Swartland Gazette - E-edition - 29 Julie 2025

Page 1


Muurskilderye

Die Yzerfontein-woonwapark in samewerking met die plaaslike

Yzer Art Route het onlangs besluit om die chalets in die park op te knap.

Die opknappingsprojek, wat steeds onderweg is, sluit hoofsaaklik muurskilderye aan die binnekant én later aan die buitekant van die chalets in. Die muurskilderye is elkeen deur plaaslike kunstenaars, wat by die kunsroete betrokke is, geskilder.

Die inisiatief volg nadat Michael Roodt, die bestuurder van die woonwapark, Yzer Art Route genader het vir insette oor hoe die chalets opgeknap kan word. Volgens hom gaan die stoepgedeeltes ook in ’n latere stadium deur die kunstenaars geverf word.

Die muurskilderye is deel van die algehele opknappingsprojek van die chalets wat ’n nuwe lek verf aan die binne- en

buitekant benodig. Die plaaslike kunstenaars was nou beskikbaar om te help en ons het die geleentheid aangegryp,” het hy bygevoeg.

Volgens Kiara Dewrance van die Yzerfontein-toerismekantoor, wat die projek ondersteun en die betrokke rolspelers bystaan, is die plaaslike toerismeorganisasie baie opgewonde oor die kleurvolle inisiatief wat deur Roodt en die Yzer Art Route van stapel gestuur is. “So ook die Swartland-munisipaliteit, wat bankvas agter die projek staan,” voeg Roodt by.

Die kunswerke gaan uiteindelik ook deel wees van toekomstige kunsuitstallings in die plaaslike gemeenskapsaal. “Ons beplan om die huise vir besoekers – indien daar niemand oornag nie – te open wanneer hulle die plaaslike kunsuitstallings in die aangrensende gemeenskapsaal besoek,” sê hy opgewonde. Roodt is vas oortuig vakansiegangers gaan dol wees oor die muurskilderye en hopelik die woord daaroor versprei.

• Femtosecond-LASIK en LALEX

• Korneale Laser prosedure PRK

• Kontaklens-inplantings

• Refraktiewe katarakchirurgie

• Refraktiewe lens vervanging

• Femtosecond-laser korneale oorplanting

• Keratokonus behandeling

• Gloukoom behandeling

• Diabetiese oogsorg

• Droë oë behandeling

• Yag-vitreolise

vir “floaters”

Die eerste fase van die projek het verlede week begin en sal na verwagting vandeesweek voltooi word, het Dewrance bygevoeg.

Die plaaslike kunstenaars verantwoordelik vir die kunswerke is Ami Smuts, Christa Bester Janssen, Lizette Fourie, Ester Blake, Helene Viljoen, Sake en Wilna Van Der Wal en Dewrance – almal lede van die roete. “Dit was ’n samevoeging idees, verwe, kreatiwiteit en ’n begeerte om in ons tuisdorp terug te ploeg op die beste manier wat ons weet hoe, en dit is deur te verf,” voeg die roete by.

Talle inwoners het ook hul ondersteuning aangebied deur te help met die nodige toerusting, verf en die aandra van warm roosterkoeke en tee tydens die duur van die projek. Elke chalet pronk met sy eie tema, naamlik landskap en diere, die hawe en Meeurots, die seelewe wat steeds voltooi moet word en Dassen-eiland. Hulle sien veral uit na die selfies wat vakansiegangers vir seker by die skilderye gaan neem.

• Retinale-chirurgie

• Makula-chirurgie

• Ooglid-chirugie

• Pterygium chirurgie

Woonwapark opgeknap

Christa Janssen en Lizette Fourie wens mekaar geluk nadat ’n kunswerk in een van die vier chalets in die Yzerfontein-woonwapark voltooi is.
Christa Janssen en Lizette Fourie het die ikoniese hawemuur in Yzerfontein teen een van die mure in een van die chalets in die woonwapark geverf.
Ami Smuts van die Yzer Art Route besig met die skildery van Dassen-eiland teen een van die mure in ’n chalet binne die Yzerfontein-woonwapark.

Jong man

sterf ná mesaanval

Die 23-jarige Jabin Afrikaner is verlede Maandag-oggend (21 Julie) in die Swartland-hospitaal oorlede nadat hy met ’n panga aangeval is. Die aanval het omstreeks 22:00 die vorige aand in Sandstraat, Kalbaskraal, plaasgevind. Volgens sers. Henry du Randt, ’n polisiewoordvoerder vir die Malmesbury-polisie, is sy familie kort daarna oor die voorval ingelig. Hulle het hom in ’n oop veld aangetref. Die ambulansdienste is intussen reeds ontbied. Afrikaner is na die Swartland-hospitaal geneem, waar hy verdere noodbehandeling ontvang het. Hy het egter die volgende oggend aan sy wonde beswyk. Niemand is nog weens die aanval op hom in hegtenis geneem nie. ’n Saak van moord word steeds ondersoek.

Misdaad ruk Malmesbury

Die liggaam van ’n 36-jarige man is Saterdagoggend (26 Julie) omstreeks 10:15 in Saliestraat, Wesbank, aangetref. Volgens sers. Henry du Randt, ’n woordvoerder vir die Malmesbury-polisie, het die liggaam met die polisie se aankoms in ’n plas bloed gelê. Die slagoffer is verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek. Die motief vir die moord is in hierdie stadium steeds onbekend. “Die moontlikheid dat Alfonso Rosantay se dood bendeverwant is, is nie onmoontlik nie.” Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Die Malmesbury-polisie doen ’n beroep op enigiemand wat inligting het wat met die moord- ondersoek kan help, om na vore sal kom.

• Die Malmesbury -misdaadvoorkomingseenheid het Sondag (27 Julie) in die vroeë oggendure gedurende patrollie skote gehoor wat in Alfastraat, Wesbank, afgevuur is. ’n Verdagte is deur die eenheid opgemerk waar hy met ’n vuurwapen nog in die hand probeer weghardloop het. Volgens Du Randt het die polisielede die verdagte voet agternagesit en vasgetrek. Die polisie het ’n nagebootste vuurwapen, wat omgebou is om ’n 9mm-patroon te skiet, by die verdagte gekry. Dié 23-jarige man is vir die die besit van ’n onwettige vuurwapen in hegtenis geneem en sal eersdaags in die plaaslike landdroshof verskyn sodra hy formeel aangekla is.

• ’n Inwoner van Piketberg is verlede Sondag (20 Julie) op die toneel oorlede nadat sy deur ’n voertuig getref is. Die noodlottige voorval het op die R365 plaasgevind. ’n Saak van strafbare

manslag word ondersoek. Dit is in hierdie stadium nog onseker waarheen die voetganger onderweg was.

• ’n 36-jarige vroulike verdagte het verlede Vrydag (18 Julie) in die plaaslike landdroshof in Porterville op aanklag van moord verskyn. Die beskuldigde word daarvan aangekla dat sy haar 44-jarige man, Vumile Kotilisi blykbaar die vorige aand met ’n mes in die bors gesteek het. Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, was Kotilisi ’n bewaarder by die Voorberg-gevangenis. Die voorval het by hul huis op die terrein van die gevangenis plaasgevind. Die verdagte, wat intussen op borgtog vrygelaat is, het gister (Maandag 28 Julie) weer in die hof verskyn.

• ’n 27-Jarige man ontvang tans mediese behandeling in die Paarl-hospitaal nadat ’n 51-jarige man hom verlede Vrydagaand (18 Julie) met ’n mes in die maag gesteek het. Die voorval het in Moorreesburg plaasgevind. Die beskuldigde het hom aan die plaaslike polisie oorgegee deur die owerhede van die voorval in te lig en hulle na die misdaadtoneel en slagoffer te neem. Hy is ook daar in hegtenis geneem. Die beskuldigde het verlede Maandag (21 Julie) in die plaaslike landdroshof op ’n aanklag van poging tot moord verskyn.

• Die plaaslike polisie van RiebeekWes het Dinsdagaand 15 Julie op ’n noodoproep reageer nadat ’n 21-jarige homself en ’n bejaarde blinde man in ’n huis toegesluit het. Volgens Helfrich was die polisiebeamptes genoop om die huis se deur oop te dwing. ’n Mes is kort daarna in die besit van die beskuldigde, wat vir sy oproerige gedrag in hegtenis geneem is, gevind.

• Vier verdagtes tussen 21 en 43 jaar oud was Dinsdagaand (15 Julie) op die N7-snelweg in die rigting van Moorreesburg in ’n jaagtog met die plaaslike polisie betrokke. Volgens Helfrich was die polisie besig om die verdagtes agterna te sit nadat die bestuurder hul motor enkele meters voor ’n padblokkade by die weegbrug buite die dorp omgedraai en weggejaag het. ’n Sak vol dagga, wat die insittendes uit die betrokke voertuig, gegooi het, is opgetel. Dagga is ook binne die voertuig gevind nadat die voortvlugtendes deur die plaaslike polisie aangekeer is. Die insittendes, van wie elkeen ’n misdaadrekord het, het die afgelope Donderdag (24 Julie) in die landdroshof verskyn. Hulle is oorspronklik van Klawer en Vredendal.

Jabin Afrikaner (23)
Hierdie vuurwapen is Sondag (27 Julie) in ’n skietvoorval in Malmesbury gebruik.

YCAP teen misdaad

Leerders van Wesbank Sekondêr, wat deel is van die jeugontwikkelingsprogram

YCAP (Youth Citizens Action Programme), het die afgelope week gassprekers van die plaaslike departement van korrektiewe dienste as deel van hul misdaadvoorkomingsprojek verwelkom.

Timothy Cyril Sauer en JuanPierre Lottering het leerders meer oor die ware gevolge van misdaad kom vertel.

Hoewel die groep leerders verlede jaar op armoede gefokus het, draai hul projek vanjaar om misdaad in hul eie omgewing.

Die program, wat deur die trust Empowervate in samewerking met die departement van basiese onderwys moontlik gemaak is, is op mededinging gegrond en gee leerders oor die land heen ’n geleentheid om binne hul gemeenskappe ’n verskil te maak wat volhoubaar is.

Glynise Onverwacht, ’n onderwyseres en koördineerder van die program by die skool,

leerders om deur middel van die projek bewustheid onder inwoners en veral skoolgaande leerders te skep om te keer dat hulle by misdaad en misdadige aktiwiteite betrokke raak.

“Ons wil leerders bewus maak van die misdaad in ons gebied asook die gevolge wanneer hulle by daardie misdade en negatiewe gedrag betrokke raak en ons wil hulle wys dat daar ’n ander uitweg is.”

Onverwacht het verder gesê van die doelwitte van die projek is om leerders aan te moedig om hulself te bemagtig deur skool te voltooi of ’n ambag te leer sodat hulle eendag kan werk vir geld en nie na misdaad as ’n vorm van oorlewing sal draai nie.

Dean laat bejaardes soos miljoenêrs voel

Die Suidooster-ster Dean Smith, ’n boorling van Malmesbury, was onlangs een van ses bekendes wat hul algemene kennis op die spel geplaas het deur aan die gewilde speletjiesprogram Wie word ’n miljoenêr? op kykNET deel te neem in die hoop om geld vir liefdadigheid in te samel. Smith het groot kykersgenot aangewakker toe hy en sy spanmaat, Tracey-Lee Olivier van Diepe Waters -faam, wat later by hom aangesluit het, die vrae met groot plesier beantwoord het. Hy het die uitdaging met erns aangepak en op ’n doelwit gefokus.

vertel dat die groep verlede jaar ’n tweede plek in die provinsiale kompetisie behaal het.

Vanjaar mik hulle vir ’n eerste plek sodat hulle vir die nasionale kompetisie in aanmerking sal kan kom.

Volgens Onverwacht hoop die

Die leerders werk reeds nou saam met die plaaslike polisie en het ’n reaksie-kommunikasiegroep gestig om inwoners van misdaadvoorvalle en misdadige aktiwiteite in die omgewing in kennis te stel.

Die leerders hoop om bewustheid oor die projek te versprei en ander skole daarby te betrek.

“Vir my is dit net ’n ding; ek moet net by [vraag] nege uitkom. Dan weet ek dis my base ,” het hy gesê. Die beslissende vraag of daar arseen of sianied in appelsade voorkom, was die einde van sy speelbeurt nadat hulle die vraag met ’n hulplyn verkeerd beantwoord het. Nietemin is ’n ongelooflike R10 000 ten bate van Goue Aar- tehuis vir bejaardes in Malmesbury losgeslaan. Volgens Smith, was hy baie opgewonde om deur die program genader te word. Hy is self ’n groot aanhanger van Wie word ’n miljoener en was bly vir die geleentheid om terug te gee aan die gemeenskap. Smith het kort voor sy deelname aan die program by Goue Aar na die opknappingswerk gaan kyk wat die tehuis oor die afgelope jaar daar gedoen het en hulle ingelig dat hy geld vir hulle gaan probeer insamel, het George Holtzhausen, die voormalige waarnemende bestuurder by die tehuis, gesê. Smith meen Goue Aar lê baie na aan sy hart en het hy al gereeld gaan kuier. “Die mense wat

Aalwyne in Swartland

Die aalwyne blom langs die Piketbergweg-grondpad tussen Moorreesburg en Malmesbury. Foto: Mauritz Meyer

daar werk doen hul beste om die mense daar gemaklik te maak en ek het geweet hulle sal enige donasie waardeer en gebruik,” voeg hy by. Paul Stoltz, die nuwe bestuurder by die tehuis, het hul dank en waardering namens die bestuur, die personeel en inwoners teenoor Smith en die “ongelooflike ruim skenking” van R10 000 ná sy deelname uitgespreek. “Ons is diep vereer dat hy Goue Aar as sy gekose welynsorganisasie aangewys het. Sy ondersteuning beteken vir ons meer as wat woorde kan sê.” Volgens Stoltz is dit werklik inspirerend om te sien hoe iemand sy oomblik in die kollig gebruik om iets terug te gee aan ’n saak wat ’n werklike verskil in mense se lewe maak. “Jou vriendelikheid en oorweging het ons almal diep geraak. Baie dankie vir jou bydrae en dat jy die werk wat ons doen, raakgesien het,” het hy bygevoeg. “Smith se vrygewigheid gaan direk bydra tot die sorg en welstand van ons inwoners.”

Die groep leerders van Wesbank Sekondêr – deel van die jeugontwikkellingsgroep YCAP – fokus vanjaar op misdaad en die voorkoming van misdaad in hul omgewing.
Glynise Onverwacht van Wesbank Sekondêr (middel) saam met Timothy Cyril Sauer (links) en Juan-Pierre Lottering van die plaaslike departement van korrektiewe dienste.
Dean Smith met sy deelname aan kykNET se speletjiesprogram, Wie word ’n miljoenêr.

Groot kommer nadat ouma (68) in Gouda verdwyn

’n Soektog waarby die polisie se honde-eenheid betrek is, is in Gouda onderweg nadat ’n 68-jarige vrou, wat vermoedelik aan Alzheimer se siekte ly, verlede Donderdag (17 Julie) spoorloos verdwyn het.

Die polisie en gemeenskapslede het vandeesweek die beboste landelike gebiede oos van Gouda gefynkam op soek na Katriena Smit, wat volgens haar dogter op pad huis toe waarskynlik verdwaal het.

Volgens Lee-Ann Smit, haar dogter, het haar ma, stiefpa en hul kleinkind Donderdag (17 Julie) huis toe gestap. Die een oomblik het haar ma nog agter gestap en toe haar stiefpa weer omkyk, was Smit weg.

“My stiefpa het toe hier by die huis kom vertel dat hy nou nie weet wat van haar geword het nie. Ons het toe dadelik na haar gaan soek.

“Toe dit Donderdagaand begin donker raak, was ons regtig bekommerd.

“Ons het deur die nag na haar gesoek. Mense het gesê hulle het haar naby die vleilande by die waterblommetjies gesien. Dis waar ons daardie nag gaan soek het,” het haar bekommerde dogter verlede week vertel.

Volgens haar ly haar ma waarskynlik aan Alzheimer se siekte, maar is dit nog nie formeel deur ’n dokter by haar gediagnoseer nie.

“Die laaste tyd was sy baie deurmekaar. Sy het gepraat van mense uit haar grootwordjare daar in Porterville; mense wat ons nie ken nie.

“[My stiefpa] het na hulle gaan soek en ons het later vasgestel baie van die mense van wie sy praat, is lank reeds oorlede.

“Sy is glad nie iemand wat ronddwaal nie, dus vermoed ons dat sy moontlik deurmekaar geraak het en dalk iewers is sonder dat sy weet haar familie soek na haar. Ons wens is dat ons haar veilig sal vind,” het Smit gesê.

Volgens Smit het haar stiefpa tydens Donderdagaand se soektog sy been in ’n sloot beseer. Hy is in die Porterville-hospitaal behandel.

Katriena is as by die Tulbaghpolisiekantoor vermis aangemeld.

Die polisie kon nie vandeesweek vir kommentaar bereik word nie.

Wessie van der Westhuizen, Jaco Londt (Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling), Dean McPherson (minister van openbare werke en infrastruktuur), Ganief Hendricks (Wes-Kaapse adjunkminister van maatskaplike dienste) en Mark Solomons.

Regering skenk twee eiendomme

In ’n daad van aktiewe gemeenskapsontwikkeling het Dean Macpherson, die nasionale minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, onlangs twee staatseiendomme in Malmesbury amptelik aan die Wes-Kaapse regering oorhandig met die doel om dit in ondersteuningsentrums vir mense wat van middelafhanklikheidsversteurings herstel, om te skep. Dié gebaar is veel meer as ’n administratiewe skuif – dit is ’n simboliese en praktiese poging om waardigheid terug te gee aan individue wat met verslawing worstel terwyl leë en vervalle staatsbates ’n nuwe lewensdoel kry.

Macpherson se benadering is deel van ’n groter strategie om sy departement te herposisioneer – weg van ’n passiewe rol as bewaarder van ongebruikte geboue en eerder na ’n dinamiese akteur wat sosiale impak dryf. Sedert hy die amp beklee, is 17 eiendomme al vir aktiewe gebruik heringestel – van skuilings vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld (GBV) tot herstelplekke vir verslawing,

waarvan die twee nuwe Malmesbury-sentrums deel is.

“Dit is belangrik dat ons nie net oor dienslewering praat nie, maar werklik iets doen om die lewe van mense aan die onderkant van die samelewing positief te beïnvloed,” het Macpherson by die oorhandiging gesê. Hy het ook beklemtoon dat elke gebou wat herwin word, ’n geleentheid is om hoop te bou en ’n veilige plek vir genesing, ondersteuning en wederopbou te wees.

Vir die gemeenskap beteken hierdie sentrums meer as net ’n struktuur – dit is ’n teken van erkenning, van samewerking tussen regeringsvlakke en ’n stewige stap teen die stigma van verslawing. In gebiede soos Malmesbury, waar ondersteuningsdienste skaars is, bied hierdie ruimtes ’n kans op rehabilitasie en sosiale herintegrasie.

Met hierdie inisiatief stuur die departement ’n duidelike boodskap: Gemeenskapsgesondheid, veiligheid en sosiale welstand is nie afsonderlike kwessies nie, maar deel van ’n geïntegreerde strategie om Suid-Afrikaners te bemagtig – een eiendom, een mens, een gemeenskap op ’n keer.

Miljoen mik vir polisieposte

Rasaad Adams

Terwyl die polisie vandeesweek bevestig het dat altesaam 1 049 998 aansoeke vir die 2025-’26-rekruutwerwingstydperk ontvang is, het die DA in die Wes-Kaap opnuut ’n beroep vir die desentralisering van die polisiediens gedoen, wat die provinsie in staat sal stel om sy eie polisiehulpbronne in misdaadgeteisterde gebiede te ontplooi.

Aansoeke vir die werwing het Vrydag (18 Julie) gesluit en slegs 5 500 poste sal gevul word.

Athlenda Mathe, ’n nasionale polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring gesê altesaam 595 049 aansoeke is van vroulike kandidate ontvang, met 454 949 van manlike aansoekers.

Die Gauteng-provinsie het die meeste aansoeke ontvang met 267 031, gevolg deur KwaZulu-Natal met 205 802. Limpopo het 115 877 aansoeke, gevolg deur die Oos-Kaap met 108 709 en Mpumalanga met 100 516.

Die Wes-Kaap is vyfde op die lys met 86 496, gevolg deur die Vrystaat met 73 214.

Noordwes het 66 167 aansoekers, terwyl die minste aansoeke – 26 186 – uit die Noord-Kaap ontvang is.

Volgens Mathe beskik altesaam 334 765 aansoekers oor ’n tersiêre kwalifikasie.

“Die groot aantal aansoeke is vir ons ’n groot aansporing. Dit wys dat ons jong mense gereed is om te dien en te beskerm,” het sy aan Netwerk24 gesê. Thomas Walters, die DA se Wes-Kaapse

woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid en polisie-oorsig, het vroeg vandeesmaand oor die gebrek aan polisiebeamptes in misdaadgeteisterde gebiede uitgevaar. “Die polisiediens, onder die huidige gesentraliseerde nasionale stelsel, is nie toegerus om die provinsie se onaanvaarbaar hoë vlakke geweldsmisdaad te bekamp nie. Dit blyk uit onlangse antwoorde van die polisie op DA-parlementêre vrae.

“Hierdie personeeltekort verlam die polisie se werksaamhede in die Wes-Kaap met slegs 12 908 aktiewe polisiebeamptes,” het Walters op 9 Julie in ’n verklaring gesê.Volgens hom dui die gemiddelde vakature-koers van 12,39% oor alle polisiekantore op ’n “diep hulpbronkrisis” – veral in misdaadbrandpunte soos Belhar (68 aktiewe polisielede), Elsiesrivier (142), Kleinvlei (150) en Maitland (39),” sê Walters.

“Hierdie kritieke tekorte ondermyn reaksietye, die gehalte van ondersoeke en die publiek se vertroue in wetstoepassing.

“Die antwoorde het ook getoon dat opsporingstempo’s – die persentasie misdade wat opgelos word – op ’n skokkende lae vlak is – veral wat geweldsmisdade betref.”

Volgens Walters is speurders oorlaai met ondersoeke. In Khayelitsha hanteer een speurder gemiddeld 126 dossiere, in Manenberg 142 en in Delft 78.

“Ons gemeenskap verdien beter as dit en het polisielede nodig wat doeltreffend is.”

Katriena Smith (68)

Proteus Technical High School learners together with some of the staff of West Coast College. Front (from left): Evertson Nigel (HOD, Proteus Technical High School), Lungisa Mbulawa (West Coast College principal), Jerry Raganya (West Coast College 4IR facilitator), André Muller (West Coast College acting deputy principal: innovation and development). Back (from left): Felicia Mngxekeza (West Coast College, Atlantis campus lecturer), Nomathemba Dapula (West Coast College deputy principal: academics), Zanele Ntakana (West Coast College assistant director: partnerships and linkages), Anathi Zengetwa (West Coast College academic manager), Jameelah Nathie (West Coast College senior student-support services officer), Sive Ndondo (West Coast College monitoring and evaluation officer), Phumzile Nkuzo (West Coast College Atlantis campus manager). Middle row, left: Samuel Kazadi (West Coast College senior lecturer, IT and computer science: robotics and programming) with Febihola Jacobs (West Coast College lecturer) on the right.

Students do digi-literacy training

West Coast College (WCC), in partnership with the BankSETA and the Western Cape Education Department (WCED), recently hosted 14 Grade 12 learners from Proteus Technical High School for a transformative digital-literacy and skills-training programme at its Atlantis campus.

The two-week Skills Development Initiative (SDI), funded by BankSETA, aimed to enhance ICT proficiency and work readiness by equipping learners with critical digital skills aligned with the demands of the Fourth Industrial Revolution (4IR). This initiative not only supported the academic development of learners, but also

Opportunities to join Swartland Municipality

To view the full advertisement, job requirements and response details, please visit www swartland org za or call Rachelle van Zyl on 022 487 9400

Assistant Superintendent: WWTW Class IV

Directorate: Civil Engineering Ser vices

• Reference number: V23/25

• Salar y: R356 340 – R462 540 p.a. (T-11) Process Controller Class II

Directorate: Civil Engineering Ser vices

• Reference number: V24/25

• Salar y: R211 620 – R274 560 p.a. (T-07) Examiner of Driving Licences: Grade A

Directorate: Protection Ser vices

• Reference number: V25/25

• Salar y: R268 104 – R348 000 p.a. (T-09) Traffic Officer/Law Enforcement Officer

Directorate: Protection Ser vices

• Reference number: V26/25

• Salar y: R301 896 – R391 812 p.a. (T-10) Valuer

Directorate: Development Ser vices

• Reference number: V27/25

• Salar y: R473 604 – R614 772 p.a. (T-13)

Accountant: Pre-paid Vending and Reporting

Directorate: Financial Ser vices

• Reference number: V28/25

• Salar y: R420 684 – R546 036 p.a. (T-12)

Chief Clerk: Tourism

Directorate: Corporate Serivces

• Reference number: V29/25

• Salar y: R238 164 - R309 120 p.a. (T-08)

Closing date: 8 August 2025 at 12:00

prepared them to navigate the challenges of a rapidly evolving digital economy.

From the programme learners gained hands-on experience in coding, robotic processes, data science and software programming.

Lungisa Mbulawa, West Coast College principal, said in a statement released the training sessions had not only

empowered learners with valuable digital skills aligned with the Fourth Industrial Revolution (4IR), but also demonstrated the incredible potential of collaboration between basic and higher education.

“This initiative is a shining example of what can be achieved when we work together to address the skills

shortage, particularly in the ever-evolving digital space.” Deputy principal André Muller said WCC looked forward to more such engagements in the future. The journey concluded with a heartfelt closing ceremony at the college’s central office in Malmesbury, where the achievements and growth of the learners were celebrated.

Transfer applications for ’26, 4-18 August

The Western Cape Education Department (WCED) confirmed last week that transfer applications for the 2026 school year will open early in August.

According to Bronagh Hammond, spokesperson for the department this only applies to learners who will be in Grade 2 to 7 and 9 to 12 next year. Transfer applications open on 4 August and close on 18 August.

“We encourage parents who wish to do a transfer application to get their documents ready.” The necessary documents are: (1) identity document (ID) or birth certificate of the learner and parent/

caregiver, a passport or copy of parents’ refugee or asylum status, on which the learner’s name should appear (if a foreign learner), a handwritten birth certificate (DHA 19 form) and parent/caregiver identification (if the learner has foreign parents, but was born in South Africa) or a passport or a refugee or asylum seeker permit issued in the learner’s name and parent/caregiver identification (if the learner was not born in South Africa).

Also, (2) Immunisation card or Road to Health chart, applicable to pre-primary and primary schools only, (3) latest official school report or academic report, (4) proof of residence, eg rates account/lease agreement/an affidavit made at a police

station confirming residence, (5) if any of these documents are unavailable, parents can submit a police affidavit indicating this in place of the missing document. Hammond said transfer applications affect parents who are moving towns or provinces next year and need to transfer their child to an alternative school.

The admissions for Grade R, 1 and 8 are on track. Hammond said parents who received more than one offer in Grade R, 1 or 8 in 2026 had until 17 June to confirm their choice of school.

“The online admissions system has now auto-confirmed their top-ranked choice of school, freeing up thousands of remaining places for other parents.”

Nou het bloedskenking groter uitwerking

Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) is trots om die merkwaardige vrygewigheid van bloedskenkers deur die Extra Drop-inisiatief uit te lig – ’n groeiende beweging wat wys hoe die redding van lewens met die opheffing van gemeenskappe hand aan hand kan gaan.

Julie is ’n tyd om bloedskenkers te vier onder die tema “Not all heroes wear capes” . Deur hierdie tema vestig die WKB die aandag op ’n betekenisvolle manier waarop gewone individue ’n buitengewone verskil maak – nie net deur bloed te skenk nie, maar ook deur hul invloed deur ’n bykomende daad van vriendelikheid uit te brei.

Die Extra Drop-inisiatief, wat in Maart van stapel gestuur is, stel bloedskenkers in staat om ’n groter invloed op die gemeenskappe wat hulle ondersteun, te hê. In plaas daarvan om iets kleins as teken van waardering te ontvang nadat hulle

bloed geskenk het, kan skenkers kies om dit prys te gee en te versoek dat die WKB namens hulle R15 aan ’n liefdadigheidsorganisasie skenk. Hierdie eenvoudige dog betekenisvolle gebaar beklemtoon die stille heldedom wat soveel bloedskenkers definieer.

Die inisiatief het tot nou The League of Friends of the Blind en Hannah’s Place of Safety ondersteun – twee organisasies in die Wes-Kaap.

Die volgende ontvanger sal die Lucky Lucy-stigting wees – ’n organisasie wat lewensgehalte bevorder en in 2010 gestig is om die lyding van erg verwaarloosde en mishandelde huisdiere te verlig.

Bloedskenkers bly as onbesonge helde dien – alledaagse individue wat stilweg dade van deernis verrig, wat ’n blywende uitwerking het – deur die Extra Drop-inisiatief te kies.

Hoe dit werk:

• Skenk bloed: Besoek ’n WKB-bloedskenkingskliniek om bloed te skenk.

• Kies jou geskenk: Voordat jy skenk, kies of jy die teken van waardering wil hou of dat die WKB namens jou geld skenk.

• Maak ’n verskil: As die skenker kies om die geskenk prys te gee, dra die WKB R15 tot die liefdadigheidsorganisasie by; en

• Fokus op liefdadigheid: Die WKB-komitee kies elke twee maande ’n nuwe liefdadigheidsorganisasie.

’n Heldedaad vereis geen hoody nie. Een skenking kan die lewe van tot drie mense red – met die Extra Drop-inisiatief-hulp selfs verder in die gemeenskap uitgebrei.

• Besoek www.wcbs.org.za vir nog inligting of om jou naaste bloedskenkingskliniek op te spoor, laai die WCBS-toepassing af, of stuur ’n WhatsAppboodskap na 060 549 7244. Doen iets besonders: skenk bloed.

Gazette

Kontak ons vir advertensies en nuus

Swartland Gazette word deur Boland Media uitgegee en is ‘n lid van NovusMedia. Altesaam 20 000 kopieë word weekliks versprei.

Advertensies

Loraine Malan

T: 022 4824669

S: 071 4929797

E: loraine.malan@novusmedia.co.za

Geklassifiseerde advertensies

Jaydene Sampson

S: 071 434 7583

E: jaydene.sampson@novusmedia.co.za

Redakteur

Maryke Swart

T: 022 713 1066

E: maryke.swart@novusmedia.co.za

Stuur nuuswenke aan: SwartlandGazette@novusmedia.co.za

WhatsApp: 066 290 6512

Gazette subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za

OMBUDSMAN

Contact Swartland Gazette’s ombudsman with reader complaints. Any complaints, queries or suggestions about content in Swartland Gazette may be sent to our ombudsman, George Claassen, on 021 851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za.

Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud van Swartland Gazette aan ons ombudsman, George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.

Veritas op pad

Inskrywings vir vanjaar se Veritastoekennings, die land se voorste en oudste wynkompetisie vir gebottelde wyn, is steeds oop en wynmakers is opgewonde en sien saam met wynliefhebbers landwyd daarna uit.

jaydene.sampson@novusmedia.co.za

zeta.truter@novusmedia.co.za

Deelnemers aan vanjaar se kompetisie word nou aangemoedig om aanlyn in te skryf deur die platform wat in samewerking met die Veritas- finansiële vennoot SA LItho geskep is. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag (1 Augustus), terwyl laatinskrywings teen ’n verhoogde fooi tot 15 Augustus ontvang sal word.Veritas spog daarmee dat dit sedert 1991 Suid-Afrika se oudste wyn- en brandewynkompetisie is en as sodanig die voorste riglyn van gehalte vir verbruikers, restaurante, hotelle en die handelsmark vir 35 jaar is. Luidens ’n verklaring wat deur die Suid-Afrikaanse nasionale wynskouvereniging uitgereik is, het die Veritas-toekennings oor die jare toegeneem in belangrikheid uit ’n bemarkingsoogpunt om die gehalte van die land se wyn te beklemtoon – nie net plaaslik nie, maar ook in internasionale markte. Die toename in verkope van die wenwyne en -brandewyne ná die bekendmaking van die uitslae is klinkklare bewys

van Veritas se betekenis vir die bedryf. Veritas is die enigste wynkompetisie deur die bedryf vir die bedryf. Die Veritas-toekennings het sedert sy vestiging as ’n gesaghebbende kompetisie voortgegaan om as ’n maatstaf vir die land se gehaltewyne en brandewyne te dien – bewys van sy belangrike posisie in die bedryf asook onder die verbruikers. Deelnemers benut die uitslae en gepaardgaande bottelplakkers as ’n uitstaande bemarkingsgeleentheid.

Die beoordeling sal van 1 tot 5 September in die Pavillion op Nederburg in die Paarl plaasvind. Soos die gebruik oor die jare is, word spesialis-beoordelaars in al die panele aangestel om te verseker dat die beste kundigheid ingespan word om die wenners te bepaal.

Die toekenningseremonie, bekend as die Oscars van die wynbedryf, word op 11 Oktober by die KKNK in Kaapstad aangebied. Die landwye wyn- en brandewynproeë vir die publiek en wynhandel sal weer in samewerking met Veritas se jare lange finansiële vennoot Deloitte aangebied word. Hierdie geleentheid sal in Kaapstad, Johannesburg en Durban plaasvind, waar al die dubbelgoud- en goud-wenners op die proef gestel kan word.

CK BLINDS Vervaardigers en verskaffers van alle tipe blindings. Gratis kwotasies. Doen ook herstelwerk. Kontak Elsabé 072 126 2394.

PROJECT TITLE: COMMUNITY AND ENTREPRENEURIAL PROJECT OF PROPOSED SAND, GRAVEL AND CLAY MINING RIGHT ON PORTION 5 OF FARM DOORNEKRAAL 830, MALMESBURY DIVISION

In accordance with Regulation 42 (3) & (4) of the Amendment Regulations to the M i n e r a l & P e t r o l e u m R e s o u r c e s Development Regulations (M&PRDR), 2020, notice is hereby given that a public meeting will be held on Thursday 31 July 2025 at 19:30 after the Ward Committee meeting s t a r t i n g a t 1 8 : 3 0 a t t h e A b b o t s d a l e

Community Hall, Darling Way, Abbotsdale. The community and entrepreneurial project, as included in the Social and Labour Plan of Purple Rain Properties No 411 (Pty) Ltd and operating the proposed sand, gravel and clay mine, will be discussed.

L o c a t i o n : W e s t e r n C a p e , n e a r Malmesbury Farm Doornekraal 5/830 is located along the R302, at ±11km south of Malmesbury The mine site receives access from the R302.

Procedure: The project will be included in the Social and Labour plan compiled and executed in accordance with Part II, Social and Labour Plan: Regulations 41 to 46 of the Amendment Regulations to the M&PRDR, 2020.

Opportunity to participate: Interested and Affected Parties are invited to attend the public meeting and or to provide written comments to Leap Sustainable Development within 30 days of this notice (excluding public holidays). The project title, your full name, contact details, plus an indication of any direct business, nancial, personal or other interest you may have in this plan and project m u s t b e p r o v i d e d a n d f u l l y d e s c r i b e d Additional information can be obtained from:

Contact: Lehandré Robertson, PO Box 488, Malmesbury, 7299, Email: info@leapsd.co.za

PROJEK TITEL: GEMEENSKAP EN ENTREPRENEURSKAP PROJEK VAN VOORGESTELDE SAND, KLIP & KLEI MYNREG OP GEDEELTE 5 VAN PLAAS DOORNEKRAAL 830, MALMESBURY AFDELING

In ooreenstemming met Regulasie 42 (3) & (4) van die Wysigingsregulasies tot die M i n e

, word hiermee kennis gegee dat ‘n publieke vergadering gehou gaan word op Donderdag 31 Julie 2025 om 19:30 na die Wykskommitte vergadering wat om 18:30 begin, by die Abbotsdale gemeenskapsaal in Darlingweg,

a p e n entrepreneurskap projek, soos ingesluit in the Sosial en Werksmagplan van Purple Rain Properties No 411 (Pty) Ltd en wat van die

u i s - e n k l e i m y n bedryf, sal bespreek word.

Ligging: Weskaap, naby Malmesbury. Plaas Doornekraal 5/830 is geleë langs die R 3 0 2 , ± 11

y D i e mynperseel bekom toegang vanaf die R302.

Prosedure: Die projek word ingesluit in die

, Regu lasies 41 to 46 van die Wy sigingsregulasies tot die M&PBO, 2020.

G

Geïnteresseerde en Geaffekteerde Partye word genooi om die publieke vergadering by te woon en of om skriftelike kommentaar te stuur aan Leap Sustainable Development binne 30 dae van die kennisgewing (uitgesluit publieke vankansie dae). Voorsien asseblief d

besonderhede asook ‘n volledige beskrywing van enige direkte besigheids-, nansiële of ander belang in die plan en projek. Verdere inligting kan bekom word van:

Kontak:Lehandré Robertson, Posbus 488, Malmesbury, 7299, E-pos: info@leapsd.co.za

BUSINESS Local

Op pad Rugbywêreldbeker

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 05/2025/2026

VOORGESTELDE HERSONERING EN AFWYKING VAN ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP ERF 613, ABBOTSDALE

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4821845

Eienaar: KD Isaacs, Posbus 3045, Reygersdal, 7352. Tel no. 0825699242

Verwysingsnommer: 15/3/3-1/Erf_613 15/3/4-1/Erf_613

Eiendomsbeskrywing: Erf 613, Abbotsdale

Fisiese Adres: Roosmarynstraat 15, Abbotsdale

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om hersonering van erf 613, Abbotsdale, ingevolge ar�kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 613 (groot 220m²) hersoneer word vanaf Residensiële sone 2 na Sakesone 2 ten einde die bestaande winkel en woonstel te we�g.

Die aansoek om die afwyking van ontwikkelingsparameters op erf 613, Abbotsdale, ingevolge

Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die afwykings behels die volgende:

• Afwyking van die 3m syboulyn (oostelike grens) na 2m

• Afwyking van die 3m syboulyn (westelike grens) na 1m

• Afwyking van die vereiste 3 op-perseel parkeerplekke na 0.

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar�kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:0013:00 en 13:45 - 15:45 by Departement Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar�kel 60 van genoemde wetgewing aan Die M u n i s i p a l e B e st u u rd e r, P r i va at

swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 1 September 2025 om 17:00. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui�ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel.

Munisipale Kantoor Kerkstraat 1

MALMESBURY 7300 1 Augustus 2025

J J SCHOLTZ

Munisipale Bestuurder

Vroue wen tweede helfte

David Rossouw

Die Springbokvroue het Saterdag by die Athlone-stadion hul voorbereiding vir die Rugbywêreldbeker in Engeland voortgesit met ’n geesdriftige vertoning teen Nieu-Seeland se Black Ferns XV. Al was Suid-Afrika met 20-12 teen rustyd agter en het uiteindelik 34-26 verloor, het hulle in die tweede helfte meer punte aangeteken en ’n teken van groei, karakter en taktiese volwassenheid gewys.

Die afrigter Swys de Bruin het sy spelers se geesdrif geloof en dit as ’n deurslaggewende faktor in hul tweedehelfte-herlewing beskryf. Volgens hom het die span nie net getoon dat hulle fisiek teen ’n wêreldklas-teenstander kan meeding nie, maar dat hulle ook die geestelike vermoë het om onder druk te groei en hul spel te verhoog.

“Ek het groot waardering vir die houding waarmee die spelers die tweede helfte aangepak het,” het De Bruin gesê. “Hulle het nie ná ’n moeilike eerste helfte teruggestaan nie, maar eerder gekies om aan te val, vasberade te speel en te wys waarvoor Bok-rugby staan – moed, aanpassingsvermoë en ’n wil om te wen.”

Hy het verder beklemtoon dat sulke optredes belangrik is vir die span se ontwikkeling en dat elke wedstryd se leergeleentheid bydra tot die groter prentjie van wêreldbekervoorbereiding.

“Ons het dalk op die gebied van die telling verloor, maar het die tweede helfte gewen, en dit wys ons potensiaal.”

Die Black Ferns het vroeg momentum

gekry en twee vinnige drieë en ’n onderskepdrie in die 25ste minuut gedruk. Suid-Afrika het met kragtige spel voor gereageer, ’n strafskop afgedwing en hul tweede drie met ’n rolmaal afgesluit, wat die telling op 15-12 gebring het. Ná twee geelkaarte teen die Bokke en konstante druk het Nieu-Seeland hul vierde drie behaal en rustyd met 20-12 voorgeloop.

Die besoekers het ná rustyd voortgebou en vinnig nog twee drieë behaal waarvan een onder die pale ná ’n mislukte afskop deur SA, wat die telling tot 34–12 gerek het. Die Bokke het egter nie opgegee nie. ’n Rolmaalbeweging het tot ’n derde drie gelei en later het vars energie van die bank af ’n verskil gemaak. ’n Vierde poging ná strafskoppe en ’n lynstaan is aanvanklik as ’n drie gegee, maar ná TMO-oorsig weens obstruksie is dit ongeldig verklaar. Suid-Afrika het in die laaste minute weer ’n drie gedruk en die telling tot 34-26 verminder, maar kon nie die agt-punte-verskil uitwis nie. De Bruin het die taktiese verskuiwing verduidelik:

“Ons het besluit om meer direk en fisiek te speel – en dit het gewerk. Ons was naby om die uitslag om te keer, en ek is baie trots op die groep. Hierdie wedstryd was deel van ons leerproses voor die Wêreldbeker.”

Ondanks verdedigingsprobleme in die eerste helfte, het die Bokke in die tweede helfte meer kompakt en met doelgerigte spel vorendag gekom. Die wedstryd het hoopvolle tekens vir die toekoms gelewer, en ’n span wat bereid is om vir mekaar te veg, het De Bruin gesê.

Macaela Sambooya van Malmesbury, Springbokvleuel van die vrouespan, probeer ’n losbal steel by ’n Black Fern speler.

Gazette

Darling | Malmesbury | Moorreesburg | Piketberg | Porterville | Riebeek Kasteel | Riebeek Wes | Yzerfontein | Chatsworth | Abbotsdale | Riverland | Kalbaskraal | Goedverwacht

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.