


Die Weskus-distriksmunisipaliteit (WDM) het onlangs ’n geloofwaardige en gebalanseerde begroting vir die 2025-’26-boekjaar ter tafel gelê – ten spyte van aanhoudende ekonomiese uitdagings en beperkings op plaaslike regeringsvlak.
Die munisipale bestuurder, David Joubert, het tydens die begrotingsvergadering die finansiële afdeling, onder leiding van dr. Johan Tesselaar, geloof vir hul uitmuntende werk om ’n realistiese en volhoubare begroting op te stel
Die uitvoerende burgemeester, rdh. Boffie Strydom, het tydens sy toespraak verwys na die unieke finansiële uitdagings wat distriksmunisipaliteite in die gesig staar, insluitend die afwesigheid van ’n eie inkomstestroom en verskeie ongefinansierde mandate Tog het hy sy vertroue uitgespreek in die begroting se vermoë om die WDM se kernprioriteite en diensverpligtinge na te kom.
Die WDM se volgehoue sukses word ook weerspieël in hul 14de opeenvolgende skoon ouditverslag – ’n bewys van behoorlike finansiële bestuur en nakoming van regulatoriese voorskrifte.
Die munisipaliteit het onder andere ’n nuwe streekstortingsterrein in die Matzikama-omgewing voltooi en bestuur die enigste waterkonsessie op distriksvlak in Suid-Afrika namens plaaslike munisipaliteite.
Boonop is die WDM een van slegs twee distriksmunisipaliteite in die Wes-Kaap wat deur die provinsiale regering gekies
is om ’n nuwe diensleweringmodel vir padbou- en instandhoudingswerk te toets (soos voorheen berig). Dit dien as ’n verdere bevestiging van die WDM se rol as toonaangewende padagentskap
Die begrotingsoorsig vir 2025-’26 lyk soos volg: Bedryfsuitgawes is R609,03 miljoen, terwyl die totale inkomste R609,57 miljoen is Die begrote surplus kom neer op R537 020.
Kapitaalprojekte sluit in grootmaatwatervoorsiening van R3 miljoen en infrastruktuurontwikkeling van R12,34 miljoen binne die munisipaliteit.
“Speaker, ek wil alle raadslede bedank vir hul samewerking tydens die opstel van hierdie begroting,” het Strydom afgesluit. U kan verseker wees dat ek as uitvoerende burgemeester my volle samewerking sal gee om volhoubare en verbeterde dienslewering aan al ons gemeenskappe in die Weskus te verseker.”
The provincial minister of Agriculture, Economic Development and Tourism, Dr Ivan Meyer, delivered the keynote address at the 10-year celebration of the Southern Africa Georgia Chamber of Commerce (SAGCC) at Kloovenburg Wine Estate in Riebeek-Kasteel last Thursday (17 July).
Over the past decade, the chamber has been a catalyst for meaningful partnerships and transformative initiatives, Meyer stated. “One of the most remarkable examples is the South Africa-Georgia Winemaker Exchange Programme, which has seen the participation of approximately 40 South African winemakers, many of whom are emerging talents, and 26 Georgian winemakers. This programme has not only enriched our wine industries, but has also deepened the bonds of friendship and understanding between our nations.”
Wineries such as Kloovenburg, Robertson, Van Loveren, Stellar Organics, Excelsior and Graham Beck have actively participated, with the iconic Groot Constantia Wine Estate now joining this esteemed group.
South Africa continues to enjoy a positive trade balance with Georgia.
In May this year, exports to Georgia totalled R14,2 million, while imports from Georgia stood at R3,46 million,
resulting in a trade surplus of R 10,7 million. These figures reflect a healthy and evolving trade relationship, with opportunities for growth and diversification in both directions.
Said Meyer: “As we celebrate this 10year milestone let us reaffirm our commitment to collaboration, innovation, and shared success. Let’s continue to build bridges, not only of commerce, but of culture, knowledge, and friendship.”
Voor van links staan Andro Engelbrecht (die direkteur van Swartland Toerisme) langs dr Ivan Meyer (WesKaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme) en Michael Rangasamy, Speaker van die Swartland- munisipale raad Agter staan Adri Jacobs (Malmesbury Toerisme), Ann Heyns (bestuurder van Swartland Toerisme), Lara Scott (Riebeekvallei-toerismekantoor), Nelius Volschenk (direkteur van Swartland Toerisme) en Lindy Camouris (adjunk-direkteur van Toerisme Bemarkings- ontwikkeling in die provinsiale departement). Foto’s: Charlotte Lesch
Van bladsy 1
Meyer meen munisipaliteite vervul ’n integrale rol wanneer dit by die bevordering van plaaslike toerismebestemmings en die toerismebedryf kom. “Toerisme kom tot sy reg wanneer [die omgewing] ’n funksionele munisipaliteit [het].”
Hy het bygevoeg hoe trots hy op die Swartland-munisipaliteit – een van die topdrie munisipaliteite in die land – is “Dít is die soort mense met wie jy in die konteks van toerisme kan saamwerk,” het hy beklemtoon.
Meyer het met sy ervaring besef die mense soek die rustigheid van die platteland en dorpe wat binne ’n radius van twee ure omliggende bestemmings kan bereik “My rol is om meer mense te kry om julle te besoek en eksponensiële groei te bevorder ”
Hy het voorts gesê toerisme gaan eers oor mense en hul stories, dan oor plekke Daarom meen hy ’n langtafel-byeenkoms is ideaal vir ’n plek soos Riebeek-Kasteel “Hier is kulturele warmte waar jy praat oor jou kultuur, daarna oor my kultuur en dan oor erfenis ”
Meyer het op sy beurt saam met die provinsiale tesourie opdrag gegee om ’n haalbaarheidstudie oor die implementering van toerismeheffings te doen Dié heffings, wat reeds in die res van die wêreld ingestel is, sal vir die bevordering en bemarking van die be-dryf in toerisme teruggeploeg word Meyer se missie is om toerisme in klein dorpe te stimuleer en te laat floreer “Ek wil internasionale ambassadeurs hier kry – konsulate Hulle moet hierheen kom,” sê hy opgewonde “Swartland is een van die streke wat baie produkte na die res van die wêreld uitvoer Ons moet ambassadeurs na wie se lande uitgevoer word,
Andries Dirks, ’n beeldhouer van Riebeek-Kasteel, deel sy beeldhouwerk van klei, wat hy in die omliggende gebied met die hand ontgin, met dr Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Michael Rangasamy, die Speaker van die Swartlandse raad, en gaste gedurende ’n netwerksessie wat die afgelope Donderdag (17 Julie) by die Rusty Cantina deur Swartland Toerisme aangebied is.
Gaste in die plaaslike toerismebedryf het ’n netwerksessie saam met die Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, dr. Ivan Meyer, by die Rusty Cantina in RiebeekKasteel bygewoon
nooi om te besoek Dis hoe jy jou dorp en streek aan hulle verkoop, wat op hul beurt jou dorp aan hul inwoners bemark ” Volgens hom is dit belangrik om toerisme op jou eie webblad te bevorder deur inligting in verskeie tale vir meer toeganklikheid te bied “Ons is vasberade om die Wes-Kaap as die bestemming te verkoop – nie net Kaapstad nie ”
Charlotte Lesch
Die eeu oue Tannie Lydia le Roux, ’n inwoner van die Huis Bergsigversorgingsoord in Riebeek-Wes, sê sy het nie juis ’n geheim om 100 jaar oud te word nie, maar wel dat genade, haar liefde vir lees en ’n lewe vol liefde haar tot hierdie ouderdom gebring het.
“Dit is net genade, want kyk, ek was nie ’n engeltjie,” skerts sy Tannie Lydia, die jongste van vier kinders, is in 1925 in Cradock, Oos-Kaap, gebore en verlede Donderdag (17 Julie) het haar 100ste verjaardag saam met haar familie en vriende op hul familieplaas, Vlakkenheuwel, tussen Hermon en Riebeek-Kasteel gevier.
Sy dink graag terug aan die dae voordat sy haar in die Swartland kom vestig het. Tannie Lydia, gebore De Kock, het haar studies ná skool vir ’n BA-graad in tale by die Universiteit Stellenbosch voortgesit. Sy was van kunsbeen af lief vir lees en verklap dat die leeslus grootliks van haar ouma af kom.
Daar het sy haar man, Frikkie le Roux van die Swartland, wat drie jaar ouer as sy was, ontmoet. Sy was in Huis Sonop en hy ’n klipgooi van haar in Huis Dag-
breek, ’n kombinasie bestem vir mekaar. “Ons was ’n lekker jong klomp en het graag danse bygewoon,” glimlag sy. “Toe Frikkie klaar studeer het, het hy eers by die KVW gaan werk om nader aan my te wees.”
Hulle is kort ná haar studies getroud en het plaas toe getrek. Volgens haar kleinkinders is dit waar die Engelse dorpsmeisie in ’n voorslag-boervrou ontpop het. “Ek was nie bang vir bees-slag nie,” sê sy.
Tannie Lydia deel graag die suksesse van die boerdery. Haar seun Boet het later die leisels by sy pa oorgeneem en die boerdery tot groter hoogtes gebring Vandag boer sy eie seun, Frederick, saam met hom.
Wanneer Tannie Lydia nie op die plaas doenig was nie, was sy by gemeenskapsinisiatiewe betrokke. Sy het nog tot diep in haar 80’s die plaaslike leserskring in Riebeek-Kasteel bestuur, waar sy haar liefde vir lees met ander kon deel.
Sy en Frikkie was tot met sy dood op 92 altesaam 65 jaar getroud en het drie kinders, ses kleinkinders en 11 agterkleinkinders.
Tannie Lydia het tot op 98 nog alleen in haar huis by die Deo Gloria-aftreeoord in Riebeek-Kasteel gewoon voordat sy vroeg verlede jaar na Huis Bergsig moes
verhuis. “Ek is baie gelukkig hier en is dankbaar vir instansies soos dié. Die versorging is goed,” voeg sy by. Sy is ook nog blakend gesond. “Ek was nog nooit lief vir stap nie, maar behalwe vir ’n bietjie medikasie, gaan dit nog goed.”
Sy glo vas dat ’n mens na jouself moet kyk. “Jy moet nie jouself laat gaan nie. Ek kry nog my skoonheidsbrosjures en -produkte,” spog sy met haar vel.
Tannie Lydia is nog redelik mobiel hoewel sy dit skelm moet doen as sy self in haar eie kamer wil rondbeweeg. “Ek weet ek moet eintlik nie,” bieg sy. Haar kleinkinders glo die geheim tot haar lang lewe en helderheid van gees is die feit dat sy nog altyd weetgierig en leergierig is. “Haar brein het nie afgetree nie.”
Tannie Lydia lees nog daagliks. Sy is ook ’n getroue intekenaar van Die Burger en Huisgenoot en kyk daagliks die nuus op die televisie om op hoogte van alles te bly. Die sportkanale is ’n groot gunsteling “Sy is ’n groot sport-entoesias en mis nie ’n rugby- of krieketwedstryd nie. Sy kyk ook graag gholf en die Tour de France en ken die meeste groot sportmanne se name,” vertel haar kleinkinders
Tannie Lydia voeg by dat mense nie met tonnelvisie moet lewe nie, maar alle
genres moet verken Sy lees Afrikaans, maar is ook lief vir haar Engelse boeke. Sy spog met ’n miniatuur boekrak, vol miniatuur boekies in haar kamer. Die meeste van haar boekversameling staan egter steeds op die plaas in die boekrak wat nog van haar ouma uit die Oos-Kaap kom “Ek het ’n vol lewe gehad,” voeg sy laastens by. Sy skryf haar lang lewe toe aan haar gelukkige kinderjare en ’n gelukkige gesin van haar eie. “Ek het baie liefde in my lewe gehad Daar was hartseer en moeilike tye ook. ’n Mens weet nie die weë van die Here nie. En hier word ek nog gespaar.”
CharlotteLesch
Intense patrollies is onlangs deur die Malmesbury-veediefstaleenheid in samewerking met verskeie rolspelers van stapel gestuur nadat meer as R500 000 se vee oor die afgelope maand as gesteel aangemeld is
Só sê sers Henry du Randt van die Malmesbury-polisiekantoor luidens ’n verklaring wat gister (Maandag 21 Julie) uitgestuur is
Talle landbouprodusente in die Swartland en omliggende dele van die Weskus het die afgelope drie weke onder erge veediefstal deurgeloop In die Darling-omgewing is die karkas van ’n Angus-bees gekry nadat dit op die plaas geslag is ’n Klagte
is ook aangemeld weens altesaam 19 koeie wat daarby saam gesteel is ’n Skaap en agt hoenders is op hul beurt in die Riebeek-Wes omgewing as gesteel aangemeld Altesaam 120 skape is reeds op verskeie plase in en om Malmesbury gesteel Dit sluit sowat 54 merino-ooie in, wat tussen Maandag 14 en Dinsdag 15 Julie van net een plaas af verdwyn het “Die veediefstaleenheid in Malmesbury, wat die sake hanteer, vermoed ’n sindikaat is waarskynlik in die omgewing bedrywig,” voeg Du Randt by Volgens hom is niemand nog in hierdie stadium met betrekking tot die diefstalle aangekeer nie In die Weskus is 25 skape in die omgewing van Nuwerus gesteel terwyl twee skape by die Lutzville-polisiekantoor as gesteel aangemeld is
Moorreesburg police have urged the public to report any form of extortion, in which people unlawfully extract money or property through intimidation where threats are being made to harm property
Some of these threats can include accusing a person of a crime or threatening to reveal embarrassing information, said police spokesperson Warrant Officer Nicolette Visagie
“A similar variety is offering protection, meaning the person pays a fee in exchange for protection against vandalism, theft or any other harm The person’s family members and friends may also be recipients of these threats ”
Visagie warned people not to share any personal details on social media or over the telephone “Also, make sure of the person’s details and items on offer before
buying anything on social media ”
The police also asked the public to be vigilant, report criminal activities, know where your children are and do not go alone to the ATM, especially night
Furthermore, Moorreesburg police, with the assistance of members of the Victim Empowerment initiative and the local community policing forum, will perform awareness campaigns in hotspot areas and engage the community on focus areas, such as domestic violence, community safety, gender-based violence, crime against women, children and other vulnerable groups and extortion
“Undocumented spaza shops, the selling of cigarettes to children and illegal liquor outlets are also prohibited Please report these illegal sightings immediately ” Visagie said
’nManisvirdiebesitvanonwettigedwelmmiddels aangeklanadathyonlangsdeurdieplaaslikepolisie vanRiebeek-Wesvoorgekeeris Altesaam12halwe mandrax-tabletteen14kleinsakkiesdaggaenlos daggaisWoensdag9Julieindiebesitvandié75-jarige mangevind DiebeskuldigdehetDonderdag10Juliein dieplaaslikehofverskyn
’nDertig-jarigeverdagtevanRiebeek-Weshet verledeMaandag(14Julie)opaanklagvandiebesit vanvermoedelikgesteeldegoedereindieplaaslike landdroshofverskyn Volgensdiepolisiewoordvoerder virdieWeskus-distrikspolisiekantoor,kapt Tania Helfrich,isdieverdagteopVrydag11JulieinPiet RetiefstraatinRiebeek-Kasteelaangekeertoehyin diebesitvansakkevolavokadopereaangetrefis Die verdagtekongeenredelikeverduidelikingofbewyse virdieoorsprongvandiegoederegeenie
’n Man (30) van Riebeek-Wes het op 14 Julie op ’n aanklag vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere in die hof verskyn. Die verdagte is Vrydag 11 Julie in Piet Retiefst-
Talle gevaarlike wapens is die afgelope week deur die plaaslike polisie in die besit van verdagte inwoners in Riebeek-Wes gevind en is telkens afgeneem
Verskeie rolle vermoedelik gesteelde koperkabels en twee Mandrax-tablette is Saterdag 5Julie in Dorethia Barnard (72) se huis in Eendekuil gevind Sy is Maandag 7Julie op borgtog vrygelaat, maar ’n saak van handel in dwelms word nog teen haar ondersoek. Sy is in September 2024 vir dié saak aangekeer Sy is in 2017 ook in hegtenis geneem en aan die onwettige verkoop van alkohol skuldig bevind en in 2005 is sy in die Bellville-handelshof aan bedrog skuldig bevind
SPAR se Vroue-uitdaging in Kaapstad in Maart het weer eens twee plaaslike groepe gehelp om maandstondeuitdagings in die gebied aan te pak.
Die Boland-veteraankrieketvereniging (BVCA) het die derde jaar agtereenvolgens ’n groot skenking van SPAR se Petals- sanitêre doekies deur hul waardigheidsprojek ontvang. Hierdie jaar het Against Period Poverty (APP) ook aangesluit en doekies ontvang.
Die krieketvereniging het R100 000 se sanitêre doekies ontvang, terwyl APP met R30 000 se doekies weggestap het, plus twee doekiehouers ter waarde van R75 000.
Wat veral interessant is, is dat BVCA meestal uit manlike krieketspelers bestaan, wat werklik passievol is oor die hulp aan meisies om dieselfde geleenthede in krieket en die lewe te kry. James Albanie, wat die BVCA-waardigheidsprojek bestuur, was duidelik geraak deur die skenking. “Die invloed van SPAR se hulp in ons gemeenskappe was ongelooflik. Ons help nie net meisies om
in die skool te bly nie – ons moedig ook ’n gesonde leefstyl aan,” het hy gesê. Die vrywilligers het nie tyd gemors om die doekies uit te deel aan diegene wat dit die nodigste het nie. “Hulle het vir ons gewag. Ons netwerk is sterk. Dankie vir jul vertroue,” het James laat weet.
APP is deur Lindsay Adams begin, wat daarop uit is om seker te maak tienermeisies loop nie skool mis net omdat hulle nie sanitêre produkte kan bekostig nie. Lindsay is daarop gefokus om die verleentheid weens menstruasie af te breek en glo “om selfs een meisie te help, herstel haar waardigheid en skep geleenthede”.
“Ons is so dankbaar vir SPAR se vrygewige skenking,” het Lindsay gesê. “Dit beteken ons kan nou meer as 15 skole op die Kaapse Vlakte help.”
SPAR Wes-Kaap se advertensiebestuurder, Elsabe van Zyl-Felix, het by die onlangse oorhandiging albei organisasies bedank dat hulle deel van die reis is “Saam hardloop ons na ’n meer bemagtigde toekoms!” het sy gesê
By die oorhandiging van SPAR se sanitêredoekieprojek, van links: Lindsay Adams (stigter: Against Period Poverty), Elsabe van Zyl-Felix (advertensiebestuurder: SPAR Wes-Kaap), Sheila Moonsamy (Human Rights Screen Foundation), James Albanie (BVCA Dignity Project), dr. Boebie Hamzam (Malikah-stigting en -hokkie-owerheid), Fuyzlin Hassan Kevy (WP-krieketveterane), Lindsay Lindt (sekretaris: APP), Ellen Adams (APP-vrywilliger) en Omar Henry (voormalige SA krieketspeler en ondersteuner van die BVCA-projek)
YeBoneers from the Swartland region, supported by their implementing partner Hope Through Action/SCORE, recently returned from the #GoBeyond25: Shape Your Future Youth Conference energised, inspired and ready to take on new challenges
The conference, held at the University of the Western Cape from Thursday 10 to Sunday 13 July, brought together more than 1 000 young people and partners from across South Africa, a statement from the Swartland Community Sport Centre (SCSC) stated The youth are part of the YearBeyond National Youth Service programme, which provides meaningful work experience to more than 3 000 youth annually The “YeBoneers”, as those running it are dubbed, have impacted the lives of more than 30 000 learners, children and communities
Representing the YearBeyond Hope Through Action/SCORE @HomeLearning, Little Explorers ECD and Catch-Up Programme streams, the Swartland YeBoneers engaged in a dynamic programme featuring keynote speakers, panel discussions, workshops and creative fringe activities I i d i l d i h h
Swartbooi’s words capture the conference’s spirit, encouraging young people to believe in their own power and purpose, no matter the obstacles they face Among the many highlights was the Study Expo, where YeBoneers connected with over 24 tertiary institutions, exploring study options and gaining valuable advice on next steps after their YearBeyond service
Another Swartland YeBoneer, Janiya Cleophas from @HomeLearning Stream, found several sessions especially impactful “I truly enjoyed the conference and am grateful for the lessons I learned from the speakers,” she shared “The session ‘Studying as Your Next Step’ taught me that resilience in the face of failure is crucial, setbacks are stepping stones to growth I also loved ‘Rooted in Care – A Yoga Practice’, which helped me calm my mind and find relief from daily stress ”
The Swartland YeBoneers’ experience illustrates the power of providing spaces where young people can connect deeply, grow their skills and feel valued Through workshops, mentorship and community building, the conference reminded YeBoneers that their voices matter and their potential is limitless
David Rossouw
Wanneer hy nie agter die draaitafel is nie, tref hy presies op die teiken, en hierdie keer is dit nasionale roem.
Earl Adams van Darling is méér as ’n geliefde “resident DJ” – hy is ’n sportfiguur met ’n missie, ’n mentor met ’n storie, en een van die Wes-Kaap se mees gerespekteerde sportambassadeurs
Adams het sy plek in die Wes-Kaapse veerpyltjiespan met vasberadenheid, presisie en ’n diep familie-erfenis verwerf en het van Sondag 13 tot Saterdag 19Julie aan die Suid-Afrikaanse nasionale veerpyltjiekampioenskap by die Wild Coast Sun Resort & Casino in die OosKaap deelgeneem.
in Mabatho deelgeneem. Ná sy pa se tragiese afsterwe in 1998 het hy besluit om elke pyltjie ter ere van en herinnering aan sy pa te gooi Vandag oefen hy toegewyd – twee uur elke dag Hy het die Adda-enkelspeltitel teen sy neef Michael verower, met sy niggie as naaswenner in die vroue-afdeling. Hy het die Westelike Provinsie van 2004 tot 2009 verteenwoordig en is nou terug op die nasionale verhoog met ’n doel wat verder as prestasie strek. Adams het ’n veerpyltjieklub in 2023 in Darling gestig. Hy het die sport saam met Yzerfontein onder jeug in Swartland begin vestig, met die kern waardes, selfvertroue en fokus
“Om die Wes-Kaap te verteenwoordig, is ’n eer, maar vir my is dit ook ’n belofte aan my pa,” het Adams gesê Sy reis is uitsonderlik. In die laat 1980’s was Adams en sy suster Wilma gesogte balsaaldansers en -instrukteurs Tog het sy pa, John Clinton (JC), ’n bekwame veerpyltjiespeler, hom onverwags in die sport ingetrek in die leë plek van ’n spanmaat by oefeninge, wat ’n passie laat ontbrand het.
Teen 1992 het Adams by die Atlantisveerpyltjievereniging (Adda) aangesluit en teen 1994 het hy op nasionale vlak
“Ek glo die 180-program in Wes-Kaapse skole is ’n wenresep,” sê hy “Dit versterk dissipline, verbeter kinders se vaardigheid in wiskunde en bou hul selfvertroue op ’n manier wat ek eerstehands gesien het.
“Dis presies waarom ek dit as my hoofdoel gestel het – om soortgelyke geleenthede in die Swartland te begin sodat ons kinders nie net leer mik nie, maar ook leer om in hulself te glo.”
Met sy deelname aan die nasionale kampioenskap, sy werk in die gemeenskap en sy visie vir jong spelers bewys Adams sport bou nie net punte nie, maar dit bou mense ook.
Malmesbury-rolbalklub se kampioene vereer
Die Malmesbury-rolbalklub het onlangs sy jaarlikse klubkompetisie aangebied en die uitblinkers by ’n prysuitdeling vir hul uitstekende spel beloon Van links is Francois van Zyl by Lizelle Colesky en Dawie Horn wat die klub se Driespel-kompetisie gewen het. Derde van links staan Jeffrey Petersen, die president van die klub Lizelle is ook die 2025-Novis-kampioen
Vierspel-kampioene