Mense sal sekerlik hulle wette stel teenoor die wette van God. Hulle sal probeer om die gewete van ander te dwing, en in hulle ywer om hierdie wette te handhaaf, sal hulle hulle medemens verdruk. Die oorlog teen Gods wet, wat in die hemel begin het, sal voort- gesit word tot die einde van tyd. Elke mens sal getoets word. Gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid, dit is die keuse waarvoor die hele wêreld staan. Almal sal geroep word om te kies tussen die wet van God en die wette van mense. Dit is daar waar die skeidslyn getrek sal word. Daar sal slegs twee klasse wees. Elke karakter sal ten volle ontwikkel; en almal sal toon of hulle die kant van getrouheid, of die kant van rebellie gekies het.