

Volgens sy ma, Sylvia – beter bekend as Poenie – was hy op pad na sy broer Brandon toe die aanval plaasgevind het. Sylvia meen sy is bly haar kind is by die Here. “Hy was nie ’n bakleierige kind nie; hy was ’n stil kind. Almal het van hom gehou. Hy het so ’n slim glimlaggie met ’n dimpel gehad en vir almal van ver

af al gegroet – nes sy ma,” lag sy

Sy vertel verder en sê haar seun was lief om grappies te vertel. “Ashton was geliefd onder sy vriende, sy tannies en ooms en die hele Kalbaskraal. Hy en sy broer Brandon was ook naby aan mekaar. Ek gaan hom mis – veral soggens wanneer hy koffie maak.”

Sylvia sê Ashton het ouer mense gerespekteer en was ’n gunsteling onder die onderwysers by Malmesbury High School in Chatsworth.

Sy beskryf sy dood as onnodig. “Hy was nie lid van ’n bende nie; hy was nie ’n moeilikheidmaker nie.”

Sy is baie hartseer, maar sê niks is

onmoontlik as jy by die Here is nie. “Die Here hou my kalm. Toe ek my kind daar sien lê, het ek net my kop vasgehou en gebid. As dit nie vir Hom was nie, was dit nie die geval nie. Dit gaan stil wees – sy sitplek is weg, sy brood is weg en sy beker is weg. Maar ek weet hy is op ’n goeie plek.”

Ashton laat ’n groot leemte in Kalbaskraal

Sylvia wens hul dorpie was soos jare gelede sonder geweld en bendes “Genoeg is genoeg Ons moet vry wees om te kan loop en nie nodig hê om agter ons te kyk nie. Dit moet stopgesit word. Kinders moet hul ouers begrawe, nie anders-om

Ashton Geswint (18)

nie,” voeg sy by. Die 15-jarige beskuldigde wat Ashton glo met die gholfstok geslaan het, het verlede Dinsdag (1 Julie) in die landdroshof in Malmesbury verskyn Volgens kapt. Tania Helfricht, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrikskantoor, kan die polisie in dié stadium nie meer inligting oor die beskuldigde bekendmaak nie.

Ashton laat sy ma en twee broers – Brandon en Mark – agter

JongmensevandieDarling-gemeenskaphetSaterdag28Juniedienatenkoueweertrotseerendeurdiestratevan diédorpgestapomaandieGemeenskaplikeJeug-optogdeelteneem DiegeleentheidisdeurdieGenesisAssembly ofGod-kerkgereël–metdieoogopjeugdigesvanalleplaaslikekerke Dieoptoghetmet’nstaproetevanVooruitsig Skoolbegin,waardeelnemersdienaamvanJesusaandiegemeenskapverkondighetom’ndaadwerklikeverskil inDarlingtemaak Diegeleentheidhetmet’nopelug-byeenkomsbydieDeVlei-amfiteatergeëindig,waardie Swartlandseburgemeester,HenryCleophas,diejongdeelnemerstoegespreekenterselfdertydookdiebedankings gedoenhet Cleophashetookdieorganiseerdersaangemoedigommeersulkeoptogteindietoekomstereëlsodat’n daadwerkilkeveranderingindieDarling-gemeenskapkanplaasvind.

‘Donkermaan’ in Malmesbury bekendgestel

Die nuutste werk uit die pen van die skrywer Jaco Wolmarans, Donkermaan, word Donderdag 24 Julie by die Malmesbury-biblioteek bekendgestel

Die roman, wat deur Tafelberg uitgegee word, speel in 1991 in Israel af Dié land is in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon Mossad moet dringend ’n antwoord en ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie kry – die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse lugmag, as teenvoeter

vir Siriese missiele

Ruth Heyns, ’n doktorsgraadstudent in Tel Aviv, is die geskikte kandidaat, maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt en die toene- mende agterdog van die lugmag se skakelbeampte, kol Leon Rutger Wolmarans sal met Daniël Lotter in gesprek wees Die geleentheid begin om 18:00 en toegang beloop R60, verversings ingesluit Bespreek jou plek deur Talita by 022 487 9439 te bel

VACANCY BULLETIN

EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF AGRICULTURE

FARM AID: FARM SERVICES (LANGGEWENS)

Salary: R138 486 - R163 131 per annum (Salary level 2)

Component: Farm Services, (Programme 5)

Enquiries person: Mr Samie Laubscher at (022) 433 8931

Reference number: AGR 47/2025

Job purpose: The Department of Agriculture Western Cape Government has an opportunity for a Farm Aid worker to perform routine manual farming activities

Requirements: Basic literacy and Numeracy (ABET level 3 /Grade 7)

Key performance areas: Perform the following routine activities: Crop production; Livestock; General infrastructure and farm work

Competencies: Knowledge of general infrastructure and farm work • Basic communication skills • Planning and organising • Ability to work independently and as part of a team

NB: Applicants from relevant local communities will receive preferences The selection process will be guided by the EE targets of the employing department Candidates will be subjected to a medical fitness test as prescribed by the Construction Regulations as contained in OHS Act 85/1993 Candidates will also be required to complete a practical exercise as part of the interview process

To apply, please complete an application form (Z 83) and current CV (5 pages maximum) together with copies of ID, Academic qualifications and proof of other requirements as indicated in the advertisement The post being applied for and the reference number must be clearly indicated on the Z83 application form

AgtervanlinksstaanChrizeldavanReenen(Absa),JohBester,ArmandMeintjiesenAEGroenewaldvanHoërskoolDirkieUyssaammetdieuitvoerendeburgemeester,HaroldCleophas.ByhullestaanLlewellynKoopman vanWesbankSekondêr,HaleyHantamvanNewMoorreesburgHigh,AdrienneSamuelsvanSchoonspruitSekondêr,CondreDanielsvanNMH,IlseLoockvanSwartland-munisipaliteitenRita-MariLourensvanHoërskool Swartland.RosieNeethlingenHugoBruwervanHSSwasniebydieafsluitingteenwoordignie.

Duitsers nooi 10 plaaslike leerders

Die Swartland-munisipaliteit het die geleentheid met ope arms verwelkom toe hy vroeër vanjaar deur die organisasie Kiez Landesverband in Sachsen Anhalt, Duitsland, genooi is om ’n opvoedkundige kamp (Kiez Duitsland-kamp) van 12 tot 23 Julie in Quedlenburg by te woon

To submit your application there are 3 methods in which you can apply please only use 1 of the following: 1 Hand deliver your application for Attention: Western Cape Government Jobs, 44 Gannet Street Pelican Heights, Cape Town (From Monday to Friday between 07:00am to 17:00pm); Or 2 Post your application for Attention: Western Cape Government Jobs PO Box 22432 Fish Hoek; Or 3 Email your application to westerncape@respond co za Clearly indicate the reference number of post in email subject line and ensure attachments are in the appropriate format (MS Word or PDF)

Applications not submitted on or before the closing date as well as faxed copies will not be considered If you did not receive any correspondence within 3 months of closing date, consider your application as unsuccessful

Altesaam 10 plaaslike hoërskoolleerders is ná verskeie onderhoude deur die munisipaliteit gekies om die toer as verteenwoordigers van die Swartland saam met hulle mee te maak Die groep leerders – tussen 14 en 16 jaar oud – is onder meer van die Hoërskool Swartland, Schoonspruit Sekondêr en Wesbank Sekondêr in Malmesbury en New Moorreesburg High en die Hoërskool Dirkie Uys in Moorreesburg

Twee verteenwoordigers – Ilse Loock van die munisipaliteit en Chrizelda van Reenen (Absa), wat ook by die jaarlikse Sondeza-leierskapkamp betrokke is, sal die groep vergesel

Hierdie besoek word deur Kiez Landesverband en die Swartlandmunisipaliteit moontlik gemaak

Verskeie dorpe, museums en besienswaardighede sal besoek word

Die kamp word ook deur jeugdiges van Vietnam en Latvia bygewoon

Die doel van die kamp is om groter wêreldinsig en verdraagsaamheid tussen verskillende kulture aan te moedig, leierskap te ontwikkel, leerders se visie te verbreed en die gevoel van verantwoordelikheid van die onmiddellike omgewing tot dié van die wêreld te vergroot Bywoning sal ook die visie vir program-inhoud van die jaarlikse Sondeza-leierskapkamp, wat die Swartland-munisipaliteit in Ganzekraal aanbied, vergroot

Die leerders is Rosie Neethling, Hugo Bruwer en Rita-Mari Lourens van die Hoërskool Swartland; Llewellyn Koopman van Wesbank Sekondêr, Adrienne Samuels van Schoonspruit Sekondêr, AE Groenewald, Joh Bester en Armand

DieuitvoerendeburgemeesterHaroldCleophashet spesialerugsakkeaandieleerdersuitgedeel.Hiersêhy skertsendvirJohBestervanHoërskoolDirkieUysom homselftegedra,maarooktenvolletegaangeniet.

Meintjes van die Hoërskool Dirkie Uys en Condré Daniels en Haley Hantam van New Moorreesburg High in Moorreesburg

Die Swartlandse burgemeester, Harold Cleophas, het die leerders verlede Dinsdag (1 Julie) gedurende ’n afsluitingsgeselligheid herinner dat die geleentheid ’n groot voorreg is wat nie almal beskore is nie Hy het die leerders se ouers en familielede bedank vir hul bydraes om hul kinders die geleentheid te gee

“Die Duitsers is baie op dissipline ingestel Daarom vra ek dat julle jul ouers nie teleurstel nie Voldoen aan dissipline en spanwerk en moenie jou bagasie oorlaai met inkopies nie,” het hy skertsend bygevoeg

“Julle gaan as ambassadeurs van Suid-Afrika, die munisipaliteit en jul skole na Duitsland Julle moet ons gaan verteenwoordig en die Duitsers gaan vertel hoe lekker dit is om in Suid-Afrika te woon,” het hy die leerders met ’n glimlag aangemoedig Volgens Cleophas gaan die leerders se gedrag en samewerking bepaal of so ’n geleentheid weer sal kom “Gee jul samewerking, maak vriende en geniet dit Maak gebruik van die geleentheid en waardeer wat julle ouers ingesit het om vir julle die geleentheid te gee,” het hy afgesluit

Kom stap weer saam op historiese

Die Malmesbury-biblioteek in samewerking met die plaaslike museum nooi die hele gesin om die dorp se geskiedenis saam met hulle op ’n historiese staproete te herontdek

Die uitstappie vol pret, plesier en historiese feite vind vandag (Dinsdag 8 Julie) en Donderdag (10 Julie) plaas Volgens Talita Viola van die Malmesbury-biblioteek het hulle besluit om die staptog wéér ná verlede jaar se sukses

staproete

aan te pak. Die staproete begin by die biblioteek in Voortrekkerweg en eindig met ’n besoek by die museum, terwyl die stappers by verskeie historiese bakens langs die roete sal aandoen. “Die avontuur gaan oor verkenning, om kennis op te bou en verlief te raak op ons plaaslike geskiedenis Dit is ideaal vir nuuskierige kinders en hul ouers.”

Die staproetes vind tussen 08:00 en 12:00 plaas. Bel die biblioteek by 022 487 9439

PERSOONLIKE DIENSTE

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Swartland Gazette - E-Edition - 8 July 2025 by Novus Media - Issuu