Swartland Gazette - E-Edition - 15 July 2025

Page 1


Familie dreig oor

‘reg in eie hande’

Die familie van ’n 20-jarige verkragtingslagoffer hul misnoeë teenoor die Malmesbury-polisie in ’n verklaring uitgespreek nadat niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.

Die verklaring, wat tans die ronde op WhatsApp-groepe doen, lui die familie is ontstoke en oorweeg dit om sake “in eie hande te neem” ter wille van hul kinders en die gemeenskap se veiligheid omdat die vermeende beskuldigde steeds op vrye voet is Sers Henry du Randt, ’n woordvoerder van die Malmesbury-polisie het die voorval bevestig Volgens hom het die slagoffer vroeg die Sondagoggend (6 Julie) omstreeks 05:30 weens iemand se teenwoordigheid wakker geskrik

Die verdagte se gesig was volgens haar bedek Slegs sy oë was sigbaar “Hy het ’n mes teen haar keel gehou en haar beveel om nie ’n geluid te maak nie. Sy is uit die huis gedwing en na ’n aangrensende hokkie geneem waar hy haar verkrag het Die

verdagte het te voet gevlug ”

Du Randt sê hoewel die gemeenskap ’n moontlike verdagte identifiseer het, is niemand nog in hegtenis geneem nie Volgens hom kon die klaer nog nie die oortreder identifiseer nie

“Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) hanteer tans die saak en is gereeld in kontak met die klaer om enige leidraad wat kan bestaan, op te volg,” voeg Du Randt by Die familie het verder gesê verskeie van die slagoffer se besittings en geld is gesteel voordat die verkragting plaasgevind het

“Die slagoffer is medies ondersoek en die forensiese span het vingerafdrukke en ander bewyse op die toneel geneem

“Ongeag die leidrade en die identiteit van die oortreder wat bekend gemaak is, het die polisie daarin versuim om op te tree,” lui die verklaring

Die familie is volgens die verklaring hartgebroke, ontstoke en vinnig besig om hul vertroue in die stelsel van geregtigheid te verloor “Ons doen ’n beroep op die media, menseregtegroepe en gemeenskapsleiers om saam met die familie te staan,” sluit hulle die verklaring af

Man in hof ná R311-ongeluk

Charlotte Lesch

’n Saak van stafbare manslag en diefstal word deur die plaaslike polisie ondersoek ná ’n noodlottige botsing verlede Dinsdagaand (8 Julie) om 19:20 op die R311 tussen Moorreesburg en Riebeek-Wes.

’n Vrou (33) is in die botsing tussen ’n vragmotor en ’n motorvoertuig dood

Volgens Kaptein Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrikskantoor, het die noodlottige botsing sowat 15 km buite Moorreesburg gebeur

Die vrou, wat op die toneel as Ntombothando Sonia Mohamed identifiseer is, was ’n passasier van die Nissan Juke, wat teen die vragmotor gebots het.

Die bestuurder van die Nissan se bloedalkoholvlak is op die toneel getoets nadat verskeie bottels drank in die voertuig aangetref is. Die bestuurder is vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Verkeersbeamptes was volgens die polisie reeds voor die botsing op die toneel besig om die verkeer op die pad te reguleer nadat ’n vragmotor onklaar geraak het. Die bestuurder van die Nissan het glo die verkeersbeamptes se aanwysings by die stop-en-ry-punt verontagsaam

Volgens ’n verklaring deur die nooddienspersoneel het die beamptes op daardie tydstip ryvoorang aan ’n ander swaarmotorvoertuig gegee. Die betrokke Nissan is deur verkeerspersoneel

Die Nissan-sportnuts was die verlede Dinsdag (8Julie) in ’n botsing reg van voor op die R311 tussen Moorreesburg en Riebeek-Wes betrokke ’n Vroulike passasier (33) is noodlottig beseer

land-hospitaal geneem nadat hulle beserings opgedoen het.

’n Aantal pare nuwe skoene en stelle nuwe klere is in hul verpakking in die voertuig aangtref. Die oorledene het volgens die polisie ’n uitstaande saak teen haar.

“Mohamed is op 16 Oktober 2024 in Langstraat in Moorreesburg aangekeer nadat drank en nuwe klere ter waarde van meer as R8 000 ook destyds in haar en nog twee insittendes se besit gevind is Geen bewyse kon verskaf word dat hulle wel die klere gekoop het nie,” voeg Helfrich by.

Die 43-jarige bestuurder het Vrydag (11 Julie) in die plaaslike landdroshof in Moorreesburg vir die besit van vermoedelik gesteelde items verskyn Hy kon ook geen bewyse na vore bring dat hy die produkte gekoop het nie

Lions kry vrou as president

Charlotte Lesch

Ronelle van Rensburg is onlangs tot president van die plaaslike Lionsklub in Moorreesburg verkies.

Die 61-jarige se naam sal ook in die geskiedenisboeke van die klub verewig word as die eerste vrou wat dié posisie beklee Van Rensburg, ’n ma van drie en ouma van sewe kleinkinders, het in 2022 as lid by die Moorreesburg-Lionsklub aangesluit.

Volgens haar man, Neville, was sy egter nog altyd by gemeenskapsdiens betrokke.

Van Rensburg is Sondag 6 Julie amptelik as klubpresident ingehuldig.

Sy beskryf die geleentheid as ’n besonderse eer en ’n nederige voorreg. “Ek wil elke lid bedank vir die vertroue wat julle in my geplaas het. Dit is nie iets wat ek ligtelik opneem nie.”

Sy sê verder in haar aanvaardingstoespraak dat sy hierdie eer namens alle vroue.

wat hul plek in diensorganisasies oopveg, dra “en ek hoop om deur my diens ’n pad te help baan vir ander vroue wat volg”. Haar leuse vir die jaar is: “Lei met trots, dien met hart”.

“As Lions-leiers moet ons met trots lei – met waardigheid, integriteit en ’n sterk gevoel van verantwoordelikheid, maar ons moet met die hart, deernis, empatie en ’n opregte begeerte om ’n werklike verskil in mense se lewens te maak, dien,” brei Van Rensburg oor haar leuse uit.

Sy glo vas dat ware leierskap egter nie oor die titel of die posisie gaan nie, meer eerder oor invloed, voordeel en die bereidwilligheid om hande vuil te maak waar dit nodig is Van Rensburg sien uit na die jaar waar sy saam met klublede kan voortbou op die sterk grondslag wat reeds daargestel is. Sy sien ook daarna uit om nuwe hoogtes te bereik in hul diens aan die gemeenskap van Moorreesburg en omliggende gebiede.

Community dream backed by heartfelt partnerships

DavidRossouw

In the quiet town of Darling a soccer club is changing lives, not only for its players, but for the entire community

At the centre of Darling Football Club’s growth stands a tight-knit group of sponsors, families and coaches who believe in the power of sport to uplift, transform, and unite Among these is Prism Inter Africa CC, or Prismia, a company which has supported the local club for more than six years

On Tuesday 1 July the company, which specialises in advanced chemical safety solutions, handed over new soccer balls to club members

At the gathering, Prismia owner Antony “Tony” Eva, shared his thoughts on the company’s ongoing relationship with Darling FC and the meaningful impact it continues to have within the community “It started with Mandy Wessels and her children, who went to school here Mandy was deeply involved in the community and worked closely with Faiz for years,” he said Mandy now lives in Zambia Support from Prismia and other sponsors goes beyond financial aid “We allocate a percentage of our turnover to community projects For the club, we’ve helped with equipment, team kits, travel, and sometimes our staff assist the Darling FC executive by handing out refreshments during matches,” Eva added

Bradley Chetty, club secretary and coach, said: “Without our sponsors, we are nothing Their presence keeps our kids coming back They stand beside us, not just in budgets, but right next to the field ”

Edwinah Fredericks, an executive committee member and director, echoed this sentiment

“Some families can’t afford football expenses Our sponsors see this – they don’t just send funds, they show up,” she said

The club’s impact is measurable; from the annual Luka Cup held in honour of a young player, to representation in the Atlantis and Swartland local football associations, Darling FC is producing results Its players have been scouted by academies countrywide, with some having the opportunity to play in Spain and the United States Two players, 22 -year-old Ju-Wann Daniels and

16-year-old Xavier Willemberg, were recently selected for trials in Spain and the US, respectively

“We teach these kids discipline on and off the field,” Chetty pointed out “They know when they wear our kits, they represent Darling and the sponsors ” For Fredericks, it’s personal as her son Tyson, diagnosed with autism, found his place in the club and among teammates “Faiz Willemburg, founder and president of Darling FC, embraced him They raise children to be future leaders, not just athletes ” Eva agreed: “Seeing the under-10s wear our logo, makes us very excited and reminds us how we’re building something bigger than business We’re building a community ” Darling FC isn’t just a club, it’s a movement fuelled by kindness, vision, and unwavering commitment to youth empowerment

Ronelle van Rensburg is op 6 Julie as die eerste vrouepresident van die Morreesburg-Lionsklub ingehuldig
At the handover of soccer balls to Darling FC (behind from left) are Bradley Chetty, Merchant Sias, Marcus Vlotman, Antony Eva, Edwinah Fredericks, Veyonne Adams and Dominique Beziek Front: Elam Yedwa, Dai-Reece Brittian, Ezra Chetty, Iminathi Dyasi, Jonaide Martins and Tyrese Dirks Photo: David Rossouw

Loopbane belig

Gr 8- tot gr 10-leerders van die Hoërskool Porterville het onlangs die bekendstelling van hul Loopbaanklub (career club) bygewoon

Die Loopbaanklub is ’n inisiatief van die provinsiale onderwysdepartement om leerders met loopbaankeuses te bemagtig

Die departement se lewensoriënteringspan het die Loopbaanklubprogram in 2023 as deel van die Wes-Kaapse regering se Groei vir Werkgeleenthede-strategie (G4J) van stapel gestuur

Die vlagskipprogram poog om toegang tot ekonomiese geleenthede en indiensneembaarheid soos onder meer vaardighede en onderwys, vervoer en behuising te verbeter

Die fokus is om loopbaanvoorbereiding en werkgereedheidsbevoegdhede en -vaardighede deur lewensoriëntering te verbeter

Die klubs fokus op loopbane met veral wetenskaponderwysers wat byvoorbeeld inligting verskaf oor loopbane gekoppel aan die wetenskap-, tegnologie-, ingenieurs-

wese- en wiskunde-vakke (STEM) en ekonomie-onderwysers sal byvoorbeeld die eise van die land se ekonomie en die loopbane in daardie sektor aanspreek

Tweedens bied dit leerders die geleentheid en ’n bemagtigende platform om eienaarskap vir die vestiging van hul loopbaanpaaie te neem

Die loopbaanklubs stel leerders in staat om mense van ’n verskeidenheid beroepe buite die konvensionele beroepe uit te nooi om leerders toe te spreek

Derdens was die plan dat dit onderwysers moet motiveer om meer kreatief en vernuwend in die hantering van loopbaanbeplanning met leerders te word

Vierdens word gepoog om leerders die belangrikheid van entrepreneurskap in hul gemeenskappe en die uitwerking daarvan op werkskepping in daardie gemeenskappe, die land en internasionaal ten volle te laat verstaan

Die Hoërskool Porterville-leerders het na insiggewende toesprake van sprekers geluister en die onderwysdepartement vir rugsakke en kospakkies bedank

SA’s Néca kán haar saak stel

Yulle Goliath (regs), ’n leerder aan Liebenberg Primêr in Malmesbury,is onlangs as die nuwe Suid-Afrikaanse gewigoptelkampioen in haar ouderdomsgroep gekroon Dié 12-jarige, ’n lid van die Malmesbury- gewigoptelklub, het Saterdag 5 Julie aan die nasionale gewigoptel-kampioenskap in Kuilsrivier deelgeneem en met die louere weggestap nadat sy in haar ouderdomsgroep vir o.14-meisies in die 44kg-gewigsafdeling meegeding het Sy het nie net daarin geslaag om ’n goue medalje op te raap nie, maar is ook as die beste o 14-meisiesdeelnemer vir 2025 aangewys Haar afrigter, Willem Phillips (links), het boonop as ’n beoordelaar tydens vanjaar se kampioenskap opgetree

Néca Damon, ’n gr 9-leerder aan die Hoërskool Porterville, het pas gehoor dat sy gekwalifiseer het om in September aan die nasionale ronde van die Interskole Redenaarsliga by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg deel te neem. Néca het in Mei aan die streeksuitdunronde deelgeneem en sal op 27 September in Johannesburg deelneem Dit is ’n uitsonderlike prestasie en die Hoërskool Porterville is trots op haar en wens haar alle voorspoed toe

Admissions appeals not open

Admissions appeals for the 2026 school year are still yet open, as the provincial education department is currently in the initial stages of placement and more offers will be made in the coming weeks as parents with multiple offers confirm their choices

The department encourages parents to contact the schools where they were not successful and ask that their child be placed on the waiting list

“If a parent is unable to find any place by the time final offers are made later this

year, the department will assist them in finding a suitable place,” a statement from the department read

Admission appeals for on-time applications for Grades R, 1, and 8 in 2026 will open on Friday 1 August and close on Sunday 31 August

Admission appeals for late applications for the same grades will be open for 30 calendar days from 1 August or the date of the outcome of the application, whichever is later

Gr. 8- tot gr.10-leerders van die Hoërskool Porterville se Loopbaanklub.
Goliath skitter in gewigoptel by

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 03/2025/2026

VOORGESTELDE HERSONERING, ONDERVERDELING EN FASERING VAN ERF 373, ABBOTSDALE

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299 Tel no. 022-4821845

Eienaars: Pieter Visser Trust, Posbus 603, Melkbosstrand, 7437. Tel no 0825533240

Verwysingsnommer: 15/3/3-1/Erf 373 15/3/6-1/Erf 373

Eiendomsbeskrywing: Erf 373, Abbotsdale

Fisiese Adres: Geleë direk oos van Abbotsdale

Volledigebeskrywingvanaansoek:

Aansoek om hersonering van gedeelte van erf 373, Abbotsdale ingevolge ar kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit se Verordening op Munisipale Grondgebruikbeplanning (PG 8226 van 25 Maart 2020) is ontvang Dit word voorgestel dat 'n gedeelte (47,3893ha) van erf 373 hersoneer word vanaf landbousone 1 na onderverdelingsgebied ten einde vir die volgende grondgebruike voorsieningtemaak:53Nywerheidsone1erween1Vervoersone2erf(pad)

the rectication of the un awfu act vit es on Erf 2706, Yzerfonte n Swart and Loca Mun cipa ity, Western Cape Province

Application: NEMA Sect on 24G rect cation for clearance of vegetation (L

Aansoek om onderverdeling van erf 373, Abbotsdale ingevolge ar kel 25(2)(d) van Swartland Munisipaliteit se Verordening op Munisipale Grondgebruikbeplanning (PG 8226 van 25 Maart 2020) is ontvang Dit word voorgestel dat erf 373 onderverdeel word in 'n restant (136,9214ha) en gedeelteA(±47,3893ha).

Aansoek om verdere onderverdeling van gedeelte A van erf 373, Abbotsdale ingevolge ar kel 25(2)(d) van Swartland Munisipaliteit se Verordening op Munisipale Grondgebruikbeplanning (PG 8226 van 25 Maart 2020) is ontvang. Dit word voorgestel dat gedeelte A onderverdeel word in 53 ligtenywerheidserwe(groot7200m²tot1,12ha)en'npad(±5,9682ha)

Die aansoek om fasering van die onderverdelingsplan in 6 fases, ingevolge ar kel 25(2)(k) van SwartlandMunisipaliteit:VerordeninginsakeMunisipaleGrondgebruikbeplanning(PK8226van25 Maart2020),isontvang

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:0013:00 en 13:45 - 15:45 by Departement Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy 'n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar kel 60 van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299/Faks – 022-487 9440/e-pos –swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 18 Augustus 2025 om 17:00 Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar. Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400 Die Munisipaliteit mag kommentaarwatnadieslui ngsdatumontvangwordweier Personewatniekanskryfniesaldeur'n munisipaleamptenaarbygestaanwordomhullekommentaaropskriftestel.

J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder Munisipale Kantoor Kerkstraat 1 MALMESBURY

7300 17 Julie 2025

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.