First it was Buffel who captured the imagination of many. Then it was Gordy the massive elephant seal that captivated Gordon’s Bay and Hermanus residents early this year after an intensive rescue operation. And now it is Alfie, who came ashore at Onrus Beach on Thursday morning. The Overstrand Municipality cordoned off the area while the Onrus Vermont SRA and their volunteers ensured that the seal and visitors were kept safe. Residents hoped that Alfie would stay on the beach for an early moult, but all he needed was some deep relaxation and unfortunately he returned to the ocean on Saturday.
According to experts male elephant seals typically moult from January to March, with females and juveniles moulting earlier in the spring and
Knoflokskraal staan vas
summer. This annual process involves coming ashore to shed their fur and outer layer of skin, which takes about four weeks to complete.
According to Meredith Thornton, National Stranding Co-ordinator of the South African National Stranding Network, the mark on Alfie’s chest is not from moulting, “but there is a possibility that he will go into moult somewhere along our coast in the coming months”. According to the Overstrand Municipality if people want to observe seals, it is fine to do so, just as long as they keep their dogs on leashes, children under control, are quiet and staying 30m away. It is important not to get between the seal and the water, or between the water and its resting spot, it is still a wild animal. Meredith reminds the public that rabies is endemic in Cape fur seals so people must stay well clear of seals and keep their pets vaccinated at all times. Rabies is a fatal disease.
Leier kry lewenslank
Een van die stigterslede van Knoflokskraal buite Grabouw is verlede week gevonnis nadat hy aan die verkragting van ’n 13-jarige skuldig bevind is.
Eric Ntabazalila, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder in die Wes-Kaap, het bevestig dat Richard Isaacs Dinsdag 23 September in die Somerset-Wes-streekhof verskyn het om gevonnis te word nadat hy aan verkragting skuldig bevind is.
Die saak teen Isaacs, wat volgens berigte een van die eerste
mense was om grond te beset en strukture op te rig op die perseel wat nou as Knoflokskraal bekendstaan, spruit uit ’n voorval in Julie 2021 in Genadendal. Hoewel hy skuld ontken het, is hy onlangs op die aanklag van verkragting skuldig bevind.
Isaacs is ná sy inhegtenisneming op borgtog vrygelaat, maar is sedert sy skuldigbevinding in aanhouding.
Die Caledonse eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het die ondersoek behartig.
Isaacs het vir sy vonnisoplegging op 30 September weer in
die hof verskyn.
Volgens Ntabazalila is lewenslange gevangenisstraf opgelê.
“Die NVG verwelkom die vonnis en prys die ondersoeken vervolgingspan, wat hul bes gedoen het om te verseker dat geregtigheid sal seëvier. Alle gevalle van seksuele geweld maak inbreuk op die reg op waardigheid en privaatheid van die slagoffers soos vervat in ons Grondwet; daarom sal die NVG hulle aggressief vervolg,” het Ntabazalila gesê.
Isaacs was ook in 2023 in die nuus nadat hy glo die k-woord
gebruik het nadat hy met ’n gronddispuut verbind is. Gerugte het die ronde gedoen dat hy grond op Knoflokskraal aan swartmense verkoop het.
In ’n stemboodskap het hy op ’n gemeenskapsgroep die k-woord telkemale gebruik. Die taakspanleier van Knoflokskraal, Jochue Samuels, het die volgende oor Isaacs se vonnisoplegging gesê: “Die Knoflokskraal-gemeenskap erken met diepe kommer die onlangse skuldbevinding van ’n stigterslid op ’n aanklag van seksuele misdryf.
Na bladsy 3.
People should stay well away from seals. Photo: Martin Etsebeth
Richard Isaacs
Kreefkwotas bly ’n ‘uitdaging’
Alida Buckle
Groot ongelukkigheid heers oudergewoonte oor die regering se jaarlikse aankondiging van die kreefkwotas, met baie kleinskaalse vissers wat meen hulle word weer eens agtergelaat.
Die nuwe totale toelaatbare vangs het van 505 ton tot 800 ton gestyg. Die kommersiële sektor kry egter die grootste hap hiervan, naamlik 400 ton (50%) vir kommersiële vangste ter see ( offshore ) en 136 ton (17%) vir kommersiële vangste langs die kus ( nearshore ).
Danie Hefers berig dr. Dion George, die minister van visserye, het in sy jongste kwotatoekennings egter slegs 240 ton (30%) aan kleinskaalse vissers toegeken. Dit is 136 ton vir bestaansvissers wat naby die kus vang en 104 ton ter see.
“Die toename van 58,4% weerspieël ons verbintenis tot die ekologiese herstel en ekonomiese geleenthede. Deur ons besluite, wat op die beste beskikbare wetenskap gegrond is, kan ons verseker dat hierdie ikoniese vissery vir geslagte wat kom, sal floreer,” het die minister verlede week gesê.
Baie bestaansvissers meen egter dit bly net maatskappye wat by die kwotas baat vind. “Ons suig aan die agterste speen,” is die algemene gevoel. Uit kommentaar op Facebook oor die kreefkwota-aankondiging is dit duidelik kleinskaalvissers voel in die steek gelaat.
Loretta Pheiffer meen dit is waarom mense so kreef steel en Kobie Nieuwenhuis vra waarom “ryk mense” tonne kan vang en arm mense “moet daarsonder suffer ”.
Nadison Lazarus meen die onregverdige kwotas noop sommige vissermanne om hulleself sommer reg deur die jaar aan kreef te help – kwota al dan nie. “Dit is nie lewensvatbaar om ’n hele gesin reg deur die jaar te voed nie.”
Volgens dr. George toon die kreefbron tekens van herstel, maar sekere
maatreëls is steeds nodig om die bron te beskerm. “Die verhoogde kwotas toon die departement se toewyding aan beide ekologiese herstel én ekonomiese geleenthede.”
Ontspanningsvissers kry wéér slegs 12 dae tydens die vangseisoen van slegs vier maande – van 15 November 2025 tot 15 Maart 2026 – om húl toegelate 24 ton te vang. Dit is 3% meer as die vorige seisoen en volg volgens die regering se eie nuuswebwerf op “die jongste wetenskaplike assessering, wat tekens van herstel in die hulpbron toon”.
Hoewel die regering met die perk probeer verhoed dat kreef gedurende sensitiewe biologiese tye geoes word en help om stropery te bekamp, meen ontspanningsvissers egter dat die bepaling van die spesifieke dae vir kreefduik sonder insae gekies word, want as die weer of die laagwatertye nie saamspeel nie, gaan die een ná die ander dag vir kreefduik verlore.
Pikkie Groenewald meen hulle kan sportduikers ’n bietjie genadiger wees. “Die toestande speel soveel dae net nie saam nie. Op sulke dae kan geen kreef gevang word nie, want dikwels val laagwater ook vóór of ná die toegelate daaglikse vangtyd.”
Die departement het belanghebbendes 30 dae gegee om app è l aan te teken en kommentaar op die jongste kwotatoekenning te lewer.
Skryf aan MLRAAppeals@dffe.gov.za, met ’n afskrif aan CSCapplications@ dffe.gov.za. ’n Lekker paar krewe oor die kole. Dit bly maar ’n gunsteling. Foto: Danie Hefers
Western Cape dam levels holding steadily at 84%
The Western Cape's water security remains robust as the province transitions into spring, with overall dam levels holding steadily at 84,1% despite a slight weekly decline, the Department of Water and Sanitation announced last week.
While provincial dam levels dropped marginally from the previous week's 84,6%, officials expressed satisfaction with the current water situation, noting that most major dams in the Western Cape Water Supply System continue to operate above 90% capacity.
However, authorities are urging residents, farmers, and industries to maintain responsible water usage practices, emphasising that strong dam levels should not lead to complacency in water conservation efforts as the province enters the traditionally drier spring and summer months ahead.
Since the start of winter this year, the dams have been impounding water by about three percent per week, but some of the dams have been declining by less than one percent at the beginning of the Spring season .
Theewaterskloof dam is currenty on 84,86% while Steenbras Upper is on 101,3%. In the Overstrand the dam levels are as follows: De Bos dam,
100,29%; Buffelsrivier at Betty’s Bay, 100%; Kraaibosch at Gansbaai, 100%; Koekemoer dam at Pearly Beach, 100%; while the Eikenhof dam near Grabouw is 101,3% full.
Western Cape Acting Provincial Head, Mashudru Morovhi said the Department is satisfied with the water levels in the WCWSS, although there are some fluctuations in other dams. He has also called for water users in the province to use water wisely, despite the satisfactory water levels.
“We are satisfied about the state of provincial dams that have been stabilising above 80% for the past two months. Most of the dams in the Western Cape Water Supply System have also been above 90%, but we still caution both residents, farmers and industries to continue using water responsibly.”
Morovhi said that department would continue to measure and monitor the situation closely and take the necessary measures to safeguard the province’s water resources.
“It is our collective responsibility to protect our water resource and ensure that it is used sustainably to fuel our country’s transformational and developmental agenda.”
Gemeenskap genooi
Die gemeenskap kan nou deel wees van die finale Onrus-herstelprojek waar die UNEP Generation Restoration-inisiatief met ’n terugvoersessie afgesluit word.
Volgens die munisipale bestuurder van die Overstrand, Dean O’Neill, sal die gemeenskap die geleentheid hê om meer oor die uitkoms van die omgewingsopknappingsinisiatief te hoor wanneer die finale aanbieding van die Onrus-opvanggebied-na-kus-restourasie- en rehabilitasieprojek op 29 Oktober in die munisipale ouditorium sal plaasvind.
Die gasspreker, Michael Armitage, ’n gerespekteerde omgewingskonsultant wat in geïntegreerde omgewingsbestuur, riviermond-bestuur, watergehalte en geografiese inligtingstelsels spesialiseer, sal sy kennis met inwoners deel. “Sy kundigheid sal die gemeenskapslede help om die projek se impak en langtermyngevolge vir die streek se natuurlike erfenis te verstaan.”
Inwoners wat die sessie wil bywoon, moet voor 27 Oktober by c2cadmin@overstrand.gov.za registreer of 028 316 5607 bel.
The Theewaterskloof dam is currently on 85,3%.
Die seer om ’n geliefde te verloor
“My trane sit weer vlak vanoggend; party dae gaan dit beter as ander ...”
Só vertel die ouma van die 16-jarige Romeo Olyn, wat verlede Sondagoggend in Blompark met ’n mes doodgesteek is (“Derde moord in Blompark”, Hermanus Times, 1 Oktober).
Lena Marsala sê sy het Romeo van babatjietyd af grootgemaak.
“Hy is ’n liewe kind; was nie ’n moeilikheidmaker nie,” vertel sy hartseer. Volgens sy ouma het Romeo ook nie laat in die strate rondgelê nie en hy was altyd vroeg by die huis. Romeo, wat ’n leerder aan Agulhas Vaardigheidskool was, het nie net goed op skool gevaar nie, maar was ook baie gewild onder sy klasmaats. Lena vertel die skoolhoof en van die onderwysers het by haar besoek kom aflê en haar vertel hoe ’n gehoorsame kind Romeo was en dat sy afsterwe ook vir die skool ’n verlies is. “Dit maak my hartseer as almal so mooi van Romeo praat; hy is ’n kind wat diep in my hart lê en ek sal hom nooit vergeet nie.”
Lena vertel ook dat sy elke dag maar vat soos dit kom en party dae gaan dit beter as ander. “Die mense van Blompark ondersteun my baie mooi en ek is baie dankbaar vir die gemeenskap. Ek wil nou net hê dat reg en geregtigheid moet geskied.” Romeo se begrafnisdiens vind Sater-dag 11 Oktober plaas. Intussen het ’n ooggetuie Hermanus Times gekontak en vertel hy het saam met Romeo geloop toe die voorval gebeur het. “My oupa het my kom inlig dat my ouma vir ons geld het en Romeo het saam met my na my ouma se huis geloop. Ons was heel rustig en by my ouma se huis het die aanvaller Romeo van agter met ’n mes in die rug gesteek. Ek het weggehardloop toe die verdagte my met die mes dreig en gesien hoe Romeo op die grond val. Die man het Romeo, toe hy op die grond lê, verder gesteek. Dit was nie lekker om
te sien nie.”
Die verdagte het Dinsdag in die Hermanus-landdroshof verskyn. Sy saak is tot gister (7 Oktober) vir ’n borgtogaansoek uitgestel. Volgens Romeo se familie hoop hulle geen borgtog sal aan hom toegestaan word nie aangesien hy ’n gevaar vir die samelewing is.
Teen druktyd was die uitslag van die borgtogaansoek nog nie bekend nie.
Die gemeenskap het ook intussen bymekaargekom om probleme rakende moorde in die gemeenskap te bespreek. “Hierdie gaan oor die gemeenskap en die buurt en om te kyk of ons Blompark weer veilig kan maak,” het die gemeenskapsleier, John Jacobs, gesê. “Ek wil dit duidelik stel dat dit nie hier gaan oor individue nie, maar oor die gemeenskap.”
• Intussen het die 18- en 21-jarige verdagtes wat Ricardo Tobias in Maart na bewering wreed vermoor het, Vrydag (3 Oktober) in die hof verskyn.
Nadat die staat die petisie van die gemeenskap in ag geneem het, is geen borgtogaansoek toegestaan nie. Die verdagtes se prokureurs wou die petisie betwyfel, maar na aanleiding van vorige veroordelings is die borgtogaansoek van die hand gewys.
“Die familie is op soek na geregtigheid. Ons is nie daarop uit om die twee verdagtes te veroordeel nie. As hulle nie die moord gepleeg het nie, moet hulle ons vertel wie vir die die grusame moord op Ricardo verantwoordelik is,” het Jacobs gesê.
Didi Claassen, ’n niggie van die oorledene, stem saam en wil graag hê die skuldiges moet aangekeer word.
“Ons is nie moeiliheidmakers nie. Die Tobiase is vredeliewende en Godvresende mense. As die verdagtes dan nie die moord gepleeg het nie, moet hulle sê wie dit is, want nou word die hofsaak net elke keer uitgestel,” het sy gesê. Volgens haar wil hulle hê Blompark moet weer die veilige buurt word “wat dit van ouds was”.
Van bladsy 1.
“Hoewel hierdie bevinding ontstellend is,wil ons bevestig dat geen individu se optrede die kollektiewe kultuur, identiteit of integriteit van ons gemeenskap definieer nie. Knoflokskraal is as ’n lewende uitdrukking van inheemse herstel gestig – ’n plek waar kultuur, genesing en selfbeskikking gelei word deur die beginsels van waardigheid, respek, aanspreeklikheid en beskerming van die kwesbares.”
Samuels wil dit ook duidelik stel dat die waardes van die Knoflokskraal-gemeenskap die kern van die gemeenskap bly.
“Die kulturele identiteit van Knoflokskraal is gewortel in antieke Khoi-tradisies van kollektiewe leierskap en herstellende geregtigheid. Hierdie waardes oortref enige [individu] en lei steeds ons ouderlinge, leiers en lede in elke besluit wat ons neem.”
Volgens die taakspan is dit ook
belangrik om te besef dat ’n onderskeid tussen persoonlike gedrag en gemeenskapsidentiteit bestaan. “Die optrede van ’n individu – veral dié wat morele of wetlike standaarde skend – is nie verteenwoordigend van die kulturele mandaat of morele grondslag van Knoflokskraal nie.
“Ons respekteer ook die behoorlike proses van die reg en erken die belangrikheid van verantwoordbaarheid. Die Knoflokskraal-leierskap herbevestig sy verbintenis tot die skep van ’n veilige omgewing vir alle lede – veral vroue, kinders en kwesbare mense – in pas met tradisionele reg en nasionale menseregtebeginsels.”
Hulle wil ook graag ’n beroep op die gemeenskap doen om hulle as inheemse kulturele beweging te erken.
“Ons reis na erkenning en herstel word nie deur die optrede van enigiemand gedefinieer nie, maar deur die gedeelde gees van geregtigheid, waarheid en vernuwing wat ons bind.”
Guide for first time buyers
Purchasing your first home is an exciting milestone, but the property transfer process can be confusing.
At Vorster & Steyn in alliance with Strauss Daly, we specialise in making the legal aspects of property transfers as straightforward and stress-free as possible.
The four key things you need to know about property transfers are the following:
1. The conveyancing process: Once you’ve signed the offer to purchase, your conveyancer will handle the legal aspects, including dra ing and registering documents with the deeds office. This ensures the property’s ownership is legally transferred to you.
2. Understanding additional costs: In addition to the purchase price, there are other costs involved, such as transfer duty,
registration fees, and conveyancing charges. We’ll help you plan for these expenses and provide clarity on what to expect.
3. Legal compliance and registration: Ensuring all legal requirements are met is essential for a successful property transfer. Our team will manage this process to guarantee everything is in order for the transfer of ownership.
4. Timelines and communication: While property transfers typically take a few weeks, we will keep you updated at each stage, ensuring there are no unexpected delays and that you are well informed throughout.
Ready to take the next step?
Contact us today to begin your property transfer process with confidence: www.vorsteyn.co.za/ 028 313 0033
Wyle Romeo Olyn
Outdoor expo is back
Save the date for the “best to visit” Outdoor and Adventure Expo coming to the quaint town of Grabouw from 7-9 November.
“Nicest venue ever!”, “Brilliant show!”, "Phenomenal setting! . These are some of the comments from some Outdoor & Adventure Expo exhibitors from last year. The venue and home of the Outdoor and Adventure Expo Grabouw, for the third year running, is the Elgin Grabouw Sports Club next to the Eikenhoff Dam, bordering the Hottentots-Holland Nature Reserve in the Western Cape, near Hermanus, Stellenbosch and Caledon and within 65 km from Cape Town (less than a one-hour drive away).
Last year’s Outdoor and Adventure Expo Grabouw 2024 was a major success. Day visitors enjoyed the day out, had lots of fun and loved the outdoor lifestyle and adventure expo, referring to it as the “purest outdoor and lifestyle expo”, being in nature and with outdoor activities such as kayaking, hiking, cycling, 4x4 activities, etc. Exhibitors introduced everything outdoor, including camping equipment, hiking and cycling gear, cameras, battery systems, bags, braais, mountain bikes, e-bikes, handmade knives, vellies and outdoor clothing, etc.
This year visitors can expect all the food carts, a beer tent and a kiddies play area next to the exhibition area. All the caravans and trailers will be placed togeth-
er which makes comparing easy, showcasing from basic affordable models to the most modern technology in caravans and trailers, 4x4 vehicles, 4x4 equipment and 4x4 auxiliary equipment, with suppliers showcasing the latest and brand-new technologies.
Access to the Eikenhof Dam allows for non-motorised water sports, including kayaks, water bikes and more.
The Outdoor & Adventure Expo Grabouw has grown immensely since its launch in 2023, doubling in quality exhibitors every year.
“Our core success lies in the unique product offering at breathtaking venues set in nature; pure outdoor lifestyle, focused on adventure and activities,” says André Verster, organiser of the event. “It is not a music festival; it is not a flea market; it is not
an agricultural show – it is an authentic outdoor experience.
“We’ve added an Outdoor Destinations Hall at the Grabouw event for 2025, with exhibitors showcasing leisure destinations, adventures such as ziplines, hiking, 4x4 and overlanding routes, eco-friendly quad bikes, etc.”
The Outdoor and Adventure Expo is a great day-outing for the whole family. For day visitors, tickets can be purchased either at the gate or online via www. ticketpro.co.za under categories “trending, just launched, exhibition”, or online at https://shop. ticketpro.co.za/seller/lr-classic-safaris-pty-ltd-i1go
Children under seven enter for free. On Friday all other visitorts pay R80. Saturday and Sunday: R80 for pensioners and children aged 7 to 18, and R150 for adults.
Festival a big success
Although there was much controversy before the opening of the recent Hermanus Whale Festival, organisers agree that it was a great success.
During the opening on Thursday night Hisense, one of the main sponsors of the Whale Festival, donated a 100-inch television to the management who in turn handed it over to Marine Dynamics. “We as the organisers of the Whale Festival believe in ‘pay it forward’ and therefore we are donating the television to Marine Dynamics,” said Jeanette du Toit, the director of the Hermanus Whale Festival.
Saturday’s 10 km fun run where 420 people participated, was just as successful and some of the athletes couldn’t stop
talking about the spirit that prevailed there. “We are grateful for every festival-goer, business, the Overstrand Municipality and just everyone who was part of the Whale Festival,” said Jeanette.
ADVERTORIAL
Family-friendly outing
The South African National Space Agency (Sansa) invites the community to an exciting Open Day on Saturday 11 October, at its Hermanus facility in Hospital Street. This family-friendly event will run from 09:00 to 14:00 and promises a vibrant mix of science, technology, and fun for all ages.
Visitors can look forward to live science shows, interactive exhibits, and hands-on activities that bring space science to life in an engaging and accessible way. Guided tours and public lectures by Sansa experts will provide unique insights into the fascinating world of space weather and the challenges of living in space.
The Open Day offers something for everyone: learners, educators, families, and science enthusiasts will all find opportunities to experiment, discover, and learn in exciting and practical ways. Food stalls will be on-site, serving a variety of refreshments to keep energy levels high throughout the
day. This event is proudly supported by the Department of Science and Innovation and Sansa, reflecting their shared commitment to promoting science engagement in South Africa.
Registration is free and can be completed online at www.sansa.org.za or on the day at the venue. Please remember to bring your ID document to enter this National Key Point.
• At Sansa we believe in creating an infinite impact for the benefit of all South Africans through technological advancement and innovation. The agency was established in 2010 through the South African National Space Agency Act, 36 of 2008. Sansa aims to promote cooperation in space-related activities, foster research in space science, advance scientific engineering through human capital and support development of an environment conducive to industrial development in space technologies.
The Outdoor and Adventure Expo coming to the quant town of Grabouw from 7 to 9 November.
The Mayor of the Overstrand Municipality, Archie Klaas, with Elnora Gillion (Deputy Mayor of the Overstrand Municipality) and Lindile Ntsabo (Speaker of the Overberg District Municipality) at the opening of the Hermanus Whale Festival on Thursday 2 October.
Wilfred Chivell CEO of the Marine Dynamics received the 100-inch television from the festival director, Jeanette du Toit.
The South African National Space Agency (Sansa) invites the community to an exciting Open Day on Saturday, 11 October, at its Hermanus facility in Hospital Street.
Inwoner wat ‘lig’ is, word 100 . . .
Mitzi Buys
Tannie Jeanetta du Pisani, pragtig uitgevat in ’n helder pienk uitrusting en met ’n pienk kroon op haar kop, het haar 100ste verjaardag op 26 September saam met medeinwoners van Heidehof Tehuis vir Bejaardes in Caledon gevier.
Tannie Jeanetta is in Klerksdorp gebore en het in Noupoort skoolgegaan. Ná skool het sy in Gqeberha begin werk, waar sy haar man, James, ontmoet het. Die egpaar, wat 60 jaar getroud was, het baie weens James se werk verhuis en in verskeie dorpe oor die land heen gewoon. Tannie Jeanetta is die afgelope 11 jaar ’n inwoner van Heidehof.
Op ’n vraag van Hermanus Times oor waaraan sy haar geseënde ouderdom toeskryf, antwoord tannie Jeanetta: “Dit is alles genade van die Here. Ek het probeer lewe soos ’n kind van die Here. Ek het dit nie altyd reggekry nie, maar ek het probeer. Die Here het my die krag gegee om lankmoedig en vreedsaam te wees.”
Tannie Jeanetta is lief vir lees en hou ook van brei en hekel en luister graag na musiek.
Theresa le Roux, tannie Jeanetta se kleindogter, wat ook die verjaardagvieringe bygewoon het, sê: “Ouma is die mens wat my aan die Bybel voorgestel het. Ek het my eerste Bybel van haar gekry. Sy het my ook leer
Tannie Jeanetta du Pisani by haar kleindogter, Theresa le Roux (links) en Ester Möller, die bestuurder van Heidehof. Foto: Mitzi Buys
kaart speel en hoe om kaarte weg te steek. Sy is nog altyd net lig.
“Ek het altyd gesê as daar rêrig ’n engel op aarde sou wees, dan is dit Ouma, want sy is baie opreg in die waardes waaraan sy glo. Sy is ’n voorbeeld vir my en dit is vir my ’n baie groot voorreg om dié dag saam met haar te kan vier, want ek het letterlik ’n week en ’n half voor haar verjaardag Hermanus toe verhuis.
“En Ouma is nie Ouma sonder haar pienk lipstiffie nie!”
Oom Wikus Augustyn, ook ’n Heidehof-inwoner, het lekker saamsingliedjies op sy trekklavier gespeel en Cerise Phaul het die pragtige verjaarsdagkoek gebak en geskenk.
VLV-vroue van die Overberg goed by kongres verteenwoordig
VLV-lede was by die onlangse kongres nie net goed verteenwoordig nie, maar het ook pryse verower. Elbé Fourie, Sirkel Overberg se president, sê: “Ons is aangewys as die algehele wenner met die meeste punte in leefstyl, kunste en handvlyt. Agter is Karin Steyl, Adri Liebenberg, Schalk en Petra
Elsette
Gaste hoor oor ‘Voetspore’
Mitzi Buys
Johan Badenhorst het geen bekendstelling nodig nie, want as leier van die Voetsporereisprogram en aanbieder van die televisieprogram oor hul reise is hy al vir jare ’n kuiergas in baie televisiekykers se sitkamer.
Die Caledon-Dameskring het Johan onlangs as deel van ’n geldinsamelingsprojek genooi om gaste toe te spreek en ’n bietjie meer van die Voetspore-span se reise te vertel.
Johan het sy praatjie op sy innemende en rustige manier begin deur die ongeveer 150 gaste kortliks te vertel – en foto’s te wys – van die talle opwindende reise wat hy en sy span al onderneem het.
Johan se hoofpraatjie, toegelig deur fantastiese foto’s, was oor die span se reise van 2022 tot 2024 deur Suid-Amerika. Hy het meer besonderhede verskaf oor die interessante plekke wat hulle besoek het, die mense wat hulle daar ontmoet het asook dié mense se kultuur. Hy het ook heelwat inligting oor die vliegramp in 1972 in die Andes-gebergtes met die gaste gedeel. Van
die 45 mense aan boord het 16 oorleef en hulle is eers twee maande ná die ongeluk gevind. Johan het op een van sy reise met twee van die oorlewendes gesprekke gevoer, onder wie dr. Roberto Canessa. Canessa, ’n bekende pediatriese kardioloog en motiveringspreker, was een van die jong rugbyspelers van Uruguay op die vlug. Die gaste het behoorlik aan Johan se lippe gehang en gevoel asof hulle saam met hom en sy span op reis was.
Voor die praatjie het gaste ’n heerlike hamburger, koffie/tee en iets soets geniet.
Johan Badenhorst wys een van sy treffende foto’s aan die begin van sy toespraak. Foto: Mitzi Buys
Potgieter,
Strachan, Gertruida du Buisson, Marianna Mostert, Dorothy Krige en Madelaine du Toit. Voor is Hermien van Zyl, Corrie Fogwell, Elbé Fourie, Magda Marais en Su-Maré Groenewald.
CASH FOR MODERN ADULT & CHILDREN'S clothes, shoes, linen & kitchenware. I also buy in Somerset West, Durbanville & Cape Town once a month. Contact Carol 082 890 5749.
HENNIES ELECTRICAL Repairs on all home appliances! Washing machines, dryers, ovens, fridges, dishwashers. All models, Defy, Bosch, Speed Queen, Samsung, Whirlpool, Smeg and many more! Call us on 084 780 4342
A BEAUTIFUL GARDEN
Lawn mowing, tree felling, plot clearing and refuse removal. Gutter clearing, shaping of palm trees, hedge trimming and small removals. Contact Morné from Garden king 083 225 3712.
A REMOVAL OF dangerous trees, tree trimming, plot clearance, garden maintenance, garden refuse, refuse removal, firewood. Free quotations & free delivery of firewood. Call Wilson 074 824 2195.
Save
plant indigenous grass. For the best prices, contact Chris 082 568 2592.
HI I am a South African lady looking for a job. I have housekeeping experience, guesthouse bed & breakfast and hospitality experience. For more info please contact me on 083 226 1397. You can also WhatsApp me on my alternative number 072 127 3347.
I AM A Zimbabwean lady (36) looking for a job as a domestic worker, housekeeper or babysitter. I have 4 years working experience. I am ready to start working immediately. Reference available on request. Please call or WhatsApp me on 062 819 7254.
OVERBERG PEST CONTROL cc Fumigation Specialists Including *Beetle COC's and Timber treatments *Domestic/ Commercial/Agricultural/ Pest Control
Registered with Dep Agriculture and SAPCA Phone: 082 563 9514/ 028 316 3100
Email:opc@mweb.co.za Overberg Pest Control Webpage: info@over bergpestcontrol.co.za
I AM A Malawian lady looking for a job as a house cleaner, housekeeper, babysitter and domestic worker. I am a holder of a housekeeping certificate. Reference 072 211 9282 or Mr. Rish 061 770 3635. Please call me Charity on 067 783 4029.
HI I am Charles. I am a capable and hardworking Malawian man - age 29, looking for full /part-time work. I am good with plumbing, electrics, housekeeping and pet care. I have good contactable references. Please call or WhatsApp me on 064 016 1287.
I AM LOOKING for a job as a housekeeper or nanny. I am a 48-year-old lady from Zimbabwe. I am a fast learner and can work without supervision. Please call or WhatsApp me on 074 282 0797.
MY NAME is Felicia Kayomob. I am a Zambian woman looking for a job as a cook and housekeeper. I am a professional cook who has experience and talents. I can prepare dinners for 10 people at the same time while doing housekeeping. i am very honest, reliable, hardworking , focused and well trained. Reference available. Please call or WhatsApp me on 084 539 9804.
MY NAME is Herbert Gray. I am a Malawian man - age 37 looking for a full/part-time job as a housekeeper, gardener or painter. I am hardworking, reliable and an honest man, who is able to work with minimal supervision. I have 3 years working experience. I am available Monday to Sunday. For reference WhatsApp Gerhardt on 081 801 2608 or call /WhatsApp me on 073 840 1324.
MALAWIAN LADY looking for part-time job for Monday, Friday and Saturday as a housekeeper, cleaning, laundry, ironing or looking after children. I love pets and I am very friendly. Ready to start working immediately. 5 years' experience. Reference available on request. Please call me on 064 373 4625
I AM A MALAWIAN lady Martha age 27 looking for a job as a domestic worker. I have experience and I am ready to start working. Please contact me for more information on 073 408 8517.
MALAWIAN LADY looking for a part-time job as a housekeeper, cleaner, ironing or taking care of pets. Ready to start. Days available Monday, Tuesday and Friday. Reference available on request. Please contact me on 081 303 7198/084 541 5853.
MY NAME is Sheila, a lady age 38 looking for a job as a housekeeper or guesthouse cleaner. I am available to sleep in/out, char or work full/part-time. I have 10 years of vast experience, good with children & I am ready to start immediately. Please contact me on 078 770 6403. Thank you.
MY NAME IS Patricia Msiska. I am a Malawian lady age 31 looking for a full/part-time job as a housekeeper or guesthouse work. I have 4 years' experience and reference (084 581 3006). Please call me on 067 209 9879/075 343 9667.
I AM Richard a Zambian man age 30 looking for a job as a driver, housekeeper and caregiver. I have 4 years experience as a driver of a school bus with passengers & shuttle services. I am willing to locate anywhere, where I can utilise my experience. I am hardworking, reliable and trustworthy. Reference is available on request. Please dont hesitate to contact me on 065 185 2306.
I AM STANLEY a Malawian man looking for full/part-time work as a gardener, house cleaner or dog walking. I have experience in the above jobs. I am a quick learner, honest and reliable and I am ready to start working immediately. Please call or WhatsApp me on 068 196 7907/061 342 5092.
I AM Thokozani Kamanga age 34. I am looking for a job as housekeeper, guestattendant or gardener. I am available anytime. Please call or WhatsApp me on 073 408 8517.
supervision. I am a friendly, honest and hardworking lady. Ready to start immediately. Please call /WhatsApp me Xolelwa on 065 734 0025.
EXPERIENCED DRIVER SEEKING EMPLOYMENT. I am Tafadzwa (24) looking for a job as a driver. I have 14 years experience as a driver with key experience being the school run, truck driving and deliveries. I have a set of skills which include being reliable, punctual, safety & defensive driving. Available immediately and fexible, committed to schedules and deadlines with strong management skills. Can follow GPS, routes and follow road rules and traffic regulations. Trustworthy and accountable for vehicle and cargo. Able to adjust to changes and circumstances.Excellent communication skills with clients and kids. Ready for immediate hire and shifts. Please call or WhatsApp me on 075 381 6951.
I AM a mature, compassionate, hardworking lady looking for a full-time job as a care giver. I have vast experience in taking care of vulnerable patients suffering from different conditions such as Dementia, Alzheimer's and Parkinson's disease in the comfort zone of their private homes. I also have experience in childcare from tender age to teen age. I am experienced in housekeeping, so I am particular in attention to detail. I am more than ready to supply my traceable references and police clearance to my potential employers who will contact Virginia on 061 882 5318
BUFFALO GRASS.
water,
Keep on bowling with Rola GWM
The first Hermanus Rola GWM Classic bowling tournament was held on 25 and 26 September. A big thank you goes to Rola GWM for their generous sponsorship as this successful tournament would not have been possible without their support. 34 teams from all over the Western Cape participated in good weather. Prize money was awarded daily to the top three teams giving all teams a chance to walk away as winners. David Roos from Franskraal and his team were the overall winners of the trophy after accumulating the most points over the two days of play. Second place went to the Constantia team skipped by Colleen Marshall and third was the Durbanville team skipped by Henry van Noort. The winning team is from left: David Roos (Skip), Renet Chambers, Jaco Swart, Stephan Chambers, Johan Rudman (Sponsor), and Hannes Nel (Club president).
Draf met woorde, nie nommers nie
Ontvlug die rompslomp van jou bestaan. Moenie ’n rusbankpokkel of inkoejawel wees nie. Kom draf, kom stap, kom vier Afrikaans met die Toyota Stellenbosch Woordfees se opwindende “Velddraf met woorde”.
Die woord, fees en gees word Sondag (12 Oktober) met die gewilde pretdraf gevier. Dis ’n unieke viering van Afrikaans in beweging. Hier draf of stap deelnemers nie met ’n nommer nie, maar ’n woord. Elke deelnemer kry ’n Afrikaanse tongtrippelterm as registrasienommer. Dalk is jy “holderstebolder”, “spoedvraat”, “agteros” of “slampamper”. Dis ’n viering van die bekkigheid van Afrikaans, waar taal in ’n vrolike veldwedloop voete kry. Deelnemers kan kies om deel te neem aan die Vastrap (10 km) of die Japtrap (5,9 km) by die die pragtige KleinBlouKlip-plaas, net bokant Paradyskloof in Stellenbosch, met pragtige uitsigte oor die Helderberg, Tafelberg, Simonsberg en Stellenboschberg.
Die Velddraf is vir die pret en plesier en vir die taal, dus sal geen amptelike tye geneem word nie. ’n Prysuitdeling met podiumpryse vir die eerste drie deelnemers (mans en vroue) asook die oudste en jongste deelnemer word wel gehou. Al maak jy teen ’n slakkepas klaar, kan jy ook dalk iets tydens geluktrekkings wen en elke deelnemer ontvang ’n spekboompie as medalje.
Laat die woorde soos klippies in jou mond rondrol en dink solank wat vir jou die mooiste en lekkerste woord in Afri-
kaans is. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gaan by die Velddraf wees as jy belangstel om jou gunstelingwoord te borg. Wees ’n rakker, ’n vasbyter en kom bokappel tussen die wingerde deur. Jy en jou konfraters kan te voet kom polmesarie hou. Of, soos jy dalk sou sê: Bring jou pelle, huppel deur die lande en kom hou partytjie op die plaas.
Registrasie vir vooraf inskrywings deur Quicket begin om 07:00. Die 10-km-Vastrap begin om 08:00 en die inskrywingsfooi is R150. Die 5,9-km-Japtrap begin om 08:15 en die koste is R100 per persoon. Inskrywings op die dag is beskikbaar teen ’n ekstra administrasiefooi van R50. Slegs 500 drawwers kan inskryf en geen inskrywings sal op die dag beskikbaar wees as dit aanlyn uitverkoop is nie. Alle pryse word deur EasyEquities geborg. Wenners ontvang beleggingsgeld om in ’n EasyEquities-rekening te belê: Die drawwer in die eerste plek wen R3 000 se beleggingsgeld; tweede plek wen R2 000 se beleggingsgeld; en derde wen R1 000 se beleggingsgeld. Beleggingsgeld is geldig vir drie jaar. ’n Spesiale Louis Massyn-prys wag op die oudste deelnemer, en ’n verrassingsprys op die jongste.
Monarch Coffee Cartel sal van 07:00 af regstaan vir die opwarming met koffie en happies en parkering is by die Vriesenhof-wynlandgoed beskikbaar. ’n Pendeldiens ry tussen Vriesenhof en die KleinBlouKlip-plaas.
• Besoek gerus www.woordfees.co.za vir meer inligting.
New venue for a new sport
The Overberg is set to serve up something new and exciting this October with the opening of Oh! Padel, a vibrant new venue dedicated to padel, the fastest-growing sport worldwide.
Lauched at the Hermanus Whale Festival on Friday 3 October the venue welcomed both locals and tourists with a unique blend of sport, community, and lifestyle.
Padel, often described as a cross between tennis and squash, has taken the world by storm, with exponential growth, and over 25 million players, and South Africa is quickly catching on.
With its fun, social format and easyto-learn style, padel is drawing players of all ages and abilities.
Oh! Padel aims to make the sport accessible to Stanford and the surrounding community and visitors and tourists alike, with facilities designed for everyone, from first-timers to seasoned competitors.
“At Oh! Padel, our goal is simple: to bring people together through the joy of padel,” says founders, Lindi and Heidi.
“We’re not just opening a sports
Rugbyspanne gereed
Dit is Saterdag ’n groot dag vir die twee topspanne van die Overberg, Botrivier en Safcol van Grabouw.
Botrivier pak Villagers van Worcester Saterdag om 15:00 op Botla se tuisveld terwyl Saffies ook om 15:00 verlede jaar se kampioen, Robertson Town, takel. Daar was ook groot omstredenheid rakende die wedstryd tussen Safcol en Robertson aangesien Robertson die naweek in die Pick n Pay Gold Cup-toernooi teen die span van College Rovers-rugbyklub te staan sou kom.
“Te danke aan die ingryping van die Boland-rugbyunie se president, Bennie van Rooi, en ná samesprekings met die verskillende rolspelers, kan Robertson-rugbyklub nou in albei kompetisies deelneem en met hul beste beskikbare spelers speel. Ons wil Roberteson baie sterkte toewens met hul taak Sondag wanneer hulle die Boland-rugbyunie se vaandel sal dra,” het die BRU op sy Facebook-blad bekend gemaak.
Rugbyondersteuners is nie almal so positief oor die verwikkelinge nie en volgens ’n anonieme bron voel hy dat die ligaverpligtinge en die uitspeelwedstryde vroeër moet begin aangesien dit elke jaar dieselfde probleem is. “Robertson Town is Boland se ambassadeur by die Gold Cup. Nou moet hulle twee wedstryde oor ’n naweek speel. [Die betrokkenes] moet toesien dat beter beplanning in die toekoms gedoen word,” het hy gesê.
Facebook het ook gegons: “Elke jaar bots die Gold Cup met die Top-12. Hoekom kan die ligakompetisie nie vroeër begin nie?
BRU kan regtig beter reëlings tref.”
Ander voel weer die Top-12-wedstryd moet na die middel van die week verskuif word om die spelers kans te gee om te rus.
NOTICEOFSALEINEXECUTION
Inthecasebetween SHELTONHENRYGOLIATH and BECKAZAKUSECURITYCCT/ASAFE SECURITYSYSTEMSCaseNumber 20180/2022
venue, we’re building a welcoming community where fun comes first, teamwork wins, and everyone can feel part of something bigger.
“Oh! Padel is more than just a sports venue, it’s a community.
With a vision to be the most vibrant and welcoming padel community in Stanford, Oh! Padel creates spaces where people of all ages and abilities can play, connect, and grow.
Built on values of fun, teamwork, professionalism, community spirit, and always learning, Oh! Padel is redefining how South Africans experience sport and lifestyle together.”
The Stanford venue will feature state-of-the-art courts, a Padel Pro Shop, and the Oh! Yum coffee and snack truck, making it a destination for both play and relaxation.
Aligned with Oh! Padel’s values, the venue will also host group sessions, open days for locals and specials throughout the year to encourage more people to experience the sport.
For all the latest updates visit the Instagram for Facebook page or visit the website for more information, https:// www.ohpadel.club/About Oh! Padel
LETTERS/BR EWE Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for nonpublication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes
OMBUDSMAN
Contact the Hermanus Times ombudsman with reader complaints. Any complaints, queries or suggestions about content in Hermanus Times may be sent to our ombudsman, George Claassen, on 021 851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za.
Stuur enige klagtes, navrae of voors telle oar die inhoud van Herma nus Times aan ans ombudsman, George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.
�o�ceisherebygiventhattheFirstandFinal Liquida�onandDistribu�onAccountwillbeopen forinspec�onofallinterestedpersonsattheoffice oftheMasteroftheHighCourtinCapeTownand theMagistrateatHermanusforaperiodof21days from 10OCTOBER2025.
STIRKYAZBEKATTORNEYS A�orneysfortheExecutor 18VincentRoad Vincent EastLondon Ref:Ma�hewYazbek/MAT50669
NM10030926-HL081025
Kom draf, kom stap, kom vier Afrikaans met die Toyota Stellenbosch Woordfees se opwindende Velddraf met woorde op 12 Oktober.
Hermanus is riding the crest of a new wave as world-class powerboat and jetski training makes its debut in the coastal town, bringing internationally recognised qualifications right to our local doorstep!
Gone are the days when aspiring superyacht crew and watercraft enthusiasts had to venture far from home to earn their maritime stripes. Thanks to a groundbreaking new academy, the Overstrand has officially entered the big leagues of nautical education – and the response has been nothing short of spectacular.
Neptune Divers and Cruises in Hermanus recently received accreditation from the international Royal Yachting Association (RYA) and it can now offer official training in powerboat and personal watercraft (jetski) through its new chapter, the Neptune Nautical Academy.
The Academy is the first in the Over-
Powerboat and jetski training
strand to offer certified training in RYA Powerboat level 2 and PWC proficiency course. It opened its doors on 24 September with 33 students.
Marx Möhr, co-owner of Neptune Divers and Cruises is the chief instructor of the Academy while his wife, Makayla is the principal officer.
“A RYA powerboat Level 2 and the PWC proficiency certificate equip students with far more than just the ability to handle a jet ski or other watercraft,” explains Marx. “You learn how to launch, operate, and recover watercrafts safely, while also building essential navigation, weather awareness and general seamanship skills. In short, an RYA certificate makes you safer, more insurable, more employable and gives you freedom to enjoy the water anywhere in
the world.”
Makayla added that the powerboat level 2 (two days) and the PWC proficiency (one day) courses are especially valuable for aspiring or current superyacht crew and other watercraft operators, providing them with a sought-af ter qualification rec ognised worldwide.
“Bringing RYA-accredited training to Hermanus is not just a milestone for Neptune, but also a boost for the Overstrand econ omy. It offers locals and visitors alike access to training that was previously only available further afield,” Marx concluded.
Train by best to be best
Jong atleet het oog op Olimpiese Spele
’n Blink toekoms wag op die 17-jarige Jayden van der Merwe van Hermanus. Dié 400m- en 800m-atleet het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Christelike Skolesportvereniging (Sacssa) se nasionale baan- en veldkampioenskap deelgeneem. Die byeenkoms is in Pietermaritzburg gehou. Al is hy net 17 jaar oud, het hy teen mans meegeding wat in hul 20’s is. Hy was vierde in die 400m sowel as in die 800m.
Jayden is nog altyd lief vir sport en by verlede jaar se streekkompetisie, waar hy ’n eerste plek in die 400m behaal het, het hy besef atletiek is een van sy gunstelingsportsoorte. Hy droom ook groot en glo sy harde werk sal eendag vrugte afwerp. “Ek sal graag eendag aan die Olimpiese Spele wil deelneem en daarna in my afrigter, Susan van der Walt, se spore wil volg en ’n afrigter word sodat ek mense kan help om hul atletiekdrome na te streef,” vertel hy. Net soos menige ander 400m-atleet is Jayden ’n groot aanhanger van Wayde van Niekerk. “Ek onthou hoe ons almal
hom tydens die 2016- Olimpiese Spele dopgehou het. Hy het ’n wêreldrekord in die 400m opgestel en dit terwyl hy in baan agt gehardloop het. Dit is die moeilikste baan omdat jy nie regtig kan bepaal of jy voor of agter die ander atlete hardloop nie.”
Al is dit nie altyd maanskyn en rose op die sportveld nie en al moet atlete ook beserings in die gesig staar, glo Jayden daaraan dat jy nooit moet moed opgee nie. “Moenie jou drome prysgee nie; dit maak nie saak hoe moeilik die pad is om jou drome te bereik nie. God is in beheer en Hy sal jou nooit ’n struikelblok gee waaroor jy nie kan kom nie.”
Jayden, wat ses dae per week oefen, speel in sy aftyd graag vlugbal op die strand sowel as krieket en rugby en bring graag tyd saam met sy familie en vriende deur. Hy is dankbaar vir alles wat sy ouers in sy lewe gedoen het. “Ek kyk veral op na my ouers, Rian en Janine – hulle het my nie net onvoorwaardelik lief nie, maar is ook my getrouste ondersteuners en is altyd langs die baan
om my aan te moedig.”
Verder speel sy afrigter ook ’n groot rol in sy lewe. “Coach Sanna inspireer my altyd om my doelwitte te bereik en uitdagings te oorkom. Sy leer my om positief te bly, al is die mededinging erg.” Volgens Jayden sou hy nie al die dinge kon bereik as dit nie vir almal was wat ’n rol in sy lewe gespeel het nie. “Eerstens wil ek al die eer aan God gee. Baie dankie aan my ouers dat hulle nog altyd geglo het ek sal uitkom waar ek nou is; Coach Sanna vir al die harde werk wat sy doen om my suksesvol te maak en dat sy hierdie pad saam met my stap; en Overberg Homeschool Athletics, waar ek in 2023 met atletiek begin het. Dankie ook aan my vriende en aan Lynn-Mari wat my voor elke resies bel en sterkte toewens.”
Verder bedank hy ook Curro Hermanus, wat hom toelaat om sy liefde vir sport uit te leef. “Curro Hermanus gee my die geleentheid om atletiek, rugby en krieket saam met hulle te doen. Dit beteken baie vir my.”
Jayden van der Merwe is ’n jong atleet van Hermanus wat nog hoë hoogtes gaan bereik.
Hermanus is riding the crest of a new wave as worldclass powerboat and jetski training makes its debut in the coastal town.