Students of Stellenbosch University’s Faculty of Medicine and Health Sciences commemorated International Nurses and Midwives Day with the theme “Our Nurses, Our Future – Critical in Time of Crisis” on Monday 12 May – the birthday of Florence Nightingale The event highlighted the key role of nurses and midwives in healthcare, especially in crisis, and
SkoteklapinCloetesville
Dit was ’n bloedige begin van die week toe ’n skietery Maandagoggend (12 Mei) in Cloetesville uitgebreek het.
Dié skietery volg ná weke se geweld. In die jongste voorval is twee mans gewond terwyl hulle om 06:50 op pad werk toe was. Volgens die Cloetesville-polisie was dié twee in Langstraat in ’n, onderweg na hul werksplek.
“Terwyl die slagoffers in Langstraat onderweg was, het twee verdagtes uit die bosse gekom en begin skiet. Die slagoffers kon die verdagtes sien, omdat die voertuig se ligte op hulle geskyn het. Die twee het uit die voertuig gespring en ’n ander voertuig voorgekeer, wat hulle na die Stellenbosch-hospitaal vervoer het,” het AO Zenobia Sedeman, ’n polisiewoordvoerder, gesê.
Een van die slagoffers is in sy linkerarm getref en die ander het ’n skietwond aan die linkerkant van sy liggaam opgedoen.
“Cloetesville leef in vrees. Mense is paniekbevange as gevolg van hierdie bendes. Dit raak net erger,” het ’n inwoner gesê. Volgens dié Cloetesviller moet
bendelede deur beide inwoners en die polisie uit die gemeenskap gedryf word
“Hulle moet gejaag word soos ’n hasie wat deur ’n leeu gejag word. Die mense moet uitgedryf word; soveel so dat hulle nêrens rus kan vind nie,” meen hy.
Inwoners vertel hoe skote soggens en saans in die buurt gehoor kan word. Beroepe vir die weermag om weens die bendegeweld in te gryp, noodkrete vir inwoners om saam te staan en vrae vir gebede is weer ná Maandag se voorval geopper.
Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement was só bekommerd oor werkers se veiligheid dat die Aan Het Pad-kliniek se deure Dinsdag gesluit was.
Die departement het die kliniek Woensdagoggend weer oopgestel nadat personeellede die vorige dag na ander gesondheidsfasiliteite in Stellenbosch uitgeplaas is.
“Dienste soos Sassa (Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid) is reeds weg as gevolg van die geweld. Selfs
ek maak seker om bedags al my goedjies klaar te kry om so gou moontlik weer in my huis te kom. Ek is nie ’n bang mens nie, maar jy voel dit aan jou lyf as jy buite loop – daar is net ’n gevoel in die lug.”
’n Gemeenskaplid het vandeesweek aan Eikestadnuus gesê ouers is deel van die rede waarom die bendegeweld nie opgelos kan word nie, omdat baie hul kinders beskerm
“Die ouers van die bendelede is bang vir hulle. Hulle rule die ouers, nie andersom nie.
“Die oplossing kan nie net voor die polisie se deur gelê word nie. Mense moet begin saamwerk!”
Volgens Bettie Nieuwoudt, die voorsitter van die Cloetesville- en Idasvalleigemeenskapspolisiëringsforum (GPF), is daar baie werk wat deur die forum en polisie gedoen word om die gemeenskap te probeer veilig hou.
“Die ideaal sou wees om inligting aan die polisie deur te gee en onmiddellik
reaksie te kry, maar ons almal weet daar is ’n kapasiteitsprobleem Die Cloetesville-polisie word deur die Pops (openbare-orde-polisiëring) bygestaan, maar dit neem hulle ’n halfuur om uit Paarl te kom en dan is die skietery verby,” verduidelik Nieuwoudt.
In ’n poging om die polisie te versterk, doen GPF-lede en inwoners verbonde aan StellSorg se “Oog op die kind”-program patrollies in die buurt.
Nieuwoudt sê sigbaarheid is een van die belangrikste maniere om die geweld hok te slaan Sy voeg egter by dit is nie altyd realisties om te verwag gemeenskapslede gaan teen kwaaddoeners uitpraat nie, want hulle leef in vrees
“Bendegeweld is so oud soos die mensdom Dit is ’n ekonomie wat onderhou word en vir sommige is dit hul voedingsbron. Daarom sal hulle nie sommer hul man, vrou of kind verklap nie. Ons moet egter die gemeenskap laat verstaan inligting kan anoniem aan die polisie deurgegee word.”
Nieuwoudt sê meer moet gedoen word om tegnologie vir misdaadbekamping in te span.
Saagmeul kla oor vervoer
Yaël Malgas
Inwoners van Saagmeul in Wemmershoek sê hulle is moeg van die “swak diens” wat hulle van die plaaslike taxivereniging ontvang en pogings om met die bestuur van die Franschhoek-taxivereniging te vergader, val op dowe ore.
Volgens Hellene Fischer probeer sy en ander inwoners reeds die afgelope vier jaar gereeld om antwoorde by die taxivereniging te kry, maar word geïgnoreer, en dit terwyl inwoners se lewens daagliks in gevaar gestel word “Bejaardes, studente en werkers moet soggens vroeg by die R45- en R301kruising staan in die hoop om ’n taxi te kry. Mense staan vroeg op, loop in die donker deur die bosse en staan langs die gevaarlike pad. In baie gevalle ry die vol taxi’s net verby,” verduidelik Fischer. Die gemeenskap sê versoeke vir taxibestuurders om liewer by die ingang van hul buurt te stop, word nie in ag geneem nie. Bejaardes, soos Johanna Collins, verduidelik buiten die gevaar om alleen oor die bruggie, die treinspoor en tussen die bosse na die groot pad te loop, wil hulle ook nader aan die buurt afgelaai word weens swaar kruideniersware wat hulle dra nadat hulle in Franschhoek of Paarl inkopies gedoen het ’n Bejaarde vrou het glo reeds twee keer by die treinspoor geval, terwyl ’n jonger vrou vroeër vanjaar glo deur ’n man op die paadjie oorval is Sy het daarin geslaag om weg te kom.
Dié geval het talle inwoners twee keer laat dink om die wandelpad langs die Wemmershoek-waterwerke na die R45 te gebruik.
Gretchet Arendse, ’n inwoner, meen ’n
Foto: Yaël Malgas busroete moet weer ingestel word.
“Die diens wat ons tans kry, is uiters swak. Daar is wel taxibestuurders wat toegewings maak om van die ouer mense nader aan ons ingang af te laai, maar dan moet hulle R20 ekstra betaal As die taxivereniging beter na ons omsien, sal ons ook na hul sakke kyk,” sê sy Pendelaars sê dit is onregverdig dat hulle R28 moet opdok, soos diegene wat uit Franschhoek na Paarl reis, ten spyte daarvan dat hulle “nader aan Paarl” is.
Volgens Franschhoek se taxivereniging wat tans onder administrasie is, is dit nie so eenvoudig vir taxibestuurders om van hul roetes af te wyk nie.
“Ons word deur permitte beperk.
goedgekeur moet word.
“Ons weet ons bedien ’n arm gemeenskap, maar ’n vaste fooi is ingestel om te verseker taxibestuurders laat nie pendelaars agter wat minder betaal weens waar hulle op- of afklim nie Die fooie is vir die afgelope drie jaar onverander, ook met pendelaars se sak ingedagte.”
Trevor Jafthas, die voorsitter, sê die vereniging is oop vir gesprekke met die gemeenskap, maar hulle moet saamwerk. Hy meen die gemeenskap word teen die vereniging opgestook.
“Indien hulle die regte prosedure volg en ’n versoek aan ons vir ’n vergadering rig en amptelik met die bestuur vergader sal ons na hul griewe luister.
Word ’n bloedheld hierdie winter
Die winter bied unieke uitdagings vir bloedinsameling – seisoenale siektes soos verkoues en griep, minder skenkingsklinieke as gevolg van skoolvakansies, en minder mense wat in die kouer weer uitgaan.
Dié faktore lei dikwels tot min bloedvoorraad wanneer die behoefte net so kritiek is In die lig hiervan begin die Wes-Kaapse bloeddiens (WKBS) sy jaarlikse winterveldtog met die inspirerende tema “Helde” Namate die koue weer intree en die skoolvakansie naderkom, doen die WKBS ’n beroep op die publiek om die geleentheid aan te gryp en helde te wees deur bloed te skenk, want helde dra nie almal kappe nie – sommige rol eenvoudig hul moue op. Vanjaar se winterveldtog begin met die boodskap: “Tree aan om ’n held te wees.”
“Die WKBS hoop om ’n gevoel van gemeensaamheid en deernis aan te wakker deur individue aan te moedig om na vore te tree en te help om in die voortdurende vraag na bloed te voorsien – veral gedurende die uitdagende wintermaande,” sê Marike Carli van die WKBS
Om toegewyde skenkers te bedank, sal die bloeddiens elke maand van Mei tot Augustus ’n paar “heldesokkies” in beperkte hoveelhede weggee – ’n hartlike teken van waardering vir die warm en lewendige houding van ander met elke lewensreddende skenking
As jy tussen 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg en in goeie algemene gesondheid verkeer en ’n veilige seksuele leefstyl handhaaf, kan bloed skenk. lig, neem slegs 30 aam vul die 475 ml binne 24 uur aan. aangemoedig om ’n tot vier uur voor voor en ná die hidreer te bly. org.za of stuur ’n ap na 0605497244 vir
Pasiënt se familie gesoek
Die Stellenboschhospitaal is op soek na familielede van ’n pasiënt, Norman van Wyk, wat op Woensdag 23 April na die hospitaal gebring is Die omstandighede rakende die pasiënt se toelating is nie bekend nie Van Wyk is 37 jaar oud en sy geboortedatum is 20 April 1988 Hy het krullerige swart hare, donkerbruin oë, weeg 45 kg en sy lengte is 1,88 m Sy laaste woonadres is onbekend Enigeen met inligting oor Van Wyk en sy familie word gevra om die hospitaal se maatskaplike werker, Liesl Sassman, by 060 652 8523 te bel
Bejaarde pendelaars van Saagmeul loop oor’n bruggie na die R45-pad waar hulle taxi’s kry indien hulle na Franschhoek of Paarl wil reis.
Omgee-hospies lewer talle dienste
Yaël Malgas
Engele van dood is hulle nie, ten spyte van wat die publiek van die Stellenbosch-hospies dalk dink.
Inteendeel – wat die span van die plaaslike hospies wil doen, is om ’n pad saam met sy kliënte te stap.
Nasionale hospies-week is verlede week van Maandag 5 tot Sondag 11 Mei herdenk.
Volgens suster Bernalene Brandt, wat vir byna twee dekades by die hospies werk, is die hospies vir vele mense ongelukkig sinoniem met die dood
“’n Deel van die probleem is dat mense eers met ons te doen kry wanneer hulle in ’n krisis is. Sodra ’n [kritieke] toestand by ’n pasiënt gediagnoseer word, kan ons begin help. Pallatiewe sorg is slegs een van vele dienste wat ons lewer,” verduidelik sy.
Benewens sorg vir terminale pasiënte help Brandt en haar kollegas ook met pyn-bestuur, vervoer na doktersafsprake en aansoeke vir maatskaplike toelaes. Hulle bied ook fisioterapie en sielkundige ondersteuning vir beide pasiënte en hul naasbestaandes.
Die Stellenbosch-hospies, langs die Stellenbosch-hospitaal, het 12 beddens en huis van kankerpasiënte tot mense wat ná skietwonde moeilik gesond word. Hulle versorg ook termi-
nale pasiënte tydelik om hul versorger-naastebestaandes ’n blaaskans te gee.
Florence Pieterse, wat 18 jaar gelede die eerste keer met die Stellenbosch-hospies te doen gekry het, getuig van dié hospies se holistiese hulp.
Kanker is in 2007 by Pieterse, van Idasvallei, gediagnoseer en sy is drie maande gegee om te leef. Sy het by die hospies vir ondersteuning aangeklop.
“Aan die begin was hospice soos ’n vloekwoord, maar as jy deur die proses is soos ek, kry jy ’n heel ander siening. Die manier waarop hulle met jou werk, kry jy nêrens meer nie. Jy is nie net ’n pasiënt nie – jy is ’n mens en ’n familielid. Indien hulle jou pyn kon wegneem, het hulle dit ook gedoen.
“Ek sal die hospies ten volle aanbeveel. Hier het hulle ’n pad saam met my gestap. Selfs nadat ek in remissie was, het ek nooit kontak verloor nie. Ek was deel van die ondersteuningsgroepe en het praatjies saam met hulle gedoen. Nou het ek fase-4-longkanker Nadat ek die nuus ontvang het, het ek gedink ‘bel vir suster Brandt, sy sal weet wat om te doen’,” vertel sy.
Die Stellenbosch-hospies help staats- sowel as private pasiënte. Behoeftige kliënte word ook gehelp deur Woolworths se Food Forward SA-projek wat kos aan die organisasie skenk.
Volgens Brandt is die belangrikste dat alle kliënte met
Van links is die Stellenbosch-hospies se suster Bernalene Brandt, die voormalige kliënt Florence Pieterse en die hospies-bestuurder Jennilee Geduld by die ingang van dié hospies, wat langs die Stellenbosch-hospitaal geleë is Foto: Yaël Malgas
menswaardigheid gehelp word om te verseker hulle het die beste lewensgehalte moontlik.
“Leef voluit totddat jy sterf – dit is wat ons glo In baie gevalle het kliënte konstante pyn en ons help hulle om hul medikasie reg te gebruik of om na alternatiewe pynverligting te kyk. Die emosionele uitwerking wat ’n terminale diagnose het, moenie onderskat word nie. Ons help beide die kliënte sowel as hul ondersteuningsnetwerk om dit te verwerk. In sommige gevalle is dit die families wat meer met die diagnoses sukkel as die kliënte self. Die onder-
‘Wie sê ons is oud?’
Die ACVV Azaleahof-dienstak is bevooreg om sewe jonkvan-gees-inwoners te hê wat vanjaar 90 jaar jonk word. Hulle is deel van die 29 inwoners van dié Stellenbosse tehuis wat tussen 90 en 104 jaar oud is “Ons almal is bevoorreg en dankbaar vir die goeie sorg hier in Azaleahof deur die bestuur en personeel wat meedoen dat ons
steuningsgroep en die werk wat Hospice se maatskaplike werkers doen, bied gemoedsrus en ’n oor vir enigeen wat dit nodig het – 24 uur per dag.” Pieterse sê Brandt het haar selfs bygestaan toe haar man, Marvin, ’n paar jaar gelede oorlede is “Elkeen wat hier betrokke is, het ’n passie vir wat hulle doen. Hulle ken elke pasiënt op die naam – waar hulle woon, wie hul familie is en wanneer hulle oorlede is Die span is ongelooflik en elkeen weet presies wat hul taak is en hoe om dit tot die beste van hul vermoë te doen. Hul omgee is eindeloos,” sê Jennilee Geduld, die hospies se bestuurder Geduld sê sy is in verwondering van die twee susters, twee maatskaplike werkers en ander personeel se omgee In die gevalle waar kliënte afsterf, kan hul geliefdes steeds ondersteuningsdienste ontvang om die verlies te verwerk. Geduld het vanjaar by die span aangesluit en sê haar fokus is om die persepsie van die hospies te verander en om geld in te samel om hul dienste uit te brei. “Sedert ek hier werk, het ek baie meer mense by ons deure sien uitstap as wat oorlede is. Die Stellenbosch-hospies sal eendag ’n wêreldklas-fasiliteit wees, maar ons kan dit nie sonder ons borge en ondersteuners doen nie. Ons wil die plek wees waar mense vir die beste moontlike diens aanklop.”
HAVEYOURVOICEHEARD: Stellenbosch Municipality and Visit Stellenbosch invites locals to a discussion workshop on the future of the Papegaaiberg Nature Reserve It will be held at the Bergzicht Training and Development Centre, on the corner of Du Toit and Bird streets, from 09:30 to 15:00 on Wednesday 18 June The community can contribute to the conversation around the conservation and future use of one of the town’s most iconic natural spaces RSVP by Wednesday 11 June via email to development@visitstellenbosch org
Mostert se drif?
Toe ek in 1967 as assistant-stadsingenieur van die Stellenbosch-munisipaliteit aangestel is, het ek aangeneem die drif oor die Eersterivier in Koloniesland is die drif waarna die woonbuurt Mostertsdrift vernoem is, want dit was die enigste drif in die omgewing.
In daardie dae het die drif ’n sementblad gehad en motors kon daardeur ry.
Ek het gereeld daardeur gedraf. Die drif by die hangbrug is heelwat verder stroomop.
Ek woon nou al 55 jaar in Mostertsdrift en wonder steeds of my aanname reg was?
Die veiling vir die verkoop van die erwe is geadverteer vir 6 Desember 1902 met die naam “Mosterts Drift” Of dit die plaas se naam was, weet ek nie. As dit was, is dit waarskynlik na ’n drif oor die Eersterivier vernoem.
Die veiling van die erwe in Mostertsdrift is deur die prokureursfirma Paul D Cluver adverteer.
Op die oog af lyk die uitleg op die 1902plan net soos die buurt vandag is, maar by nadere ondersoek blyk dit dat baie veranderinge aangebring is Byvoorbeeld, Thibault-, Tuin- en Morgensterstraat was nie op die plan nie; ook nie die mooi groot park op die hoek van Rowan- en Jannaschstrate nie.
Die erwe aan die suidekant van Rowanstraat het tot by die Meulsloot deurgeloop – lang smal erwe
Die strate is nou breër Rowanstraat is byvoorbeeld aangegee as 30 Kaapse voet wyd (9,45m), maar nou is dit 50Kaapsevoet (15,74m). Op die 1902-kaart is die erwe almal ewe wyd, maar vandag het min erwe dieselfde afmetings. Die strate het toe nog nie name gehad nie, maar, interessant, is Jonkershoekweg aangedui as “Main Road” Ek wonder of enige erwe op die 1902-veiling verkoop is, want dit sou administratief baie moeilik wees om al die veranderinge aan die uitleg te maak, soos dit nou is, as die erwe aan ’n klomp private eienaars behoort het.
Die plaas Coetzenburg het gestrek van die Meulsloot, suid oor die Eersterivier Oos van die erwe wat op Du Plessiestraat is, was die plaas Schoongezicht – nou die woonbuurt Karindal.
Die drif waarna, ek vermoed, Mostertsdrift vernoem is, het die afgelope 50 jaar verweer – eintlik verdwyn. Die sementblad het so 30 jaar gelede al weggespoel, en met die groot oorstromings onlangs het die rivier heeltemal verskuif.
Die rivier loop nou suid van die ou drif, en die ou drif is net rivierklippe Dr. Piet Claassen STELLENBOSCH
Deel van die woonbuurt Mostertsdrift met die posisie van die “drif”