Swartland Gazette-E-edition-26 August 2025

Page 1


Skape wys hul waarde

Boere pronk breëbors met hul kuddes

Die jaarlikse kudde-evalueringsdag, wat die afgelope Vrydag die 43ste keer deur Agri Malmesbury se skaapstudiegroep aangebied is, het groot opwinding opgelewer namate plaaslike landbouprodusente erkenning vir hul bydrae tot dié bedryf ontvang het. Die dag het onder meer die prestasietoetsing van Merino’s ingesluit, asook die immer gewilde slaglamkompetisie (aan die haak), vagbeoordeling, skoolleerderskursusse en ’n jolige hekkiedrakompetisie, wat die lag- en kuitspiere behoorlik laat les opsê het.

Die voorsitter van die skaapstudiegroep, Eben Schellink, het beklemtoon watter voorreg dit is om die skaapbedryf danksy dié geleentheid met ander te kan deel. Hy het produsente aangemoedig om jaar ná jaar weer in te skryf en betrokke te raak om meer oor die bedryf te leer en die evalueringsdag sodoende vir die toekoms uit te brei.

Basie van Zyl van Nova Voere, een van die dag se hoofborge, sê die Malmesburyskouterrein het sowat 220 besoekers en lede verwelkom, waarvan bykans 50 leerders was wat die Hoër Landbouskool Boland, die Hoërskool Porterville en die Hoërskool Swartland verteenwoordig het.

Vanjaar se kudde-evaluerinsgdag het minder skape op die perseel gehad nadat die Dohne Merino’s en die SA vleismerino’s vooraf op die plase self geëvalueer is.

Die groot wenner vir die dag was Janneman en Juan Louw van JMA Louw Boerdery in Malmesbury, wat as die wenner van die Merino-jongooikuddekompetisie aangewys is. Juan Louw is die afgelope Vrydag ook as die algehele wenner vir Beste vordering onder alle rasse aangewys.

Juan is met ’n eerste plek onder die Merino’s beloon, terwyl Elandsberg Plase in die tweede plek en Stevie Hamman (DCS-boerdery) in die derde plek aangewys is. Die wenner onder die Beste wol-afdeling was Elandsberg Plase, terwyl die wenner vir die Beste bouvorm

deur Nicol Mostert opgeraap is.

Die Dohne Merino-jongooi-kuddekompetisie se derdeplekwenner is Johan Smuts, met Hugo Torr van Caledonville Plase in die tweede plek. Juandré Brink van Groot Phesantekraal is as die algehele wenner in dié afdeling aangewys. Beste wol gaan aan Hugo Torr (Caledonville Plase), terwyl Groot Phesantekraal as die wenner onder die Beste bouvorm aangewys is.

Martin Bester van Hubertskuil (Klipheuwel) het ’n tweede plek in vanjaar se SA Vleismerinojongooi-kompetisie losgeslaan, terwyl Michiel Smuts van Grasrug die eerste plek gewen het. Smuts, wat die SAV Telersgenootskapwisseltrofee ontvang het, het in dié afdeling ook as wenner van beide afdelings, naamlik Beste wol en die Beste bouvorm, skoonskip gemaak.

Johnny Forbes van Vredesig Dormers buite Malmesbury het die derde, tweede en eerste plek in vanjaar se slaglamkompetisie opgeraap.

Die kampioen-groepslaglammers is al die pad van Caledonville Plase, wat aan Hugo Torr behoort, terwyl die reserwe-kampioen-groep-slaglammers aan Johnny Forbes van Vredesig Dormers toegeken is.

Die algehele 2025-wenner van die Stockman-kompetisie was Herman Cloete van die Hoërskool Porterville. Breyton Milford van Agri Expo het die wisseltrofee aan hom oorhandig.

Die hoofborge van die dag was Nova Voere en Agri Expo.

Ian Fourie van Fourie-skeerdienste het die kampioenkarkas van Johnny Forbes van Vredesig Dormers gedurende die slaglamveiling vir R6 300 gekoop.

• Femtosecond-LASIK en LALEX

• Korneale Laser prosedure PRK

• Kontaklens-inplantings

• Refraktiewe katarakchirurgie

• Refraktiewe lens vervanging

• Femtosecond-laser korneale oorplanting

• Keratokonus behandeling

• Gloukoom behandeling

• Diabetiese oogsorg

• Droë oë behandeling

• Yag-vitreolise vir “floaters”

• Retinale-chirurgie

• Makula-chirurgie

• Ooglid-chirugie

• Pterygium chirurgie

Juan Louw van JMA Louw Boerdery in Malmesbury het vanjaar in die Merino-jongooi-kompetisie skoonskip gemaak. Louw is onder meer as die wenner vir beste vordering onder alle rasse aangewys, asook die algehele wenner in die Merino-afdeling. Hier pronk hy met sy wisseltrofeé waaronder die

BRU reageer op ‘wedstrydknoeiery’

Die Boland Rugbyunie (BRU) het verlede Sondag (17 Augustus) op ’n perskonferensie in Wellington gesê vanjaar se Top-12-kompetisie met al sy kwalifiserende spanne gaan voort, ondanks mediaberigte van beweerde skeidsregter-omkopery waarby selfs Top-12-spanne glo betrek word.

Die unie sê hy het volle vertroue in die integriteit van die drieledige interne komitee wat aangestel is om dié bewerings te ondersoek.

Paarl Post het op 7 Augustus berig oor skokkende bewerings in Rapport oor die beweerde wedstrydknoeiery.

Rapport het berig dat skeidsregters glo tot R15 000 in omkoopgeld betaal word om wedstryde in die guns van plaaslike klubs in die Boland te blaas. Fluitjieblasers het aan Rapport gesê dat klubs skeidsregters se brandstofkoste sou dek.

’n Duidelik bewoë Bennie van Rooi, president van die Boland-rugbyunie (BRU), het

’n 44-Jarige man is Woensdagoggend (20 Augustus) in Malmesbury deur die plaaslike polisie in hegtenis geneem nadat vier stukke goud, kokaïne en R141 280 kontant in sy besit gevind is, het kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, bevestig. Die geld was in die verdagte se voertuig se paneelbord versteek. Die inhegtenisneming volg nadat die Malmesbury-polisie inligting van ’n moontlike dwelmhandeltransaksie ontvang het. Die misdaadvoorkomingseenheid het die verdagte binne sy voertuig op die N7-snelweg onderweg na Moorreesburg voorgekeer. Volgens Helfrich sal die man na verwagting vandeesweek in die hof verskyn. • Die Porterville-polisie ondersoek ’n klagte van poging tot moord nadat ’n 40-jarige vrou se ver-

Bennie van Rooi op Sondag se perskonferensie. Foto: Rasaad Adams

op Sondag se perskonferensie gesê die unie het volle vertroue en is tevrede met die wyse waarop die bewerings hanteer word. Dit volg nadat die Kaapse Forum, ’n burgerregtegroep onder voorsitterskap van Heindrich Wyngaardt, gevra het dat die Suid-Afrikaanse-rugbyunie (Saru) in die naam van deursigtigheid by die ondersoeke betrek word.

“Boland kan eenvoudig nie homself ondersoek nie,” het Wyngaard vroeër gesê.

Volgens Van Rooi bestaan die ondersoek uit drie dele.

“Dit is die dissiplinêre komitee (DK) en Sanlam se totale neutrale ondersoekspan en dan het die klubvoorsitters ook gevra dat ’n derde komitee saamgestel word. Ek dink dis genoeg,” het hy gesê.

Hy het nie uitgewei oor wat presies hierdie derde komitee behels nie.

Van Rooi is vroeg vandeesmaand deur die Kaapse Forum daarvan beskuldig dat hy persoonlike verhoudings met die voorsitters van sommige rugbyklubs het en dit waarskynlik die integriteit van ondersoeke kan benadeel.

Hy het Sondag hierop gereageer. “Ek gaan nie my verhouding met die mense wat my as president verkies het, verander nie. Ek het ’n professionele rugby-verhouding met die voorsitters,” het hy gesê.

Volgens Van Rooi is verlede Sondagoggend op ’n vergadering met die BRU se 220 klubvoorsitters besluit dat vanjaar se Top-12-kompetisie voortgaan.

Crime/Misdaad

meende aanvallers haar self na die polisiekantoor geneem het. Die klaagster was volgens Helfrich besig om bierbottels en blikkies omstreeks 20:00 die Sondagaand (10 Augustus) in die straat op te tel toe sy glas hoor breek en ondersoek gaan instel het. Twee mans – geklee in swart – is deur die klaagster by die huis waar die venster gebreek het, gewaar. Hulle was glo besig om oor die heining te klim. Sy is kort daarna deur ’n onbekende man genader, wat haar daarvan beskuldig het dat dit sy is wat die venster gebreek het. Dié verdagte het haar begin aanrand. Sy is die huis in gesleep, waar

sy verder aangerand is. “Die verdagte se makkers het by hom aangesluit en sy kon hoor hoe hy aan die ander verdagtes van sy vuurwapen vertel. Hulle is opdrag gegee om haar te skiet. Die klaagster het hulle gesoebat om haar te laat gaan. Haar hande en voete is agter haar rug vasgebind en sy is kort daarna in ’n swembad gegooi. Die klaagster is toe deur haar aanvallers uitgehaal en na die polisiekaantoor geneem, waar sy mediese behandeling ontvang het.

• Twee buitelandse burgers is op Maandagaand 4 Augustus deur die plaaslike polisie vasgetrek

Wyngaardt het by navraag die besluit om die toernooi te laat voortgaan, verwelkom, maar volgehou dat die Kaapse Forum daarop sal aandring dat “Boland nie homself kan ondersoek nie”.

“Kaapse Forum tree in die belange van klubs op wat stemloos is. In hierdie vergaderings waarna die president so verwys, kan ek jou verseker kry klubs nie die geleentheid om hulself vrylik uit te druk nie.

“Ons het die volste reg om ’n openbare sportliggaam wat verteenwoordigend is van gemeenskappe waar ons werk, uit te daag.”

Volgens Wyngaard sal hulle ook so ver gaan as om ’n skrywe te rig aan Gayton Mckenzie, die minister van sport, asook Mark Alexander, die Saru-president.

“Ons gaan daarop aandring dat hulle moet help om te verseker dat hierdie ondersoeke deeglik en onafhanklik hanteer word. As daar by Boland sulke probleme is, doen dit skade aan ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse rugbygemeenskap. As hierdie knoeiery nie behoorlik oopgevlek word nie, gaan dit eenvoudig voortduur.”

nadat hulle ’n 40-jarige man, wat blykbaar op pad huis toe was, probeer ontvoer het. Die klaer het in Solomonsstraat in Riebeek-Wes geloop toe ’n wit bakkie langs hom stilhou. Die vermeende ontvoerders het uitgespring, hom vasgebind, agter op die bakkie gelaai en weggery. Volgens kapt. Tania Helfricht, ’n woordvoerder vir die Weskusdistrik-polisie, het ’n voetganger in die omgewing die klaer se hulpkrete gehoor. “Die voetganger het die polisie gekontak en die voertuig se beskrywing en registrasienommer deurgegee, wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes gelei het. Die verdagtes het verlede week in die plaaslike landdroshof op aanklagte van ontvoering verskyn.” Kapt. Helfrich het bygevoeg dat die klaer ongedeerd aan die voorval ontkom het.

This Weeks Specials

Groot fees van die waterblom kom

Die jaarlikse Waterblommetjiefees, wat ongeveer 10 jaar oud is en een van die Drakenstein-vallei se hoogtepunte onder kos- en wynliefhebbers is, keer op Saterdag 6 September terug en beloof om ’n paradys vir die fynproewer te wees.

Toegang is gratis; skou begin om 08:00. Die drie wynplase wat as deel van hiérdie fees besoek kan word, sluit in Windmeul Kelder, Rhebokskloof en Domaine Brahms almal buite die Paarl.

Die fees val ook saam met Windmeul se maandelikse naweekmark, waar besoekers vars plaasprodukte, soos onder meer waterblommetjies, kan aanskaf.

"Die waterblommetjie (ook bekend as Cape Pond Weed, Water Hawthorne of vleikos) is ’n inheemse lekkerny wat slegs in die Boland in die Wes-Kaap voorkom. Dit word net vir ’n kort tydjie elke jaar geoes, wat dit ’n gesogte bestanddeel maak. Dit word gebruik in tradisionele geregte soos die bekende waterblommetjiebredie en die KhoiKhoi het dit ook vir mediese doeleindes gebruik omdat dit ryk aan verskeie vitamiene is," volgens die Waterblommetjiefees se webtuiste.

Windmeul Kelder

Begin die dag by Windmeul Kelder,

die stigter van die fees, met die maandelikse mark, waar jy ’n stewige ontbyt kan geniet, deur die stalletjies kan loop en vars produkte kan koop. Kyk ook hoe die deelnemers in die potjiekoskompetisie meeding. Geniet ’n waterblommetjiebredieen-wyn-paring tussen 10:00 en 12:00, met die resep van verlede jaar se wenners saam met die 2023 Pinotage of vanjaar se Chenin Blanc. Spesiale aanbiedinge op Windmeul Wyne is beskikbaar by die proelokaal.

Fiksheidsentoesiaste kan inskryf vir die Run the Vines-staproete, ’n maklike 5km-, ’n 10km- of die meer uitdagende 17 km-roete. Daar is ’n spesiaal ingerigte speelarea vir kinders met ’n springkasteel, gesigverf en ballonvou. Die Ou Meul Bakkery gaan sy heerlike steak-en-waterblommetjietiepasteie en ook vars waterblommetjies verkoop. Rhebokskloof Feesgangers wat die Rhebokskloof-wynlandgoed besoek, kan hulself bederf met waterblommetjie-geïnspireerde tapas, voorgesit saam met vyf wyne by die ElPicoteo-restaurant. Die koste beloop R295 per persoon en kaartjies kan op Dineplan bespreek word. Vyf wyne uit sy Flatrock- en Rhebokskloof-reekse sal met ’n verskeidenheid tapas gepaar word, soos waterblommetjie-tempura, waterblommetjie-en-lam-spanakopita, waterblommetjie-en-vark-skenkelsop, waterblommetjie-, halloumi- en

olyfsosaties asook ’n waterblommetjie-en-beesvleis-poffertjie met gekaramelliseerde uie.

Rugbyliefhebbers hoef nie bekommerd te wees nie, omdat die Springbokke se kragmeting teen die All Blacks op ’n grootskerm uitgesaai sal word, wat onderdak sal wees vir ingeval dit reën.

Die maandelikse mark bied heerlike eet- en drinkgoed. Die Rhebokskloof-stalletjie sal ’n verskeidenheid disse aanbied wat geïnspireer is deur die bestanddeel van die dag, soos ’n waterblommetjie-lamsbredie, ’n slaai met waterblommetjies, asook ’n waterblommetjie-hoenderpaella. ’n Springkasteel en grasperke sal sorg vir vermaak vir die kinders. MTB-entoesiaste kan om 08:00 saam met Paarl Trails aansluit vir ’n begeleide fietsrit op die skilderagtige landgoed. Afstande wissel van 20km- tot 50km-roetes.

Domaine Brahms Domaine Brahms beloof ook vermaak vir oud en jonk, met ’n trekkermuseum, die alombekende Toeka-winkel asook ’n koffiewinkel. Die jongspan kan trekkerritte geniet, asook ’n verskeidenheid plaasdiere, wat bokke, hoenders en kalkoene insluit.

Waterblommietjiebredie, -pasteie en -burgers op roosterkoeke sal verkoop word, bedien saam met Domaine Brahms se bekende wyne, wat jaarliks na Japan uitgevoer word.

Darling has best beer, Yzer the best gin

Darling Brew won KFM's Best Local Craft Beer award in 2025, marking their fourth win in the last five years. The brewery also achieved Best Local Craft Beer 2024 and 2021, demonstrating a consistent dedication to quality and consumer support. Darling Tourism congratulates their local champions and says it is proud to celebrate two of their own who continue to put Darling and the Swartland on the map.

"Congratulations to Darling Brew on being named Cape Town’s Best Brewery – a testament to their innovation, consistency, and commitment to quality. We also applaud Groote Post on being in the top five finalists in the Best Wine Farm Experience - a well-deserved recognition for them honouring their exceptional wines, warm hospitality, and the unique charm of their historic farm," says Darling's tourism officer Loïs Roos.

She adds these achievements shine a spotlight on the unique experiences their village offers. And it reminds us why Darling remains worth the detour."

According tot Yzerfontein's Kiara Dewrance the town is proud to have been recognised in the KFM Best of the Cape Awards, placing 3rd in the Best Dorpie category.

"We’re equally thrilled to celebrate our local champions: Wright’s Gin, who took 1st place for Best Local Craft Spirit Brand;

Weskus Padstal, who placed 3rd in the Best Farmstall category; and !Khwa Ttu, who secured a top five finalist spot in the Best Tourist Attraction category. With so many winners and finalists coming from our town, it just goes to show the passion, dedication, and sense of community that make Yzerfontein and the Weskus so special." The local tourism office extended a big congratulations to all the winners and finalists across the Cape. "Whether you’ve been recognised before or it’s your first time, each of you is helping to make the Cape an even more exciting and welcoming destination; and Yzerfontein is proud to play a part in that."

Verskeie probleme raak plaaslike sementbedryf

Probleme met die gebrek aan doeltreffende spoorlyne, infrastruktuur en die plaaslike sementbedryf word in die kollig geplaas te midde van die splinternuwe sementaanleg wat tans in Swartland gebou word.

Dit volg nadat Jabu Moleketi, die voorsitter van PPC, Suid-Afrika se voorste sementmaatskappy, met Horacio Ardiani, die maatskappy se hoof van strategiese projekte en beleggings; Bheki Mthembu, die inkomstehoof; Parks Tau, die minister van handel, nywerheid en mededinging en sy span; vergader het.

Volgens die sementreus, het PPC die geleentheid gebruik om die minister oor die bou van hul nuwe moderne en geïntegreerde sementaanleg ter waarde van R3 miljard in die Wes-Kaap in te lig. Die nuwe aanleg sal voortaan van ’n volledig geïntegreerde sonkrag-

opwekkingstelsel gebruik maak, wat produksiekoste aansienlik sal verminder, die koolstofvoetspoor sal verklein en terselfdertyd die gehalte van die sement sal verbeter.

Verskeie probleme wat die plaaslike sementbedryf raak, is ook gedurende die vergadering bespreek. Dit sluit die regering se beplanning rakende sloerende infrastruktuur in, asook die kwessie oor swak gehalte sement in die Suid-Afrikaanse mark, die invoer van produkte, die gehalte van energievoorsiening aan vervaardigers en die voortslepende kommer oor die gebrek aan voldoende spoorlyne vir grootskaalse vervoer.

Die aanleg, met ’n produksiekapasiteit van 1,5 miljoen ton sement per jaar, word by PPC se bestaande fabriek in Riebeek-Wes opgerig en sal in 2027 in werking gestel word.

Rolspelers binne die departement van handel, nywerheid en mededinging en die sementaanleg PPC, het onlangs by die perseel in Riebeek-Wes waar die nuwe aanleg gebou word, byeengekom. Van links staan Jeffery Sehume (die departement se spesialis adviseur), Tebogo Makhube (adjunk direkteur-generaal), Parks Tau, (minister van handel, nywerheid en mededinging), Jabu Moleketi (PPC raad se voorsitter), Horacio Ardiani (hoof van strategiese projekte en belegging), Bheki Mthembu (hoofinkomstebeampte - PPC) en Yamkela Fanisi (beleggingsbestuurder binne die departement).

Soet korwe nou

bitter verlies

Jana Scheepers

’n Byeboer van Wellington het onlangs sowat R175 000 se skade gely nadat 70 van sy byekorwe op 7 Augustus op ’n plaas buite Hermon, waar dit in kanolalande gestaan het, gesteel is.

Volgens Johann Kotze (31), ’n inwoner van Wellington, het hy dié onderneming, genaamd JCK Honey, 11 jaar gelede gestig om ’n ekstra inkomste te verdien. Volgens hom verpak hy self sy heuning, waarna hy dit op plaas- en feesmarkte verkoop.

Nuusbrief

Bou welvaart wat jou sal oorleef: Boedelbeplanning vir die moderne SuidAfrikaanse gesin

In 'n wêreld waar welvaartskepping dikwels jare van opoffering en oordeelkundige beplanning verg, is die verbasend hoe min Suid-Afrikaners moeite doen om te beplan vir die dag wanneer hulle nie meer daar is nie. 'n Onlangse studie het getoon dat meer as 70% van Suid-Afrikaners nie 'n geldige testament het nie. Boedelbeplanning is nie meer net vir die superrykes bedoel nie dis 'n noodsaaklike strategie vir middel-tot hoëinkomsteverdieners wat hul nalatenskap wil beskerm en vir toekomstige geslagte voorsiening wil maak. Algemene leemtes wat boedelbeplanning in Suid-Afrika betref

Baie families begin te laat aan boedelbeplanning dink dikwels wanneer dit nie meer 'n proaktiewe gesprek is nie. Hier is 'n paar foute wat selfs hoë-inkomsteverdieners duur te staan kom: Gebrek aan 'n geldige testament: 'n Testament lê die grondslag vir enige boedelbeplanning. Sonder 'n testament sal jou bates volgens die Wet op Intestate Erfopvolging verdeel word, wat miskien nie jou wense weerspieël nie. • Geen beplanning vir likiditeit nie: Wanneer jy te sterwe kom, kan daar administrasiekoste, belasting en skuld wees wat deur jou boedel gedek moet word. By gebrek aan kontantbates sal erfgename dalk noodgedwonge eiendom of beleggings van die hand moet sit. • Onduidelike opdragte oor voogdyskap: Dit is uiters belangrik dat ouers wettige voogde in hul testament benoem. Daarsonder sal die hof 'n voog aanstel om na jou kinders om te sien, sonder leiding van jou kant af. • Verouderde begunstigdebenoemings: wat deur aftreefondse en ersekeringspolisse benoemde begunstigdes betaalbaar is, word direk aan die begunstigdes en nie deur die boedel betaal nie maak dus seker jou begunstigdebenoemings is op datum. Oor 'n koppie koffie kan ek 'n paar

onaangename ervarings deel van kliënte wat vir ekstra belasting of eksekuteursgelde moes opdok omdat begunstigdebenoemings nie bygewerk is nie koste wat met behoorlike beplanning tot die minimum beperk kon word. Strategiese aanwending van trusts, skenkings en testamente 'n Goed gestruktureerde boedelplan behels meer as om net 'n testament op te stel. Vir meer komplekse boedels of gesinne met minderjarige kinders kan trusts ʼn kragtige hulpmiddel wees: • Testamentêre trusts word in jou testament opgestel en tree eers na jou dood in werking. Dit kan gebruik word om te verseker dat bates namens kinders bestuur word totdat hulle 'n geskikte ouderdom bereik Hierdie trusts help veral om minderjarige kinders of afhanklikes wat nie gereed is om 'n erfdeel op hul eie te bestuur nie, te beskerm. Jy kan spesifiseer hoe die geld gebruik moet word vir onderrig, lewenskoste of sekere mylpale en dit gee jou 'n mate van beheer oor hoe jou nalatenskap jou geliefdes ondersteun. • Inter vivos- (lewende) trusts word geskep terwyl jy nog leef. Hierdie trusts stel jou in staat om sekere bates uit jou persoonlike boedel te skuif. Dit kan help om hierdie bates teen krediteure te beskerm, die oordragproses ná afsterwe te vereenvoudig en boedelbelasting te verminder Sulke trusts word dikwels vir langtermyn-welvaartbewaring gebruik en kan jou familie steeds oor geslagte heen baat.

• Skenkings van bates gedurende jou leeftyd kan help om boedelbelasting te verminder en familiebehoeftes te dek. Skenkings aan jou gade is heeltemal vrygestel van skenkingsbelasting, en bydraes tot 'n kind se onderhoud kan ook vir vrystellings kwalifiseer mits hierdie bydraes redelik geag word deur die SA Inkomstediens (SARS). Voorts is die eerste R100 000 per jaar ten opsigte van eiendom wat deur 'n natuurlike persoon geskenk word, vrygestel van skenkingsbelasting. • 'n Testament is die ruggraat van elke opvolgplan. Dit kan saam met trusts gebruik word om jou voornemens duidelik uit te spel, bates doeltreffend te verdeel en familietwis te vermy Hoe om boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting (KWB) te verminder Boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting kan jou geliefdes se erfenis aansienlik laat krimp, maar met strategiese beplanning kan die impak verminder word: • Maak gebruik van die boedelbelastingkorting van R3.5 miljoen: Hierdie bedrag is belastingvry en kan vir gades verdubbel word, mits beplanning gekoördineer word. • Gebruik trusts om bategroei "vas te pen": Groei binne 'n trust kan KWB en boedelbelasting oor tyd verminder • Maak seker dat jou beleggings belastingdoeltreffend saamgestel is: Aftreefondse (pensioen-, voorsorg-, uittreeannuïteits- en bewaringsfondse) en lewende annuïteite val buite jou boedel en is van

boedelbelasting vrygestel (gaan dus jou begunstigdebenoemings na). • Oorweeg lewensdekking vir likiditeit: Die opbrengs van lewensversekeringspolisse kan help om belasting en fooie te vereffen, sonder om inkomstegewende bates van die hand te moet sit.

Testamente, trusts en gemoedsrus Boedelbeplanning is nie 'n eenmalige taak nie dit is 'n aktiewe deel van jou finansiële reis. Die doel is nie net om rykdom na te laat nie maar om dit op oordeelkundige wyse te doen met doelgerigtheid, duidelikheid en sorgsaamheid As 'n gesertifiseerde finansiële beplanner help ek kliënte om boedelplanne te skep wat hul finansiële doelwitte sowel as hul familiewaardes weerspieël.

By Paarl Cecilia Square Stockbroking is ons gereed om die reis saam met jou aan te pak.

As jy persoonlike leiding wil hê of vrae het oor testamente, trusts of enige deel van jou boedelplan, kom ons gesels daaroor Saam kan ons seker maak dat jou welvaart toekomstige geslagte tot voordee sa wees.

Hier is die hoogtepunte van die artikel:

Suid-Afrikaners en hul Gebrek aan

Hy het gesê hy het laat die aand op 7 Augustus agtergekom sy byekorwe op die betrokke plaas het verdwyn nadat hy sy rondes gedoen het om die korwe na te gaan.

Die gesteelde korwe was sowat 2 km van die openbare pad in kanolalande –juis om diefstal te voorkom.

Kotze vermoed iemand het hom dalk “dopgehou” of kon die byekorwe steeds op ’n manier van die pad af sien. Sy kiste is met ’n unieke nommer – WC0189 –gemerk.

Volgens hom is hy steeds optimisties dat hy sy gesteelde korwe sal terugkry omdat die nuus van die diefstal reeds wyd en syd gedeel is.

’n Jaar gelede is ongeveer 15 van sy korwe gesteel, maar dié het naby aan ’n openbare pad gestaan. Hy het dié korwe nooit teruggekry nie.

Kotze skat sy verlies, bestaande uit die 70 korwe en die bestuiwing waarvoor die boer op wie se plaas hy die korwe in die kanolalande geplaas het, hom sou betaal, op sowat R175 000.

Hierdie bedrag sluit egter nie die

swerms bye in wat ook verlore gegaan het nie, omdat dit moeilik is om ’n geldwaarde hieraan te koppel. Volgens Kotze vang hy meestal sy eie bye deur kiste wat hy met ’n soet vloeistof smeer om die bye te lok, of swerms wat hy by mense se huise of op ander plekke verwyder. Hy het aan die koerant ’n bewys gestuur van ’n klagte wat hy by die Wellington-polisie aangemeld het, maar wat na die Riebeek-Wes-polisiekantoor oorgeplaas is.

• Volgens sers. Henry du Rand, ’n woordvoerder verbonde aan die Malmesburypolisie, bestaan geen so saak egter in die Riebeek-Wes-polisiekantoor se databank nie.

Beplanning:

Meer as 70% van Suid-Afrikaners het geen geldige testament nie.Sonder n plan loop jy die risiko dat jou nalatenskap nie volgens jou wense hanteer word nie.

Algemene Foute in Boedelbeplanning: Van verouderde begunstigdes tot geen voogdyskapriglyne - baiefoute kan families duur e staan kom. Vroegtydige beplanning maak 'n groot verskil.

Trusts, Testamente en Skenkings: Slim gebruik van trusts en skenkings kan kinders beskerm, familiegeskille voorkom en belasting verminder Jou testament is die kern van dit alles.

Verminder Belastings op Jou Erfenis:

Strategiese beplanning kan boedelbelasting en kapitaal-winsbelasting aansienlik verlaag - en jou erfgename se erfporsie beskerm.

Gemoedsrus deur Gestruktureerde

Beplanning:

Boedelbeplanning is nie net oor geld nie - dis oor nalatenskap, familiewaardes en die gemoedsrus nie meer daar is nie.

KONTAK STEFAN

stefan.vanrooyen@psg.co.za Eenheid 23 & 24 1ste Vloer Cecilia Square, Cecilia Straat 100, Paarl 079 502 0576 NM10025322-ST260825

Sakevroue

Malmesbury Sakekamer se Derde Dinsdag-vrouemaandbyeenkoms, wat op 19 Augustus in die stadsaal plaasgevind het, was ’n oggend vol inspirasie en hoop soos die motiveringspreker Yonela Mneno, stigter van die Ndiyazazi- I am

gaste aangemoedig

om

Mneno het elkeen, in hoë hakke en deftige hoede, herinner dat elke vrou uniek is, in staat is tot meer en om in hulself te glo.

Johann Kotze, die eienaar van JCK Honey.
Sommige van Johann Kotze se byekorwe in kanolalande.
Enough-inisiatief,
het
hulself meer erkenning te gee as wat hulle dink hulle toekom.
Van links staan Ohna Nel, ’n bestuurslid van Malmesbury se Sakekamer, die gasspreker Yonela Mneno, die voorsitter Kobus Rossouw en Brian Siebritz, wat ook op die bestuur dien.

ADVERTENSIE-ARTIKEL

Cinzaco open in Malmesbury

Cinzaco vier die opening van hul splinternuwe werkswinkel waar die ervare span sal voortgaan om te diens wat gediens moet word.

Só lui Cinzaco se leuse in ’n suksesverhaal wat aanvanklik as ’n jarelange droom begin het.

Ná 15 jaar as hoofbestuurder by Swaco Organies, insluitend die bestuur van hul werkswinkel, werp harde werk vrugte af nadat Kobus Drotschie ’n geleentheid om sy droom ’n werklikheid te maak, aangegryp het. Drotschie het gedurende sy bestuursjare by Swaco Organies besef dat ander kliënte se voertuie binne die bestaande werkswinkel ook gediens kan word en die ruimte optimaal benut kan word.

administriewe sy van die onderneming oorgeneem. Sy was vir 16 jaar saam met Kobus in Swaco Organies se diens.

Die behoefte om nader aan die dorp te wees, het al hoe meer sigbaar geword. Dié perseel was sowat 10km buite die dorp geleë, vandaar die besluit om die groot skuif na Malmesbury te maak. Cinzaco sal van 1 September by Nywerheidsingel 22 (eenheid 3B) reg in Malmesbury geleë wees met Kobus en Elishia aan die stuur van sake.

Ingenieursversk��ers

Arcadiastr. 11, Malmesbury T. 022 482 2342

Cinzaco en span, hartlik geluk met die heropening en nuwe perseel. J.H.L en span sien uit daarna om nog baie jare saam met julle te werk en te groei.

Baie geluk met die skuif na julle nuwe perseel. perseel.

Die bykomende diens het vinnig vlamgevat en binne ’n paar maande uitgebrei tot ‘n losstaande onderneming onder Swaco Organies. Cinzaco is kort daarna amptelik in April 2024 gestig. Die bestaande personeel binne die werkswinkel is deur Cinzaco oorgeneem, wat bydra tot die ervare en hoogsopgeleide span waaruit hulle vandag bestaan.

Elishia Drotschie, Kobus se vrou, het op haar beurt in Maart vanjaar die beheer van die

CONGRATULATIONS

Volgens die Drotschies en hul sewe personeellede is hulle opgewonde om die nuwe stoor ten volle te benut waar hulle kan voortgaan om gehalte- en doeltreffende diens te lewer. “Ons is trots op ons werkswinkel én toerusting en wil dit ook graag ten toon stel,” voeg hulle by.

Cinzaco se dienste sluit in die diens en herstel van trokke, sleepwaens, trekkers, bakkies, grondverskuiwingsmasjienerie en selfs kragopwekkers. Verder lewer hulle hidroliese dienste en foutdiagnose, algemene instandhouding, padwaardigheidinspeksies en uitroepdienste op die pad en herstelwerk buite die werkswinkel.

Cinzaco se missie is gemoedsrus aan kliënte en koester ’n visie waar in personeel belê word, asook om ’n veilige en positiewe werksomgewing te skep en altyd die wiele aan die rol te hou. Met personeel toegewyd tot uitsonderlike kliëntediens, is Cinzaco trots daarop om oplossings te bied wat boonop bekostigbaar, betroubaar en gehalte-gedrewe is. Cinzaco glo dat deeglike inspeksielyste om toekomstige probleme te voorkom, ’n “zero comeback”-doelwit en gehaltediens hul geheim tot sukses is.

Cinzaco nooi jou uit om te kom inloer en te sien hoe hulle die verskil maak, terwyl ’n heerlike koppie koffie voorgesit sal word.

Cinzaco slaggereed om gehaltediens te lewer.
Cinzaco se personeel is (agter, van links) Michael-John Kotzé, Akhumzi Booi, Deon Albertyn, Quintin van Zyl, Leon Kriel, Johannes Baadjies , Kobus Drotschie en (voor) Elishia Drotschie voor hul splinternuwe werkswinkel in Malmesbury.

Hyper-local news app goes live

NovaNews this week launches a WhatsApp news channel dedicated to bringing readers the most compelling local community stories from across South Africa, alongside essential national and international news updates.

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

Vervaardigers en verskaffers van alle tipe blindings. Gratis kwotasies. Doen ook herstelwerk. Kontak Elsabé 072 126 2394.

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075 VOERTUIE

AANDAG !!! Alle Kliënte VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen bankaflosse. CK BLINDS

DIENSTE

The innovative news platform, which spans 21 unique community titles across the country, will deliver a distinctive blend of hyperlocal journalism and broader news coverage directly to your mobile device. From community achievements in the Free State and Eastern Cape to municipal developments in the Western Cape, readers will receive authentic stories that matter to South Africans at grassroots level.

Whether you’re a community leader, local business owner, or simply someone who values staying connected to both your neighbourhood and the wider world, the NovaNews WhatsApp updates will keep you informed about the stories that shape our communities and our country.

“We’re thrilled to bring South Africa’s most authentic community voices directly to our readers via WhatsApp. Our unique approach combines the power of local storytelling with essential national coverage - it’s journalism that truly reflects the diversity and richness of our

Gazette

Kontak ons vir advertensies en nuus

Swartland Gazette word deur Boland Media uitgegee en is ‘n lid van NovusMedia. Altesaam 20 000 kopieë word weekliks versprei.

Advertensies

Loraine Malan

T: 022 4824669

S: 071 4929797

E: loraine.malan@novusmedia.co.za

Geklassifiseerde advertensies

Jaydene Sampson

S: 071 434 7583

E: jaydene.sampson@novusmedia.co.za

Redakteur

Maryke Swart

T: 022 713 1066

E: maryke.swart@novusmedia.co.za

Stuur nuuswenke aan: SwartlandGazette@novusmedia.co.za WhatsApp: 066 290 6512 Gazette subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za

nation,” says NovaNews digital news editor, Lise Beyers.

The channel will feature breaking news from NovaNews’s 21 community platforms, highlighting everything from local government decisions and community initiatives to business developments and human interest stories that showcase the spirit of South African communities.

HOW TO SIGN UP:

You can scan the QR code above to join thousands of South Africans already staying connected to their communities and more.

OMBUDSMAN

Contact Swartland Gazette’s ombudsman with reader complaints. Any complaints, queries or suggestions about content in Swartland Gazette may be sent to our ombudsman, George Claassen, on 021 851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za.

Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud van Swartland Gazette aan ons ombudsman, George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.

NOTICE

Notice is hereby given that it is the intention of the undersigned to apply to the Western Cape Liquor Authority for a license to sell liquor for consumption on the premises, in terms of section 36 of the Western Cape Liquor Act, 2008

Applicant: Inge Meiresonne

Business: Die Eethuis

Address: Sarel Cillier Street 20, Riebeek Kasteel Type of license: On-Consumption Purpose: To sell wine and beer together with meals at a sit-down restaurant.

Any interested party who wishes to lodge an objection must do so in writing, within 21 days of this notice, to:

The Secretary Western Cape Liquor Authority PO Box 979, Cape Town, 8000 Email: liquor.enquiries@wcla.gov.za

Date of publication: 26 August 2025

Wesbank of Lillies?

Die Swartland-Grootuitdaagbekerkompetise van die Sanlam-Boland-rugbyunie het in 2025 ’n seisoen gelewer wat nie net op die veld uitgespook is nie, maar ook in die hart van gemeenskappe.

Van Moorreesburg tot Mamre; van Porterville tot Abbotsdale – elke klub het sy eie storie geskryf, en nou, met slegs een ronde oor, is die finale hoofstuk op die punt om ontvou te word. Maar wie van Wesbank of die Abbotsdale Lillies gaan die Swartland-Grootuitdaag-kroon vir 2025 dra?

Die punteleer is nou ’n taktiese slagveld. Abbotsdale se bonuspunt-oorwinning die

afgelope naweek het hulle boaan die puntelys gelyk geplaas met Wesbank op 85 punte elk. Saron, wat hul seisoen reeds voltooi het, staan op 80; Mamre, met 77 punte en een laaste tuiswedstryd teen Abbotsdale, het die unieke geleentheid om die einduitslag dramaties te beïnvloed.

Huidige punteleer:

• Wesbank – 85 punte (1 wedstryd oor teen Voorberg – 6 September op Porterville)

• Abbotsdale – 85 punte (1 wedstryd oor teen Mamre – 30 Augustus op Mamre)

• Saron – 80 punte (seisoen voltooi)

• Mamre – 77 punte (1 wedstryd oor teen

• Abbotsdale – 30 Augustus op Mamre)

Die laaste ronde is nie net ’n toets van vaardigheid nie, maar van strategie. Indien Mamre wen, maar sonder ’n bonuspunt, eindig hulle op 81 punte en beweeg verby

Saron. ’n Bonuspunt-oorwinning sal Mamre op 82 punte plaas en Abbotsdale se titelaspirasies onder druk bring. As Abbotsdale met ’n bonuspunt wen, het hy 90 punte en dwing Wesbank om met ’n bonuspunt te wen om gelyk te trek.

In daardie geval sal die kampioen op punteverskil bepaal word. Wesbank het ’n beter puntegemiddelde as Abbotsdale. Mamre se rol in hierdie finale wedstryd is van strategiese belang. Al is hy buite die Top-12-kwalifikasie, bly sy invloed op die einduitslag tasbaar, soos ’n skaakpion wat die verloop van die spel kan verander. ’n Oorwinning teen Abbotsdale sal nie net sy eie seisoen met trots afsluit nie, maar ook die rangorde herskryf en moontlik die titelbesluit beïnvloed.

Vir Mamre se Eikeblare sal die skeids-

Stil-stil laat

David Rossouw

Op die grondstrate van Wesbank, Malmesbury, het ’n jong meisie met blink oë en ’n vurige droom begin glo dat iets groter vir haar moontlik is. Maceala Samboya het te midde van armoede en beperkte geleenthede die eerste stap geneem op ’n pad wat haar na die hoogste sport-eer in die land sou lei. Vandag – as trotse lid van die Springbokvrouespan, wat aan die Wêreldbeker deelneem – dra sy nie net die groen en goud nie, maar die hoop van haar gemeenskap en die stem van elke meisie wat glo haar drome is sterker as haar omstandighede.

Haar rugbyreis het onverwags op ’n Saterdagmiddag begin toe sy vir Malmesbury se vroue-7’s-span moes inspring. In haar enigste wedstryd het sy die span se enigste drie gedruk.

Die Boland-afrigter Thomas Chowles het haar raakgesien en genooi om by oefensessies aan te sluit. Binne drie maande was sy op pad na die Springbok-vroue se 7’s-kamp en in Julie 2023 het sy haar buiging in die 15’s-span gemaak.

“Toe ek hoor ek is vir die Wêreldbeker-span gekies, was dit ’n mengsel van ongeloof, trots en dankbaarheid,” vertel sy. “Ek het teruggedink aan al die ure se

harde

regter se fluitjie op 30 Augustus nie net ’n wedstryd afsluit nie, maar ’n hele hoofstuk in die Grootuitdaagbeker-kompetisie. Abbotsdale en Wesbank het nog vyf kragmetings in die opwindende Sanlam-BolandTop-12 – elkeen ’n sleutelgeleentheid om ’n plek in die eindstryd te verseker en die seisoen met glorie af te sluit. Die kompetisie begin op 11 Oktober met die eindstryd op 22 November.

Swartland: Riebeeck United 19-34 Porterville; Voorberg 15-54 Abbotsdale Weskus: Goedverwacht 12-76 Vredenburg; Langebaan 29-25 Paternoster; Steenberg Cove 23-28 Piketberg; Young Hearts 27-25 Saldanhabaai

• Wedstrydbepalings vir 30 Augustus: Mamre t. Abbotsdale, Moorreesburg t.Porterville, Voorberg t.Riebeek United.

werk talent jubel

harde werk, die pyn van beserings, die dae van twyfel en hoe elke opoffering uiteindelik die moeite werd was.”

Om haar droom te volg, het Maceala uit haar vaste werk bedank – ’n besluit wat finansiële onsekerheid en groot opoffering meegebring het. “Daar was dae van twyfel, seer spiere en onsekerheid, maar ek het myself telkens herinner waarom ek dit doen.”

Haar doelwit vir die Wêreldbeker is duidelik: “Ek wil my beste rugby speel, my selfvertroue bou en wys ek is gereed vir die grootste verhoog. Ek wil nie net op die

veld ’n verskil maak nie, maar ook deur my energie, ondersteuning en positiwiteit.”

Sy noem rolmodelle soos Cheslin Kolbe en Manie Libbok as inspirasie. “Cheslin se flair en vasberadenheid wys dat jou oorsprong nie jou eindpunt bepaal nie. Manie se kalmte leer my om myself te vertrou – selfs in die moeilikste oomblikke.”

Maceala is dankbaar vir die groeiende belangstelling in vrouerugby, maar glo daar is steeds ruimte vir verbetering –beter geriewe, meer opleidingsgeleenthede en groter media-dekking. “Jong meisies moet reeds op skoolvlak blootstelling kry.”

Haar gemeenskap bly haar anker. “Die jong kinders in Wesbank is my grootste ondersteuners. Hul energie en bewondering moedig my aan om elke dag beter te wees. Ek speel nie net vir myself nie, maar vir elkeen wat glo dat iemand uit ’n klein dorpie groot drome kan bereik.”

Maceala se verhaal is nie net ’n sportprestasie nie; dit is ’n getuienis van wat moontlik is wanneer ’n kind droom, wanneer ’n gemeenskap haar ondersteun, en wanneer geloof in die eie ek aan onwrikbare toewyding gekoppel word. Haar reis herinner ’n mens dat talent dalk in stilte begin, maar dat harde werk dit laat sing.

Maceala Samboya op loop in ’n wedstryd teen die Daisies.
David Rossouw
Wiam Syster, die kaptein van Abbotsdale, gesels ernstig met sy spanmaats tydens rustyd in Porterville teen Voorberg.
Darling | Malmesbury | Moorreesburg
Piketberg | Porterville
Riebeek Kasteel
Riebeek
Yzerfontein
Chatsworth

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Swartland Gazette-E-edition-26 August 2025 by Novus Media - Issuu