








Rasaad Adams
Plaaslike omgewingsbewustes is woedend nadat ’n vleiland langs die R101, oftewel die Ou-Paarl-pad, skynbaar gesloop en die habibat van verskeie dierespesies soos die bloukraanvoël verwoes is om vir ’n nuwe nywerheidsontwikkeling plek te maak.
Die aktiviste beweer die vleiland huisves ook ander bedreidge spesies. Hulle het hul woede teenoor die Drakenstein-munisipaliteit en die provinsiale regering uitgespreek en die twee
regerings daarvan beskuldig dat hulle in hul oorsig-mandaat gefaal het deur nie die sloping van die vleiland stop te sit nie. Uitgrawings het in Desember verlede jaar begin Nadat die plantegroei homself weer hervestig het, is in April vanjaar op dieselfde vlei-terrein gegrawe.
Volgens die omgewingsaktiviste is “angstige bloukraanvoëls” in Desember en April tydens die uitgrawings by die vleiland gewaar.
Volgens Seraj Johaar, die Drakensteinmunisipaliteit se direkteur vir korporatiewe en beplanningsdienste, het die betrokke nywerheidsontwikkeling voorheen as Pontac Park bekend gestaan.
Rasaad Adams
Die ontslape oud-Springbokvleuel Cornal Hendricks het so te sê ’n volmaakte rugbyloopbaan gehad. Hy het sy buiging by die Boland Kavaliers in 2008 gemaak en elders professioneel rugby gaan speel voordat hy na sy eerste liefde teruggekeer en waar hy sy laaste dae op die rugbyveld deurgebring het.
Hendricks, ’n boorling van die Paarl en wat sy hoërskoolloopbaan aan die Bergrivier Sekondêre Skool in Wellington voltooi het, is Donderdag (15Mei) in die ouderdom van 37 aan ’n hartaanval oorlede. Sy ontydelike afsterwe het skokgolwe deur die internasionale rugbygemeenskap gestuur. Hendricks se professionele rugbyloopbaan het in 2008 begin toe hy ’n kontrak met die Boland Kavaliers geteken het. In 2012 het hy by die Vrystaat se Cheetahs aangesluit. Hier is sy besondere talent raakgesien en in 2014 is hy in die Springbok-span opgeneem.
Hy het die Springbokke in 2014 en 2015 as vleuel in altesaam 12 toetse verteenwoordig. Hendricks het ook vir die Blitsbokke en van 2019 tot on-
langs vir die Bulle uitgedraf.
Benewens sy professionele loopbaan het hy ook graag teruggeploeg in sy gemeenskap deur inisiatiewe soos die Cornal Hendricks-stigting.
Die stigting het dikwels rugbyklinieke by veral landelike skole aangebied.
“Ek onthou nog my skoolrugbydae soos gister. Ek het baie pret gehad, maar ek het groot gedroom,” het Hendricks in Mei 2018 aan leerders by ’n rugbykliniek by die Newton Primêre Skool in Wellington gesê.
“Julle is die rolmodelle en leiers van die toekoms.
“Gebruik jul kanse in die lewe en julle sal suksesvol wees.”
Paarl Post het voorheen berig dat ’n harttoestand in 2015 by Hendricks gediagnoseer is.
Ná drie jaar van rehabilitasie en mediese konsultasies het hy in 2019 na die rugbyveld teruggekeer
Hendricks het in Oktober verlede jaar sy kontrak met die Bulle beëindig om na die Boland Kavaliers terug te keer.
Die idee was dat hy sy rugbyloopbaan daar sou afsluit.
Rapport het die afgelope
Sondag berig dat die Kavaliers twee maande gelede besef het Hendricks se harttoestand het
tot só ’n mate vererger dat hy gesukkel het om ná strawwe oefening te herstel.
Volgens Rapport het die Kavaliers se mediese span
hom ná sy laaste wedstryd op 22Maart teen die Valke in Kemptonpark aangesê om op te hou rugby speel.
“Ons het gesien hy reageer
nie goed op oefening nie en het daarna ’n volledige mediese ondersoek met hom gedoen. Twee weke ná sy laaste wedstryd het ek by hom gaan sit en gesê dit lyk asof sy toestand besig is om te verswak,” het dr.Byron Haupt, die Kavaliers se spandokter, vandeesweek gesê
“Ons kon dit waag en hom langer laat speel, maar ek het gevoel dis veiliger om die gordyn oor sy loopbaan te laat sak. Met sy harttoestand soos dit was, sou ’n spel soos rugby, met soveel onderbrekings, nie voordelig vir hom wees nie. Hy het ’n jong gesin gehad, ’n toekoms wat voorlê en ons het besluit om sy loopbaan te beëindig. Ons het hom medies ongeskik laat verklaar.”
Volgens Rapport het Hendricks Woensdagaand by sy huis in die Volendam-landgoed in Wellington inmekaargesak nadat hy van ’n brandpyn in die bors gekla het.
Hy is ná 21:00 in die hospitaal weens ’n hartaanval dood – minder as ’n maand nadat hy sy 37ste verjaardag op 18 April gevier het.
•Sy begrafnis vind Sondag (25 Mei) om 12:00 by die NGMoedergemeente in Wellington plaas
Got a camera or smartphone? Love South Africa’s awesome landscapes? Here’s your chance to shine! WWF South Africa has just kicked off a super cool photo competition called “Our country, through your lens” that’s all about showing off the incredible natural beauty around us.
Let’s face it – South Africa is dropdead gorgeous We’ve got it all: stunning wildlife, natural drop. everyone “Maps” campaign he find open ters, communities nature. teed at tition calling you’re love document special. gets
choosing to believe things can get better – not because we’re wearing rose-colored glasses, but because we’re already seeing positive changes happening From fixing up rivers in the Drakensberg to boosting rhino numbers and creating green jobs for young people, the good stuff is already happening!”
“Whether it’s a kid planting a tree or a gorgeous sunrise over the beach – if
accommodation, and daily game drives with a pro photographer by your side!
Runners-up: Four lucky people will each score a large Recycled Buddy Backpack from Sealand Gear, worth R2 695. Maponyane puts it perfectly: “Your camera has way more power than you think. It shows what matters to you And
if we don’t tell our own story, who will?” So what are you waiting for? Grab your camera, head outdoors, and start capturing what makes South Africa so special!
For more details, check out WWF South Africa’s website ( https://www. wwf.org.za/) or their social media pages.
Chantélle Hartebeest
Padwerk wat tans in LadyGrey-straat in die Paarl aan die gang is, kos die Drakenstein-munisipaliteit miljoene rand.
Dit is vandeesweek deur Louis Pienaar, Drakenstein se uitvoerende direkteur van ingenieursdienste, bevestig. Die gehalte van die pad fet met die aanhoudende en toenemende verkeer wat van LadyGrey-straat gebruik maak, stadig maar seker afgeneem. Slaggate het oor tyd gevorm en daar is heelwat plekke waar dié pad nie meer gelyk is nie. Dit maak dit ’n nare ervaring vir motoriste en baie het klagtes hieroor ingedien.
Pienaar sê ook die herstelwerk is deel van ’n groter munisipale projek.
“Hierdie projek is deel van die Draken-
stein-munisipaliteit se plaveiselbestuurplan, wat ons jaarliks instel om die oppervlakte van bestaande paaie op te gradeer en te verbeter. Dié projek sluit ook in herstelwerk aan insakking wat tans op die padoppervlakte voorkom Ons het ook verskeie klagtes van die publiek ontvang oor die toestand van dié pad [Lady Grey-straat].
“Dié projek beloop ongeveer R6miljoen (BTW uitgesluit). Die munisipaliteit beplan om die werk teen 30Mei vanjaar af te handel, afhangende van die weersomstandighede.”
Pienaar bevestig verder die munisipaliteit beoog ook om aan Gans- en Patrysstrate in Wellington aandag te gee en herstelwerk te doen. Geen datums hiervoor is egter al bevestig nie.
Jana Scheepers
Susana “Sarie” de Villiers (70), die Wellingtonse oumagrootjie wat in 2021 met haar drie agterkleinkinders by die Bainskloofpas afgery het, het verlede week vlugtig in die streekhof in Worcester verskyn waar uitgebrei is oor die getuies wat die verdediging in die verhoor wil roep.
Daar is op 'n verhoor besluit na 'n vorige hofverskyning op 28 Maart, nadat die staat De Villiers se pleit van skuldig verwerp het.
In haar pleitverduideliking het sy by monde van haar regsverteenwoordiger, advokaat Sakkie Maartens, aangevoer hoewel haar “aksies verkeerd was”, sy steeds verminderde vermoë gehad het tydens die voorval omdat sy onder ernstige emosionele stres was Sy was nie in staat om haar optrede ten volle te verstaan of haar gedrag te beheer nie, het haar regsverteenwoordiger namens haar aangevoer.Die staat voer egter aan dat sy by haar gesonde verstand was tydens die drie beweerde moorde.
Volgens Maartens, wat aangestel is
deur die prokureursfirma Sarien Engelbrecht Prokureurs in Wellington, beplan die verdediging om vier getuies te roep.
Hierdie getuies sluit in Charl Prinsloo, Paarl-hospitaal se hoofpsigiater, asook Sunet Bodenstein, 'n psigiater wat ten tyde van De Villiers se opname in die Paarl-hospitaal se psigiatriese eenheid haar ook ondersoek het.
De Villiers is op 14 September 2023 opgeneem waartydens sy deur dié twee dokters geëvalueer is.
Sy is daarna ook deur die Valkenbergpsigiatriese hospitaal op 20 Junie 2024 ondersoek nadat die eerste psigiatriese verslag teenstrydighede bevat het.
Die verslag van Paarl-hospitaal het aangevoer dat De Villiers toerekeningsvatbaar is, maar ook dat sy verminderde vermoë ten tyde van die ongeluk gehad het.
Volgens die Valkenberg-verslag het "haar [De Villiers se] optrede rakende die tyd [van die ongeluk in Bainskloof] gelyk asof dit doelgerig, maar impulsief was. Haar optrede was nie as gevolg van 'n geestesongesteldheid nie [en] sy is bewus van die aanklagte teen haar en sal haar prokureur opdragte kan gee."
Die oorblywende twee getuies wat die verdediging gaan roep, is onbekend.
Die staat voer aan dat De Villiers op 20 November 2021 sowat 80 m by die berg van Bainskloofpas afgery het.
Haar agterkleinkinders Caleb (8), Gradwell (5) en Joshua (2) Booysen is dood terwyl sy die ongeluk oorleef het.
Die drie kinders het die dag by De Villiers, haar man, Ivan, 'n prokureur in Wellington, en hul oupa, Carl Smit, gekuier.
De Villiers is later die middag met die kinders in haar motor weg, waarna sy deur die versperrings by Bainskloofpas, wat opgerig is vanweë die destydse padwerke, gery het.
Op die kruin van die pas het die motor waarin sy en die drie kinders gery het teen die berg afgestort.
Die beskuldigde se agterkleinkinders was in daardie stadium reeds ses maande in die sorg van pleegouers in Wellington weens dwelmmisbruik van die oorledenes se ouers.
Volgens die Valkenberg-verslag kon hierdie omstandighede waarin De Villiers se agterkleinkinders geleef het, haar oorweldig 'n gevoel wat moontlik kon bydra tot die beweerde moorde. Dit is waarskynlik dat al vier getuies van die verdediging aan kruisondervraging deur die staat onderwerp sal word. Die staat het aangedui dat hy geen getuies gaan roep nie, en sal slegs dokumente indien om sy argument te staaf. Maartens het tydens verlede week se hofverskyning genoem dat 'n skuldigbevinding deur die regter nie uitgesluit kan word nie.
Die verhoor is geskeduleer vir 4 en 5 November as gevolg van 'n reeds oorvol hofrol. Al vier getuies sal dan getuig.
Jana Scheepers
Die bekende Toringkerk, wat in 1875 in die Paarl gestig is, vier vanjaar met trots die 150ste bestaansjaar van hul gemeente, histories bekend as die NG gemeente Noorder-Paarl, en het 'n stampvol program om die feesjaar in te lui.
Dié Nederduits Gerevormeerde (NG) kerk waarvan die gemeente destyds bestaan het uit 377 lede, se hoeksteen is op 8 April 1905 deur die bekende dr. Andrew Murray gelê onder leiding van Seppie de Villiers en ds. W.A. Joubert, volgens die kerk se webtuiste.
Die kerkgebou het £19 600 gekos, terwyl die grond £3 000 was. Die banke, preekstoel, orrel, ligte en omheining het ’n verdere £4 570 gekos, het die webtuiste geskryf.
WEESDEELVANDIEPRET
Volgens Sumien Symington, die Toringkerk se projekkoördineerder, wat aangestel is om die 150ste feesjaar se feesprogram te bestuur, begin die feesprogram môre (16 Mei) met hul jaarlikse wynveilig waar die grapjas Wicus van der Merwe die afslaer is Addisionele byeenkomste sluit in die hoeksteenlegging op 26 Julie waar kaartjies vir 'n langtafel ook te koop sal wees, asook 'n erediens op 27 April
Paarl police are investigating the circumstances of a break-in at a pub in Jan van Riebeeck Road, which occurred in the early hours of Monday 12 May.
The suspects had gained access to the premises via the roof and had stolen a safe, which was found abandoned further down the road with all the cash still in it
Anyone with information on the incident is requested to contact Paarl police immediately on 079 894 1706 or 079 893 9860
Vrouedag word ook gevier met 'n vroueoggend op 9 Augustus met Amore Bekker as gasspreker, en die gewilde Markietie wat jaarliks duisende voete lok is geskeduleer vir 5 tot 6 September.
'NTERUGBLIK
Volgens Symington het die Toringkerk, soos vele ander kerke, destyds ontstaan weens verdeeldheid onder die gemeente en ouderlinge
Die Strooidakkerk was destyds die enigste NG kerk in die Paarl, en die meeste Paarliete het daaraan behoort, maar die ontwaking van die Afrikaner bewussyn, soos prof. Floors van Jaarsveld in sy boek getiteld Die Ontwaking van die Afrikaanse Nasionale Bewussyn 1868-1881 geskryf het, het daar 'n skuif in die NG kerk ontstaan.
Die voorstanders van dié beweging was Gottlieb Wilhelm Antonie, of te wel, G.W.A. van der Lingen, wat destyds van mening was dat die Strooidakkerk sou "verengels," volgens Symington.
Die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) is kort na die wegbreek van die Strooidakkerk gestig deur Arnoldus Pannevis met agt lede wat ook die stigting van die Toringkerk ondersteun het.
Die GRA wou erkenning gee aan Afrikaans as skryftaal en het ook die eerste vertaling van die Bybel in Afrikaans behartig
Al die oorspronklike leiers van die
GRA was lidmate van die Toringkerk-gemeente.
Gedurende die kerk se bestaan tot nou was daar altesaam 19 dominees. Tans het die kerk ook sy eerste vroue-dominee, Jana van Den Munckhof, wat in 2014 aangesluit het sowel as ds Peet Bester wat in Oktober 2024 van Franschhoek by die kerk aangesluit het. Ds. Dawfré Theron is die tentemaker.
DIEHIERENNOU
Volgens Symington is dit die kerk se "werk om verbetering te bring in tye van nood", en beywer die Toringkerk hom juis op 'n daaglikse basis hiermee.
Kospakkies word wyd en syd afgelewer en die kerksaal word op 'n gereelde basis oopgestel vir die publiek wat dit vir gesellighede en ander projekte gebruik.
Symington het verduidelik dat die Toringkerk se grootste uitdaging tans finansiering insluit.
Volgens haar is een van die grootste uitgawes die instandhouding van die kerk se geboue.
Symington sê egter dat daar altyd begroot sal word vir hiérdie belangrike taak.
"Omdat die kerk self as ’n nasionale monument bestempel word, is dit ook belangrik dat die argitektuur en geskiedenis behoue bly.
"Dit is definitief die Koninkryk se werk wat die Toringkerk aan die gang hou," het Symington gesê.
Chantélle Hartebeest
Die lewelose liggaam van ’n vermiste man is verlede week op ’n plaas in die Wellington-gebied ontdek.
Volgens ’n ingeligte bron is die man al ’n geruime tyd vermis. Sy liggaam is verlede Woensdag (14 Mei) in ’n opgedroogde dam gevind.
Lt.kol. Smith, ’n woordvoerder vir die Wellington-polisie, het die gruvonds bevestig.
“Die liggaam van ’n oorledene is op
14Mei gevind. Weens die sensitiwiteit van die saak en die ondersoek wat steeds voortduur, kan die man se identiteit nog nie in die media bekend gemaak word nie.
“Dit is wel ’n volwasse mens. Aangesien die ondersoek nog nie afgehandel is nie, kan geen afleidings of voorspellings gemaak word of enige misdaad daarby betrokke is nie.”
Smith voeg by dat die oorledene wel op 2 Mei amptelik by die Wellington-polisie as vermis aangemeld is.
KAAPSTAD - Die Wes-Kaapse Regering het sy volle ondersteuning toegesê aan die 8ste VN Globale Padveiligheidsweek wat van 12 tot 18 Mei plaasgevind het Hierdie jaar se tema, #MaakStapVeilig en #MaakFietsryVeilig, fokus op die veiligheid van voetgangers en fietsryers op ons paaie Padongelukke is wêreldwyd een van die hoofoorsake van sterftes en gestremdhede, met byna 1,2 miljoen sterfgevalle en tot 50 miljoen beserings jaarliks Dit is die grootste oorsaak van sterftes onder jongmense tussen die ouderdomme van 5 en 29 jaar In die Wes-Kaap is voetgangers en fietsryers besonder kwesbaar en verteenwoordig meer as die helfte van alle padsterftes in die provinsie Die aanhoudend hoë aantal dronkbestuurvoorvalle vererger die probleem verder
“Elke lewe wat op ons paaie verlore gaan, is een te veel Voetgangers en fietsryers bly van die kwesbaarste padgebruikers, en die aantal dronkbestuur-inhegtenisnemings is uiters kommerwekkend In elke voorval is dit ’n mens – ’n ouer, ’n kind, ’n vriend, buurman of kollega Ons doen ’n beroep op alle padgebruikers om stadiger te ry, waaksaam te bly en persoonlike verantwoordelikheid te neem om ons paaie veiliger te maak vir almal,” het Muneera Allie, die Wes-Kaapse departement van mobiliteit se hoof van kommunikasie, gesê
Die 8ste VN Globale Padveiligheidsweek bied ’n geleentheid om alle padgebruikers aan te moedig om te verseker dat stap en fietsry in die Wes-Kaap veilig is Veiligheidswenke vir voetgangers: Steek slegs by aangewese voetgangeroorgange en brûe oor
Vermy stap op snelweë en besige paaie Dra sigbare of reflekterende klere, veral snags of in swak weerstoestande
Bly waaksaam – vermy afleidings soos fone of oorfone naby verkeer
Veiligheidswenke vir fietsryers: Gebruik fietsbane waar beskikbaar
Bly naby die linkerkant van die pad Volg verkeerstekens en -seine Ry saam met die vloei van verkeer Wees sigbaar Dra helder klere bedags en reflekterende toerusting snags
Gebruik voor- en agterligte wanneer jy in die donker ry of wanneer sigbaarheid swak is Sein met jou hande wanneer jy draai of van baan verwissel Wees op die uitkyk vir padgevare en ander padgebruikers, veral by kruisings Dra
’n fietsryhelm
IntheheartoftheBottelaryValley,onthe edgeofStellenbosch,anewkindofvillageis takingshape Devonboschisnotjustanother development;it’sacarefullycuratedcommunitywherethespacebetweenbuildingsmattersasmuchasthestructuresthemselves
Unlike conventional developments, Devonbosch began with a fundamental question; how to restore meaning to the land while building for the future This philosophy led developers to transform a disused quarry rather than develop pristine vineyards, establishing a foundational commitment to sustainable rehabilitation
“We wanted to create a place that feels as its been there forever, even as it builds for generations to come, ” said the development team, which has worked alongside municipal authorities, local entrepreneurs and heritage stakeholders
Phase 1 of the residential units is completely sold out, and all commercial and retail spaces are fully let What sets this precinct apart is its approach to community-building; functional spaces where concerts markets and daily rituals naturally bring people together
The development deliberately incorporates diverse residential offerings across different price points, from rental apartments to the luxury KLEI Aparthotel This diversity forms the foundation of a vibrant social ecosystem
WORKWHEREYOULIVE
Economic vitality is woven into Devonboschs fabric Work experience is integrated into the precinct Cafés, restaurants, fitness studios and tech-forward offices create a
self-sustaining economic engine The Innovation Hub, remote work zones, and creative spaces further enhance opportunities for residents to earn a living where they live
A soon-to-launch School of Rock a music school for all ages, exemplifies this vision of a place where artists, coders, fitness enthusiasts, business people and musicians thrive
LIFESTYLEANDAMENITIES
Devonbosch emphasises participation over passive consumption Residents can start their day jogging along the Mini-GOAT trail or challenging themselves on the GOAT mountain-bike track Water enthusiasts can try e-Foil or paddle-boarding on the calm dam Unlocked Fitness is the community’s well-
ness hub, while the retail and dining district includes authentic experiences such as Super Sconto Italian deli, Ischia Italian restaurant and Brickfields Café, where locals gather for everything from quick coffees to post-run breakfasts A year-round calendar of events awaits – including trail runs, cycling events and the popular ASICS-sponsored Best Friend Trail Run where dogs and owners race together
Devonbosch’s architecture whispers rather than shouts, what with 4 m-high retail floors that maximise natural light and airflow Materials are local most notably own clay bricks fired next door at Cabrico, a factory started in 1992 with Green Council certification They
lower emissions, shorten supply chains, and support local employment
The design philosophy extends to infrastructure and mod-cons – wide walkways, cycle paths shaded green corridors a super-basement for vehicles, high-speed fibre and smart access control
Sustainabilityat Devonbosch goes beyond buzzwords A neglected quarry has been transformed into a walkable, water-wise community Internal gardens regulate temperature, rainwater harvesting systems conserve water and energy efficiency is pervasive
This new paradigm of a smart village embraces technology without losing its soul Contact: Ash Muller | 082 574 6747 | wwwaskash coza | ash@askashcoza
The relentless business Paarl continue consultation thought requirement. tragedy cious ecological due to icance – is being more developmen
This stein Munici turbing financial being The destruction proceeds with the of life When halted sound change importance gered change nation any cost. The source sacrificed new project public natural governance. what will acter? that some be brought
Therefore I say
–
Covid 19-pandemie Dis asof ons deesdae seisoen vier van die pandemie beleef
Vra my want ek het hom so ’n paar weke gelede aan my eie bas gevoel
Hierdie nuutste weergawes van verkoue of griep het letterlik ’n wil van sy eie en hy speel glad nie met jou nie As jy eers daai krapperigheid in jou keel begin voel, kan jy maar die sterk salf en die suigpille nader trek.
Maar, o wee, dis nie waar dit stop nie as daai eerste hoesie begin, dan kan jy jou maar regmaak vir ’n hoofpyn wat soos ’n pinksterkerk se tromme klop Ai, en nou
weet julle mos hoe ons adamsgeslag enige siekte hanteer Jy soek net daai ekstra bietjies aandag en liefde van iemand wat jou borsie en agter jou
hoesstropies klokslag kan aangee en seker maak dat jy jou soppies op tyd kry En moenie vergeet om so af en toe seker te maak dat daar genoeg komberse is en dat jou voete nie koudkry nie Ons is seker nou maar eenmaal suckers vir daai liefdevolle versorging van jou vroulief, ma, suster of enigiemand wat jou darem so ’n bietjie jammer sal kry, want jou siekwees is erger as almal se siekwees rondom jou. Gepraat van verkoue of griep – ná die covid-pandemie is dit vir my baie vreemd hoe ek dit tot op hede ervaar het Dit was bloot ’n droë kopverkoue wat nie eens met jou normale hoesbuie gepaard gegaan het nie Ek het eintlik begin wonder wat dan van my snotterigheid en ander ellendes geword het Dit was alles net eensklaps
Verlede jaar gesels ek met ’n verpleegster wat vir Dokters sonder Grense (MSF)* in gevaarlike lande werk.
“Veiligheidsmotors begelei ons elke dag werk toe Selfs wanneer ons op afdae mark toe gaan, kry ons beskermers Ek werk tans in ’n droewe land, waar selfs die hoendertjies in ons agterplaas nie vet raak nie. Maar soggens op pad werk toe gee twee rye sonneblomme my hoop,” vertel sy.
Dit bly in my kop draai hoe sonneblomme ’n simbool van hoop en positiwiteit in ’n barre omgewing kan wees Terwyl sonneblomme daagliks hul koppe na die son draai, is hulle mooi en inspirerend
Sonneblomme het onlangs vir my nuwe hoop gebring toe ons ná 'n vreeslike verdwalery uiteindelik die pad uit Johannesburg kon vind en sonneblomme midde-in die Hoëveldse onweer sien blom. Maar selfs Google Maps raak soms die pad duister en lei ons in vreemde rigtings terug N1 toe
En ek wonder: Hoeveel mense sukkel met dieselfde probleem – hulle weet hulle moet matriek of hul kursus slaag, of ’n nuwe werk of kerk kry, maar hulle weet glad nie hóé om daardie lewensdoel te bereik nie.
Ons almal beleef tye wanneer die lewe se GPS jou uitgooi op ’n onveilige plek, wanneer jy weet waar jy wil uitkom, maar ’n kraaines vol probleme maak jou kop deurmekaar Wanneer mense ná ’n egskeiding of die dood van ’n geliefde ’n nuwe lewe bou, maar geen doeltreffende GPS het oor hoe om uitdagings te oorwin nie, sukkel hulle Hulle wil; hulle weet wat hul beoogde doelwit is, maar dis moeilik om hul nuwe “N1” te vind. En ek besef hoe dikwels het mense klein stukkies praktiese hulp nodig om hul doel te bereik – hulp om jou CV by te werk; blyplek vir ’n maand; ’n rygeleentheid of hulp met ’n aansoek by binnelandse sake; iemand wat regtig luister en prakties help wanneer tye skielik rof raak; dalk net ’n bed met ’n sagte kussing waar jy kan gaan lê en huil. En ek wonder: Is my ondersteuning vir die mense rondom my positief, of tree ek dalk soms soos ’n foutiewe GPS op? Gee ek hoop soos die sonneblom, of lyk ek soos ’n treurwilg wat self droogte in my gemoed beleef?
•Dokters Sonder Grense (MSF) is ’n humanitêre organisasie wat wêreldwyd kundige mediese hulp bied – Sarie Nel, MALMESBURY
erg begin twyfel ek destyds was om te onspiracy theooue op my toe hoesbuie terug en kleuter s’n op dié keer ervaar ak Dis asof jy
vat my dat ek en uithangtong Dis daai sieksommetjies maak of jou saak met jou heiland nog in orde is en of die dierbares daai gunsteling- weer-ontmoet-koortjie kan sing. Die jongste weergawe van die verkoue of griep het ’n geneigdheid om jou vir ’n paar dae swak te laat voel Moenie eens waag om hier teen dag twee van jou siekwees sterkgesig te wil wees nie Hoes-enproes-goete gaan jou gou wys wie s baas Jy sal goed bewapen moet wees teen die jongste gedaante van hoes en proes Hou maar konstant daai sterk salf byderhand en smeer daai keel, bors en lyf Drink daai verkouekonkoksie, en as dit nie help nie, dan moet jy maar vir Oom of Tannie Dokter loop sien.
Ek het darem my stryd teen die ou verkouemonster gewen sonder om ’n
draai by die dokter te loop maak. Vir jou wat die jongste verkoue-engriep-golf tot op hede misgeloop het, wil ek vertrou dat dit jou gespaar sal word, want wraggies – dis nie ’n lekker saak nie As jy ná die lees van bogenoemde dalk ’n bietjie bekommerd raak omdat die winter nog net sy kop effens gelig het dan stel ek maar voor dat jy haas maak om jou griepinspuiting te kry
Intussen hou ek maar aan om my brouseltjies van suurlemoentee gemeng met heuning en gemmer getrou te sluk, want vir my gaan ek nie weer deur n verkoue laat moegperd ry nie!
En daai spanne wat so oopketel die wintersonnetjie van die oggend tot laat namiddag opsoek vir die dag se skindernuus wees versigtig Jou pienk nagjapon en groen slippers gaan skielik begin sweet en voor jy nog daai laaste stukkie skinder inkry, sal jy moet haas maak vir die kooi, want hoes en proes gaan jou voorland wees.
“O koud is die windjie en skraal En blink in die dof-lig en kaal So wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade (Eugène N. Marais) André Smith is ’n vryskut-rubriekskrywer vir Paarl Post
Jana Scheepers
Dié besluit ondermyn SuidAfrika se demokrasie. Só sê Ian Cameron, die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie en ’n Paarl-inwoner, nadat agt lyfwagte van adj.pres Paul Mashatile onlangs in ’n interne tugverhoor vrygespreek is. Hulle het in 2023 glo vier weermaglede aangerand.
Die agt lyfwagte, wat Cameron as “boewe” bestempel het, het na bewering op 2 Julie 2023 die vier insittendes van ’n blou Volkswagen Polo op die N1-snelweg in Fourways, Johannesburg, voorgekeer en aangerand.
Die Volkswagen is blykbaar deur die lyfwagte tot stilstand gedwing omdat hulle glo “nie gou genoeg” vir ’n BBP-konvooi wat Mashatile vervoer het, padgegee het nie.
Die lyfwagte, wat almal polisiebeamptes is, is Shadrack Kojoana, Johannes Mampuru, Pomso Mofokeng, Hermans Ramokhonami, Phineas Boshielo, Churchill Mkhize, Lesibana Rambau en Moses Tshidada. H Hulle is op 7April vanjaar in ’n tugverhoor op alle aanklagte vrygespreek.
Die rede vir hiérdie uitspraak, volgens ’n artikel in Rapport verlede Sondag (11 Mei) – “Dís hoekom Mashatile se wagte vrygespreek is” – is omdat die voorsitter van die tugverhoor,
kol. Mashabela, glo nie die geloofwaardigheid van ’n video van die gebeure wat deur ’n lid van die publiek geneem is, kon verifieer nie.
Cameron het aan die Paarl Post gesê dat dit vir hom “interessant” is dat brig. Thulani Shabalala, die ondersoekbeampte, nie die video tydens die tugverhoor as bewysstuk toegelaat het nie, maar dat die landdros van die landdroshof in Randburg, waar die agt lyfwagte op aanklagte van aanranding om ernstig te beseer, kwaadwillige saakbeskadiging, die onwettige rig van ’n vuurwapen asook roekelose en/of nalatige bestuur teregstaan, wel die video toegelaat het.
Shabalala was Bheki Cele, die voormalige minister van polisie, se lyfwag asook strooijonker op sy troue in 2010, het die Sunday Times in Julie 2011 berig.
STRYDIGMETHOWE
Shabalala het ná die troue glo die pos as hoof van die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) se beskermings- en veiligheidsdienste aanvaar. Dit het destyds groot reaksie ontlok, waarna die publiek Cele van kaderontplooiing beskuldig het.
Cameron voer aan dat Mashabela die tugverhoor “manipuleer om ’n verskoning te soek sodat die video nie as bewysstuk toegelaat word nie”.
“Dit [die video] is in Mei 2024 as bewysstuk in die [landdros-]
hof [in Randburg] toegelaat, en geen rede is deur die landdros verskaf dat die oorspronklikheid daarvan eers vasgestel moet word nie,” het Cameron gesê Volgens hom skep die uitspraak van die tugverhoor ’n slegte presedent as beslissings gemaak word wat teenstrydig is met hoër howe.
“As die hof dit toelaat, hoekom nie die tugverhoor nie?” het Cameron gevra “Ons sit met ’n probleem in Suid-Afrika. [Daar is] te veel sake van polisiebeamptes met tugsake teen hulle [en hulle] word steeds in diens geneem. Hierdie spesifieke saak spreek boekdele oor die breër tugkrisis binne die SAPD en is veral belangrik omdat dit oor die adjunkpresident gaan.”
Volgens hom is dit gevaarlik as die polisie “net kan doen wat hulle wil”, veral as hulle die “politieke ondersteuning van ’n hoër amp” geniet.
Die polisie- en gevangenisburgerregte-unie (Popcru) het Mashabela se uitspraak verwelkom. “Hierdie uitspraak bevestig weer ons geloof in die beginsel van ’n behoorlike regsproses, wat gehandhaaf moet word ongeag die openbare mening of mediadruk.”
Popcru het ’n sterk teregwysing oor Cameron se verwysing na die polisiebeamptes as “boewe” uitgereik.
“[Popcru] veroordeel ten sterkste die opmerkings wat Cameron gemaak het, wat Pop-
cru valslik daarvan beskuldig dat hy regstappe blokkeer en polisiewreedheid verdedig Dit is nie net ongegrond en lasterlik nie, maar verteenwoordig ’n doelbewuste poging om die rol van georganiseerde arbeid in die verdediging van die regte van sy lede te ondermyn,” lui die verklaring.
CAMERONHOUVOETBYSTUK
Popcru se president, Thulani Ngwenya, het in die verklaring gesê Cameron se opmerkings is ’n misbruik van sy parlementêre toesigrol en [dit] ondermyn die regstelsel.
“Cameron se gedrag is roekeloos en oneties – veral omdat hierdie beamptes deur ’n behoorlike proses vrygespreek is dat hulle aan wangedrag skuldig is Wie is hy om die behoorlike arbeidsbevindinge van
die tugverhoor te ondermyn?”
In die verklaring doen Popcru ’n beroep op die parlement om Cameron as voorsitter te verwyder
Cameron het op sy beurt aan Paarl Post gesê dat hy nie [deur Popcru] “geïntimideer gaan word nie”
Hy het op Facebook geskryf:
“Ek sal dus nie stilbly nie –[veral] nie as dit beteken dat burgers se regte sonder gevolge geskend word nie; nie as dit beteken dat die instellings wat ons veiligheid moet verseker, hulself bo die reg begin sien nie; en gewis nie as dit beteken dat ons as parlement lê en wag vir toestemming van enige belangegroep voordat ons ons grondwetlike werk kan doen nie.
“Die blou ligte op ons paaie flits dalk helder, maar hulle sal nie die waarheid verdof nie.”
Rentia Weber
Toe die Paarlse dr. Guin Lourens in 1991 haar graad in verpleegkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang het, sou sy nie kon raai dat sy 34 jaar later na haar alma mater sou terugkeer nie. Lourens het op 3 Maart as dosent by die US se verpleeg- en verloskunde-departement aangesluit.
“In 1988 was ek in my eerste jaar. Jy moes gekeur word vir BCur [Baccalaureus Curationis] en nét 40 studente is ingeneem. Slegs 15 studente het oorgebly aan die einde van die eerste jaar, want dit was moeiliker as wat mense besef het dit gaan wees. Al 15 van ons het vier jaar later graad gevang,” sê Lourens.
BYDIEDIEPKANTINGEGOOI
“Ons is dádelik aan die diep kant ingegooi. Ek het daardie eerste oggend in die noodeenheid teen 09:27 al blood and guts gesien en teen 10 uur moes ek ’n lyk gaan versorg,” vertel Lourens.
“Een van die susters was nogal sadisties met nuwelinge in die beroep en het vir my gesê, ‘Guin, gaan kyk hoe lyk die dood en of jy die punch kan vat’ Ek moes vinnig groot word, want as verpleegster kry ’n mens daagliks te doen met lewe en dood.”
STEEDSINVERPLEGING,DRIEDEKADESLATER
Lourens het die afgelope 34 jaar as verpleegster gewerk en tussendeur klasgegee by, onder meer, die Kaapse Wynland Distriksraad, Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT)
munisipaliteit ontmoet.
“Ons het saam gewerk as susters by die mobiele klinieke in die Drakensteindistrik. Vir die eerste paar weke was Guin my mentor. Sy het my al die beginsels geleer van distrikswerk,” onthou Van Niekerk.
“Haar werksdinamika en etiek is onverbeterlik, sy is ’n meester van haar vak."
Lourens het ook opgetree as toesighouer toe Marilyne Kogels haar meestersgraad in verpleging aangepak het.
Veral met die Engels op akademiese vlak het ek baie gesukkel, en sy het my só baie gehelp om dit op standaard te kry vir ’n meestersvlak,” sê Kogels.
*Rentia Weber is tans ’n BA Honsjoernalistiekstudent aan die Universiteit Stellenbsoch en woon in die Paarl.
Hoofstraat 303 - Paarl, 7646 - 303 Main Street Tel: 069 384 3272 paarlmuseum@telkomsa.net
ADVERT SUMMARY
EPWP intern: 1 x Maintenance
Recruiter: PAARL MUSEUM
Reference: EPWP MAINTENANCE 05/2025
Contract Period: from date of appointment – 31 March 2026
ADVERT DETAILS
ffer:
O
E.PW.P s�pend in line with the E.PW.P framework depending on the qualifica�on
Closing Date: 28 May 2025 at 15h00. Late submissions will not be accepted.
Enquiries: Mrs E. Johannes / Mrs M. Fransman – 069 384 3272
MINIMUM REQUIREMENTS
· Grade 8 and upwards
· Applicants must be between the ages of 18-35 years
KEY PERFORMANCE AREAS
· Provide all-round Maintenance, Cleaning, Gardening, etc. assistance to the Museum
Management
· Assist with general du�es
· Assist with school – and public programs
· Willing to work unusual hours, occasionally
COMPETENCIES / SKILLS
· Good communica�on skills (verbal in two of the three official languages of the Western Cape)
· Good interpersonal rela�onships
· Able to work with Garden tools and operateequipment safely
· All-round maintenance skills and not afraid of heights
· A en�on to detail and Time management
Please submit a completed Z83 applica�on, a CV, cer� ed copies of your highest Grade past cer�ficate and other academic qualifica�ons achieved and ID document: · inasealedenvelopeto PaarlMuseum,303MainStreet,Paarl,7646
NOTE: Paarl Museum reserves the right not to make an appointment Shortlisted candidates will be required to avail themselves at a �me and date set by the Museum for interviews Communica�on will be limitedtoshortlistedcandidates.
Jana Scheepers
Suid-Afrikaners, insluitend Drakenstein-inwoners, sal dalk binnekort vir leerder- en bestuurderslisensies aanlyn kan aansoek doen.
Hierdie besluit is geneem as deel van die nasionale departement van vervoer se poging om tyd vir die publiek te bespaar en om die groot administratiewe werkslading van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) te help verlig
Die nasionale wetgewing moet egter eers deur pres. Cyril Ramaphosa afgeteken word en daarna in die Staatskoerant vir openbare deelname gepubliseer word, volgens Japie Cornelissen, Drakenstein-munisipaliteit (DM) se hoof van verkeersdienste.
"Eers ná die [openbaredeelnameproses] sal dit wetgewing word en sal die Navisstelsel dienooreenkomstig aangepas word.
“Dan sal hierdie wetgewing ook van toepassing op die Drakenstein-munisipaliteit wees," sê Cornelissen.
Volgens hom sal die implementering afhang van wanneer die nasionale departement van vervoer goedkeuring verleen voordat dit in die DM uitgerol kan word.
Indien die wetgewing slaag, sal die oorskakeling na aanlyn aansoekprosedures vir leerder- en bestuurderslisensies een uitstappie minder na die verkeersdepartement beteken – én dat die lang rye wat daarmee gepaard gaan dalk iets van die verlede sou kan wees.
Addisionele veranderinge is deur die departement van vervoer voorgestel
ten einde die wyse waarop bestuurstoetse vir leerlingbestuurders tans plaasvind, aan te pas.
Meer klem sal geplaas word op praktiese bestuursvaardighede, en toetsroetes sal moontlik aangepas word om werklike bestuursomstandighede na te boots
Die teoretiese toets sal ook hersien word om meer vrae in te sluit oor veilige bestuursvaardigheide asook voetgangerveiligheid.
Leerlingbestuurders kan vereis word om dokumentasie, soos ’n geldige identiteitsdokument en bewys van adres, te verskaf wat geverifieer moet word voordat toetsbesprekings bevestig kan word.
Daarbenewens sal ’n nuwe minimum ouderdomsvereiste ingestel word vir aansoekers van leerderlisensies binne sekere voertuigkategorieë, soos bepaal deur internasionale veiligheidstandaarde Byvoorbeeld, leerders wat aansoek doen om swaarvoertuiglisensies, moet minstens 21 jaar oud wees.
Chantélle Hartebeest
Runny noses and irritating coughs are all synonymous with the flu season
PUBLIEKE KENNISGEWING VIR DIE INSPEKSIE VAN DIE EERSTE AANVULLENDE WAARDASIEROL 2024 EN INDIENING VAN BESWARE
Kennis word hiermee gegee ingevolge Ar kel 49(1)(a)(i) saamgelees met Ar kel 78(2) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelas ng 2004 (Wet 6 van 2004) hierna verwys as die “Wet” dat die Eerste Aanvullende Waardasierol 2024 ter insae lê vir publieke inspeksie gedurende kantoorure vanaf 22 Mei 2025 tot 30 Junie 2025 by onderstaande lokale Daarbenewens is die waardasierolookbeskikbaaropdiemunisipaliteitsewebtuistewww drakenstein gov za
Ingevolge Ar kel 49(1)(a)(ii) van die Wet kan enige grondeienaar of ander persoon wat dit wil doen, binne die tydperk vanaf 22 Mei 2025 tot 30 Junie 2025 n beswaar aanteken by die stadsbestuurder met betrekking tot enige aangeleentheid vervat in, of weggelaat uit die waardasierol Die voorgeskrewe vorm vir die indiening van besware is verkrygbaar by onderstaande lokale sowel as op bovermeldewebtuiste
Besware kan slegs ten opsigte van eiendomme wat vervat is in die Eerste Aanvullende Waardasierol ingedien word Die eienaars van hierdie eiendomme sal skri�elik van hul waardasies in kennis gestel word by hul posadres wat tans op die munisipaliteit se databasis verskyn
Aandag word spesifiek geves g op die feit dat in terme van Ar kel 50(2) van die Wet, dat n beswaar in terme van sub-ar kel 50(1)(c) vandieWet,betrekkingmoethêop n spesifiekeindividueleeiendomennieteendiewaardasierolassodanignie Letassebliefdaarop datvirelkeeiendom‘nbeswaarvormingedienmoetword
Die voltooide beswaarvorms kan by die genoemde beswaarlokale ingehandig word of na die volgende adres gepos word: Drakenstein Munisipaliteit,VirAandag:Waardasie-Afdeling,Posbus1,Paarl,7620ofstuur‘ne-posna:valua�on drakenstein gov za
Beswaarlokale:
DrakensteinMunisipaleKantore,1steVloer,Burgersentrum,BergrivierBoulevard,Paarl DrakensteinKliënteDienssentrum Mbekweni DrakensteinMunisipaleKantore Burgersentrum Pentzstraat Wellington DrakensteinMunisipaleKantore Gouda
DrakensteinMunisipaleKantore Saron
Neem kennis, die slui�ngsdatum vir die indiening van besware is 30 Junie 2025 en dat onder geen omstandighede sal laat besware aanvaarwordnie NavraekangerigwordaanMnrIFortuin(0218074534),MnrMYGaidien(0218074792)ofMnrJLawrence (0218074825)
Dirk Breytenbach, voorsitter van die Drakenstein Sakekamer, spreek die gaste by ’n sakekoffie toe Die Drakenstein Sakekamer het op Vrydag 16 Mei nóg ’n suksesvolle sakekoffie-geleentheid by Breezy Hill in die Paarl aangebied Dié kroeg, saam met CTM Paarl, was die hoofborge van die geleentheid
PUBLIC NOTICE CALLING FOR INSPECTION OF THE FIRST SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL 2024 AND LODGING OF OBJECTIONS
prescribedformsforthelodgingofob ec onsareobtainableatthevenuesstatedbelowaswellasonabovemen onedwebsite
Ob ec ons may only be lodged in respect of proper es listed in the First Supplementary Valua on Roll The owners of these proper eswillbeno fiedoftheirvalua onsinwri ngatthepostaladdresscurrentlyheldonthemunicipality’sdatabase
A en on is specifically drawn to the fact that in terms of Sec on 50(2) of the Act an ob ec on in terms of subsec on 50(1)(c) of the Act, must be in rela on to a specific individual property and not against the valua on roll as such Please note that an ob ec on form mustbecompletedperproperty
The completed ob ec on forms can be handed in at the ob ec on venues listed below or posted to: Drakenstein Municipality For A en on:Valua onSec on,POBox1,Paarl,7620ore-mailedto:valua�on drakenstein gov za
Objec�onVenues: DrakensteinMunicipalOffices 1stFloorCivicCentre BergRiverBoulevard Paarl DrakensteinCustomerCareCentre,Mbekweni DrakensteinMunicipalOffices CivicCentre PentzStreet Wellington DrakensteinMunicipalOffices,Gouda DrakensteinMunicipalOffices Saron
Pleasetakenotethat theclosingdateforthelodgingofobjec�onsis30June2025andundernocircumstanceswilllateobjec�ons beaccepted Forenquiries,pleasecontactMrIFortuin(0218074534),MrMYGaidien(0218074792)orMrJLawrence (0218074825)
Om te skryf en te dig is vir haar so natuurlik soos asemhaal, sê Caren Kearley, ’n oud-Larrie, wie se eerste digbundel, Dawerende Stiltes, onlangs by Turksvy-uitgewers verskyn het
Sy het reeds in 2016 aan van die eerste gedigte hierin begin werk
“Ek het in 2016 begin skryf met ’n doelgerigte droom om te publiseer My gedigte vang die skoonheid en broosheid van alledaagse oomblikke vas – van verlange en nostalgie tot introspeksie en die menslike ervaring My styl word gekenmerk deur ryk beeldspraak en fyn detail, wat emosioneel aanklank vind by lesers
“Die digter Daniel Hugo het die bundel geredigeer Hy het vir my een van die grootste komplimente van my lewe gegee deur te sê een van my gedigte daarin, ‘Belewenis’, is die beste liefdesgedig wat hy oor die afgelope vyf jaar in Afrikaans gelees het!”
Dit is ook verlede jaar in Avbob se jaarlikse gedigtekompetisie opgeneem Hoewel Kearley haar gedigte as baie persoonlik beskou, reken sy hulle is tog ook universeel te midde van haar skrywes oor kinderherinneringe, oorweldigende emosies, die misverstande van die lewe en die natuur
“Ek hoop om met my woorde spore te los wat ander kan koester – veral deur my dogters Lucca en Caitlyn, aan wie ek my bundel opgedra het,” vertel sy Sy sê as kind het sy nie noodwendig besef dat skryftalent nie almal beskore is nie, want woorde het haar van jongs af reeds geroep
“Dit was nooit iets wat ek gekies het om te doen nie; dit was eenvoudig iets wat in my moes gebeur Wanneer my sussies ontsteld was, het ek altyd vir hulle gesê om net te ontspan en ’n gedig daaroor te skryf!” onthou Kearley
PRYSEGEWEN
Haar eerste gedig is gepubliseer toe sy 15 jaar oud was – in die jaarboek van die Hoërskool Namakwaland Daarna het van haar skryfwerk ook in jaarboeke van die Hoër Meisieskool La Rochelle, waar sy gematrikuleer het, verskyn Sy gaan juis vanaand ( 22 Mei) ’n gasspreker by die h b s A i B v d
Kearley erken egter dat sy nie altyd aan haar eie vermoë geglo het nie: “Ek het lank gedink dat ek nie ’n ‘regte’ digter is nie omdat ek nie letterkunde of kreatiewe skryfwerk studeer het nie Die letterkundeprofessor wyle Ampie Coetzee van Wellington het my egter anders laat dink Hy het my eendag onder die bome van die Breytenbachsentrum herinner dat digters só gebore word en dat dit nie iets is wat ’n mens maklik kan leer doen as jy nie begaafd is nie Jy kan egter altyd jou talent slyp ”
Wat is haar raad aan mense wat ook wil skryf en dig? “Lees, lees en lees Skryf begin by ’n liefde vir woorde Ek versamel verskillende Afrikaanse woordeboeke en geniet dit om deur hulle te blaai – dis soos om deur ’n skatkis vol moontlikhede te stap Hoe meer jy lees, hoe ryker raak jou taalgevoel en skryfstyl,” vertel sy Dié oud-Wellingtonner is deesdae ’n eiendomsagent in die nabygeleë Riebeekvallei Dié skuif het gevolg ná ’n baie moeilike egskeiding wat haar lewe “onverwags uitmekaargeruk het”.
WYSHEDEGESKENK
“Net toe ek my voete vind, het ’n botsing reg van voor in Junie 2021 my wêreld weer laat skud Die fisieke en emosionele gevolge was groot, maar in die donkerste tye het ek geleer hoe kosbaar tyd is My liggaam het dalk nooit volkome herstel nie, maar ek het besluit om net op oop deure om my te fokus ”
Sy reël reeds geruime tyd die gewilde Poetry Jam-byeenkomste in RiebeekKasteel Daarvoor kom plaaslike digters, aspirantskrywers en ander belangstellendes op die laaste Sondag van elke maand by ’n plaaslike venue byeen Die staande “open mic”-sessie het al vir talle streekdigters die waagmoed gegee om hul werk te deel Gasdigters soos Daniel Hugo, Danie Marais, Bernard Odendaal, Sjaka S Septembir en Rocco de Villiers het al voorheen opgetree, terwyl die sanger Richard van der Westhuizen en die groep OrWellington ook reeds hul lirieke gedeel het
“Aanvanklik was ons net ’n klein groepie dorpsdigters, maar in November 2021 het ons die Poetry in Communities-prys van die Nasionale Poetry Africa-fees gewen,” vertel sy In ’n nuutjie gaan digters wat oor die
Chantélle Hartebeest
Sover Philip Venter kan onthou, het hy nogal altyd ’n kop vir die sakewêreld gehad – selfs toe hy nog op laerskool was. Vandag is dié 17-jarige ’n entrepreneur in eie reg nadat hy sy onderneming, TuftLuck, op die been gebring het.
Philip, wat ook tans ’n matrikulant aan die Hoër Jongenskool Paarl is, maak en verkoop handgemaakte matte op versoek van wat klante wil hê
Die proses om die matte te maak wat Philip verkoop, word tufting genoem. Hy verduidelik dit werk deurdat wol met ’n tufting gun deur ’n basismateriaal geryg en dan geknip word om ’n gekamde, donserige effek te skep. Die tiener het selfs ’n ingerigte ateljee by die huis waar hy alles rakende sy onderneming doen en waar hy ook ’n bietjie agteroor kan sit en kuier.
“Ek het al van jongs af besighede gehad. Toe ek in graad vyf was, het ek ’n popcorn-masjien gehad en by kermisse en skoolbyeenkomste springmielies verkoop. Met daardie geld het ek ’n 3D-drukker gekoop en vir mense selfooncovers, boemerangs, oorbelle en ander pasgemaakte items gemaak. Later het ek ’n hommeltuig gebou wat ek gebruik het om video’s vir mense te maak. Die tufting het ek op sosiale media gesien en gedink ek wil só ’n mat hê. Ek het toe besef daar is ’n geleentheid om ’n cool besigheid te begin.
“Die idee was altyd om dit as ’n sakeonderneming te doen. Die toerusting is taamlik duur om dit net vir die pret te doen Ek hou nog altyd daarvan om kreatief te wees en om met my hande te werk, dus was dit baie sinvol as ’n sakeonderneming.”
Hoe hanteer hy sy skoolwerk en die verantwoordelikheid om ’n onderneming aan die gang te hou? Vir dié tiener is dit eenvoudig: “Ek hou niks daarvan om tyd te mors nie. As ek in die klas is, fokus ek en bly ek op datum sodat ek nie huiswerk het nie. Ek kies waaraan ek my vrye tyd bestee en gewoonlik is dit aan my besigheid of basketbal.”
Die motivering en dryfkrag agter Philip is die feit dat hy glo ’n mens moet nie jou tyd of talente mors nie – soveel so dat hy vir die entrepreneurskompetisie Maak my ’n miljoenêr, wat op KykNet uitgesaai word, ingeskryf het.
“Albert van Wyk, die stigter van die kompetisie, het by ons skool kom praat en dit het vir my na ’n puik geleentheid gelyk – nie net om die prysgeld te wen nie, maar ook om te leer hoe om ’n
sakeonderneming van die grond af op te bou en blootstelling daarvoor te kry. Om onderhoude op kamera te doen en op die sogenaamde brandbank ondervra te word, was goeie ervaring Ek het reeds baie geleer oor hoe om jou onderneming te verduidelik en te bemark.”
Buiten sy vurige passie vir entrepreneurskap is Philip steeds ’n normale tiener wat daarvan hou om basketbal te speel, van hoë kranse af te spring en om sy eie hommeltuie te bou en video’s te maak. Ten spyte hiervan lê sy hart in ingenieurswese.
“Ek het vir megatroniese ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch aansoek gedoen. Ek weet al vandat ek drie jaar oud is dat ek ingenieurswese wil swot.”
Intussen word die finale episodes van Maak my ’n miljoenêr in die Junie-skoolvakansie verfilm en dit sal dan daarna – in Augustus – uitgesaai word. Philip deel verder ’n paar wenke vir diegene wat graag ’n onderneming wil begin, maar nie weet hoe om te begin nie.
“Gee aandag aan jou brand (handelsmerk) en hoe jy daarbuite gesien wil word,” verduidelik hy “Mense sal ook help om jou storie te vertel as jy vir hulle lekker skietgoed gee. Ek doen byvoorbeeld ’n reeks video’s oor al die fasette van die onderneming en post gereeld op Instagram by @tuft_luck_ studio. Mense kan by tuftluck.co.za kyk om meer uit te vind of te bestel.”
NOTIFICATION OF PUBLIC PARTICIPATION PROCESS GNEC REFERENCE NO: 50878
WATER USE LICENCE APPLICATION FOR THE FIRWOODS DEVELOPMENT ON ERF 8892, PAARL, WESTERN CAPE
Project Proposal: Guillaume Nel Environmental Consultants (GNEC), as independent environmental consultants and impact assessors, have been appointed by Bello Campo (Pty) Ltd.to facilitate the Water Use Licence Applica on process on their behalf Applica on is made for a bulk sewer connec on to the municipal system located below the 1:100-year flood line of the Berg River The applica on is made in terms of Sec on 21 (c) & (i) of theNa onalWaterAct(Act36of1998).
Loca�on: Erf 8892, Firwoods, Paarl, is located in Southern Paarl, South of the N1 and gains access from New Eskdale Street in the North. The farm is bordered to the East by the Berg River that flows in a South to North direc on,wherea�erBoschenmeerGolfEstateisfoundEastoftheriver Opportunity to par�cipate: Individuals interested and/or affected by the proposed applica on are invited to register with Guillaume Nel Environmental Consultants as an Interested and Affected Party (I&AP). I&APs should please refer to the GNEC reference number 50878 in all correspondence and must please provide their details including: Name, contact details, preferred method of correspondence and an indica on of any direct business, financial, personal, or other interest which they have in the applica on to the contact person indicated below within 60 days from the date of this no ce (22 May 2025 – 22 July 2025) The applica on is made electronically on the Department of Water Affairs and Sanita on s e-WULAA system. Electronic copies of the specialist studies can bemadeavailableelectronicallytoanyI&APsonrequest.
Should any addi onal informa on be required, please do not hesitate to contact: Mr Renus Pieterse, Guillaume Nel Environmental Consultants, PO Box 2632, Paarl, 7620, (Tel): 021-870 1874 (Fax) 021-870 1873 e-mail: renus@gndc.co.za PPHS25-PL220525
Boland Landbouskool in Agter-Paarl kan uiters trots wees met sy vertoning op die rugbyveld verlede Saterdag teen Paul Roos Gimnasium, ondanks die feit dat die Stellenbossers met 4036 gewen het nadat Boland met rustyd met 24-7 voorgeloop het.
Boland Landbou het ’n begeesterde begin tot die kragmeting gehad met sy skakelpaar Jayden Brits en Pieter Bergh wat in die besonder uitgeblink het. Brits het die wedstryd met 16 punte afgesluit, wat ook ’n drie ingesluit het, terwyl Bergh twee afstorm-drieë gedruk het. Die Maroen Masjien was ná die eerste helfte kniediep in die moeilikheid Wat ook al Corné Uys, die hoofafrigter, in sy rustydpraatjie gesê het, het duidelik posgevat, want in die tweede helfte was
Paul Roos meedoënloos.
Ofskoon Boland Landbou ’n verdere twee drieë tot sy rustydvoorsprong kon voeg, het die span van die Eikestad met vyf drieë, insluitend ’n strafdrie, laaste gelag Nadat Liam de Silva (skrumskakel) Paul Roos se enigste drie van die eerste helfte kon druk, het Zak Hickman (loskopstut), Laike Kent (stoelkantflank), Keenan Stoffels (heelagter) en Altus Rabe (haker) almal vir Paul Roos agter die doellyn gaan kuier.
In ’n ander opwindende kragmeting moes die Hoër Jongenskool (Paarl Boys’ High) bloed sweet om Wynberg Boys’ High met 32-26 te klop.
Die Paarliete was grotendeels in beheer van sake en het rustyd met 17-6 voorgeloop, wat vroeg in die tweede helfte 20-6 geword het.
New Orleans het die wedsryd met ’n oortuigende 60-0 gewen.
Jaeger Coetzee van die Hoër Landbouskool Boland is in die SA span opgeneem vir die o 18- en o 20-Afrika-kampioenskap wat in Nigerië sal plaasvind Die kampioenskap vind plaas van 16 to 20 Julie en ’n verwagte meer as 500 atlete van 53 Afrika-lande sal deelneem
Die Laerskole William Lloyd en WA Joubert het die afgelope naweek in verskeie wintersporte teen mekaar gespeel WA Joubert se o 13-meisieshokkiespan het William Lloyd met 3-0 verslaan. FOTO’S: Ernest Kilowan
vs e t Deadline for bookings: 27 June Orleans vs burg t GIM vs BHS/GHS 2 August
Ná ’n uitverkoopte en skitterende debuut in Die Centurion-teater toer die produksie van Ingrid: ’n Vlam in die sneeu na die Kaap met ’n beperkte aantal vertonings van 29 Mei tot 1 Junie Teaters in Durbanville, Strand en Stellenbosch sal gasheer wees vir hierdie roerende produksie wat geïnspireer is deur die liefdesbriewe van Ingrid Jonker en André P Brink
Die teaterstuk, aangebied deur Scenario Produksies en Die Centurion-teater, herdenk nie net Jonker se lewe nie, maar bring haar wêreld – haar digkuns, haar passie en haar soeke na vryheid en menswees – na die verhoog met intesiteit en natuurlik poësie Die produksie is gegrond op die boek Vlam in die sneeu: Die liefdesbriewe tussen Jonker en Brink, en skep hul intieme korrespondensie in ’n teater- en musiekervaring om Die bekroonde aktrise Lizelle Pike vertolk die rol van Ingrid Jonker met hartroerende oorgawe en bring die kompleksiteit van die digter met passie tot lewe ’n Meesleurende en liriese vertelling, wat liefde, verlange en die menslike gees vier, word onder die regie van Nadia Beukes, Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse geskep “My hoop vir hierdie produksie is dat dit sal word wat dit moet wees om twee mense se storie te vereer en sodoende elke kyker te inspireer,” sê Beukes, wat haar regisseursbuiging hiermee maak
Die teks en nuwemusiekverwerking is geskep deur die bekroonde digter en skrywer Jak J Brits “Om die storie van ’n legende te vertel, haar woorde
Lizelle Pike lewer‘n puik vertoning in Ingrid:‘n Vlam in die Sneeuwat nou in die Kaap vertoon word in hierdie roerende produksie wat geïnspireer is deur die liefdesbriewe van Ingrid Jonker en André P.Brink.
en poësie te verwerk en te toonset, is ’n groot voorreg,” sê Brits Sy werk bring nuwe lewe aan Jonker se digkuns – veral uit haar bundel Rook en Oker – met oorspronklike komposisies wat die emosionele landskap verryk
Chanie Jonker, musiekregisseur en pianis, lei die musikale reis wat Ingrid se wêreld oopvou
Ingrid: ’n Vlam in die sneeu is ’n huldeblyk aan Jonker se stem, ’n uitnodiging om haar gees te beleef en ’n herinnering aan die krag van woorde en musiek.
• Kaapstad-toerdatums: 29 Mei: Die Boerteater en restaurant, Durbanville (besoek www dieboer com vir kaartjies); 31 Mei: The Drama Factory, Strand (besoek www dramafactory co za vir kaartjies); 1 Junie: Drostdy Teater, Stellenbosch (besoek www drostdyteater co za vir kaartjies)
Die tweede omvattende en onafhanklike illustrasiekursus vir vanjaar – gemotiveer deur die feit dat ruimte bestaan vir heelwat meer illustreerders in veral Suid-Afrika, wat die boek, storie en boekmaakproses ken – word by die Breytenbach-galery aangebied Die kursus begin eers op Saterdag 21 Junie, en duur 18 maande Dit bied kunstenaars die unieke geleentheid om aan die hand van gespesialiseerde hulp hul illustrasiedrome te bewaarheid
DIE AANBIEDERS:
• Dr Mia Oosthuizen het meer as 15 jaar ervaring in kinder- en jeugliteratuur en het ’n deeglike akademiese en professionele begrip van die ingrypende rol wat illustrasies speel
• Prof. Elizabeth Gunter is een van ons land se topkunstenaars wat plaaslik en internasionaal erkenning geniet Sy was langer as 20 jaar verbonde aan die kunsdepartement van die Universiteit Stellenbosch waar sy leraar, mentor en studieleier vir talle kunstenaars was Die Breytenbach Gallery in Wellington het wonderlike geriewe Die gallery
is onder die leiding van Anne-Ghrett Erasmus Coetzee ’n bymekaarkomplek vir kunstenaars, met die fokus op die bevordering en ontwikkeling van plaaslike talent
Elke kontaksessie fokus op kinderen jeugliteratuur, kreatiwiteitsoefeninge en tegniese opleiding en oefeninge Elke maand kry die kunstenaars ’n opdrag om te voltooi, waarop hul terugvoer van dr Oosthuizen en prof Gunter sal kry Elke opdrag dra by tot ’n finale produk wat byvoorbeeld ’n (woordelose) prenteboek of ’n portefeulje kan wees
Indien jy nie vir jonger kinders wil illustreer nie, is dit nie ’n probleem nie Die illustrasies waarna gekyk word, sluit onder meer ook jeugliteratuur en grafiese romans in.
DIE KOSTE IS R2 500 PER MAAND
Plek is beperk – moet dus nie wag nie Stuur drie voorbeelde van jou kuns voor of op 16 Junie na miaoosthuizen@ gmail com) en gunter elizabeth01@ gmail com Die galery kom dan so gou as moontlik na jou toe terug
Die langverwagte program vir die Stellenbosch- internasionale kamermusiekfees (SICMF) vir 2025 is nou beskikbaar Dié gesogte jaarlikse klassieke musiekbyeenkoms vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar met ’n indrukwekkende reeks konserte en meesterklasse
Die formele aandkonserte word van 4tot13 Julie om 20:00 in die Endlersaal opgevoer
Om die 20ste weergawe van die SICMF te vier, is ’n spesiale alumni-orkes saamgestel vir ’n eenmalige konsert op Donderdag 3Julie
Nina Schumann, die feeskunstenaarsbestuurder, het ’n besonderse program saamgestel wat sowel nuwe as bekende werke insluit Die openingsaand op 4 Julie bied Max Richter se herinterpretasie van Vivaldi se “Vier Seisoene” met die virtuoos
Daniel Rowland op viool, gevolg deur Ravel se “Bolero” Die program sluit ook geliefde klassieke werke van Beethoven, Strauss, Shostakovich, Brahms en Saint-Saëns in, maar gee terselfdertyd ’n platform aan hedendaagse komponiste
Kevin Harris, ’n internasionaal bekroonde jazz-pianis uit New York, is vanjaar se gaskomponis
Harris se nuwe werk “Resonance” –’n kontemporêre simfoniese refleksie geïnspireer deur Steve Biko se swartbewussynsgeskrifte – kry sy wêreldpremière op Dinsdag 8 Julie Terwyl die SICMF-fakulteit elke aand meesterstukke uitvoer, is hulle ook bedrywig met repetisies, afrigting en openbare
meesterklasse vir die meer as 300 studentedeelnemers
Bykomende studentekonserte kan daagliks om 13:00 en 17:00 bygewoon word Gereelde feeskunstenaars sluit in Nicholas Dautricourt, Andrej Baranov, Suzanne Martens en Farida Bacharova (viool), Xandi van Dijk (altviool), Maja Bogdanovic en David Cohen (tjello), Ekaterina Kornishina (fluit), en Emanuil Ivanov (klavier)
Die fees sluit af met vier orkeskonserte – drie in die Endlersaal en een in die gemeenskapsaal in Kayamandi
Die Feessimfonieorkes, onder leiding van die Nederlandse dirigent Antony Hermus, sal werke van Brahms, Nino Rota en Ravel uitvoer, terwyl die Feeskonsertorkes onder Grammy-wenner Michael Repper werke van Bizet, Beethoven en Saint-Saëns sal aanbied
Kaartjies is beskikbaar by Webtickets Besoek www sicmf co za vir die volledige program en meer inligting
22MEI
AgoraPaarlCommunicatorsis’nopleidingsklubinkommunikasieenleierskapenledevan diepubliekkanaansluitenopleiding ontvanginbeideAfrikaansenEngelsinopenbare optrede leierskapenorganisasiedeurdeelnameen evaluasiebinne’nvriendelikeenondersteunende groep,watmaandeliksopelkederdeDonderdagaand geselligverkeer Volgendevergaderingisop22Mei Belangstellendeskandievolgendemensedeur WhatsAppkontak:CarolRetiefby0825603270of PaulGermishuizenby0825689225
31MEI
DiebekendestorievertellerengrapjasWicusvan derMerwetreebydieATKVBôrdienghuis-teaterin Wellingtonop SóbeskryfWicussykomendekonsert: “MyeersteoptredebydieATKVBôrdienghuis![Dis] ’n optredemetlekkermusiekenlekkerlagenekgaan myeerstenuwesongsinsewejaarvirjullesaambring –nuwestoriesennuwesongsbeloof’naandvan vergetesorgeenlekkerontspan Komkuiersaamen genietjouselfgateuit”Diedeureopenreedsom17:00 virpizza-enwynverkopeendiekonsertbeginom 19:00 KaartjieskosR180perpersoonenkanbespreek wordbyJeannineby0611565386
HendrikaHendriks-Cloetestelhaarnuutsteboek om14:00byCaféFrenchiebyRembrandtMall
bekend Diéboekhandeloordepressieenselfskade ToegangsfooiisR250perpersoon,wat’nboekinsluit, ofR400perpaartjie(boekookingesluit) Skakel083 5823089omjouplektebevestig
7JUNIE
DieWellingtonMoederkerkhouweersyheerlike basaarvan08:30afenwaardiegemeenteenvriende kansaamkuierengemeente-weeservaar Allerlei heerlikhedesalopgedisword,soospannekoek,tuisgebak,braaivleisendiesmeer
SluitbyDieBreytenbach-sentruminWellingtonaan vir’npraktiesepoësie-werksessieonderleidingvandie digterBibiSlippers Ideaalvirentoesiastieseskrywers wattegniekewilleeromhulgedigteteverbeter Die sessiesaljoukritiesevermoënsverskerp,taalsensitiwiteitontwikkelennuwereserwesvankreatiwiteit ontsluit Bibibringoefeninge,wenkeenriglynewat vanjou’nbeterleserénskrywervanpoësiegaan maak Diewerksessievindplaasop7Junievan10:00 tot15:00 Virnavraeofomtebespreek,stuure-pos aanjessica@breytenbachsentrum co za 6-7SEPTEMBER
StandbookingsfortheWinelandsBridalFair arenowopen!Thisyear’seventwilltakeplaceon6 and7SeptemberatthebeautifulKleinJoostenberg betweenStellenboschandKlapmuts Ifyouare interestedinexhibitingorwouldlikemoreinformation
�ons111and112oftheLocalGovernment:MunicipalFinanceManagementAct,2003(Act56of2003), each municipality must have and implement a supply chain management policy which gives effect to the provisions of the Act. The policy must be fair equitable, transparent, compe��ve and cost-effec�ve and must comply with the Municipal Supply Chain Management Regula�ons as published under General No�ce 868 in Government Gaze e No. 27636of30May2005. In terms of
14.1(a) of the Supply Chain Management Policy, the municipality
providers of goods and services that must be used for the procurement requirements All interested and prospec�ve providers of goods and/or services, who have not been listed during the past six months, are hereby invited to apply or re-apply for evalua�on and lis�ng as accredited prospec
Badisa Paarl is 'n Kinderbeskermings organisasie wat fokus op kinderbeskermingsd ienste (beste belang van die kind). Die volgende persone is onopspoorbaar en dringend opsoek ten einde hof verrigtinge te kan finaliseer: - Riaan Hunt - Stephanie Jones en Valinitino Arries - Brumilda Skippers Kontak asb die maatskaplike werkers Mej M van Rooy of Mej. P. Lategan op 0218701697
Kindly
PAARL - TWEE
VERTREK-WOONSTEL met badkamer vir enkelpersoon R5 400 pm. + deposito. Water ingesluit. Beskikbaar begin Junie 2025. Skakel 084 281 8885.
MIKE is looking for any general or gardening work I can start immediately and am willing to learn Call 068 810 4115.
Patricia is looking for domestic work Available 5 days a week. Fluent in Xhosa, English and Afrikaans Previous experience and references available. Please contact me on 073 288 8682
RUTH is looking for domestic work for 4 days. Sunday, Monday, Wednesday & Friday. I have 5 years experience and I have a reference. Call me on 069 183 8964
STEVEN is a Malawian man, seeking a job as gardener or painter. I have experience but I am also willing to learn Call 083 492 4889.
andplaceforyou.
22 Mei 2025
Stephany, oorhanword ook vir die die nr.23-trui die afskop af die kombinasiespel ntering van die bal. skerp en dit het rdat hy die doellyn eerste drie het helfte gekom toe sy Arendse,’n fout n uitgebuit het. s onstuitbaar
met die rolmaalbeweging, wat tot El Shaun Davids (kaptein) se driekuns gelei het. Oswil Mentoor is ná ’n gevaarlike duikslag op ’n Villagers-speler met ’n rooikaart gestraf. Hy is vir drie weke geskors en sal op die pawiljoen moet sity en kyk.
Teen rustyd was dit reeds 33-3 nadat Roses United ’n goed beplande stelspel benut het.
In die tweede helfte het Roses die druk volgehou en nog twee verdoelde drieë aangeteken, wat enige hoop op ’n terugkeer vir Villagers Newton uitgewis het. Villagers Newton het gesukkel om sy ritme te vind en kon eers laat in die tweede helfte Roses se doellyn oorsteek. Roses se verdediging het vas gestaan en
sy doellyn doeltreffend beskerm. Met hierdie oorwinning versterk Roses United sy posisie boaan die puntelys met 50 punte en stuur ’n duidelike boodskap aan die res van die liga. Brendon April, Roses se hoofafrigter, sal egter bekommerd wees oor die aantal spelers wat die veld met beserings verlaat het.
Roses pak Saterdag (24 Mei) die Newton RVK in sy laaste ligaverpligting van die eerste ronde op die Boland Stadion •Puntemakers – Roses United: Drieë: Easton Arendse, Jo-Nathan August, El Shaun Davids (3), Adri Kermis, Kieran Valentyn Doelskoppe: Xavier Lee Solomons Villagers Newton – Drie: Kharlton Muller Strafdoel: Johnwin Lewis.
The Cape Winelands (CW) Ladies A Team have won the 2025 SA National 8Ball Pool Championships held recently in Potchefstroom. Sixteen teams participated in the A Division, and after playing all 15 teams the CW team ended in third place and in the semi-finals. They played against the defending champions, Western Province, and the finals against Central Gauteng. Both WP and CG won CW in the round-robin games The team comprised Fiona Adams (Capt), Deonette Jonkers, Ulrica Vyver, Shasha-Lee Amsterdam, Nicolle Booysen. Other individual achievements: Booysen – Top performer, with only 12 losses for the week out of 70 games played; Deonette Jonkers played in the quarter-finals, but lost; Amsterdam lost in the finals of the Ladies’ Singles event. Booysen and Amsterdam lost in a semi-final of the Doubles comp Jonkers, Amsterdam and Booysen have all made the team to represent SA in the World Championships of 2026
Runners of all levels are invited to join the Change of Season Trail Run, presented by Sportsmans Warehouse, on Sunday 25 May at the scenic Dornier Estate in Stellenbosch. Say goodbye to autumn as the winter sets in, while lovely sunny weather is predicted for this weekend.
With vineyards turning gold and trails bursting with green-
ery, the event offers a 5,5 km and 10,5 km route through forest, a riverside single track and the picturesque Moordenaarskloof area. Participants can look forward to breathtaking views, finishers’ medals and refreshment stations along the way Registration opens at 08:00, with start times at 08:45 (10 km) and 09:00 (5,5 km). Entry fees range from R65 for kids to R185
for adults online (closing on Friday 23 May), with late entries available on the day, but at a higher fee.
Post-run festivities include Dornier wines, gourmet-cheese platters, lucky-draw prizes and sports-recovery massages Early birds can snap-up one of 250 limited edition medals.
Visit dirtopia.co.za and enter at Dirtpass.co.za.