Hermanus Times - E-Edition - 30 April 2025

Page 1


Seun se dood skok

Bianca du Plessis

Skok, ongeloof, trane en onbeskryflike hartseer het geheers ná die nuus van Danté Abrahams, ’n belowende jong BMX-kampioen, se skielike en tragiese dood nadat hy oor die Paasnaweek in ’n motorongeluk betrokke was.

Uit huldeblyke wat ingestroom het, is dit duidelik dat die 15-jarige nie net sy stempel op die BMX-baan sowel as die rugbyveld en atletiekbaan afgedruk het nie, maar ook op die lewe van talle mense met wie hy in aanraking gekom het. Sy pa, Christie Abrahams, vertel die familie is oorweldig deur boodskappe van medelye en ondersteuning

“Ons het nooit besef hoe baie vriende hy gehad het en hoeveel mense se lewe hy aangeraak het

nie. Die diens Dinsdag (22 April) by die Hoërskool Hermanus was so emosioneel, byna almal het gehuil en iets moois oor Danté te sê gehad Ons het nie besef watter diep spore hy in sy kort lewe getrap het nie. Hy het in sy 15 jaar soveel meer bereik as sommige volwassenes,” het Christie bygevoeg.

In die drie en ’n half jaar wat Danté, ’n graad9-leerder aan die Hoërskool Hermanus en oudleerder van Mount Pleasant Primêr, by die Overberg-BMXklub betrokke was, het hy vinnig sy staal getoon en opgang gemaak.

In 2024 het hy sy teenstanders in die stof laat byt om as die Wes-Kaapse BMX-kampioen in die 14-15-ouderdomskategorie aangewys te word. Een van sy topprestasies was egter toe hy sy SA 5-“nommerplaat” by die SA Bekerkampioenskap gewen

het. Dit beteken hy het vyfde in sy kategorie op nasionale vlak geëindig In dieselfde jaar was hy ook nommer een op provinsiale vlak in die 13-14-ouderdomskategorie.

“Voor ’n race het hy homself altyd afgesny van almal en alles om te fokus en homself voor te berei,” het Christie vertel. “Voor ’n wedren of rugbywedstryd, of selfs net wanneer hy kosgemaak het, het hy altyd na sy gunstelingliedjie, ‘Don’t stop believing’, van Journey geluister.”

Sy ma, Danielle, sê hoewel haar seun baie nederig was, was hy vol selfvertroue as dit by sy sport gekom het. “Hy het altyd gesê: ‘Niemand kan my klop nie, net ek kan myself klop’,” het sy vertel.

Danté het egter die afgelope paar maande nie aan enige groot kompetisies deelgeneem nie nadat hy tydens oefening geval en harsingskudding opgedoen het. “Die wind het daai dag sterk gewaai en dit het hom om ’n draai gegooi,” het Christie vertel.

“Hy het Donderdag (die dag voor die ongeluk) vir oulaas met sy vriende op die baan gaan ry. Amper asof hy gaan groet het...”

Oproep verander alles

Die Abrahams-egpaar se lewe is Vrydag 18 April kort ná 18:00 onherroeplik verander toe hulle ’n oproep gekry het om te sê hul jongste seun is in die hospitaal opgeneem nadat hy in ’n ongeluk betrokke was. Hy is omstreeks 02:00 die volgende oggend per helikopter na

Tygerberg-hospitaal oorgeplaas waar hy ’n noodoperasie moes ondergaan.

“Ons het deurgejaag om by hom te wees. Toe ons daar kom, het hulle net gewag vir ons om te teken vir die noodoperasie,” het Christie gesê Daarna het drie ure van “wag, hoop en bid” gevolg voordat hulle omstreeks 06:00 ingelig is dat die operasie suksesvol was en Danté in die waaksaal opgeneem is

“Ons het soveel hoop gehad, want sy vitals was goed en as ons met hom gepraat het, was sy hartklop vinniger Als het so positief gelyk en hy het Sondag selfs op sy eie asemgehaal,” aldus Christie.

Dinge het egter heel anders uitgedraai toe die Abrahams-gesin inderhaas na die hospitaal ontbied is nadat Danté ’n terugslag beleef het.

Enige ouer se ergste vrees het vir Christie en Danielle waar geword toe hulle ingelig is dat hul sonskynkind met die pragtige glimlag aan sy beserings beswyk het.

“Dit moes seker gebeur het terwyl ons by die hospitaal parkeer het, want toe ons daar

kom, het hulle gesê hy het dit nie gemaak nie,” het Christie bewoë vertel. Danté se dood, vertel hy, is vir die hegte gesin baie moeilik.

Danielle vertel sy gaan haar seun se pragtige glimlag die meeste mis, sy suster Phoebe onthou hoe lief hy vir koek was en Christie onthou laggend hoe Danté as ’n baba hom “Mammie” genoem het.

“Ons was baie close, hy was my visvang-buddy en ek was altyd saam met hom as hy fietsgery het terwyl sy ma meestal saam met hom gegaan het vir atletiek en rugby

“Die verlange is groot en dis baie hartseer, maar ek troos my daaraan dat hy sy doel op aarde vervul het.”

Die Overberg-BMX-klub het in ’n roerende huldeblyk hul medelye met die Abrahams-familie betuig.

“Ons innige simpatie aan Danté se familie en vriende. Hy was ’n vriendelike jongman wat dit geniet het om saam met die span te ry. Vaarwel Danté, ons gaan jou mis,” het Rickus Müller, ondervoorsitter van die Overberg BMX-klub, gesê

Spreader of Christmas cheer returns to source of his joy

The festive season won’t be the same in Sandbaai without André van Eyssen who decorated his home in Piet Retief Street with thousands of twinkling Christmas lights and decorations every year for nearly 20 years.

He died on Monday 21 April after recovering from a heart attack and complications following an operation.

Van Eyssen became well-known in the community for spreading the Christmas cheer every year since moving to Sandbaai with his wife, Joy, more than 20 years ago. The couple, who collected beautiful Christmas decorations from all over the world during their overseas travels, and were also gifted many more, would deck their garden and home out

with hundreds of metres of twinkling lights, Joy’s extensive collection of beautiful Santa figurines, Van Eyssen’s colourful large wooden coach and gaily-decorated mini-tanker and countless Christmas-themed plush toys.

Over the years they welcomed thousands of visitors to their home to share in the joy of the festive spirit. After Joy died in 2019, Van Eyssen, however, started scaling down and no longer opened his home to visitors.

The jovial former accountant and professional soccer player would, however, still dress up in his Santa outfit and sit outside in his festively decorated garden or the garage to warmly welcome anyone who stopped by to admire the festive displays.

Van Eyssen, who was part of the Sand-

baai Neighbourhood Watch, also used this as an opportunity to raise funds for the neighbourhood watch by setting out a small donation box.

He also loved to keep busy with woodwork, crafting various items such as small wood and mesh boxes used to dry biltong. He also enjoyed a good “kuier” with friends at his home and led a busy social life.

His daughter Lee Herskedal said Van Eyssen’s health took a turn for the worse recently. “Dad was in hospital for about eight weeks. He suffered a heart attack and there were complications after the stent operation, but he fought so bravely because he wanted to come home to the house where he shared so many memories with my mom, and where I’m sure he could still feel her presence

“He desperately longed for my mom and did everything he could to keep her memory alive, such as visiting their favourite places and going on a cruise to Mauritius on his own last year, because it was something they did together.”

She invited anyone who would love to continue her father’s tradition of decorating their house to spread some Christmas cheer, to contact his family

“Unfortunately the house will have to be sold, but we would be more than happy to donate his decorations.”

He is survived by her, her sons Darren and Juan, their spouses and seven grandchildren.

A memorial service will be held on Friday 2 May at 11:00 at Christ Church, Hermanus in Jose Burman Drive in Eastcliff.

Danté Abrahams (15), ’n belowende BMX-kampioen, se lewe is tragies kortgeknip.
Danté Abrahams (15)
‘n Spesiale gedenkhoekie met talle foto’s van die jong seun wat in fietsry, verspring, atletiek en rugby uitgeblink het

Skeepswrakmuseum vier mylpaal

Fifty years of stories, rich and true, A journey through time, we share with you. History whispers. Artifacts gleam, each piece a chapter, a timeless dream Step inside, explore, and see, the legacy of our museum’s history With hearst united, we celebrate, a golden past, a future great!

Dié treffende gedig geskryf deur Sophia Jantjies, museum-assistent by die Skeepswrak-museum in Bredasdorp, het gaste wat die onlangse viering van die 50ste bestaansjaar van die Skeepswrak-museum bygewoon het, by die ingang verwelkom.

Donderdag 3 April het die feesvieringe amptelik begin met eerwaarde Francois Lewis van die Anglikaanse kerk wat die museumgeboue weer ingeseën het. Die Vriende van die Museum se voorsitter, Lettie-Ann Moller, het in haar toespraak gepraat oor die bedrywighede van die museum en ook oor hoekom die erelidmaatskap-bord begin is.

Raymond Ross, uitvoerende burgemeester van Kaap

sê Sophia: “Ora is legendaries en kan regtig beskou word as deel van die museum. Sy is al vir langer as 25 jaar vertroud met die museum en het as Trusteeraad-voorsitter gedien, waarna sy haarself beskikbaar gestel het om museumgidse wat oor naweke werk, op te lei.”

Die museumbestuurder Lorenzo Hendricks het die dankwoord gelewer en in besonder vir Sophia bedank vir haar passie en dryfkrag agter die beplanning Sophia noem dat die museum Saterdag 5 April al van vroeg in rep en roer was vir die beplande markdag met 13 stalletjies in die tuin van die museum. Om 08:00 was daar ’n pretdraf van 2 km binne die dorp en 12 km buite die dorp. Tydens die oggendverrigtinge het verskeie organisasies demonstrasies gelewer Dit het studente van Danjinamic Martial Arts, ’n drilvertoning van die Anglikaanse kerkbrigade asook ’n vuurdans deur Mary-Jane ingesluit. Die akteurs van Tussen Duine het ’n groet-en-ontmoet-hoekie gehad Die verrigtinge is afgesluit met ’n namiddag-jazzpiekniek waartydens die Rapsody-jazzorkes gaste vermaak het. Die museum beplan nog verskeie gebeurtenisse deur die loop van die jaar om dié groot mylpaal te vier. Museumbestuurders

Agulhas-munisipaliteit, het in sy toespraak verwys na die noue verhouding tussen die munisipaliteit en die museum en die belangrike rol wat die museum in die gemeenskap speel. Sophia Jantjies, wat die verrigtinge gereël het, sê: “Daar was ook ’n kranslegging waar ons erkenning gegee het aan almal se bydrae tot die museum, asook om die siele van die 152 skeepswrak-tragedies te eer en te onthou. Dit is immers hul

stories wat ons in die museum vertel.”

Odette Weir, Overberg-museums-streekbestuurder en voormalige museumbestuurder, het drie erelidmaatskap-sertifikate oorhandig. Jonathan Oliver het ’n sertifikaat vir 36 jaar diens ontvang en Judan Signeur het sy oorlede ma, Christiana Newman, in die museum bekend as Tannie Ounooi, se sertifikaat vir 38 jaar diens ontvang. Ora Laubscher van Napier het ook

erelidmaatskap ontvang. Aan Hermanus Times vertel Ora: “Ek het in die vroeë 1990’s, kort nadat ons Napier toe getrek het, ’n advertensie gesien vir naweekhelpers by die museum. Ek het toe daarby betrokke geraak en my instudeer in die museum en die geskiedenis van al die artefakte Ek is baie opgewonde oor die erelidmaatskap en dit is ’n vreugde om te weet dat daar so ietsie van jou in die museum opgeskryf is.” Oor Ora

‘Party bou; ander vat’

Vandalisme bly ’n probleem oor die hele Overberg heen en soos een leser opgemerk het: “Waar ons probeer om die dorpe mooi en skoon te hou, is daar mense wat net vernietig.”

Een van die streke wat in die Overberg onder vandale deurgeloop het, is die Sandbaaikuspaadjie. Volgens die voorsitter van die Sandbaai-kuspaadjiekomitee, Pierre le Roux, is in Desember verlede jaar 27 gedenkteëltjies deur onbekende mense óf beskadig óf vernietig. “Alhoewel ’n R5 000-beloning aangebied is om inligting oor die boosdoeners te kry, was daar geen leidrade nie,” het LeRoux gesê. Hy sê hulle is dankbaar dat finansiële bystand onlangs ontvang is om met vervangingskoste te help. “Die vervangingsproses sal ’n rukkie neem omdat ons ontwerper en pottebakker beperkte vermoë het. Ons beplan om die teëls van 1Mei af te begin vervang. Die stukkende teëls sal solank verwyder word en die gate vir die nuwe teëls voorberei word. Intussen het ons ook aan die mense van wie ons e-posadresse het, geskryf om hul teëls teen ’n klein fooi te herontwerp,” het hy gesê. Verder doen hulle ’n beroep op die gebruikers van die paadjie om enige vandalisme aan te meld. “Hierdie paadjie is ’n wonderlike bate wat deur

Die nuutgeboude houtpaadjie in Sandbaai wat op die roete gebou is wat toegang gee van Branderbaai af.

baie inwoners en besoekers gebruik word en ons wil dit graag in ’n goeie toestand hou." Hy sê hy is opgewonde oor die nuwe houtpaadjie wat op die roete gebou is en toegang van Branderbaai af bied. “Hierdie roete het agteruitgegaan as gevolg van die sand wat teen die helling uitgetrap is. Die bestuurskomitee het die projek gefinansier en sal dit nou aan die Overstrand-munisipaliteit oorhandig, wat die eienaar is van al die infrastruktuur aan die kusgebied. Baie dankie ook aan die komiteelede Mannes en Andries wat aan die plankpad gehelp bou het. Ons waardeer ook die hulp van die Overstrand-munisipaliteit met verkryging van goedkeuring om die pad te bou ”

•Vir nog inligting of bestellings vir nuwe teëls, stuur e-pos aan Le Roux by pierreleroux1943@ gmail co.za of bel hom by

0826035049.*

Nog ’n probleem wat die inwoners van die Overberg dwars in die krop steek, is die onwettige vullisstorting op oop stukke grond. “Mense stort net hul vullis op oop grond in die omgewing, dan moet ons dit opruim Ek weet dit is nie net ’n probleem in die Theewaterskloof- munisipale gebied nie, maar wel in ander dorpe soos Hermanus, Gansbaai en Kleinmond,” het ’n inwoner van Grabouw gesê

Die munisipale bestuurder van Overstrand-munisipaliteit, Dean O’Nell, het in 2023 gesê: “Vullis wat onwettig in die Overstrand gestrooi word, maak dit moeilik vir munisipale werkers om die dorp skoon te hou. Dié werkers maak elke dag skoon, maar as hulle die volgende dag na dieselfde plek terugkeer, is dit net weer vol rommel.” (Hermanus Times, 26 Julie 2023, “Hou op vullis strooi!”). Hy het mense verder aangemoedig om verantwoordelikheid te neem om hul dorpe skoon te hou.

•Plaas jou huishoudelike vullis in swartsakke of in wieletjiesdromme en sorg dat dit betyds uitgesit word om te verwyder.

•Tuinvullis word nie deur die munisipaliteit verwyder nie; kontak jou plaaslike munisipaliteit om uit te vind waar jy tuinvullis kan stort en watter tye die perseel oop is.

Inwoners staan saam om dorp te verfraai

Dit verg net ’n paar inwoners om ’n verskil in die omgewing te maak. Dit is die afgelope tyd bewys toe die gestremde raadslid van Grabouw, Denzil Jacobs, ’n verfraaiingsprojek in die dorp begin het. “My wyk, wyk 11, lê my na aan die hart en ons gemeenskap is so na aan mekaar dat ek besluit het om die dorp te verfraai. Maar ek kan eerlik sê, ek kan dit nie doen sonder die ondersteuning van die inwoners nie. Hulle staan my by en ons is ’n baie hegte gemeenskap.” Niks kry dié gestremde raadslid onder nie nadat hy in 2013 in sy huis aangeval is en byna sy lewe verloor het. Hy het opgestaan. “Niemand het vir my hoop gehad nie en ek het ’n lang pad van 2013 af gestap. Al het ek die gebruik van my bene verloor, het ek my hoop in die Here en in Sy planne geplaas Hy het my hierdeur gehelp en vandag wil ek graag terugploeg in die gemeenskap,” het Jacobs gesê Een van die maniere waarop hy terugploeg is om die dorp, wat so baie vir hom beteken, te verfraai “Ons het begin om die eiland by Ou Kaapse Weg te verfraai en plante daar te plant. Ek kon dit nie sonder die span van Grow Strong reggekry het nie. Die inwoners van die aangrensende buurt het ook aangebied om die plante water te gee, maar verder maak ons staat op

Leerders van Grow Strong besig met die voorbereiding om die plante by die ingang van Grabouw

‘genadewater’ van Bo.” Sy volgende projek was om die ingang van Grabouw, waar ’n kruis staan, te verfraai “Die kruis is onlangs afgesaag, maar pastoor Tsewu, wat elke oggend daar vir die dorp bid, het ’n nuwe kruis saam met ander godsdienstige leiers in die dorp opgerig Grow Strong het ons weer gehelp om die plante rondom die kruis te plant.” Volgens hom moet inwoners maar almal ’n ogie oor die plante hou aangesien baie rondloperdiere soos beeste en varke in die dorp rondloop. Die nommer is 0800 214 730.

• Grow Strong is ’n Christenvaardigheid- en mentor-program met Mark en Brigit Oudejans aan die stuur om tieners te help om nuwe vaardighede te leer. Nog inligting: skakel 074158 9988 of 0680709340 of stuur e-pos na info@grow-strong.co.za.

te plant

VLV-vroue leer oor wyn

Die vroue van die Hermanusvrouelandbouvereniging leer nie net by elke maandbyeenkoms iets nie, maar geniet ook die samesyn.

Onlangs het die vroue by Escape Wines gaan kuier waar C.J. Venter, een van die eienaars, hulle verras het met heerlike braaibroodjies en wors. Hy het hulle ook meer oor hul wingerde en hul uitvoerproteas vertel.

“Dit was werklik ’n unieke wynproe waar ons verras is met vertellings oor hoe die vyf vriende vroeg afgetree en toe wyn vir hulself begin maak het, wat toe ’n nuwe beroep geword het,” het een van die VLV-lede gesê. By die sirkelkonferensie in Bredasdorp het die VLV-lede van die Hermanus-tak ook uitstekend pres–teer. Die tak was tweede in die algehele kompetisie en Elizabeth Terblanche het die eerste plek vir haar blommerangskikking gekry met die tema “Eenvoud” Verder het Diana Lamprechts ook ‘n eretoekenning ontvang as die takpersoon van die jaar.

Caledon-vroue leer meer oor gesonde kos en ‘Ken jou

Die Caledon-tak van die Vrouelandbouvereniging (VLV) bied altyd iets interessants vir sy lede aan wat wissel van opvoedkundige uitstappies tot inte–ressante sprekers by hul maandelikse byeenkomste. Agenda-sake bly ook nie agterweë nie en word op die vergaderings bespreek.

Iréne de Waal, wat bekend is as tuisversorgingsopleier, het die lede op hul Maart-byeenkoms toegespreek. Dié keer het sy nie oor tuisversorging gepraat nie, maar wel oor die belangrikheid van goeie gesondheid – fisiek sowel as geestelik – vir senior burgers. Met haar uitge-

breide kennis en jare lange ondervinding van versorging van senior burgers kon Iréne met gesag haar kennis met die lede deel. Met die tema “Ken jou lyf” het Iréne in ’n kort tydjie amper elke orgaan en sy funksie in die liggaam bespreek. Sy het ook die belangrikheid van goeie eetgewoontes met lede gedeel Olierige kosse moet vermy word. ’n Geposjeerde eier is net so lekker soos ’n eier wat in olie gebak is, maar tog soveel gesonder. Te veel suiker en gepreserveerde kos is ongesond en moet vermy word Die belangrikheid om genoeg water te drink, is sterk beklemtoon. Iréne het ook gemaan teen ’n swaar

maaltyd saans. Die belangrikheid van oefening, waarvan strekoefeninge van die heel belangrikste is om jou dag mee te begin, is bespreek. Net vyf minute se oefening per dag, wat ook stap kan insluit, is baie belangrik, maar vloeroefeninge moet liefs deur seniors vermy word.

Goeie geestesgesondheid is baie belangrik. Gesels liewer met vrolike, positiewe mense as met klakouse en waak teen te veel medikasie Ter afsluiting het sy die volgende resep vir ’n gelukkige lewe met die lede gedeel: Vier onse geduld, een pond goedgesindheid, ½ pond ywer, twee koppies goeie dade, een eetlepel hoop, een pakkie goeie

waarde, twee onse versigtigheid. Laat dit deeglik smelt in twee koppies medelye, een botteltjie vriendelikheid, een eetlepel gesonde verstand. Laat dit stadig kook vir die res van jou lewe in ’n rein hart.

Sue Clegg, Sarah van Wyk en Iréne de Waal geniet ’n koppie tee voor Iréne se praatjie Foto: Mitzi Buys
Die vroue van die Hermanus-vrouelandbouvereniging luister aandagtig na C.J. Venter van Escape Wines se praatjie
C J Venter vertel die vroue meer oor hul uitvoerproteas
Elizabeth Terblanche (regs) ontvang die eerste plek vir haar blomme
Magda Marais (regs) ontvang namens die Hermanus-tak die trofee vir die algeheel tweede plek
Diana Lambrechts (links) ontvang die eretoekenning vir takpersoon van die jaar van Elbé Fourie (president van die Overberg)

Education committee unhappy over Cwecwe

On Thursday 3 April local residents proved that Hermanus is not just a blip on the map, but that we are part of the larger South African nation. Local residents who have had it with gender-based violence (GBV) took to the streets to march in support of the young Matatiele schoolgirl Cwecwe, who was raped. GBV has shown its ugly head in our town where school girls had to suffer the worst outcome and that is paying the ultimate price.

When a young Grade 1 learner just turned seven is the victim of GBV it is no wonder Hermanus residents will come out in force to publicly demonstrate their horror of what even young girls have to go through at the hands of perpetrators of GBV.

The Cwecwe case has raised the interest of the nation and for the last week even surpassed the Joshlin Smith case which is broadcasted internationally due to the human trafficking nature of the case.

The fact that the Justice for Cwecwe campaign has surpassed public interest in the Joshlin Smith case proves how sensitive these cases are to the public.

Over four days from Tuesday 1 to Friday 4 April a huge num-

ber of nationwide organisations have released Media Statements, including Minister Senzo Mchunu. On Friday the 4th the Portfolio Committee on Basic Education had a briefing from Eastern Cape education officials about the Cwecwe case The Acting Chairperson said it was not satisfied with the information received and the committee was going to visit the school in Matatiele, called Bergview College, urgently.

On 28 March MEC for Education Fundile Gade gave notice that he intended to deregister the school as it failed in its duty to protect its learners But worst of all, the principal allegedly did not report the matter to the Circuit Manager.

He said when the education officials visited him on 19 November 2024, after hearing from a whistleblower about the rape incident, he claimed he did report the matter to the Tuthuzela Centre and to the police.

However, no evidence of this could be found, the Portfolio Committee on Basic Education stated

This is a case we must not ignore, and we need to support actions such as the March against GBV to raise our concerns.

Concerns about Dr Rabie’s resignation

As a member of the DA I wish to register my (and so many others’) deep concern and utter disappointment at hearing the unexpected news of our Mayor’s sudden resignation.

While we believe in and subscribe to absolute democratic values, transparency and fairness, this shocking event somehow leaves many DA supporters in Overstrand with so many questions and somewhat confused Speculation is rife

We as residents know (approximately three years ago) Dr Rabie inherited a truly chaotic municipality; but under her leadership she and her team managed to turn it around. This takes guts and determination! So she deserves all the accolades bestowed on her and her devoted team. It boggles the mind how someone so devoted, hardworking, night and day, qualified, respected and well-loved as our Executive Mayor, Dr Annelie Rabie, would suddenly tender her resignation, unless some or other person(s) or something truly devastating caused an untenable situation and forced her to take this radical step. We can only speculate. The

media tells its own story “die styl van Rabie”. No! I say it’s all about a qualified, capable, strong and efficient woman! Just recently Rob Hersov, at the Hermanus BizNews Conference, very eloquently and strongly voiced his opinion and compliments for the leadership of this Overstrand Municipality, calling it “the best-run municipality in the country”! How then is it possible that things suddenly took this radical turn? I, along with so many others, choose to continue to back and support Dr Rabie, and must request her continued service as Executive Mayor of the Overstrand. Indeed, this request has been sent to the DA’s Western Cape leadership and DA Federal Chair. I urge all supporters to do likewise But wishywashy words lack clarity and decisiveness!

I am sure the DA leadership can, should and must intervene to restore that which has been broken, among other things, trust.

The upcoming, highly contentious 2026 Local Government Elections are upon us. Now this unbelievable state of affairs involving the Overstrand Municipality!

U tgewer/Publ sher Justin Cupido (justin cup do@novusmedia co za)

Redakteur/Ed tor Mariette Strydom (mariette.strydom@novusmedia.co.za)

Advertens ebestuurder Ilse Fourie (ilse foure@novusmedia

Lukhanyo school

Lukhanyo Primary School Principal Morris Tshabalala receives a portable power station from the Acting Overstrand Executive Mayor, Lindile Ntsabo Also pictured are Ward 6 Councillor Vuyisani Bandeza (left), principal technician
Lotter of Electrical Services (the department that organised the competition),
Zimkhitha Buyile and Councillor Kholiswa Ngqandana

Inspireer met positiewe uitkyk

Anthony September se positiew uitkyk op die lewe is aansteeklik Of jy nou saam met hom stap of net met hom gesels – jy is ’n ander mens wanneer jy huis toe gaan.

Anthony woon in Grabouw, waar hy sy eie lewensafrigting-onderneming, AWS Inspiration, bedryf. “Ek is meer as net ’n lewensafrigter; ek is ook ’n fasiliteerder, skrywer en ek hou motiveringspraatjies

Verder doen ek ook inspirerende programme by skole en organisasies om mense van alle ouderdomme ’n vars uitkyk op die lewe te gee en hul uitdagings deur middel van lewensafrigting uit te skakel,” vertel hy.

Met sy kalmerende stem, fyn sin vir

humor en liefde vir mense het ’n plaaslike radiostasie hom vinnig opgeraap en hy het vyf jaar daar gewerk. “Die ervaring wat ek opgedoen het, het my ’n hupstoot in die lewe gegee. Dit het my gehelp om met groter groepe mense te praat en verder het dit my vaardighede as ’n lewensafrigter verder laat groei ” Volgens Anthony kan hy nie mense inspireer of help as dit nie vir sy Christenskap was nie. “My geloof in God dra groot krag in my lewe. Die feit dat Jesus vir my gesterf het, is iets wat ek nie verdien nie, maar uit genade ontvang het. Daar was tye in my lewe toe dinge meer as donker gelyk het. Ek het gesukkel met my gesondheid en was in en uit die hospitaal. Ek het baie jare van my

lewe en die vermoë om te lees en skryf verloor en in ’n kwessie van drie jaar twee keer TB opgedoen.” Ná baie jare se swaarkry het hy weer geleer om te lees en skryf en die bul by die horings gepak en verder studeer. “Ek het as ’n skoonmaker by ’n skool se voedingskema begin werk en daarna as ’n klasassistent. Nadat ek my studies as ’n lewensafrigter en fasiliteerder voltooi het, het ek my passie om mense te help en te ontwikkel, begin utleef. Die Here in al Sy glorie het my genees en gerestoureer; daarvoor is ek oneindig dankbaar.”

Een van die hoogtepunte in sy lewe was toe hy in 2019 sy eerste boek, Inspiration to Construct the New You, bekendgestel het. “Om daardie eerste boek in

jou hande te hou, is ’n onbeskryflike gevoel. Die boek is ’n handleiding om jou gereed te kry vir die lewe na sukses en bevat riglyne oor wat jy moet doen.”

Hy het al geleer dat die enigste ding wat jou beperk in die lewe dit is wat jy vir jouself stel. “Moet nooit vaskyk teen dit wat jou wil onderkry nie, dit is jou verantwoordelikheid om sukses na te jaag,” vertel hy Hy sluit af: “Bou altyd ’n brug oor jou probleme... Niks is onmoontlik nie.”

Enigeen wat hom wil kontak vir ’n motiveringspraatjie kan 081 249 1347 skakel.

Anthony September is altyd gereed om mense te inspireer.

DAGBOEK / DIARY

Send events: bianca duplessis@novusmedia co za

Deadline/Spertyd: Thursdays/Donderdag 12:00

THURSDAY 1 MAY

 Shop till you drop and have loads of fun at Hangklip Hotel’s MAY DAY MARKET MAGIC from 10:30 - 16:00 There will be delicious food unique artisan goodies and bouncy fun for the kids and kids at heart

FRIDAY 2 MAY

 Adventure seekers, sportsmen and women can look forward to a weekend of sporting events from 2-4 May The WALKER BAY OUTDOOR SPORTS FESTIVAL offers trail running open water swims triathlon, duathlon, beer runs, fun runs, great food and music to cater for everyone’s taste and fitness level Tickets available at www quicket co za or visit the Walker Bay Outdoor Facebook page

AWhat group Romeo in pure manus Shakespeare dies, of tragedies, actors keep bossy the

SATURDAY 3 MAY

Savoury and sweet treats, art and crafts and much more at the BETTY’S BAY MARKET from 10:00 - 15:00 in the Crassula Hall Enquiries: Shameez on 073 199 0896

 Live music, great food and wine and products made by local artisans at the AUTUMN MARKET from 10:00 at Rivergate Guest Farm along the Wortelgat Road (Stanford) Enquiries: info@ rivergatefarm co za or 064 785 7454

 KUJIRA BONSAI KAI vergader om 15:00 in die saal van die St Peter’s Anglikaanse kerk in Hermanus Denise Krige sal ’n praatjie lewer oor die basiese beginsels van bonsais en hoe om hulle te versorg Vir nog inligting bel Wander Bester by 076 810 0885

SUNDAY 4 MAY

 Join the 2025 YEARLY CHARITY MOTORCYCLE RIDE in aid of Mobility for Injured Bikers All bikers and supporters are welcome Riders will meet at the Shell Garage in Gansbaai at 10:00 for

the ride to Shuntin Shed in Botrivier For enquiries contact Vanessa on 082 339 7800

WOENSDAG 7 MEI

 Moenie die OU- EN MOOIGOED-MARK van 10:00 - 16:30 by Huis Lettie Theron in Hermanus misloop nie Daar sal klere, skilderye, kombuisware, boeke, beddegoed, geskenke en veel meer wees om van te kies en te keur

FRIDAY 9 MAY

 Fun good food handmade goods and local art are just some of the things you can look forward to at the GENADENDAL FIRST FRIDAY MARKET held from 18:00 – 21:00 Visit the Genadendal Mission Museum Facebook page for more info

 The Overberg Renosterveld Trust hosts a unique WILD AND WISE RETREAT from 9-11 May presented by Nelis Singel at Haarwegskloof Renosterveld Reserve To book your spot, email bookings@overbergrenosterveld org za

SATURDAY 10 MAY

 Treat yourself to tasty puddings, pancakes, cur-

ry and rice, vetkoek, coffee, tarts, cakes and other glorious bakes, jams, fresh produce, plants and much more at the BAZAAR hosted by the Dutch Reformed Church Hermanus in the Grobbelaar Hall in Marine Drive, Hermanus, from 09:00 to 13:00

 Don’t miss the excitement of the annual STANFORD RIVER RACE All participants must register with CSA, no unregistered paddlers permitted Registration starts at 09:00 and the race at 10:00 The race starts and finishes at the King Street slipway Contact Chris Wolf of the Stanford Canoe Club on 082 572 5856 for more info MONDAY 19 MAY

 Overberg Quilters Guild invites everyone to their MONTHLY GATHERING from 09:00 - 12:00 at the De Wet Hall in Roos Street Onrus There will be demos, show and tell, May sewing day, tea and eats Visitors are welcome! Enquiries: Betty on 082 330 9088 or visit the Overberg Quilters Guild Faceboo page

AFRIKAANS 100: KOM VIER SAAM FEES

Op 8MeivanjaarvierAfrikaans syeeufeesas amptelike taal en jy is genooi. Daar is alles van musiekkonserte tot kuiers omlangtafelsomhierdiemylpaalinAfrikaanstevier.

Afrikaans is veel, veel ouer as ’n honderd jaar, maar op 8 Mei 1925 het dit, naas

Engels, een van Suid-Afrika se amptelike tale geword en ná 1994 het dit daardie status behou. Dis een van die jongste wêreldtale en het in die relatiewe kort geskiedenis een van die mees dinamiese tale geword. Dis ’n taal wat steeds groei, skep en blom in al sy diversiteit. Afrikaans is inklusief en vriendelik, mededeelsaam en almal se taal wat hom praat

Die Afrikaans 100-fees skop op 8 Mei in Kaapstad af, maar die fees maak ook ’n draai in die Paarl, Genadendal en Pretoria.

Uit die mond, ’n musikale viering van die Afrikaanse taal, moet nie misgeloop word nie

Met Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Emo Adams, Frazer Barry, Lynelle Kenned en Nicole Holm beloof hierdie om ’n uitsonderlike viering van Afrikaanse musiek te wees Die konserte is op 10 en 11 Mei in Durbanville en op 28 en 29 Mei in Pretoria.

Op 8 en 9 Mei word daar drie langtafels gehou – een elk in die Bo-Kaap, die Paarl en Genadendal Kom trek jou stoel nader en kuier in Afrikaanse met kos wat die masala, malvapoeding en mebos op jou tong gaan laat dans

Vir die volledige program en ’n skakel na Tixsa waar jy kaartjies kan koop, gaan na afrikaans100.org en klik op feesprogram.

Wil jy graag betrokke raak by Afrikaans 100? Op die webblad is daar ook ’n skakel waar jy meer kan uitvind Daar is ook verskeie artikels, onderhoude en interessante feite oor ons wonderskone Afrikaans

Besoek vandag nog afrikaans100.org of volg Afrikaans 100 op alle sosiale mediaplatforms.

HEMANUS HIRING We hire out tables, chairs, glasses, crockery, cutlery and linen for functions

Please contact Vivienne 066 590 9246 /Ken 082 420 0060. Email: vandkvanschoor @hermanus co.za.

CASH FOR MODERN ADULT & CHILDREN'S clothes, shoes, linen & kitchenware. I also buy in Somerset West, Durbanville & Cape Town once a month Contact Carol 082 890 5749.

OVERSTRAND CLEANING SERVICES WE SPECIALISE IN: Tree felling/pruning. Garden maintenance. Grass cutting/planting and transporting. Also offer painting, home & office cleaning. FREE QUOTES Call or WhatsApp 069 741 4146

BUY ALL CARS FOR CASH! Call: 084 844 0000

GREETINGS MY NAME is Godbless Maleka, I am a Malawian man looking for a job as a housekeeper, gardener or as a guesthouse cleaner. I also can look after holiday homes. I am a man with sober habits, hardworking and 5 years working experience. I am available from Monday to Friday. please feel free to contact me for more info on 068 060 4370. Thank you

I AM Ntomboxolo. I am looking for a job I have 10 years housekeeping experience, working for at Medi Clinic under the Bidvest Company where my contract ended in September 2024. I also have 3 years experience working as a cook at Golden Harvest Village old age home. I am available to start immediately. Please call/WhatsApp me on 081 008 3492 or call 071 746 5553.

HI. I am John Moyo from Malawi I am looking for a job as a panel beater. I have 4 years' experience & I am ready to start working immediately. Work well within a team or independently. Eager to learn Please callhatsApp me on 069 264 0243

HENNIES ELECTRICAL Repairs on all home appliances! Washing machines, dryers, ovens, fridges, dishwashers All models, Defy, Bosch, Speed Queen, Samsung, Whirlpool, Smeg and many more! Call us on 084 780 4342 I AM A Zimbabwean lady looking for full or part-time work as a housekeeper or domestic worker. Ready to start immediately. Please call or WhatsApp me on 071 429 4370.

A BEAUTIFUL GARDEN Lawn mowing, tree felling, plot clearing and refuse removal. Gutter clearing, shaping of palm trees, hedge trimming and small removals. Contact Morné from Garden king 083 225 3712.

A REMOVAL OF dangerous trees, tree

A MALAWIAN MAN IS available to work full or part-time I am able to do house cleaning/domestic /office, gardening or painting. I am a Malawian age 23 Reference available on request Please call or WhatsApp 069 465 5748

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.