
Donderdag,

Donderdag,
Ronél van Jaarsveld
Groot ongelukkigheid heers onder opposisiepartye in die Langeberg-munisipaliteit nadat die 2025-’26-begroting Woensdag 28 Mei aanvaar is.
Die Vryheidsfront Plus, die ANC, GOOD en die Patriotic Alliance (PA) se raadslede het in protes dat die vergadering nie met sewe dae uitgestel is nie, die raadsaal verlaat voordat raadslede oor die begroting gestem het. Dit is uiteindelik aanvaar nadat die DA, die People’s Democratic Movement (PDM) en die Langeberg Independent Party (LID) ten gunste daarvan gestem het.
Die opposisie het uitstel versoek om hulle die geleentheid te gee om deur die konsepbegroting te werk. Raadslede het die lywige dokument van 1450 bladsye blykbaar eers die middag voor die raadsvergadering ontvang.
Volgens Johnny Steenkamp, die hoofsweep van die Vryheidsfront Plus, bepaal die raad se reëls dat dit ten min-
‘Min tyd gegun om begroting te bestudeer’
ste 48 uur vooraf beskikbaar gestel word.
“Ons ouditeure het deur die nag gewerk om deur die dokument te lees.”
Sewe partye is in die Langeberg-munisipaliteit, wat altesaam 23 setels (stemme) het. Die begroting is met 12 stemme goedgekeur: DA (10), Langeberg Independent Party (1) en PDM (1). Die partye wat nie gestem het nie, was die ANC (6), VF Plus (3), GOOD (1) en PA (1). Opposisiepartye, sakelui en gemeenskapsorganisasies het in die openbaredeelnameproses glo meer as 80 foute in die begroting uitgewys en daar was kommer dat dit nie betyds reggestel is nie.
Die VF Plus, die derde grootste party in die raad naas die DA en ANC, sê hy is bekommerd oor die munisipaliteit se finansiële bestuur omdat die kapitaalreserwes krimp. In ’n verklaring sê die VF Plus die invorderingskoers het van 98% tot 88% gedaal en die rekening-
stelsel wat in duie gestort het, deels hiervoor verantwoordelik is.
Die VF Plus beskou die 8%-verhoging vir vullisverwydering as onbillik.
Die vervoer van vullis na die nuwe streeksvullisterrein in Worcester en die aankoop van vier nuwe voertuie hiervoor is die rede vir die styging. Die VF Plus meen dat geskikte grond vir ’n nuwe vullisterrein nader beskikbaar is
Die styging van elektrisiteit (11,32%) maak volgens hom nie op vir die beraamde verlies van 18% as gevolg van kragdiefstal nie.
Water, riool en eiendomsbelasting styg met 6%. “Dié verhogings is meer as dubbel die huidige inflasiekoers en is buitensporig. Inwoners kan dit nie bekostig nie,” lui die verklaring.
Slegs 4% is vir instandhouding en infrastruktuur begroot.
Na bladsy 2
“Ons het geluister na ons gemeenskappe se pleidooie vir beter lewensomstandighede ”
Só het Schalk van Eeden, die uitvoerende burgemeester van die Langebergmunisipaliteit, by sy voorlegging van die begroting vir die 2025-’26-boekjaar gesê Die begroting is op 28 Mei op ’n raadsvergadering goedgekeur
“Die nuwe begroting is ’n belangrike stap vir ons op ons reis na groei, goeie bestuur en volhoubare ontwikkeling,” het hy gesê “Ons begroting is belyn met die geïntegreerde ontwikkelingsplan se doelwitte en is gebou op die beginsels van finansiële verantwoordelikheid en deursigtigheid, met die doel om soveel waarde as moontlik uit elke rand wat ons bestee, te kry ”
Die begroting se klem is glo op dienslewering en infrastruktuur-ontwikkeling
Eiendomsbelasting, water- en sanitasietariewe styg met 6%, vullisverwydering styg met 8% en die elektrisiteitstarief met 11,32% (onderhewig aan Nersa-goedkeuring) Diverse tariewe sal tussen 0% en 6% hoër wees
Van die top-10-kapitaalprojekte vir die komende boekjaar sluit in die opknapping van die Robertson-suiweringswerke wat sanitasie-kapasiteit in wyke 1, 2, 3, 6 en 11 sal verbeter (R26,60 miljoen) en die verkryging van bakkies en ’n vragmotor om dienslewering te verbeter (R21,96 m ) Die Breederivier-pompstasie in Ashton word opgeknap om watertoevoer na wyke 9, 10 en 11 te verbeter (R10,69 m ) en die 66kV-transformators by die Robertson-hoofsubstasie
Van bladsy 1.
Die koalisie tussen die DA en VF Plus het verlede jaar verbrokkel nadat die VF Plus ook nie die DA se begroting ondersteun het nie.
Die ANC in die Langeberg sê in sy verklaring hy het die begroting verwerp omdat dit nie armes in ag neem nie. Hy beskuldig die DA van boelie-taktiek om die begroting goedgekeur te kry en dat [die opposisiepartye] nie genoeg tyd gehad het om dit te bestudeer nie. Hy is bekommerd dat geen aanduidings gegee is oor hoe die DA-koalisie beplan om die toename van Langeberg se inwonertal te hanteer nie.
“Die jaarlikse bevolkingsgroei sal na raming 1,3% wees en die huishoudelike groei 0,08%. Dit sal bykomende inkomstestrome en hulpbronne soos infrastruktuur, asook meer water, sanitasie en elektrisiteit vereis,” lui ’n persverklaring van die ANC.
Die begroting het volgens die ANC nie ’n plan vir behuising – veral vir armes – nie, terwyl informele nedersettings en mense wat in agterplase woon, toegeneem het.
“Die munisipaliteit het ’n noemenswaardige inkomste-ongelykheid met 64%
word vervang om die elektrisiteitsnetwerk te versterk (R8,62 m ) Die elektrisiteitsverskaffing in Boekenhoutskloof word uitgebrei vir wyk 4 (R7,2 m ) en die Bonnievalewatersuiweringswerke word opgeknap om watergehalte in wyke 4 en 8 te verbeter (R6 m ) Die Van Zylstraat-sportveld word opgeknap (R5,7 m ) en die dele van wyk 1 en 2 in Robertson word opgeknap (R3,4miljoen) ’n Nuwe paviljoen word by die McGregor-sportveld in wyk 5 opgerig (R3 m.) en paaie in Ashton, wat paaie in woonbuurte, die nywerheidsgebied en Zolani insluit, word opgeknap
van inwoners wat onder die boonste broodlyn leef en die hoogste werkloosheidsyfer (7,1%) in die Kaapse Wynlanddistrik. Tog het hy geen planne in hierdie begroting vir werkskepping wat inwoners in staat sal stel om vir die dienste wat hulle ontvang, te betaal nie.”
Die munisipaliteit het dié beweringe verwerp Daniël Lubbe, die munisipale bestuurder, sê die begroting is voorgelê en daaroor is gedebatteer, soos wat verwag word. “Die begroting is ten gunste van die armes en beklemtoon die nodigheid om agterstande met dienslewering in te haal en kritiese infrastruktuur op te gradeer wat tot voordeel van inwoners in die Langeberg is.”
Hy sê die raadslede het 48 uur voor die vergadering toegang tot die begroting en die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) via ’n gedeelde skakel gekry “Hierdie praktyk is in pas met standaardprosedures wat deur die raad goedgekeur is.”
Hy sê alle kommentare en insette wat gedurende die openbaredeelnameproses ontvang is, is oorweeg en die nodige regstellings en aanpassings is aangebring om te verseker die finale begroting dui dit aan.
Munisipale tariewe vervul ’n kritieke rol in volhoubare dienslewering Antoinette Steyn, die uitvoerende burgemeester van die Breedevalleimunisipaliteit, sê wanneer tariewe vasgestel of hersien word, word verskeie faktore in ag geneem. Regverdige tariewe lê die grondslag vir beter dienslewering vir almal.
Die begroting vir die 2025-’26-boekjaar is verlede Dinsdag (27 Mei) deur die munisipale raad goedgekeur.
Die volgende tariewe sal van 1 Julie af geld: Eiendomsbelasting en sanitasie styg met 8%, elektrisiteit styg met 15%, water gaan 11% meer kos en vullisverwydering 25% meer. (Standard Breederivier Gazette het vroeër berig die hoë styging in die tarief vir vullisverwydering is omdat dit voorheen slegs vir die verwydering van vullis was. Met die oprigting van die nuwe streekstortingsterrein moet die munisipaliteit nou per kilogram vir die storting van vullis betaal.)
Volgens die munisipaliteit is die uitwerking van die hoër tariewe sowat R118 vir kleiner huishoudings, R277 vir bekostigbare huishoudings, R605 vir medium-grootte huishoudings, terwyl groter huishoudings R1322 per maand meer sal betaal.
Inwoners wat vir deernis-toelaes kwalifiseer, kan tot 100% korting op sekere tariewe ontvang. Die nuwe kapitaalprojekte wat in 2025-’26 aangepak gaan word, sluit in die verhoging van die Stettynskloofdam se bergingskapasiteit teen ’n koste van R120miljoen Die omgewingsimpakverslae (OIV) is afgehandel en bouwerk kan binnekort begin.
Aan die westekant van Worcester en die Uitvlugt-nywerheidspark is die OIV afgehandel en grootmaatdienste word geïnstalleer (R44 miljoen) Afvalwaternetwerke, pyplyne en watersuiweringsaanlegte gaan opgeknap word (R95miljoen) en beurtkrag- en sonkragoplossings word ingestel (R5miljoen) Die elektrisiteitsinfrastruktuur sal verbeter word (R77 miljoen) en ’n rampbestuurvloot sal in Rawsonville en Touwsrivi-
er aangeskaf word (R18,8miljoen) Die Touwsrivier-watersuiweringsaanleg word opgeknap (R28miljoen) en die Mandela-Noord- en Aspad- informele nedersettings word geformaliseer, titelaktes sal oorgedra word en buitetoilette sal verskuif word (R23miljoen) Munisipale huureenhede gaan opgeknap word (R14,6miljoen) en gespesialiseerde vlootvoertuie gaan aangeskaf word (R19miljoen) Altesaam R22miljoen sal aan die investering en opknapping van sport-infrastruktuur bestee word en R35miljoen aan die implementering van fase 3A van die Hexrivier-erosiebeskerming. Die Transhex-behuisingsprojek en die oostelike Worcester-verbypad word in samewerking met die provinsiale regering aangepak, wat R274 miljoen in sy raamwerk vir mediumtermynuitgawes begroot het. Nog R66miljoen is vir die herseëling en opgradering van die padnetwerk begroot. ’n Elektroniese kopie van die begroting is op die munisipaliteit se webwerf.
Twee leraars in Worcester het onlangs boeke bekend gestel.
Ds. Abe Jeftha, die stigter van die Kerk van Hoop, se boek Sonde en Vloeke oor Generasies bied Bybelse oplossings om geestelik vry te word.
Ds. Jeftha beskryf die boek as ’n reddingsboei vir gesinne wat herhalende uitdagings in die gesig staar, soos finansiële onstabiliteit, verslawing, verhoudingsprobleme of emosionele wonde wat deur geslagte heen weerklink. Hy bied ’n Bybelsgeïnspireerde padkaart na bevryding
Die boek bestaan uit 11 hoofstukke met ses interaktiewe werkboeke.
“God se genade is groter as enige vloek. Hierdie boek gaan nie net oor die breek van kettings nie – dit gaan daaroor om jou Godgegewe identiteit te herwin en ’n geloofserfenis oor te dra wat toekomstige geslagte transformeer,” sê ds. Jeftha •Skakel ds. Jeftha by 0826065817 vir nog inligting.
Eerwaarde Anthony Jacobs se
outobiografie, Voetspore in die Sand van Tyd, is Sondag 11 Mei op sy 74ste verjaardag by die Bethesda AME kerk in Worcester bekend gestel.
Eerw. Jacobs is in Worcester gebore en getoë. Hy het in 1975 ’n diploma in primêre onderwys verwerf en sy onderwysloopbaan by Victoria Park Primêr in Worcester begin Hy het uiteindelik ook hier skoolhoof geword tot hy in 1978 geroepe gevoel het om tot die bediening toe te tree Volgens eerw Jacobs handel sy boek oor die betekenis van sy lewe as skrywer sowel as die hoogtepunte uit sy loopbaan in die diens van gemeentes. Hy het gemeentes oor die Wes-Kaap heen bedien.
“Ná meer as 40 jaar in die diensveld van die Meester op verskillende terreine van die werk in die Kaapse en Bolandse jaarlikse konferensies, is ek geseënd om my reis as ’n rondreisende predikant af te sluit as die voorsittende ouderling van die Worcester-distrik,” sê eerw. Jacobs
RonélvanJaarsveld
Nooit sou Morné van der Merwe kon dink dat hy ’n internasionale kookkompetisie sou wen nie Maar sy pastaresep met vars tamatie, basiliekruid en parmesaankaas het die beoordelaars se monde laat water
“Ek was eers baie skepties toe Marlene Jordaan van Innovation for the Blind my hiervan vertel, maar ons het besluit om die kans te waag,” vertel Van der Merwe
Hoewel hy en sy vrou, Heaven, blind is, is hulle bykans selfstandig en kook Van der Merwe elke aand vir hulle Hy werk by Innovation for the Blind waar hy ABETklasse gee en is ook betrokke by ’n radiostasie waar hy dramas opneem Hy rig ook ’n koor af
“Om vir die kompetisie in te skryf, mag jy geen siende hulp hê nie en slegs die filmofgraaf wat dit verfilm, mag by wees, maar kan nie help nie Ons het by Tharina
Marais van Pure Boland aangeklop vir die bestanddele en die heerlikste kraakvars tamaties, knoffel en basiliekruid uit tuine is geborg Ons het min dinge van winkelrakke af gebruik – selfs die pasta is deur ’n inwoner met die hand gemaak,” vertel hy Die Golden Eye Chef is die wêreld se enigste internasionale kookkompetisie vir blindes en word sedert 2019 aangebied Van der Merwe vertel die sleutel vir sy sukses is beplanning “Ek weet presies waar sit ek wat neer ’n Mens leer om jou ander sintuie te gebruik wanneer jy kook en nie kan sien nie As jy rys kook, klink dit anders as die water min raak en as jy ’n lepel in ’n pot sit, kan ’n mens voel as die water nog weerstand gee Ek gebruik ook ’n toetspen wanneer ek ’n hoenderpastei maak en voel of daar nog deeg aan kleef ” Sy kookreis het begin danksy ’n vriendin toe hy ’n student was “My ma het vir my kos saam universiteit toe gestuur, maar my vriendin het gesê daar is geen rede hoekom ek nie kan leer kook nie Sy
Morné
het ’n pot en pan gebring en my begin leer om eiers te kook, witsous te maak en selfs aartappels te bak ”
Deesdae is hy baie lief daarvoor om met broodresepte te eksperimenteer en hou sy suurdeegplantjie, genaamd Grietjie, al vier jaar aan die lewe
DONDERDAG12JUNIE2025 10:00
VOORTREKKERSTR17–INGANGVANDORP1EAFDRAAILINKS WOENSDAG11JUNIE 2025VANAF10H00TOT17H00
MAHONIE 8 SITPLEK TAFEL, SITKAMERSTEL, 4 PLAAT DEFY STOOF, KING SIZE BED, WINKEL YSKAS, DUBBELDEUR YSKAS, HOEK SITKAMERSTEL, KOMBUISWARE, GLASE, BREEKWARE, POTABLE TOILETS, TYRES, HOE DRUK SPUIT, VERWE, TUINGEREEDSKAP, KETINGS, MELKKANNE, GASHEATER, BLAARBLASER, PIK, VLEISMEULE,BAKKIETOU BARS,SKOTTELGOEDWASSER,LUCKYDIPS,AKKERHOUTWALLSTAND,GROOTJOBLOT SAFETY BOOTS, GROOT VISION BATTERY, BAR STOELE, EGG CHAIR, LERE, WELCOME DOVER STOOF, STAINLESS STEEL TAFELS, PRINTERS, PIEKNIEKMANDJIE, NUWE WASGOEDLYNE, PORTABLE POWER STATION, INVERTERS, 4 DEUR HANGKAS,ROBOT STOFSUIERS,POWER INVERTER,TROLLIES,INDUSTRIELEYSMASJIEN,STAINLESS STEEL RAKKE, KINDERFIETSIES,KINDERTROLLIES,SPEELGOED, MESSE STELLE NUUT, PERSIESE MAT, VERSKEIEANDER MATTE, KAT PAAL, BOSCH DISHWASHER, GEORGE MASON BABY COMPACTUM, CADAC GASBRAAI, MOTORFIETSIE METPAPIERE,OLIEHEATERS,SWEMBADNUUT,GEREEDSKAP,ROTTANGSITKAMERSTEL, ENVELEMEER!!
VEILINGVOORWAARDES:
BETALINGS: 1. Betaling van items slegs kontant of Internet. GEEN TJEKS.
2. 15% Koperskommissie +15%btw daarop
3. 3% HEFFING op Debiet en Kredietkaartbetaling.
VERKOPE: 4. Alle goedere word voetstoots verkoop
5. Verandering sonder vooraf kennisgewing.
NAVRAE: CARL STASSEN (AFSLAER) 082 456 3377
Bloedskenkers kan met ’n nuwe inisiatief nou meer as net lewens red. Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) het ’n vernuwende inisiatief bekendgestel, wat bloedskenkers die geleentheid bied om nie net lewens te red nie, maar ook plaaslike liefdadigheidsprojekte te ondersteun
Die “Ekstra Druppel”-inisiatief stel bloedskenkers in staat om hul bydrae tot die gemeenskap verder uit te brei Elke keer wanneer iemand bloed skenk, ontvang hy/sy ’n klein aandenking ter waardering Skenkers kan nou kies om die aandenking te hou of die gepaardgaande R15 aan ’n gespesifiseerde liefdadigheidsorganisasie te skenk.
FACEBOOK –LIKE, EMAIL –carlstassen@telkomsa.net NM10015071-BW050625
Die proses is eenvoudig: Skenk bloed by enige WKB-sentrum, •Ontvang ’n waarderings-aandenking, •Kies om óf die aandenking te hou óf die R15 aan ’n liefdadigheidsorganisasie te skenk.
Die WKB sal elke twee maande ’n ander liefdadigheidsorganisasie kies wat fokus op punte soos gesondheidsorg, opvoeding, armoedebestryding, jeugontwikkeling, vroeëkinderopleiding, humanitêre werk, ondersteuning vir gestremdes en omgewings- en dierewelsyn
Die eerste organisasie wat by die inisiatief baat, is Die Bond van Vriende van Blindes (BVB) Hierdie organisasie is daarop uit om blinde en swaksiende mense deur rehabilitasie, vaardigheidsopleiding, werkgeskiktheidsvoorbereiding en mobiliteitsteun te bemagtig.
“Ons nooi bloedskenkers met ‘Die Ekstra Druppel’-inisiatief om deel te wees van iets groters – ’n gemeenskapsgedrewe inisiatief wat verder as bloedskenking strek,” sê ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse Bloeddiens Besoek www.wcbs.org.za of WhatsApp 0605497244 vir nog inligting oor hoe om deel te neem
Kom maak ’n verskil – een druppel bloed op ’n slag!
Ronél van Jaarsveld
Die jaarlikse hoogtepunt op langasems se kalender, die Comradesmarathon, word hierdie Sondag (8Junie) beslis.
Dié 89 km lange wedloop begin vanjaar in Pietermaritzburg en eindig 12 ure later in Durban.
Plaaslike atlete het maande lank geoefen om aan hierdie legendariese ultrawedloop deel te neem
Hulle besef wanneer hulle wegspring, is dit ten spyte van al die vasbyt en bloedsweet nie ’n feit dat hulle die wedloop sal voltooi nie.
Altesaam 15 atlete van die Worcester-atletiekklub gaan aan die Comrades deelneem.
Daarbenewens gaan atlete van Korrektiewe Dienste se Bolandspan asook ander klubs ook KwaZulu-Natal toe vir die
groot uitdaging
Andrew Coetzee neem al vyf jaar lank aan wedlope deel en vanjaar pak hy sy tweede Comrades aan na sy eerste een verlede jaar. “Ek het as kind altyd op TV na die wedloop gekyk en die atlete vir hul uithouvermoë bewonder. Ná vele lewenslesse en uitdagings op my lewenspad het ek besluit om myself liggaamlik en geestelik uit te daag om deel te wees van die klein persentasie mense wat dié marathon sal kan voltooi,” het hy gesê.
“Ek wil my kinders leer dat ’n mens
nie opgee op jou drome nie.”
Larita Geldenhuys hardloop al 10 jaar lank en pak vanjaar haar eerste Comrades aan. Sy hoop dis die eerste van baie en wil dit binne 10 ure en 30 minute te voltooi.
Die hardloopgogga het Berenice Kriel drie jaar gelede gebyt en sy pak ook haar eerste Comrades aan. “Ek is mal oor hardloop en die uitdaging wat daarmee saamgaan. Dit is ’n groot uitdaging vir my en ek hoop dat ek my eerste Comrades voor die afsnytyd kan voltooi.”
Corrie Rooi weet presies wat die uitmergelende wedloop inhou. Dit is sy agtste wedloop vanjaar en hy is vasberade nadat hy verlede jaar die spertyd by die halfpadmerk misgeloop het. “As jy ’n marathon-atleet is, is die Comrades die hoogtepunt op jou kalender!” Hy wil eendag 10 Comrades- en Twee Oseanemarathons op sy kerfstok hê Jaco Engelbrecht pak sy vierde Comrades aan en sê die fantastiese atmosfeer is die trekpleister. “As ’n dowe drawwer voel ek die energie en ondersteuning aan en ek is reg vir die uitdaging. Ek wil my vorige tyd verbeter.”
VERWYSINGSNOMMER 18/1 REFERENCE NUMBER 18/1
Kennisgewing No.64/2025
FINALE GEWYSIGDE GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN VIR
LAINGSBURG MUNISIPALITEIT VIR DIE
TYDPERK 1 JULIE 2025 - 30 JUNIE 2026
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 25(4)(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet no 32 van 2000 dat die Gewysigde Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir die tydperk 1 Julie 2025 - 30 Junie 2026 op 30 Mei 2025 deur die Raad aanvaar is. Kopieë van gemelde Gewysigde Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir Laingsburg Munisipaliteit lê vir kennisname gedurende kantoorure wat strek vanaf 07:30 tot 13:00 en 13:45 tot 16:15 op Maandae tot Vrydae by die volgende:
• Laingsburg: Beplanning en Ontwikkelings Kantoor, Van Riebeeckstraat 2, Laingsburg
• Laingsburg: Thusong Dienssentrum
• Laingsburg: Plaaslike Biblioteek
• Matjiesfontein: Matjiesfontein Primêre Skool
• Laingsburg: Tourism Sentrum
• Amptelike webtuiste: www.laingsburg.gov.za
Notice No.64/2025
FINAL AMENDED INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN FOR LAINGSBURG MUNICIPALITY FOR THE PERIOD 1 JULY 2025 - 30 JUNE 2026
Notice is hereby given in terms of Section 25(4)(a) of the Local Government Act: Municipal Systems, Act 32 of 2000 that the Final Amended Integrated Development Plan (IDP) for the period 1 July 2025 - 30 June 2026 for Laingsburg Municipality has been approved by the Local Council on 30 May 2025 Copies of the said Final Amended Integrated Development Plan (IDP) for Laingsburg Municipality are available for public notice during ofce hours being 07:30 till 13:00 and 13:45 till 16:15 on Mondays to Fridays at the following locations:
• Laingsburg: Planning and Development Ofce, 2 Van Riebeeck Street , Laingsburg
• Laingsburg: Thusong Dienssentrum
• Laingsburg: Local Library
• Matjiesfontein: Matjiesfontein Primary School
• Laingsburg: Tourism Centre
• Ofcial website: www.laingsburg gov.za WSBHS25-BW050625
voltooi. Hy droom daarvan om gesond genoeg te bly om die wedloop 30 keer te kan voltooi. “Die wedloop gee hardlopers die geleentheid om sonder grense met mense in die Reënboognasie sosiaal te verkeer en ander te help om hul beste in die wedloop aan te teken.”
Monwabisi Siswana het reeds vyf Comrades-medaljes in sy kas. “Verlede jaar het ek ter ere van my verloofde se pa, wat aan motorneuronsiekte oorlede is, gehardloop. Vanjaar hardloop ek vir my suster Lucia, wat op 26 Maart oorlede is Om aan hierdie wedloop te kan deelneem, leer ’n mens om jou gesondheid te waardeer.”
Nicolaas de Jager sê hy wou nog altyd aan so ’n groot wedloop deelneem. Dit is die vyfde keer dat hy deelneem Noel Lakay vier sy Comrades-mondigwording met sy 21e wedloop. “Ek geniet die hardloop en doen dit om fiks te bly. Dit is ’n daaglikse lewenstyl vir my.” Vir Nell Singleton is dit ook haar eerste deelname “Ek het van kleins af saam met my ma aan wedlope deelgeneem, maar op hoërskool het dit vir my ernstig begin raak. Dit was ’n droom om my eerste Comrades saam met my ma te doen – dit is vanjaar haar tiende.” Pat Johnson wil sy twaalfde wedloop voltooi. “’n Doelwit soos hierdie hou ’n mens gemotiveerd en skep ’n gedissiplineerde leefstyl.”
Met tien Comrades- en tien TweeOseane-marathons agter die blad, is Wilfred Steenberg ’n baie ervare hardloper.
Die aantrekkingskrag van die wêreld se oudste ultra-marathon het Spreeth Engelbrecht ook nadergelok. Dit is die tweede keer dat hy deelneem en hy mik vir die bykomende medalje wat hardlopers kry vir agtereenvolgende byeenkomste wat hulle voltooi.
Die 81-jarige Jeff Lakay is bekend vir sy digbundels wat die geskiedenis van die “Bo-dorp se mense ” verewig
Hy het ook ’ n uitstalling met koerantuitknipsels wat hy oor jare versamel het waarin inwoners se stories vertel word. Lakay is in Robertson gebore en getoë, en die gemeenskap lê hom baie na aan die hart.
Hy was jare lank ’ n onderwyser by die Laerskool De Villiers en was een van die stigterslede van die Breedevallei Dichters, wat saam met die bekende Linda Spies die bundel Ontheemdes – Breedevallei Dichters Poëzie Nacht van die Muse uitgegee het Verskeie artikels en TV-insetsels is al oor
Lakay se pogings om die plaaslike mense se geskiedenis te bewaar, vervaardig en uitgesaai.
Agri Wes-Kaap het die agt finaliste vir die 2025- Agri Wes-Kaap- Santam- Jongboer van die Jaar-kompetisie aangekondig – ’n toekenning wat uitnemendheid, leierskap en volgehoue toewyding in die landboubedryf vier. Twee van die finaliste kom uit die Breedevallei en Langeberg Een finalis kom van Tulbagh, en nog een uit die Ceres-vallei.
Dié finaliste is nie net jonk nie, maar reeds gevestigde produsente wat ’n waardevolle bydrae tot hul gemeenskap en die Wes-Kaapse landbou-ekonomie lewer. Hulle is:
•André Swanepoel (28), wat reeds sewe jaar in die Langeberg-gebied met sitrus, steenvrugte, wingerd en groente boer.
•Francois Rossouw (30), met ses en ’n half jaar ondervinding in die Hexriviervallei, waar hy met tafeldruiwe op 310 hektaar boer.
•Gordon Anderson (36), wat reeds 16 jaar
reeds vyf jaar met perskes, nektariens, pere, appelkose, suurlemoene en pampoene boer.
•Mario Lombard (39), ’n ervare boer van George, wat met avokado’s en vleisbeeste boer Hy boer al 19 jaar.
•Musa Mfengu (39) van Tulbagh, wat op 36,6 hektaar met bloubessies boer en reeds 13 jaar in die bedryf is.
•Niel Bruwer (37) van die Ceres/Hamlet-gebied, met 15 jaar ervaring. Sy onderneming sluit in droëvrugte op 90 hektaar en kernvrugte op 145 hektaar.
Volgens die beoordelaars se sameroeper, Inus Oosthuizen, is die beoordelaarspaneel opgewonde oor die komende besoeke aan die finaliste se plase: “Elke jaar word ons verras deur die gehalte van jong boere in ons provinsie – en vanjaar is geen uitsondering nie.
“Wat hierdie groep besonders maak, is die diversiteit van boerderye wat ons gaan besoek – van bloubessies tot varke, en van tafeldruiwe tot avokado’s. Ek sien
ALGEMENE JAARVERGADERING
Kindersorg Worcester & Julie Naudé Kleuterskool
Uitnodiging vir belangstellendes wat graag op die bestuur wil dien. Vrywillig Stuur CV aan Kindersorg Worcester te 79 De Wet Straat Worcester voor 20 Junie 2025
ChildWelfareSud-AfrikaWorcesternooidinamiese,betroubareenervare kandidateuitomaansoektedoenvirdieposvanKantoorhoof
POSBESKRYWING: D e Kantoorhoof/Supervisor sal toes g hou oor die daag kse administratewe funksionering van die kantoor finansiële beplanning ondersteun, dissiplinêre en personeekwessies hanteer en 'n sleutelro speelinstrategiesebeplanning,nakomingvanverslagdoeningvereistesen supervisortakeverrig
HOOFVERANTWOORDELIKHEDE: Koördinering van kantooradminstrasie en personeebestuur Opstel en monitering van begrotings en finansieële verslae Bestuur van kwartaaverslae, statstieke en strategiese insette Handhawing van dissipline, aanspreeklikheid en etese standaarde Beplanning en bestuur van die kantoor se dagboek en prioriteite Toesig oor veilighed in die werksomgewing en nakoming van OHS - regulasies Effektiewe kommunikasie met personeel bestuur en buitebeanghebbendes • Verslagdoening aan die Bestuur Hantering van vertrouike inligting en sensitwiteit in alle take Supervisie en Konsultasie van Maatskaplike Diens personeel
VEREISTES: Maatskaplike Werk kwalifikasie
Julie NaudéCreche Plek: (Le Seuer Straat)
Tyd: 18:00 (6 uur)
Datum: 27 Junie 2025
Telefoon:
023 347 0190
Epos CV na: ontvangs2cwkindersorg@gmail com
MC NEIL, INGRID GEB: 12.07.1970 - GEST: 28.05.2025
WILLIAMS, KATRIENA GEB: 06.10.1952 - GEST: 30.05.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 07 Junie 2025 om 10:00 vanuit VGK Worcester-Suid,Swartstraat Besigting is vanaf 09:30 by kerk.
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 07 Junie 2025 om 09:00 by Parkerstraat 154B, Parkersdam en om 10:00 by Ou Apostoliese Kerk
Roudiens vind plaas Donderdag, 05 Junie 2025 om 18:30 by RK skoolsaal, Parkerstraat. Mamma, our hearts ache and the world feels empty without you. Thank you for being our strength and our prayer warrior Rest peacefully, Mamma We will always love you and keep you in our hearts. grandchildren nd
BREDA, DENOVEN CHARLES WILLIAM GEB: 26.07.1965 - GEST: 01.06.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 07 Junie 2025om 10:00 by Pandaystraat 3, Roodewal en om 11:00 by The Faith Church, Leipoldtlaan agter El Shaddai. Rus sag, tot ons weer ontmoet. Jou vrou, kinders, kleinkinders en familie
Mag Oupa se siel in vrede rus Jou kleinkind Rochin