OaseNuus 27 November 2016

Page 1

Sondag 27 November Vandag begin ADVENT... Advent is nie net gerig op die eerste koms nie, maar ook op die wederkoms. Tydens Advent dink ons aan God as die Altyd Komende in ons nood, om op verrassende wyse heil en bevryding te bring. Ons berei ons op nuut voor om die Verlosser in ons lewens te verwelkom. Omdat ons ook leef in die verwagting dat die Verlosser weer gaan kom, is ons gebed: Maranata (kom tog gou, Here!). Die geduldige wag tydens Advent maak van Kersfees self ʼn ryker ervaring. Daarom is Advent ʼn tyd van herinnering en verwagting.

1. BLOU kers

VERWAGTING

Here ons steek hierdie kers aan as simbool van ons verwagting. Mag die lig van God skyn in die duisternis om die weg van saligheid vir ons te verlig. Kom, ja kom haastig, Immanuel.

2. BLOU kers

VERKONDIGING

Here ons steek hierdie kers aan as simbool van verkondiging. Mag die Woord van God deur die profete ons lei op die pad van saligheid kom. Ja kom haastig, Immanuel.

3. PIENK kers

VREUGDE

Here ons steek hierdie kers aan as simbool van vreugde. Mag die vreugdevolle belofte van u teenwoordigheid, o God aan ons vreugde gee in ons hoopvolle verwagting op die verlossing. Kom, ja kom haastig, Immanuel

4. BLOU kers

REINHEID

Here ons steek hierdie kers aan as simbool van reinheid. Mag die inwoning van die Heilige Gees ons reinig sodat ons gereed kan wees vir die koms van Jesus Christus. Kom, ja kom haastig, Immanuel

5. Kersdag WIT kers

CHRISTUS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
OaseNuus 27 November 2016 by NG Gemeente Witrivier - Issuu