E-publication-VrystaatKroon 14Mei2025

Page 1


Kunsdorp wys weer sy feeskant

Die vierde Clarens-kunstefees was, soos vorige jare, ’n reuse-sukses met besoekers van oral wat kom fees hou het.

Wanneer die goudgeel populierbome en roesbruin moeraseike in en om Clarens die herfs aankondig, is dit feestyd.

Soos die afgelope drie jaar, was die dorp van 1 tot 4 Mei ’n miernes van bedrywigheid toe besoekers van heinde en ver saam met die inwoners en kunstenaars in die feestelikheid kom deel het. Vir alle voorkeure was daar iets om van te kies en te keur: van kuns, vermaak en musiek, tot boekbekendstellings, besielende gesprekke en werksessies.

Elke genre op die feesprogram het ’n groot gros aanhangers en hoogtepunte gehad.

Onder die tema “Sjampanje en soetgoed” het die fees begin met Susan Coetzer se pittige mededeling van die storie agter haar jongste trefferroman, Haas en Harriët. Hoewel heelwat van haar boeke ’n geestelike aanslag het, het sy nie geskroom om haar karakters én hul stories met heerlike kwinkslae in te kleur nie.

Op die vierde Clarens-kunstefees was die dorpsmeent ’n skatkis van kunswerke in elke formaat dankbaar. Foto: Wilma de Bruin

Die geleentheid is gehou in die daktuin van die Il Castello-hotel, waar die feesgangers ook op sjampanje en versnaperings getrakteer is. Nog ’n hoogtepunt was Comrades-koning Bruce Fordyce se Tales from the Road-praatjie. Dié kampioenatleet se boodskap oor die belangrikheid van

deursettingsvermoë en wilskrag, asook waardevolle wenke oor selfdissipline, het sterk aanklank by feesgangers gevind.

Op ’n vermaaklike trant het die akteur en sanger Ian Roberts se Unplugged hartsnare aangeraak. Van kleintyd tot grystyd was sy lewe ’n avontuurlike nomadiese reis, en skroom hy nie om absoluut eerlik en op die man af uit te wei nie, soos in sy nuwe memoir, Nomad Heart, vervat.

Feesgangers was ook gaande oor Vincent waarin die driemalige Naledi-wenner Daniel Anderson diep gedelf het in die komplekse lewe van die enigmatiese kunstenaar Vincent van Gogh en sy soeke na opregte menslike verbintenis.

Eweneens het die Affiekoor en A-Minere van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, onder leiding van AJ Maree, feesgangers betower.

Daarbenewens het die dorpsmeent, soos gewoonlik, geskitter van kunswerke in elke formaat denkbaar.

Die Clarens-kunstefees is stewig geanker en ’n hoogtepunt op die land se feeskalender en sien uit om feesgangers weer volgende jaar te verwelkom.

– Wilma de Bruin

FEES BRING GEMEENSKAP VANJAAR OPNUUT, IN GELOOF, BYEEN

Die Ignite and Revive-fees dra ’n splinternuwe baadjie: as ’n gratis, geloof-geïnspireerde naweek vir die wyer Kroonstad-gemeenskap. “Vanjaar bied ons die Ignite and ReviveChristelike Fees aan, en die beste van alles is dit is gratis vir almal,” sê André van Pletzen, een van die feesorganiseerders. “Ons droom is om eenheid in Christus te bevorder en ons gemeenskap saam te bring rondom lofprysing, kultuur, kos en gemeenskaplike geloof.” Terwyl kultuurliefhebbers na ATKV-pro-

duksies kan uitsien, sal stalletjies met Christelike leesstof, musiek en inspirasie die terrein vul. Die teetuin, met uitsonderlike spyskaart, is weer oop; kosstalletjies bied weer lekkertes.

Musiek van bekende Christelike sangers sal vanaf die verhoog opklink, waaronder Ruan Josh, Jo Black, Ilán van Staden, Arnold de Wet en Moné van Jaarsveld. Die volledige program word binnekort op Ignite & Revive se sosialemedia-platforms bekend gemaak.

“Daarom nooi ons jou om ’n borg te word

en saam met ons te staan in die bou van eenheid in ons gemeenskap,” sê Van Pletzen. “Daar is geen sterker fondament om ’n dorp te red nie as ware eenheid in Christus.”

Die gemeenskap word hartlik genooi.

“Toegang is gratis – bring net jou geloof, jou gesin en jou entoesiasme.”

Dié fees word van 29 tot 31 Augustus by die Kroonstad-selgemeente in Reitzstaat gehou. Besoek igniteandrevive.co.za en volg Ignite & Revive op die sosiale media.

Vergadering laat kwelvrae

Groot ontwrigting en teenstydigheid op die Dihlabeng-munisipaliteit se raadsvergadering laat raadslede met kommer en ongemak.

Die vergadering wat op 30 April in Bethlehem plaasgevind het, het eerstens laat begin weens die laat aankoms van sommige raadslede.

Voordat die uitvoerende burgemeester, Tseki James Tseki, sy voorlegging kon doen, het raadslid Eric Motloung ’n versoek gerig vir ’n in-camera vergadering om die waterkrisis in die munisipaliteit aan te spreek.

Hoewel die versoek goedgekeur is, het ANC-lede, insluitend die burgemeester, die vergadering in protes verlaat. Ná hul terugkeer is die versoek summier van die hand gewys, wat teenstrydig met die reëls van die vergadering is.

Die DA het die speaker versoek om te beslis of die waterkrisis, wat dringend is, onder reël 38 hanteer moet

word of nie. Die speaker het beslis dat die vergadering slegs oor die plan vir die toepassing van die munisipale infrastruktuur-toelaag sou handel.

“Die plan wat ter tafel gelê is, is as onvoldoende, ongedetailleerd en as nie-kredietwaardig beskou. Ons het gewaarsku teen swak finansiële bestuur en die gebrek aan oorsig, en dat daar wel voorheen onreëlmatighede was wat tot hofsake gelei het, maar al die partye betrokke het die plan goedgekeur. Die DA het teen die voorstel en goedkeuring gestem,” sê Hilton Maasdorp, DA-koukusleier.

Hy sê hulle meen toelae, soos vir munispale infrastruktuur, moet aan die Menseregtekommisie se aanbevelings rondom dienslewering in Dihlabeng gekoppel wees. Voor aanvang van die vergadering het ’n manlike ANCraads-lid ’n vroulike EFF-lid openlik beledig, sonder gevolge. Dit kwel die DA omdat dit teenstydig is met stappe teen geslagsgeweld in die land.

DBV VERSOEK OOP HAND

Die DBV in Kroonstad het dringend bystand nodig met die opknapping van infrastruktuur en hokke voordat die winter aanbreek, om vir die diere warm en veilige woonplek te verseker. Die vereniging doen ’n beroep op sakeondernemings en individue vir skenkings hiervoor.

Skenkings in die vorm van kos en komberse word ook benodig. Mense kan skenkings by die Kroonstad DBV, geleë op plot 42 van die Kraalkop-plotte, afgee. Vir inligting, asook besonderhede oor hoe om betrokke te raak, skakel Micarla Boucher by 072 199 8339.

Vrystaatse draai

Geduld sluit hart oop

Hoe lui daardie gesegde: “Mense hou nooit op om my te verbaas nie.”

Die mensdom word gewoonlik agtermiddag ná werk getoets wanneer almal gaan inkopies doen of in die spitsverkeer op pad huis toe is. Byvoorbeeld, jy staan in die ry om jou inkopies te betaal en die kassier ontvang nog opleiding.

Dan breek die ongeduld ná 'n lang dag los. Emosies is bykans soos ’n klein foksterriër wat op en af hardloop en rondspring. Die gemoedere daal.

Soos ’n weerligstraal slaan my kyke en ’n gemompel op die arme kassiere af.

In spitsverkeer is daar daagliks nuwe tekens wat mense met ’n kort humeur my leer.

Gebare wat ergerlik en soms baie ongevraagd rondgeswaai word.

So lees ek die week op die sosiale media waar iemand vra: “Wat is dit wat jou die meeste irriteer?”

Die antwoorde was natuurlik uiteenlopend, soos: Wanneer mense sonder skaamte kan jok.

Ook: diegene wat graag Jannie-Jammergat of Suur-Sannie speel.

Sommige antwoorde was weer lagwekkend, en so het ek gewonder oor mense en hoe hulle saamgestel is.

Die grootste probleem wat ek wel opmerk, is dat mense hul eie persepsies of dié van ander glo, al is dit nie eens die waarheid nie.

Die lewe het my al geleer dit is gewoonlik die “seer-mense” wat veg om sterk en magtig voor te kom. Die veggees is hul manier om hul seerkry te verbloem.

Ek dink tog ons moet elkeen die gesindheid wat in Christus is, in ons eie lewe vestig. Sodat ons meer verdraagsaam sal wees met ander wat dalk nie so vinnig, of effektief, is of selfs soveel oorvloed het soos ons nie.

Voor Christus is ons almal dieselfde.

Laat ons dan ook sy liefde uitdra na die wêreld en deur ons lewe 'n sigbare getuie van sy transformatiewe krag word.

Maak dit vandag jou werklikheid.

Wys subtiel dat winter daar voor in die pad lê

Die winter is voor die deur, en die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein voorspel vir die volgende week in die Oos- en Noord-Vrystaat minimum temperature wat wissel tussen 3 °C en 7 °C en maksimum temperature tussen 18 °C en 25 °C. Die foto is einde April teen laatmiddag by die spuit op Rudolf Nel se plaas in die Kroonstad-distrik geneem. Foto: Rudolf Nel

Hy sien groter prentjie

DR. HANNES ELS

God stuur Moses en Aäron na die magtigste man van die destydse wêreld.

In Eksodus 7:3-6 sê Hy: “Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, sodat Ek baie tekens en wonders in Egipte kan doen. Hy sal wel nie na julle luister nie, maar dan sal Ek Egipte my mag laat ervaar: met groot reddingsdade sal Ek die stamme van my volk Israel uit Egipte bevry. As Ek Egipte tref, sal hulle besef dat Ek die Here is, en dan sal Ek Israel tussen hulle uit laat trek.”

Wanneer probleme vererger, kan jy

moed opgee of aanvaar dat God ook met die verdieping van probleme ’n plan het; kies om jouself jammer te kry of God se verheerliking soek sodat Hy die uitkoms bring; jou eie planne maak en bewys jy is nie gereed vir uitkoms nie of aanvaar dat God omstandighede gebruik om te leer wat sy wil is. Watter van die bogenoemde opsies oefen jy uit wanneer die lewe druk?

Gebed: Here, help my doen wat ek wel kan met toewyding aan die werk van die Here, want ek wil graag standvastig en onwrikbaar wees.

Amen.

■ Els is ’n oudleraar van Kroonstad.

31 MEI

’n Potjiekoskompetisie ten bate van die DBV in Kroonstad word by The Rest in Rowanstraat, Suidrand aangebied. Die eerste prys is ’n lam ter waarde van R3 500. Vir meer inligting, skakel 082 699 9093.

Die ATKV-tak Bethlehem bied vanjaar sy Kombersprojek ’n 12de keer aan. Die gemeenskap word aangemoedig om komberse vir behoeftiges in te samel. Komberse wat eerder geskik is vir diere se gebruik, kan ook geskenk word. Bel Fires van Niekerk by 083 630 8545.

18 TOT 22 AUGUSTUS

Die Kroonstad-eisteddfod word aangebied. Belangstellendes

kan hulle inskryf in afdelings vir instrumentale, vokale, dans- en ballet-optrede, asook blommerangskikking, kuns, redenaars en ook spraak en drama. Inskrywing sluit op 18 Junie. Stuur navrae aan kroonstadeisteddfod@gmail.com.

MAANDELIKS

Die Affi-Aarde-familiemark in Bethlehem word maandeliks gehou. Vir meer inligting, of om ’n stalletjie te bespreek, skakel 082 990 0947.

Die Kroonstad-Rotary-mark word op die laaste Saterdag van elke maand gehou, op die hoek van Border- en Van der Lingenstraat. Dit duur van 08:00 tot 13:00. Vir meer inligting oor die mark skakel 076 055 7025.

Sielskos

N.M. Tau

In the Estate of Nthare

Martha Tau with identity number: 2808040170080 who was resides in 1589

Phomolong, Kroonstad, 9499

Estate number:2463/2025

Creditors and Debtors

abovementioned estate are hereby requested to submit their accounts and pay their accounts to the undersigned with in 30 thirty days from 16 May 2025.

Executor in the Estate

Basson Olivier & Coetzee

Attorneys 21 Market street Kroonstad Ref: AT0089

W.J. Schutte In the Estate of Willem Johannes Schutte with identity number: 5501025082084 who was resides in 15 Acacia Street, Kroonstad, Estate number: 2392/2025 Creditors and Debtors abovementioned estate are hereby requested to submit their accounts and pay their accounts to the undersigned with in 30 thirty days from 16 May 2025.

Executor in the Estate Basson Olivier & Coetzee

Attorneys 21 Market street Kroonstad Ref: AS0368

J.C. KRIEK

Ingevolge Artikel 35(5) van die Boedelwet, word hiermee kennis gegee dat die Eerste en Finale Likwidasie- en Distribusierekening in die boedel van wyle JOHAN

CHRISTIAAN KRIEK (ID 440919 5004 089), 6 ACKERMANSTRAAT, MORELIG, BETHLEHEM 9701,BOEDEL NOMMER 5817/2024 ter insae lê te Landdroskantoor, BETHLEHEM in die kantoor van die Meester van die Hoë Hof te BLOEMFONTEIN vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 15 MEI 2025. Die Eksekuteur ANELDA STOFFBERG 14 PAUL LAESECKELAAN, BETHLEHEM 9701 EPOS: marius@s-bro.co.za Tel : 058 303 0450

J.C.W. Dreyer In the Estate of Johanna Christina Wilhelmina Dreyer with identity number: 4604130009082 who was resides at 13 A Westend Street, Frankford Estate number: 6739/2024 Notice is hereby given that the Amended First and Last Liquidation and Distribution account in the abovementioned estate will be available for the inspection for the period of 21 (twenty one) days from 16th of May 2025 at the offices of the Master of the High Court in Bloemfontein and the Magistrate's Court in Kroonstad Executor in the Estate Basson Olivier & Coetzee

Attorneys 21 Market street Kroonstad Ref: AD0143

I.N. OOSTHUIZEN IN THE ESTATE OF THE LATE IDA NANCY OOSTHUIZEN, IDENTITY NUMBER 3312190020087, A WIDOW WHO WAS ORDINARILY RESIDENT AT 1 PAUL VAN GENT STREET PANORAMA, BETHLEHEM AND WHO DIED ON THE 27TH OF APRIL 2023. ESTATE NUMBER: 3950/2024 NOTICE IS HEREBY GIVEN IN TERMS OF SECTION 35(5) OF THE ADMINISTRATION OF ESTATES ACT 66 OF 1965 THAT COPIES OF THE LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNT ( FIRST AND FINAL, UNLESS OTHERWISE STATED), WILL BE OPEN FOR THE INSPECTION OF ALL PERSONS WITH AN INTEREST THEREIN FOR A PERIOD OF 21 DAYS ( or shorter or longer if specifically stated) FROM THE DATE SPECIFIED OR FROM THE DATE OF PUBLICATION HEREOF, WHICHEVER MAY BE THE LATER, AT THE OFFICES OF THE MASTER OF THE HIGH COURT BLOEMFONTEIN AND THE MAGISTRATES COURT BETHLEHEM. SHOULD NO OBJECTION THERETO BE LODGED WITH THE MASTERS OFFICE CONCERNED DURING THE SPECIFIED PERIOD, THE EXECUTOR WILL PROCEED TO MAKE PAYMENTS IN ACCORDANCE WITH THE ACCOUNT. ENQUITY

S.J. WELGEMOE IN DIE BOEDEL VAN WYLE SUSANNA JOHANNA WELGEMOED identiteitsnommer 580607 0119 081, woonagtig te , Van Reenenstraat 1, Distrik Kroonstad, Provinsie Vrystaat Boedelnommer: 5121/2024 Kennis geskied hiermee dat die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê vir 'n periode van een en twintig dae, gereken vanaf 16 Mei 2025 ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof te BLOEMFONTEIN en die Landdros te KROONSTAD. G L HARTMAN(CHW183)

Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Posbus 26 KROONSTAD Tel 056 - 2124275

(PTY)

PUBLIC NOTICE CALLING FOR INSPECTION OF THE SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL FOR THE PERIOD: 1 JULY 2024 TO

that the supplementar y valuation roll for the period 1 July 2024 to 30 June 2028 is open for public inspection from 1 July 2025 to 31 July 2025 by owners and occupiers of rateable proper ty during office hours (08:00 to 13:00 and from 13:45 to 15:30) at the following offices:

• Enquir y desk - Municipal Offices – Hill Street, Kroonstad (telephone 056-2169300 / 056-2169297 )

• Enquir y desk - Municipal Offices – Manki Street, Maokeng (telephone 056-2169556)

• Enquir y desk - Municipal Offices – Van Riebeeck Street, Steynsrus (telephone 056-2169603)

• Enquir y desk - Municipal Offices – Deneyssen Street, Viljoenskroon (telephone 056-2169708)

• Enquir y desk - Municipal Offices – Rammulotsi Township (telephone 056-2169709)

• Enquir y desk - Municipal Offices – Chris Esterhuyse Street, Brentpark (telephone 056-2169586)

An invitation is hereby made in terms of Section 49 (1)(a)(ii) read together with Section 78 (2) of the Act that any owner of proper ty or person who so desires should lodge an objection with the Municipal Manager in respect of any matter reflected in, or omitted from, the supplementar y valuation roll within the abovementioned period.

Attention is specifically drawn to the fact that in terms of Section 50 (2) of the Act an objection must be in relation to a specific individual proper ty and not against the valuation roll as such. The form for the lodging of an objection is obtainable from the abovementioned offices.

The completed forms must be returned to the abovementioned offices.

For enquiries, please contact the telephone numbers listed above

Skool van Bhm lewer twee nasionale kampioene op Berge met pedale versit

MADLI GROBBELAAR

Leerlinge aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het uitstekend gevaar op die Vrystaat XCC- en XCO-bergfietskampioenskapsbyeenkoms op 2 Mei in Bethlehem. Die skool spog ook met twee VrystaatXCO-bergfietskampioene.

Die XCC-uitslae is: Inge van Heerden (eerste plek), Pedri Grobler (tweede), Bronwyn du Preez (derde), Franco van Heerden (derde), Kyle Meyer (derde) en Jake Kriel (negende). Die XCO-uitslae is: Inge (eerste), Kyle (eerste), Pedri (tweede), Bronwyn (derde) en Franco van Heerden (derde). Jake en Regard Beukes se uiteindelike uitslae moet nog bevestig word.

Inge en Kyle is as die Vrystaat-kampioene vir 2025 in hul onderskeie afdelings gekroon, te danke aan die eerste plekke wat hulle in die kampioenskap behaal het.

die Vrystaat-XCO-kampioen vir 2025 in die jeugafdeling vir vroue.

Neem vernuf as ruiter oorsee

Die 15-jarige Jemma Orsmond, ’n leerling aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het die saalperdruiterkunstitel in driegang vir kinderryperde verower. Sy het op 25 April aan die Suid-Afrikaanse saalperd-kampioenskapsbyeenkoms op Bloemskou in Bloemfontein deelgeneem, waar sy dié prestasie behaal het. Jemma is as lid van die nasionale senior drie- en vyfgangspan gekies wat Suid-Afrika van 25 tot 28 Junie in die internasionale toernooi in New Orleans, Amerika, sal verteenwoordig. Foto: Verskaf

Lötter, ’n leerling aan die Hoërskool

in Kroonstad wat vanjaar ’n uitstekende atletiekseisoen beleef het, is na die Suid-Afrikaanse senior kampioenskapsbyeenkoms in Potchefstroom genooi. Daar het sy die algehele agtste plek in paalspring verwerf. Die byeenkoms is van 24 tot 26 April aangebied. Foto: Verskaf

Die 15-jarige Kyle Meyer van die Hoërskool Witteberg is as 2025 se Vrystaat-XCO-kampioen gekroon in die jeugafdeling vir mans. Foto’s: Verskaf
Die 15-jarige Inge van Heerden van Witteberg is
Anika
Trio

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.