Noordkaapnk 20141015

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 15 Oktober 2014

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Toptegnologie hier

Hospitaal een van modernste in SA

DENISE COETZEE, skakelbeampte van Mediclinic, en Stephan Deeflefs, hospitaalbestuurder, voor die ingang na die nuwe hipermoderne Mediclinic Gariep in Kimberley. Die hospitaal maak in Desember oop. Foto: André Botha André Botha DIE nuwe Mediclinic Gariep wat in Desember in Kimberley open, sal tegnologies die modernste hospitaal van die Mediclinic-groep in Suidelike Afrika wees. Die eerste pasiënte sal van 5 Desember af van die bestaande Mediclinic Kimberley na die nuwe hospitaal oorgeplaas word. Die hospitaal is binne 20 maande teen R270 miljoen opgerig. Meer dienste sal deur die hospitaal aan inwoners in die Noord-Kaap gelewer kan word, sodat dit minder sal gebeur dat mense noodgedwonge vir dié dienste Bloemfontein toe moet

gaan. Dit is die vierde grootste hospitaal in die Mediclinic-groep. Sodat 4 500 m³ sement is in die oprigting van die hospitaal gebruik. Altesame 1,95 miljoen bakstene is gebruik, en 245 ton versterking is aangewend. Die hospitaalmure is met 45 000 m² verf geverf. Skilderye met tonele eg aan Kimberley en die NoordKaap sal gebruik word om die mure op te kikker. Die Mediclinic Kimberley sal die ginekologie-, mond- en kaakafdeling, pediaters en tandartse huisves. Alle ander afdelings skuif na die nuwe hospitaal. Alle spesialiste wat nou in die

Mediclinic Kimberley werk, is vir die nuwe hospitaal behou. Voorsiening is vir latere uitbreiding gemaak. Daar word nog gewag vir toestemming van die gesondheidsdepartement om meer as die huidige 145 beddens te gebruik, asook vir bykomende teaters. Stephen Deetlefs, hospitaalbestuurder, sê die nuwe tegnologie sal onder meer in die teaters gebruik word. Al die teaters word toegerus met die Maquet Tegrismultimedia-stelsel, die eerste in sy soort in Suid-Afrika. Dié stelsel dien as ’n sentrale beheer vir die teater waardeur veiligheid, gehalte en doeltreffend-

heid van teaterprosedures verbeter word. Die hospitaal is ook die eerste Mediclinic in die land met Huntleigh Enterprise 9000xelektroniese beddens in sy intensiewesorg-eenheid. Dié beddens het verskeie eienskappe: ) Die kopstuk kan meer as 30 grade gelig word. ) Die grade waarteen die beddens gelig is, is elektronies sigbaar en metings is akkuraat. ) Die beddens het ’n ingeboude skaal. Die gewig van pasiënte is in dié stadium onbekend, omdat hulle te siek is om geweeg te word wanneer hulle opgeneem word.

) Pasiënte kan opgelig word om in ’n stoelposisie regop te sit sonder dat die personeel die pasiënt uit die bed hoef te haal. ) Die beddens het ’n alarm wat aandui wanneer ’n pasiënt rusteloos is en uit die bed probeer kom. Dit kan só sensitief gestel word dat die alarm selfs afgaan wanneer ’n pasiënt hoes. ) Ligte onder die bed help die personeel om bloeding en urineuitlating in die nag te monitor, omdat dit sigbaarder is. Die hospitaalgebou is volgens groenbeginsels ontwerp. Energie van die son word onder meer gebruik om die hospitaal se water te verhit.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.