Northern News 18.1

Page 5

18 JANUARIE 2013

NOORDELIKE NUUS / NORTHERN NEWS

Dorp span saam vir Eurika ...volg van bl. 1 “Toe daardie helikopter opstyg was ons almal in trane, verlig dat sy die nodige mediese sorg sal kry.” Die vlieënier was Johan Stone en die dokter wat haar tydens die vlug gemonitor het was Dr. Mahem Mahabeer. “Dit is ongelooflik hoe die gemeenskap betrokke geraak het,” vertel Wiid. “Mense wat haar nie eers ken nie het pakkies by die hospitaal kom aflaai. Besighede soos Shape Shifters,

Spar, Pep@Home en Spur het skenkings gemaak. In Pretoria het spesialiste, ‘n tandarts en die trauma-berader hulle dienste aangebied. Die deposito van sowat R50 000 vir die hospitaal is binne ure deur mense van Ellisras ingesamel en ‘n trustrekening is vir haar geskep. Daar is so baie mense wat gehelp het, ek dink byvoorbeeld aan Vleis Nortjé en Angie Maré wat haar op die toneel behandel het. ER24 het wondere verig en uiteindelik die Rooikruis betrokke gekry. Daar

Dienssentrum skop 2013 goed af Verlede Donderdag was ‘n besige dag by die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes. Sassa personeel het hulle vir die dag daar kom vestig om Dienssentrum lede te help met herregistrasie vir hul toelae. Boonop het die TV program, Growing Tomorrow, ‘n insetsel hier kom opneem en die Sentrum se nuwe kliniek het sy deure vir lede amptelik geopen. Lede van die Dienssentrum het van die geleentheid gebruik gemaak om pannekoek te bak en te verkoop om so fondse vir die sentrum in te samel. Enige persone oor die ouderdom van 60 kan by die dienssentrum aansluit. Lede het dan toegang tot die sentrum se spa, haarsalon, biblioteek, kliniek en gim en bingo oggende. Daar is ook ‘n bussie wat lede spotgoedkoop oplaai en karwei op sekere dae. Die grootste bonus is waarskynlik die uiters bekostigbare etes wat die Dienssentrum aan sy lede verskaf. Regs bo: Sassa se mense het kom help met herregistrasie vir pensioene. Reg en onder: Die kliniek en lede (onder) bak sommer vinnig-vinnig 'n heerlike pannekoek.

is net te veel om op te noem.” vertel Wiid. ‘n Facebook-blad “Gebede vir Eurika” word ook vir haar behartig deur Charmain Robbertse, Wilma van Niekerk, Nicolette Meyers, Mariaan Wiid en Marietjie Kritzinger. Teen druktyd was daar amper 2 000 vriende wat boodskappies vir haar laat. Wat die pad vorentoe betref was daar vroeg die week nog nie sekerheid nie. Dr. Kritzinger het wel aan Noordelike Nuus gesê dat Lephalale reg is om haar terug

te ontvang. “Sy sal fisioterapie by Hannelie Cronjé kry en maatskaplike dienste in die dorp sal haar ook bystaan. Dit is egter nog nie duidelik waar sy sal woon nie, ons sal wel met haar familie vergader om dit uit te klaar.” Dr. Kritzinger wil ook Ellisras Hospitaal bedank dat hulle hom toegelaat het om Eurika daar te behandel. “Ek is so trots om deel te wees van hierdie gemeenskap, daar het wonderwerke gebeur om hierdie kind te help en mense het hul harte wawyd oopgemaak vir haar.” Eurika se ouers word Saterdag 9:30 vanuit die PPK lighuis begrawe.

POWERING POSSIBILITY

5

Dr Mahem Mahabeer hou ‘n wakende ogie oor Eurika minute voordat sy per helikopter na Montana Hospitaal in Pretoria geneem is.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.