Kom versterk jou geloof tydens die Erediens en Nagmaal Sondag-oggend as Ds Nati Stander Pinkster afsluit.
"Ongeloof sê: Op ʼn ander tyd, net nie nou nie; op ʼn ander plek, net nie hier nie; ander mense, net nie ons nie. Geloof daarenteen, sê: Enigiets wat Hy op enige ander plek gedoen het, kan Hy nou weer doen; enigiets wat Hy op enige ander tyd gedoen het, kan Hy nou weer doen; enigiets wat Hy vir ander mense gedoen het, kan Hy vir ons ook doen... God wil deur ons werk. Hy het nie ʼn saak met die beperkings van die tyd en plek, geografie of nasionaliteit nie. Wees gereed vir ʼn wonder!” AW Tozer