ADie bewering is ’n naby die landelike van die tussen polisiediens stapel as moedelik is wat





ADie bewering is ’n naby die landelike van die tussen polisiediens stapel as moedelik is wat
Noluvu Ludidi
Die gemeenskap van Piketberg en die plaaslike kunstewêreld betreur die dood van die talentvolle Tyrone Zoutman (32).
’n Hartverskeurende ma moet nou die nuus verwerk dat haar enigste seun nie weer na haar sal terugkeer nie Michelle (Belinda) Zoutman wag sedert Januarie vanjaar biddend vir haar seun om terug te keer nadat hy destyds op Dinsdag 7 Januarie vermis geraak het
Dit is egter verlede Dinsdag (22 April) bevestig dat die ontbinde lyk wat aan die einde van verlede maand – op Maandag 24 Maart – in die berge van Piketberg gevind is, dié van Tyrone is
Volgens AO Silke Lourens, ’n polisiewoordvoerder van Piketberg, is die polisie omstreeks 15:30 daardie dag ingelig van menslike oorskot wat in die berg gevind is “Polisiebeamptes het by die toneel aangekom en ’n lyk aangetref wat redelik ontbind was – geklee in ’n grys frokkie, swart Adidas-broek en wit Adidas-tekkies aan die voete Ambulans- en forensiese dienste is gekontak en die slagoffer is dood verklaar Lede van die misdaadrekordsentrum was op die toneel en het foto’s geneem, waarna die forensiese dienste die lyk na die Malmesbury-lykshuis geneem het
“Inligting het getoon dat dit wel die lyk van Tyrone Zoutman sou kon wees ”
Lourens sê Tyrone se identiteit is met behulp van ’n identikit-foto bevestig
Michelle sê Tyron het soos gewoonlik op die dag van sy verdwyning gaan draf, maar
vroeër as gewoonlik Toe hy nie teen 16:00 teruggekeer het nie, het sy bekommerd geraak en die strate ingevaar om haar kind te soek Teen 18:00 het sy haar seun as vermis aangemeld
“Van daai dag af het niemand Tyrone gesien nie Wat vir my snaaks is, is dat hy almal ken en almal hom ken, maar steeds het niemand hom gesien nie
As ’n ma het ek aanhou vertrou dat hy sou terugkom huis toe
“Ek het steeds baie vrae ”
Michelle se vertroue en geloof in die Here het haar tot dusver staande gehou
“Ek gaan ons noue band mis – en sy sprankelende lag Hy het bo sy omstandighede uitgestyg en sy passie uitgeleef ”
Tyrone was ’n danser, sanger en choreograaf wat al van kleintyd af sy passie vir die uitvoerende kunste uitgeleef en talle mylpale bereik het Hy was die stigter van die Zoutman-dansmaatskappy en Lekker Jy?-produksies Hy het sy talente gebruik om in die gemeenskap in te ploeg
Ray van Rooy, die burgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit, sê
Wyle Tyrone Zoutman (32)
Tyrone was iemand wat net die beste uit die lewe wou hê “Hy was baie lief vir kultuur soos drama en ballet en het altyd die jongmense daarmee besig gehou ” Chantal Booyse, ’n vriend van Tyrone in die kunste, het hom in 2020 leer ken
“Ons het op ’n tydstip albei besef dat ons dorp, Piketberg, ’n kreatiewe revolusie nodig het – nie net vir onsself nie, maar vir die jeug; die dromers; die verlore stemme Ons kreatiewe reis het begin met Jeugteater – daardie klein repetisielokaal waar drome groter was as begrotings en ons harte elke week meer oopgegaan het vir die potensiaal van ons mense
“Tyrone was ’n paradoks –een van daardie sielvolle mense wat jou op ’n Maandagoggend kon laat voel of dit al Vrydagaand is. Hy het altyd aan ’n stille storm gedra – ’n wilde kreatiwiteit wat moeilik was om vas te vang of te tem Sy teenwoordigheid was magneties
“Hy was nie net ’n vriend nie, maar ’n vennoot in drome en nou, meer as ooit, voel ek verplig om die werk voort te sit
– vir hom; vir ons ”
• Zoutman se dood word ondersoek
Merlyn van Rheede
Suid-Afrika het Sondag (27April) Vryheidsdag gevier– ’n dag wat die einde van Apartheid en die begin van ’n demokratiese bestel in 1994 simboliseer.
Dit is ’n tyd van herdenking en viering, maar ook van besinning. Vryheidsdag is veronderstel om ’n viering van demokrasie en gelykheid te wees – ’n dag om ons vryhede te vier, wat met groot opoffering gekom het.
Ons is dalk vry van politieke onderdrukking, maar is ons regte as ’n meertalige nasie werklik gewaarborg?
Een van die kernvrae wat ons op hierdie dag moet vra, is: Het alle tale werklik gelyke vryheid in ons demokrasie? Of is ons steeds vasgevang in die hegemonie van Engels as die dominante taal van openbare en amptelike kommunikasie?
Hoewel ons ’n Grondwet het wat 11 amptelike tale erken, sien ons ’n groeiende tendens waar Engels die enigste taal van mag en status word.
Dit is die taal van regeringskommunikasie, van akademiese vooruitgang en van korporatiewe sukses. Dit blyk ook dat meertaligheid in die praktyk dikwels plek maak vir ’n stilstand waarin Engels de facto die enigste werkende taal in verskeie sektore is – van onderwys tot regstelsels en sakekommunikasie
Ander tale, insluitend Afrikaans en die inheemse Afrikatale, word toenemend gemarginaliseer.
ons ook vra: Wie se vryheid vier ons regtig? Is dit vryheid vir almal, of net vir dié wat Engels magtig is?
Dit is tyd om die belofte van 1994 ernstig op te neem en werklik ruimte te maak vir alle tale in ons samelewing. Taal is nie net ’n kommunikasiemiddel nie – dit is identiteit, kultuur en ’n bewys van ware vryheid. Ironies genoeg was die nuwe demokrasie veronderstel om alle tale se regte te beskerm en te bevorder. Tog sien ons hoe ander inheemse tale, soos Xhosa en Zoeloe, ook sukkel om erkenning en prominensie in openbare en ekonomiese sfere te kry. Die wanbalans in taalregte laat vrae ontstaan oor die ware omvang van taalgelykheid en inklusiwiteit in Suid-Afrika
dom House/ LAPA
Die Wellingtonse skrywer Engela Duvenage het as deel van Internasionale Kinderboekdag ’n praatjie gelewer oor die ontdekking van ’n diepseevis, die selekant in die 1930’s
Die Stigting vir bemagtiging deur Afrikaans het Wêreldboekedag op 23 April by die Royal-hotel in Riebeek-Kasteel met die oorhandiging van ’n boekskenking aan Saron Primêre Skool en die Laerskool Brandenburg gevier Die SBA was etlike jare by die twee skole betrokke met die Zoë-voorleesprojek, wat daarop gemik is om lees- en luistervaardighede onder jonger kinders te ontwikkel en ’n leeskultuur aan te moedig.
Van links wys die personeel van SBA – Melani Jonck, Bianca Greeff, Elisma Witbooi en Ben Gibbons (voor) – van die boeke wat hulle aan die skole geskenk het
Dié verhaal is een van 102 stories oor Suid-Afrikaanse ontdekkings en vindingrykheid, wat ingesluit is in Duvenage se nie-fiksie-kinderboeke Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika en Inventors, bright minds and other science heroes of South Africa
Nominations for the 2025 National Teaching Awards are now open These give everyone the opportunity to celebrate teaching excellence and to appreciate the outstanding work done particularly by teachers at public schools each year.
All teachers, school-governing bodies and district officials are invited to submit nominations to their principals or centre managers
A minute with the nomination guide and relevant application will be sent to all schools, and details are also available on the WCED website
This includes a step-bystep guide to completing the nomination form: https:// www westerncape gov za/ education/national-teaching-awards
The categories for this year are:
• Excellence in Grade R Teaching
• Excellence in Primary School Teaching (Grades 1-7)
• Excellence in Primary School Leadership
• Excellence in Secondary School Teaching (Grades 8-12)
• Excellence in Secondary School Leadership
• Excellence in Special Needs Teaching
• Excellence in Special Needs School Leadership
• Excellence in Teaching Mathematics (GET)
• Excellence in Teaching Mathematics (FET)
• Excellence in Teaching Natural Sciences
• Excellence in Teaching Physical Sciences
• Excellence in Teaching Life Skills (Grades 1-6)
• Excellence in Technology – Enhanced Teaching and Learning
• National Best Teacher Award Kader Asmal Lifetime Achievement Award Nominations close on Friday 16 May
The Western Cape Provincial Awards will take place in August, and the 15 provincial winners in these categories will go on to be nominees for the national awards ceremony in October
Die grondslagfase van die Laerskool Swartland in Malmesbury het die afgelope Vrydag (25April) besluit om Afrikaans se 100ste bestaansjaar met Afrikaanse stories te vier. Die leerders het ’n dag se skoolklere dra afgeskryf deur met hul nagklere skool toe te kom. Die onderwysers het op hul beurt besluit om soos storieboekkarakters aan te trek en vir die leerders stories uit hul gunstelingstorieboeke voor te lees.
Die onderhoof van die Laerskool Swartland, De Wet Neethling, het soos ’n koning aangetrek en vir die leerders stories van Liewe Heksie gelees
’n 34-jarige verdagte het Donderdag 17 April in die Darling-landdroshof verskyn nadat hy die vorige aand (16 April) omstreeks 22:40 by ’n padblokkade op die R27-Yzerfontein-kruising deur lede van die verkeersdienste voorgekeer is, het kapt Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-distrikspolisie, gesê Sy voertuig, ’n silwer Toyota Tazz, is deurgesoek waartydens vier sakke vol kreef gevind is, waarvan 155 krewe ondermaat was ’n Klagte van poging tot moord word deur die plaaslike polisie van Malmesbury ondersoek nadat ’n 18-jarige man ’n skietwond buite sy vriend se huis opgedoen het
Die voorval het omstreeks 02:15 die oggend op 19 April in die omgewing van Chatsworth buite Malmesbury plaasgevind. Die slagoffer het glo na buite gegaan nadat hy iets gehoor het Hy het ’n onbekende man gesien wat ’n vuurwapen in sy hand het Die aanvaller het op hom begin skiet, waarop die slagoffer by die huis ingehardloop het Daarna is nog ses skote afgevuur voordat die aanvaller te voet gevlug het Die man is in sy hand gewond.