Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
X1PLNWRW-NK140115
Woensdag 14 Januarie 2015
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Jaar van goed én sleg Noord-Kaap presteer beter, maar ingryping steeds nodig André Botha DIE Noord-Kaapse onderwysdepartement is nou reeds op 2019 gefokus. Die aksieplan in aanloop tot 2019 vorm deel van die nasionale ontwikkelingsplan. Só het Grizelda Cjiekella-Lecholo, LUR vir onderwys, gesê toe sy verlede week op ’n nuuskonferensie die Noord-Kaap se matriekuitslae bekend gemaak het. Die provinsie het in dié eksamen die beste prestasie die afgelope vyf jaar behaal, met ’n slaagsyfer van 76,4%. Die departement se teiken was egter 80%. Cjiekella-Lecholo het gesê 2014 was ’n jaar van hoogtepunte én laagtepunte. Politieke onrus in die John Taolo Gaetsewe-distrik het meegebring dat 482 kandidate van 8 skole in die distrik nie die eksamen kon skryf nie. “Altesame 6 715 uit 8 794 leerlinge het geslaag. “Nog goeie nuus is dat veel meer leerlinge (2 176) as in die verlede universiteitstoelating gekry het. “Dit is ’n verbetering van 1,4% wat die hoogste in vyf jaar is,” het sy gesê. “Altesame 22 skole het minder as ’n 60%-slaagsyfer behaal.” Sy het belowe dat haar departement by dié skole sal ingryp om die situasie te verbeter. “Ons sal dringend met meer kreatiewe en werkbare oplossings vorendag moet kom.” ’n Slaagsyfer van 76,1%, net-net minder as die provinsiale slaagsyfer, is in die Frances Baard-distrik behaal. Dit is ’n verbetering van 73,1% teenoor 2013. Dié distrik het die enigste vier kandidate in die Noord-Kaap opgelewer wat agt onderskeidings behaal het. Drie van dié leerlinge is van die Hoërskool Diamantveld, en een van Kimberley Girls’ High. Die distrik het ook 13 kandidate in die uitsoeklys van 20 beste kandidate in die Noord-Kaap. Ses in dié groep is van Girls’ High, vyf van Diamantveld en twee van die Hoërskool Noord-Kaap. Girls’ High is die tweede jaar agtereenvolgens as die akademiese topskool in die
“Altesame 6 715 uit 8 794 leerlinge het geslaag. Nog goeie nuus is dat meer leerlinge (2 176) universi teitstoelating gekry het. Dit is ’n verbetering van 1,4% wat die hoogste in vyf jaar is. “Altesame 22 skole het minder as ’n 60%slaagsy fer behaal.” X Grizelda CjiekellaLecholo Noord-Kaap aangewys. Dié skool is ook die topskool in die Frances Baard-distrik. Die Hoërskool Adamantia, ook van Kimberley, is tweede in die provinsie, gevolg deur die Hoërskool De Aar. Adamantia is ook in die Frances Baarddistrik in die tweede plek geplaas. Die Hoërskool Vaalrivier van Barkly-Wes moet met die derde plek tevrede wees. ) Die Noord-Kaap se top-20 is Tayla Botha (Hoërskool Kalahari), Carli Groenewald (Hoërskool Diamantveld), Yeshara Packirisamy, Shawna Petersen en Faaria Kana (almal van Kimberley Girls’ High), Helené Snyders (Hoërskool Diamantveld), Johannes Slabber (Hoërskool Duineveld), Alri van den Berg (Hoërskool Kalahari), Casey Preece (Kimberley Girls’ High), wyle Johan Fourie (Hoërskool Duineveld), Devan Desai (Hoërskool Noord-Kaap), Robyn Arnold en Chante Bisschoff (albei van Kimberley Girls’ High), Stephanie Potgieter (Hoërskool Diamantveld), Milandro Mouton (Hoërskool Upington), Moremogolo Gaetsewe (Baitiredi Tech), Anke van der Westhuizen (Hoërskool Diamantveld), Carla Kruger (Hoërskool Duineveld), Deon du Plessis (Hoërskool Diamantveld) en Dane Smith (Hoërskool Noord-Kaap).
Wys hul slag stuk vir stuk DIE nasionale junior skaakkampioenskap is in Kimberley gehou. Bykans 2 000 jong skaakspelers het aan die toernooi deelgeneem. Dié Noord-Kaapse leerlinge wat in die toernooi hul slag in nasionale en internasionale toernooie gewys het, is van links (kloksgewys) Marelize en Bernize van der Walt, identiese tweelingsussies (12) van Kimberley, Anell Maasdorp van Upington (9), Zoe Milford van Kimberley (10), Sanannah Ahjun van Kimberley (7), Donrique Joseph van Upington (9) en Minike Smith van Kimberley (9). Foto: Emile Hendricks
TYRES * BATTERIES * SHOCKS * EXHAUSTS
14 Cecil Sussman Street - Tel. 053 831 1189 / 102 Long Street - Tel. 053 832 5864 X1PLFNXD-NK140115
While stock last. TRANSVAALWEG 110, TEL: 053-832 7990 FAX: 053-832 7801
Free quantity quotations at your home as well as free colour specifications.
KIMBERLEY
DIMENSION SILK
20 litre Pastel / White
R935,00
ROCK GRIP PLIOTEX
ROCK GRIP ACRYLIC ROOF
(White, Fresh Clay, Savanna Earth, African Sunset, Dark Bark, Desert Sand, River Bed)
(White, Terra Cotta, Rustic Red, Green, Deep Green, Charcoal, Black)
20 litre Standard colours
R650,00
20 litre Standard colours
R682,00 X1PLDJ9-NK140115