Inwoners en diereliefhebbers in en om die omgewing van die Swartland- en Bergrivier-streek het hulle onlangs tot sosiale media gewend en hul misnoeë teenoor die betrokke munisipaliteite uitgespreek nadat die Swartland- en Weskus-dierebeskermingsvereniging se dienste in die gebiede opgeskort is.
Dit volg nadat die DBV in ’n plasing op sosiale media aangekondig het finansiering en skenkings van die munisipaliteite word gestaak. “Die Swartland- en Weskus-DBV kondig met hartseer die opskorting van alle mobiele kliniek- en inspekteursdienste in die Swartland se munisipale gebied aan, asook die opskorting van mobiele kliniekdienste in die Bergrivier se munisiaple gebied,” lui die verklaring, wat sedert verlede naweek die ronde doen.
Die plasing lui verder dat die Swartland-munisipaliteit vir jare saam met die DBV gewerk het om belangrike dierewelsynsdienste, insluitend die hantering van
dieremishandelingklagtes, inspeksies en die verskaffing van veeartsenydienste deur hul mobiele kliniek te verseker. Mobiele kliniekdienste het oor die jare in die Bergrivier-gebied uitgebrei om primêre mediese sorg deur ’n veearts en ondersteuning aan minderbevoorregte gemeenskappe te bied.
“Ongelukkig is die bedryfskoste wat met hierdie dienste gepaard gaan, soos brandstof, die instandhouding van voertuie en veeartsenydienste (toerusting en personeel) aansienlik hoog. Sonder finansiële ondersteuning van die munisipaliteite is dit nie langer volhoubaar om hierdie dienste in genoemde gebiede voort te sit nie.”
Die DBV sê verder hoewel hy weet hoe belangrik die dienste is, is die besluit nie ligtelik geneem nie.
Die Swartland-munisipaliteit het in reaksie op die DBV se plasing in ’n verklaring van hul eie die feite met betrekking tot nie-regeringsorganisasies en organisasies sonder winsbejag, soos die DBV, duidelik gestel. “Die nasionale tesourie het
Kontak gerus vir Azille Visser of Kay Williams, Maatskaplike Werkers op azille@utilitas.co.za / kay@utilitas.co.za / www.utilitas.co.za of 021 946 1685
Staat sny DBV se stert
’n bindende opdrag aan alle munisipaliteite in Suid-Afrika uitgereik waarin bepaal word dat alle skenkings in ruil vir sekere dienste nou as onreëlmatige besteding beskou word. Munisipaliteite moes hul skenkings aan die organisasies hersien en die onreëlmatige besteding vir die betrokke organisasies verklaar. Hierdie opdrag geld ook vir skenkings aan sekere organisasies wat met diere werk,” verduidelik die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz. Die nasionale tesourie stel dit duidelik dat munisipaliteite nie langer skenkings in ruil vir dienste mag gee nie, maar eerder ’n formele tenderprosedure moet volg om ’n diensverskaffer vir die lewering van die vereiste dienste aan te stel. Die Swartlandmunisipaliteit is tans besig om ’n tussentydse oplossing te ondersoek totdat ’n diensverskaffer ingevolge die wetgewing aangestel kan word. “Enige suksesvolle organisasie sonder winsbejag of nie-regeringorganisasie wat wil aansoek doen, moet op die sentrale verskafferdatabasis ge-
registreer wees en aan SARS-voorskrifte voldoen. Dit is belangrik om daarop te let dat die voorskrifte en die munisipaliteit se nakoming daarvan deur die ouditeur-generaal gebruik word as deel van die jaarlikse oudit van munisipaliteite.” Intussen gaan dienste in sommige dele van die Weskus voort danksy die DBV-tak in Vredenburg se bedryfskostes wat steeds deur die finansiële bydrae van die Saldanhabaai-munisipaliteit gedek word. “As gevolg hiervan word al ons inspekteurshulpbronne nou op dienslewering in die Saldanhabaai- munisipale gebied gefokus,” voeg die DBV by. Navraag aan Louise van Zyl, die bestuurder by die DBV, oor die vraag of finasiering reeds gestaak is, is bevestig. Sy kon nie in hierdie stadium op die pad vorentoe reageer nie, maar het bygevoeg dat die DBV na verwagting vandag met die Swartland-munisipaliteit gaan vergader om meer inligting oor die tenderprosedure en wat die toekoms inhou, te bekom.
Die kanolalande in die Swartland wys plek-plek skilderagtige tonele namate dié wintergewas begin blom. Jan Bester, die voorsitter van Malmesbury Agri se koringstudiegroep,sê die kanola het vanjaar baie mooi ontkiem danksy die reën wat in April en vroeg in Mei geval het. Volgens Bester het landbouprodusente in die omgewing daarna voldoende geleentheid gekry om bemesting en bespuitings toe te pas. Hy is dit eens dat produsente vanjaar tevrede is met die reënval. Foto: Neil Geldenhuys Photography
Man vas ná ontvoering
’n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering, wat sedert 18 Mei deur die plaaslike polisie ondersoek word, het ’n wending geneem nadat die verdagte wat glo by die voorvalle betrokke was, op 30 Julie in hegtenis geneem is.
Die aanranding en ontvoering, wat glo deur ooggetuies waargeneem is, het in Kalbaskraal plaasgevind.
Volgens sers. Henry dy Randt, ’n polisiewoordvoerder vir die Malmesbury- polisie, het die polisie Woensdag
inligting oor die saak ontvang. “Lede van die Malmesbury-polisie het saam met die misdaadintelligensieeenheid na Grabouw gejaag, waar die 55-jarige verdagte na bewering weggekruip het.”
Die klagtes van aanranding en ontvoering kom nadat ’n inwoner van Kalbaskraal, Oswald Tieties (24) in Mei volgens ooggetuies herhaaldelik deur die beskuldigde met ’n mes gesteek is. Tieties is kort daarna glo in die bagasiebak van sy motor gelaai en die motor is in die rigting van die N7-snelweg gesien.
Gemeenskapslede het vyf dae later nog ’n verdagte, wat ook glo by die aanranding betrokke was, ernstig aangerand. Die verdagte is weens die aard van sy beserings na die Swartland-hospitaal geneem, waar hy die volgende oggend (24 Mei) aan sy beserings beswyk het. Niemand is intussen vir dié verdagte se moord aangekeer nie, het Du Randt bevestig.
Die liggaam van ’n jong man is ’n maand later naby Philadelphia op die N7-snelweg gekry. “Weens die ontbindingsproses van die liggaam is DNS-toetse van kardinale belang vir die uitkenning van die liggaam om te kan bevestig of dit wel dié van Tieties is,” voeg Du Randt by. Die polisie hoop om binnekort die uitslae van die DNS-toetse te kry sodat hulle die identiteit van die slagoffer kan bepaal.
Die 55-jarige verdagte in die aanranding- en ontvoeringsaak het Vrydag (1 Augustus) in die Malmesbury-landdroshof verskyn. Die polisie vra die hof dat die verdagte in aanhouding bly, omdat hy ’n vlugrisiko is.
Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die liggaam wat gevind is nie.
Misdaadbrokkies
. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat ’n voetganger verlede Vrydag (25 Julie) buite Abbotsdale op die N7-snelweg noodlottig deur ’n voertuig getref is. Die slagoffer is op die toneel dood. Die man is as Heinrich Koopman (32) geïdentifiseer, wat glo te voet na Abbotsdale onderweg was toe die ongeluk gebeur het. Niemand is nog in verband met die ongeluk wat tot sy dood gelei het, in hegtenis geneem nie, het sers. Henry du Randt van die Malmesbury-polisie bevestig. Die ondersoek duur voort. . ’n 22-jarige man is Sondag met ’n skerp voorwerp in Kerkstraat, Kalbaskraal, ernstig aangerand. Die jong man se longe is na bewering in die aanval beskadig. ’n Klagte van poging tot moord is aangemeld en die 19-jarige verdagte wat deur die klaer geïdentifiseer is, is kort daarna in hegtenis geneem. Die verdagte het verlede Dinsdag (29 Julie) in die plaaslike landdroshof in Malmesbury verskyn. Hy sal tot sy volgende hofverskyning in aanhouding bly.
OMBUDSMAN
Contact Swartland Gazette’s ombudsman with reader complaints. Any complaints, queries or suggestions about content in Swartland Gazette may be sent to our ombudsman, George Claassen, on 021 851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za.
Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud van Swartland Gazette aan ons ombudsman, George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.
Oswald Tieties (24) wat sedert sy beweerde aanranding en ontvoering in Mei vermis word.
Kinderbeskerming en geslagsgeweld onder die
loep
’n Suksesvolle werksessie oor maatskaplike ontwikkeling het verlede Dinsdag (29 Julie) by Goedgedacht-plaas in Riebeeksrivier tussen Riebeek-Kasteel en Malmersbury plaasgevind. Die geleentheid is daargestel danksy die samewerking tussen verskeie belanghebbendes en rolspelers, wat hulle daartoe verbind om kinderbeskerming en geslagsgebasseerde geweld onder die plaaslike gemeenskap aan te durf. “Deur geleenthede soos dit kan sterker ondersteuningsnetwerke gebou word om uiteindelik die slagoffers van geslagsgeweld en kwesbare kinders in die gebied die nodige beskerming wat hulle nodig het, te bied,” voeg die Goedgedacht-trust in ’n verklaring by.
Jazz-toneelstuk by Die Boer
Dean Balie se Afrikaanse Jazz-teaterstuk, Een Vir My Baby, is môre (Woensdag 6) en Donderdag 7 Augustus by Die Boerteater in Durbanville op die planke. André Terblanché van die Paarl en Karli Heine, wat al albei in verskeie teaterproduksies en TV-reekse naam gemaak het, vertolk onderskeidelik die rolle van die ouskoolse speurder Jan Brand en die jazzsangeres Alia Vry. Brand moet Vry ondervra nadat haar man, Henkie Uiwe, vermoor is, maar een drankie word gou ’n paar en een liedjie vinnig drie. In hierdie maltrap-verhoogavontuur kry klassieke jazztreffers ’n nuwe baadjie en word stories blitsig gespin in ’n kroegie met meer as net
grondboontjies en goedkoop whisky. Terblanché sê: “Alia Vry is hierdie tipiese Femme Fatal-soort karakter, maar sy is slim. Hoewel Jan die vrae vra en die ondersoekende beampte en slim speurder is, kan sy hom elke nou en dan nogal goed uitoorlê.”
Die Suidoosterfees-21-produksie, ontwikkel deur die Toyota Stellenbosch Woordfees met regie en teks deur Dean Balie, beloof om die gehoor saam op ’n ontdekkingsreis te neem.
Kaartjies kos R200 elk en kan op Die Boer se webtuiste bespreek word of deur Die Boer te skakel. Kom vroeg en eet iets, of trek aan in die styl as jy deel van die atmosfeer wil wees.
Pannekoeke het ook ’n goeie doel
Die Pannekoeke met ’n Doel-inisiatief, ten bate van die Goedgedacht-trust, wat verlede Saterdag (26 Julie) by die De Zwartland Markt-winkelsentrum se markdag plaasgevind het, was ’n groot sukses. Volgens Lavern Maarman, die digitale bemarker van die trust, was dit ’n dag vol pret en vreugde. Sy sê die inisiatief is baie goed ondersteun. Al die opbrengste van die dag het direk aan die Goedgedacht-trust gegaan sodat die trust sy gemeenskapsprojekte kan voortbou en nog meer lewens kan aanraak.
Die trust het sy dank teenoor alle borge wat tot die dag bygedra het en HoneyB Marketing and Events, verantwoordelik vir die inisiatief, uitgespreek.
Susan Smit, die plaaslike pannekoek-koningin van Malmesbury het verlede Saterdag (26 Julie) haar vernuf ingespan en pannekoek saam met Lethan Jantjies van die Goedgedacht Trust binne die De Zwartland Markt-winkelsentrum gebak.
Die pannekoek-stalletjie ten bate van die Goedgedacht Trust by verlede Saterdag se mark binne die De Zwartland Markt-winkelsentrum, was goed ondersteun.
Karli Heine en André Terblancé vertolk die rolle
M’bury bars uit nate
Sarie Nell
“As mens na lugfoto’s van Malmesbury kyk, lyk dit soos ’n konstruksieterrein,” het Joggie Scholtz, die munisipale bestuurder van die Swartlandmunisipaliteit verlede week in die Malmesbury-stadsaal, gesê.
Scholtz was die hoofspreker by die Malmesbury Sakekamerbyeenkoms, met die fokus op huidige en toekomstige ontwikkelings in en rondom die dorp.
Hy het beklemtoon dat werkskepping nie die Swartland-munisipaliteit (SM) se rol is nie, maar om ’n gesonde klimaat te skep waarbinne ontwikkelaars sal wil belê. Die SM skep hierdie klimaat deur doeltreffende dienslewering (dit sluit stadsbeplanning en spoedige afhandeling van bouaansoeke in), politieke stabiliteit, finansiële volhoubaarheid en die verskaffing van volhoubare grootmaatdienste. Laasgenoemde behels bestendige elektrisiteit- en watervoorsiening, vullisverwydering en goeie afvalwater-bestuur.
Verwysend na Malmesbury se gesofistikeerde membraanrioolwerke wat in 2010 geopen is, sê Scholtz die huidige ontwikkelings is slegs moontlik danksy daardie projek van R115 miljoen. “In 2010 was dit die SM se duurste projek
nóg, maar die streek pluk steeds die vrugte daarvan.”
Intussen het die Riebeekvallei ’n nuwe rioolaanleg gekry en Moorreesburg se rioolstelsel is opgegradeer. “Moorreesburg kan nou tot 2041 hou; dit maak ook 650 nuwe standplase daar moontlik,” het Scholtz gesê.
Intussen open beleggers van buite groot projekte in die nywerheidsgebied en word die Highlandstortingsterrein teen ’n koste van R50 miljoen vergroot. Die Truck Stop suid van die silo’s keer dat vragmotors snags die dorp se parkeerplekke toestaan.
UITDAGINGS
“Ons infrastruktuur skep rykdom, nie andersom nie.”
Daar is altyd ook uitdagings, soos die SM se herhaalde aansoeke by Eskom vir verhoogde kapasiteit. “Ons ontvang geen terugvoer van Eskom nie; in hierdie stadium beperk hulle ons.”
Ontwikkelings aan Malmesbury se westekant behels reeds die bou van ’n nuwe hoërskool en hospitaal. In New Clair, regs van die nuwe pad, word 96 woonerwe beoog. “Die uitdaging hiervan is dat die erwe oor die helling (na die westekant) val; daarvoor moet ’n nuwe pompstasie gebou word. Die ontwikkeling van elke nuwe woonbuurt verg miljoene vir die
bou van infrastruktuur vir wateren elektrisiteitstoevoer.”
Vir ’n nuwe De Hoop-uitbreiding met 3 000 nuwe huise is ’n nuwe pad van R23 miljoen nodig, wat ’n gesamentlike projek van die provinsie en die SM sal wees. ’n Wisselaar word noord van Abbotsdale by die Swartland Junction beoog, met ’n roete wat parallel met die N7 aan die westekant van die Darlingpad sal aansluit. Dit behoort verkeersopeenhopings te verminder.
Huidige en toekomstige residensiële ontwikkelings aan Malmesbury se noordekant behels die Mount Royal-landgoed, Zwartland Werf en Manor (Voorhuis), die Klipfontein-landgoed en impakstudies vir die Bloekombosontwikkeling bokant die Hoërskool Swartland.
By die Mount Royal-landgoed is Fase 1 se 303 erwe feitlik almal reeds bebou. Wanneer die verdere fases hier uitverkoop en bebou word, sal ’n allemintige 423 nuwe standplase daar staan.
Zwartland Werf en Voorhuis, wat aan die sogenaamde nuwe Mall grens, vorm deel van die Zwartland Werf-ontwikkeling. Hierdie ekonomiese hub, wat rondom die hospitaal en winkelsentrum ontwikkel, bestaan uit ’n toesluit-en-reis-aftreeoord met 50 wooneenhede plus winkels,
Sakekamer bied luistergenot
Die ledebyeenkoms van Moorreesburg se sakekamer, wat onlangs op 28 Julie by die plaaslike gholklub plaasgevind het, se gassprekers het vir interessante en insiggewende luistergenot gesorg, soos die nuutste oor plaaslike sake, kleinsake en landbousake wat gedeel is. Lede en besoekers is ook gemotiveer om te midde van uitdagings nooit tou op te gooi nie. Die aand het sowat 85 gaste gelok wat na die gassprekers Sakkie Rust, Christo van der Rheede en Dr. Willie Cilliers kom luister het nadat Fritz Els, die voorsitter van die plaaslike sakekamer, terugvoer gegee het oor beleggings wat na Moorreesburg kom, asook belangrike kwessies wat die dorp raak. Volgens Madelein Groenewald (sekretaresse), wat die gaste verwelkom het, was Rust eerste aan die beurt. Lede het aan sy lippe gehang soos hy sy lewensverhaal gedeel het. Die onderwerp van sy spreekbeurt was “From Amputee to Kilimanjaro", ook die titel van sy boek wat hy geskryf het. Van der Rheede, ’n voormalige uitvoerende hoof van Agri SA, het kom gesels oor
Die Malmesbury-sakekamer het tydens sy inligtingsvergadering in samewerking met die Swartland-munisipaliteit huidige en toekomstige ontwikkelings in die Swartland bespreek. Tydens die vergadering was onder meer Brian Siebritz (sakekamer), Anet de Beer (onderburgemeester), Joggie Scholtz (munisipale bestuurder), Kobus Rossouw (voorsitter: Malmesbury-sakekamer), Ilza le Minnie en Laverne Maarman (beide van diesakekamer) teenwoordig. Foto: Sarie Nell
kantoorruimte en ’n motorvertoonlokaal. Grondwerke het reeds begin. Vooruitsigte bestaan vir ’n Woolworths, Dischem en fase 2 van die Crestcare-hospitaal met ’n verdere 40 beddens. By die Klipfontein-ontwikkeling noordoos van Malmesbury is die uitleg vir 2 500 erwe reeds gedoen. Dit sal in verskeie fases ontwikkel. Die beoogde 2 500 wooneenhede sal ongeveer 10 000 ekstra inwoners huisves.
HERSONERING
Bokant die Hoërskool Swartland word impakstudies en hersonering vir 600 enkelresidensiële erwe in die Bloekombos-ontwikkeling ondersoek. Verdere moontlike ontwikkelings wat oorweeg word, is ’n nuwe hoër- en laerskool vir 1 600 leerders noord van Malmesbury en die moontlikheid om Ford Street Place te ontwik-
Dr.Willie Cilliers van die AHI WesKaap het ook ’n beurt gehad. By hom staan die voorsitter van die Moorreesburg-sakekamer, Fritz Els, wat die gaste voorgestel het.
Suid-Afrikaanse kleinsake en hoe landbouers in die land veerkragtig is en hoop en burgelike opstand mitigeer.
Dr.Willie Cilliers van die AHI WesKaap het op sy beurt Moorreesburg se sakekamer geloof vir die goeie werk wat hulle vir die dorp en sy inwoners doen.
• Die sakekamer se volgende byeenkoms is dié Donderdag (7 Augustus). Susan Westraadt is die hoofspreker by die “Power Hour”-ontbyt en gaan praat oor wat elke eksekuteur en erfgenaam moet weet. Vir meer inligting en om te bespreek, bel Madelein Groenewald by 082 546 4689.
kel. Dit beteken die groen strook langs Fordstraat, waar Oom Jan Blom sy besems verkoop, sal in ’n woon- en sakegebied met ’n verkleinde groenarea verander. Met die toevoeging van soveel nuwe inwoners en ekstra druk op verkeersroetes en water, het Scholtz aangedui dat water geen probleem is nie. Opsies vir Voortrekkerweg op pad na die Mall behels ’n dubbelbaansirkel tussen Lowry Cole- en Piketbergweg en die herbelyn van die skuins ingange van Ford- en De Kockstrate op die noordelike deel van Voortrekkerweg. Hiervoor word verkeersligte of die goedkoper opsie – sirkels – oorweeg. Projekte wat dringend aandag benodig, maar al duurder raak, is die Yzerfonteinkruising met die Weskuspad en die Dieprivierbrug waar verkeer tydens spitstye ophoop.
Heel agter staan Cobus van der Merwe (Moorreesburg-sakekamer) en Philip Barnard (Malmesburysakekamer) saam met Ilse Le Minnie (Malmesbury-sakekamer), Brian Siebritz (ondervoorsitter van die Malmesbury-sakekamer), Kobus Rossouw (voorsitter van die Malmesbury-sakekamer), Reggie Swartz en Jimmy Croucamp (Malmesbury-sakekamer) in die middel. Voor staan Fritz Els (Voorsitter van Moorreesburg-sakekamer) en Madelein Groenewald (Moorreesburg-sakekamer se sekretaresse).
Een van die gassprekers by vandeesmaand se ledevergadering was Christo van der Rheede, voormalige uitvoerende hoof van Agri SA.
kom vertel en hoe hy Kilimanjaro geklim het nadat ’n gedeelte van sy een been geamputeer is.
Sakkie Rust van Moorreesburg het by die ledevergadering van Moorreesburg se sakekamer sy ongelooflike lewensverhaal
HS Swartland-meisies wen hokkie
Die Hoërskool Swartland in Malmesbury se meisies-hokkiespan het vanjaar se Kaapstad- internasionale hokkietoernooi loshande gewen.
Die skool se eerstespanne onder die meisies en die seuns het vanjaar aan dié toernooi, wat van 22 tot 27 Julie by verskillende hokkie-astrobane in die suidelike voorstede plaasgevind het,
deelgeneem. Volgens die meisies se hoofafrigter, Marzane Horn, neem HSS nog elke jaar aan die gesogte toernooi deel. Die meisies het verlede jaar ’n derde plek in die toernooi verower. Vanjaar kon hulle die trofee omhoog hou as wenners van die Evolve-afdeling. Horn verduidelik die toernooi bestaan uit twee afdelings – die Evolve -en die Elite-afdel-
ing, wat elk uit 12 spanne bestaan. Die wenner van die Evolve-afdeling speel die volgende jaar in die Elite-afdeling.
Die meisiespan wat teen altesaam sewe spanne te staan gekom het, het onder meer by die Pinelands-hokkieklub, die WP-krieketklub (WCCC) en die Hartleyvale-stadion gespeel. Ná die uitspeelwedstryde het die meisies na die
kwarteindstryd deurgedring en gewen. Die eindronde het by die Hartleyvale-stadion plaasgevind waar hulle die Settlers High School 1-0 gewen het. Horn, wat die eerste span al die afgelope drie jaar afrig, beskryf die oorwinning as ’n besonderse prestasie.
“Dit is ’n eerste vir HSS. Die meisies het ’n goue medalje gewen en skuif dus nou na die Elite-afdeling in 2026.”
Agter van links staan Marzane Horn (hoofafrigter), Marzé Kohn, Minelle Meeding, Mila Maritz, Sergio Arendse (kondisioneringsafrigter), Micha van Papendorp, Isabella Weels, Lienka Heyneke, Mieke Neethling en Anandi Burger (hulpafrigter), met Mia Steyn, Elri Coetzee, Annabel Basson, Minke da Fontes, Danielle Schwartz, Gia Jordaan, Thakeerah Wilskut en Cayleigh Petersen voor.
CK BLINDS Vervaardigers en verskaffers van alle tipe blindings. Gratis kwotasies. Doen ook herstelwerk. Kontak Elsabé 072 126 2394.
Gazette
Kontak ons vir advertensies en nuus
Swartland Gazette word deur Boland Media uitgegee en is ‘n lid van NovusMedia. Altesaam 20 000 kopieë word weekliks versprei.
Gazette subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za
Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (WCDEADP)
WhatsApp: 066 290 6512
Verwysingsnommer: 14/2/4/1/F5/16/0024/24
Kennis word gegee van 'n Publieke Deelnameproses ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (NEMA) en die gewysigde Omgewingsimpakbepalingsregulasies. Die Aansoeker versoek terugwerkende goedkeuring kragtens Ar�kel 24G van NEMA vir ak�witeite wat onwe�g na 2017 begin is sonder Omgewingsmag�ging. 'n Ar�kel 24G-aansoek is by die WCDEADP ingedien vir die ak�witeite gelys in Staatskennisgewings 983 (Ak�witeite 9, 28) en 985 (Ak�witeite 6, 11, 12, 17).
Ligging: Yzerfonteinpad (R315), oos van die R27 (Gedeelte 3 van Plaas Slangkop Nr 552, Malmesbury)
Ak�witeit: Die ontwikkeling van vakansieverblyf en verwante infrastruktuur
Aansoeker: Me. Jolinda Fourie van PHB Boerdery h�ps://www.peacehaventrust.co.za
Gazette subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za
Registrasie-/ kommentaartydperk eindig: 29 August 2025
Belanghebbende en Geaffekteerde Partye (BGP's) word genooi om te registreer of kommentaar te lewer op die voorgestelde aansoek deur hul naam, kontakbesonderhede en enige belang rakende die aansoek te verskaf, soos bepaal in regulasie 8 van GN R698 van 2017. Die 24G Aansoekverslag sal beskikbaar wees vir insae na registrasie.
00000000-ST050825
Lillies wen met 40-36
David Rossouw
Abbotsdale se Lillies en Wesbank se Wessies het mekaar die afgelope Saterdag (2 Augustus) op die Abbotsdale-sportterrein in die tweede ronde van die Sanlam Boland Grootuitdaagbeker die stryd aangesê. Met uitspeelplek op die spel, was dit ’n toets van taktiese dissipline, strukturele spelbeheer en diepte in beide spanne se banke.
Lillies het van vroeg af hul stempel afgedruk – ’n fisieke benadering met ’n swaar pak voorspelers wat die vaste fases oorheers het. Wessies is gedwing om op die agtervoet te speel – veral in die skrums waar Lillies se voorry die oorhand gehad het. Die agterlyn het hierdie platform benut om met tempo en akkuraatheid aan te val. Teen rustyd het Lillies met 14-10 voorgeloop danksy twee
Wessies se skoppe kos hom die wedstryd
verdoelde drieë teenoor Wessies se twee onverdoeldes – ’n telling wat die verskil in afwerkingsvermoë weerspieël het. Die tweede helfte het begin met ’n kliniese uitvoering van Lillies se oorgangspel. Die heelagter, Ethan Diston, het die verdediging met twee skeurende lopies oopgeskeur en die telling tot 28-10 verhoog. Lillies se vermoë om vinnig van vaste fases na los spel oor te skakel, was duidelik toe hulle uit Wessies se 50-meter-gebied gebreek en Delano Baartman langs die kantlyn sonder enige weerstand afgerond het (33-10). Kort daarna het Keegan Abrahams – ná ’n kort aangee in die 22-meter-gebied – gedruk, met Baartman wat verdoel het (40-10).
Wessies het egter karakter getoon en hul spelstruktuur aangepas. Twee
verdoelde drieë het die gaping tot 40-24 verklein en hulle het begin om die kontakpunte te oorheers. Rolmaalbewegings het Lillies se verdediging onkant betrap, en ’n slim agterlynbeweging het gelei tot nog ’n drie (telling nou 40-29) met Gavern Skippers se doelskop mis. In die slotminute het Skippers onder die pale gaan druk ná vinnige balverspreiding, wat die eindtelling op 40-36 te staan gebring het. Lillies se oorheersing in die openingsfases van beide helftes het die grondslag gelê vir hul oorwinning. Deur Wessies se ritme te ontwrig en hul eie speltempo af te dwing, het Denna Koopman se span die wedstryd op hul voorwaardes en met selfvertroue, struktuur en taktiese insig beheer. Die sege plaas Lillies in ’n gunstige posisie in die Grootuitdaagbeker-af-
deling, met slegs drie wedstryde oor in die Swartland-streek se spanningsvolle eindfase.
Hoewel Lillies een wedstryd minder gespeel het, kan die uitslag teen Mamre die ranglys dramaties skommel – veral vir Saron en Wesbank, wat hul plekke onder druk kan sien. Dan is daar nog Mamre self, wat stil-stil aan die agterdeur klop en gereed is om in te glip indien die voorlopers sou struikel.
Ander uitslae:
Abbotsdale 40-36 Wesbank, Mamre 46-19 Villagers Wittewater, Moorreesburg 34-38 Riebeeck United, Never Despair 53-24 Voorberg, Saron 20-16 Good Hopes
Wedstrydbepalings: Saterdag (9 Augustus)
Wesbank t. Darling, Voorberg t. Porterville, Abbotsdale t. Good Hope, Villagers Wittewater t. Moorreesburg, Riebeeck United t. Never Despair, Mamre t. Saron
Delano Baartman van Lillies skeur deur Wessies se verdediging in dié twee spanne