
Donderdag 5 Junie 2025 Tel:
Donderdag 5 Junie 2025 Tel:
LIENTJIE MENTZ
Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent, wat as een van die beskuldigdes in die Asbes-verhoor verskyn het, is op Dinsdag 3 Junie in die Vrystaatse Hooggeregshof vrygespreek
Regter Philip Loubser het beslis dat die uitlewering van Moroadi Cholota uit die VSA onwettig was en dat sy nie in die saak van asbeskorrupsie verhoor kan word nie
Magashule word van bedrog, korrupsie en geldwassery aangekla Hy word daarvan beskuldig dat hy in 2014, toe hy premier van die Vrystaat was, openbare geld gesteel het wat opsy gesit is om regeringshuise met asbesdakke te oudit
Die bewerings draai om die ekwivalent van R292 miljoen se asbesouditkontrakte wat tydens oudpres Jacob Zuma se ampstermyn, van 2009 tot 2018, toegeken is Die gevaar-
like dakke is nooit verwyder nie, wat ondersoekers laat glo het dat meer as R214 miljoen in die sak gesteek is Adv Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder oor justisie en grondwetlike ontwikkeling en parlementslid, het gesê die DA sal aan die voorsitter van die portefeuljekomitee oor justisie skryf en versoek dat die departement van justisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verantwoordelik gehou word vir nog ’ n onaanvaarbare mislukking in die vervolging van staatskapingsake
“Die DA is nie verbaas om te hoor dat nog ’ n korrupsiesaak nie voortgaan nie weens die NVG en die departement van justisie se versuim om hul werk te doen Hierdie keer omdat hulle weer versuim het om persone wat by korrupsieskandale betrokke was, wettiglik uit te lewer Dit volg uit die mislukte Gupta-uitlewering in 2023 deur die departement van justisie Die NVG het tot dusver
klaaglik misluk om staatskapingsake te vervolg, wat die indruk skep dat dié wat vir die plundering van staatsgeld verantwoordelik is, nooit aanspreeklik gehou sal word nie, meen Breytenbach
“Ná nege verlore jare van korrupsie onder voormalige pres Zuma, nou leier van die MK-party, verdien Suid-Afrikaners beter,” het sy Woensdag in ’ n nuusverklaring gesê
“Dit is hoog tyd dat die parlement besef dat die NVG en die departement van justisie nie in staat is om Suid-Afrikaners te dien en te beskerm teen die boewe wat die mense van Suid-Afrika in een van ons land se donkerste tye geplunder het nie Diegene wat by staatskaping en korrupsie betrokke is, moet tot verantwoording geroep word en met die volle krag van die wet te kampe hê
“In die soeke na geregtigheid vir Suid-Afrika is elke fout duur, en elke mislukte vervolging maak ’ n bespotting van die regstelsel”
En die wenpot is gemaak deur PSG Donald Murray! Hier wys Isabel Jankowitz (links) en Louise Pretorius hul potjiekos op Solidariteit Helpende Hand se kompetisie wat op Saterdag 31 Mei by die Vrystaat-nasorgsentrum gehou is Foto’s: Lientjie Mentz
LIENTJIE MENTZ
The DeFleurSig Neigbourhood Association is growing. Maybe not as fast as the committee would prefer, but still
At the annual general meeting (AGM) on 22 May, chairperson Ralph Rex said one can still say the economic climate in South Africa, and specifically Bloemfontein, over the last year has been challenging
This continues to make it extremely difficult for households to keep up with the rising cost of living
He reffered to the cost of food, electricity, municipal levies, school fees, and many more that have affected the membership growth of DeFleurSig since June 2024
At the previous AGM there were 76 members, with the current membership standing at 84 members at the end of May
“This is still a growth of 10% The breakdown in membership according to the respective neighbourhoods are
15 in Generaal De Wet, 32 in Fleurdal, and 37 in Uitsig”
He said much more can be done in the neighbourhoods if the membership were to increase
Two of the key projects that DeFleurSig is committed to, is keeping the public parks in the area neat and improving safety throughout the whole area
Rex said that although they are maintaining numerous parks in the area since 2022, the head of the Community Services Department of the Mangaung Metro, on 25 March, also approved the group ’ s 2023 application to adopt three parks
They are Park 5 in Japie Neser Street in Uitsig; Park 9 in Sannaspos Street in Generaal De Wet; and Park 14 in Korps Avenue in Fleurdal
“Some of the obligations in the agreement assigned to the ‘Adopter’ is problematic and we are still studying the agreement and obtaining legal advice in this regard before we will or can sign the agreement,” he said at the meeting
Some of the services that are cur-
Tokensofappreciationwerehandedouttosecuritymembersthatareactivein Fleurdal,Uitsig,andGenl deWet Theyare,fromtheleft,RikusSlabbertofBloemsec,SylvesterMohyokare(FedilityADT),MarshallNeyhchyens(DeFleurSig), JohanMaritz(SecuriForce),Lt.ColEseuMphirime,TiaanSnyman,andJeandré Swarts(ofSenforce) Photo: Lientjie Mentz
rently being rendered by the DeFleurSig organisation to its members are done so with the assistance of the Fichardtpark Neighbourhood Association, and includes the regular cutting and
maintenance of four parks: one each in Uitsig and Fleurdal, and two in Generaal De Wet The income generated from members is also used for the once-off cutting and maintenance of four addi-
tional parks when the need arises
With the assistance from all its security partners, support to paying members in the case of a security emergency via the DeFleurSig Security WhatsApp group is rendered
DeFleurSig also helps with the removal of household refuse every second Wednesday with the assistance of Yebbo Vullis
“With refuse that is illegally dumped in our area, we requested Retro Signs to assist us in designing notice boards that we would like to place on our parks and at dumping hot spots
“Hopefully this will deter this phenomenon The boards were designed to also refer to the DeFleurSig This might assist further expanding the membership numbers of the organisation”
Members of the police that are dedicated to this area, as well as members of security firms that are active and visible in these neighbourhoods, were awarded tokens of appreciation for the work that they have done thus far, and continue to do
Op die vergadering van die Gardeniapark-en-Wilgehof-woonbuurtvereniging is van links Jacques Meiring (bestuurder van die Fichardtpark Woonbuurtvereniging),Amanda van As (Gardeniapark-woonbuurtvereniging) en Schalk van Vuuren (verteenwoordiger van Wilgehof) Foto: Lientjie Mentz
LIENTJIE MENTZ
Daar is 820 woonhuise in Wilgehof, en as inwoners saamwerk en ’ n bydrae maak, kan dié woonbuurt voor die einde van die jaar heeltemal ’ n omswaai beleef en ’ n netjiese omgewing wees Só meen Schalk van Vuuren, verteenwoordiger van Wilgehof in die saamgestelde GardeniaparkWilgehof-woonbuurtvereniging ’ n Vergadering met inwoners van Wilgehof is op 26 Mei in die kerksaal van die NG kerk Wilgehof gehou, waar Amanda van As, voorsitter van dié woonbuurtvereniging, en Jacques Meiring van die Fichardtpark Woonbuurtvereniging (FWA) inwoners toegespreek het oor die voordele daarvan om aan so ’ n vereniging te behoort
Meiring het gesê ’ n bydrae tot ’ n woonbuurtvereniging behels nie net ’ n bydrae tot inwoners se onmiddellike omgewing nie; dit verbeter al die inwoners se lewensgehalte
Die FWA het sedert sy ontstaan gegroei tot ’ n organisasie met ’ n kantoor en 19 heeltydse per-
soneellede
Meiring sê misdaad het met 80% in dié woonbuurt verminder danksy die goed funksionerende veiligheidsplan en die inkoop van die inwoners
Van As sê inwoners help om parke en verkeerseilande in stand te hou, met die hulp van ander organisasies waar nodig
“Soms werk ons van 07:00 tot 17:00 aan opruimingsprojekte Hoe meer hande ons het, hoe beter”
Van Vuuren het verduidelik dat hoewel Wilgehof en Gardeniapark een woonbuurtvereniging vorm, die lidmaatskapgeld van inwoners van Wilgehof in Wilgehof aangewend sal word
“Dit is waarom dit belangrik is dat meer inwoners betrokke raak en hulle aansluit om ons woonbuurt te verbeter”
Meiring sê die FWA ondersteun graag ander verenigings en help tans in Hosptiaalpark en DeFleurSig
Hy het ’ n hand uitgesteek om die Gardeniapark-Wilgehof-vereniging te help om lede te werf en te help met administrasie
LIENTJIE MENTZ
Daar was Saterdag 31 Mei ’n heerlike gees onder die spanne, wat ingeskryf het vir Solidariteit Helpende Hand se potjiekoskompetisie wat by die Vrystaat-nasorgsentrum aangebied is
Marli Buys van Solidariteit sê die dag se inkomste gaan hoofsaaklik vir die organisasie se studiefonds, maar ’ n bedrag is ook aan die sentrum geskenk ,wat hul terrein beskikbaar gestel het
Die oggend se bedrywighede het begin met twee wedlope in die omgewing van die nasorgsentrum terwyl die potjiekosmakers hul potte en bestanddele reggekry het Die ernstige drawwers kon deelneem aan ’ n 10km-veldwedloop en vir dié wat dit ’ n bietjie rustiger wou vat, is ’ n 5km-pretloop ook aangebied waar mense kon draf of stap en selfs hul honde saam kon neem op ’ n uitstappie
Zak Steyn het met sy musiek seker gemaak dat almal in die regte stemming vir kuier is Buys verduidelik die doel van dié dag was sodat almal kan saamkuier en saam eet, maar ook om geld in te samel sodat Afrikaanse kinders gehelp kan word om te studeer en hul drome te verwesenlik
Besoekers het van 12:00 af bakkies potjiekos van verskillende potte geproe en self die wenners aangewys
Die span van PSG Donald Murray se afvalpot het die dag koning gekraai, met Top Carpet se span, wat tweede was en Die Potters se potte wat ’ n hoenderpot, bees-kortribpot en ’ n lieflike potbrood ingesluit het, wat ’ n derde plek gekry het
Die Bloemies-span het die prys vir die beste gees ontvang
Louise Pretorius van PSG, wat gehelp het om die dag ’ n sukses te maak, sê dit is belangrik dat ondernemings op so ’ n lekker manier by liefdadigheid betrokke raak
Francois Prinsloo, bestuurder van die Vrystaat-nasorgsentrum, het Saterdag gesê dit is lekker om as liefdadigheidsorganisasie met Solidariteit Helpende Hand hande te vat vir ’ n goeie doel Buys sê hulle oorweeg dit beslis om dié dag ' n jaarlikse instelling te maak “Ons hoop dit kan volgende jaar selfs groter wees met meer besoekers wat kom saamkuier en eet "
du Rand en Clarice Booysen
Marli Buys (links) van Solidariteit Helpende Hand by een van die spanlede in die Bloemies-span,Jan Mentz.Dié span het twee beesstert-potte gemaak en die prys as die span met die beste gees gekry Foto’s: Lientjie Mentz
Talle nuwighede is bekendgestel toe VrystaatVersorging in Aksie (VVA) se 117de bestaansjaar op 27 Mei gevier is
Op die kongres wat by A Lodge in Bloemfontein aangebied is, is klem gelê op vernuwing en dié liefdadigheidsorganisasie se nuwe bemarkingsmateriaal; met die gelukbringer Mossa wat die eerste keer te sien was Mossa, ’ n vrolike mossie met ’ n diep boodskap, het die gaste se hart gesteel en word ’ n simbool van hoop vir jonk en oud Ria Malan, direkteur van maatskaplike dienste by die VVA, sê in ’ n wêreld waar mense toenemend moedeloos raak, herinner Mossa ons aan hoop
Die VVA, wat reeds sedert 1908 hoop en versorging in gemeenskappe oor die Vrystaat heen bring, het op die kongres gewys dat die werk wat dié organisasie doen, toepaslik bly; boonop dat hy gereed is om op nuwe en skeppende maniere op sy nalatenskap voort te bou
Betrokkenes by verskeie diensvertakkinge wat by die VVA ingesluit is, het die verrigtinge bygewoon, en die dag was gevul met opwinding, kleur, lag en ballonne – alles teen die agtergrond van die VVA se kernboodskap: om positiewe verandering mee te bring waar dit die nodigste is
Op die VVA se jaarlikse geselligheid is van links Johan Vermeulen,ds.Piet Smit,Henriëte Wessels (voorsitter van die VVA-hoofbestuur),Annelize Neethling, Tharina Vermeulen,Ria Malan,Malanie Kramer en Corlia Karsten
VVA Plaaskombuis het ’ n spesiaal gebakte verjaardagkoek voorsien, met Mossa wat trots bo-op gepryk het “Die VVA het gewys dat ons met geloof, vasberadenheid en die regte boodskap – en nou met Mossa aan ons sy – gereed is om nog honderde harte aan te raak,” sê Malan oor die kongres
Alle liefhebbers van die Franse Mark kan hulle regmaak vir ’ n heerlike wintermark Saterdag, op 7 Junie
Suretha van Heerden en haar span maak reg om markgangers op heerlike warm gourmet-soppe en Franse gebak te trakteer
Die wintermark gaan ’ n vol program hê, met heelwat nuwe uitstallers
“Ons bied aan markgangers ’ n veilige omgewing, goeie kunstenaars, vars markprodukte en heerlike Franse en Deense gebak – soos varsgebakte brode en Villa Avianto se sjokolade-croissants,” sê Van Heerden
“Ons is ook baie opgewonde daaroor om talentvolle musikante aan markgangers bekend te stel”
Dit sluit in Herman en Tarien op kitaar; Emily Dangwa
Terwyl gaste hulself verlustig in geurige wildsgeregte en voortreflike wyne by De Oude Kraal se 25ste WildsKOSfees, ontvou daar agter die skerms ’ n merkwaardige samevloeiing van natuur, kulinêre kuns en boerevernuf
Die beplanning vir hierdie unieke fees, wat Saterdag 7 Junie op De Oude Kraal aangebied word, begin maande voor die eerste gereg bedien word Elke aspek – van etiese wildwerwing en volhoubare jagpraktyke tot kreatiewe resepte en fynproewer-vleishantering – word met sorg en passie aangepak Die doel? Om ’ n wêreldklas kulinêre ervaring reg in die hart van die Vrystaat te bied
Wat begin het as ’ n kleinskaalse poging van net 30 gaste in die eerste jaar, het gegroei tot ’ n feestelike byeenkoms van meer as 2 000 mense in hierdie 25ste jaar – alles die breinkind van Gerhard en Marie Lombard
“Ons eer die natuur, die wild en die veld deur verantwoordelik met dié gawes om te gaan Elke gereg vertel ’ n storie van balans, eerbied en unieke smake, wat jou sintuie laat sing,” sê Marie, eienaar en sjef van De Oude Kraal
In aanloop tot die fees word daar jaarliks sowat 3,2 ton wildsvleis verwerk – afkomstig van 16 verskillende spesies, waaronder springbok, blesbok, waterbok, eland, koedoe, ribbok, takbok, bosvark, vlakvark, gemsbok, rooihartebees, blouwildebees, swartwildebees, njala, rooibok, en selfs krokodil
Daar is ook stalletjies met bees,
liefde vir kos
skaap, vark en vis Elke karkas word deur Marie en haar span self verwerk – van die uitsny van vleissnitte tot die ontwikkeling van disse en smaakprofiele
In die proefkombuis is daar ’ n aansteeklike opgewondenheid: worsmengsels word vars gebraai, geproe en fyn ingestel totdat die geur, tekstuur en soutgehalte perfek is Die WildsKOSfees is egter méér as net ’ n kulinêre belewenis – dit is ’ n viering van kultuur, gemeenskap en
Suid-Afrika se ryk kos-erfenis
Die fees bring plaaslike produsente, entoesiastiese helpers, kunstenaars en wildkenners byeen om saam iets besonders te skep Kaartjies vir die fees is beskikbaar by De Oude Kraal se webwerf deoudekraal co za, by Crazy Daisy in Fleurdal Mall, Daisy en Co in Prellerplein en by die Delta-drankwinkel op die hoek van Tweedelaan en Pres Reitzlaan in Westdene Kry jou kaartjies betyds om te deel in dié eg Vrystaatse winterfees
Kinders kan uitsien na lekker speel dié Saterdag op die Franse Mark by Villa Avianto Foto: Verskaf
met Franse klanke; en op trekklavier is Elza Vosloo, wat agtergrondmusiek verskaf by die restaurant, sitkamer en in die tent
Markgangers kan gerus by die tent inloer vir heerlike kos, kunste en kunstenaars Vir die jongklomp is daar Saterdag ’ n lekker speelterrein,
en verskeie aktiwiteite word danksy Villa Bounce aangebied Dit sluit springkastele en ’ n “ball pit” in Markgangers kan daarop staatmaak dat die Franse Mark kindervriendelik is Boonop is Wagter ook baie welkom om saam te kom kuier
Die aanbod van kosstalletjies sluit in nuwe gourmet-worsbroodjies, asook Griekse, Franse, Asiese en Meksikaanse geregte en eetgoed
Die mark open om 09:00, en markgangers kan tot 15:00 kuier
Toegang kos R35; kinders in gr 8 tot gr 12 betaal R25; en dié in gr 1 tot gr 7 betaal R15 Kinders jonger as ses jaar kry gratis toegang ■ Ná Saterdag se mark is die oorblywende markdatums vir die res van die jaar 9 Augustus en 22 November
LIENTJIE MENTZ
Nog ’n oudleerling van Grey-kollege het op Woensdag 4 Junie in die televisiereeks Binnelanders sy verskyning gemaak
Logan Landman (21), of eerder Logan W James – wat hy as sy professionele naam gebruik – het hom van Woensdag af aangesluit by ’ n skoolvriend, Chartyn van Heerden, wat reeds op 19 Mei sy eerste verskyning in die reeks op kykNET gemaak het Van Heerden het sy skoolloopbaan aan die Laerskool Universitas begin, maar in 2016, aan die begin van gr 7, na Grey-kollege (primêr) oorgeskakel Dit is op die verhoog vir dié laerskool se produksie Time Out! dat hy die eerste keer regtig tuis gevoel het
Daarna het hy na Grey-kollege (sekondêr) gegaan, waar hy in 2021 gematrikuleer het
Dit was hier, onder die wakende ook van drama-onderwysers Brenda Myburgh en Mia-Anne O’Kennedy dat die twee vriende se talent gedy het O’Kennedy woon deesdae in Johannesburg en is ook in Binnelanders te sien Op skool het Van Heerden aan die Tienertoneelkompetisie deelgeneem en selfs tot in die nasionale eindronde van die ATKV-Digitoneel-kompetisie gevorder Hiervoor het hy die teks geskryf, gespeel en die regie en tegniese aspekte hanteer Min sou hy destyds kon weet dat toneelspel sy roeping sou word
Ná matriek het Van Heerden aan die Performing Arts Lifestyle Institute (Pali) Incubation in Pretoria studeer, waar hy
in uitvoerende kunste en besigheid-administrasie onderrig is Reeds tydens sy studie het hy op televisie debuteer en rolle vertolk in rolprente soos Mini Golf, Geduld is ’ n Virtue en Herleef James, wat aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) drama studeer het en deesdae in Johannesburg woon, het Woensdag as Le Roux Snyman in die reeks begin speel Binnelanders se 15de reeks word nou op kykNET en ook op Showmax vertoon James is ’ n ervare akteur met ’ n sterk agtergrond in musiekblyspele en was dikwels op die verhoog in Bloemfontein – in Everyman, How to Wuzz, Run for Your Wife en op die jaarlikse Afrikadag by die UV Hy was boonop in drie van Xander Steyn se produksies aangebied deur The Rabbit Studio: Peter Pan, Aladdin en Tangled
“As Oud-Grey en trotse Kovsie, is dit vir my ’ n groot
oomblik,” sê James in ’ n nuusverklaring
“Baie van ons het in ons grootwordjare Binnelanders gekyk en nou is ek deel daarvan Dit is onwerklik en ek is baie opgewonde om iets nuuts na die skerm te bring”
Van Heerden sê om in Binnelanders te speel is ’ n belewenis waarvan hy nooit sou kon droom nie
“Ek speel teenoor akteurs vir wie ek my hele lewe lank respek het Ek is so bevoorreg om hier te wees Dit gebeur so vroeg in my loopbaan, wat beteken dat ek soos ’ n spons alles kan inneem Ek leer elke dag by Binnelanders, nie net oor toneelspel nie, maar ook oor die lewe”
Hy sê nog ’ n bonus is dat hy nie hierdie wonderlike fase alleen aanpak nie
“My maat van Grey-kollege is ook in Binnelanders te sien Dit maak alles net nog meer besonders”
LIENTJIE MENTZ
There were plenty of laughs, tears, and joyous moments at this year ’ s St Michael’s Drama Festival – the English equivalent for the biannual Free State arts festival
Amanda van Eeden, organiser of the festival at St Michael’s, says they were amazed at the amount of entries
A whopping 1 400 learners from 20 schools across Bloemfontein competed in the festival from 19 to 22 May
“We just wanted the learners to enjoy themselves,” Van Eeden said about the festival
“Yes, the prizes are important, but if they have fun performing on the stage, then we have reached our goal”
Appart from schools, drama schools also entered Participants were of the Brandwag Primary School, the Divine Elite School, Laerskool Dr C F Visser, Eduplus, Eunice, Laerskool Fichardtpark, Grey College (primary and secondary), Hoërskool Jim Fouché, Laerskool Kruitberg, Laerskool Olympia, Hoër Meisieskool Oranje, Laer Meisieskool Oranje, Laerskool Sand du Plessis, Hoërskool Staatspresident Swart, Laerskool Sentraal, the St Andrew’s School, St Michael’s, Laerskool Willem Postma and the Petro Muller Studio
LIENTJIE MENTZ
Young creatives have the opportunity to take part in the National Museum in Bloemfontein’s Free State Young Artist Award competition for 2025 It is open to Free State school learners aged five to 19 years old
This year’s theme challenges learners to rethink plastic pollution and its impact on wildlife and the environment
Learners at schools and art schools are invited to create works that explore the effects, challenges, and possible solutions to plastic pollution through creative expression
Participants are encouraged to use plastic or recycled materials in their creations Artworks do not have to be traditional paintings or drawings
Entrants are welcome to use all forms of artistic interpretation and can therfore create anything from two-dimensional pieces to three-dimensional works and installations
The works should inspire change and raise awareness for a cleaner, safer future for both people and animals
Christo Venter of the National Museum says the museum is proud to use the arts as a tool for environmental education and
awareness
“The Free State Young Artist Award competition provides a powerful platform for young creatives to speak on important issues and show the world what matters to them ”
Venter says this annual event celebrates and nurtures the creativity of young Free State artists, while connecting them to real-world issues like conservation and sustainability
Cash prizes are up for grabs, with a total of R11 350 awarded to winners in three age groups
Entries can be submitted until 2 August Details and entry forms are available at the museum
THURSDAY,5 JUNE
The University of the Third Age (U3) meets at 10:30 at the Sewe Damme hall in Gen Beyers Street to listen to a talk on “Snakes of Bloemfontein” by Dr Cora Stobie, scientist at the National Museum Members pay R10 and guests pay R20 Contact Pam Gradwell on 083 253 6293
FRIDAY,6 JUNE
Lost Chord will play at the Aasvoëlklub at 19:30 The cost for the show Friends Family Fun is R100 Book by dialing 084 559 8991
Westdene Park clean up campaign from 10:00 to 14:00 Entrance at Reyger Street Bring colleagues friends and family as well as gardening gloves and tools Bags will be provided Call 071 348 5353 for more information
SATURDAY,7 JUNE
The Rhapsody Orchestra presents Sentimental Cinema at 19:00 in the Wynand Mouton Theatre Buy tickets costing R100 or R50, on quicket co za or at the door
De Oude Kraal se WildsKOSfees word gehou met Herman Kleinhans as gaskunstenaar Kaartjies kos R595 en R1500 vir BBP-kaartjies met ’n fynproewersete Kinders 13 tot 18 jaar betaal R250 Kaartjies is beskikbaar op die webwerf deoudekraal com by Crazy Daisy in Fleurdal Mall, Daisy & Co in Prellerplein en Delta-Dankwinkel in Westdene
Die Franse Mark duur van 09:00 tot 15:00 by Villa Avian-
to Toegang kos R35 Skakel 083 329 8472 Vrystaat-Versorging in Aksie (VVA) se Vrystaatbejaardesorgsentrum bied van 09:00 tot 12:00 Drone Drop 2 op Grey-kollege se sokkerveld aan Pryse is op die spel Talle aktiwiteite word deur die Biokinetika-vereniging en studente aangebied
DINSDAG 10 JUNIE
09:00 A fire-arm demonstration is held at 10:00, with the parade and drive-by at 11:30 The Airsoft Battle re-enactment takes place at 12:00 and the Kazerne Beer Fest will start at 12:30
Marica Barnard sing vir al die kinders van die wind om 20:00 in die Aasvoëlklub Kaartjies kos R100 en is beskikbaar deur 084 559 8991 te skakel
Die AfriForum Sakenetwerk in Bloemfontein bied van 08:00 tot 10:00 n spoednetwerksessie by die Akademia-studiesentrum in The Towers-sentrum in Langenhovenpark aan Die tema is “vyf wenke vir introverte en ekstroverte om goed te kan netwerk Bywoning is gratis vir lede en R250 vir nie-lede Skakel 082 491 5277 met navrae
WEDNESDAY,11 JUNE
The Brandkop Thelema Wine evening is hosted from 18:00 to 23:00 Tickets cost R585 Book by dialing 076 679 8076
VRYDAG 13 JUNIE
Frank Opperman is te sien in sy eenmanvertoning Reünie om 18:30 vir 19:00 by die Laerskool Willem Postma Kaartjies kos R230 wat sjerrie en sop en brood insluit Kaartjies is weeksdae van 06:00 tot 14:00 beskikbaar by die Berg-en-Dal-kerkkantoor Trek jou ou skoolbaadjie aan vir die vertoning
SATURDAY,14 JUNE
The World War 2 Weekend at Leeuwberg starts at
SONDAG 22 JUNIE
Petronel Baard en Jannie Moolman tree om 13:00 op in die Aasvoëlklub met Wat die hart van vol is Middagete is om 12:00 beskikbaar en die vertoning begin om 13:00 Kaartjies is R150 en is beskikbaar deur 084 559 8991 te skakel
SATERDAG 28 JUNIE
Die OVS Filateliese Vereniging vergader om 10:00 in die personeelkamer van die Laerskool Sentraal Almal is welkom Bel Voet du Plessis by 082 449 9488
Inskrywings oor konserte, kuns- en leefstylwerksessies optredes van kunstenaars en gassprekers, vroue-oggende, manne-aande en ander geleenthede ten bate van niewinsgewende organisasies word gratis in BloemNuus se dagboek geplaas Stuur inskrywings met volledige inligting, asook kontakname en -nommers, voor Maandae om 12:00 per WhatsApp na083 709 0809, of stuur ’n e-pos met inligting na lientjie mentz@ novusmedia co za
EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne, gordyne, komberse & kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel 072 185 8217
LOOKING FOR
working or broken fridges, washing machines LCD TVs, hi-fi's and furniture to buy and repair. Call 074 850 6366 073 257 4565
GET TOGETHER DELI NOTICE OF INTENTION TO APPLY APPLICATION IN TERMS OF SECTION 27 READ WITH SECTION 31 FOR REGISTRATION CERIFICATE FREE LIQUOR NO 6 Notice CROSSING (PTY) an applic Particulars hereunder.
IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA FREE STATE DIVISION, BLOEMFONTEIN
Case No. 1382/2025
Before the Honourable
A c t i n g J u d g e S BOONZAAIER On the 15th day of MAY 2025
In the matter between:
NMI DURBAN SOUTH MOTORS (PTY) LTD APPLICANT
t / a G A R D E N C I T Y
C O M M E R C I A L S BLOEMFONTEIN and JACOBUS KRUGER N.O. 1st RESPONDENT SANTIE ELIZABETH KRUGER N.O. 2nd RESPONDENT
Having considered the documents filed of record and having heard the legal practitioners, IT IS ORDERED THAT:
1. The JSK Trust (Master's Reference IT 1845/99) is hereby placed under provisional sequestration
2. The JSK Trust (Master's Reference IT 1845/99) and all parties who have a legitimate interest are called upon to advance reasons, if any, why an order for the final liquidation of the respondent company should not be granted on 26th June at 09H30.
3. A copy of this order shall be served on:
3.1 the Trust at its registered office;
3.2 the employees of the Trust and every registered trade union (if any) which represents such employees;
3.3 the Master of this High Court; and 3.4 the South African Revenue Service.
4. A copy of this order shall further be published in the Government Gazette and in the Bloem Nuus newspaper.
5. The costs of this application shall be costs in the sequestration. BY ORDER OF THIS COURT
ST28238/2009
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer ST28238/2009 and replacement copy VA85/2019 passed by The Provisional Liquidators of TF Finance Property Holdings (Proprietary) Limited (In Liquidation), 2003 /011736/07, No T1695/2008 in favour of Daily Motions Trading 502 (Proprietary) Limited, 2005/016032/07 in respect of a) Section No 4 as shown and more fully described on Sectional Plan No SS 324/2006 in the scheme known as GENIUS LOCI in respect of the land and building or buildings situate at LANGENHOVENPARK
T13898/2012
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer T13898/2012 registered by HUGENOOT GASTEHUIS PROPRIETARY I M I T E D ,
number 2012/010627/07 in respect of Erf 29468 Bloemfontein, District Bloemfontein, Province Free State, which has been lost or destroyed
All interest persons having objections to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds Free State at BLOEMFONTEIN within two weeks from date of the publication of this notice. Dated at Bloemfontein this 30 May 2025
Eclipse Liquor Store FREE STATE GAMBLING, LIQUOR AND TOURISM ACT, 2010 Notice is hereby given that Shadow Classic (Pty) Ltd intends to lodge an application on 6 June 2025, particulars of which appear hereunder, with the relevant authority
1. Municipality: Mangaug Metro
2. Full names, street and postal address of applicant and identity no or registration no: Shadow Classic (Pty) Ltd 28A St
A n d r e w S t r e e t , Bloemfontein 28A St
A n d r e w S t r e e t Bloemfontein, 9301 Reg no: 2015/138488/07
3. Kind of registration applied for: Liquor Store Registration Certificate
4. Kind of product to be sold /manufactured: All kinds of liquor
5. Name under which business is to be conducted and full address of premises: Eclipse Liquor Store Erf 14944, 54 Douglas Street, Bloemfontein
6.Name of nature of and distance to institutions of learning, similar registered premises and places of worship: None NOTICE OF INTENTION TO APPLY IN TERMS OF SECTION 27 READ WITH S E C T I O N 3 1 F O R REGISTRATION
Any person may, within 21 days from 6 June 2025 (date of publication in Provincial Gazette) lodge in terms of section 33 of the Free State Gambling and Liquor Act, 2010 an objection in writing to the Free State Gambling and Liquor Authority (address set out hereunder). The objection must clearly indicate the full names, identity number, residential address, postal address and telephone number, if any, and where applicable, its registration number and address of its office, of the objector The objection must also identify the application to which it relates. The application may be inspected at the offices of the offices of the Authority during their office hours. The address of the relevant Office of the Liquor Authority is Motheo, Masion Building, 83 Henry S t r e e t , W e s t d e n e , Bloemfontein, 9301 Place: Bloemfontein Signature of applicant or person authorized to sign application: JM BURGER Date: 22 May 2025
1 M A N MUNI 2. Full Compa QUICK Identity regist /00731 osta 1 2 2 2 BLOEMFONTE 3. Type applie L I Q REGISTR 4. Type /Manuf 5. Na business GET Busin Premises: PORT 26665 ROAD R O A BLOEMFONT 6 Institution GREY Name and Dista 500M, Regist WITH Any person days of publica Gazet sectio Gamblin 2010 to the Autho hereunder). must names, resident addre number, applic numb office objection the applica relates. be inspect of the office the relev Liquor S t r e Bloem Signa Perso applic Date: Place:
M.M. MOTHEKHE
IN THE ESTATE OF THE
LATE MAFOATSE MARIA
MOTHEKHE (ID NUMBER : 370505 0258 08 7) IN LIFE A
WIDOW FROM BRANDFORT.
DATE OF DEATH: 9
SEPTEMBER 2023
ESTATE NUMBER:
1865/2025
NOTICE IS HEREBY GIVEN to Debtors and Creditors to pay amounts due to the estate and to institute claims against the estate with the undersigned within 30 (THIRTY) days from the date of the publication hereof.
ATTORNEY FOR EXECUTOR
P
ATTORNEYS W
, VIRGINIA, 9430
P O BOX 876, VIRGINIA, 9430
DOCEX 25, WELKOM
TEL: (057) 212 9833
E-MAIL: virginia@piethaas.co.za
A.C. OTTO
LIKWIDASIE-EN
DISTRIBUSIEREKENINGS
IN BESTORWE BOEDELS
WAT TER INSAE Lê
Ingevolge artikel 35(5) van Wet 66 van 1965 word hierby kennis gegee dat duplikate van die likwidasie en distribusierekenings (eerste en finale tensy anders vermeld) in die boedels hieronder vermeld, in die kantore van die Meesters en Landdroste soos vermeld en gedurende 'n tydperk van 21 dae (of langer indien spesiaal vermeld) vanaf gemelde datums of vanaf datum van publikasie hiervan, as dit later is, ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meesters ingedien word nie, gaan die eksekuteurs oor tot die uitbetaling ingevolge g e m e l d e r e k e n i n g s Registrasienommer van boedel: 001105/2024 Van:
E.L. ZAHN KENNISGEWING
L I K W I D A S I E - E N
DISTRIBUSIEREKENING IN
BESTORWE BOEDEL VAN
ELIZABETH LORRAINE
ZAHN WAT TER INSAE Lê
INGEVOLGE DIE BEPALINGS
VAN ARTIKEL 35(5) VAN
DIE BOEDELWET, WET 66
VAN 1965 Die Eerste en Finale Likwidasie- en Distribusierekening in die bogenoemde boedel sal ter insae lê by die Landdroskantoor te BLOEMFONTEIN provinsie
VRYSTAAT gedurende 'n
tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 6 JUNIE 2025 vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne die genoemde tydperk geen beswaar daarteen by d i e b e t r o k k e
Meesterskantoor ingedien word nie, gaan die Eksekuteurs oor tot die uitbetaling ingevolge die gemelde Likwidasie- en D
:
REGISTRASIENOMMER VAN
BOEDEL: 005112/2023
VAN: ZAHN
VOORNAME: ELIZABETH
LORRAINE
W.D.B. BRITS
NOTICE TO CREDITORS AND BENEFICIARIES
ESTATE LATE: WILLEM
DANIEL BENJAMIN BRITS
Estate Number: 002206/2024
Notice is hereby given that copies of the Liquidation and Distribution Account in the estate of the late Willem Daniel Benjamin Brits identity number 341124 5029 08 3, of Unit 78, Aliquando, Heuwelsig, Bloemfontein, 9301, who died on 16 February 2024, will be open for inspection for a period of 21 (twenty-one) days from the date of publication of this notice at the Master of the High Court, Bloemfontein, and the Magistrate's Court, Kroonstad Should no objections thereto be lodged with the Master during the specified period, the Executor will proceed with the distribution of the estate in accordance with the said account.
Executor: Celeste Johanna Hutton Address: P/A Theron and Stoltz Attorneys, 75 Lavender Lane, Somerton Est te, Bloemfontein, 9301
KENNISGEWING VAN ADMINISTRATEUR
Kragtens Artikel 75 van die Boedelwet, No. 66 van 1965 (soos gewysig) saamgelees met Artikel 85 van die Boedelwet, word hierby kennis gegee van die aanstelling van 'n persoon as A
Meesters, of van die beéindiging van sodanige a
BOEDELNOMMER: CR27/2025
Persoon onder Administrasie MOIRA JOYCE BECK, 143 HEATHERDALE ROAD, HEIDEDAL, BLOEMFONTEIN
Naam en adres van Administrateur: EUGENE GOUWS, HILL McHARDY & HERBST ATTORNEY, 7 COLLINS R
, BLOEMFONTEIN aansteling vanaf (datum) 14 Mei 2025 :