Gazette-ST-E-edition-17 June 2025

Page 1


Swartland Gazette

Sêneevirgeslagsgeweld!

Weskus-kollege vaar die strate in

Personeellede van die Weskus Kollege het die afgelope Vrydag (13 Junie) die strate van Malmesbury ingevaar om hul ondersteuning aan die nasionale bewusmakingsveldtog oor geslagsgeweld te verleen.

Die prinsipaal van Weskus Kollege, Lungisa Mbulawa, sê daar is besluit om ’n optog te hou om die plaaslike gemeenskap, personeel en studente rakende geslagsgeweld op te voed en almal in te lig oor watter hulp tot hul beskikking is indien daar wel ’n misdaad van dié aard gepleeg word.

Personeellede van sover as Citrusdal se kampus het aan die staptog van 7km van die Malmesbury-landbousaal tot by die kollege en terug deelgeneem

“Ons as ’n opvoedkundige instituut sê nee vir geslagsgebaseerde geweld, moedig dit nie aan nie en wil graag die gemeenskap aanmoedig om nee te sê wanneer dit by geslagsgebaseerde geweld kom,” sê Mbulawa.

“Indien dit wel plaasvind, moet die voorval aan die plaaslike polisie gerapporteer word sodat die polisie hul werk kan doen en die oortreders in hegtenis kan neem.”

Ivan Swart, die kollege se openbarebetrekkingebeampte, sê hoewel die nasionale veldtog reeds in sy 59ste dag is, het die kollege besluit om ook ’n optog te hou

“Die veldtog is by die kampusse uitgerol sodat daar verskillende byeenkomste en aksies gedurende die week plaasvind Vandag was een van die grootste optredes wat ons uitgevoer het, maar dit is hopelik ook nie die laaste nie.”

Youth Day Is Here!

Hyundai Malmesbury's Test Drive Day for Youth! Join us for a fun-filled day of test drives and one-day deal special! Meet our team and management, while enjoying a delicious boerewors roll on us!

When : 21 June 2025

Where : Hyundai Malmesbury Time : 8 am till 1 pm

Don't miss out on this fantastic opportunity to experienc latest Hyundai models while concluding a special dea experience the deal

Personeellede van die verskeie Weskus Kollege-kampusse (bo) het die afgelope Vrydag (13 Junie) by die Malmesbury-landbousaal byeengekom om aan ’n optog vir die bewusmaking van geslagsgeweld (onder) deel te neem.

Swartlanders in gesogte bundel

Twee inwoners en skrywers van die Swartland se inskrywings het die 2025- Stellenbosch-Woordfeeskortverhaalbundel gehaal.

Anna-Bet Stemmet van Malmesbury en Herman Jonker van Riebeek-Kasteel se kortverhale is vanjaar deel van 22 verhale wat vir publikasie in die tiende Stellenbosch-bundel gekies is Die eerste bundel, Bly, het in 2016 verskyn. Sedertdien het agt ander soortgelyke bundels die lig gesien Ál nege bundels is baie goed deur skrywers en die leserspubliek ondersteun en ook gunstig deur kritici ontvang. Die ervare uitgewersredakteur Suzette Kotzé-Myburgh is sedert die eerste Woordfeeskortverhaalbundel die sameroeper van die keurderspaneel. Volgens haar is die kortverhaalbundel uniek in dié opsig dat nuwe en gevestigde skrywers op gelyke voet meeding Die keuring geskied volkome anoniem en daarom is die speelveld vir alle deelnemers werklik gelyk. “Aan die begin van dié projek was die feesdirekteur, Saartjie Botha, se visie om met elke bundel ’n oes kortverhale te versamel wat as ’n soort literêre jaarboek sal dien en iets van die spesifieke tydsgees weerspieël. Dit het ons as samestellers nog telkens gevind – dat ’n kerntema te midde van ’n bonte versameling temas uitstaan en wat verskillende skrywers as hul onderwerp gekies het sonder dat hulle enige voorskrifte oor ’n tema gehad het” Dié projek lê Botha na aan die hart. “Die Woordfees het ontstaan as ’n literêre fees en die woord en skrywers

gebeurtenis het my so diep geraak dat ek direk daarna voor my rekenaar gaan sit het en die storie, ‘Chatsworth, Suster’, binne twee ure van voor tot agter klaar geskryf het Ek het hier en daar iets reggetrek voordat ek dit Maandagoggend op die nippertjie ingedien het,” sê Stemmet. “Die verhaal is ’n aweregse liefdesbrief aan Malmesbury sowel as ’n stille ondersoek na daardie oomblikke wanneer ’n gewone dag skielik skeefloop, in die beste moontlike sin. ’n Vrou, wat op pad was om haar warboel-oggend reg te ruk, beleef ’n ontmoeting wat haar nie net van rigting verander nie, maar ook iets in haar self verskuif,” vertel sy Jonker se inskrywing is een wat hy uit sy lêer bestaande kortverhale gaan haal het. Volgens hom het hy nog nooit in die kortverhaal-genre gepubliseer nie.

Hoewel sy inskrywing nie op die Swartland gegrond is nie, is dit ’n “lekker plattelandse verhaal”. Hy beskryf homself as ’n kontreiskrywer wat nie sommer sy inspirasie uit die stad sal kry

Vaders en seuns kom byeen

Die Vooruitsig Primêre Skool in Darling het die afgelope Donderdag (12 Junie) ’n pa-en-seun-byeenkoms aangebied. Die geleentheid was daarop gemik om die belangrikheid van mentorskap en ouerbetrokkenheid te beklemtoon

Seuns sonder ’n vaderfiguur is deur hul moeders vergesel.

Volgens die organiseerder, André Dirks, is leiers volop in die gemeenskap, maar mentorskap is skaars Daarom het die skoolbeheerliggaam (SBL) die inisiatief geneem om hierdie verhouding te versterk. Dirks beklemtoon dat pa’s dikwels terugstaan wanneer dit by hul seuns se ontwikkeling kom, terwyl hul ma’s aktief betrokke bly.

“Sport het die unieke vermoë om mense te verenig en daarom is dit as ’n sleutelplatform gebruik om gemeenskapsverhoudings te versterk,” verduidelik hy.

figuur verduidelik. “’n Vader se invloed lê in sy stem – dit bepaal hoe ’n seun respek en gesag ervaar, maar ook hoe hy sy karakter as toekomstige gesinsleier vorm,” sê hy Sambaba het ook aangekondig dat hy, in samewerking met die Fatherhood Foundation of South Africa onder leiding van Zane Meas – beter bekend as Neville Meintjies van 7de Laan – ’n bewusmakingsveldtog in Vredenburg sal aanbied. Die verrigtinge begin op 4 Julie met ’n manne-aand, gevolg deur ’n pa-en-seunaand. Dit sluit op 6 Julie af met ’n familiediens by Sharon Pentecostal Ministries. Die veldtog is daarop gemik om vaderlike betrokkenheid te bevorder en mentorverhoudings binne gemeenskappe te versterk.

Die byeenkoms is afgesluit met ’n gebed, waarna verversings aan vaders, moeders en kinders voorsien is

Agter, van links is Cameron Warnick, Franna Cillie en Charmaigne Cillie (Living Ball), Emile Lewis, Ntsikelelo Bobe, Morne Louw en die SBL-voorsitter Archie Mbhele Voor: Waydon Jacobs, Yolanda Mckay, AK Warnick (wyksraadslid), Morgan Sambaba (gasspreker), Reginald Lewis (skoolhoof), Nowenda Solomons en die organiseerder, André Dirks
Anna-Bet Stemmet Herman Jonker

Swartland beloon vir vernuwing

Die Swartland-munisipaliteit is die trotse nuwe eienaar van ’n gesogte toekenning van die Wes-Kaapse regering vir hul vernuwingswerk in die openbare sektor.

Die toekenning volg nadat die munisipaliteit daarin geslaag het om honderde permanente werksgeleenthede in bykans drie jaar te skep. Die toekenning, naamlik die Openbaresektorinnovasietoekenning, is volgens ’n verklaring deur die munisipaliteit op Dinsdag (10 Junie) ontvang. Swartland se oorwinning in dié afdeling was die gevolg van ’n vernuwende projek wat tot dusver 611 permanente werksgeleenthede binne die private sektor van die munisipaliteit moontlik gemaak het én wat voortgaan om geleenhede vir plaaslike inwoners te skep Hul inskrywing weerspieël hoe ’n ekonomiese openbareinfrastruktuur-belegging van R12,3 miljoen vir die bou van ’n verkeersirkel betekenisvolle kommersiële groei strategies ontsluit het. “Die munisipaliteit se belegging het die kernuitdaging van beperkte toeganklikheid en mobiliteit op die

betrokke ontwikkelingsterrein, wat deur onvoldoende padinfrastruktuur veroorsaak is, gepak.

Eerder as om op private beleggers vir die finansiering van die noodsaaklike opgraderings van die pad staat te maak, het die munisipaliteit opgetree om die uitdaging te oorkom.”

‘Prioritise rural violence’ –

Rasaad Adams

The contentious issue of farm attacks was taken to Parliament last week when Ian Cameron, in his capacity as the DA’s spokesperson on police, called on the South African Police Service to declare farm attacks and rural violence on both farmers and workers a national policing priority.

“This is not only to protect the food producers of the country,” he said, “but to defend every South African who labours in our agricultural heartlands under constant threat of violence.”

Cameron said while the 12,4% national decrease in murder over the last quarter is welcome, the unrelenting violence that rural communities continue to face cannot be ignored.

The fourth-quarter crime statistics included a section entitled “Attacks on rural communities”. Here police recorded that between January and March 2025 six murders took place in farming areas, one rape case was reported and there were 13 attempted murders. There were also 11 assaults with intent to do grievous bodily harm (GBH) and 53 robberies with aggravating circumstances.

“These are often not opportunistic crimes,” Cameron said. “They are calculated, brutal and often feature torture, rape and execution-style-killings. Many of these attacks are disproportionately violent where victims are left mutilated and tortured.” He said these were not just crimes against individuals but “attacks on the constitutional right to dignity, life and safety.”

Cameron

Cameron said government’s Rural Safety Strategy, “adopted with much fanfare”, remained inconsistently implemented and underfunded without clear accountability.

“Crime intelligence in rural areas is scarce-to-non-existent.

Rural police stations remain understaffed, under-resourced and overwhelmed.

“A recent police strategic briefing highlighted once again the need for an intelligence-led policing model to guide operations This is a move the DA wholeheartedly supports

“This must not remain in the realm of theory It must translate into rural deployments backed by crime analyses, actionable intelligence and swift prosecution-led investigations.”

The South African government initially adopted the Rural Safety Strategy in July 2011. Later reviewed and approved in August 2019, with implementation starting in April 2020, it is a comprehensive approach to address safety and security in rural areas, for farming communities and general rural populations.

It focuses on enhanced policing, accessibility and integrated, multi-disciplinary crime-prevention measures. The strategy aims to reduce crime, improve service delivery and strengthen relationships between law enforcement and rural communities.

Die doelgerigte munisipale ingryping was volgens die verklaring van kritieke belang om beduidende private projekte moontlik te maak, soos die DeZwartlandMarkt-winkel- sentrum en die Malmesbury Crestcare-hospitaal, wat onderskeidelik in 2023 en 2024 geopen is.

die

“Hierdie ontwikkelings beklemtoon hoe openbare infrastruktuurbeleggings aansienlike private belegging kan meebring, werk kan skep en volhoubare munisipale inkomstegroei kan verseker.”

Hul benadering tot infrastruktuurontwikkeling bied verskeie

beduidende voordele vir die munisipaliteit sowel as private ontwikkelaars deur beleggingsrisiko vir ontwikkelaars te verminder, tydlyne vir die voltooiing van projekte te versnel en aan huidige en toekomstige ontwikkelaars te demonstreer hoe die Swartland- munisipaliteit ekonomiese ontwikkeling aktief fasiliteer en meer as ’n passiewe rol in pro-aktiewe vennootskappe vervul.

Die uitvoerende burgemeester, Harold Cleophas, meen die prestasie wat deur die munisipaliteit behaal is, is ’n duidelike teken dat die regering nie volhoubare indiensneming laat gebeur nie.

“Werk moet deur die private sektor geskep word. Daarom is dit ons fokus om seker te maak dat die infrastruktuur gereed is vir beleggings.”

Joggie Scholtz, die munisipale bestuurder van die Swartlandmunisipaliteit, het op sy beurt gesê die plaaslike regering moet geleenthede skep deur in infrastruktuur te belê – in samewerking met private ontwikkelaars – sodat beleggings wat volhoubare werksgeleenthede skep, kan realiseer.

Spaza owners learn food safety

The West Coast District Municipality (WCDM), in collaboration with environmental health students from Cape Peninsula University of Technology (CPUT), hosted a successful food-safety training session for local spaza-shop owners in the Bergrivier municipal area recently Organised by environmental-health practitioners from the area, the training aimed to enhance hygiene standards, promote compliance with health regulations and equip spaza shop owners with essential knowledge to serve their communities better The

session covered key topics such as food handling, storage and cleanliness practices, all critical for ensuring safer and healthier trade within the informal retail sector

Dr Suné Henning of the Department of Food Science and Technology at CPUT expressed appreciation of the collaboration “CPUT would not have been able to do this without your partnership and assistance ” Surene Grootboom, Senior Manager of Environmental Health Services at WCDM, emphasised the importance of building strong partnerships

that foster safer community environments “While we play a specific role in ensuring spaza-shop owners comply with food-safety norms and standards we must also remain approachable and accessible when there are uncertainties about legislation This training session is one of many interventions aimed at raising awareness of our responsibilities and roles within the broader public-health framework ” Participants expressed gratitude, noting they felt more confident about managing their own businesses responsibly and safely

Die personeel van die Swartland-munisipaliteit vier hul toekenning vir vernuwing in
openbare sektor saam met die uitvoerende burgemeester van die streek, die raadsheer Harold Cleophas
Ian Cameron Photo: GCIS
Participants in the food-safety training

Storie agter nuus in nuwe TV-reeks

Die jongste TV-reeks Die Nuusmakers neem kykers op ’n reis oor hoe dit voel om ’n joernalis te wees.

Dié aangrypende reeks word op KykNet (DStv-kanaal 144) uitgesaai en het op 27Mei begin.

Rolanda Marais, ’n boorling van Wellington, vertolk die hoofrol van Adri Joubert, wat al vir twee dekades die aandnuus op TV lees. Haar lewe verander handomkeer toe haar man vermoor en haar eie lewe op die ou einde die onderwerp van die nuus word Dit gebeur alles te midde ’n nasionale krisis wat die land ruk.

Die lewe is in ’n oogwink nie meer dieselfde vir Joubert nie.

“In ’n era van fopnuus en diep-vervalsings vra Die Nuusmakers wie ons vertrou – en waarom. Joubert verteenwoordig ’n geslag nuuslesers wat soos familielede in Suid-Afrikaanse huise geword het en haar reis weerspieël ons gesamentlike stryd om by veranderende werklikhede aan te pas,” sê Karen Jeynes van Both Worlds, die produksie-maatskappy wat die reeks vervaardig.

Marais sê hulle het ’n strawwe verfilmingskedule gehad, maar nadat sy die eindproduk gesien het, het sy geweet dit was die moeite werd.

“Ons skiet uit kontinuïteit uit, dus moet ’n mens baie goed kophou waar die karakter se emosionele vlak lê. Ek het besef hoe baie joernaliste prysgee om hul werk met integriteit te doen – familiebyeenkomste, soms vriendskappe, verhoudings en laat nagte op kantoor,” sê Marais.

“As daar ’n brandende passie binne jou leef, moet jy daarop antwoord en joernaliste sal selfs hul eie lewe in gevaar stel om agter die kap van die byl te kom. Ek het tydens die skiet van hierdie reeks baie respek daarvoor ontwikkel

“Die boodskap wat ek van hierdie reeks wegneem, is dat ’n mens altyd kan kies om die waarheid te volg. Dis nie altyd maklik nie, maar dit is uiteindelik gewis meer lonend Kyk, daar is mos maar altyd twee kante van ’n storie en soms kies joernaliste die meer onsmaaklike kant, want dit lok meer kykers of lesers ” •Die Nuusmakers kan elke Dinsdag om 20:00 op KykNet (DStv-kanaal 144) gevolg word

Ses

verhale

wat bemoedig, onthuts en ’n glimlag verleen

In hierdie sesde maand kyk ons na ses verhale – en dis als die waarheid.

Eerstens ons onlangse besoek aan Mosselbaai se Posboom: Ons was onseker oor die veiligheid daar, dus was die verrassing groot toe ons vriendelike personeel en ’n veilig omheinde kultuursentrum daar aantref, al spring betonstrukture soos paddastoele rondom dit op ’n Mens kry teen ’n klein bedraggie toegang tot ’n akwarium, ’n lewensgetroue nabootsing van Bartholomias Dias se karveel en sy standbeeld, asook die 500 jaar oue melkhoutboom en stewelvormige posbus waar seevaarders in 1501 ’n brief binne ’n stewel gebêre het

‘Afrikaans

is almal se taal’

draes daarheen stuur Nie almal wat rose belowe, bemes die akker nie Hoe het die Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai sy naam gekry? Lank voordat ’n brug oor die Stilbaai-rivier gebou is, het die destydse skoolhoof ’n skoolkonsert aan die oorkant van die rivier bygewoon. Die gewone manier om die rivier bo-op ’n pont oor te steek, loop daardie donker nag van 6 Desember 1952 skeef toe Barnard se motor van die pont af gly Hy en sy sekretaresse het saam in die breë Goukou-rivier verdrink Toe die huidige skool twee jaar later ingewy word, was die besluit eenparig: Om oorlede Bertie Barnard op daardie manier te vereer (Uit respek vir die dode het ek nié gegoogle oor die sekretaresse se ouderdom of mnr Barnard se huwelikstatus nie!)

Limpopo se Nylstroom het sy naam gekry nadat die Jerusalemtrekkers, ’n Voortrekker-splintergroep in die 1860’s na die Heilige Land begin soek het Hulle het hul bestemming sommer in die Waterberge al gevind. Kan ons daardie GPS-lose mense verkwalik dat hulle geglo het die breë rivier en enkele spitskoppies (kamma piramides) is hul “heilige land”?

ChantélleHartebeest

“Ek wil hê Afrikaans moet lewend bly en as ons mense verdruk en mense laat voel asof hulle nie goed genoeg is om die taal te praat nie, kan ek nou vir jou sê gaan dit die grootste krisis vir Afrikaans in die toekoms wees ”

Hierdie is die treffende woorde van die bekroonde radio-omroeper Martelize Brink verlede Saterdag (7 Junie) by een van talle vieringe vir Afrikaans, wat vanjaar sy 100ste jaar as amptelike taal in Suid-Afrika vier

Die geleentheid het by die Anglo Boere-oorlog-monument op die Laboriewynlandgoed in die Paarl plaasgevind Dit is aangebied deur die Anglo Boere-oorlogtrust, wat die ryk en kleurvolle erfenis van Afrikaans saam met die gehoor op die geleentheid vereer het

Brink het ook as spreker en programleier by die geleentheid opgetree Sy het benadruk watter groot rol almal daarin speel om dié pragtige taal in die toekoms te laat voortleef

Sy vertel toe sy jare gelede by RSG begin het, was die gehalte van haar Afrikaans nie op die standaard wat dit moes wees nie Dit het haar laat voel dat sy nie haar posisie by RSG verdien nie Brink het dit toe haar werk gemaak om “hogere Afrikaanse literatuur” te lees – veral boeke wat oor “swaar” inhoud gehandel het.

“In Engels praat hulle van imposter syndrome en dit is hoe ek baie oor my Afrikaans gevoel het, want ek het net gevoel daar is mense wat daarin gespesialiseer het en dus verdien om hier te wees

Toe besef ek eendag hierdie is eintlik hoekom ek hier is Ek weet hoe dit voel om na gekyk te word op ’n manier asof jy nie deel is van ’n groep nie Jy pas nêrens in nie en ek sit partykeer met mense wat spesialiste is in hul veld wat kom vir ’n onderhoud en dan bewe hy of sy van die angs, want hulle moet in Afrikaans praat,” het Brink gesê

“Dan is hulle Afrikaanssprekend, maar hulle het byvoorbeeld soos ek in Engels studeer en eksamen geskryf Só iemand is bang om onderhoude op RSG te kom doen, want hulle dink nie hul Afrikaans is goed genoeg nie Dit is ’n krisis en ek veg my hele loopbaan daarteen en sê vir mense om te kom Dit is spesifiek – en ek gaan dit sommer direk sê – ouens van die Kaapse Vlakte wat sê ‘Nee, my Afrikaans is nie goed nie’ Ek wil nie hê mense moet so voel nie ”

Volgens Brink is haar standpunt dat dit vir haar as radio-omroeper belangrik is om in standaard-Afrikaans te praat, maar as haar gas nie op dieselfde vlak as sy praat

nie, gaan sy hom of haar nie verjaag nie “Ruimte moet vir almal gemaak word Ek het my hele lewe nog geglo – van kleintyd af – almal van ons het ’n plek onder die son Dit is vir my ’n probleem, want jy kry partykeer SMS’e van mense wat so onontvanklik is

“Ek het ’n ruk gelede ’n onderhoud gedoen met die ou wat mense uit myne red Dit is letterlik ’n spesialis-maatskappy en daai ou het al duisende lewens gered Tydens die onderhoud gooi hy toe hier en daar ’n Engelse woord in en dat ’n ou wragtig vir my ’n SMS stuur en sê: ‘Martelize, dis darem swak van jou by RSG. Jy moes daai ou onderbreek het en gesê het ons gaan nie voortgaan met die onderhoud nie, want jy kan nie Afrikaans praat nie’

“Daar voel ek dus net daar is ’n balans in hoe passievol ons is oor ons taal en hoe ons daarvoor veg en dat taal so belangrik raak dat die feit dat daardie man mense se lewe red, nie goed genoeg is nie en nie ook ’n posisie van belang het nie

“Dit is iets waarvoor ek altyd sal veg –vir enigiemand wat ’n vorm van Afrikaans praat Ek weet hoe moeilik dit is, mense Ons almal het ons dinge, maar ek sal altyd veg vir die ou wat voel hy hoort nie ” Brink voeg by sy weet van lande waar hul inheemse tale besig is om uit te sterf omdat die jonger geslag nie die taal praat nie “Dus moet mense aangemoedig word om Afrikaans te praat en nie gekritiseer word oor hoe hulle dit praat nie ” Prof Dorothea van Zyl het verder breedvoerig gesels oor die belangrike rol wat vroue in die Anglo Boere-oorlog-tydperk gespeel het en die massa vrouevergaderings wat in daardie tyd op die wynlandgoed plaasgevind het Haar toespraak is gevolg deur ’n jong Voortrekkerkoor wat die gehoor met sangitems vermaak het

Is jou boerewors die beste?

In Maart vanjaar moes die Kaapstadse Dierebeskermingsvereniging ’n dringende hofbevel by die Atlantishof kry voordat 163 verwaarloosde honde en 29 bosluisbesmette skilpaaie uit die aaklige verwaarlosing van die Mahanainfeet Sanctuary bevry kon word. Die liefdelose mens wat gesonde troeteldiere en duisende rande se skenkings van diereliefhebbers ingeneem het, het versuim om persoonlike rekeninge te betaal en vroeër dieselfde verwaarlosingsroete met Suid-Kaapse perde gevolg. DBV-beamptes pleit nou dat skenkers altyd dierewelsynsorganisasie persoonlik besoek voordat hulle by-

Die Robin Hood-stigting het pas sy 20ste verjaardag in Durban gevier Hierdie vroue het uit dankbaarheid vir hul eie voorregte dié organisasie sonder winsoogmerk gestig en só duisende harte verbly: Die bou van vier selfstandige kleuterskole; ondersteuning aan kwesbare babas kinders en ouers; gratis toebroodjie-dae; en betaalde sterilisasies vir honderde troeteldiere “Ons het baie wonderwerke sien gebeur en self gegroei, vertel ’n vroue- Robin Hoodlid 20 jaar later

Afsluitend ’n verhaal waaroor ek selfs snags kliphard lag: Toe ons verlede week hoor van ’n plattelandse aftreeoord sonder enige brand-ontruimingsmaatreëls, onthou iemand ’n ontruimingsoefening uit sy onderwysdae: Terwyl almal fluks die skool ontruim, kerm ’n gr 3-meisietjie reg deur alles. Tot iemand ordentlik na haar luister: Sy’t geglo dis die oordeelsdag, vandaar haar geteem: “Ek wou nog eers ’n baby gehad het ” UIT

As jou boereworsresep goed genoeg is om jou ’n bynaam soos Grill Sergeant, Jamie Olivewors of Braaian Reynolds te laat verdien, nooi Shoprite Checkers jou om jou beste resep in te skryf vir die 33ste jaarlikse Boerewors-kampioenskap voor inskrywings op 20Junie sluit. Suid-Afrika se 2025 Boereworskampioen sal wegry met die hoofprys – ’n splinternuwe Toyota Fortuner 2.4 ter waarde van R705800 – en die spogregte om sy/haar wenresep by Shoprite- en Checkers-winkels landwyd te verkoop. Deur die land se mees outentieke en heerlikste tradisionele resepte, gemaak met net die beste gehalte-bestanddele, ten toon te stel, het SA se nr.1-kampioenskapboerewors hom die afgelope drie dekades stewig as ’n klantegunsteling gevestig. Oor die afgelope jaar alleen het Shoprite- en Checkers-slaghuise byna 6miljoenkg (6000 ton) se Kampi- oenskap-boerewors verkoop – genoeg om 56miljoen boereworsrolletjies te maak.

“Hierdie kompetisie is ’n viering van Suid-Afrika – nie net die land se ryk voedselerfenis nie, maar ook die kultuur wat ons gebou het deur tyd saam met vriende en familie rondom braai0vleisvure deur te bring Om hierdie titel van Boereworskampioen te wen en deel te word van hierdie nalatenskap, was so ’n eer. Die deelnemers is almal soos koninklikes behandel, en die ervaring was onvergeetlik, en daarom sal ek weer

inskryf,” sê die wenner van die 2024 Kampioenskap-boerewors-kompetisie, Ruard Briel. Daar word van deelnemers verwag om vaardigheid en die bemeestering van die volle proses van boerewors-maak te demonstreer – van die vermenging van die perfekte mengsel van kruie en speserye tot die verwerking van die vleis en ook die vervaardiging van perfek gevulde en gaar boerewors.

Alle inskrywings sal deur ’n paneel kulinêre kundiges van die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging (SACA) beoordeel word. Ingediende resepte moet voldoen aan tradisionele boerewors-maakriglyne en sal streng gekeur word voordat hulle na die volgende ronde beweeg. Sodra dit bekragtig is, sal die beoordelaars ’n kortlys van 30 resepte opstel voordat hulle tot die top-10-finaliste beperk word. Die finaliste neem deel aan ’n spesiale regstreekse kookgeleentheid waar ’n paneel beoordelaars een verdienstelike deelnemer as die Kampioenskap-boerewors-wenner vir 2025 sal kroon. Die wenner en naaswenners ontvang die volgende:

• Eerste prys: ’n Nuwe Toyota Fortuner 2.4GD-6RBAT en R20000; Tweede prys: R50000; • Derde prys: R30000. Besoek www.championshipboerewors co.za vir nog inligting of om in te skryf.

Rolanda Marais
Van links is Francis Nieuwoudt, Louis Louw, Hybré van Niekerk, dr. Dorothea van Zyl, dr. Carel Stander en Dirk Breytenbach by ’n viering van Afrikaans op die Laborie-landgoed Voor is Martelize Brink

CK BLINDS Vervaardigers en verskaffers van alle tipe blindings. Gratis kwotasies. Doen ook herstelwerk Kontak Elsabé 072 126 2394.

GEORGE HERBALIST For most of your problems and unfinished jobs by other herbalists. Pay after work is done. WhatsApp 069 718 2220

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.